You are on page 1of 11

GEDIG 1:

Krisis (deur Elisabeth Eybers ) [Teksboek: Verskuns bl.32-34]

1 Dis hier wat ons twee skei - jy, Hart, en ek, (It’s here that we separate (part ways/split)-you,Heart, and I)
2 albei tot afskeid so onvoorbereid. (both so unprepared for the separation)
3 Die weg was lieflik waarlangs jy gelei’t (the road whereby you led me was loving)
4 maar dis verby, al staar jy terug. Nou strek (but it’s over, although you are still staring at the past .Now stretches
5 die pad langs klowe, afgrond en moeras. (the path alongside the ravines,abyss and swamps )
6 Voortvarend en n lafaard soos altyd (impulsive and (like )a coward as always)
7 en nooit in staat tot enige besluit (and never in a state to (make )any decisions )
8 en siek daarby, is jy nou net n las. (and sick at(of) that,you are now just a burden)

9 Jy was die gas en gasheer by die fees, (you were the guest and host at the festival)
10 die seremoniemeester en die nar: (the master of ceremonies and the clown)
11 jou dwase raad kan net die Hoof verwar (your foolish advice can only confuse the head(mind)
12 waar elke tree die laaste tree mag wees (where each(every) step may be the last(step)
13 Kyk, dit word laat, die kermis is verby, (Look,it is getting late,the fair(festival) is over)
14 kan jy dit nie begryp? Hier moet ons skei. (can you not understand? Here we must(have to) part ways(separate)

Woordverklarings:

afgrond (precipice)
afskeid (farewell)
begryp (understand): verstaan dwase: dom fees (festival) gas (guest)
gasheer (host): n persoon wat gaste onthaal
gelei‘t =(gelei het) (lead)
hoof (kop)
kermis (fair): n fees waar dinge verkoop word, gewoonlik om fondse in te samel
klowe (ravines)
lafaard (coward): nie dapper nie
las (burden)
moeras (swamp)
nar (clown)
nooit in staat (never can): kan dit nooit regkry nie
onvoorbereid (unprepared): nie gereed nie
seremoniemeester (master of ceremonies): n persoon wat die gehoor trakteer met grappies en
verduidelik hoe die program gaan verloop
skei (part /separate)
staar (stare) verlangend in een rigting terugkyk strek
lei lead (verb) /guide
voortvarend ( halsoorkop, oorhaastig /impulsief, nie verstandig nie
weg (road) (path) die lewenspad

1
Inleiding (Introduction)

VOORDAT jy die gedig ontleed/analiseer, is dit belangrik om die volgende te verstaan:


Daar is baie gesegdes , idiome en figuurlike (konnotatiewe) betekenisse wat met
die hart en kop te doen het.

Wat die hart betref:


Ek is hartseer. (My heart is sore (meaning I’m heartbroken / sad/disappointed )

Hy het ’n sagte/ groot hart. (He has a soft heart (sympathetic /compassionate/to have a big
heart/caring)

Hy het ‘n klein /harde) hart ( refers to someone who is not sympathetic nor compassionate)

My hart is gebreek. (My heart is broken /disappointed/ hurt

My hart sak in my skoene. ( My heart sank into my shoes)

Haar hart is gesteel. (My heart has been stolen...when you fall in love with something or someone)

Hy is harteloos. (He is heartless ...has no feeling/insensitive)

Jy moet jou hart uitpraat. (You must speak your heart out...express your innermost feelings)

Dit is hartroerend. (It is heart touching..something that moves you /affects you emotionally)

Dit is my hartewens. (It is my deepest wish)

Dit is my hartsgeheim. (It is a secret that I keep in my heart/.

something you do not speak about/or share with anyone.)

Wat die kop betref:


Hy het ’n helder kop/harde kop. (He is a clear thinker/ to be smart and decisive) He is stubborn /
difficult to convince)

Hier moet jy kop hou. (Pay attention to .....)

