You are on page 1of 14

Die sagte

sprong

-Sheila Cussons
M Diamond H/S Noordheuwel Dep Afr 2017
Die sagte sprong
-Sheila Cussons

1. Dit kom wanneer dit nie verwag


2. word nie: ‘n aanraking van die verstand
3. lig soos ‘n veer, vlugtig maar presies
4. en jy dink as sy ligtheid so is, so potent
5. dat die aandag nog lank daarna
6. die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees?
7. : Dit kom wanneer dit nie verwag
8. word nie: iets wat die bewussyn tot
9. in die lewe tref, iets soos ‘n sagte sprong –
10.vreugde, verbasing, vreugde, herkenning:
11.hoe moet u vasvat wees?

M Diamond H/S Noordheuwel Dep Afr 2017


Sheila Cussons
1922 gebore en 2004 oorlede.
1974 – ernstige brandwonde
opgedoen toe ‘n gasstoof in haar
kombuis in Spanje ontplof het.
Haar bundel, Die swart kombuis,
gebruik sy om haar emosionele
genesing te bevorder.
Kenmerkend van haar digkuns: ‘n
Strewe na die innige vereniging
van die menslike siel met God. (Dit
is ook in die gedig die geval)

M Diamond H/S Noordheuwel 2017 Dep Afr


Titel

Die feit daar staan “die” en nie “ ‘n” nie, dui aan dat
hierdie ‘n baie spesifieke sprong is.
Die sprong wat hier gebruik is, verwys na die wyse
waarop God in elkeen se lewe werk.
METAFOOR: Die titel verwys metafories na die aanraking
of teenwoordigheid van God.
OKSIMORON: Twee teenstellende woorde lang mekaar –
Sag impliseer min krag, maar sprong verwys na baie
krag.

M Diamond H/S Noordheuwel Dep Afrikaans 2017 4


Spreker

Alhoewel die woord “ek” nie in die


gedig voorkom nie, is dit ‘n ek-
spreker wat God baie persoonlik
beleef.

Die spreker is dus iemand wat


bewus word van God se
teenwoordigheid in die mens se
lewe.
M Diamond H/S Noordheuwel Dep Afr 2017
Tempo

Die stadige tempo word bewerkstellig deur baie


leestekens.

Die stadige tempo versterk die gedagte dat God die


mens se siel rustig en sag aanraak.

M Diamond H/S Noordheuwel Dep Afr 2017


Stemming

Reël 1 – 6 : Rustig en eerbiedig.

Reël 7 – 11 : Vreugde en verbasing.

M Diamond H/S Noordheuwel


Uiterlike bou en innerlike bou

Die gedig bestaan uit twee sinne: reël 1 – 6 en


reël 6 – 11. Leestekens dui die twee sinne aan.
Reël 1 -6 : Die spreker beleef ‘n intellektuele
aanraking deur God. Die aanraking is sag.
Reël 7 – 11: Die spreker ervaar nou ‘n intense
emosionele en geestelike aanraking.
PROGRESSIE vind dus plaas in die tweede sin.

M Diamond H/S Noordheuwel


Rym en enjambement wat gebruik word om die
idee van God se aanraking te beklemtoon

Geen strofes en slegs twee sinne. Die meeste


reëls vloei aaneen : God se aanraking hou aan en
stop nooit nie.

Die rymloosheid in die gedig beklemtoon die feit


dat God nie opdringerig is nie, maar rustig in sy
aanraking.

M Diamond H/S Noordheuwel


Versreël 1 – 3 : “Dit kom wanneer dit nie verwag word nie: ‘n aanraking van die
verstand lig soos ‘n veer, vlugtig maar presies”

“Dit” – Die voornaamwoord verwys na die manier hoe die spreker God se
teenwoordigheid beleef.
Die aanraking gebeur dikwels sonder dat die mens dit verwag – onverwags.
Die dubbelpunt dui aan dat die spreker gaan verduidelik wat so onverwags
deur God aangeraak word.
In die spesifieke geval gaan dit oor die mens se intellektuele kant wat
aangeraak word. (“verstand”)
VERGELYKING: Die aanraking word vergelyk met die sagtheid van ‘n veer se
aanraking. Dit is sag en nie opdringerig nie.
Die uitdrukking word miskien baie gebruik, maar is baie effektief. Dit is hoe
God werk met die mens: sag en doelgerig.
Die mens is dikwels nie eers bewus van God se aanraking nie.
Versreël 4 – 6: “en jy dink as sy ligtheid so is, so potent dat die aandag nog lank
daarna die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees?

“jy” : Die voornaamwoord verwys nie na ‘n spesifieke mens nie, maar


eerder na ‘n universele mens wat die aanraking van God ervaar.
“potent” : Kragtig
Wanneer God in ‘n mens se lewe werk, is dit so kragtig dat die mens nog
lank daarna aan dit dink en kan dit eintlik nooit vergeet nie – dit is blywend.
“vasvat” – METAFOOR.
Die metafoor beskryf meer as net God se aanraking. Dit is wanneer hy
doelgerig in iemand se lewe teenwoordig is.
Die vraagteken: Retoriese vraag oor God se doelgerigtheid in die mens se
lewe.

M Diamond H/S
Noordheuwel
Versreël 7 – 9: “: Dit kom wanneer dit nie verwag word nie: iets wat die
bewussyn tot in die lewe tref, iets soos ‘n sagte sprong-”

Dubbelpunt: Die ongewone plek van die dubbelpunt beklemtoon die wending
wat plaasvind. Die aanraking van die verstand verander nou na ‘n emosionele
aanraking deur God.
Die herhaling van “Dit kom” beklemtoon die misterie van God se aanraking.
Na die tweede dubbelpunt word genoem wat aangeraak word : ‘n
emosionele aanraking.
Daar is dus PROGRESSIE vanaf die intellektuele aanraking tot emosionele
aanraking.
“sagte sprong” – Die belewing van God se aanraking, word gesien as ‘n “sagte
sprong” ; die aanraking is delikaat en saggies. (VERGELYKING)
Die word “sprong” is ook progressie wat plaasvind.
Versreël 10 – 11: “vreugde, verbasing, vreugde, herkenning: hoe moet u
vasvat wees?

“vreugde” : Die emosie word twee keer genoem. Dit is die emosie wat
die spreker die meeste ervaar.
“verbasing” : In die gedig gaan dit juis daaroor dat die mens dikwels God
se aanraking nie verwag nie. Dus is die emosie verbasing gepas.
“herkenning” : Daar is ook vreugde in die feit dat die mens eintlik weet
dit is hoe die Here werk.
V-alliterasie : Beklemtoon positiewe emosie.
“vasvat” : Wanneer God doelbewus in die mens se lewe werk.
“ sy vasvat” in reël 6 verander nou na “u vasvat”. Dit raak vir die spreker
‘n persoonlike ervaring.
Vraagteken – retoriese vraag. (Intense ervaring as God jou syne maak)
Tema

As ‘n mens na aan God leef,


vervul dit jou met ‘n
intense belewenis van God
se mag en vreugde wat Hy
bring.
M Diamond H/S Noordheuwel

You might also like