You are on page 1of 8

DIVINE HEALING TRAINING

HEILIGE GEES
GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2

Onderwerpe:

1. Die Heilige Gees as Persoon


2. Die Goddelikheid van die Heilige Gees

GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2


In ons vorige les het ons duidelik gesien dat die Heilige Gees 'n Persoon is. Maar is
Hy 'n eindige persoon of 'n oneindige persoon? Is Hy God? Hierdie vraag word ook
duidelik in die Bybel beantwoord. Ons vind ten minste vyf duidelike en beslissende
bewyse van die Godheid van die Heilige Gees, in die Ou en Nuwe Testamente.

As ‘n Boodskap van God aan ons Sy kinders, kan ons nie net die Nuwe Testament
of net die Ou Testament gebruik nie, want beide bied vir ons antwoorde.

Ons lees in 2Timoteüs 3 vers 16 dat die hele Skrif, nie net die Ou of Nuwe
Testament gebruik kan word nie, omdat die hele Skrif deur God vir ons gegee is om
ons te leer. Nie net om ons te oortuig van sonde nie, maar ook om ons weer op die
punt te bring waar ons verhouding van dwaling, met ander woorde ‘n lewe sonder
God, weer in ‘n herstelde posisie kom soos voor die sondeval;

• waar ons in gehoorsaamheid, en met eerbaarheid;


• asook met persoonlike integriteit en morele moed optree; .
• sodat ons in ons denke, doelwitte, en dade na God se wil optree.
• Dit stel ons dan in staat om in die openbaar en privaatheid in ooreenstemming
met die Woord te kan lewe.
Sodoende leef ons dan in geregtigheid met God. Die woord geregtigheid beteken om
in lyn, of in algehele eenheid; Met ander woorde om in totale eensgesindheid met
jou Skepper te lewe en in Sy Wil te wees. Dit sluit Sy planne en doelwitte vir jou lewe
in. Dit is hoekom die hele Skrif gebruik moet word en nie net gedeeltes daarvan nie.

Die oomblik toe Jesus aan die kruis gesê het: “Dit is volbring!” Het alles verander.
Die mens se verhouding met God is volkome herstel soos dit was voor die sondeval.
[Joh 19:30]. God se Wil sal geskied op die aarde of jou lewens standaard daarby in
pas of nie.

In Matteüs 5:18-20 sê Jesus voorwaar Ek sê vir julle, totdat die hemel en die aarde
verbygaan en vergaan, sal nie een kleinste letter wat die wet identifiseer uit die wet
verbygaan totdat alles volbring is nie.

Elkeen wat dan selfs een van die minste belangrikste van hierdie gebooie wat
voorspel is verbreek of wegdoen of verslap en die mense so leer, sal die minste
belangrik genoem word in die koninkryk van die hemele, maar hy wat dit doen en
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES
GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2

ander leer om te doen, sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. Ek
sê vir julle, as julle geregtigheid, jou opregtheid en jou regte stand by God nie meer
is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van
die hemele ingaan nie.

Die Ou Afrikaanse vertaling sê: voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die
aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat
alles gebeur het nie.

Ons vind vier duidelike en beslissende bewyse van die Godheid van die Heilige
Gees, in die Ou en Nuwe Testamente.

Hierdie kenmerkende Goddelike eienskappe wat aan die Heilige Gees toegeskryf
word is: Ewigheid, Alomteenwoordigheid, Alwetendheid en Almagtigheid.

Ons vind dat ewigheid toegeskryf word aan die Heilige Gees in Heb 9:14 en dit sê
onder andere:

Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Heilige
Gees, wat Sy eie voorafbestaande goddelike persoonlikheid, vrywillig en
onberispelik, sonder morele of geestelike onvolmaaktheid as vlekkelose offer aan
God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke en lewelose vierings, om die
ewig lewende God te dien?

Ons sien in Ps 139:6-10, dat Alomteenwoordigheid word toegeskryf aan die Heilige
Gees. Dit sê:

U oneindige kennis is vir my te wonderbaar; dit is hoog bo my, ek kan dit nie bereik
nie. “Waarheen sal ek gaan van u Gees? of waarheen sal ek van u aangesig vlug?
As ek in die hemel opklim, is U daar; as ek my bed in die hel maak, kyk, U is daar.
As ek die vlerke van die môre neem en aan die einde van die see woon; ook daar
sal U hand my lei, en U regterhand my vashou.” [Rom 11:33]

Ons lees byvoorbeeld in 1 Kor. 2:9-11, “Die oog het nie gesien en die oor nie gehoor
en in die hart van 'n mens nie opgekom nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet
nie. Maar God het dit aan ons geopenbaar deur sy Gees, want die Heilige Gees
ondersoek ywerig alle dinge, ook die dieptes van God. Hy ondersoek die goddelike
raad en dinge wat verborge is en buite die mens is. Want watter mens weet en
verstaan die dinge van 'n mens, behalwe die gees van die mens wat in hom is? Net
so kom niemand tot kennis en begrip van die gedagtes van God nie, behalwe die
Gees van God.

