You are on page 1of 11

DIVINE HEALING TRAINING

HEILIGE GEES – LES 9


DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

Onderwerpe:

1. Die Heilige Gees as Persoon


2. Die Goddelikheid van die Heilige Gees
3. Onderskeid tussen die Heilige Gees, die Vader en die Seun
4. Die Ondergeskiktheid van die Heilige Gees aan die Vader en aan die Seun
5. Die Persoon en Werk van die Heilige Gees soos in Sy Name geopenbaar
6. Die Werk van die Heilige Gees in die Natuurlike Dimensie / Wêreld
7. Die Heilige Gees Oortuig die Wêreld van Sonde, Geregtigheid en van
Oordeel
8. Die Heilige Gees se Gedrag, Optrede en Gesindheid Getuig van Jesus
Christus
9. Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees

HEILIGE GEES - LES 9

DIE VERNUWINGS / HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

Die apostel Paulus skryf in Titus 3:5: "Nie op grond van werke van geregtigheid wat
ons gedoen het nie, maar na sy ontferming het Hy ons gered deur die bad van die
wedergeboorte en die vernuwing van die Heilige Gees." In hierdie woorde word ons
geleer dat die Heilige Gees mense vernuwe, of mense nuut maak, en dat ons deur
hierdie herskeping van die Heilige Gees gered word. Jesus het dieselfde geleer in
Johannes 3:3-5:"

Jesus antwoord hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as 'n mens nie van bo af
wedergebore, geestelik getransformeer, vernuwe, geheilig word nie kan hulle nooit
die koninkryk van God sien of daarin kom nie. [Esegiël 36:25-27]
Nikodemus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens gebore word as hy oud is? Kan hy weer in
sy moeder se skoot ingaan en gebore word?
Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as 'n mens nie uit water en die
Gees gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien of daarin kom nie.

Esegiël 36:25 tot 27 praat van die besprinkeling van skoon water oor jou sodat jy
skoon kan wees. Hierdie besprinkeling of was sou plaasvind toe die Here Israel hulle
eie land gegee het, Hy het belowe om hulle te was met water. Hierdie skoon water
sou hulle gereinig, skoon gemaak, gewas het van alle vuilheid en van hulle afgode
diens.

Wow hoe wonderlik is dit. Dit is presies wat gebeur wanneer jy gered word. Hierdie
herskepping is die oordrag van lewe, geestelike lewe, aan diegene wat geestelik
dood was, as gevolg van hul oortredings en sondes. (Efesiërs 2:1).

Ek sê gereeld ons het die volheid van die Godheid in ons. Laat ek net uitbrei want ek

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 1


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

herhaal hierdie stelling oor en oor.

By wedergeboorte kry ek ‘n nuwe hart, nie ‘n net ‘n verbeterde hart nie, maar ‘n nuut
geskepte en skoon hart. Hierdie nuwe hart verwys na my nuut geskepte gees. Die
woord gees “ruach” in Hebreërs beteken wind, asem, lug en lewe, om God se
waardes, oordeel en verordinge te kan onderhou en doen. Die woord oordeel sê
basies om te kan onderskei tussen goed en kwaad en die verkeerde te veroordeel
en verteer en die goeie aan te hang. [Exo 12:24, Exo 12:43; Exo 30:21. Heb 9:1]

By wedergeboorte word die huis, die tempel skoon gemaak. Hierdie reinigings
proses vind plaas deur die Bloed van Jesus, jy het dan ‘n keuse om jou huis skoon
te hou of nie. Omdat my gees herskep is het ek ‘n beperkte mate van outoriteit in die
geestes dimensie maar genoeg om lae graad demone weg te hou, as ek dit so kan
stel. Onthou as jy pas weergebore is, is jy ‘n geestelike baba. Jy moet groei en
ontwikkel. Soos jy groei en ontwikkel raak jy vertroud met wat om jou aangaan en
hoe om dit te hanteer. Die Here sal nooit toelaat dat iets oor jou pad kom as jy nie
volwasse genoeg is om dit te hanteer nie. Maar jy kan ook nie vir altyd ‘n geestelike
baba bly nie.

