You are on page 1of 22

DIVINE HEALING TRAINING

HEILIGE GEES – LES 5


DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

Onderwerpe:

1. Die Heilige Gees as Persoon


2. Die Goddelikheid van die Heilige Gees
3. Onderskeid tussen die Heilige Gees, die Vader en die Seun
4. Die Ondergeskiktheid van die Heilige Gees aan die Vader en aan die Seun
5. Die Persoon en Werk van die Heilige Gees soos in Sy Name geopenbaar

HEILIGE GEES - LES 5

DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

Die eerste naam is “Die Gees”. Ten minste vyf-en-twintig verskillende name word in
die Ou en Nuwe Testament gebruik wanneer van die Heilige Gees gepraat word.
Daar is diepe betekenis in hierdie name. Deur ‘n noukeurige studie daarvan vind ons
'n wonderlike openbaring van die Persoon en werk van die Heilige Gees.

Die eenvoudigste naam waarmee na die Heilige Gees in die Bybel verwys word, is
“Die Gees”. Hierdie naam word ook as die basis van ander name gebruik. Die
Griekse en Hebreeuse woorde vertaal die woord “Gees” letterlik as “Asem” of “Wind”
en beide word toegepas wanneer verwys word na die Heilige Gees.

Ons lees in Johannes 20:22: "En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir
hulle: “Ontvang die Heilige Gees." [Hand 1:8; 2:1-3] Ons lees ook daarvan in Genesis.
2:7, “En die HERE God het die mens geformeer, [dit is toe God die liggaam uit die
stof van die aarde geskep of gevorm het,] en in sy neus die asem van die lewe
geblaas het; en die mens het ’n lewende wese geword. [‘n volmaakte indiwidu in
gees siel en liggaam.]” [1Kor 15:45-49] Psalm 104:30 lees, "U stuur u Gees uit, hulle is
geskape; en U vernuwe die aangesig van die aarde." Job 33:4 sê, "Die Gees van
God het my gemaak, en die asem van die Almagtige het my lewend gemaak [wat my
bemoedig en inspireer]."

Ons leer hieruit dat die Gees die asem is wat uit God se mond kom. Dit is duidelik ‘n
saak van persoonlike belang van God se kant af. Hy, die Skepper van hemel en
aarde blaas letterlik Sy eie asem in hierdie skepsel wat Hy so pas met Sy eie Hande
gevorm het om hom lewe te gee. Wanneer ons die Heilige Gees ontvang, ontvang
ons hierdie diep persoonlike lewe van God om op 'n persoonlike manier in ons te
woon. Wanneer ons die erns hiervan begryp is dit oorweldigend. Stop en dink vir ‘n
oomblik wat presies dit beteken om hierdie intieme, oneindige en ewige Wese wat
ons God noem, op 'n persoonlike manier daagliks in en by jou te hê. Hoe vreugdevol
maar ook skrikwekkend, hoe onuitspreeklik wonderlik word die lewe wanneer ons dit
besef.

In Johannes 3:6-8, lees ons dat “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; [die fisiese
liggaam is vlees] en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verwonderd wees

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 1
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

dat Ek vir jou gesê het: Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet
nie waar hy vandaan kom en waarheen hy gaan nie; so is elkeen wat uit die Gees
gebore is.” [Om deur die gees gebore te wees is om geestelik vernuwe, geestelik
gereinig en geestelik hervorm te wees.]
In die Grieks is dit dieselfde woord wat in een gedeelte van hierdie Skrif met "Gees"
en die gedeelte met "wind" vertaal word. En dit wil voorkom asof die woord in albei
dele van die gedeelte op dieselfde manier vertaal behoort te word. Dit sou dan lees:
“Dit wat uit die vlees gebore is, is vlees en dit wat uit die ‘Wind’ gebore is, is wind.
Moenie verwonderd wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet wedergebore word nie.
Die wind waai waar hy wil en jy hoor die geluid daarvan, maar jy kan nie sê waar hy
vandaan kom of waarheen hy gaan nie: so is elkeen wat uit die 'Wind gebore is'.” Die
volle betekenis van hierdie naam soos toegepas op die Heilige Gees [of Heilige
Wind] is dalk buite ons begrip, maar ons kan ten minste die betekenis daarvan
herken:

• Die Gees is soewerein en onafhanklik soos die wind. “Die wind waai waar hy wil”
[Johannes 3:8]. Jy kan nie vir die wind voorskryf nie, dit maak soos dit wil. Net so
met die Heilige Gees - Hy is soewerein - ons kan Hom nie voorskryf nie. Hy
“verdeel aan elkeen” afsonderlik selfs “soos Hy wil” [1Kor. 12:11]. Wanneer die wind
uit die noorde waai, sal jy dit dalk uit die suide wil laat waai. So luidrugtig as wat
jy kan uitroep: "Waai uit die suide", sal dit aanhou waai uit die noorde. Terwyl jy
nie vir die wind kan voorskryf nie kan jy die wette leer wat die wind se bewegings
beheer, en jouself in harmonie met daardie wette te bring, dan kan jy die wind kry
om jou werk te doen. Jy kan jou windpomp so oprig dat watter kant toe die wind
van die wiele af waai, sal draai en die wind jou graan maal, of jou water pomp.
Net so, terwyl ons nie aan die Heilige Gees kan voorskryf nie, kan ons die wette
van Sy werksaamhede leer en deur onsself in harmonie met daardie wette te
bring, bowenal deur ons wil absoluut aan Sy soewereine wil te onderwerp, sal die
soewereine Gees van God deur ons werk, en sy eie glorieryke werk deur ons as
instrumente tot stand bring.
• Die Gees is soos die wind onsigbaar, maar nietemin waarneembaar, eg en
kragtig. Jy hoor die geluid van die wind [Joh. 3:8], maar die wind self sien jy nooit. Jy
hoor die stem van die Gees maar Hy self is altyd onsigbaar. Die woord wat in
Johannes 3:8 met “klank” vertaal word, is die woord wat elders met die woord
“stem” vertaal word. Ons hoor nie net die stem van die wind nie, maar ons sien
die magtige uitwerking daarvan. Ons voel die asem van die wind op ons wange,
ons sien die stof en die blare waai voor die wind, ons sien die vaartuie op see wat
vinnig na hul hawens aangedryf word; maar die wind self bly onsigbaar. Net so
met die Gees; ons voel Sy asem op ons siele, ons sien die magtige dinge wat Hy
doen, maar Homself sien ons nie.
Hy is onsigbaar, maar Hy is eg en onderskeidbaar. Dit was oorvertel dat Dr. W. W.
White besig was om 'n afskeids-toespraak te hou voordat hy na Indië sou vertrek om
daar onder die studente te werk. Skielik, sonder enige oënskynlike waarskuwing,
was die plek gevul met 'n aaklige en heerlike Teenwoordigheid. Dit was baie eg,

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 2
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

maar die vraag het tog ontstaan: "Is dit bloot subjektief, is dit net ek wat dit ervaar”
het die een wat die storie vertel het gevra ; of is daar 'n objektiewe Teenwoordigheid
van God?" Nadat die byeenkoms verdaag het, het ek verskeie persone gevra of
hulle van enigiets bewus was. Die antwoorde was positief alhoewel hulle niemand
gesien het nie, was daar ‘n oorweldigende Teenwoordigheid van die Heilige Gees.
Sy Teenwoordigheid was so tasbaar dat die getuienis daarvan jare later en tot
vandag toe nog op almal se lippe was.

R.A Torrey vertel van ‘n geleentheid waar hy en ‘n goeie vriend by sy huis gekniel
het om te bid: “Terwyl ons gebid het, het dit gelyk asof 'n onsigbare en
skrikwekkendeTeenwoordigheid die kamer binnegekom het. Ek het besef wat Elifas
bedoel het toe hy gesê het: “Toe het 'n gees voor my aangesig gegaan; die hare van
my vlees het regop gestaan” [Job 4:15]. Die oomblik was oorweldigend, net so heerlik
as wat dit was, so skrikwekkend was dit. Hierdie is maar twee getuienisse van baie
wat gegee kan word. Niemand van ons het nog ooit die Heilige Gees gesien nie,
maar ons kan sonder twyfel getuig van Sy Heilige Teenwoordigheid. Ons het Sy
magtige krag aanskou en twyfel nie aan Sy werklikheid nie. Daar is diegene wat vir
ons sê dat hulle nie glo in iets wat hulle nie kan sien nie. Nie een van hulle het nog
ooit die wind gesien nie, maar hulle glo almal in die wind. Hulle het die wind gevoel
en hulle het die uitwerking daarvan gesien, en net so het ons, sonder twyfel, die
magtige teenwoordigheid van die Gees gevoel, ons het al Sy magtige werkinge
aanskou en weet sonder twyfel dat Hy vir ewig en altyd by ons is.

• Die Gees soos die wind is ondeurgrondelik. "Jy kan nie sê waar dit vandaan kom
en waarheen dit gaan nie." Niks in die natuur is meer geheimsinnig as die wind
nie. Maar nog geheimsinniger is die Heilige Gees in Sy werksaamhede. Ons hoor
van hoe Hy skielik en onverwags in wyd geskeide gemeenskappe Sy magtige
werk doen. Daar is ongetwyfeld verborge redes waarom Hy so met sy werk
begin, maar dikwels is hierdie redes vir ons verborge. Ons weet nie waar Hy
vandaan kom of waarheen Hy gaan nie. Hy beweeg waar en soos Hy wil. Ons
kan nie sê waar Hy volgende sy magtige en genadige krag sal vertoon nie.