Weereens in Johannes 14:26, sê Jesus: "Maar die Trooster, wat jou vertroos
wanneer jy dit nodig het; Die Advokaat, wat jou teen jou aanklaer verteenwoordig;
Die Intersessor, wat dag en nag sonder ophou vir jou intree; Die Berader, wat jou
help om jou gebrokenheid, pyn en hartseer te oorwin; Die Versterker, wat jou
bemoedig en raad gee, en Hulp, wat jou altyd bystaan en help as jy hulp nodig het;
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES
GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2

Daardie Trooster wat die Heilige Gees is, wat die Vader in my Naam; stuur; Hy
verteenwoordig My en tree namens My op; Hy sal julle alles leer en julle herinner
aan alles wat Ek vir julle gesê het." [Mat 5:7; 13, 24-25; Luk 24:49; Joh 14:16; Hand 1:4]

Nog verder lees ons in Johannes 16:12, 13, waar Jesus sê: “Ek het nog baie dinge
om vir julle te sê, maar julle is nie nou in staat om dit te begryp nie. Maar wanneer
Hy gekom het, die Heilige Gees wat altyd die Waarheid sal praat sal Hy julle in die
volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself op sy eie gesag spreek nie; maar
alles wat Hy direk van die Vader hoor; die presiese boodskap wat aan Hom gegee
is, dit sal Hy spreek; en dinge wat in die toekoms sal gebeur, sal Hy aan julle bekend
maak.”

Ons vind dat Almag aan die Heilige Gees toegeskryf word in Lukas 1:35, “Toe die
engel met Maria gepraat het en gesê het: Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die
krag van die Allerhoogste sal jou soos 'n blink wolk oorskadu; daarom sal die heilige,
rein, en sondelose Kind, die Seun van God genoem word.” [Exo 40:34; Jes 7:14]

Goddelike werke word ook aan die Heilige Gees toegeskryf.

Wanneer ons aan God en Sy werk dink, dink ons altyd eerste aan die skepping. In
Job 33:4 word ook Skepping aan die Heilige Gees toegeskryf. Dit lees: "Dit is die
Gees van God wat my opgewek het, en die asem van die Almagtige wat my
inspireer, wat my lewend gemaak het."

Ons lees weer in Ps. 104:30, As U U Gees uitstuur en hulle asem gee, word hulle
geskape, en U vul die oppervlakte van die aarde. Hier en in Gen 1:1-3 word verwys
na die werksaamheid van die Heilige Gees.

Die skep van lewe is ook 'n Goddelike werk wat toegeskryf word aan die Heilige
Gees.

Jesus sê: “Dit is die Gees wat lewend maak; die vlees bring geen voordeel oor nie,
dit is van geen belang nie, want daar is geen waarde in nie. Die woorde en
waarhede wat Ek tot jou gespreek het, is gees en lewe.” Dit is wat die ewige lewe
verskaf. [Joh 6:63]

Ons sien ook in Rom. 8:11, "Maar as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode
opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus Jesus uit die dode opgewek het,
ook julle sterflike, kortstondige, en verganklike liggame lewend maak deur sy Heilige
Gees wat in julle woon."

In die beskrywing van die skepping van die mens in Gen 2:7 is dit die asem van
God, dit is die Heilige Gees, wat lewe aan die mens gee, en die mens word 'n
lewende siel.

Gen 2:7 toe het die HERE God uit die stof van die aarde die liggaam van die mens
gevorm, en in sy neus die asem van die lewe geblaas; en die mens het 'n lewende
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES
GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2

siel, ‘n lewende individu, volmaak in liggaam en gees geword. [1Ko 15:45-49]

Die presiese woorde is: “En die Here God het die mens geformeer uit die stof van
die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas; en die mens het ’n lewende
siel geword.”

Die Griekse woord vir "gees" word weergegee as "asem" en alhoewel die Heilige
Gees as 'n Persoon nie duidelik uitkom in hierdie vroë verwysing na Hom in Gen. 2:7
nie, verwys hierdie gedeelte duidelik na die Heilige Gees in die Nuwe Testament.