Met die doping met die Heilige Gees word die volheid van die Heilige Gees in ons
gees uitgestort. Dit is eers met die doping met die Heilige Gees dat die goddelike
vernietigende vuur van die Heilige Gees in ons uitgestort word en kragtige
vernietigende onuitblusbare vuur storms oor die satan en sy werke laat plaasvind.
Daarmee saam het dit dieselfde uitwerking oor sonde in ons eie lewe.

In ‘n neute dop: Die Vader, Seun en Heilige Gees was altyd daar. Die Heilige Gees
of die Gees van God het oor die aarde gesweef. Die Vader het ‘n Woord gespreek
en die Heilige Gees het die werk gedoen. Jesus het Sy deel gedoen deur aarde toe
te kom, en te sterf aan die kruis. Hel toe was om die finale geveg oor satan te oorwin
en opgevaar na die Vader. Jesus met die toestemming van die Vader stuur vir ons
die Heilige Gees en Hy is hier om ons te help. Met die doping met die Heilige Gees
word die volheid van die Godheid in ons gees uit gestort, daarom is die volheid van
Godheid, dit wil sê die Wil van die Vader, die Wil van die Seun en die Wil van die
Heilige Gees as ‘n eenheid, in die vorm van die Heilige Gees een honderd persent
dag en nag in ons. Altyd teenwoordig gereed en gewillig om Jesus te verheerlik en
die Vader te vereer, en jou te leer en lei in Gees en in waarheid. Onder geen
omstandighede kan en mag ek nie verklaar dat ek ‘n “god” is nie, daar is net een
God. God is God oor Sy koninkryk ek is bloot ‘n prins of prinses, ‘n konings kind in
God se koninkryk.

Deur Genade en deur Geloof het Hy jou en my lewend gemaak, ons gered toe ons
geestelik dood was en gedoop met die Heilige Gees. Hiermee saam is ons
geestelike stand van sake herstel soos wat dit was in die dae van Adam. Ons het
deur middel van die hulp van die Heilige Gees dieselfde vermoë, onderskeiding en
geestelike outoriteit wat Adam gehad het voor die sondeval. Omdat die Heilige Gees
altyd teenwoordig is in ons as gevolg van die doping met die Heilige Gees. Is ons as
instrumente in Sy Hande in staat om met Sy hulp genesing te laat plaasvind. Ons

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 2


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

kan byvoorbeeld bid vir mense wat gebore word sonder arms, bene, blindheid,
doofheid en allerhande siektes vir genesing omdat ons afhanklik is van die Heilige
Gees. Trots is ‘n euwel en geen genesing sal plaasvind nie. Net die Heilige Gees
kan dit bewerkstellig. Dit is in die eerste plek ‘n innerlike herlewing wat behoort uit te
brei na die uiterlike. Ons het ‘n Goddelike Herlewing nodig, wat lande stop om oorlog
te maak, dit breek die mag van satan en herlewing laat die grootste God haters snik
soos babas. Herlewing in ons eie lewe is nie genoeg nie, ons moet soek na die
Herlewing van die Heilige Gees, wat goddelose leiers op hulle knieë bring in berou,
en mense wat godvresend hulle mense sal lei soos die Heilige Gees hulle lei.

Dit is die Heilige Gees wat hierdie lewe oordra. Dit is waar dat die geskrewe Woord
die instrument is wat die Heilige Gees gebruik in Sy vernuwings werk. Ons lees in 1
Petrus 1:23 onder meer : "Julle is opnuut gebore, nie uit 'n verganklike, maar uit 'n
onverganklike saad, deur die lewende en blywende Woord van God."

Jesus sê in Johannes 6:63 Dit is die Gees die Heilige Gees wat lewe gee; die vlees
is van geen waarde of voordeel nie.

Daar is 'n gunstige verdraaiing van die Skrif vir dié wat nie daarvan hou om die Bybel
te vat soos dit sê nie en op soek is na 'n gerieflike uitweg. Trouens, iemand wat die
briewe van Paulus noukeurig bestudeer, sal vind dat hy self 'n letterlike uitlegger van
die letterlike uitleggers was.