Moenie / Jy moet nie jou kop daaroor breek nie. (Don’t break your head over that....don’t worry
too much about it)

Ek het my ’n gat in die kop laat praat en toe my kop lelik gestamp. (die hart ompraat (spoke to the
heart to do something /convince the heart)

Nou moet ek net nie kop verloor nie! (I must just not lose my head! (I must not get angry...)

Ek moet liewers my eie kop volg. (I must rather follow my own head / make my own decisions.)

2
Neem kennis van die volgende tydens lees en ontleding:

STROFE 1: die woord “Hart “ is met ‘n hoofletter geskryf.

(hart - is ‘n naamwoord (noun) =heart (verwys na emosies)

STROFE 2: die woord ‘Hoof’ is met ‘n hoofletter geskryf.

(hoof – is ‘n naamwoord (noun) = kop = head (verwys na

verstand)

Die woord “ons” in die gedig verwys na die spreker se Hart (emosies) en Hoof
(verstand)

Let wel: Die titel kom nêrens voor in die gedig nie.

Die titel, Krisis, verwys na die stryd tussen die Hart die en Hoof.

“Hart” en “Hoof” is abstrakte woorde. (word gebruik om innerlike konflik uit te beeld.

3
BESPREKING

Titel: Die titel is net EEN WOORD - dit bou spanning. Die woord “Krisis” impliseer ‘n
noodsituasie. Dit is ‘n negatiewe woord. Dit dui aan dat ons, die lesers, oor ‘n probleem gaan
lees. Dit prikkel ‘n nuuskierigheid om uit te vind – presies WAT die krisis is.

STROFE 1

V1 en 2 - is EEN SIN

Dis (sametrekking ) = Dit is. Funksie: Dit maak die lees vinniger,
Dis hier waar ons twee skei : dui plek en tyd aan Die spreker klink ernstig/ dringend. Die
voornaamwoorde, ons, jy, ek maak die gedig persoonlik. Die spreker praat met haar Hart.
(jy en ek = die hart en verstand/rede)

Die hoofletter in die woord, Hart : die hart word vermenslik = die aangesprokende (die
Hart word aangespreek asof dit ‘n mens is/ die hart word gepersonifeer = personifikasie)

“ons twee” (V1) en “albei “(V2) verwys na die spreker se hart en haar verstand.

[Die verhouding tussen die hart en die verstand is die krisis /dilemma waarby daar geen
ooreenkoms is nie.]

“ek” verwys na die spreker/ die spreker se verstand (hoof / kop)

V2 “tot afskeid onvoorbereid” dui aan emosionele toestand ( die spreker wil nie meer met
haar hart dink nie , maar ons kry die gevoel dat dit ‘n moeilike besluit/ taak is waarvoor sy
nie voorbereid is nie /sy is onseker oor die gevolge van haar besluit. (die skeidingsproses)

V3 : Die spreker erken dat haar hart die goeie dinge in die lewe gewys het ( die reis met
haar hart was genotvol (lieflik). Haar hart het haar “gelei “... impliseer dat haar hart in
beheer van haar verstand was.

V4: “maar” = wending (verandering in gedagte) “dis verby” dui aan dat alhoewel sy die reis
met haar hart geniet het, wil sy nie meer haar hart volg nie. (dis iets van die verlede).

“al staar jy terug” impliseer dat die hart wil nog die spreker se verstand oorheers.
(die spreker se hart (gevoelens is haar swakpunt), maar sy tree sterk op en wil haarself
oortuig dat haar verstand nou in haar lewe gaan baasspeel.

V3 en 4 = enjambement (maak die lees vloeiend)

4
V 4, 5 “Nou strek die pad.......moeras”” = van nou af...... wil sy haar verstand /kop volg. Sy kies om
avontuurlik te wees ,die onbekende, gevaarlike plekke te reis, bv. klowe, afgrond en
moeras.

Kloof afgrond moeras

V6 Die hart het haar gestoot en sy het lafaardig opgetree (wil nie meer deur die hart
beïnvloed word nie.) Sy berou die keuse wat die hart gemaak het : sy het soos ‘n lafaard
gevoel ;

V7 Sy kon nie verstandelike besluite maak nie (miskien omdat die verstand swak was.)