• Die Gees, soos die wind, is onontbeerlik. Sonder wind, is dit "lug in beweging,"
en daar is geen lewe nie, daarom sê Jesus: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,
as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy nie in die koninkryk van
God ingaan nie.” [Joh 3:5] As die wind vir 'n enkele uur absoluut sou ophou waai,
sou die meeste van die lewe op aarde ophou om te bestaan. Telkens wanneer
die gesondheids-verslae van die verskillende stede van die Verenigde State
uitgereik word, is gevind dat die vyf gesondste stede in die Verenigde State die
vyf stede was wat op die groot mere geleë was. Baie was verbaas oor hierdie
verslag toe hulle sommige van hierdie stede besoek het en gevind het dat hulle
vêr van die skoonste stede, of mees sanitêre in hul algemene prosedure was, en
tog is hierdie verslag jaar na jaar herhaal. Die verduideliking is eenvoudig, dit is
die wind wat uit die mere waai wat lewe en gesondheid na die stede gebring het.
Net so, wanneer die Gees ophou om in enige hart of enige kerk of enige

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 3
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

gemeenskap te blaas, volg die dood, maar wanneer die Gees bestendig op die
individu of die kerk of die gemeenskap blaas, is daar oorvloedige geestelike lewe
en welstand.
Nouverwant aan die vorige punt, kom dit herhaaldelik in die Skrifte voor dat soos die
wind gee die Heilige Gees lewe. Ons lees byvoorbeeld in Johannes 6:63, "Dit is die
Gees wat lewe gee," en in 2Korintiërs. 3:6, lees ons, dat die letter van die wet dood
maak deur sonde te openbaar en gehoorsaamheid vereis [Jer 31:31], maar die Gees
gee lewe." Ons sien ‘n ander verduideliking oor hierdie gedeelte in Esegiël 37:8-10,
en dit sê: "En toe ek kyk, sien ek dat die senuwees op die bene en die vel hulle
bedek; maar daar was geen gees in hulle nie. Toe sê Hy vir my: Profeteer oor die
wind, profeteer, seun van die mens, en sê vir die wind: So sê die Here HERE: Kom
uit die vier winde, o gees, en blaas in hierdie dooies sodat hulle kan lewe. Toe het ek
geprofeteer soos Hy my beveel het, en die gees het in hulle gekom, en hulle het
geleef en op hulle voete gaan staan, 'n uiters groot leër". [Joh 3:5, Openb 11:11].

Israel, in die visioen van die profeet, was net bene, baie baie droë bene [vs. 2, 11],
totdat die profeet die woord van God aan hulle verkondig het; toe was daar 'n geraas
en 'n skudding en die bene het bymekaar gekom, been tot sy been, en die senuwees
en die vlees het op die bene gekom, maar daar was steeds geen lewe nie, maar toe
die wind waai, die asem van God se Gees, toe "het hulle op hulle voete gaan staan
as 'n uiters groot leër."

Al die lewe in die individuele gelowige, in die leraar, die prediker, en die kerk is die
werk van die Heilige Gees. Jy sal soms iemand ontmoet, en terwyl jy hom hoor praat
en sy optrede waarneem, word jy afgeskrik en verafsku. Alles aan hom gee weer dat
hy 'n dooie man is, 'n morele lyk en nie net dood nie, maar vinnig aan die ontbind is.
Jy moet so gou as moontlik van hom af wegkom. Maande daarna ontmoet jy hom
weer. Jy aarsel om met hom te praat; jy wil uit sy teenwoordigheid kom, maar jy
praat met hom. Na ‘n kort gesprek kon jy 'n wonderlike verandering opmerk.

Hierdie man het ‘n transformasie ondergaan. Sy gesprekke is gesond en opbouend;


sy maniere is aanloklik en opwindend. Hy is nie meer 'n ontbindende lyk nie, maar 'n
lewende kind van God. Wat het gebeur? Die Wind van God het op hom gewaai; hy
het die Heilige Gees ontvang, die Heilige Wind.

Op 'n stille Sabbatdag besoek jy 'n kerk. Alles omtrent die uiterlike van die kerk is
iets wat na verlang kan word. Daar is 'n aantreklike bid kamer, 'n twaalf man orkes,
'n begaafde koor, en 'n geleerde prediker. Die diens is goed gereël, maar dit is nie
lank voordat jy gedwing word om te sien dat daar geen lewe is nie, en daar is niks
opreg wat vir God of vir die mens bereik word nie. Jy gaan weg met 'n swaar hart.
Maande daarna het jy geleentheid om weer die kerk te besoek; die uiterlike inrigting
van die kerk is baie soos dit voorheen was, maar die diens het nie ver gevorder
voordat jy 'n groot verskil opmerk nie.

Daar is krag in die lofsange, 'n nuwe gees in die gebed, 'n nuwe greep in die
prediking, ‘n afwagting by die gemeente. Alles omtrent die kerk bruis van die lewe

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 4
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

van God. Wat het gebeur? Die Wind van God het op daardie kerk gewaai; die
Heilige Gees, die Heilige Wind, het gekom.

Op 'n dag gaan jy om 'n prediker te hoor waarvan jy net goed gehoor het. Terwyl hy
opstaan om te preek, leer jy gou dat niks te veel gesê is oor sy vermoëns vanuit 'n
bloot intellektuele en retoriese oogpunt nie. Sy woordkeuse is foutloos, sy styl
pragtig, sy logika onberispelik, sy ortodoksie onaantasbaar. Dit is 'n intellektuele
genot om na hom te luister, en tog nadat hy gepreek het, kan jy nie 'n gevoel van
droefheid vermy nie, want daar is geen werklike krag nie, geen werklike openbaring
nie, geen werklikheid van enige aard nie wat hoort by ‘n gesalfde man se prediking
nie.

Dit is met 'n swaar hart dat jy daar weg gaan, die blote gedagte aan die vermorsing
van uitmuntende vermoëns is onontbeerlik waarneembaar. Maande, dalk jare, gaan
verby en jy bevind jou weer as luisteraar na hierdie beroemde prediker, maar wat 'n
verandering! Dieselfde foutlose woordkeuse, dieselfde pragtige styl, dieselfde
onberispelike logika, dieselfde vaardige welsprekendheid, dieselfde gesonde
ortodoksie, maar nou is daar iets meer, daar is werklikheid, lewe, en krag in die
prediking. Mense sit asemloos as hy praat, sondaars gebuig met trane van berou,
geprik tot in hul harte met oortuiging van sonde; mans en vroue en seuns en dogters
verwerp hul selfsugtigheid, en hul sonde en wêreldsheid en aanvaar Jesus Christus
en gee hul lewens oor aan Hom. Wat het gebeur? Die Wind van God het op daardie
man gewaai. Hy is vervul met die Heilige Wind.

• Soos die wind is die Heilige Gees onweerstaanbaar. Ons lees in Handelinge 1:8,
"Maar julle sal die krag van die Heilige Gees ontvang wat op julle kom, en julle
sal my getuies wees om ander van My te vertel in Jerusalem sowel as in die hele
Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde."
Toe hierdie belofte van ons Here vervul was in Stefanus, lees ons, "En hulle kon nie
weerstaan aan die wysheid en die Gees waarmee hy spreek nie." [Hand 6:10] ‘n
Persoon wat vervul is met die Heilige Gees word in 'n draaikolk verander. Wat kan
staan voor die wind?

Het jy al ‘n orkaan aan die beweeg gesien? Die wind van daardie draaikolk lig swaar
vragmotors die lug in dat dit lyk soos veertjies. Dit ruk 'n ysterbrug van sy
fondamente af, dit verfrommel staal en slinger dit weg asof dit ‘n stukkie papier is.
Die krag en telefoon pale word uitmekaar geruk asof dit pyp stingels is. Reuse bome
word naby die wortels afgeruk, dit ruk die hoeke van baksteen geboue uitmekaar
waar dit verbygegaan het asof dit met 'n mes gesny is; niks kan daarteen staan nie;
en so kan niks staan voor 'n Geesvervulde prediker van die Woord nie.

Wanneer die Heilige Gees praat, kan niemand die wysheid weerstaan nie. Hierdie
Wind van God het besit geneem van Charles Finney, 'n onbekende plattelandse
prokureur, en hom deur New York State gestuur, daarna deur New England, en toe
deur Engeland, en tot vandag toe dwars oor die wêreld. Mense was verstom deur
die Gees-gegewe logika wat uit sy mond gekom het.

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 5
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

Een nag in Rochester het talle prokureurs, gelei deur die regter van die Appèl Hof,
uit die kerk banke getree en in die gang-paaie gebuig en hul lewens aan God
oorgegee. Die Wind van God het besit geneem van Charles Finney, 'n onbekende
plattelandse prokureur, en ‘n kragtige instrument in die Hand van die Heilige Gees.

Die Wind van God het ook besit geneem van D. L. Moody, 'n ongeletterde jong sake
man in Chicago. In die krag van hierdie onweerstaanbare Wind is mans, vroue en
jong mense neergemaai oor sy woorde en na die voete van Jesus Christus gebring
in nederige belydenis en verwerping van sonde. Mense soos hierdie wat gevul is met
die lewe van God, is die pilare in die kerke regoor die wêreld. Daar is derduisende
onbekende gesalfdes wat uitverkies is om pilare in hul eie gemeenskappe te wees,
Mense wat in hierdie onweerstaanbare Woord van God beweeg maar onderdruk
word omdat hulle sogenaamd die kerk se voorgeskrewe reëls verontagsaam.
Daardie mense is steeds aktief vir die Here want die Gees van God plaas hulle in
kontak met mense wat die boodskappe, wonderwerke en salwing nodig het. Niks sal
die Heilige Gees stuit nie. Daar is vandag steeds ‘n groot behoefte in individue,
kerke en predikers dat die Wind van God op ons waai.

