You are on page 1of 11

HOËRSKOOL KEMPTON PARK

AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 11
VRAESTEL 2: LETTERKUNDE (TAAK11 )
Datum: 11 November 2022 Eksaminatore: Mes. M. Scholtz, L. Ernst
Tyd: 2½ uur Moderator: Me. M. Scholtz
Totaal: 80 punte
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Roman (25)
AFDELING C: Drama (25)
3. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in
AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
4. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

 Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die


opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING
C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die
opstelvraag in AFDELING C beantwoord.
5. LENGTE VAN ANTWOORDE

 Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.
 Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
7. Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute

Bladsy 1 | Graad 11/V2/EIND2022


AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae (Vraag 1–4)

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

Draai na my – Louis Esterhuizen

1. Daar sal dae wees


2. wanneer die wêreld onkant
3. draai, dae wanneer
4. die grond hardnekkig tree vir tree
5. terugstamp en daar geen holte
6. te vinde is nie, dae wanneer
7. die son ’n goiingsak is agter miswolke
8. en alles wanstaltig teenoor mekaar
9. bly staan, dae wanneer
10. die gelag van vriende
11. jou grief, wanneer jy sal voel: niks of
12. niemand, daar is geen sin
13. of heenkome nie en jy sal terugtrek
14. na jou binnekamer en sien
15. hoe oud jy geword het, hoe verlore
16. die tye toe jy onbevange jou weg
17. deur watter gesprek ook al kon vind
18. en alles vreugde was.

[Uit: Om die aarde aan te haal en ander gedigte, 2016]

[10]
Die eerste twee strofes van hierdie gedig bereik ‘n hoogtepunt in die slotstrofe. Skryf ‘n
opstel (200 tot 250 woorde).
Stem jy saam met hierdie stelling en gee redes vir jou standpunt.

Bladsy 2 | Graad 11/V2/EIND2022


VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Habakuk 1 – Kobus Lombard

1. al sou die rosyntjiebosse in die bot staan


2. en die kameeldorings grys bepeuld hang
3. al sou die lammeroes algar drielinge dra
4. en die afrikaners blinkrooi in die krale drom

5. nogtans sal ek rouklaag


6. tot God my Redder:
7. my kind is dood

8. die Here
9. – nes !Xu –
10. brei my sole
11. soos die van ‘n Boesman
12. in die wit Kalaharison
13. laat Hy my kaalvoet loop

[Uit: Om die aarde aan te haal en ander gedigte, 2016]

2.1 Wat word strofe 1, wat uit 4 versreëls bestaan, genoem? (1)

2.2 Gee TWEE redes hoekom hierdie gedig ‘n vrye vers is. (2)

2.3 Watter suggestie lê opgesluit in die woord ‘blinkrooi’ in versreël 4? Haal TWEE
opeenvolgende woorde aan uit versreël 3 wat die idee versterk. (2)

2.4 Benoem die beeldspraak in versreëls 8 tot 9 en verduidelik die beeld in jou eie
woorde. (2)

2.5 Wat is die tema van die gedig en kan jy met die tema vereenselwig? Gee ‘n
motivering vir jou antwoord. (2)

2.6 Die inhoud van dié gedig moenie as negatief gesien word waarin God
bevraagteken / verwerp word nie. Hoekom nie ? (1)

[10]

Bladsy 3 | Graad 11/V2/EIND2022


VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Gebuigde poskaarte – Ingrid Jonker

1. op ‘n donkerblou bus deur parys


2. (op reis) (op reis)
3. lees jy slapbandstrokies
4. terwyl ek langs my
5. weerkaatsing mymer

6. die notre dam verbrokkel


7. in kerse
8. en ‘n gotiese lag
9. agter beelde se koue
10. hande
11. fluister stemme in die skemer
12. sacre Coeur

13. kyk hoe slang die seine verby


14. met haar vrag onbespeurde
15. drenkelinge
16. gejaste paartjies in die tuin

17. van die tuileries-paleis en ek


18. en jy
19. loop tussen platane

20. verby die mites van reise en lente


21. verby herfs
22. Tot in die sneeu by pont neuf

23. Op vakansie in die paradys

[Uit: Om die aarde aan te haal en ander gedigte, 2016]