Paulus sal 'n argument opbou rondom 'n woord, 'n getal of 'n tydvorm. Wat beteken
die gedeelte? Die beste manier om uit te vind wat enige gedeelte beteken, is om die
woorde wat gebruik word, in hul konteks te bestudeer. Paulus trek 'n kontras tussen
die Woord van God buite ons, geskryf met ink op papier, en die Woord van God wat
binne-in ons geskryf is, in tafels met harte van vlees, deur die Gees van die lewende
God. Hy vertel ons dat as ons slegs die Woord van God buite ons het in 'n Boek of
op perkament of op steen tafels, dit ons sal doodmaak, dit sal slegs veroordeling en
dood bring, maar as ons die Woord van God 'n lewende werklikheid in ons harte het,
geskryf op ons harte deur die Gees van die lewende God, dat dit ons lewe sal bring.

Die bediening van 'n baie ortodokse prediker en leraar is 'n bediening van die dood.
Dit is waar dat die Woord van die Evangelie gepreek word, met verleidende woorde
van menslike wysheid en nie in die Skriftuurlike bewyse van die Heilige Gees nie.
Ons biblioteke en die internet sal ons nie red nie, maar die waarheid van die Bybel,
geskryf deur die Gees van die lewende God in ons harte, sal ons red.

Om die saak van wedergeboorte op 'n ander manier te stel: wedergeboorte is die
oordrag van 'n nuwe natuur, God se eie aard en karakter eienskappe, aan die een
wat weer gebore is.

2 Pet. 1:4 sê: "Want daardeur het Hy aan ons die groot en kosbare beloftes
geskenk, sodat julle daardeur deelgenote van die goddelike natuur kan word nadat
julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 3


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

God het aan ons die grootste en kosbaarste beloftes geskenk, sodat ons deelgenote
van Sy goddelike natuur kan word, nadat ons die verdorwe begeerlikheid ontvlug het
wat in die wêreld is. God bring skeiding in my lewe deur wedergeboorte nadat ek
Hom aangeneem het en die bederf wat deur die begeerlikheid in die wêreld is, die
geestelike dood verruil vir geestelike lewe.

Hierdie "werke van die vlees" sluit in:

1. Hoerery: Onwettige seksuele verhoudings en sluit verleidende gedrag en


kleredrag in.
2. Onreinheid: Onetiese of onreine gedrag.
3. Losbandigheid: Totale onverantwoordelikheid en gebrek aan selfbeheersing in die
lewe.
4. Afgodery: Die verheerliking van valse gode of die aanbidding van iets anders as
die ware God.
5. Towery: Bose praktyke wat die krag van God naboots of verkeerd gebruik.
6. Vyandskap: Haat en vyandigheid teenoor ander mense.
7. Twis: Onenigheid en konflik.
8. Jaloersheid: Ongunstige begeerte en naywer.
9. Uitbarstings van toorn: Onbeheerste woede-uitbarstings.
10. Gekonkel: Planne maak om ander te benadeel.
11. Tweedrag: Verdeeldheid en opstokery.
12. Partyskappe: Struweling om mag of bevoordeel te word.
13. Afguns: Jaloersheid en afguns teenoor ander.
14. Dronkenskap: Oorbodige drankgebruik en bedwelmende middels.
15. Losbandige gedrag: Onordelike en onverantwoordelike gedrag.
16. En soortgelyke dinge: Ander sondige dade wat nie spesifiek genoem word nie.

Hierdie dade is teenstrydig met die geestelike waardes en norme van God en
veroorsaak dat mense hul gevoelens en aansporings in die verkeerde rigting rig. Dit
is 'n oproep deur die leiding van die Heilige Gees tot bekering en om 'n lewe van
gehoorsaamheid aan God se wil te lei. Deur 'n verhouding met God en 'n
verandering van hart kan mense die vleeslike dade afsweer en 'n lewe van
geestelike vrugbaarheid en heiligmaking omhels.

As ek dit so kan beskryf is daar basies ten minste drie kategorië van sonde waarin
die Here ‘n afkeur het. Eerste is dit die sonde van ongeloof en ongehoorsaamheid
aan Hom. Tweedens die sonde van die begeerlikhede van die vlees en derde
afgodediens. Om met die vlees te deel is ‘n proses van groei wat verandering bring.
Waar ongehoorsaamheid en ongeloof amper instinktief is, dit alleen is genoegsame
rede om die Heilige Gees wat ons moet leer en lei vas te gryp en nie te laat los nie.
Aan die einde van die dag kom alles terug na die keuses wat ons maak.