Baie van die probleme wat mense met Johannes 3:5 ervaar waar Jesus vir
Nikodemus sê, "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit
water en Gees nie, kan hy nie in die koninkryk van God ingaan nie," sou verdwyn as
ons net in gedagte hou dat die woord "Gees" "Wind" beteken en deur die vers
letterlik te vertaal, sou dit lees: . "As iemand nie gebore word uit water en Wind nie
[die woord 'die', is nie in die oorspronklike vertaling nie], kan hy nie in die koninkryk
van God ingaan nie." Die skrif sou dan as volg lees: "As iemand nie gebore word uit
die reinigende en lewend-makende krag van die Gees nie, [of andersins uit die
reinigende Woord - en die lewendmakende krag van die Heilige Gees nie]." [Joh 15:3;
Efe 5:26; Jak 1:18; 1Pet 1:23]

Die tweede naam is “Die Gees van God. Ons lees byvoorbeeld in 1 Korintiërs 3:16
waar Paulus sê: "Weet en verstaan julle nie dat julle as die kerklike gemeenskap, 'n
tempel, ‘n uitgesoekte woonplek, ‘n spesiale plek van bewaring van God is nie, en
dat die Gees van God permanent in julle beide individueel en gesamentlik woon
nie?" In hierdie naam as die Gees van God, het ons dieselfde essensiële gedagte
soos in die vorige naam van die Gees, maar met die byvoeging dat sy Goddelike
oorsprong, karakter en krag beklemtoon word. Hy is nie bloot "Die Wind" soos hierbo
beskryf nie, maar "Die Wind van God."

Derde sien ons die naam “Die Gees van Jehovah”. Dit is natuurlik in wese dieselfde
as die “Gees van God” met die uitsondering dat God hier as die Verbondsgod van
Israel beskou word. Daar word altyd gepraat in die verband waarin die naam gevind
word; en natuurlik praat die Bybel met onfeilbare akkuraatheid in die gebruik van die
verskillende name vir God, en in hierdie verband van die Gees as die Gees van
Jehovah en nie bloot as die Gees van God nie.

Die naam, “Gees van Jehovah” word gebruik in Jesaja 11:2. Waar ons sien dat die
woord GOD, in hoofletters geskryf is. Dit beteken dat die naam van God wat hier

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 6
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

gebruik word is Jehovah en verwys na die ewig en self-onderhoudende God. As ons


dit verstaan sal Jesaja 11:2 lees "En die Gees van Jehovah, die ewig en self-
onderhoudende God, sal op Hom rus."

Wat beteken dit vir jou en my wat in hierdie tyd van die Nuwe Verbond leef? As
gelowige in die Here staan ons in ‘n verbond met Hom. Die woord gelowige beteken
om geloof te hê. Omdat ons glo bring daardie geloof ons in eenheid met God. Dit
bring ‘n band van eenheid soos daar ‘n band van eenheid ontstaan wanneer ‘n man
en vrou in hul eerste huweliks samesyn die seël op hulle huwelik plaas. Dit is heilig,
besonders, en uniek. ‘n Verbintenis wat nie maklik beskryf kan word nie. Dit is
spesiaal en iets wat net eenkeer, net soos wedergeboorte eenkeer in jou lewe
plaasvind. Dit is iets wat nie maklik beskryf kan word nie, maar het ‘n ewige, unieke
en diep betekenis.

Vierde word die Heilige Gees die Gees van die Here Jehovah, of GOD in hoofletters
genoem in Jesaja 61:1-3, en dit lees: "Die Gees van die Here Jehovah is op My;
want Jehovah die ewig en self-onderhoudende God het My gesalf om goeie tyding,
‘n vars en nuwe boodskap aan die sagmoediges te bring; Hy het My gestuur om
genesing te bring aan die wat gebroke van hart is, om aan die gevangenes, die wat
meegesleur word en in kettings gebind is in die strikke van die wêreld sisteme,
verslawing, die duiwel ens. Die Gees van die Here Jehovah is hier om alle kettings,
alle bande wat jou vashou te verbreek en jou vry te maak." Die Heilige Gees word
hier beskryf as die Gees van die Here Jehovah, nie bloot as die Gees van Jehovah
nie, as gevolg van die verhouding waarin God Self in hierdie verband genoem word,
as nie net Jehovah, die verbondsgod van Israel nie, maar ook as Jehovah, die Here
van Israel sowel as hulle verbonds-nakomende God. Hierdie naam van die Gees is
selfs betekenisvoller as die naam "Die Gees van God."

Vyfde word die Heilige Gees "Die Gees van die Lewende God" genoem. In
2Korintiërs 3:2-3: lees ons onder meer: “Julle is ons geskrewe boodskap soos in ‘n
afvaardigings brief, geskrywe in ons harte, wat verklaar en herken en gelees word
deur alle mense; omdat julle duidelik ‘n magtigings brief van Christus het, wat aan
ons afgelewer is om ons voor te berei. ‘n Brief wat geskrywe is nie met ink nie, maar
met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van
die hart.” [Eks 24:12; 31:18; 32:15-16; Jer 31:33]

Die Apostel Paulus trek 'n kontras tussen die Woord van God wat met ink op
perkament geskryf is en die Woord van God wat op "tafels wat op harte van vlees"
deur die Heilige Gees geskryf is. Die Heilige Gees word hier "die Gees van die
lewende God" genoem, omdat Hy God eerder as om bloot ‘n intellektuele konsep te
lewer, Hy God 'n lewende werklikheid maak in ons persoonlike ervaring. Daar is baie
wat in God glo en wat volkome ortodoks is in hul konsepsie van God, vir hulle is God
'n intellektuele teologiese proposisie.

Dit is die werk van die Heilige Gees om God baie meer te maak as 'n teologiese
begrip, maak nie saak hoe ortodoks ‘n persoon is nie. Hy is die Gees van die
lewende God, en dit is Sy werk om God 'n lewende God vir ons te maak, 'n

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 7
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

Wesendheid wat ons ken, waarmee ons persoonlik bekendheid het. 'n Wesendheid
wat vir ons meer eg is as die intiemste menslike vriend wat ons het. Die Heilige
Gees is die Gees van die lewende God, Hy is in staat en gereed om vir jou 'n
lewende God te gee, om God vir jou werklik te maak in jou persoonlike ervaring.

Vir te veel mense is God 'n God wat eens geleef het, 'n God wat geleef en opgetree
het tydens die skepping van die heelal, dalk geleef en opgetree het in die dae van
Moses en Elia en Jesus Christus en die Apostels, maar wat nie meer leef en optree
nie. As Hy enigsins bestaan, het Hy Homself onttrek van enige aktiewe rol in die
natuur of die geskiedenis van die mens. Hy het die natuur geskep en dit sy
wetenskappe en kragte gegee en nou laat Hy dit aan homself oor om te hardloop.

Hy het die mens geskep en hom toegerus met verskillende vermoëns, maar het hom
nou oorgelaat om sy eie heil uit te werk. Hulle mag verder as dit gaan: hulle mag glo
in 'n God wat met Abraham en Moses en Dawid en Jesaja en Jesus en die Apostels
gepraat het, maar wat nie meer praat nie. Ons mag in die Bybel lees wat Hy vir
hierdie verskillende mense gesê het, maar ons kan nie verwag dat Hy met ons praat
nie. In teenstelling hiermee is dit die werk van die Heilige Gees, die Gees van die
lewende God, om ons te laat ken dat daar vandag 'n God is wat leef en optree en
praat, 'n God wat gereed is om so naby aan ons te kom soos Hy na aan Abraham,
Moses of Jesaja gekom het, of aan die Apostels of Jesus Self.

Nie dat Hy enige nuwe openbarings het om te maak nie, want Hy het die Apostels in
die hele waarheid gelei [Johannes 16:13]: maar alhoewel daar 'n volledige
openbaring van God se waarheid in die Bybel gemaak is, leef God steeds vandag en
Hy praat met ons net so direk soos Hy met Sy uitverkorenes van ouds gepraat het.
Geseënd is die mens wat die Heilige Gees ken as die Gees van die lewende God en
wat gevolglik 'n ware God het, 'n God wat vandag leef, 'n God waarop hy vandag kan
staatmaak om vir hom in te tree, 'n God met wie hy intieme persoonlike gemeenskap
geniet, en 'n God tot wie hy sy stem in gebed kan rig en wat met hom praat.

Nommer 6. In Romeine 8:9 lees ons dat Hy “Die Gees van Christus” genoem word:
"Maar julle is nie lewendig in die vlees nie, julle word nie beheer deur die sondige
natuur nie, maar in die Gees, as die Heilige Gees van God werklik in julle woon, Hy
wat jou in Gees en in Waarheid lei. Maar as iemand nie die Gees van Christus het
nie, dié behoort nie aan Christus nie en is nie ‘n kind van God nie." [Rom 8:14]

Die Gees van Christus beteken in hierdie gedeelte nie 'n Gees soos Christus nie. Dit
beskryf dit wat agter 'n Gees soos Christus lê; dit is 'n naam van die Heilige Gees.

Die Heilige Gees word die Gees van Christus genoem om verskeie redes:

Eerstens is die Heilige Gees ‘n geskenk van Christus. Die Heilige Gees is nie bloot
die gawe van die Vader nie, maar ook die gawe van die Seun. Ons lees in Johannes
20:22 dat Jesus "op hulle geblaas en vir hulle gesê het: Ontvang die Heilige Gees."
Die Heilige Gees is dus die asem van Christus, sowel as die asem van God die
Vader. Dit is Christus wat op ons blaas en ons die Heilige Gees gee.

