You are on page 1of 8

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 11


KWARTAAL 1 WEEK 5
ONDERWERP Gedig: as dit reën in die boesmanland (deur Elias P Nel)
DOEL VAN LES Hersiening van die poësie-teorie en ontleding van ‘n gedig
BRONNE Papierbron
Bloemlesing: Om die aarde aan te haal en ander gedigte
INLEIDING Poësie word in Vraestel 2, Afdeling A getoets.

Laat ek jou herinner aan ...


Die wonderwêreld van poësie
• Ons almal kan nie ‘n roman of ‘n drama skryf nie, maar ons almal kan
‘n gedig skryf, want ons leef deur ons sintuie en emosies. Ons is almal
eintlik digters, maar ons pen nie ons gevoelens, dit wat ons hoor, sien
,voel en proe, op papier neer nie. Dit is eintlik maar wat ‘n digter doen.
Hulle wil hulle belewenisse, ervarings met ons deel/ wil vir ons iets sê
deur hulle skryfwerk. Die digter maak eintlik sy hart teenoor jou oop.
Daarom is die meeste temas waaroor gedigte gaan die liefde, dood,
herinneringe, natuur, troeteldiere ensovoorts. As jy vir jou maat vertel
hoe lekker die gevoel was op ‘n skaatsplank gister in die ooptes van
Atlantis; hoe jy soms gevoel het jy is soos ‘n swaeltjie wat vleg en vlieg
deur die verkeer, is jy besig om te dig.
• As jy van musiek hou, moet jy ook van gedigte hou, want ‘n liedjie is
maar ‘n gedig/storie met musiek by. ‘n Gedig het sy eie musikaliteit –
daarom moet jy dit hardop vir jou lees – jy moet dit hoor.
• Ons bestudeer ‘n gedig omdat ons wil bevestig/verklaar wat die
spreker vir ons sê. Ons word voorberei vir die lewe deur verskillende
gedigte te bestudeer. Gedigte kom nie net voor in gedigteboeke nie,
maar ook in daaglikse handel en wandel. Dink sommer aan ons
blomme- en groenteverkopers op straat wat met ons praat deur hulle
rympies; ons geliefde Mandela het die Parlementsopening in 1994
begin met ‘n gedig van Ingrid Jonker “Die kind is nie dood nie”. Ons
gewone mense kon onmiddellik daarby aanklank vind.
• Die kurrikulum vereis dat ons gesiene en ongesiene gedigte moet kan
interpreteer. Ongelukkig sukkel heelwat leerders met gedigte omdat
hulle nie die “gedigtetaal”verstaan en kan identifiseer nie.
• Indien jy een van daardie leerders is wat met die gedigte nie die
punte behaal wat jy verdien nie, sal hierdie les jou kan help.
Onthou: Hierdie les herinner jou net weer oor hoe om ’n gedig te benader
en dan gaan ons een van jou gr. 11-gedigte saam bespreek en
eksamengerigte vrae daaroor uitwerk.
KONSEPTE EN By die ontleding van ‘n gedig is daar altyd twee ONTHOU JY?:
VAARDIGHEDE kernvrae wat gevra word: Hoe lyk die uiterlike
• Wat word gesê? bou van die gedig?
• Hoe weet ek dit? Wat is die innerlike
bou van die gedig?
In gr. 11 gaan ons met die behandeling en
bespreking van elke gedig werk met ‘n MAATPLAAT.