3.1 Wie is die spreker in die gedig? (1)

3.23.1 Gee TWEE moontlike verklarings vir die titel van die gedig. (2)

3.33.2 Benoem die beeldspraak in versreëls 9 tot 10 en verklaar die beeld in jou eie
woorde. (2)

3.43.3 Herlees versreëls 17 tot 19.

Hoe dra die tipografie by tot die idee dat die paartjie uitmekaar dryf? (1)

3.5 Herlees versreël 23.

3.5.1 Benoem die stylfiguur. (1)

3.5.2
3.4 Hoe word versreël 23 uitgehef en wat is die doel daarvan in die gedig? (2)

3.6 Wat is die tema van die gedig? (1)


[10]

Bladsy 4 | Graad 11/V2/EIND2022


VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vyf koeplette as detox - Johan Myburg


Badkamerblues

1. In ‘n badkamer met spieëls vol wasem


2. proe ek jou soos gif op my asem

3. Ek skink ‘n glas Allesverloren-port


4. drink op alles wat was nie was nie word

5. Hoe meer ek aan jou dink


6. hoe dieper wil ek in die water sink

7. Niks hou my nou meer vas


8. gaan jou gaan jou uit my hare was

9. Teug aan ‘n laaste sigaret blaas rook


10. ‘n wit sakdoek wat bly spook

[Uit: Om die aarde aan te haal en ander gedigte, 2016]

4.1 Watter verwagting skep die titel en is dit geslaagd in die gedig? Motiveer jou antwoord. (2)

4.2 Hoe dra die subtitel by tot die stemming van die gedig? (1)

4.3 Wie is die spreker en aangesprokene in die gedig? (2)

4.4 Herlees versreëls 1 tot 2

4.4.1 Wat is die rympatroon in strofe 1? (1)

4.4.2 Benoem die beeldspraak in versreël 2 en verduidelik die beeld in jou eie woorde, (2)

4.5 Versreëls 3 tot 4 is ironies gestel. Verduidelik die ironie in jou eie woorde. (1)

4.6 Verduidelik hoe die slotreël (versreël 10) by die tema van die gedig aansluit. (1)

[10]

EN

Bladsy 5 | Graad 11/V2/EIND2022


ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

die skepping van die vrou – Vincent Oliphant

1. waarom dan die man alleen?

2. God neem ‘n been


3. en betrag dit stip
4. dit is ‘n rib

5. en in ‘n oomblik van grootse inspirasie


6. tower hy met digterlike grasie
7. ‘n meesterwerk van vlees en bloed

8. hy’t dit beskou


9. en dit was goed
10. en dit was vrou

[Uit: Die sagte vlees , 1998]

5.1 Hoe word die leser by die gedig betrek? (1)

5.2 Watter retoriese middel word in versreël 1 gebruik? Wat is die doel daarmee? (2)

5.3 Herlees versreëls 2 tot 4.

5.3.1 Wat word ‘n strofe wat uit drie reëls bestaan genoem? (1)

5.3.2 Waarom word slegs God met ‘n hoofletter geskryf? (1)

5.3.3 Haal EEN woord aan wat daarop dui dat God deeglik seker gemaak het voordat hy
die vrou geskape het. (1)

5.4 Gee EEN rede waarom die gedig as ‘n vrye vers gesien kan word. Dink jy dit is
funksioneel in die gedig? Motiveer jou antwoord. (2)

5.5 Hoe dra die gebruik van enjambement by tot die lees van die gedig? Wat is die funksie
daarvan in die gedig?. (2)

[10]
TOTAAL AFDELING A: 30

Bladsy 6 | Graad 11/V2/EIND2022


AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DROOMDELWERS – Esta Steyn

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG

Bespreek die tema Geheime in ‘n literêre opstel van 350–400 woorde


[25]

VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksel hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