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 8
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

In Johannes 14:15 en die volgende verse leer Jesus ons dat dit as antwoord op Sy
gebed is dat die Vader aan ons die Heilige Gees gee. In Handelinge 2:33 lees ons
dat Jesus, nadat Hy verhoog is aan die regterhand van God en die belofte van die
Heilige Gees van die Vader ontvang het, Hom uitgestort het op gelowiges. Dit
beteken dat Jesus, nadat Hy verhoog is tot die regterhand van God, as antwoord op
Sy gebed die Heilige Gees van die Vader ontvang en Hom uitstort op die Kerk.

In Matteüs 3:11 lees ons dat dit Jesus is wat doop met die Heilige Gees. In
Johannes 7:37-39 nooi Jesus almal wat dors het om na Hom toe te kom en te drink.
Die konteks maak dit duidelik dat die water wat Hy gee die Heilige Gees is, wat in
diegene wat Hom ontvang 'n bron van lewe en krag word wat na ander uitvloei. Dit is
die verheerlikte Christus wat die Heilige Gees aan die Kerk gee. In die vierde
hoofstuk van Johannes en die tiende vers verklaar Jesus dat Hy die Een is wat die
lewende water, die Heilige Gees, gee. In al hierdie gedeeltes word Christus
voorgestel as die Een wat die Heilige Gees gee, daarom word die Heilige Gees "die
Gees van Christus" genoem.

Daar is egter 'n dieper rede waarom die Heilige Gees "die Gees van Christus"
genoem word, en dit is omdat dit die werk van die Heilige Gees is om Christus aan
ons te openbaar. In Johannes 16:14 lees ons: "Hy [die Heilige Gees] sal My
verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en dit aan julle verkondig."
Op 'n soortgelyke wyse is daar in Johannes 15:26 geskrywe: "Maar wanneer die
Vertrooster kom wat Ek van die Vader na julle sal stuur, die Gees van die waarheid
wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig." Dit is die werk van die Heilige
Gees om getuienis van Christus te gee en Jesus Christus aan mense bekend te
maak. En as die openbaarmaker van Christus, word Hy "die Gees van Christus"
genoem.

Dan is daar nog 'n dieper rede waarom die Heilige Gees die Gees van Christus
genoem word, en dit is omdat dit Sy werk is om Christus as 'n lewende
teenwoordigheid binne-in ons te vorm. In Efesiërs 3:16-17 bid die Apostel Paulus tot
die Vader dat Hy aan gelowiges volgens die rykdom van Sy heerlikheid mag gee om
deur Sy Gees versterk te word in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof
in hulle harte kan woon. Dit is dus die werk van die Heilige Gees om Christus in ons
harte te laat woon, om die lewende Christus binne-in ons te vorm.

Net soos die Heilige Gees letterlik en fisies Jesus Christus gevorm het in die
baarmoeder van die Maagd Maria [Lukas 1:35], so vorm die Heilige Gees geestelik maar
werklik Jesus Christus binne-in ons harte vandag. In Johannes 14:16-18 het Jesus
aan Sy dissipels gesê dat wanneer die Heilige Gees kom, Hy Self sal kom, dit wil sê,
die gevolg van die Heilige Gees wat in hulle harte kom woon, sal die koms van
Christus Self wees. Dit is die voorreg van elke gelowige in Christus om die lewende
Christus deur die krag van die Heilige Gees in sy eie hart gevorm te hê, en daarom
word die Heilige Gees wat so Christus binne-in die hart vorm, die Gees van Christus
genoem. Hoe wonderlik! Hoe glorieus is die betekenis van hierdie naam. Laat ons dit
bepeins totdat ons dit sover moontlik verstaan, en totdat ons verheug in die

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 9
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

heerlikheid daarvan is.

Sewende word die Heilige Gees die Gees van Jesus Christus genoem in Filippense
1:19, wat lees: "Want ek weet met vertroue dat dit my sal lei tot my redding deur julle
gebed en die oorvloedige verskaffing van die Gees van Jesus Christus wat my
vashou." Die Gees is nie bloot die Gees van die ewige Woord nie, maar die Gees
van die vleesgeworde Woord. Nie bloot die Gees van Christus nie, maar die Gees
van Jesus Christus. Dit is die Mens Jesus wat tot die regterhand van die Vader
verhoog is en die Gees ontvang en stuur. So lees ons in Handelinge 2:32-33, "God
het hierdie Jesus se liggaam opgewek, en ons almal as dissipels van Jesus is
getuies daarvan. Omdat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en die
beloofde seën wat die Heilige Gees van die Vader ontvang het, het Hy hierdie seën
uitgestort wat julle nou sien en hoor."

Agste word die Heilige Gees die Gees van Jesus genoem in Handelinge 16:6-7, "En
hulle het deur die gebied van Frygië en Galasië gereis, deur die Heilige Gees
verhinder om die woord in die weskus van klein Asië te spreek; en toe hulle by Misië
gekom het, het hulle gepoog om na Bitinië te gaan, maar die Gees van Jesus het
hulle nie toegelaat nie." Deur die naam, "Die Gees van Jesus", is die verhouding van
die Gees tot die Mens Jesus nog duideliker as in die vorige naam, die Gees van
Jesus Christus.

Nommer 9. Die Heilige Gees word die Gees van Sy Seun genoem in Galasiërs 4:6,
"En omdat julle regtig Sy kinders is, het God die Gees van Sy Seun uitgestuur in julle
harte, wat roep: Abba, Vader." Uit die konteks [van vers vier en vyf sien ons dat
hierdie naam aan die Heilige Gees gegee word in spesiale verband met Sy getuienis
van die kindskap van die gelowige. Dit is "die Gees van Sy Seun" wat getuig van ons
kindskap. Dit wys dat die Heilige Gees 'n kinderlike, ‘n sensitiewe Gees is, 'n Gees
wat 'n gevoel van “ek behoort” in ons veroorsaak.

Mense wat God nie ken nie, dink aan God as dienaars onder dwang, ballingskap en
onderdrukking. Die wat God ken dink aan Hom as kinders wat in vreugdevolle
vryheid lewe. Ons vrees God nie, ons vertrou Hom en verheug ons in Hom.
Wanneer ons die Heilige Gees ontvang, ontvang ons nie weer 'n Gees van slawerny
om te vrees of God se oordeel te vrees nie, maar 'n Gees van aanneming, ‘n gees
van kindskap waardeur ons in blydskap uitroep: Abba, Vader! [Rom. 8:15]. Hierdie naam
van die Heilige Gees is een van die mees beskrywende van almal.

Neem gerus die tyd om hierdie dinge te bepeins totdat jy die volle betekenis hiervan
besef. Ons sal weer hieroor praat wanneer ons die werk van die Heilige Gees
bestudeer.

Nommer 10. Die naam Heilige Gees kom baie gereeld voor en is die naam waarmee
ons die meeste bekend is. Een van die bekendste voorstellings waarin die naam
gebruik word, is Lukas 11:13, "As julle dan wat sleg is, dit praat van ons sondige
natuur, "As julle dan wat sleg is, weet om julle kinders goeie gawes wat vir hulle
voordelig is te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 10
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

hulle wat Hom vra?" Hierdie naam beklemtoon die essensiële morele karakter van
die Gees. Hy is in Homself heilig.

Ons is so vertroud met die naam dat ons die waarde en betekenis daarvan
gedagteloos laat verby gaan. As ons net in die diepste wese van ons mens weet en
voortdurend besef dat Hy die Heilige Gees is. Wanneer ons dit besef sal ons soos
die serafs in Jesaja se visioen, voor Hom buig en uitroep: "Heilig, heilig, heilig." Ons
praat so dikwels gedagteloos en sonder oorleg oor Hom en bid ons tot Hom. Ons bid
dat Hy in ons kerke en harte sal kom, maar wat sal Hy daar vind as Hy sou kom? Sal
Hy nie baie vind wat Hom pynlik en smartlik en bedroefdheid sal besorg nie?

Ons kan nie geestelik staande bly wanneer jy in weersinwekkende verontreiniging


bly leef sonder enige voorneme om jou weë te verander nie. Ons almal het die
Heilige Gees nodig en kan Hom vra om in jou hart te kom woon as daar net die
minste van ‘n begeerte is om onreinheid, selfsug, wêreldsheid of sonde op te gee.

Wanneer jy ‘n punt bereik waar ‘n lewe van afvallig en dolle gejaagdheid sy smaak
verloor en jy hunker vir iets beter, dan sal die Heilige Gees Homself sagkens en met
liefde aan jou openbaar. Maak nie saak hoe sondig en selfsugtig en onvolmaak ons
ook al mag wees, is die oneindig Heilige Gees altyd gereed om te kom en Sy
woonplek in ons hart in te neem as ons Hom die absolute beheer oor ons lewens
gee en Hom toelaat om alles in gedagte, verbeelding, gevoel, doel en optrede in
ooreenstemming met Sy wil te bring. Hierdie oneindige Heilige Gees is gereed om in
ons kerke in te kom, hoe onvolmaak en wêrelds hulle ook al mag wees, as ons
bereid is om die absolute beheer van alles in Sy hande te plaas. Maar laat ons nooit
vergeet dat Hy die Heilige Gees is nie, en wanneer ons vir Hom bid, laat ons dan
met eerbied bid omdat Hy heilig is.

Nommer 11. Die Heilige Gees word die Heilige Gees van belofte genoem in Efesiërs
1:13, AFR83: "In wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie
van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die
Heilige Gees van die belofte." Die Heilige Gees is die groot belofte van die Vader en
die Seun. Die Heilige Gees is God se groot allesomvattende belofte vir die huidige
bedeling; Jesus het aan die dissipels opdrag gegee om te wag vir die “belofte van
die Vader” wat die Heilige Gees is, tot na Sy hemelvaart voordat hulle Sy werk
aangepak het. [Handelinge 1:4, 5].