MAATPLAAT vir die hersiening van sekere literêre elemente in gedigte


Titel en digter Die titel van gedig is die sleutel tot die inhoud van die
gedig wat die kern van die gedig ondersteun. Die
agtergrond van die digter maak dat jy verstaan
waarom hy/sy oor sekere temas skryf. Bv. Ernst van
Heerden was ‘n goeie sportman wat graag oor
sekere sportsoorte gedig het bv. Die Hardloper en Die
Gewigopteller. Hy verloor sy bene weens ‘n ongeluk
en die temas van sy gedigte verander soos in die
gedig Die verhuisingsmanne .
Subtitel Onderafdeling wat onder die titel verskyn.
Tipografie Die manier waarop die gedig gedruk is. Dit sluit die
volgende in:
tipografiese alleenplasing
tipografiese inkeping
tipografiese wit
strofebou
lettertipes
lengte van versreëls
skuinsdruk
hoof-en kleinletters
leestekens
Uiterlike bou Versreëls
Strofes: bestaan uit ‘n klomp versreëls
2 versreëls is – koeplet
3 versreëls is – tersine
4 versreëls is – kwatryn
5 versreëls – kwintet
6 versreëls – sekstet
8 Versreëls – oktaaf
Rym: Herhaling van eenderse klanke
Halfrym ✓ Alliterasie – herhaling van dieselfde konsonant
✓ Assonansie – herhaling van dieselfde vokaal
Volrym Wanneer vokale en konsonante as ‘n groep herhaal
word:
Rymskemas:
Paarrym - aa bb
Omarmende rym - a b b a
Kruisrym - a b a b
Gebroke rym - a b c a
Slagrym – a a a a
Funksies van rym: skep ‘n patroon en dien as bindmiddel
skep spanning of atmosfeer
is klankversterkend
wil sekere woorde beklemtoon deur dit in ‘n
rymposisie te plaas.
Rymdwang Wanneer ‘n word verander word om in die rymskema
te pas. bv. “koue” raak “kou”
Inversie Omruiling van woorde om in ‘n voorregsposisie te
staan, naamlik aan die begin of einde van ‘n sin. Die
woord word uit sy normale sintaktiese posisie gehaal.
Enjambement Wanneer een versreël oorloop in die volgende
versreël.
Funksies verdoesel die rym
het ‘n uitwerking op die tempo en ritme
bevorder die vloeiendheid van die gedig
dien as bindmiddel tussen versreëls en strofes
lê klem op woorde in die enjambementsposisie
Leestempo & Dui die snelheid van beweging aan wanneer ons ‘n
Leestekengebrui gedig lees. Stadig of vinnig.
k LEER DIE VOLGENDE:
‘n Stadige tempo word bewerkstellig deu:
lang klanke
baie leesekens
woorde wat beklemtoon word
‘n Vinnige tempo word bewerkstellig deur:
kort klanke
enjambement
die afwesigheid van leestekens
Beeldspraak: Vergelyking: Twee sake word met mekaar vergelyk.
Gebruik gewoonlik: soos, nes, net soos
Metafoor: Stel twee sake wat verband hou, gelyk aan
mekaar. Gebruik gewoonlik “is”
Personifikasie: Menslike eienskappe word toegeken
aan nie-menslike dinge. Dit is gewoonlik wanneer ‘n
lewelose dinge ‘n menslike handeling doen.
Tema is die kern waaruit die gedig spruit
kerngedagte/boodskap
kan die lewensles of-waarheid beskryf en is
nooit tyd-, plek-, omstandigheid-of
karaktergebonde nie.
Retoriese vraag Is ‘n vraag waarop daar nie ‘n antwoord verwag
word nie omdat die antwoord vanselfsrprekend is. Wil
slegs die leser betrek.
Herhaling Klankherhaling: alliterasie en assonansie
Woordherhaling: beklemtoon ‘n saak
Refreine: strofes word herhaal
Sintuiglike Sinestesie: Vermenging van twee of meer sintuie.
waarneming Bv. “Silwer Stemme” dui op die vermenging van “sig”
en “gehoor”.
Stylfigure Ironie – die teenoorgestelde gebeur as wat ‘n mens
verwag.
Antitese/kontras – twee uiterstes word teenoor
mekaar gestel om deur middel van kontras te
beklemtoon.
Paradoks – ‘n skynbare teenstrydigheid met ‘n dieper
waarheid daarin opgesluit.
Oksimoron – twee tenstrydige woorde staan direk
langs mekaar.
Hiperbool – iets word oordryf/ vergroot om dit
indrukwekkend te maak.
Litotes – wanneer die waarheid verklein word, om dit
te laat uitstaan.
Polisindeton – herhaling van ‘n woegwoord om ‘n
bepaalde effek te kry.
Simboliek – daar word aan ‘n konkrete verskynsel ‘n
abstrakte of dieper waarheid gekoppel.
Suggestie – is dit wat nie direk daar staan nie. Jy moet
tussen die lyne lees/afleidingd maak.
Progressie – dui op ontwikkeling van ‘n beeld deur die
gedig wat oploop tot ‘n hoogtepunt.
Regressie – teenoorgestelde van progressie:
agteruitgang van ‘n beeld
Digvorme Vrye vers is ‘n gedig wat:
nie ‘n vaste rympatroon het nie.
geen/min leestekengebruik
geen/ min hoofletters
strofebou is onreëlmatig
Sonnet het ‘n vaste boupatroon
14 versreëls
twee soorte: Engelse en Italiaanse sonnette
vaste rymskema
Stemming/Toon Die emosionele atmosfeer wat geskep word en wat
deur die gedig uitgedruk word, dikwels deur die
houding/ingesteldheid/gemoedsgesteldheid van die
spreker.