Met 'n wil wat verdraai en gemik is daarop om homself te behaag, eerder as om God
te behaag plaas die mens homself in vyandskap teen God want dit onderwerp hom
nie aan die wet van God nie, omdat dit ook nie kan nie. Rom. 8:7 Dit is nie geneig om
gehoorsaamheid aan God te toon of om die geestelike beginsels van God te volg

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 4


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

nie.

Romeine 8:6 sê vir ons die denke van die vlees wat sensoriese en menslike
redenering sonder die Heilige Gees is die dood, die dood wat al die ellendes van
sonde, beide hier en hiernamaals, insluit. Maar die denke van die Heilige Gees is
lewe en siels-vrede nou en vir altyd.

Deur ons denke en verstand aan die leiding van die Heilige Gees te onderwerp, kan
ons ware geestelike lewe en vrede ervaar. Dit is 'n oproep aan gelowiges om hul
vertroue en afhanklikheid in die Heilige Gees te plaas, omdat dit die pad is na 'n lewe
van geestelike welstand en vrede, nou en vir altyd.

In 1Korintiërs 2:12-13 sê Paulus dat gelowiges die Gees van God ontvang het, nie
die gees van die wêreld nie. Die Heilige Gees is van God en het die taak om
gelowiges te laat besef en verstaan dat God genade aan hulle geskenk het. Hierdie
geestelike waarhede en gedagtes kan nie deur menslike wysheid geleer word nie,
maar dit word deur die Gees van God aan die gelowiges geopenbaar. Die Heilige
Gees help gelowiges om die geestelike waarhede te verstaan en hulle in geestelike
woorde te kommunikeer, sodat diegene wat deur die Gees gelei word, dit kan
begryp.

Dit bevestig die belangrikheid van die Heilige Gees in die gelowige se lewe en wys
die verskil uit tussen diegene wat die Heilige Gees het en diegene wat dit nie het nie,
en hoe dit hul vermoë om geestelike waarhede te verstaan beïnvloed.

In Gal. 5:22, 23 beskryf Paulus die vrug van die Gees, Hierdie geestelike vrugte is in
ooreenstemming met die wil van God en is 'n uiting van 'n geestelik vervulde lewe.
Paulus sê dat daar teen sulke positiewe en goddelike geestelike kenmerke geen wet
is nie, omdat dit nie deur die Wet belemmer of veroordeel kan word nie. Inteendeel,
dit is die resultaat van die transformasie deur die Heilige Gees, wat die gelowiges
help om meer soos Christus te wees en 'n positiewe invloed op die wêreld om hulle
te hê.

Die vrug van die Gees is:

1. Liefde - 'n Onselfsugtige sorg en omgee vir ander mense.


2. Blydskap - 'n Diep innerlike vreugde en vrede wat nie afhang van omstandighede
nie.
3. Vrede - 'n Innerlike gemoedsrus en vrede, selfs te midde van die lewe se
uitdagings.
4. Lankmoedigheid - 'n Geduldige houding nie net in die vermoë om te wag nie,
maar ook hoe ons optree en reageer terwyl ons wag.
5. Vriendelikheid - 'n Sagte en vriendelike benadering in ons interaksies met ander.
6. Goedheid - 'n Handelwyse van integriteit, eerlikheid, en om goedheid te bewys
aan ander.
7. Getrouheid - 'n Standvastige en betroubare karakter, lojaal aan God en mense.
8. Sagmoedigheid - 'n Nederige houding en vermoë om saggies met ander op te

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 5


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

tree.
9. Selfbeheersing - Die beheersing van die eie drange en begeertes, en die vermoë
om selfbeheersing te toon in ons optrede en gedrag.

Hierdie wil van die mens moet wees soos dié van Jesus, wat gesê het: "My voedsel
is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring."
Johannes 4:34 Hierdie vers sê dat Jesus se grootste vreugde was om te doen wat
sy Vader Hom gestuur het om te doen. Ons sien dieselfde idee in Johannes 6:38 -
"Want Ek het van die hemel af neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil
van Hom wat My gestuur het." En Galasiërs 1:10 sê "Dink ek dit is nodig om mense
te behaag? As ek nog mense wou behaag, sou ek nie 'n dienskneg van Christus
wees nie."

