You are on page 1of 5

1

Toewyding:

Vonk 204: Mag die vrede van ons Hemelvader;

Votum: Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor di wat Hom met
eerbied dien. Die Here weet immers waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons eintlik
maar nietig is (n.a.v. Ps. 103:13-14).
Sen: Mag die Here jou sen met genade uit die hemel, mag die Here jou sen met genade uit
die grond, mag die Here jou sen met kos op jou bord, mag die Here jou sen met iets om te
drink. Mag God die Vader jou so sen uit sy liefde vir Sy Seun, Jesus Christus deur die werking
van die Heilige Gees. Amen. (n.a.v. Genesis 49:25)
Loflied;

Lied 203:1, 3 en 5

Wet: Spreuke 4 (BvA vertaling) Lied 260:1


Skuldbelydenis: Luk 15:13-21
Lied 309:1 (My lewe bly aan U gewy...)
Geloofsbelydenis1:
Ons glo in Een God, wat Hom in die eerste plek aan ons openbaar as Vader;
Ons bely as volg oor sy Wese:
As Vader het Hy geen begin of einde nie, Hy is van ewigheid af daar,
Die Vader is onmeetlik,
Die Vader is ewig,
Die Vader is almagtig,
Die Vader het alles geskape, sienlik en onsienlik,
Die Vader se heerskappy duur vir ewig oor alles wat Hy geskape het,
Aan die Vader behoort die Koninkryk, en die krag en die heerlikheid vir altyd en altyd.
Dit is wat ons glo. Amen.
Lied 309:2 en 3
Teks: Johannes 17:24-26 en 1 Johannes 2:28-3:1 Ek glo...in die Vader!
Wie van julle ken die uitdrukking: Aardjie na sy vaartjie? Dis die uitdrukking wat ons gebruik as
ons praat van kinders wat baie na hulle pas aard. Ons gebruik ook soms die uitdrukking: die appel
val nie ver van die boom af nie. Ons gebruik dikwels hierdie uitdrukkings wanneer ons wil uitwys
dat mense volg hulle pa of soms selfs hulle ma se voorbeeld of karakter. En dit is nie net altyd na
kinders wat verwys word nie, nee, mens kan selfs van ou mense s dat hulle na een van hulle
ouers aard.
Daar is die advertensie op TV oor die drie seuns wat stry oor wat hulle pa se bakkie alles kan
doen. Almal van ons het eens op n tyd so stadium gehad waar jy vir almal vertel het: my pa is die
sterkste, of my pa kan dit of dat doen, of my pa se spiere is tog groter as jou pa sn. Dis nogal
jammer dat ons daardie stadium verloor want sommer spoedig verloor jou pa dan ook sommer jou
respek want op n dag kom jy agter jou pa is nie die sterkste nie. Daar is n ander oom wat sterker
1

Gedeeltelik begrond op die bewoording van die Geloofsbelydenis van Athanasius en die gebed van die Here in
Matteus 6:9ff