Die outeurskap van Goddelike profesie word ook aan die Heilige Gees toegeskryf.
Ons lees daarvan in 2 Pet. 1:21; "want geen profesie het ooit ontstaan deur menslike
bron of wil nie, maar mense wat deur die Heilige Gees geïnspireer is, het van God
gespreek.”

Geen profesie van die Skrif of die verduideliking daarvan is van menslike oorsprong
nie. Die mens is niks meer as ‘n spreekbuis vir die Heilige Gees waarvan die
oorspronklike bron, God self is nie.

Selfs in die Ou Testament is daar 'n verwysing na die Heilige Gees as die outeur van
profesie. Ons lees in 2 Sam. 23:2, 3, “die Gees van die HERE het deur my gespreek,
en sy woord was op my tong. Die God van Israel het gesê: Die Rots van Israel het
met my gespreek: Hy wat regeer in die vrees van God,

So sien ons duidelik dat Goddelike skeppings werke, die oordra van lewe en profesie
aan die Heilige Gees toegeskryf word.

Uitsprake wat in die Ou Testament die HERE of Yaweh duidelik as hul onderwerp
noem, word in die Nuwe Testament op die Heilige Gees toegepas, met ander
woorde, die Heilige Gees beklee die posisie van Godheid in Nuwe-Testamentiese
denke.

’n Treffende illustrasie hiervan word gevind in Jes. 6:8-10, “Ek het ook die stem van
die Here gehoor wat sê: Wie sal Ek stuur, en wie sal vir ons gaan? Toe sê ek: Hier is
ek; stuur my. En Hy sê: Gaan sê vir hierdie volk: Hoor tog, maar verstaan nie; en
julle sien wel, maar bemerk nie. Maak die hart van hierdie volk vet, en maak hulle
ore swaar en sluit hulle oë; dat hulle nie met hul oë sien en met hul ore hoor en met
hul hart verstaan en hulle bekeer en gesond word nie.”

In vers vyf word ons vertel dat dit Jehovah was, wat Jesaja gesien het en wat praat.
(Wanneer die woord HERE in hoofletters in die Ou Testament gebruik word, staan
dit vir Jehovah of Yaweh in die Hebreeus en word so in baie vertalings weergegee).

Maar in Handelinge 28:25-27 is daar 'n verwysing na hierdie stelling van Jesaja, en
terwyl daar in Jesaja vir ons gesê word dit is God wat praat, in die verwysing in
Handelinge sien ons dat dit die Heilige Gees is wat die spreker was. Die gedeelte in
Handelinge lees soos volg: “En toe hulle onder mekaar verskil het, het hulle begin
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES
GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2

vertrek, maar nie tevore nie, het Paulus een stelling meer bygevoeg en gesê: Die
Heilige Gees het reg deur die profeet Jesaja aan julle voorvaders gesê: Gaan na
hierdie volk en sê vir hulle: Julle sal wel met julle ore hoor, maar nie verstaan nie; en
julle sal wel met julle oë kyk, maar nie sien nie. Dat hulle nie met hul oë sou sien en
met hul ore hoor en met hul hart sou verstaan en hulle sou bekeer en Ek hulle sou
genees nie.”

Ons sien ook dat dit wat duidelik aan God in die Ou Testament toegeskryf word,
toegeskryf word aan die Heilige Gees in die Nuwe: Die Heilige Gees word met
Jehovah geïdentifiseer. Dit is 'n noemenswaardige feit dat in die Evangelie van
Johannes, die twaalfde hoofstuk en die dertigste tot veertigste verse waar nog 'n
verwysing na hierdie gedeelte in Jesaja gemaak word, hierdie selfde gedeelte aan
Christus toegeskryf word. Let noukeurig op die veertigste vers.

Joh 12:40 "HY HET HULLE OË VERBLIND EN HULLE HARTE VERHARD, OM


HULLE TE VERHOED OM MET HUL OË TE SIEN EN MET HULLE HART TE
VERSTAAN EN BEKEER TE WORD; ANDERS SAL EK hulle God HULLE GESOND
MAAK."

So sien ons in verskillende dele van die Skrif waar God, verwys na die Heilige Gees,
en ook verwys na Jesus Christus. Hier het ons 'n duidelike voorstelling van die drie
persoonlikhede van God van die Leërskare, en vandaar die gepastheid van die
drievoudige toepassing van die visioen. Waar die Here vra en sê: “Wie sal Ek stuur,
en wie sal vir ons gaan?”