V8 haar verstand se swakheid het haar siek laat voel . Sy is keelvol (siek en sat) daarmee. (fed up).
Haar hart staan in die pad teen haar verstand / kop. Die hoof kan dit nie meer verdra nie
(die hart is nou ‘n las = burden)

STROFE 2

V9,10 Jy was .....( Verlede tyd )- die hart se tyd (oorgevoeligheid) is nou verby.

Die hart het kontrasterende karakters gespeel (kontras = gas en gasheer /


seremoniemeester en nar) (metafoor)

V11 Haar hart het haar geflous en haar verstand deurmekaar gemaak (verwar)

V12 “elke tree” (every step) verwys na haar lewenspad


“laaste tree”(last step) verwys na doodgaan (death)
(weens die hart se dwase raad) was sy altyd onseker oor die uitkoms wat negatief kon eindig
het.)

V13 Die spreker spreek die hart direk en ernstig aan.


Die woord “Kyk” dui aan dat sy wil hê hy(die hart) moet kennis neem (dat sy tyd verby
is).Sy dwing hom om te luister en aanvaar (die dae gaan verby = sy het baie tyd verloor / die
jare het verby geloop/ sy word ouer.

Sy is kortaf met hom ... ”die kermis is verby” . Sy bedoel dis die einde van die pret wat die
hart gehad het met haar emosies. Sy het baie tyd gemors en moet die lewe ernstiger
neem.

5
V14 Sy vra haar hart of hy nie verstaan nie? (sy is weer kortaf). (die stryd teen die hart en
verstand word duideliker)
“Hier moet ons skei.” Laaste sin in die gedig en ook die kortste. Die herhaling van die
woorde , “hier” en “skei “ (V1 en V14) dui aan dat die spreker ernstig is dat die hart en die
verstand uiteengaan. Sy gebruik die woord “moet” (must / have to) dui aan dat sy geen
keuse aan haar hart gee nie. Sy is vasbeslote om ontslae te raak met die Hart (emosies).
Sy het klaar besluit dat die hart haar verstand nie meer gaan kontroleer nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING:

Die spreker praat met haar hart asof dié (die hart) n mens is, iemand waarvan sy afskeid moet
neem. Sy sê die hart het haar na mooi plekke gelei, maar was dwaas en het haar nie goeie raad
gegee nie. Ook was die hart lafhartig (cowardly): Dit kon nooit n besluit neem nie. Sy is bitter
daaroor. Die hart het trouens die hoof (nugtere denke) verwar (confuse) en veroorsaak dat sy nie
nugtere besluite kon neem nie.

Weens onaangename ervarings (strofe 2) met die hart se besluite, het die spreker besluit dat “die
kermis verby is”. (Sys al nie meer die hart toelaat om speletjies met haar verstand te speel nie.)
Haar lewe was doelloos, en dit moet eindig. In die laaste twee versreëls is dit duidelik dat die
spreker finaal besluit het.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
BOU / STRUKTUUR

Hierdie gedig bestaan uit 14 versreëls.

Dit is ‘n Italiaanse sonnet.


Die gedig bestaan uit 2 (twee) strofes, die OKTAAF en die SEKSTET.

Strofe 1 ( Versreëls 1-8 is die OKTAAF)...’n beeld word geskep.

In strofe 1 lees ons hoe die hart haar gelei het, die effek daarvan en haar teenstand
daarteen.

In V1 word ons voorgestel aan die krisis (titel) /konflik wat die spreker verduur het d.w.s. die
stryd tussen haar Hart ( emosies) en die ek (die Hoof /verstand).

Die spreker wil op ‘n allegoriese wyse (allegorical manner) hierdie innerlike krisis verbeeld.
Die spreker wil nie meer gepla word deur die oorgevoeligheid van die Hart nie, maar eerder
staatmaak op die nugterheid van die verstand.

Strofe 1 bestaan uit 4 sinne 6


Strofe 2 ( Versreëls 9-14 is die SEKSTET)... toepassing van die beeld.