2
is as hy. Dalk is iets anders sterker as hy, soos drank of sy humeur. Miskien kom jy agter jou pa
leer jou om rels te gehoorsaam maar hy gehoorsaam nie self die stopteken of die rooi robot nie,
en so verloor hy dan die reg om self gehoorsaam te word, want hy leer jou mos om rels te
verbreek.
Op n dag kom jy agter jou pa weet nie alles nie en daarom kan hy jou nie help as jou selfoon nie
reg werk nie, of as die wiskunde bietjie moeilik raak. Of skielik is jy saam met vriende op die
strand en jou pa is nie meer die spiertier wat hy was toe jy vyf jaar oud was nie, swaartekrag het
sy tol begin eis en dit wys aan die lovehandles aan die lywe. Dis dan dat ons respek begin
verloor vir ons Pas want hy voldoen nie meer aan ons verwagtinge nie.
Gelukkig vir meeste van ons as pas kom daar darem soms weer n dag dat jou kinders terugkom
om jou raad te vra, en hulle is nogal verbaas oor hoe ons bygekom het met inligting oor selfone en
rekenaars. Dalk selfs dat jy in staat is om regtig te luister en iets te verstaan van hoe die kinders
voel oor iets. Dan, as ons gelukkig is en ons pas leef nog, dan kan ons weer ons verhoudings met
hulle opbou, vir ander is dit vir altyd verlore.
Daarom, wanneer ons bely dat ons glo in God die Vader, dan doen die belydenisskrifte dit nie
sommer net vir die lekker nie. Nee, die geloofsbelydenisse doen dit omdat hulle glo wat die Bybel
oor God as Vader te s het. Nou vir die met kort aandagspanne, wat leer die Bybel vir ons dan oor
God in die eerste deel van ons belydenis? Dit leer dat ons 3 dinge moet glo oor God se eerste
Persoon: Hy is VADER, ALMAGTIGE en SKEPPER: en ek gaan dit opsom aan die eerste letter
van elke woord: V van Vader, A van Almagtige en S van Skepper en dan gebruik ons die woord
VAS as n donkiebrug om te onthou wat is die eerste saak wat ons moet glo oor God, God is VAS.
Die woord VAS wil ek koppel aan drie eienskappe wat ons moet onthou, en dit wil ek koppel aan
drie Vs: Vader aan Verhouding, Almagtige aan Voorsiening en Skepper aan Versorging. Sal
julle dit so kan onthou: VAS VVV.
So kom ek nou weer terug by die grootmense en laat ek nou bietjie met hulle praat.
Ek het lank gestoei met die woorde van die eerste belydenis oor God, selfs die Professor
gekontak om seker te maak ek verstaan dit reg. Want ons belydenis is: Ek glo in God: die Vader,
die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. Dit klink dan so maklik, maar toe ek my
leeswerk begin doen toe kom ek agter dis nie heeltemal so eenvoudig nie. Daar is drie maniere
van hierdie teks verstaan:
1) Ek glo in God: die Vader die Almagtige (komma) die Skepper2... waar Almagtige dan slegs
n byvoeglike naamwoord is van Vader, so mens sou ook kon vertaal ek glo in die
Almagtige Vader en dan val die klem op die almag van die Vader en dan daarby natuurlik
ook in Hom as Skepper. Daar is verskeie teolo wat dit so verstaan en dit kry goeie steun
vanuit die klassieke taalkunde;
2) Ek glo in God: die Vader (komma) die Almagtige Skepper3, met ander woorde dan is
Almagtige die byvoeglike naamwoord by Skepper en sou ons ook kon vertaal: Ek glo in die
Vader, die Almagtige Skepper. God se Almag l nou nie in sy Vaderskap nie, maar in sy
Skepperskap. Nou in terme van Taalkunde is hierdie n minder aanvaarbare vertaling van
2

So: Manie Malan in Ek glo oor die Apostoliese Geloofsbelydenis. NGKU, Kaapstad, 1982. P.7 en die Belydenis
van Nicea
3
So verstaan in deur Bijzet o.g.v. die HK Sondag 9-10 in sy preek http://www.vgk.org.za/vgk/node/632 . Ek verskil
met sy verstaan van die HK veral omdat S10 duideliker is.

3
die Grieks en die latere Latynse weergawes, maar steeds moontlik, hier is dus minder
teolo wat die verstaan aanhang;
3) Ek glo in God: die VADER (komma) die ALMAGTIGE (Komma) en die SKEPPER, dis die
derde moontlikheid4. Dan is daar drie dinge wat ons bely oor die eerste persoon van God:
Hy is Vader, Hy is Almagtig en Hy Skepper en in terme van die kerk se belydenis oor al die
eeu, lyk dit vir my dis die mees aanvaarde verstaan en ook die een wat die NG Kerk
onderskryf5.
Kom ons kyk nou van naderby wat beteken dit dan.
In Psalm 2:7 staan geskrywe: Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my ges:
Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader. In die toepassings van hierdie Psalm word dit
op literre vlak eerstens beskou as n troonbestygingspsalm en dan word dit van toepassing
gemaak op die koning wat gekroon word. In die tweede plek word dit direk op die Messias van
toepassing gemaak en word dit dus vanuit die Nuwe Testamentiese perspektief direk op Jesus
betrek6. Dit word dan vanaf Jesus op die gelowiges betrek soos wat Johannes dan in sy brief
skrywe wat ons vanoggend gelees het in sy eerste brief7.
Ons belydenis dat God ons Vader is, moet dus direk verstaan word vanuit wat Jesus gedoen het.
Sonder Jesus se gehoorsaamheid, ja, sonder Jesus se gebed vir ons in Johannes 17 is dit
onmoontlik om God ons Vader te noem. God as ons Vader is dus alleen moontlik deur God die
Seun, waarby ons hopelik met die volgende keer sal uitkom. Wanneer Paulus verklaar dat
niemand Jesus Here kan noem sonder die Heilige Gees nie8 is dit in dieselfde asem onmoontlik
om God ons Vader te noem sonder n verhouding met Jesus Christus (vergelyk Jesus se gebed in
Johannes 17). Iemand het eenmaal uitgewys dat Johannes 17:209 n baie pertinente gebed deur
die Here Jesus self vir elkeen is wat sal glo, dus ook elkeen van ons vanoggend kan bely dat
Jesus self vir elkeen van ons gebid het.
Om God ons Vader te noem is dus onlosmaaklik gekoppel aan die wedergeboorte, aan die
erkenning dat God ons Vader is deur Jesus Christus. Die Vaderskap van God gaan dus oor n
verhouding, n gesinsverhouding. Alle ander godsdienste, selfs die wat ook die term vader gebruik
om na hulle godheid te verwys, gebruik die term vader altyd in die sin van gesag en mag. By die
Christendom is die verwysing na God as ons Vader baie meer as dit. Natuurlik gaan dit oor God
se gesag ook, maar dan altyd n gesag gegrond op Vaderskap deurdat Hyself ons die
wedergeboorte10 tot redding gegee het. Ons is dus opnuut gebore deur ons geloof in Jesus
Christus as kind van die Vader en broer van die Here Jesus.
Die tweede eienskap naas Vaderskap wat ons bely, is dat ons bely Ek glo in God: die Almagtige.
Ons bely dat alles vir God11 moontlik is en dis belangrik om daarop te let dat beide keer as die
uitdrukking in die Bybel gebruik word, dan word dit positief uitgedruk: by God is alles moontlik!
4