Die groot belofte van die Vader tot die koms van Christus was die koms van 'n
versoenende Verlosser en Koning, maar toe Jesus gekom het en Sy versoenende
dood aan die kruis van Golgota gesterf het en opgestaan en na die regterhand van
die Vader opgevaar het, was die tweede groot belofte van die Vader die Heilige
Gees om die plek van ons fisies afwesige Here in te neem. [Sien ook Handelinge 2:33.]

Nommer 12. Die Heilige Gees word die Gees van heiligheid genoem in Romeine 1:4,
"en wat deur die opstanding uit die dood met krag bewys is as die Seun van God -
Jesus Christus, ons Here - volgens die Gees van heiligheid." Met die eerste
oogopslag mag dit voorkom asof daar geen wesentlike verskil is tussen die twee

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 11
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

name nie. Maar daar is 'n merkbare verskil tussen die Heilige Gees en die Gees van
heiligheid.

Die naam van die Heilige Gees, soos reeds gesê, beklemtoon die essensiële morele
karakter van die Gees as heilig, terwyl die naam van die Gees van heiligheid
beklemtoon die feit dat die Heilige Gees nie bloot in Homself heilig is nie, maar Hy
verleen heiligheid aan ander. Die volmaakte heiligheid wat Hy self besit, gee Hy aan
diegene wat Hom ontvang [vgl. 1 Pet. 1:2].

Nommer 13. Die Heilige Gees word die Gees van oordeel genoem in Jesaja 4:4,
"Wanneer die Here die drek van die dogters van Sion afgewas, en die bloed van
Jerusalem uit sy midde weggespoel het deur die Gees van oordeel, en deur die
Gees van verbranding."

Hier sien ons twee name vir die Heilige Gees en dit is die Gees van oordeel en die
Gees van verbranding. Die Heilige Gees word so genoem omdat dit Sy werk is om
sonde aan die lig te bring, met ander woorde om ons van sonde te oortuig [vgl. Johannes
16:7-9]. Wanneer die Heilige Gees na ons kom, is die eerste ding wat Hy doen om ons
oë te open om ons sondes te sien soos God dit sien. Hy oordeel ons sonde. [Ons sal
dit meer in diepte bespreek wanneer ons Johannes 16:7-11 bestudeer en die werk
van die Heilige Gees oorweeg.]

Nommer 14. Die Gees van Verbranding. Hierdie naam beklemtoon Sy deur
soekende, verfynde, ontslaande, verligtende en energieke werk. Die Heilige Gees is
soos 'n vuur in die hart waarin Hy woon; en net soos vuur toets en verfyn en verbruik
en verlig en verwarm en energie gee, doen Hy ook. In die konteks word veral die
reinigende werk van die Heilige Gees beklemtoon [Jes. 4:3, 4].

Nommer 15. Die Heilige Gees word die Gees van waarheid genoem in Johannes
14:17, "die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit
Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in
julle sal wees" [vgl. Johannes 15:26; 16:13]. Die Heilige Gees word die Gees van waarheid
genoem omdat dit die werk van die Heilige Gees is om waarheid oor te dra aan
diegene wat Hom ontvang.

Dit kom na vore in die gedeelte wat hierbo gegee is, en as dit moontlik is, kom dit
selfs nog duideliker na vore in Johannes 16:13, A.V., "Maar wanneer Hy, die Gees
van die waarheid, gekom het, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit
Homself spreek nie, maar alles wat Hy sal hoor, sal Hy spreek en julle die dinge wat
kom, verkondig." Alle waarheid kom van die Heilige Gees. Dit is slegs as Hy ons
onderrig dat ons die waarheid leer ken.

Nommer 16. Die Heilige Gees word die Gees van wysheid en begrip genoem in
Jesaja 11:2, "En op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en
verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en die vrees van die
Here." Die betekenis van die naam is so duidelik dat dit geen verduideliking nodig
het nie. Dit is duidelik uit die gebruikte woorde en uit die konteks dat dit die werk van

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 12
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

die Heilige Gees is om wysheid en begrip oor te dra aan diegene wat Hom ontvang.
Diegene wat die Heilige Gees ontvang, ontvang die Gees "van krag" en "van liefde"
en "van 'n gesonde verstand" of gesonde sin [2 Tim. 1:7].

Nommer 17. Ons vind hierdie naam van die Heilige Gees in die gedeelte wat
genoem word in nommer 16. Die betekenis van hierdie naam is ook duidelik. Die
Heilige Gees word "die Gees van raad en krag" genoem omdat Hy ons raad gee in
al ons planne en ons krag gee om dit uit te voer [vgl. Handelinge 8:29; 16:6, 7; 1:8]. Dit is ons
voorreg om God se eie raad in al ons planne te hê en God se krag in al die werk wat
ons vir Hom onderneem. Ons ontvang dit deur die Heilige Gees, om die Gees van
raad en krag, te ontvang.

Nommer 18. [Jes. 11:2]. Die betekenis van hierdie naam is ook duidelik. Dit is die werk
van die Heilige Gees om kennis aan ons oor te dra en om 'n eerbied vir Jehovah in
ons te bewerkstellig, daardie eerbied wat hom veral openbaar in gehoorsaamheid
aan Sy gebooie. Die persoon wat die Heilige Gees ontvang, vind sy vreugde in die
vrees van die HERE. [Sien Jes. 11:3, A.V.] Die drie name, die Gees van wysheid en begrip,
die Gees van raad en krag en Die Gees van Kennis en die Vrees van die Here
verwys veral na die genadige werk van die Heilige Gees in die dienskneg van die
Here Jesus Christus [Jes. 11:1-5].

In nommer 19 word Die Heilige Gees die “Gees van lewe” genoem in Rom. 8:2 lees
ons, "Want die wet van die “Gees van die lewe” in Christus Jesus het my vrygemaak
van die wet van die sonde en die dood." Die Heilige Gees word die Gees van lewe
genoem omdat dit Sy werk is om lewe oor te dra [vgl. Johannes 6:63, A.V.; Esegiël 37:1-10].

In die konteks waarin die Gees van lewe voorkom, wat begin in Romeine 7:7, trek
Paulus 'n teenstelling tussen die wet van Moses wat buite 'n mens is. Alhoewel die
Gees wel lewe gee wat heilig, regverdig en goed is, was Hy onmagtig omdat Hy in
daardie tyd buite die mens was. In die tyd van Moses het Jesus nog nie gekom
sodat die mens lewe en oorvloed kon hê nie. Die Gees van lewe kon nie Sy
teenwoordigheid in die harte van mense openbaar of in neem nie. Dit is eers met die
koms van die Trooster nadat Jesus opgestaan het en na die Vader toe gegaan het.
Voor die tyd kon Hy nie altyd by die mens wees nie, maar nou kan die lewende
Gees van God in die hart van ‘n mens ingaan en geestelike en morele lewe bied, wat
die gelowige in staat stel om aan die vereistes van die wette van God te voldoen. Dit
beteken nie dat die Heilige Gees onmagtig is nie, Hy is ewig en altyd magtig, maar
as ek en jy nie ons harte oop maak en Hom in nooi nie; kan en sal Hy ons nie lewe
gee nie omdat ons verkies om nie lewe te ontvang nie. Dit is die Gees van God wat
lewe oordra aan die gelowige en in die hart woon, hom in staat stel om die
geregtigheid van die wet te vervul, in dié harte wat nie volgens die vlees wandel nie,
maar volgens die Gees. [Rom. 8:2-4.] Die Heilige Gees word "die Gees van lewe"
genoem, omdat Hy geestelike lewe en gevolglike oorwinning oor sonde oordra aan
diegene wat Hom ontvang.

Nommer 20. Die Heilige Gees word in Hebreërs 1:9 "die olie van blydskap" genoem:
"U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat. Dieselfde naam vir die

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 13
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

Heilige Gees word ook in vergelykende skrifte soos Handelinge 10:38 en Lukas 4:18
gevind waar die woorde “salf of gesalfde” gevind word.

In Handelinge 10:38 lees ons: "hoe God Jesus van Nasaret gesalf het met die
Heilige Gees en met krag," en in Lukas 4:18 word Jesus Self aangehaal as om te sê:
"Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die
armes te verkondig,". In beide hierdie verse word ons vertel dat dit met die Heilige
Gees was waarmee Jesus gesalf is, en soos in die vers in Hebreërs word ons vertel
dat dit met die olie van blydskap was waarmee Hy gesalf is; dus is die enigste
moontlike gevolgtrekking dat die olie van blydskap die Heilige Gees beteken. Dit is 'n
pragtige en voorsiende naam vir Hom wie se vrugte, eerstens, "liefde" en dan
"blydskap" is [Gal. 5:22].

Die Heilige Gees word vir diegene wat Hom ontvang 'n bron van onbeperkte
vreugde; Hy vul en bevredig die siel so dat die siel wat Hom ontvang, vir ewig nie
dors sal hê nie [Johannes 4:14]. Ongeag hoe groot die beproewinge mag wees waarmee
die gelowige te doen kry, sal hy nog steeds "die vreugde van die Heilige Gees" hê
[1Tessalonisense 1:6]. Op Pinksterdag, toe die dissipels met die Heilige Gees gedoop is,
was hulle so vervul met vreugde, dat ander wat na hulle gekyk het, gedink het hulle
is dronk.

Hulle het gesê: "Hierdie mans is vol nuwe wyn." En Paulus trek 'n vergelyking tussen
abnormale bedwelming wat deur oormaat wyn veroorsaak word en die gesonde
opgewondenheid waaruit daar geen terugslag is nie, wat deur vervulling met die
Gees kom [Efesiërs 5:18-20]. Wanneer God iemand met die Heilige Gees salf, is dit asof
Hy 'n kosbare albaster vaatjie met die olie van blydskap oor hul hoofde breek totdat
dit afloop tot by die soom van hul klere en die hele persoon deurweek word met
onuitspreeklike vreugde en heerlikheid.