In strofe 2 lees ons dat die tyd /besluite met die hart verby is en die spreker is ernstig dat sy
nie meer deur haar hart gelei wil word nie

Strofe 2 bestaan uit 3 sinne.

-----------------------------------------------------------------------------------------------

Daar is een gedagte in die gedig d.w.s. “die stryd tussen die hart en
verstand”wat eindelik tot ‘n skeiding lei.

Klimaks: word bereik in die laaste twee versreëls


Die laaste twee versreëls beklemtoon die finaliteit van die spreker se besluit:
Die emosies en die rede moet skei.
Dit sluit aan by die eerste twee versreëls sodat die gedig n mooi hegte eenheid
vorm.

STYLFIGURE EN BEELDSPRAKE
IRONIE: is dat die twee nie geskei kan word nie. (die hart en verstand kan nie geskei word nie.)

Funksie van aandagstreep ( - ) V1 = dit dui aan dat ‘n verduideliking volg.

METAFOOR: V10 (die seremonie meester en die nar)

PERSONIFIKASIE: “ jy, Hart, en ek,”-“Hart” en “Hoof” word aangespreek (vermenslik

ASSIMILASIE: gelei’t

EUFEMISME: die dood word versag met die woorde “die laaste tree”

BINNERYM: skei / jy afskeid /onvoorbereid

ALLITERASIE: V8 (nou net)

RYMSKEMA: abbacddc effegg


PAARRYM: V13,14 ( verby /skei)
KONTRAS: STROFE 1: “Die weg was lieflik” staan in kontras met “die pad langs klowe...”
STROFE 2: gas en gasheer (V9) / seremoniemeester en nar (V10)
SINEKDOGEE: “jy, Hart, en ek (V1) die “hart” word genoem in plaas van “emosies”

7
RETORIESE VRAAG: “kan jy dit nie begryp?” LW: die tweede “nie” ontbreek hier ter wille van
die ritme / metrum. Die retoriese vraag in hierdie gedig dui aan dat sy
sukkel om van die hart afskeid te neem. Die besluit is nie maklik nie, maar
nodig.

TOON: intens

TEMA: *Die verstand (hoof) wil nie meer die hart (se raad) volg nie.
*Die hoof (rede/ verstand) wil nou in beheer wees.
* Om die hart te volg is nie altyd die beste keuse in die lewe nie.
*Innerlike konflik tussen die hart en die verstand.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
TYDSVERLOOP: Die hede (teenwoordige tyd) , verlede en toekoms word uitgebeeld.
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DUBBELSINNIGHEID: (ambiguity) Die sekstet wys dubbelsinnigheid (ambiguity):
 die emosies /die hart was die gas en gasheer (versreël 9),
 die seremoniemeester en die nar (versreël 10).
 Weer is daar bitterheid in versreël 11: die emosies se dwase raad kan net die Hoof verwar
 Hierdie onaangename ervarings het die spreker tot die besef laat kom dat die kermis
(pret)verby is (versreël 13)
 die doellose lewe moet einde kry juis omdat die lewe te kort is ( dit word laat ).
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kontekstuele vrae (vanuit Verskuns)


1. Noem twee kenmerke van ‘n sonnet wat n mens in hierdie gedig vind.
2. Waarom word Hart en Hoof met hoofletters gespel?
3. Wat beteken die titel van die gedig, en hoe sluit dit by die inhoud van die gedig aan?
4. Het die liefde vir die spreker ware geluk gebring? Verduidelik.
5. Die spreker beskuldig die hart van n paar dinge. Verduidelik wat sy met elke beskuldiging bedoel.
Hoe kan n hart........
a) voortvarend wees?
b ‘n lafaard wees?
c) nooit in staat wees tot enige besluite nie?
d) siek wees?

