You are on page 1of 8

“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie,

maar net hy
wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. “ - Matteus 7:21.

ROMEINE 12:2 AFR53

En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle
gemmoid, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Spreuke 20 v 19 Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met
even wat sy lippe laat oopstaan nie.

Spreuke 21:23 23 Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

1 Petrus 2 v 15Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase
mense tot swye sal bring,

Dit is die doel daarvan. As die wêreld nie in ons kan sien hoe God wil hê dat ons moet leef nie, waar
sal hulle dit ooit kan sien?

Deuteronomium 30:

Belofte van genadige verlossing in geval van berou.

1EN as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter
harte neem onder al die nasies waarheen die Here jou God jou verdryf het,

2en jy jou tot die Here jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou
kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,

3dan sal die Here jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit
al die volke waarheen die Here jou God jou verstrooi het.

4 Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die Here jou God jou
versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.

5En die Here jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit
neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.

6En die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê
met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.

7En die Here jou God sal al hierdie vloeke op jou vyande en op jou haters lê wat jou vervolg het.

8Maar jý sal weer na die stem van die Here luister en al sy gebooie doen wat ek jou vandag beveel.

9 En die Here jou God sal die goeie aan jou oorvloedig gee in al die werk van jou hand, in die vrug
van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land; want die Here sal weer oor
jou ten goede bly wees soos Hy bly was oor jou vaders,

10as jy na die stem van die Here jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie
wetboek geskrywe is; as jy jou tot die Here jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.
11Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie.

12 Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons
gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?

13Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see
oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?

14Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.

15Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.

16Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en
sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die Here jou God jou
mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

17Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode
neerbuig en hulle dien,

18 dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land
waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie.

19Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die
vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

20deur die Here jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en
die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die Here aan jou vaders Abraham, Isak en
Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee.

KOLOSSENSE 4

5Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.

6Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle
iedereen moet antwoord.

EXODUS 20

TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

2 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

4Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat
onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

5Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse
God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag
van die wat My haat;

6en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

KOLOSSENSE 1
14in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

15Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;

16want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is,
trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

17En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

18En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit
die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

19Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon

20en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van
sy kruis — ek sê deur Hom — die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

21Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen

22 in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor
Hom te stel;

23as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die
evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel,
waarvan ek, Paulus, 'n dienaar geword het.

(Psalm 25:4-10)

Hoe om die wil van die Here te ken

Die meeste kinders van die Here wil graag die wil van die Here ken sodat hulle dit kan volg. Hulle vind
dit nietemin moeilik om Sy wil te onderskei in hulle daaglikse handel en wandel. Ons is almal neem
besluite elke dag, deur die hele dag. Sommige besluite is klein, ‘n paar is lewensveranderend: Papier
of plastiek. Kafeïen of dekaf. Medium, ‘rare’ of ‘well-done’. Lae vet of volroom melk. Die meeste
items wat jy soek, het ‘n menigte tipes, handelsmerke, kleure en pryse. Ander tye moet ons meer
belangrike besluite maak: Met wie moet ek trou? Moet ek ooit trou? Moet ek getroud bly ? Watter
loopbaan moet ek volg? Watter bediening moet ek kies?

Dr. William L. Pettingill, die bekende leraar en outeur, het ‘n indringende opmerking oor die
onderwerp van God se wil gemaak. “Die meeste mense, ” het hy gesê, “wil nie die wil van God te
weet om dit te doen nie; hulle wil dit weet ten einde dit te oorweeg.” Wat hy gesê het, is waar. Baie
mense wil net die wil van God weet sodat dit een van die opsies is wat hulle kan oorweeg, maar dit
beteken nie noodwendig dat hulle daardie opsie gaan uitvoer nie.

Ons kyk vandag na ’n paar aanwysers wat vir ons kan leer hoe om die wil van die Here vir ’n bepaalde
situasie of besluit te ken:

Vrede
Die eerste aanwyser oor die wil van die Here, vind ons in

Fil 4:6-7 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met
danksegging bekend word by God. (7) En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal
julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

God vereis meer dikwels as nie, dat ons tyd sal afstaan om Sy wil te soek vir ’n gegewe situasie of
besluit. Wanneer ons besluite moet neem en graag wil seker maak dat dit binne die wil van God is, is
dit die beste om tyd af te staan aan daardie besluit deur dit voor God te bring met vurige gebed en
selfs met ’n tydperk van vas, indien nodig. Ons lewe in ’n kits tyd waar alles vinnig moet gebeur en
ons wil nie tyd deurbring by God nie. Nee, ons wil dadelik weet wat om te doen. As jy egter ernstig is
om God se wil te ken vir ’n gegewe situasie – so leer vers 6 ons – sal jy tyd maak om God se Aangesig
daaroor te soek.