Nommer 21. Die Heilige Gees word "die Gees van genade" genoem in Hebreërs
10:29: "Want hoeveel swaarder straf meen julle sal hy waardig geag word wat die
Seun van God vertrap en die bloed van die verbond, waarmee hy geheilig is,
onheilig geag het en die Gees van genade gesmaad het?" Hierdie naam beklemtoon
die feit dat dit die werk van die Heilige Gees is om die genade van God te bedien en
toe te pas: Hy is wel self genadig, maar die naam beteken baie meer, dit beteken dat
Hy ons deel maak van die veelvuldige genade van God. Dit is slegs deur die werk
van die Gees van genade in ons harte dat ons in staat gestel word om daardie
oneindige volheid van genade wat God van die begin af aan ons in Jesus Christus
gegee het, toe te eien. Dit behoort van die begin af aan ons, maar dit is slegs ons s'n
as ons dit deur die krag van die Gees van genade eis.

Nommer 22. Die Heilige Gees word "die Gees van genade en van smeking" genoem
in Sagaria 12:10 lees ons, "En Ek sal oor die huis van Dawid en oor die inwoners
van Jerusalem die Gees van genade en van smeking uitstort. Hulle sal op My kyk,
Hom wat hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rou bedrywe soos met die rou
bedryf oor 'n enigste seun, en bitter oor Hom wees soos met die bitterheid oor 'n
eersteling." Die frase "die Gees van genade en van smeking" in hierdie vers is

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 14
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

sonder twyfel 'n naam vir die Heilige Gees.

Die naam "die Gees van genade" het ons reeds bespreek, maar hier is 'n verdere
werking van genade en dit is die Gees van smeking, wat ons lei tot intensiewe
gebed. Die Heilige Gees word so genoem omdat dit Hy is wat ons leer om te bid,
want alle ware gebed is in die Gees [Judas 20]. Ons weet uit onsself nie hoe om te bid
soos ons behoort nie, maar dit is die werk van die Heilige Gees om vir ons
voorspraak te doen met sugte wat nie uitgespreek kan word nie, en om ons te lei in
gebed volgens die wil van God [Romeine 8:26, 27]. Die geheim van alle ware en
doeltreffende gebed is om die Heilige Gees te ken as "die Gees van genade en van
smeking.

Nommer 23. Die Heilige Gees word "die Gees van heerlikheid" genoem. In 1 Petrus
4:14 lees ons: "As julle om die Naam van Christus versmaad word, is julle gelukkig,
omdat die Gees van heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy
gelaster, maar wat julle betref, word Hy verheerlik."

Hierdie naam leer nie net dat die Heilige Gees self oneindig heerlik is nie, maar dit
leer eerder dat Hy die heerlikheid van God aan ons meedeel, net soos die Gees van
waarheid, waarheid aan ons meedeel, en soos die Gees van lewe, lewe aan ons
meedeel. Net soos die Gees van wysheid en verstand en raad en krag en kennis en
die vrees van die HERE wysheid en verstand en raad en krag en kennis en die vrees
van die HERE aan ons meedeel. Net soos die Gees van genade die veelvuldige
genade van God toepas en bedien aan ons meedeel. Net so is die Gees van
heerlikheid die bedienaar van God se heerlikheid aan ons. In die onmiddellike vorige
vers lees ons: "Maar julle moet bly wees omdat julle deel het aan die lyding van
Christus. Dan sal julle bly wees en juig wanneer Hy sy heerlikheid openbaar."

Dit is in hierdie verband dat Hy die Gees van heerlikheid genoem word. Ons vind 'n
soortgelyke verband tussen die lyding wat ons verduur en die heerlikheid wat die
Heilige Gees aan ons skenk. Romeine 8:16, 17 lees: “Die Gees self getuig en
bevestig saam met ons gees, en gee ons die versekering dat ons as gelowiges
kinders van God is; en as ons kinders is, dan is ons ook Sy erfgename; erfgename
van God en mede-erfgename met Christus; waar ons deel in Sy geestelike seën en
erfenis, as ons saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan
word.”

Die Heilige Gees is die administrateur van heerlikheid sowel as van genade, of
eerder van die genade wat uitloop op heerlikheid.

Nommer 24. Die Heilige Gees word "die ewige Gees" genoem. In Hebreërs 9:14
sien ons: "hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat deur die ewige Gees
Homself onbesmet is, sonder morele of geestelike onvolmaaktheid as ‘n offer aan
God geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die ewig lewende God te
dien."

Die ewigheid, Godheid en oneindige majesteit van die Heilige Gees word deur die

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 15
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

naam, die gees van heerlikheid beklemtoon.

Nommer 25. Die Heilige Gees word herhaaldelik "die Vertrooster" genoem in die
Skrifte. Byvoorbeeld in Johannes 14:26 lees ons: "Maar die Vertrooster, die Heilige
Gees, wat die Vader in my Naam [en in My plek om My te verteenwoordig ook om
namens My op te tree,] sal stuur, Hy sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat
Ek vir julle gesê het." [Mat 5:7, 13, 24-25; Luk 24:49; Joh 14:16; Hand1:4]. En in Johannes 15:26 sê
Jesus: "Maar wanneer die Vertrooster [, die Advokaat, intersessor, Berader die Een
wat julle Versterk en Help] kom wat Ek van die Vader na julle sal stuur, die Gees van
die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig." [Sien ook Johannes 16:27.]
Die woord wat in hierdie verse as "Vertrooster" vertaal word, beteken wel
Vertrooster, maar dit beteken ook baie meer as net dit.

Dit is 'n woord wat moeilik is om voldoende te vertaal na 'n enkele woord in Engels of
Afrikaans. Die vertalers van die Hersiene Weergawe het probleme ondervind om te
besluit met watter woord in die Griekse taal te gebruik. In die kantnota van die
Hersiene Weergawe word "advokaat" en "helper" voorgestel, as "Parakleet." Wat
doen ‘n advokaat? Hy is jou regshulp wat tydens ‘n hofsaak jou kant kies. Die woord
wat as "Vertrooster" vertaal word, beteken letterlik "een wat aan jou kant is." Dit is
dieselfde woord wat as "advokaat" vertaal word in 1 Johannes 2:1, "My [dierbare
gelowige] kinders, ek skryf dit aan julle sodat julle nie sondig nie. En as iemand
sondig, ons het 'n advokaat [wat vir ons in die bres tree] by die Vader, en by Jesus
Christus, [die opregte, die Een wat regverdig is, die Een wat die Vader se Wil in elke
doel, gedagte en daad getrou naboots]." Maar "advokaat," soos ons dit nou
verstaan, gee nie die volle krag van die Griekse woord wat so vertaal is nie.
Etimologies beteken "advokaat" amper dieselfde. "Advokaat" is Latyn is
["advocatus"] en dit beteken "iemand wat na 'n ander geroep word om sy kant te
kies," maar in ons moderne gebruik daarvan het die woord 'n beperkte betekenis
verkry.

Die Griekse woord wat vertaal word as "Vertrooster" [Parakleetos] beteken ["iemand
wat voortdurend by jou sy staan en gereed is om jou by te staan en deel te neem in
alles waarin jy hulp nodig het”. Dit is 'n wonderlike tere en uitdrukkingsryke naam vir
die Heilige Gees. Soms, wanneer ons aan die Heilige Gees dink, lyk dit asof Hy so
vêr weg is, maar as ons aan die Parakleetos dink, of in eenvoudige taal ons
"skaduwee" of ons "regterhand is," by jou en altyd daar. Tot op daardie tydstip was
Jesus self die Parakleetos van die dissipels.

Wanneer hulle onseker of in nood was, het hulle Hom genader vir hulp. Byvoorbeeld,
op een geleentheid was die dissipels onseker oor hoe om te bid en hulle het na
Jesus toe gekom en gesê: "Here, leer ons bid." En die Here het hulle die wonderlike
gebed geleer wat deur die eeue heen bewaar gebly het [Lukas 11:1-4]. Op 'n ander
geleentheid het Petrus in die golwe van die Galilease meer begin sink en hy het
geroep: "Here, red my," en onmiddellik het Jesus sy hand uitgesteek en hom gevang
en gered [Matteus 14:30, 31]. In elke nood het hulle na Hom gewend.

Dit is presies dieselfde, nou dat Jesus na die Vader gegaan het, het ons 'n Ander

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 16
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

Persoon, net so goddelik soos Hy, net so wys soos Hy, net so sterk soos Hy, net so
liefdevol soos Hy, net so teer en goedhartig soos Hy, net so gereed en net so
bevoeg om te help, wat altyd reg langs ons is. Ja, selfs beter nog, Hy woon in ons
harte, Hy is altyd reg om te help as ons Hom net vertrou om dit te doen.

As die waarheid van die Heilige Gees, soos uitgedruk in die naam "Parakleetos," in
ons hart is, sal dit vir altyd alle eensaamheid verdryf; want hoe kan ons ooit alleen
wees wanneer hierdie beste Vriend altyd by ons is?

Daar is mense wat weens omstandighede van hulle families geskei word, hetsy of dit
werk verpligtinge, siekte toestande of afstand is. Die eensaamheid begin jou vang,
Jy verlang huis toe en hulle verlang na jou tuiskoms.

Die eensaamheid kan ondraaglik wees as dit nie was vir die enigste voldoende
Vriend wat altyd by jou is nie. Ek onthou tye waar ek vêr van familie en vriende was.
Ek erken dat ek soms eensaam en alleen gevoel het. Dan het ek my gedagte lyn
verander en gesê maar ek is nie alleen nie, die Heilige Gees is altyd waar ek my
bevind want die Woord sê Hy sal altyd by my wees. Ek gaan nie lieg en sê ek het nie
moeilike tye of swaar eensame tye ervaar nie. Maar as jy stil word en die Woord
begin bepeins is die oorwinning vinnig en soet.