1 Wanneer Leendra van Die Bont Huis af oor die werf loop, stop Samuel se bakkie
2 langs haar. Sy’s verbaas om Sielie langs hom te sien sit. Sielie klim uit, swaai haar
3 rugsak op haar rug en hardloop sonder ‘n woord na die swaai toe.
4 “Waar was sy?” vra Leendra vir Samuel. “By Sweetie by die kafee?”
5 Hy kyk na haar. “Bo in die Kloof by die ou murasie.”
6 Sy staar verbaas na hom. “Wat?”
7 “Dis wat ek jou wou gaan wys. Daar is ‘n gat in die vloer, met planke bedek. Een
8 van Sielie se poppe lê daar.”
9 Wat weet hy nie alles nie? Hoekom krap hy in die ou murasie rond?
10 “Hoe het jy geweet sy’s daar?”
11 “Ek het toevallig daar verbygery. Ek was op pad hotel toe.”
12 “Om Patty te gaan paai? Sy ly seker nog aan skok. Die hele ou lot van hulle ly
13 seker aan skok.”
14 Hy kan op die plek sy tong afbyt. Hy moes nie nou van die hotel gepraat het nie.
15 Sy kyk hom wantrouig aan en die woorde glip onverwags uit: “Hoekom ontken jy
16 dit? Dat jy voorheen by my pa was … kort voor die dag van die ontploffing?”
17 Hy was nie voorberei op hierdie gesprek nie. Hy bly ‘n ruk lank stil. “Ek het dit nie
18 ontken nie, Leendra. Ek wou nie daaroor praat nie.”
19 “So, het jy my pa ontmoet?”
20 “’n Man met ‘n ontsaglike teenwoordigheid.”
21 “Hoekom was jy by hom?”
22 “Ons maatskappy, Western Mining, het belang gestel om die steengroef te koop.
23 Ons wou hom ‘n aanbod maak.”
24 Sy kyk hom wantrouig aan..

7.1 In watter ruimte speel die uittreksel af? (1)

7.2 Wie stel die pop wat onder die plankvloer lê voor waarvan daar in reël 7 en 8 gepraat
word? Hoekom plaas Sileie die pop onder die vloer? Wat is die rede hoekom Sielie
die pop hier begrawe? (3)

7.3 Herlees die onderstreepte deel in reël 9.

Watter konflik ervaar sy hier. Dink jy dat die konflik later in die roman opgelos word?
Gee ‘n motivering vir jou antwoord. (2)

Bladsy 7 | Graad 11/V2/EIND2022


7.4 In reëls 5 en 9 word daar verwys na die murasie, waar presies is dié geleë in die
roman? (1)

7.5 Watter tipe verteller is in reëls 14 tot 16 aan die woord? Noem een nadeel van dié
verteller. (2)

7.6 Herlees reëls 22 tot 24

7.6.1 Wie is Samuel se vennoot by die maatskappy? (1)

7.6.2 Watter karaktereienskap van Leendra kan uit die gedeelte afgelei word?
Verduidelik in jou eie woorde die karaktereienskap. (2)

