You are on page 1of 14

MEMORANDUM

KRISIS
1. Watter tipe spreker kry ons in hierdie 1
gedig?

Ek-spreker / eerstepersoonspreker

2. Voltooi die volgende paragraaf feitlik 4


korrek deur die ontbrekende woorde
neer te skryf. Skryf slegs die
woord(e) langs die vraagnommer
2.1(a) tot 2.4(d) neer.

Die hart en die hoof moet nou (a)


AFSKEID neem. Die pad wat hulle
saam gestap het was (b)
LEKKER/LIEFLIK , maar dis verby, al
(c) STAAR hy terug. Nou strek die
pad (d) LANGS KLOWE, AFGROND
EN MOERAS .
3. Kyk weer na die titel. Sê in jou EIE 2
WOORDE wat die woord “krisis”
beteken.
‘N KRISIS IS DIE SITUASIE WAT
ONSTAAN WANNEER DIE
GEWONE MANIER WAAROP ONS
PROBLEME HANTEER, NIE WIL
WERK NIE.
4. Na watter krisis word daar in die titel 2
verwys?

DIE KONFLIKSITUASIE WAAR SY


BESEF SY MOET VOORTAAN
HAAR KOP/VERSTAND VOLG EN
NIE MEER HAAR HART NIE.
5. In hierdie gedig wil die spreker ‘n 1
keuse maak.

Sê waarom hierdie stelling WAAR is.

DIE SPREKER WIL KIES/BESLUIT


OF SY HAAR HART OF VERSTAND
MOET VOLG.
6. Hoe sluit die titel by die inhoud van 2
die gedig aan?

DIE TITEL DUI AAN DAT DIE


INHOU OOR ‘N KRISIS/PROBLEEM
HANDEL EN IN DIE INHOUD
WORD DAARDIE KRISIS VIR ONS
VERDUIDELIK
7. Noem TWEE kenmerke van ‘n sonnet 2
wat ons in hierdie gedig kan vind.

Die gedig bestaan uit 14 versreëls.


Strofe 1 – 8 reëls (oktaaf) 2x 4 reëls
(kwatryn)
Strofe 2 – 6 reëls (sestet) 2x 3 reëls
(tersine)
Rymskema: abba cbbc dee dff
Enjambement
8. Waarom word “Hart” en “Hoof” met 1
hoofletters geskryf?

Die hoof en hart word gepersonifieer in


die gedig.
Die spreker spreek die hart aan en
praat asof die hoof 'n persoon is.
9. Wat is die funksie van die 2
aandagstreep

Beklemtoon wie die “ons” is / die


twee mense.
10.Kies die KORREKTE WOORD 1
tussen hakies om die sin mee te
voltooi. Skryf slegs die korrekte
woord langs die vraagnommer neer.

“Hart” en “hoof” word


(denotatief/konnotatief) gebruik
11.Motiveer jou antwoord op vraag 10 2
deur na beide te verwys. “Hart” en
“Hoof”

Die hart: emosies/gevoelens

Hoof: kop/verstand/rede/logika
12.Hoekom is die gebruik van die 1
voornaamwoord “ons” in reël 1 en 14
gepas?

Want dit verwys na beide die Hoof en


die Hart
13.Kies die begrip in KOLOM B wat by 6
die aanhaling in Kolom a pas. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die
vraagnommers (13.1(a) – 13.1(f))
neer.

KOLOM A KOLOM B
(a) “die weg A. Aandagstreep
was lieflik B. Alliterasie
waarlangs
jy gelei” B C. Assonansie
(b) “albei tot D. Dubbelpunt
afskeid so E. Retoriese
onvoorberei vraag.
d” C
(c) ‘n
verduideliki
ng volg. D
(d) Vestig
die aandag
op wie moet
skei. A
(e) “gas en
gasheer” B
(f) Met
hierdie
leesteken
beroep die
spreker
haar direk
op die hart.
E
14.Kies die korrekte antwoord uit die 1
tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer en die antwoord neer.