God is vrede. Sy Teenwoordigheid bring vrede en Sy wil bring vrede. Soms moet mens ’n moeilike
besluit neem waarvan al twee kante ewe goed klink. Ek het al geleer dat die besluit wat vir jou vrede
in jou hart bring waarskynlik van God sal wees en gewoonlik die regte besluit is. Wanneer daardie
vrede waarvan vers 7 praat, oor jou hart en sinne kom sodat jy ophou om jou verder daaroor te
bekommer; is dit ’n goeie aanduiding oor wat die wil van God oor daardie besluit of situasie is.

Innerlike mens getuig saam

Die volgende belangrike aanwysers vind ons in

Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

Spr 20:27 Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die
binneste.

Dit beteken dat God ons deur ons gees sal verlig en ons deur ons gees sal lei. Te dikwels, soek ons
egter leiding op elke ander manier, behalwe die manier waarop God gesê dit behoort te wees. Ons
oordeel omstandighede deur ons fisiese sintuie, maar nêrens sê God dat Hy ons sal lei deur ons
sintuie nie. Ons kyk ook dikwels na dinge uit ‘n sielkundige oogpunt.

God het egter gesê, “die gees van die mens is ‘n lamp van die Here” wat beteken dat Hy ons sal lei
deur ons gees. Die mens is ‘n gees, hy het ‘n siel en hy woon in ‘n fisiese liggaam. Hy is gees omdat hy
gemaak is in die gelykenis van God. Jesus het gesê dat God ‘n gees is.
Die gees van die mens of die innerlike mens, het ‘n “stem”. As ‘n wedergebore gelowige sy gees
ontwikkel, sal hierdie stem meer duidelik word. Sy gees sal ‘n gids word. Ons innerlike mens behoort
die primêre wyse te wees waarop ons kommunikeer met God en leiding van Hom ontvang. Een ding
wat die Christelike wêreld terughou as ‘n geheel is dat ons meer liggaam-bewus en meer siel-bewus
geword het. Ons het die liggaam en siel ontwikkel, maar ons het die gees van die mens byna
onaangeraak gelaat.

Jou gees kan nietemin opgevoed word net soos jou gedagtes opgevoed kan word. Jou gees kan
opgebou word in krag en geleer word net soos jou liggaam opgebou en geleer kan word. As jy ‘n
wedergebore Christen is, is die Heilige Gees lewend en blywend in jou gees. Jou gees sal saam met
jou getuig as iets volgens die Here se wil is; of dit sal jou waarsku deur ’n krapperigheid, rooi lig of
onvrede indien nie.

Skriftuurlike ooreenstemming

Jes. 40:8 Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand (bly staan) in
ewigheid.

2 Tim 3:16-17 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot
teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, (17) sodat die mens van God volkome kan wees,
vir elke goeie werk volkome toegerus.

Die Bybel bevat God se Woord en wil vir elke situasie. Enige situasie of besluit wat teen die Bybel of
die lering van die Bybel is, sal daarom teen God se wil wees. God se Woord spreek hom bv. duidelik
uit oor diefstal. As jy dus iets wil steel, is dit nie skriftuurlik nie en hoef jy nie verder te soek nie. Dit is
op sigself teen die wil van God. Wanneer jy die wil van God soek oor ’n gegewe situasie of besluit,
kyk heel eerste na wat die Bybel daaroor te sê het.

Tydsberekening

Die volgende indikator oor God se wil, is tydsberekening. Die Prediker leer ons in

Pred 3:1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd

en

Pred 8:6 Want vir elke ding is daar ‘n tyd en ‘n beslissing


God het tyd geskep. God hou ontelbare hoeveelhede heelalle in stand. Hy hoef nooit krisisbestuur te
doen nie. Ek het ondervind dat ek baie meer moet wag op die Here as wat ek vinnig moet besluit. As
jy dringende besluite moet neem wat jou lewe of sekuriteit kan beinvloed, besluit dan eerder om die
besluit uit te stel en gaan soek na die Here se wil. Ons noem ’n besluit om ‘n besluit uit te stel, ’n
‘uitgestelde besluit’.

Eenheid in gees

Die Woord stel ’n hoë premie oor eenheid in die Liggaam van Christus. Daar is baie Skrif daaroor,
soos

1 Pet 3:8 En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming,
vriendelik.

1 Kor 1:10 Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal
eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig
moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.

Wanneer jy getroud is of in ’n vennootskap of verhouding met iemand staan, is ‘eenheid van gees’, ’n
belangrike aanduiding van God se wil oor die situasie. Feitlik ons almal het al die fout gemaak om iets
te koop of te doen sonder die medewete of teen die direkte wil van die persoon met wie ons in ’n
verhouding staan. Dit is nie volgens die gees van die Skrif nie en so iets is ’n sterk aanduiding dat jy
waarskynlik besig is om ’n fout te maak.

Wysheid in die raad van baie

Die Woord leer ons in

Spr 15:22 Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot
stand.

Indien jy belangrike besluite moet neem, lê dit voor aan jou geestelike leier of leiers, asook aan
professionele persone wat in daardie kundig is. Die algemene aanduiding van hierdie persone sal
duidelike leiding gee oor watter rigting jy moet inslaan.