AKTIWITEIT Ons gaan nou saam kyk na die gedig as dit reën in die boesmanland deur
Elias Nel op bladsy 64 van die gedigtebundel.
• Ons gaan die maatplaat van die gedig voltooi.
• Jy gaan eksamengerigte vrae in jou werkboek beantwoord.

as dit reën in die boesmanland (Elias P. Nel)

1 verby brandvlei op pad na verneukpan


2 waai boesmangras wuiwend
3 met withande
4 in ekstase oor die druppels
5 wat nou sy wortels voed
6 driedoringbos staan parmantig uitgedos
7 sy verslete vaalswart jas verruil
8 vir donkergroen pels met
9 pienkgeel blommotief
10 !xthoba* steek vetgeswelde
11 lowergroen vingers uitdagend in die lug
12 aan elk vinger pryk
13 ‘n pienk blomring

14 … in verneukpan
15 begroet vaal roukleisteen huisies jou
16 wanneer sal ook hulle
16 soos driedoring en !xthoba* blom?
[Uit: Bek sonner brieke, 2011]

*!xthoba is die San-naam vir ‘n vetplant met vingeragtige lobbe wat deur
dorings oortrek is en pienk blomme dra.

Titel en As dit reën in die boesmanland


digter Elias Nel. Is gebore op Verneukpan in die Noord-Kaap. Die
leser word deur die spreker op reis geneem deur die
Boesmanland, oor die vlaktes tussen die dorpe Brandvlei en
Verneukpan. Die beeldryke gedig spreek die sintuie aan en
belig veral die kontras tussen die natuur na die reën en die
tekens van swaarkry en armoede van die menslike inwoners
van die omgewing.
Tema Die gedig beeld die aard van die natuur en die aard van
menslike armoede uit. In teenstelling met die natuur, wat
goed reageer op die reën deur ekstaties te blom, kry die
mense van die omgewing steeds swaar en bly in armoede
bestaan ondanks ‘n bietjie voorspoed soos die reën. Die
reismotief word belig soos die leser en spreker van een
landskap na ‘n ander beweeg.
Tipografie Bestaan uit twee strofes tipografies en inhoudelik. Daar is ‘n
teenstelling wat deur die 2 strofes geskep word. Aangesien
daar in die slotstrofe terug verwys word na die driedoring en
!xthoba vorm die gedig tog ‘n eenheid.
Vrye vers Gedig het geen vaste rymskema nie. Daar is geen hoofletters
en min leestekengebruik. Self die plekname “brandvlei” en
“verneukpan” word met kleinletters geskryf. Dit kan moontlik
dui op die onbelangrikheid van die klein plattelandse dorpies.
asook die gelykmaking van die mensgemaakte strukture met
die natuur. Daar is ook wisselende verslengtes wat ‘n kenmerk
van ‘n vrye vers is.
Rym Halfrym: Alliterasie – reël 2-4 “ waai boesmangras wuiwend
met wit hande; versrëel 7 “verslete vaalswart jas verruil”
Assonansie – reël 6 “driedoringbos staan uitgedos”