Hierdie verse beklemtoon die belangrikheid van 'n wil wat gehoorsaam is aan God
en bereid is om Sy Wil uit te voer, selfs bo persoonlike begeertes of die goedkeuring
van mense. Dit is 'n houding van oorgawe en toewyding aan God, en dit stel ons in
staat om in eenheid met Hom te leef en 'n vervulde lewe te lei in Sy plan en doel vir
ons.

In Johannes 4:34 praat Jesus met sy dissipels na 'n ontmoeting met die Vrou van
Samaria by die put. Hy sê vir hulle: "My voedsel is om die wil te doen van Hom wat
My gestuur het en om sy werk volledig af te handel." Hierdie uitspraak weerspieël
Jesus se diepe toewyding om die sending wat Hy van God die Vader ontvang het, te
vervul.

Die konteks van hierdie vers is belangrik om beter te verstaan. Jesus het by Jakob
se put 'n gesprek met die Samaritaanse vrou gehad, waar Hy hom aan haar bekend
gemaak het as die Messias. Hierdie interaksie was van groot belang omdat dit
sosiale norme en kulturele grense uitgedaag het, aangesien Jode en Samaritane
gewoonlik nie met mekaar geassosieer het nie.

Wanneer Jesus praat oor sy "voedsel," gebruik Hy dit as 'n metafoor om die voeding
en bevrediging wat Hy put uit die doen van God se wil te beklemtoon. Net soos
fisiese voedsel die liggaam onderhou, vind Jesus geestelike voeding en vervulling in
gehoorsaamheid aan sy Vader se plan en die voltooiing van die werk wat aan Hom
toevertrou is.

Jesus beklemtoon sy volkome toewyding aan God se doel met sy lewe. Dit dien as 'n
voorbeeld vir ons om God se Wil bo ons eie begeertes te plaas en bevrediging en
doel te vind in die getroue uitvoering van die take wat God aan ons gegee het.

In essensie versterk Jesus se uitspraak die belangrikheid om ons wil in lyn te bring
met God se Wil en ons ware voeding en vervulling te vind in die troue diens van
Hom.

In 1 Korintiërs 2:4-5 sê Paulus: "En my boodskap en my prediking was nie met


oorredende woorde van menslike wysheid deur gebruik te maak van vernuftige

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 6


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

vermoë nie, maar dit is oorgedra in demonstrasie van die Heilige Gees wat deur my
werk en van Sy krag wat die gedagtes van die luisteraars in beroering bring en hulle
oortuig, sodat julle geloof nie sou berus op die wysheid en vermoë van mense nie,
maar op die krag van God."

Paulus beklemtoon dan in vers 5 dat dit die doel was dat die geloof van die mense
nie op menslike wysheid of oorreding sou berus nie, maar op die krag van God. Hy
wil hê dat hulle nie net deur menslike slimmigheid oortuig sal word nie, maar dat
hulle geloof gewortel moet wees in die kragtige werk van God.

Dit herinner ons daaraan dat die krag van die Heilige Gees en die demonstrasie van
God se krag 'n kritieke rol speel in die verkondiging van die evangelie en die
versterking van geloof. Dit is nie net deur menslike wysheid en dat mense oortuig
kan word nie, maar deur die krag van God wat in ons werk en in die harte van
diegene wat luister. As ons ons geloof wil versterk en ander mense tot geloof wil lei,
moet ons afhanklik wees van die leiding en krag van die Heilige Gees.

Die Geloof en Voorbeeld van die Tessalonisense in 1 Tessalonisense 1:5 sê: "Want
ons evangelie aangaande die redding het nie net in woorde na julle gekom nie, maar
ook in Sy inherente krag en die Heilige Gees en met groot oortuiging aan ons kant.
Julle weet watter soort mense ons onder julle was vir julle voordeel."

Dit beteken dat die evangelie nie net 'n leë boodskap is nie, maar 'n kragtige en
lewendige boodskap wat 'n impak het op die harte en lewens van mense. Die krag
van God werk deur die evangelie om harte te verander, sondes te vergewe, en 'n
nuwe lewe in Christus te gee.

Die Heilige Gees is die Een wat die evangelie bekragtig en mense tot bekering lei.
Dit is deur die Heilige Gees se werking dat mense die waarheid van die evangelie
besef en 'n diep oortuiging van die waarheid ontvang.