Waar jy is, daar is die Heilige Gees. Hy is in jou storm saam met jou. Ten spyte van
die storm om jou kan jy steeds oorwinning in jou hart hê. Die Heilige Gees lei jou in
gees en in waarheid. As jy byvoorbeeld ‘n dokter is wat ‘n moeilike operasie moet
doen, raadpleeg jou Raadgewer en Geneesheer. As jy ‘n nood verpleegkundige is
en sit met ‘n lewensgevaarlike situasie, raadpleeg jou Vriend die Heilige Gees. As jy
‘n beroeps-verandering oorweeg, raadpleeg jou advokaat. As jy moedeloos en
verlore voel, raadpleeg jou vertrooster. Al hierdie name en meer word toegeken aan
die Heilige Gees as jou helper. Jy is nooit alleen nie.

As die Heilige Gees as die altyd teenwoordige Parakleet een keer in jou hart kom en
daar bly, sal dit vir ewig alle vrees verdryf. Hoe kan ons bang wees in die aangesig
van enige gevaar, as hierdie Goddelike Een by ons is om ons raad te gee en ons
kant te kies? Daar mag 'n tierende menigte om ons wees, of 'n dreigende storm, dit
maak nie saak nie. Hy staan tussen ons in beide die menigte en in die storm.

‘n Prediker getuig: “Op 'n aand het ek belowe om vier myl na 'n vriend se huis te loop
na 'n aand sessie van 'n konferensie. Toe ek vertrek na my vriend se huis, het 'n
donderstorm opgekom. Ek het nie daarop gereken nie, maar omdat ek belowe het,
het ek gevoel dat ek moet gaan. Die pad het langs die rand van die meer
verbygeloop, dikwels was die water naby die rand van die pad, soms was die
watervlak vêr van die pad. Die nag was so donker met die wolke dat jy nie vooruit
kon sien nie. Af en toe sou daar 'n verblindende flits van bliksem strale wees waarin
jy kon sien waar die pad weggespoel is, en dan sou dit swarter as ooit wees.

Jy kon die meer onder hoor dreun. Dit het gelyk asof dit 'n gevaarlike plek was om te
wees, maar juis daardie week het ek gepraat oor die Persoonlikheid van die Heilige

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 17
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

Gees en oor die Heilige Gees as 'n altyd teenwoordige Vriend, en die gedagte het by
my opgekom, "Wat het jy die mense in die toespraak vertel oor die Heilige Gees as
'n altyd teenwoordige Vriend?" En toe sê ek vir myself, "Tussen my en die kokende
meer en die rand van die pad loop die Heilige Gees," en ek het onverskrokke bly
aanstap.”

‘n Sekere jong dame die een middag by een van ons byeenkomste ingestap. Sy het
'n abnormale vrees gehad vir die donker. Dit was absoluut onmoontlik vir haar om
alleen in 'n donker kamer in te gaan. Toe sy die waarde van haar altyd teenwoordige
Vriend besef het sy haar oorwinning gevat. Sy het later vertel: “Daardie eerste nag
na ek die doping met die Heilige Gees ontvang het was my proeflopie. Die gedagte
van laat ons sien of dit werklik is het deur my gedagte geflits.

Toe kom die gedagte: “Gaan na die boonste verdieping van die huis en sluit jouself
alleen in 'n donker kamer toe." Sy het onmiddellik opgespring, die trappe op
gehardloop, 'n kamer ingegaan wat heeltemal donker was, die deur toegemaak en
gaan sit. Alle vrees was weg, en soos sy dit die volgende dag beskryf het, het dit
gelyk asof die hele kamer gevul was met 'n wonderlike heerlikheid van die
teenwoordigheid van die Heilige Gees.”

Wanneer kinders in die nag vrees beangst wakker word en skreeu. Druk die ouers ‘n
teddiebeer of een of ander opgestopte speelding in die kind se hand en sê “Jy is nie
alleen nie teddie of woefie is by jou en sal jou beskerm. Ma of pa gaan klim in die
bed en slaap rustig verder, terwyl die kind bevrees en soms vir ure aan iets wat geen
waarde het nie vasklou. Leer eerder die kinders van die altyd teenwoordige Heilige
Gees wat nie net eensaamheid of slaaploosheid verdryf nie maar ook vrees verdryf.

Een van die kwaliteite van die Heilige Gees as die Parakleet, Hy is ook 'n
geneesmiddel vir slaaploosheid.

Ek het vir jare ‘n probleem met slaaploosheid gehad, om die waarheid te sê dit is
steeds van tyd tot tyd ‘n probleem. Met so min as drie ure slaap moes ek ‘n dag
aanpak waar ek vir soms vir dertien ure ‘n dag op die pad was. Dan het ‘n vrag
administratiewe verpligtinge vir my lê en wag as ek by die huis kom. Ek was absoluut
uitgeput en wil net slaap. Die oomblik as my kop kussing vat is ek wakker asof ek vir
agt ure geslaap het. Ek kon nie slaap nie; Dit het gevoel asof ek van my kop af kan
raak. Met die hulp van die Heilige Gees het ek uiteindelik oorwinning gekry en vir
jare het ek sonder die aanduiding van probleme met slaaploosheid aangegaan.

Ek het ook agtergekom dat wanneer ek so besig raak dat daar nie tyd is vir rus nie
die slaaploosheid seëvier. In daar die besige tye het ek skaars tyd gehad om met
God te spandeer, wat nog van ‘n verhouding met Hom te hê. Die einde van die saak
was dat ek so vêr afgedwaal het dat ek letterlik op my knië terug moes kruip na die
Here toe. Deur daardie donker dae was ek erg geteister met slaaploosheid. Intussen
het my lewens patroon baie verander.

Ek het my oorwinning gekry en vir jare nie ‘n slaaploosheid probleem gehad nie. Een

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 18
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

aand gaan lê ek met die verwagting om binne 'n oomblik aan die slaap te raak soos
gewoonlik die geval is. My kop het skaars die kussing geraak toe besef ek dat
slaaploosheid weer terug was. As mens dit een keer ervaar het, vergeet jy dit nooit
en verwar jy dit nie met iets anders nie.

Intussen het ek geleer dat jy nie leer om met ‘n probleem te “cope” nie, jy neem
outoriteit. Jy neem stappe om dit wat ‘n probleem is tot jou voordeel aan te wend. Dit
is maar een van die baie voordele wat hierdie reeks oor die Heilige Gees ons bied.

Die Heilige Gees as 'n altyd teenwoordige Vriend, bied ook die oplossing vir
slaaploosheid. As jy sukkel kyk op en sê: "Kosbare Geseënde Gees van God, U is
hier."

Ek is nie alleen nie. As U iets het om vir my te sê, ek luister," en Hy het begin om vir
my van die diep en kosbare dinge oor my Here en Verlosser oop te maak. Hy het
waarhede en kosbare skatte in Sy Woord oopgebreek, dinge wat my siel met
vreugde en rus gevul het, en die volgende oomblik het ek geslaap en die volgende
oomblik was dit oggend. Dus, telkens wanneer slaaploosheid my pad gekruis het,
het ek eenvoudig onthou dat die Heilige Gees daar was en ek het na Hom opgekyk
om met my te praat en my te leer, en Hy het dit gedoen en die slaaploosheid het
gewyk. Ons het sedertdien bykans elke nag wonderlike sessies saam wat oor breë
spektrums uitbrei. Dit behels drome, visioene die bepeinsing van Skrifte wat ek
bestudeer het tot gebed vir almal wat ek ken, almal wat my naam ken, en ander
onbekend. Mense wat vir my bid, mense vir wie ek bid ensovoorts. Daar is mos geen
beperkinge in die geestes dimensie nie.

Die Heilige Gees as die Parakleet is ook 'n geneesmiddel vir 'n gebreekte hart.
Hoeveel seer en gebreekte harte is daar in hierdie wêreld van ons, so vol van dood
en skeiding van diegene wat ons die meeste liefhet. Hoeveel vroue is daar, wat 'n
paar jaar gelede, of 'n paar maande of 'n paar weke gelede, geen sorg, geen
bekommernis gehad het nie, want langs haar was 'n Christelike toegewyde man wat
sterk in die Here gestaan het dat sy alle verantwoordelikheid aan hom kon oorlaat.
Dat hulle saam deur die lewe stap en tevrede is met mekaar se liefde en geselskap.
Maar op 'n afgryslike dag is hy van haar weggeneem.

Sy is alleen gelaat en al die sorge en verantwoordelikhede het op haar gerus. Hoe


leeg is daardie hart sedertdien; hoe leeg is die hele wêreld. Sy het met 'n seer en
byna gebreekte hart deur haar lewe en pligte gesukkel so goed as wat sy kan. Maar
as sy dit net sou weet, daar is Een wyser en liefdevoller as die teerste man. Een wat
bereid is om al die sorge en verantwoordelikhede van die lewe saam met haar dra.
Een as sy Hom net sou toelaat, wat in staat is om elke hoekie en gaatjie van haar
leë en pynende hart te vul; daardie Een is die Parakleet.

Een dag het ‘n weduwee my genader en gesê: “Dit is die herdenking van my geliefde
man se dood. Vandag presies een jaar gelede is hy van my weggeneem. Kan jy vir
my sê dat ek nooit weer eensaam sal wees nie." Jare later het ek haar in die strate
van Danville raakgeloop, sy het opgewonde op my afgestorm en die eerste ding wat

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 19
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

sy gesê het was: "Vandat jy vir my gebid het vir die doping met die Heilige Gees, is
Hy sedertdien met my, Hy bevredig my en vul my hart. Ek voel nooit meer alleen
nie."