7.6.3 Dink jy dat Leendra later wel Samuel se strorie sal glo? Gee ‘n motivering
vir jou antwoord. (1)
[13]

TEKS B

1 Wanneer Leendra die volgende dag die pos gaan uithaal, is daar ‘n brief van Lucia.
2 Sy gaan sit op die muurtjievoor die poskantoor en skeur die brief oop.
3 Liewe Leendra ek dink elke dag aan jou en Sielie. Teen hierdie tyd weet jy seker
4 dat ek ‘n skeisaak teen Phil begin het. Na soveel jare is daar dinge wat my steeds
5 pla. Ek het alle rede om te vermoed dat Phil, as eksekuteur van jou pa se boedel,
6 nie reg opgetree het nie. Daar was ‘n prokureur met die naam Kurt Combrinck wat
7 ek nie vertou nie. Hy was met die saak gemoeid. Ek dink nie Phil het die volle
8 koopsom van die soutmyn in die boedel inbetaal toe hy dit gekoop het nie. Daar is
9 ‘n lêer in Phil se kantoor in die kluis. Die sleutel is in die boonste laai van sy
10 bedkassie in ons kamer, met ‘n rooi bandjie om. Wees net versigtig dat Phil jou nie
11 sien nie. As ek weer bel, moenie van hierdie dinge praat nie, want Phil luister
12 partykeer van die huis se foon af in.
13 Sy staan in die slaapkamer en kyk na die bed waar Lucia so lank geslaap het.
14 Wanneer sy die bedkassie se laai ooptrek, hoor sy die voordeur oopgaan. Sy was
15 seker dat oom Phil op die panne is. Dis sy voetstappe wat in die gang opklink. Sy
16 bly versteend staan wanneer Phil die kamer binnekom.
17 “Soek jy iets?” Hy vat sy sonbril van die bedkassie af,
18 Sy gaan na Lucia se kas toe. “Nee, dis net dat Lucia gevra het dat ek nog van haar
19 goedjies aanstuur.”
20 “Jy stuur nie ‘n enkele ding agter haar aan nie! As sy haar goed wil hê, kan sy dit
21 hier kom haal.”
22 Sy loop by die kamer uit en voel hoe haar bene bewe.

7.7 Verduidelik in jou eie woorde waarom Lucia van Phil wil skei. (1)

7.8 Noem die tema wat duidelik uit die uittreksel afgelei kan word. (1)

7.9 Lucia noem in haar brief dat sy aan Sielie dink. Wat dink jy is die rede hiervoor?
Lucia help aan die einde van die roman vir Sielie. Beskryf hoe sy vir Sielie bystaan. (2)

7.10 Watter karaktereienskap van Phil is duidelik waarneembaar in reël 20? Noem nog ‘n
ander geleentheid waar Phil ook so opgetree het. (2)

Bladsy 8 | Graad 11/V2/EIND2022


7.11 In reël 22 bewe Leendra se bene. Gee EEN rede hoekom sy bewe. (1)

7.12 Watter stemming is oorheersend in die onderstreepte gedeelte in reël 10. (1)

7.13 Beskryf die dramatiese ironie wat na die gedeelte in die roman volg. (1)

7.14 Dink jy dat die roman ‘n ‘goed-voel-roman is? Gee TWEE redes om jou antwoord
te staaf. (2)

7.15 Herlees reël 24 van TEKS A en reël 17 van TEKS B. Dui aan hoe dit wat sy in die
gedeeltes by TEKS A en TEKS B doen vir Leendra sal help om as karakter
te ontwikkel. (1)
[12]

TOTAAL AFDELING B: 25

AFDELING C: DRAMA

MY JAPAN – Schalk Schoombee

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG

Bespreek die tema Fantasiewêreld in ‘n literêre opstel van 350–400 woorde. [25]

VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

1 MA: (moeg, weet wat kom) Ja, ja. Jy maak wat jy wil, al sê wat. Al vra ek mooi, al
smeek ek.
2 ILSE: Moet asseblief nie smeek nie. Dit pas Ma nie. Probeer eerder boelie, nag en
wat van 'n bietjie emosionele afpersing?
3 MA: Wanneer het jy my so begin haat, Ilse?
4 ILSE: Hier gaan ons.
5 MA: Van wanneer af het ek so in estimasie gedaal dat jy vieslik en smalend met my
moet wees elke kansie wat jy kry? Wanneer het jy my as een of ander monster
begin sien?
6 ILSE: Ek's nie vanaand lus vir derms uitryg nie, asseblief.
7 MA: Was dit toe jou pa die hasepad gekies het? Of toe ek in Grootvlei was?
8 ILSE: (lag skielik)Gotham City?
9 MA: Wat?