Die driedoring in blom

Beeldspraak Personifikasie is die mees prominente beeld. Reël 2-4: “die


en stylfiguur boesmangras wat wuiwend waai - die gras verrig ‘n menslike
handeling nl. “waai” en is in “ekstase” oor die reën; r. 6-8 “ die
driedoringbos wat gewoonlik sy “vaalswartjas dra” en dit nou
“verruil vir donkergroen jas”;
Die !xthoba ”steek vetgeswelde vingers”(lobbe)uit; daar
“pryk ‘n pienk blomring aan elke vinger”.
Metafoor: withande
Stylfiguur: Ironie – r. 15 “begroet vaal roukleisteen huis jou” Die
werkwoord “begroet” het altyd ‘n positiewe betekenis, maar
die teenoorgestelde gebeur as wat die leser verwag.
Hier word jy begroet deur “vaal roukleisteen huisies” dus vind
die teenoorgestelde plaas.
Stylfiguur: kontras – die “vaal roukleisteen huisies” en
“vaalswart jas” staan in kontras met hoe“donkergroen,
pienkgeel, lowergroen en pienk die driedoring en !xthoba” lyk
Stylfiguur: Klanknabootsing – woorde word gebruik om klanke
na te boots: “waai boesmangras wuiwend”
Leesteken- Ellips /beletselteken … aan die begin van strofe 2. Dit het ‘n
gebruik drieledige funksie naamlik: tydsverloop; skakel/ bind met die
openingreël en raak weer die reismotief aan; dui ‘n wending
aan wat in strofe 2 voorkom. Hier beweeg die blik van die
spreker weg van die veld en die natuur en val nou op die
“vaal roukleisteen huisies” en die lot en welstand van die
mense.
Vraagteken(?)- is ‘n retoriese teken – ‘n vraag waarop daar
nie ‘n antwoord verwag word nie.
Enjambe- Versreëls loop oor van een versreël na die volgende om by
ment die reismotief te pas/ die beweging van een plek na die
ander /versnel die leestempo.
Inversie Die woord word uit sy normale sintaktiese posisie gehaal.
Die normale posisie is: “hulle ook”, maar nou is dit omgeruil
sodat “hulle” laaste staan in ‘n voorregsposisie. Die “hulle”
verwys na die “vaal roukleisteen huisies”. Die vraag is dus
ironies.
Stemming/ Die vrolikheid van die veld (1ste strofe) na die reën en die
Toon somberheid van die mense van die omgewing wie se
swaarkry nie deur die reën verlig is nie.
ASSESSERING Beantwoord die onderstaande vrae oor die gedig in jou skryfboek.
1.1 Haal een woord uit die titel aan wat staaf dat reën ‘n rare
verskynsel is. (1)
1.2 Benoem die beeldspraak wat in versreël 2 voorkom. (1)
1.3 Haal twee aparte versreëls uit die gedig aan wat die
verwelkoming van die reën beklemtoon. (2)
1.4 Verskaf enige twee kenmerke van ‘n vrye vers wat in die gedig
na vore kom. (2)
1.5 Die huisies staan in kontras met die natuur in die gedig
“as dit reën in die Boesmanland”.
Bespreek dié kontras en sê watter figuurlike boodskap die spreker
aan die lesers wil oordra. (3)
1.6 Evalueer die spreker se ingesteldheid jeens die boesmanland
in ‘n volsin. (1)

MEMORANDUM Vraag [10] Antwoord Punt


1.1 “as” √ 1
1.2 Personifikasie √ 1
1.3 Versreël 4 – “in ekstase oor die druppels” √
Versreël 6 – “driedoringbos staan parmantig uitgedos” √
Versreël 11 – lowergroen vingers uitdagend in die lug” √
Versreël 12 – “aan elk vinger pryk ‘n pienk blomring” √
(Enige 2) 2
1.4 Geen vaste rymskema/rympatroon / geen hoofletters
oneweredige versreëllengtes /nie ‘n vaste metrum nie √√
(Enige 2) 2
1.5 Die natuur (selfs die geharde vetplante) verander van
toestand (helder pienkgeel blommotief) en floreer as dit
reën √ teenoor die vaal roukleisteen huisie wat geen
verandering aan die buitekant toon nie. √ Figuurlike
boodskap van die vaal huisies verwys na die inwoners se
omstandighede wat nog steeds dieselfde is en die mense
nog steeds swaarkry en doodgewoon aangaan met hulle
lewens. Dikwels ‘n vaal en oninteressante lewe met geen
uitspattighede nie. √ (Of soortgelyke antwoorde) 3
1.6 Die spreker is duidelik na aan die boesmanland (natuur) en
is in vervoering met die skoonheid van die natuur. √ Die
spreker is lief vir die Boesmanland, want dit is sy tuiste.
(Of soortgelyke antwoorde) 1
10

KONSOLIDASIE Verstaan eers die maatplaat om die gedig te verstaan.


WAARDE Liefde vir gedigte

You might also like