Ons lees in Ex. 16:7. “En met sonop, dan sal julle die heerlikheid, die oorvloed van
YHWH sien; want Hy hoor jou hardnekkigheid teen die HERE; en wat is ons dat julle
teen ons murmureer?” Hier word duidelik gesê dat die murmurering en rebellering
van die kinders van Israel teen God is.
Ons lees dieselfde woorde in Heb. 3:7-9, en Ps. 95:8-11 Moenie julle harte verhard
en geestelik dof word soos by Meriba, die plek van twis, en soos by Massa die plek
van beproewing in die woestyn nie. [Ex 17:1-7; Num 20:1-13; Deu 6:16]
Toe julle vaders My op die proef gestel het, het hulle My op die proef gestel, al het
hulle my werk van wonders gesien. Veertig jaar lank was ek bedroef en walglik oor
daardie geslag, en ek het gesê: Hulle is 'n volk wat in hul hart dwaal, en hulle ken my
weë nie en ag hulle nie. "Daarom het Ek 'n eed in my toorn gesweer: Hulle sal beslis
nie in My rus die land van belofte ingaan nie.'" [Heb 4:3-11]

Die murmureringe wat Moses in die boek Eksodus van praat wat teen God was,
terwyl ons in Hebreërs sien dit was teen die Heilige Gees. Dit beklemtoon die
onbetwisbare feit dat die Heilige Gees die posisie van die Godheid in die Nuwe
Testament beklee.
Die naam van die Heilige Gees is gekoppel aan dié van God op 'n manier wat dit
onmoontlik maak vir enige verganklike wese om sy naam aan die onverganklike
Naam van die Godheid te koppel.
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES
GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2

Ons sien in 1Kor 12:4-6 dat, Daar is ‘n onderskeibare verskeidenheid, kenmerkende


variëteite, en verspreidings van geestelike gawes wat spesiale vermoëns gee deur
die genade en buitengewone krag van die Heilige Gees wat in gelowiges werk, as
gevolg van die krag van goddelike genade wat in hulle siele werk deur die Heilige
Gees, en tog verskil hulle, maar dit is dieselfde Gees wat dit skenk en gelowiges
bemagtig. Daar is ‘n kenmerkende verskeidenheid van bedieninge en diens, maar dit
is dieselfde Here wat gedien word.

Daar is kenmerkende variëteite of maniere van werk om dinge te bereik, maar dit is
dieselfde God wat alle dinge in alle gelowiges voortbring, hulle inspireer, en hulle
bekragtig vir die taak op hande.

Hierdie verskillende verspreidings van geestelike gawes, alhoewel uiteenlopend van


mekaar, daardie energie word deur dieselfde Heilige Gees, gemotiveer, bekragtig,
en bemagtig vir spesifieke take.

God, die Here Jesus en die Heilige Gees word saam geassosieer in 'n verhouding
van gelykheid wat skokkend sou wees as die Heilige Gees 'n verganklike wese was.

Ons sien ook in Matt. 28:19 waar Jesus sê, "Gaan dan heen, maak disiepels van al
die nasies, en leer hulle, help die mense om van My te leer, in My te glo, en aan My
woorde gehoorsaam te wees, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun
en die Heilige Gees."

Wie, sou vir 'n oomblik daaraan dink om die naam van die Heilige Gees met dié van
die Vader op hierdie manier te koppel as die Heilige Gees 'n verganklike wese was.

Ons vind dieselfde verbintenis van eenheid ook in 2 Kor. 13:14, “Die genade guns en
geestelike seën van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die
teenwoordigheid en van die Heilige Gees sal met julle almal wees! Amen.

Dit is duidelik dat die Heilige Gees 'n Goddelike Wese is.

Die finale en beslissende bewys van die Godheid van die Heilige Gees word gevind
in die feit dat Hy in die Nuwe Testament God genoem word.

In Handelinge 5:3, 4, Sê Petrus: Ananias, waarom het die Satan jou hart vervul om
vir die Heilige Gees te lieg en probeer om die Heilige Gees te mislei, deur vir jou van
die opbrengs van die verkoop van die grond terug te hou?

Solank dit onverkoop gebly het, het dit nie jou eie gebly om mee te doen soos jy wil
nie? En selfs nadat dit verkoop is, was die geld nie tot jou beskikking en onder jou
beheer nie? Waarom het jy hierdie daad van skynheiligheid en bedrog in jou hart
bedink? Hoe kon jy die hart hê om so 'n daad te doen? Jy het nie eenvoudig net vir
mense gelieg nie, maar vir God die Heilige Gees.”