Die nuwe geboorte word in die Bybel vergelyk met die groei van 'n saad. Die
menslike hart is die grond, die Woord van God is die saad. (Lukas 8:11; vgl. 1 Petrus 1:23;
Jakobus 1:18; 1 Korintiërs 4:15) Elke prediker, leraar of getuie van die Woord is 'n saaier, maar
die Gees van God is die Een wat die saad laat lewendig word en die goddelike
natuur ontstaan as gevolg daarvan. Daar is oorvloedige grond of menslike harte
rondom ons, waarin die saad gesaai kan word. Daar is oorvloedige saad om gesaai
te word en enigeen van ons kan dit vind in die stoorkamers van God se Woord.
Daar is vandag baie saaiers en terwyl ons die saad saai, maak die Gees van God dit
lewend in die hart van die hoorder wat dit deur geloof aanneem. Sonder die
lewendmakende werk van die Heilige Gees sal daar geen oes wees nie. Elke saaier
moet sorg dat hy besef dat hy afhanklik is van die Heilige Gees om die saad wat hy
saai lewendig te maak. Hy moet ook sorg dat hy in so 'n verhouding met God is dat
die Heilige Gees deur hom kan werk en die saad wat hy saai lewendig kan maak.

Die Heilige Gees herskep die mens. Hy het die krag om die dood te oorwin. Hy het
die krag om diegene wat moreel gesproke dood en verrottend is lewe te gee. Hy het

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 7


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

die krag om 'n totaal nuwe karakter te gee aan diegene wie se karakter nou so
verdorwe is dat dit vir mense lyk asof daar geen hoop is nie. Hoe dikwels het ek dit
nie gesien nie. Hoe dikwels het ek gesien dat mans en vroue wat totaal verlore en
verdorwe was, in 'n byeenkoms ingekom het, skaars wetend waarom hulle daar is,
en terwyl hulle daar sit, is die Woord verkondig, en die Gees van God het die Woord
wat so gesaai is, lewendig gemaak in hulle harte, en in 'n oomblik het daardie man of
vrou, deur die oorweldigende oortuigende krag van die Heilige Gees, 'n nuwe
skepsel geword.

'n Getuie vertel:Ek het van 'n man van ongeveer 45 gehoor wat totaal verlore en
hopeloos was. Hy het in sy vroeë kinderjare op verkeerde paaie geloop. Hy het van
die huis weggeloop, het by die vloot en later die leër aangesluit, en aan al die
ondeugde deelgeneem. Hy was oneervol uit die leër ontslaan weens sy
buitensporige losbandigheid en wanorde. Hy het vriendskapsbande aangeknoop met
die allerlaagstes van die laagstes en die allerergstes van die ergstes. As hy in die
nag in die straat van 'n Weskus dorp geloop het, en almal sy geskreeu kon hoor,
dan het hulle met vrees haastig hul deure toegemaak.

Hierdie man het op 'n aand uit nuuskierigheid na 'n opwekkings byeenkoms in 'n
plaas kerk gegaan. Hy het dié aand met 'n vriend langs hom die spot gedryf met die
byeenkoms, maar die volgende aand het die Gees van God sy hart aangeraak. Hy
het na vore gekom en by die altaar gebuig. Hy het opgestaan as 'n nuwe skepsel. Hy
was verander in een van die edelste, waaragtigste, reinste, onselfsugtigste,
sagmoedigste en mees Christus-gelyke mens wat ek ooit geken het.

Soms kom die vraag op: "Glo jy in skielike bekering?" Ek glo in iets baie wonderliker
as skielike bekering. Ek glo in skielike vernuwing, ‘n skielike herskepping. Bekering
is bloot 'n uiterlike ding, die omkeer, ‘n terugdraai in die teenoorgestelde rigting.
Herskepping gaan af tot die diepste dieptes van die diepste siel en verander
gedagtes, gevoelens, wil, die hele innerlike mens. Ek glo in skielike vernuwing omdat
die Bybel dit leer en omdat ek dit al talle kere gesien het. Ek glo in skielike vernuwing
omdat ek dit self ervaar het en daagliks beleef. Ons word soms vertel dat "die
godsdiens van die toekoms nie skielike, wonderbaarlike bekering sal leer nie." Maar
as dit beteken dat dit nie skielike vernuwing sal leer nie, dan aanvaar ek dit nie. Die
Bybel leer skielike herskepping en ek beleef daagliks die resultate daarvan.

