You are on page 1of 7

AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 4
HERSIENING: LEESBEGRIP, TAALSTRUKTURE
EN VISUELE TEKS
EKSAMENVOORBEREIDING 1
Leesbegrip
Lees die volgende teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg:

DIE SPRINGBOK

1. Wanneer mens die woord “springbok” sê of hoor, dink mens nie altyd aan die
bok met die naam “springbok” nie. Sportliefhebbers, en veral mense wat van
rugby hou, sal dalk heel eerste aan rugby dink.

2. Die springbok het sy naam gekry omdat hy dikwels ’n paar keer na mekaar hoog
in die lug in spring. Soms is hierdie spronge sommer tot 2 meter hoog!

3. Hy is dus regtig ’n bok wat spring!

4. Hierdie spronge van die springbok word “pronk” genoem. Die bok spring met al
vier pote hoog die lug in terwyl hy sy rug krom maak en sy pote reguit hou. Hy
spring nie net reguit boontoe nie, hy spring soms ook sommer ver vorentoe.

5. Terwyl die bok so pronk, is daar ’n soort flap of ’n gedeelte van die vel op sy
rug wat dubbelgevou is met wit hare aan die binnekant en dan oopvou. Hierdie
wit hare word weggesteek deur die bruin hare op die res van die springbok se
rug en mens kan dit eers sien wanneer daardie vel oopvou.

6. Mens sien hierdie strook wit hare veral mooi wanneer jy van agter af na die
springbok kyk terwyl hy pronk.

7. Manlike springbokke word ramme genoem en vroulike springbokke word ooie


genoem. Klein springbokkies word lammers genoem.

8. Toe die eerste setlaars hier aangekom het, was daar springboktroppe met
honderdduisende bokke in die troppe. Vandag kom springbokke net in
nasionale, provinsiale en private natuurreservate voor. Springbokke aard
goed in droë dele en kom dus meesal in die boonste, sentrale en westelike
dele van Suid-Afrika voor.

Bron: https://weet.co.za/my-land/die-springbok/
1.1 Aan watter twee dinge dink mense wanneer hulle die woord
“springbokke” hoor? (2)

1.2 Wat is die tema van hierdie teks? (1)

1.3. Verduidelik in jou eie woorde wat die springbok volgens paragraaf 2
merkwaardig maak. (2)

1.4. Dink jy die sprinkbok se naam is gepas? Motiveer jou antwoord. (2)

1.5. Wat word dit genoem wanneer die bokke hoog in die lug spring?
Voltooi die sin: Springbokke wat hoog spring, ______________. (1)

1.6. Wat word volgens paragraaaf 5 weggesteek op die springbok se rug


en watter verandering vind plaas wanneer die springbokke spring? (2)

1.7. Noem al drie lede van die springbokgesin volgens par. 7. SKRYF NET (3)
DRIE WOORDE NEER.
1.8. Waarom dink jy kom springboktroppe deesdae net in seker dele van
die land voor en hoe voel jy daaroor? (2)

[15]
Taalstrukture
Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Springbokke het ’n (2.1 wit) gesig met ’n (2.2 donker) streep wat van elke (2.3 oog) tot
by die bek loop. Die springbok se (2.4 pragtige) kleur maak dat mens hom sommer van
ver af raaksien. Die boonste deel van sy lyf het amper ’n kaneelkleur terwyl sy maag wit
is. Aan weerskante van sy lyf is daar ’n (2.5 breed) donkerbruin streep wat van die
voorste pote tot by die agterste pote loop. Hierdie (2.6 spring) superheld is ons nasionale
dier!

(2.7 Daar is ’n paar verskille tussen ramme en _______.) (2.8 Die ramme is natuurlik
groter en weeg meer as die ooie.) (2.9 Springbokramme) kan tot 50 kg weeg en ooie tot
ongeveer 37 kg. (2.10 Springbokke vreet enige soort plante en gras.) (2.11 Oupa vertel:
“Hulle vreet ook blomme soos byvoorbeeld dié van die Akasiaboom.” )

Springbokke is baie goed aangepas by die (2.12 droë) dele van die land waar hulle bly.
(2.13 Springbokke drink graag water.)