Profetiese woorde

Met betrekking tot profetiese woorde, kan dit ’n belangrike bydrae lewer daartoe om God se wil vir
’n situasie of besluit te onderskei, maar dit kan ook absoluut verwoestend wees. Ons het net plek om
baie kortliks oor profetiese woorde te gesels, daarom gaan ek net vinnig daaraan raak:
Daar is twee tipes profetiese bedienings wat ons kan onderskei: die eerste is die gawe van profesie.
Die gawe van profesie is om woorde van stigting en troos en bemoediging te bring (1 Kor. 14:3) en
moet daarom verkieslik slegs gebruik word in daardie areas. In die gawe van profesie is daar geen
vooruit vertelling of voorspelling hoegenaamd nie. Iemand wat in die gawe van profesie beweeg, kan
wel vir jou iets bevestig wat jy reeds onderskei het deur van die ander maniere wat ons bespreek het.

Iemand wat in die gawe van profesie beweeg, behoort nooit woorde te bring wat
lewensveranderend of ’n beduidende impak op ’n persoon se lewe sal hê nie, soos om te verhuis,
eiendom te koop of te verkoop, te trou, te skei, te bedank, van werk te verander, ens.

Daar is tweedens die amp van die profeet waarvan ons lees in

Ef 4:11-12 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as
herders en leraars, (12) om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam
van Christus

So ’n persoon ervaar gewoonlik die ‘openbaring gawes’ in werking in sy lewe: woorde van wysheid,
woorde van kennis en/of die onderskeiding van geeste. ’n Persoon in die amp van ’n profeet se
bediening sal gewoonlik deur die breë Christelike gemeenskap erken word. So ’n persoon kan
profetiese woorde bring wat ’n beduidende impak op ’n persoon se lewe kan hê, dit moet nietemin
steeds ooreenstem met die ander aanwysers wat hier genoem word.

’n Woord van Vermaning

Ek sluit af met twee waarskuwings oor strikke waarin mense gereeld trap wanneer hulle na die wil
van die Here soek.

Wees versigtig om ‘velletjies’ uit te sit

Vir leiding sit sommige mense wat hulle noem ’n ‘velletjie’ of ‘fleece’ uit voor die Here. Dit is na
aanleiding van wat Gideon gedoen het soos wat dit vertel word in

Rigt 6:36-38 Toe het Gídeon met God gespreek: As U werklik deur my hand Israel wil verlos soos U
gespreek het— (37) ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl
die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het.
(38) En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou
uit die vlies uitgedruk, ‘n kom vol water.
Om dit te doen, is gevaarlik en stel ons oop vir misleiding, omdat ons staatmaak op die fisiese om ons
in die geestelike te lei. Die Nuwe Testament sê nie, “soveel as wat gelei word deur velletjies, hulle is
die seuns van God” nie. Dit sê ‘soveel as wat deur die Gees van God gelei word’. Natuurlik het Gideon
‘n vlies uitgesit. Maar ons leef nie in die dae waarin hy gewoon het nie. Ons leef ook nie onder die
verbond waaronder hy gewoon het nie. Ons het ‘n nuwe verbond, gevestig op beter beloftes.

Die crux van die saak is dat mens wel dit kan doen, maar dan moet dit eerder ondersteunend wees
tot dit wat jy reeds weet en nie die primêre manier waarop jy die wil van die Here wil vasstel nie.

Afgode in jou hart

Die tweede strik is afgode in ons hart. Ons leer in

Ese 14:4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van
Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig
neersit en na die profeet toe kom—Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy
drekgode, antwoord gee.

Drekgode is ’n ander naam vir afgode. ’n Afgod is nie net ’n fisiese of geestelike objek soos Baal of
Buddah wat jy in die plek van God aanbid nie. Enige persoon of ding wat God vervang, is ‘n afgod; en
enigiets wat jy voor of gelyk met God plaas het ‘n afgod geword. Die oomblik wanneer jy die aandag
wat jy veronderstel is om aan God te gee, aan enige ander ding of persoon gee, het daardie ding ‘n
afgod geword. Baie Christene het geheime afgode in hulle harte en hierdie afgode bring hulle in die
moeilikheid. Voorbeelde van moderne afgode is stokperdjies, sosiale media, ander mense, hulle werk
en verslawings.

Slot

’n Gebrek aan tyd laat ons ongelukkig nie toe om ander aanwysers soos drome en visioene aan te
raak nie. Ek sluit af deur te sê dat wanneer ‘n kind van God Sy wil weet vir sy lewe, dan sal God Sy wil
heeltemal duidelik aan so ’n persoon bekend maak deur ‘n paar maniere. Of dit nou deur daardie stil
stem van jou innerlike mens is, deur ‘n bonatuurlike manifestasie, deur die raad van baie of watter
wyse ook al – God sal diegene lei wie se harte is oop vir Hom.

You might also like