You are on page 1of 4

Tema: Familie

SINONIEME EN ANTONIEME

Graad 4 Afrikaans HT: Werkkaart

Taalvaardigheid: Taalstrukture en -konvensies

1. Sinonieme:
• Sinonieme is woorde wat dieSelfde betekenis het.
• Dink aan ’n identiese tweeling – hulle lyk dieselfde! (Kyk na die prente
hieronder om jou te help onthou.)
• Byvoorbeeld: praat – gesels, gou – vinnig, meisie – dogter.

2. Antonieme
• Antonieme is woorde wat ’n heeltemal Ander (teenoorgestelde) betekenis
het.
• Dink aan boeties en sussies wat baie van mekaar verskil. (Kyk na die
prente hieronder om jou te help onthou.)
• Byvoorbeeld: dag – nag, alles – niks, soet – stout.

INONIEME
ELFDE betekenis

NTONIEME
ANDER betekenis
1
Instruksie:
Lees die volgende teks en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Leesstuk:

Familie
SINONIEME
My ma en pa sê altyd dat hulle so bly is
om my as hulle dogter te hê. Ek antwoord
dan vinnig deur te sê dat hulle dan die
beste ouers onder die son is. Almal wat
ons gesinnetjie sien, vertel ons altyd dat
ons té pragtig is.

ANTONIEME
Wanneer ek in die nag wakker word daar buite in die
wildernis, is ek so gerus om te weet dat my
ouers net in die tent langs my is. As ek regtig
bang raak, klim ek vinnig uit my tent en binne-
in hulle tent in. My pa is bang vir niks, nie eers
vir die vuil en aaklige hiëna nie!

2
Oefening:

1. Lees die SINONIEME-leesstuk hierbo en soek die sinonieme van


die volgende woorde in die leesstuk. Skryf beide woorde langs
mekaar neer.
Bv. Praat – gesels.

1.1. Gelukkig - (1)


1.2. Meisie - (1)
1.3. Gou - (1)
1.4. Moeder - (1)
1.5. Mooi - (1)

2. Lees die ANTONIEME-leesstuk hierbo en soek die antonieme van


die volgende woorde in die leesstuk. Skryf beide woorde langs
mekaar neer.
Bv. Hitte - koue.

2.1. Dag - (1)


2.2. Mooi - (1)
2.3. Skool - (1)
2.4. Alles - (1)
2.5. Stadig - (1)

3. Pas kolom A by kolom B deur die regte woord van kolom B langs
die regte nommer en woord van kolom A te skryf.
Byvoorbeeld: 3.1. spog – pronk

SINONIEME
A B
3.1. werk vriende
3.2. dadelik beroep
3.3. verniet massief
3.4. maats onmiddellik
3.5. groot gratis
ANTONIEME
A B
3.6. arm goedkoop
3.7. duur slordig
3.8. lui ryk
3.9. netjies lelik
(10)
3.10. mooi fluks

3
Memorandum:

1.1. Gelukkig – bly ✓ (1)


1.2. Meisie – dogter ✓ (1)
1.3. Gou – vinnig ✓ (1)
1.4. Moeder – ma ✓ (1)
1.5. Mooi – pragtig ✓ (1)

2.1. Dag – nag ✓ (1)


2.2. Mooi – aaklig ✓ (1)
2.3. Skoon – vuil ✓ (1)
2.4. Alles – niks ✓ (1)
2.5. Stadig – vinnig ✓ (1)

3.1. Werk – beroep (1)


3.2. Dadelik – onmiddellik (1)
3.3. Verniet – gratis (1)
3.4. Maats – vriende (1)
3.5. Groot – massief (1)
3.6. Arm – ryk (1)
3.7. Duur - goedkoop (1)
3.8. Lui – fluks (1)
3.9. Netjies – slordig (1)
3.10. Mooi – lelik (1)
[20]

You might also like