Maar dit is in ons werksplek, asook in ons dienswerk vir ons Meester dat die Heilige
Gees as die Parakleet die grootste hulpvaardigheid selfs in die eenvoudigste vorm
bied. Ek het op ‘n sendingstasie buite Pretoria gaan uithelp vir ‘n paar maande.
Hulle het met haweloses, dwelm en drankverslaafdes gewerk. Ek het op die perseel
geslaap en is telkemale genader met die aller snaakste en byna nietigste versoeke.
Een dag kom ‘n vrou by my en kla dat iemand haar bril gesteel het. Rustig en kalm
sê ek moenie bekommerd wees nie ons sal hom kry. So gaan ek rustig voort om
mense te bedien en vergeet van die bril.

Later die middag stap ek na my tent toe en steek vas by die hoek van die tent.
Sonder huiwering buk ek en lig die tentflap op en daar lê die bril. Skaars twee dae
later kom sê sy weer haar bril is weg. Ek stuur haar kalm weg en sê ons sal hom kry.
Daar vergeet ek weer van die bril, later die middag dwaal ek so rustig tussen die
tente en kamers deur toe ek skielik vassteek. Ek reik uit onder ‘n struik en daar lê die
bril. Met aand ete waarsku ek die mense dat die Heilige Gees nie sluimer of slaap
nie. Die bril dief het nooit weer probeer om haar ‘n streep te trek nie. Die woord
versprei vinnig onder die mense en toe ek my oë uitvee het ek ‘n volgeling van
mense. Die Heilige Gees openbaar dinge, wys jou dinge. Hy lei jou na mense toe
wat hulp nodig het. Hy lei jou na spesifieke mense toe wat jy nie eers geweet het
bestaan nie. Hy lei jou na plekke, dorpe en stede waar jy soms wonder “wat maak ek
hier”. So kan ek menige getuienisse aanhaal waar die Heilige Gees die een was wat
menige vreugdevolle beide groot en klein werke in my lewe laat plaasvind het.

Geen taak wat ons in gehoorsaamheid verrig is groot of klein nie. Alles is van
belang, miskien nie vir jouself nie maar wel vir die persone aan die ontvang kant van
daardie salwing. Ons loop almal met ‘n vleeslike las en jy voel waarskynlik as
gevolg van jou temperament nie geskik vir jou rol in die bediening van die Evangelie
nie. Jy mag buitengewoon skugter en verleë wees. Jy is dalk onseker of bang om
met mense te praat. Onthou jy is nie alleen nie, waar jy gaan daar is jou Helper die
Heilige Gees.

Ek onthou voordat ek nog enigsins enige iets van die Heilige Gees geleer het vra
iemand my eendag iets wat in die Bybel staan. Ek was ‘n roekie met letterlik geen
kennis van die Bybel nie. Ek maak my mond oop om te sê ek het nie die antwoorde
nie, toe ek daar afhaak met ‘n 20 minute les oor die onderwerp. Ek haal Skrifte aan
wat ek nog nooit gelees het nie. Ek praat soos ‘n goed gesoute leraar en wel beleerd
in die Skrifte. Ek was so verstom oor wat uit my mond gekom het. Van ons groep se
seniors vergader om ons en luister met verbasing. Toe my mond toegaan verdwyn
ek met ‘n gedagte van “Wat het nou gebeur?”. Dit was die Heilige Gees. Maak nie
saak wat jou opinie van jouself is nie. Die Heilige Gees gaan waar jy gaan, jy gaan
waar die Heilige Gees jou lei om te gaan.

Daar is avonture saam met die Heilige Gees waarvan ek kan getuig, sommiges

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 20
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

aangenaam ander minder aangenaam maar niks sleg nie. Laat Hom toe om jou te
help, dit is hoekom Hy gestuur is, laat Hom toe om te doen wat Hy moet doen. Jy is
die instrument en Hy lei en leer jou.

Met my eerste preek was ek so benoud as kan kom. Is dit die regte boodskap, sal
die mense dit vat, wat gaan ek maak as hulle my met stoele begin gooi, om dit nou
ligtelik te stel. Toe besef ek die Heilige Gees het die Woord gegee, Hy sal my help
met die boodskap. As die mense dit nie vat nie is dit nie my besigheid nie ek is net ‘n
boodskapper. Die Heilige Gees moet werk in die harte van mense, hulle voorberei
en ontvanklik maak vir dit wat Hy met hulle wil deel. Beteken dit ek is net ‘n stok
mannetjie wat opdragte uitvoer? Beslis nie, ons is geskape om God te verheerlik; om
Sy Boodskap uit te dra; jou rol is belangrik en lewensverandering maar onthou altyd,
al die eer gaan aan die Here.

Ek het baie moeilike tye in my bediening ervaar. Maar die blye dag het gekom toe ek
die Heilige Gees as die Parakleet leer ken het. Wanneer ek opstaan om te preek, is
daar Iemand anders aan my sy, dat terwyl die gehoor my sien, God Hom sien, en
dat die verantwoordelikheid heeltemal op Hom rus, en dat Hy ten volle in staat is om
daaraan te voldoen en daarvoor te sorg. Al wat ek moet doen, is om so vêr moontlik
buite sig te wees en Hom toelaat om die werk te doen.

Ek het geen vrees en deel met groot vreugde die boodskap wat ek moet oordra, of
dit nou een-tot-een of groot groepe is. Die suksesverhaal kom om te praat en besef
dat Hy daar is, dat al die verantwoordelikheid op Hom rus, daardie vreugde vul my
hart dat ek skaars myself kan inhou om te skree jubel en juig en as ek nog kan
spring sal ek dit ook doen. Hy is net so gereed om ons te help in al ons werk, ja selfs
ook in jou sekulêre werk; in ons Sondagskool klasse; in ons persoonlike lewe en in
elke ander aspek van ons vele pogings en dade. Baie mense huiwer om met ander
te praat oor die aanvaarding van Christus.

Hulle is bang dat hulle nie die regte dinge sal sê nie; hulle vrees dat hulle meer
skade as goed sal doen. Jy sal sekerlik skade doen as jy dit doen, maar as jy net glo
in die Parakleet en Hom vertrou om dit te sê en om dit op Sy manier te sê, sal jy
nooit skade doen nie, maar altyd goed. Dit mag op daardie oomblik voorkom asof jy
niks bereik het nie, maar dalk sal jy jare later uitvind dat jy baie bereik het en selfs as
jy dit nie in hierdie wêreld uitvind nie, sal jy dit in die ewigheid ontdek.

Ek onthou ons was in Durban waar ek ‘n ou omie gesetel in sy geloof en gewoontes


van die Here vertel het. Vyftien jaar later storm ‘n vrou uit ‘n winkel in Mountain View
eendag op my af en gryp my vas. “Ek het so gebid dat ek jou moet raakloop. My pa
het my laat belowe voor sy dood, dat ek jou sal soek totdat ek jou kry, en hier staan
jy. Hy het gesê ek moet vir jou dankie sê dat jy Hom van die Here vertel het.” Sy
moes my geheue verfris want ek kon dit nie eers onthou nie. Al wat ons moet doen is
om op te daag. Op die regte tyd op die regte oomblik en wonderwerke vind plaas
onder die leiding van die kosbare Heilige Gees.

Getuienisse is nie daar om eer van God te vat nie maar eerder eer aan God te gee

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 21
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 5
DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR

vir dit wat Hy in ons lewens bring. Wonderlike bonatuurlike ervaringe, bonatuurlike
openbarings wat ek vir niks in die lewe sal verruil nie.

Daar is baie maniere waarop die Heilige Gees by ons staan en ons help. Ons sal
breedvoerig daarna kyk wanneer ons Sy werk bestudeer. Hy staan by ons as ons bid
[Rom. 8:26, 27]; wanneer ons die Woord bestudeer [Joh. 14:26; 15:12-14]; wanneer ons
persoonlike werk doen [Hand. 8:29]; wanneer ons preek of onderrig gee [1 Kor. 2:4];
wanneer ons versoek word [Rom. 8:2]; wanneer ons hierdie wêreld verlaat [Hand. 7:54-60].
Laat ons vashou aan die feit, vir nou en vir altyd dat die Heilige Gees Een is wat
geroep is om aan ons kant te wees en ons saam groot avonture en oorwinnings kan
deel.

ONTHOU DIE HEILIGE GEES IS JOU


"ALTYD TEENWOORDIG GETROUE VRIEND, EN ALTYD NABY OM HULP TE VERLEEN."

Einde van Les 5

“Die genade, guns en geestelike seën van die Here Jesus Christus en die liefde van
God en die gemeenskap en deelname van die Heilige Gees sy met julle almal!”
Amen. [2 Kor. 13:14].

Divine Healing Training – Whatsapp https://chat.whatsapp.com/BPq646dAcAILxdM0USasD3

Divine Healing Training – Telegram - Goed wat reeds geplaas is.


https://t.me/+W51dmxMeL4UYY35E

Divine Healing Counsellors - South Africa – Telegram – Slegs vir beraders, wat kans sien om mense
te besoek en bedien in jou area. https://t.me/+kF_B8entLsplYjM0

Slegs verwante Chats, asseblief respekteer mekaar.

Bronne wat oor die algemeen in hierdie lesse gebruik word: Afrikaanse Ou Vertaling 1933/53, Amplified Classic 1954, King
James met Appokriewe 1769, King James 1769, Wuest Expanded Translation, Torah, Urim-Thummim, King James Pure
Cambridge, American Standard Version 1901 en eSword van Rick Meyers.

HG LES 5 - DIE PERSOON EN WERK VAN DIE HEILIGE GEES SOOS IN SY NAME GEOPENBAAR 22

You might also like