Ons het gesien dat in die Ou Testament God verteenwoordig was deur menslike
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES
GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2

profete wat deur die Heilige Gees geïnspireer was. Mense was die spreekbuis. In die
Nuwe Testament is die Heilige Gees wat ook na verwys word as God, self die
spreekbuis. Dit wil sê dat die Heilige Gees vir wie hy gelieg het, word God genoem.

Ons het gekyk na kenmerkende Goddelike eienskappe, en verskeie duidelik


Goddelike werke, deur verwysings uit die Ou en Nuwe Testament gesien. Ons het
gesien dat die naam van die Heilige Gees met dié van God gekoppel word op 'n
manier wat onmoontlik sou wees omdat enige verganklike wese nie met dié volheid
van die Godheid gekoppel kan word nie. Ons het gesien dat die Heilige Gees
duidelik en op onmiskenbare maniere God genoem word, en dat God in Sy eie
Woord duidelik aankondig dat die Heilige Gees 'n Goddelike Persoon is.

In ‘n neutedop. Die volheid van die Godheid bestaan uit die Vader, Seun en Heilige
Gees, beide in die hemel en op aarde. Die volheid van ons as mens bestaan uit
Gees, Siel en Liggaam. In beide gevalle kan die een nie van die ander geskei word
nie. Dit is wat dit is. Ons moet die beste daarvan maak om die volheid van die
Godheid te verstaan sowel as die volheid van ons mens wees.

In die Ou Testament het die volk direk van God uit een persoon met menslike
beperkinge se mond gehoor. In die woestyn was dit Moses. In die Nuwe Testament
hoor ons God se boodskap deur die Heilige Gees, wat Ewig, Alwetend,
Alomteenwoordig, en Almagtig is. Daar is geen menslike beperkinge wat
misverstaan kan word nie, want God is en sal altyd dieselfde wees. Die God van die
ou Testament is die God van die Nuwe Testament. Sy Wil en planne vir die
mensdom het nie verander as gevolg van die sondeval nie. Sy Wil en planne sal
uitgevoer word deur middel van die Heilige Gees wat bly roep en aanhou om ons
saggies op die skouer te tik en reghelp; die kruisdood en opstanding van Jesus, wat
die weg; die deur is waardeur ons na die Vader gaan.

Ons moet waak daarteen om ons harte te verhard omdat ons eenvoudig nie die
groter prentjie sien of verstaan nie.

God het vir ons ‘n weg oopgemaak waar ons direk met Hom in kontak kan wees en
nie deur tussengangers mislei kan word nie. Hy is steeds geduldig en
verdraagsaam, en wil nie hê dat ons deur Sy Toorn veroordeel moet word nie. Hy
gee vir ons die belofte van ewige rus in Hom, of die keuse van ewige verdoemenis
sonder Hom.
Ek dank die Here vir die wonderlike wyse waarop Hy Sy Woord vir ons oop breek, en
ek dank Hom vir die werk wat Hy in ons lewens doen.

Dit bring ons aan die einde van Les 2. Shalom!

“Die genade, guns en geestelike seën van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die
gemeenskap en deelname van die Heilige Gees sy met julle almal!” Amen. [2 Kor. 13:14].
DIVINE HEALING TRAINING
HEILIGE GEES
GODDELIKHEID VAN DIE HEILIGE GEES – LES 2

Moenie die Heilige Gees van


God bedroef nie
Oorwinning kom Treetjie vir
Treetjie

Divine Healing Training – Whatsapp https://chat.whatsapp.com/BPq646dAcAILxdM0USasD3

Divine Healing Training – Telegram - Goed wat reeds geplaas is.


https://t.me/+W51dmxMeL4UYY35E

Divine Healing Counsellors - South Africa – Telegram – Slegs vir beraders, wat kans sien om mense
te besoek en bedien in jou area. https://t.me/+kF_B8entLsplYjM0

Slegs verwante Chats, asseblief respekteer mekaar.


Bronne wat oor die algemeen in hierdie lesse gebruik word: Afrikaanse Ou Vertaling 1933/53, Amplified Classic 1954, King
James met Appokriewe 1769, King James 1769, Wuest Expanded Translation, Torah, Urim-Thummim, King James Pure
Cambridge, American Standard Version 1901 en eSword van Rick Meyers.

You might also like