As die bybel van die huidige regering (ANC), Rusland of China nie van goddelike
herskepping praat nie kyk ek nie eers daarna nie. As die godsdiens van die toekoms
nie skielike, wonderbaarlike en goddelike verandering leer deur die krag van die
Heilige Gees nie, is dit dooie woord en die wonderbaarlike herskepping deur die krag
van die Heilige Gees leer nie, is dit nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Dit
sal een van die mees seker en mees bonatuurliks en glorieryke waarhede mis.

Mens bedagte godsdiens in die verlede het dikwels die waarheid gemis, en dit is
waarskynlik dat mens bedagte godsdiens in die toekoms dieselfde sal doen. Maar
die godsdiens wat God in Sy Woord geopenbaar het en die godsdiens wat God
bevestig in ervaring, leer skielike herskepping deur die openbarings krag van die

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 8


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

Heilige Gees. As ek nie in die vernuwings krag van die Heilige Gees sou glo nie, sou
ek ophou preek, daar sou eenvoudig geen nut in wees nie.

Voor jou sit dalk 'n man wat 'n dobbelaar is, of 'n dronkaard, of 'n losbandige
persoon. Dit mag dalk nie veel sin maak om vir hom te preek nie, maar jy kan nooit
seker wees nie; dalk is nou die tyd dat die Gees van God daardie man se hart
aanraak en hom verander in een van die heiligste en mees nuttige mense. Dit het
dikwels in die verlede gebeur en sal in die toekoms aanhou gebeur.

Voor jou sit 'n vrou wat dalk net 'n mode vlinder is. Sy lyk asof sy nie aan iets anders
dink as sosiale interaksie, genot en bewondering nie. Hoekom die evangelie met
haar deel? Sonder die herskeppings krag van die Heilige Gees sou dit dwaasheid
wees en 'n verspilling van tyd; maar jy kan nooit seker wees nie dalk is nou die tyd
wat die Gees van God in daardie verduisterde hart skyn en die oë van daardie vrou
oopmaak om die skoonheid van Jesus Christus te sien, en sy mag Hom ontvang, en
dadelik sal die lewe van God deur die krag van die Heilige Gees in daardie
onbeduidende siel geplant word.

Die herskeppings krag van die Heilige Gees is glorieryk, dit vee valse hoop weg. Jy
moet wedergebore word. Dit kom na die een wat staatmaak op bloot uiterlike
moraliteit en sê: "Uiterlike moraliteit is nie genoeg nie, jy moet wedergebore word."
Dit kom na die een wat staatmaak op die uiterlike godsdiens, om kerk toe te gaan,
die Bybel te lees, gebede te sê, bevestig te word, gedoop te word, die Nagmaal te
neem, en sê: "Die bloot uiterlikhede van godsdiens is nie genoeg nie, jy moet
wedergebore word."

Die herskeppings krag van die Heilige Gees wys ons dat dit nie net genoeg is om 'n
uiterlike vertoon van godsdiens te hê nie, maar dat ons harte en lewens deur die
Heilige Gees moet vernuwe en verander word. Dit vra om 'n diep innerlike
verandering en 'n nuwe geboorte in Christus.

Dit bevry ons van die waan idee dat ons onsself deur menslike pogings kan red of
dat dit genoeg kan wees deur bloot te strewe en op ons eie krag staatmaak. Dit wys
ons dat ons totaal afhanklik is van die krag van die Heilige Gees om ons harte te
verander en ons tot ware geloof en bekering te bring.

Dit is 'n leerstelling wat ons nederig maak en ons besef dat ons sonder die krag van
die Heilige Gees niks kan vermag nie. Dit herinner ons daaraan dat ons redding 'n
genadegawe van God is en dat ons nie onsself kan red of onsself regverdig kan
maak voor God nie. Ons het die werk van die Heilige Gees nodig om ons harte te
vernuwe en ons geloof in Christus te bewerkstellig.