Bron: https://weet.co.za/my-land/die-springbok/

2.1 Voorsien die intensiewe vorm van die woord. (1)

2.2 Skryf ’n antoniem vir die woord neer. (1)

2.3 Verskaf ’n meervoud en verkleining vir die woord. (2)

2.4 Wat is die oortreffende trap van die woord? (1)

2.5 Skryf die korrekte vorm van die woord neer. (1)

2.6 Kies die korrekte deelwoord:

springerige / springende (1)

2.7.1 Voltooi die sin deur die teenoorgestelde geslag van die woord in te (1)
vul.
2.7.2 Herskryf die sin in die ontkennende vorm. (1)

2.8 Skryf die sin in die verlede tyd. (1)

2.9 Verdeel die woord in lettergrepe en sê of die lettergrepe oop of (2)


geslote is.
2.10 Skryf die sin in die lydende vorm. (2)

2.11 Skryf die sin in die indirekte rede. (2)


2.12 Verskaf die basisvorm. (1)

2.13 Identifiseer die onderwerp, voorwerp en gesegde in die sin. (3)

[20]

Visuele Teks

Bestudeer die teks en beantwoord die vrae:

3.1 Hoe hou die visuele teks en die leesbegrip met mekaar verband? (1)

3.2 Waar speel hierdie spotprent af? (1)

3.3 Hoe weet ons die karakter regs is moontlik ’n rugbyafrigter? (1)

3.4 Verduidelik hoe ons weet dat die karakter links ’n rugbyspeler is. Sê
ook watter land hy verteenwoordig. (2)

3.5 Beskryf die karakter regs se liggaamshouding en wat dit van sy


karakter verklap. (2)

3.6 Wat is die naam van die spotprentkunstenaar? (1)

3.7 Is die spotprent vir jou snaaks? Verduidelik jou antwoord. (2)
[10]
AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 4
HERSIENING: LEESBEGRIP, TAALSTRUKTURE EN
VISUELE TEKS
EKSAMENVOORBEREIDING MEMO
Leesbegrip
1.1 Die dier en die rugbyspan (2)

1.2 Alles wat daar te wete is oor ’n wilde springbok. (1)

1.3. Hy kan ’n paar keer na mekaar hoog in die lug spring, en soms is die
spronge meer as twee meter hoog. (2)

1.4. Ja, dit is ’n bok wat spring. (2)

1.5. pronk (1)

1.6. Daar is fyn wit haartjies wat in ’n vou weggesteek is, en wanneer die
springbok pronk, kan die wit haartjies deur die bruin hare duidelik op
sy rug gesien word. (2)

1.7. ram, ooi, lammer (3)

1.8. Die mense het te veel van die springbokke uitgeskiet, dit is jammer
dat die natuur so uigebuit word. Enige soorgelyke antwoord. (2)

[15]

Taalstrukture
Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae wat volg:
2.1 spierwit (1)

2.2 ligte (1)

2.3 ogie
(2)

2.4 die pragtigste (1)

2.5 breë (1)


2.6 springende (1)

2.7.1 ooi (1)

2.7.2 Daar is geen verskille tussen ramme en ooie nie. (1)

2.8 Die ramme was natuurlik groter en het meer as die ooie geweeg. (1)

2.9 spring-bok-ram-me (2)


g g g 0
2.10 Enige soorte plante en gras word deur springbokke gevreet. (2)

2.11 Oupa vertel dat hulle ook blomme soos byvoorbeeld dié van die
Akasiaboom vreet. (2)
2.12 droog (1)

onderwerp: Springbokke
2.13 gesegde: het aangegeryp
voorwerp: die wêreld. (3)
[20]

Visuele Teks
Bestudeer die teks en beantwoord die vrae:

3.1 Albei die tekste handel oor springbokke. (1)

3.2 In Australië. (1)

3.3 Daar is ’n fluitjie om sy nek. (1)

3.4 Hy het rugbyklere en -skoene aan en verteenwoordig vir Suid-Afrika. (2)

3.5 Hy staan met sy arms gevou en ’n frons op sy voorkop. Hy is


moontlik ’n buierige mens. Enige soortgelyke antwoord. (2)

3.6 (1)
Niel van Vuuren.
3.7 Ja, dit is snaaks omdat die Springbok probeer om ons vyand in rugby,
Australië te skiet.

Nee, ek verstaan nie die grappie nie. Enige soortgelyke antwoord. (2)
[10]

You might also like