You are on page 1of 6

Taakmemorandum 2022

G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

MEMORANDUM – TAAK 10: Projek

LETTERKUNDEPROJEK

INSTRUKSIES

1. Hierdie projek bestaan uit TWEE fases:


1.1 Fase 1: Navorsing.
1.2 Fase 2: Skriftelike respons op letterkundige werk na aanleiding van die navorsing wat
gedoen word.

Onthou om die korrekte bronverwysing te gebruik:

Bladsy 1 van 6 © Impaq


Taakmemorandum 2022
G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

FASE 1: NAVORSING

STAP 1

Vroeër die jaar het julle die legende “Die vlieënde Hollander” gelees. Doen navorsing oor
die volgende:

1.1 Wat is ’n legende? (2)

1.2 Wat is ’n fabel? (2)

1.3 Gaan soek nog DRIE ander legendes en skryf hulle name neer. (3)
[7]

MEMORANDUM

1.1 Enige twee van die volgende:


• Dit is ’n vertelling van iets wat in die verlede gebeur het. 
• Dit word mondelings van een generasie na ’n volgende oorvertel. 
• Dit verduidelik feite uit die verlede. 
• Dit is ’n vertelling wat ’n les oordra (lewensles of moreleles). 
• Dit word as ’n ware verhaal oorvertel, maar kan bonatuurlike elemente bevat soos
niemenslike elemente wat kan praat. 
• Dit kan fiktief of ’n ware lewensverhaal wees. 
(Soortgelyke antwoorde mag aanvaar word.) (2)

© Impaq Bladsy 2 van 6


Taakmemorandum 2022
G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

1.2 Enige twee van die volgende:


• Dit is ’n diereverhaal. 
• Dit dra ’n les oor. 
• Dit is ’n kortverhaal. 
• Dit is lineêr, wat beteken daar is geen tydspronge nie. 
• Dit word in die derdepersoon vertel. 
(Soortgelyke antwoorde mag aanvaar word.) (2)

1.3 Die leerder kan enige DRIE legendes noem:


• Koning Arthur en sy ridders 
• Die Ramayana (Indiese legende) 
• Perseus en die Gorgone-kop 
• Die take van Hercules 
• Robin Hood 
• Rip van Winkel 
• Die verhaal van Nongalaza 
(Soortgelyke antwoorde mag aanvaar word.) (3)

STAP 2

Maak ’n lys van al die bronne wat jy gebruik het en handig dit saam met die navorsing in.

STAP 3

Lees die onderstaande legende en beantwoord die vrae. Jy gaan dit ook in fase 2 van
hierdie projek gebruik.

Racheltjie de Beer

1. Racheltjie De Beer was ’n 12-jarige dogtertjie. Sy het haar lewe gegee om haar boetie se
lewe te red.

2. Die jaar was 1843 en dit was ’n baie koue winter. Die Groot Trek het veroorsaak dat die De
Beer-gesin trek van die Vrystaat na Mpumalanga, op soek na grond waarop hulle kon bly.
Die De Beer-gesin het vir eers op ’n ander boer se plaas gebly. Een aand, toe al die beeste
in die takkraal gejaag word, sien Racheltjie en haar boetie dat hulle gunstelingkalfie, Frikkie,
nie saam met die res van die beeste terug in die kraal is nie. Al die mense besluit om vir
Frikkie te gaan soek. Racheltjie en haar boetie is ook deel van die soektog na Frikkie.

3. Tydens die soektog word Racheltjie en haar boetie van die res van die mense geskei. Dit
het begin donker raak, sneeu het weer begin val en Racheltjie en haar boetie besef hulle
het verdwaal. Racheltjie is slim genoeg om te weet dat hulle aan die loop moet bly en dat
hulle kan verkluim as hulle nie aanhou beweeg nie. Maar uiteindelik kan hulle nie meer
verder deur die vreeslike koue loop nie. Racheltjie het ’n miershoop gesien en dit uitgehol.
Sy het vir haar boetie gesê om in die miershoop te klim. Sy het al haar klere uitgetrek en vir
haar boetie aangetrek. Racheltjie het voor die miershoop se opening gaan lê om die koue
uit te hou.