Dit is 'n glorieryke leerstelling omdat dit die werk van God in ons lewens beklemtoon
en ons wys dat Hy die Een is wat ons van die duisternis na die lig bring en ons
verander in nuwe skepsels in Christus. Dit is 'n bron van hoop en vreugde, omdat
ons weet dat God getrou is om sy werk in ons voort te sit en ons tot volkome
volwassenheid in Christus te lei.

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 9


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

Dit kom na die een wat vertrou en 'n nuwe bladsy omdraai, op uiterlike hervorming,
om op te hou om gemeen te wees maar dit is nie genoeg nie. Jy moet wedergebore
word." Maar in plaas van die vae en oppervlakkige hoop wat dit wil wegvee, is daar
‘n greintjie hoop, ‘n nuwe hoop, ‘n goeie hoop, 'n geseënde hoop, 'n glorieryke hoop.
Dit sê: "Jy kan wedergebore word." Dit kom na die een wat geen begeerte het wat
hoër is as die begeerte vir dierlike, selfsugtige of wêreldse dinge nie, en sê: "Jy kan
deel wees van die Goddelike natuur, en die dinge liefhê wat God liefhet en die dinge
haat wat God haat. Jy kan soos Jesus Christus word. Jy kan weergebore word."

Hierdie waarheid bied 'n kragtige en bemoedigende boodskap aan ons almal. Dit sê
dat daar hoop is vir diegene wat geen hoop gehad het nie, dat daar 'n nuwe begin
kan wees vir diegene wat meen dat hulle verlore is. Die herskeppings krag, die
vernuwings krag van die Heilige Gees het die vermoë om harte te verander, en dit
het die vermoë om mense te maak in wie die begeerte na geestelike dinge opgewek
word, en die liefde en heiligheid van God begin weerspieël.

Dit is 'n bron van blydskap en vreugde, omdat dit ons wys dat daar 'n nuwe lewe in
Christus is, 'n lewe van verlossing en hoop. Dit bied 'n nuwe identiteit aan diegene
wat voorheen gebonde was aan sonde en selfsug, en dit stel ons in staat om te weet
dat ons nie vasgevang is in ons ou manier van lewe nie, maar dat ons deur die krag
van die Heilige Gees kan verander en vernuwe word. Dit is 'n herinnering dat God se
krag in staat is om die onmoontlike in ons lewens te bewerkstellig en dat ons, deur
Sy genade, 'n nuwe lewe en nuwe hoop kan hê.

Einde van Les 9.

1Korintiërs 2:14 sê vir ons dat die natuurlike ongelowige persoon nie die dinge, die lering en
openbarings van die Heilige Gees kan vat nie omdat dit dwaas, verregaande en nie logies vir so
persoon is nie. Juis daarom is so persoon magteloos en onbekwaam om te verstaan wat jy met hom
deel. Hulle kan nie die geestelike onderskei of waardeer nie en is onbevoeg om gesonde oordeel te
kan uitoefen oor geestelike aangeleenthede.

“Die genade, guns en geestelike seën van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die
gemeenskap en deelname van die Heilige Gees sy met julle almal!” Amen. [2 Kor. 13:14].

Joh 16:8-11 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde


en van geregtigheid en van oordeel:
• van sonde, omdat hulle in My nie glo nie;
• en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My
nie meer sal sien nie;
• en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld
geoordeel is.

Divine Healing Training – Whatsapp https://chat.whatsapp.com/BPq646dAcAILxdM0USasD3

Divine Healing Training – Telegram - Backup. https://t.me/+W51dmxMeL4UYY35E

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 10


DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES – LES 9
DIE HERSKEPPINGS WERK VAN DIE HEILIGE GEES

@Divine Healing - Forgotten Truths of the Bible - Master Collection https://t.me/+bSUZsGxIJZdiNDg0

[My eBook Backup https://t.me/+WEtL-pCKJnbye8NZ

Slegs verwante Chats, asseblief respekteer mekaar.

Bronne wat oor die algemeen in hierdie lesse gebruik word: Afrikaanse Ou Vertaling 1933/53, Amplified Classic 1954, King
James met Appokriewe 1769, King James 1769, Wuest Expanded Translation, Torah, Urim-Thummim, King James Pure
Cambridge, American Standard Version 1901, Bullinger Commentaries en eSword van Rick Meyers.

Die Herskeppings Werk van die Heilige Gees-Bladsy 11

You might also like