Bladsy 9 | Graad 11/V2/EIND2022


10 ILSE: By die skool praat hulle van Grootvlei as Gotham. Stad van groot vlermuise en
mal matrones.
11 MA: Nie iets om oor te lag nie.
12 ILSE: Sorry, maar dis snaaks.
13 MA: Lucy se ma het my vandag gebel en vertel daai Goth-kind is in Grootvlei
opgeneem. Haar lippe geverf met haar eie bloed … daar was 'n swart kers op
die vloer.
14 ILSE: Die L-bende vertel klaar die hele skool Elzette is 'n satanis. Hierdie land maak
my gek.
15 MA: Dis nie die land se skuld nie!

9.1 Wat word die kursiefgedrukte deel in spreekbeurt 1 genoem en wat is die funskie (2)
daarvan?

9.2 Watter karakteriseringstegniek word in spreekbeurt 2 gebruik om Ilse se ma te


beskryf? Noem ook wat ons dan van haar karakter kan aflei en sal jy sê dat dit ‘n
goeie karaktereienskap is? Gee ‘n motivering vir jou antwoord. (3)

9.3 Herlees spreekbeurt 3. Wat gaan die gesprek tussen Ilse en haar ma vooraf? (1)

9.4 Verduidelik die ironie in die onderstreepte gedeelte in spreekbeurt 5. (1)

9.5 Herlees spreekbeurte 7 tot 8


(1)
9.5.1 Waar is Ilse se pa nou?

9.5.2 Waarom was Ilse se ma in Grootvlei? (1)

9.5.3 Gotham City is bekend vir sy matrones. Hulle deel pilletjies uit. Hoekom sal
dit wys wees van die matrone om vir Ilse se ma eers ‘n swart pilletjie te gee
en dan af te sluit met ‘n wit pilletjie? (2)

9.5.4 Dink jy dit is reg van Ilse om so te reageer in spreekbeurt 8? Gee ‘n


motivering vir jou antwoord. (1)
[12]

EN

Bladsy 10 | Graad 11/V2/EIND2022


TEKS D

1. MA: Jy's laat op.


2. ILSE: Ma's terug.
3. MA: Tot elfuur koppe gestamp oor die pitch vir Tswane Metroraad, my stembande is
skoon seer.
4. ILSE: Niemand het seker 'n woord ingekry nie.
5. MA: Ja, toe! Het jy die hoender gedoen soos wat ek gevra het?
6. ILSE: Maaaa, ek kan nie!
7. MA: Mooi. Dankie!
8. ILSE: As ek wou kook het ek huishoudkunde gevat.
9. MA: Wat skryf jy?
10. ILSE: Toespraak. En nee, Ma kan nie help nie.
11. MA: Trek tog net uit daai …daai
12. ILSE: Kimono.
13. MA: (sug) Daai niggie van jou met haar presente en eksotiese stories van daai
heidense plek. Jy is nie soos sy nie.

9.6 Herlees spreekbeurt 4.

9.6.1 Wat impliseer Ilse hier?


(1)
9.6.2 Dink jy dit is regverdig van Ilse om dit vir haar ma te sê? Gee ‘n motivering
vir jou antwoord. (1)

9.7 Watter toespraak skryf Ilse hier? Dink jy haar toespraak het goed afgeloop? Gee
‘n motivering vir jou antwoord. (2)

9.8 Herlees spreekbeurt 10.

9.8.1 Watter karaktereienskap openbaar Ilse hier? (1)

9.8.2 Waar in die struktuur (bou) van die drama pas die uittreksel in? Gee ‘n
motivering vir jou antwoord. (2)

9.9 Watter emosie ervaar Ilse se ma in spreekbeurt 13 en wat dink jy is die oorsaak
daarvan? (2)

9.10 Wie is die niggie waarvan Ilse se ma praat? Binne watter ruimte bevind die niggie
haar? En wat is die eintlike rede waarom Ilse die kimono dra? (3)

9.11 Herlees spreekbeurt 3 van TEKS A en spreekbeurt 10 van TEKS B. Bepreek hoe
Ilse as karakter ontwikkel het uit die twee gedeeltes. (1)

[13]

[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80

EINDE VAN VRAESTEL

Bladsy 11 | Graad 11/V2/EIND2022

You might also like