You are on page 1of 3

AFRIKAANS

GRAAD 7
TOETS 1
LEESBEGRIP, VISUELE TEKS EN TAAL

EKSAMINATOR: Me. M. Kitching DATUM: Februarie/Maart


2024
MODERATOR 1: Me. K. van Zyl TYDSDUUR: 60 minute
MODERATOR 2: Me. I. K. Kichenbrand TOTAAL: 60 punte
Memorandum
VRAAG 1: LEESBEGRIP

Vr. Antwoord Punt Vlak


1. C. Valentynsdag  1 1
2. Valentino se kop is op 14 Februarie 270 v.C. afgekap.  1 1
3. Sy was blind. / Blindheid.  1 1
4.1 B. Sterk, waardig en magtig. 1 1
4.2 A. Keiser Claudius II.  1 1
5.1 Latynse  1 1
5.2 sint  1 1
6. Rome  1 1
7.1 “Keiser Claudius II het destyds besluit om huwelike onwettig te
1 2
verklaar, omdat dit mans swak soldate gemaak het.” 
7.2 “Dit het Valentino so ontstel dat hy jong paartjies in die geheim in
1 2
die huwelik bevestig het.” 
8. Valentino het Christene uit die Roomse marteltronke gehelp
1 2
ontsnap. 
9. Dit verteenwoordig die liefde of om eer aan Valentino te bring. 
1 2
(Enige relevante antwoord.)
10. Valentino het mense gehelp. 
Hy was ‘n held wat in liefde geglo het.  2 2
(Enige twee relevante antwoorde.)
11. Daar was oorlog gewees.  1 2
12. Die Katolieke Kerk het opdrag gegee dat Valentino nie meer as ‘n
heilige verklaar kan word nie (weens sy ware identiteit), maar sy
1 2
naam kom nog steeds op die kerk se lys van heilige martelare
voor. 
13. Ja, hy was as ‘n held beskou waar hy Christene uit marteltronke
gered het. 
Hy het so baie in die liefde geglo dat hy jong paartjies onwettig in 2 3
die huwelik bevestig het ten koste van sy lewe. 
(Enige twee relevante antwoorde.)
14. Ek sal vir my ma ‘n kaartjie met ‘n bos blomme gee. 
Ek sal vir my pa ‘n boksie sjokolade gee.  2 3
(Enige twee relevante antwoorde.)
Vlak 1: 8
Vlak 2: 8
2

Vlak 3: 4
[20]

VRAAG 2: VISUELE TEKS

Vr. Antwoord Punt Vlak


1. hart 
OF 1 1
liefde 
2. Vir dowes en persone met gehoorverlies.  2 1
3. Veertig (40) kaartjies.  1 1
4. Ja, want dit verskaf genoegsame inligting en het verskillende
lettertipes. 
Nee, want daar is nie kleur of prentjies nie en dit is te veel 2 2
inligting wat verskaf word.
(Enige twee relevante redes.)
5. Dit is vir vrouens bedoel. 
Die advertensie maak dit duidelik deur te sê dat vrouens bederf sal 2 2
word en dat vriendinne en susters ook welkom is. 
6. My moeder, want sy het ook ‘n bederfie nodig om my dank 2 3
aan haar te betuig vir alles wat sy vir my doen en beteken. 
(Enige relevante antwoord.)
Vlak 1: 4
Vlak 2: 4
Vlak 3: 2
[10]

VRAAG 3: OPSOMMING
Wenke om jou geliefde te bederf die Valentynsdag

1. Maak ‘n lys van jou top vyf-geskenkidees wat bekostigbaar is. 


2. Maak gebruik van die oggend en aand om jou Valentyn met kos of ‘n fliek te
bederf. 
3. Gaan vir ‘n sonsondergangwildrit en daarna vir ‘n ete. 
4. Maak seker jy bespreek vroegtydig al ‘n tafel indien jy jou Valentyn vir ete wil
uitneem. 
5. ‘n Paartjie-massering is altyd ‘n groot bederf. 
6. Besoek ‘n buitelugaand en gaan bewonder die tonele by ‘n uitkykpunt. 
7. Vir waaghalsige mense is ‘n warmlugballonrit ideaal. 
8. Doen iets aktief saam waarvan julle albei hou t.o.v. oefening. 
Aantal woorde: 70-80
(Dit moet in ‘n paragraaf wees. Dit is slegs puntsgewys uiteengesit om die merk
daarvan te vergemaklik.)
(Enige relevante sin wat hierdie inhoud dek.)
Puntetoekenning
- 7 punte indien al die feite korrek is. ʼn Punt word afgetrek vir elke feit wat ontbreek.
3

- Indien alles aangehaal word: geen punt vir taal nie.


- Drie aanhalings: 1 punt vir taal.
- Twee aanhalings: 2 punte vir taal.
- Geen aanhalings nie: 3 punte vir taal.
[10]

VRAAG 4: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Vr. Antwoord Punt


1. teef  1
2.1 va (o) – naand (g)  1
2.2 spys (g) – kaart (g)  1
(-½ per fout.)
3. a - les  1
4. skreeusnaaks  1
(Volgens die nuwe reël kan enige intensiewe vorm vir ‘n woord gebruik
word solank dit van toepassing is. Woord moet een woord wees.)
5. snaaksste  1
(Geen punt indien dit verkeerd gespel is nie.)
6. D. besitlike voornaamwoord.  1
7. menere  1
(Geen punt indien dit verkeerd gespel is nie.)
8. spyskaartjie  1
(Geen punt indien dit verkeerd gespel is nie.)
9. 9.1. F. (spyskaart)  1
9.2 B. (gee)  1
9.3 A. (Wat)  1
9.4. E. (die)  1
10. Figuurlik  1
11. Attributiewe byvoeglike naamwoord.  1
12. Fr.  1
(Geen punt indien afkorting nie met ‘n hoofletter begin nie. Geen punt as
‘n punt ontbreek.)
13.1 Samestelling  1
13.2 Basis  1
14.1. ...oordrewe geronde lippe uitgespreek en is oorronding.  1
14.2 Dis ‘n voorbeeld van assimilasie.  1
[20]

TOTAAL: 60

You might also like