Die tema van hierdie gedig is dat die


mens eerder met hulle
(rede/emosies) besluite moet neem.
15.Wat bedoel die spreker as sy sê sy 1
en die hart is “onvoorbereid” op die
afskeid? (reël 2)

Hulle is nog nie gereed om afskeid te


neem nie. Die besluit kom
onverwags.
16.Gee slegs EEN WOORD uit reël 3 1
wat die hart se pad beskryf.

Lieflik

17.Watter stylfiguur word in reël 3 1


gebruik om die ritme van die gedig te
behou?

Elisie
18.Waarlangs sal die pad strek sonder 3
die hart, volgens reël 5?

Klowe, afgrond en moeras.


19.Wat bedoel die spreker met die 2
volgende vetgedrukte woorde?

Maar dis verby, al staar jy terug. Nou


strek...

Staar: Al kyk die hart terug

Strek: die pad vorentoe


20.Gee slegs EEN WOORD vir “klowe, 1
afgrond en moeras”.

Onbegaanbaar / gevaarlik / moeilik


(omstandighede)
21.Haal ‘n voorbeeld van ‘n paradoks uit 1
reël 6 aan.

Voortvarend en lafaard

22.Verduidelik wat hierdie paradoks 1


beteken.

Die hart tree op sonder om te dink,


maar is terselfdertyd bang om
enigiets te doen.
23.Haal TWEE WOORDE aan waarmee 2
die hart in reël 6 beskryf word.

Voortvarend en lafaard

24.Wat het die hart, volgens reël 7, 1


verkeerd gedoen?

Hy kon nie goeie besluite maak nie.

25.Hoe word die hart in reël 8 beskryf? 1

As siek en ‘n las.

26.Watter VIER rolle het die hart by die 4


fees vertolk?

Hy was die gasheer en die gas. Die


seremoniemeester en die nar.
27.Kies die korrekte antwoord uit die 1
tussen hakies.

Volgens reël 9 – 11 konsentreer die


spreker op die
(teenstrydigheid/ooreenkomste) in
haar gevoelens of emosies.
28.Wat het die hoof, volgens reël 11, 1
verwar/deurmekaar gemaak?

Die hart se dwase raad.

29.Lees weer reël 13 -14. 1

Hoe voel die spreker in hierdie reëls?

Ongeduldig met die hart wat moet


verstaan dat die tyd vir speletjies
verby is.
30.Wanneer noem ons iemand: 3
voortvarend; ‘n las en ‘n lafaard?

Voortvarend: wanneer hulle impulsief


optree

‘n las: Wanneer hulle vir jou ‘n


nadeel of verpligting is

Lafaard: Wanneer hulle weghardloop


van ‘n moeilike situasie af.
31.Haal ‘n voorbeeld van kontras aan uit 1
die sestet.

Gas en gasheer

Seremoniemeester en nar
32.Hoe word die sin wat in reël 4 begin, 1
uitgehef?

Met die woord “maar” wat aandui dat


daar wending is – dis nou verby.
33.Watter les of lesse kan tieners uit 1
hierdie gedig leer?

Hulle/ons/ek kan leer om besluite


met hulle/ons/my
rede/logika/verstand te maak en nie
met emosies / hoe ek voel nie.
34.Waarom, dink jy, is die titel van die 1
gedig gepas?

Die titel dui aan dat die inhoud oor ‘n


krisis handel en in die inhoud word
daardie krisis vir ons verduidelik.
35.Waarom, dink jy, is dit belangrik dat 1
ons goeie besluite in die lewe moet
maak?

Om seker te wees jy gaan nie later


spyt wees oor jou besluite wat jy
gemaak het nie.
36.Kies die begrip in KOLOM B wat by 5
die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A-D) langs die
vraagnommer (36(a) – 36(e)) neer.

KOLOM A KOLOM B
a) “Krisis” A. ‘n
A beslissing
b) “Hart” B wending
c) “Hoof” F van ‘n saak.
d) “seremo B. emosion
niemeester” ele
E C. grapmak
e) “nar” C er
D. ontknoo
p
E. orde
F. rede

You might also like