So glo ons Eietydse Geloofsverantwoording van die NG Kerk. Uitgegee deur die AS van die NG Kerk 1992 (26
bladsye) en die NG Kerk se Die Apostoliese geloofsbelydenis, n Eietydse uitleg op http://www.ngkerkas.co.za/wpcontent/uploads/2013/04/Apostolicum.pdf (151 bladsye)
5
Ditto
6
Handelinge 13:33, Hebrers 1:5 en 5:5
7
1 Johannes 2:27b
8
1 Kor. 12:3
9
Joh 17:20 Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir di wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom.
10
Titus3:5
11
Matteus 19:26 en Markus 10:27

4
Daarom bely ons dat God ook bekend is as die Almagtige want alles is by en vir Hom moontlik.
Om van God as die Almagtige te praat vereis geloof, daarom dat ons die karaktertrek van God
alleen maar kan bely en nie bewys nie.
Wanneer ons na die droogte om ons kyk, na die pyn en die hartseer, na die lyding wat selfs diep
gelowiges moet deurgaan, dan vind ons dit onmoontlik om God se Almag te kan bewys. God lyk
eerder ON-magtig en selfs ONT-magtig deur die sigbare dinge wat almal kan waarneem. Daarom
is geloof nodig sodat die gelowige die ONSIENBARE12 kan raaksien. Dan is dit alleen moontlik om
te bly glo as jy ook glo dat God jou Vader is in en deur Jesus Christus alleen. Dis dan dat ons
saam Paulus13 kan bely: Ek glo dat alles ten goede meewerk vir die wat die Here liefhet.
Wie God as Almagtige bely moet Hom eers as Vader bely, anders sal sy Almag jou vernietig, want
sonder God se vaderskap het ons geen verweer teen sy Almag nie. Sy Almag vereis geregtigheid,
vereis straf op die sonde, sy Almag vereis totale uitwissing van alles wat boos is en teen Hom in
opstand kom.
As dit nie is vir God se vaderskap nie, dan sou ons totaal vernietig word as Hy verskyn. Daarom,
in die geweldige droogte, in die mees ekstreme pyn en lyding is dit nie op sy Almag wat ons
onsself moet verlaat nie, maar op sy Vaderskap. Daarom dat wanneer Jesus in sy mees intense
lyding bloed sweet in Getsemane, is sy beroep nie op God se Almag nie, maar op God se
Vaderskap: Vader, as dit U wil is14...
Dit word vir ons die voorbeeld van hoe ons in lyding moet optree, eers onderwerping aan God se
Vaderskap dan n beroep op sy Almag. Dit spreek iets van hoe ons ook hierdie droogte moet
hanteer eers God se ouerlike gesag moet erken word, dan eers kan ons ons op sy Almag
beroep. In lyding moet ons eers God se vaderskap erken, dan kan ons vra vir die ophef van
daardie lyding, vir genesing. Psalm 55 stel dit uitdruklik: Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal
vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie. In Psalms 34 en 37 word die Here se
vaderlike sorg oor die regverdige telkens uitgelig.
Dit bring my by die laaste van ons eerste belydenis: Ek glo in God: die Skepper van die Hemel en
die Aarde. Hemel en aarde is nie net plek aanduidend nie, maar ook tydsaanduidend, met ander
woorde dit dui ook op die tydelike aarde en die ewige hemel. Daarom dat God ook genoem kan
word die Eerste en die Laaste. Daarom word die verbondsvolk opgeroep: Isa_43:10 Israel, julle
is my getuies, s die Here, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken
en in My kan glo en kan besef dat Ek die Here is. Voor My was daar geen god nie, en na My
sal daar ook nie een wees nie. Dis die God wat Vader is wat Almagtig is en daarom oor die
skepping kan s: Isa 41:4 Wie het dit bewerkstellig, dit gedoen? Wie het die verloop van
dinge van die begin af bepaal? Dit is Ek, die Here! Ek is die eerste, en wanneer die laaste
dinge gebeur, sal Ek nog die Here wees.
Daarom is daar vir elkeen wat met sy hart glo en met sy mond bely: ek glo in God die Vader, die
Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde hierdie troos, God se oordele mag ons dalk
maak buk vir ses van die bestes, maar hy sal nooit die geknakte riet15 afbreek of die dowwe