4. Racheltjie de Beer het daardie aand voor die opening van die miershoop verkluim.
(Bron: bit.ly/3q2fk0H)

Bladsy 3 van 6 © Impaq


Taakmemorandum 2022
G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

3.1 Wat het met Racheltjie en haar boetie gebeur toe dit begin donker raak? (1)

3.2 Waarin het Racheltjie gesê moet haar boetie klim? (1)

3.3 Wat het Racheltjie gedoen om die koue van haar boetie weg te hou? (1)
[3]

MEMORANDUM

3.1 Racheltjie en haar boetie het verdwaal.  (1)

3.2 In ’n miershoop.  (1)

3.3 Sy het voor die miershoop gaan lê.  /


Sy het haar klere uitgetrek en dit vir haar boetie aangetrek.  /
Sy het vir haar boetie gesê hy moet in die miershoop klim.  (1)
[3]

FASE 2: SKRIFTELIKE RESPONS OP “RACHELTJIE DE BEER”

STAP 1

Jy het die storie van Racheltjie de Beer gelees. Maak ’n dagboekinskrywing van 30 tot 40 woorde
waarin jy sê hoe jy daaroor voel dat Racheltjie haar boetie gered het.

RUBRIEK VIR DIE SKRYF VAN ’N DAGBOEKINSKRYWING Kan verbeter / ontoereikend

Voldoende/gemiddeld

Uitmuntend
Baie goed
Goed

Kriteria

1. Hou by die onderwerp. 0–1 2 3–4 5 6


2. Prosesskryf (beplanning, struktuur van teks en redigering). 0–1 2 3–4 5 6
3. Rangskikking en kreatiwiteit van feite en inligting (goeie inleiding,
middel en slotsin; logiese, samehangende aaneenskakeling van 0–1 2 3–4 5 6
sinne tot goeie paragrawe).
4. Kreatiewe taalgebruik (beskrywende woorde). 0–1 2 3–4 5 6
5. Toepaslike woordeskat, spelvaardighede en leestekengebruik. 0–1 2 3-4 5 6
Opbouende terugvoer:

Totaal: 30 ÷ 3 = 10

© Impaq Bladsy 4 van 6


Taakmemorandum 2022
G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

STAP 2

Skryf nou jou eie legende van 120 tot 150 woorde.

Onthou:
• Jou legende moet ’n titel hê.
• ’n Legende moet ’n lewensles/moreleles bevat.
• Dit is ’n verhaal wat in die verlede gebeur het.
• Beplan jou skryfstuk deur middel van ’n breinkaart, diagram, sleutelwoorde, ens.
• Dui jou beplanning en finale skryfstuk duidelik aan.
• Dui die aantal woorde wat jy gebruik het duidelik aan die einde van die skryfstuk tussen
hakies aan.

RUBRIEK VIR DIE SKRYF VAN ’N LEGENDE

0–1 2 3 4
Werk is
Inhoud pas baie
afgeskryf, nie Inhoud pas nie Inhoud is
Inhoud goed by die
leerder se eie by die tema nie. voldoende.
tema.
werk nie.
Swak Baie taalfoute is Goeie Baie goeie
Taal
taalgebruik. gemaak. taalgebruik. taalgebruik.
Opstel is vol ’n Paar
Spelling Baie spelfoute. Korrekte spelling.
spelfoute. spelfoute.
Goed beplan,
Geen bewyse
Swak maar klein Baie goeie
Beplanning van beplanning
beplanning. foutjies kom beplanning.
nie.
voor.
Swak sinne en
Swak sinne en Goeie sinne en Puik sinsbou en
Sinsbou geen paragrawe
paragrawe. paragrawe. paragrawe.
nie.
Totaal: 20

TOTAAL: 40

Bladsy 5 van 6 © Impaq


Taakmemorandum 2022
G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

© Impaq Bladsy 6 van 6

You might also like