You are on page 1of 4

Taak 2023

G12 ~ Afrikaans Huistaal

TAAK 6: Letterkundeprojek

AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 12
TAAK 6
LETTERKUNDEPROJEK

EKSAMINATOR: C. Van Staden TYD: 1 uur


MODERATOR: T. Nel TOTAAL: 35

INSTRUKSIES

1. Hierdie projek bestaan uit TWEE afdelings en TWEE vrae:


1.1 Afdeling A: Poësie
1.2 Afdeling B: Drama
2. Jy mag jou boeke en notas gebruik terwyl jy die projek doen. Jy is aangeraai om
notas in die roman te maak soos jy daardeur werk en om tydelike plekhouers/Post-it-
notas te plak wanneer jy temas raaksien. Gebruik nou hierdie notas.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Nommer elke vraag soos aangedui.
5. Dit is in jou eie belang om netjies en leesbaar te skryf.
6. Trek ’n lyn ná elke vraag.
7. Begin elke vraag op ’n nuwe bladsy.
8. Gebruik slegs ’n blou bolpuntpen.
9. Trek werk duidelik dood wat nie gemerk moet word nie.
10. Beantwoord die vrae op foliopapier.
11. Gee besonderse aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Bladsy 1 van 4 © Impaq


Taak 2023
G12 ~ Afrikaans Huistaal

AFDELING A: POËSIE: ONGESIENE GEDIG

VRAAG 1: “Die huis luister” (Daniel Hugo)

Lees die onderstaande gedig en beantwoord die vrae volledig.

Die huis luister Daniel Hugo

1 my kamers is hol soos ’n binne-oor


2 ek hoor hoe die bewoners roesemoes
3 liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
4 soek met die goor hede, nooit tevrede
5 aanhou kibbel oor kon en sou en moes

6 luister, ek bewaar julle verlede


7 my fondamente kraak onder die las
8 my plafonne raak voos van die eggo’s
9 te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
10 jare se trane laat my rame roes

11 so word ons saam verweer deur dit wat was


12 my dakplate en julle gebede
13 fluister en knal al hoe harder om hulp
14 ongehoord in elke nag se oorskulp
[Uit: Dooiemansdeur, 1991]

1.1 Haal ’n frase uit strofe 1 aan wat op nimmereindigende verwyte dui. (1)

1.2 Watter stylmiddel ondersteun hierdie verwyte in strofe 1? Skryf ook EEN woord
uit strofe 2 wat by dié verwyte aansluit, neer. (2)

1.3 Benoem en bespreek die funksie van die beeldspraak in die eerste versreël. (2)

1.4 Watter kontras kom in strofe 3 voor? (1)

1.5 Hoe word die negatiwiteit in die eerste strofe beklemtoon? (1)

1.6 In strofe 3 blyk dit dat die mens tog steeds na ’n beter toekoms hunker.
Bewys hierdie stelling deur DRIE opeenvolgende woorde aan te haal. (1)

1.7 Wat sal jou gemotiveerde raad aan hierdie huismense wees?
Gee TWEE feite. (2)
[10]

TOTAAL AFDELING A: 10

Bladsy 2 van 4 © Impaq


Taak 2023
G12 ~ Afrikaans Huistaal

AFDELING B: PROSA

VRAAG 2: Literêre opstel: Mis (Reza de Wet)

Die titel “Mis” het verskillende betekenisse en sluit by verskeie belangrike motiewe in die
drama aan. Bespreek dié stelling in ’n opstel van 400 tot 450 woorde.
[25]

TOTAAL AFDELING B: 25

GROOTTOTAAL: 35

Bladsy 3 van 4 © Impaq


Taak 2023
G12 ~ Afrikaans Huistaal

AFRIKAANS HUISTAAL-RUBRIEK: LITERÊRE OPSTEL – ROMAN EN DRAMA (25 PUNTE)

Inhoud Uitstekend Goed Bogemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak Beroerd


14−15 12−13 11−10 8−9 6−7 4−5 0−3
Interpretasie van Uitstekende Diepgaande Toon goeie Redelike Basiese begrip van Onbevredigende Geen begrip van
onderwerp. begrip van begrip van begrip van begrip van inhoud en strekking begrip van inhoud en strekking
Diepte van inhoud en inhoud en inhoud en inhoud en van genre. inhoud en van genre nie.
argument, strekking van strekking van strekking van strekking van Weinig feite met strekking van ’n Vae aanpak van
verantwoordbaar- genre. genre. genre. genre. motiverings word genre. genre, geen feite
heid en insig in Feite en Feite en Feite gegee, Enkele feite gegee. Slegs enkele met motiverings
teks. motiverings motiverings maar nie almal word feite word gegee wat spesifieke
uitsonderlik. goed met gemotiveer. sonder genre staaf nie.
ondersteun. motiverings motiverings.
nie.
Struktuur en taal Uitstekend Bogemiddeld/Goed Gemiddeld Ondergemiddeld Swak
9−10 7−8 5−6 3−4 0−2
Logiese vloei en Samehangende Duidelike struktuur. Goeie bewyse Toon basiese struktuur. Toon geen bewyse
aanbieding. struktuur. Inleiding, slot en paragrawe van struktuur Gebrekkige inleiding en slot is gegee. van struktuur nie.
Toon- en Uitstekende samehangend. met inleiding Taalfoute is beduidend en Geen logiese vloei
stylgebruik in inleiding en slot Taalgebruik, toon en styl is maar geen paragrafering is foutief. van argumente nie;
opstel. gegee. grootliks korrek. slot/geen nie gepas by genre
Taalgebruik, inleiding; slegs nie.
toon en styl pas slot. Taalfoute, toon en
by genre. Enkele stylfoute belemmer
taalfoute; toon vloei van
en styl gepas. argumente.

Bladsy 4 van 4 © Impaq

You might also like