You are on page 1of 4

Onderwyser

Antjie Krog

Vrae
1. In die eerste strofe kom n mens agter wat die vakgebied van die
onderwyser is. Noem dit en motiveer jou antwoord.
(2)
2. Bespreek die funksie van die verkleiningsvorm in rel 3.
(2)
3. Bespreek wat die vergelyking in rel 4 oor die spreker se houding
teenoor die aangesprokene toon.
(2)
4. Versrel 6 kan letterlik en figuurlik genterpreteer word. Verduidelik.
(2)
5. Wat suggereer die die volgende rels omtrent die onderwyser se
persoonlikheid:
a) Versrel 5 en 7
(2)
b) Watter soort beeldspraak kry ons in hierdie rels?
(1)
6. Lewer kommentaar op die herhaling van tog en al in die gedig.
(2)
7. Verduidelik die metafoor in rel 8.
(2)
8. In versrels 9 en 13 word daar van inversie gebruik gemaak.
a. Hoe sal die sinskonstruksie normaalweg gelyk het?
(1)
b. Wat is die funksie van inversie?
(1)
9. Die verbondsark was vir die Israeliete baie belangrik.
a. Waarom?
(1)
b. Waarom is die metafoor in rel 11 so gepas?
(1)
c. Wat suggereer die beeld in rel 12?
(1)
10.
Verduidelik die letterlike en figuurlike betekenis van die Jerigometafoor in rels 14 en 15.
(2)
11.
In die twee laaste rels word daar n mond vol ges.
a. Wie is Totius en Malherbe?
(1)
b. Waarom word die woorde here en god nie met hoofletters
geskryf nie? (1)
c. S in jou eie woorde wat hierdie beeld impliseer.
(1)

d. Pas hierdie beeld in die groter Jerigo-metafoor?


(1)
12.
Skryf n voorbeeld neer van halfrym in die laaste strofe.
(1)
13.
Verklaar die tipografiese inkeping in rel 18.
(2)

Langvraag
Alhoewel daar hoofsaaklik vrye vers gebruik word in die gedig, is daar
verskeie bindingselemente. Verduidelik hoe daar van die
bindingselemente gebruik gemaak word om vorm aan die gedig te gee.
(10)

Antwoorde
1. Afrikaans is sy moedertaal.
In die twee laaste rels verwys hy na Totius en Malherbe as sy
helde.
2. Dit laat die aangesprokene effens outyds en belaglik voorkom.
3. Die spreker en haar medeleerlinge beskou die onderwyser byna as
die vyand iets wat verower moet word.
4. Die silwer en goud kan letterlik verwys na die silwer en goud wat in
die stad Jerigo was. Figuurlik verwys dit na die skat in hom nl. sy
kennis en liefde vir sy moedertaal wat hy aan hulle wil oordra.
5. a) Die onderwyser verkies sy persoonlike ruimte en hou daarom die
kinders op n afstand.
c) Metafoor
6. Dit beklemtoon dat die onderwyser ten spyte van al die aanslae
teen hom tog nie van stryk gebring word nie.
7. Dit wys moontlik daarop dat die aangesprokene ten spyte van sy
harde uiterlike tog n sagte plek vir die kinders het. Dis met ander
woorde die swak plek in sy mondering.
8. a) Jy bly tog sterk / Jy bly tog werk.
b) Agterplasing van sterk en werk sodat dit beklemtoon word.

9. a) Die kliptafels met die tien gebooie daarop was in die altaar
geplaas.
b) Die jeug is kosbaar want hulle is die toekoms.
c) Die leerlinge se woorde en dade is oppervlakkig en
onnadenkend. Hulle dink nie aan die gevolge van hulle optrede nie.
10. Die mure van Jerigo het letterlik op die sewende dag inmekaar
gestort.
Die onderwyser val figuurlik vooroor op die Sondag omdat hy dan
kan rus en kan hy sy mure laat val.
11. a) Afrikaanse digters van n vroere era.
b) Hulle is soos afgode vir hom.
c) Dis slegs aardse helde van die onderwyser.
d) Hy word versterk deur die aanbidding van sy aardse here en
god.
12

lot en god

13. Die onderwyser beskou al twee die digters as ewe belangrik en


daarom staan hulle feitlik onder mekaar.

Langvraag
Rymwoorde
Herhaling van woorde
Herhaling van sinskonstruksies
Halfrym
Die Jerigo-metafoor.

You might also like