12

Hebrers 11:27
Romeine 8:28
14
Matteus 26:39
15
Jesaja 42:3
13

5
lamppit uitdoof nie, ja selfs al is dit net n rokende16 lamppit, dan sal daar steeds genade wees.
Maar dan moet ons wedergebore word, dan moet ons God as ons Vader bely omdat ons dit met
ons harte glo, en ons dade moet bevestig wat ons met ons monde bely.
Dit lyk vir my daar sit n stuk sen en genade van onbegryplike omvang in ons belydenis van Ek
glo in God: die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. Want uit hierdie
belydenis leef en beleef ek dat op grond van dit wat God deur Jesus Christus gedoen het, is daar
nou die kans om Hom as my Vader te bely, uit sy Vaderskap vloei sy Almag en uit sy Almag drup
daar vir ons genade op genade vir die tydelike aarde en vir die ewige hemel.
Kom ek sluit af met verhaal van Indiese meisie. Sy het van God gehoor maar omdat niemand
anders in haar dorp in god geglo het nie moes sy na die naburige dorp, 20km verder stap, om die
sendeling te hoor preek. Die sendeling het haar gesien en met haar begin praat. Hy wou vir haar
n Bybel gee maar sy het ges sy kan nie lees nie. Toe het hy vir haar hierdie vuis-boek geleer: As
jy glo in God as jou Vader, en dat Hy almagtig is en alles gemaak het, dan kan jy weet jy is veilig
in sy hand toegevou. n Paar weke later was die meisie nie in die kerk nie en die sendeling was
bekommerd oor haar. Hy het na haar dorpie geloop om te sien of hy iets kan uitvind. Daar was
hulle baie vyandig teenoor hom toe hy oor haar uitvra. Toe vertel hulle vir hom haar pa het haar
die vorige dag doodgeslaan omdat sy met almal oor God gepraat het. Die sendeling was baie
hartseer en wou weet wat het hulle met haar gemaak. Hulle het vir hom vertel dat sy sommer op
die ashoop weggegooi is want die mense wou haar nie begrawe nie. Hy het na die ashoop toe
geloop en daar het hy haar liggaampie gekry, heeltemal uitmekaar geslaan. Hy het haar opgetel
om haar te gaan begrawe en toe sien hy dit: Haar regterhandjie was toegevou om haar duim, en
toe huil hy van vooraf, maar nou van vreugde want hy het geweet sy is nou veilig by die Here.
Dan lyk dit my alles sal reg wees, duim boontoe (duim in die lig) as ek VAS-gevou (vou duim met
vingers toe) is in die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde, want ek staan
in n Verhouding met Hom, daarom sal sy Almag altyd Voorsien in my redding kom, en sal ek
Versorg wees op aarde en in die hemel, vir tyd en ewigheid. Dit moet ek onvoorwaardelike glo om
salig te kan lewe en sterwe. Amen.
Gebed,
Slotlied Lied 266 Ons Vader,
Sen:
Die Vader slaan sy arms om jou en trek jou nader;
Die Seun slaan sy arms om jou en sen jou met genade;
Die Heilige Gees neem jou aan die hand en stap met jou saam.
So maak die Drie-Enige God met elkeen wat in Hom glo!
Amen

16

Matteus 12:20

You might also like