MEMO / ANTWOORDE

[verwys na bladsy 138 : Verskuns]

8
VRAE:

1. Noem die digsoort.

2. Noem die kenmerke van hierdie digsoort.

3. Verduidelik die funksie van die aandagstreep in versreël 1.

4. Haal ‘n woord uit strofe 1 aan wat aandui dat die hart nie die skeiding verwag het nie.

5. Haal ‘n frase uit versreëls 1-4 wat daarop dui dat die hart nie die skeiding maklik aanvaar
nie.

6. Haal EEN WOORD uit die gedig aan wat wys dat die spreker se leiding deur die hart
genotvol was.

7. Verduidelik hoe die spreker die “hart” gepersonifeer het.

8. 8.1 Verduidelik die kontras wat in versreëls 6-8 voorkom.

8.2 Haal EEN voorbeeld van ‘n kontras vanuit die sekstet.

9. Verduidelik die funksie van die dubbelpunt in V10.

10. Haal ‘n voorbeeld van ‘n metafoor uit die gedig aan.

11. Bespreek die kerngedagte in die sekstet.

12. Kies die korrekte antwoord vanuit die hakies.

Die toon in die gedig is (spelerig / ernstig / intens)

13. Wat is, volgens jou, die tema van hierdie gedig?

14. Gee ‘n voorbeeld van alliterasie in die oktaaf.

15. Haal ‘n woord vanuit versreël 14 aan wat aandui dat die Hoof nie ‘n keuse aan die Hart gee
nie .

16. Lees versreël 12. Verduidelik die eufemisme .

17 Skryf die volgende woorde voluit.

17.1 Dis 17.2 gelei’t

18 Verduidelik hoekom die gebruik van VERLEDE TYD in die gedig effektief is.

19. Hoe weet jy dat die Hart se raad die spreker negatief beïnvloed het?

Haal EEN woord uit STROFE 2 aan as jou antwoord.

9
20. Haal SINONIEME vanuit die gedig vir die volgende woorde:

20.1 ons twee 20.2 wonderlik

21. Noem TWEE GELEENTHEDE vanuit die gedig wat gewoonlik deur baie mense bygewoon
word.

22 Pas die verduideliking in KOLOM B met die woorde in KOLOM A

KOLOM A KOLOM B
22.1 krisis A voorbeeld van eufemisme
22.2 Hoof B ‘n sinoniem vir hanswors
22.3 siek C om keelvol te wees
22.4 nar D ‘n mens se verstand
E die stryd tussen die hart en die
verstand

10
GEDIG 1: KRISIS: MEMO

1. Italiaanse sonnet.

2. Die gedig bestaan uit 14 versreëls. Dit het ‘n oktaaf (v1-8) en sekstet (V9-14) Die oktaaf skep ‘n beeld.
Progressie van die beeld lei tot die klimaks in die sekstet waar die hoofgedagte uitgehef word.

3. Dit dui aan wie die “ons” in die gedig is. / Dit dui die skeiding visueel aan.

4. “onvoorbereid”

5. “al staar jy terug”

6. “lieflik”

7. Sy het met die hart gepraat asof hy ‘n mens was.

8. 8.1Die hart is as “voortvarend” beskou . Tersefdertyd is hy ook as ‘n lafaard beskou.

8.2 “die gas en die gasheer”

9. Die rede waarom die Hoof die Hart ‘n nar noem volg na die dubbelpunt.

10 “die seremoniemeester en die nar”

11. Die Hart (emosie) en die Hoof (verstand) moet skei.

Die Hoof (verstand) is ernstig oor die skeiding met die hart.

12. intens

13. Die hoof wil nie meer die hart se leiding volg nie. / Die hart se leiding is nie altyd die beste
nie. /Om met die hart te dink ontbloot jou swakheid.

14. “nou net”

15. “moet”

16. Die spreker praat oor die dood maar gebruik die woorde “die laaste tree “ Sy gebruik
eufemisme om dit(die dood) te versag

17.1 Dit is 17.2 gelei het

18. Die spreker reflekteer op die tydperk toe die Hart in beheer was.

19. “dwase”

20.1 “albei” 20.2 “lieflik”


21 “fees” “kermis”
22.1 E 22.4 B

22.2 D

22.3 C 11

You might also like