You are on page 1of 4

GEBED TOT DIE BOME

KONTEKSTUELE VRAE

1. Volgens die titel: wie bid en vir wie word gebid?

2. Wat het die bome nog nooit gedoen nie? (Eie woorde)

3. Watter twee eienskappe van die bome wil die spreker ook graag hê?
(Noem een in die tweede en een in die derde strofe).

4. Wat wil die spreker nou uiteindelik doen?

5. Van watter wapen is daar sprake?

6. Watter woord waarmee hy homself beskryf, sê dat die spreker selfinsig gekry het oor sy eie
houding? Verduidelik ook wat selfinsig beteken.

7. Watter woord sê dat hy nou die bome jammer kry?

8. Watter twee dinge gee die bome vir hom, ongeag wat aan hulle gedoen is?
(Verwys na strofe 3).

9. Hoe lyk die bome dat hulle aan “sagmoedige stil monnike” gelykgestel word?

10. Wat is die funksie van hierdie metafoor (r 3)?

11. In die eerste strofe word die bome “julle” en “monnike” genoem. Watter ander woorde word in
die tweede strofe gebruik om die vermensliking van die bome verder uit te bou?

12. In die tweede strofe wil die spreker uiteindelik “die byl kan neerlê”. Aan watter idiomatiese
uitdrukking laat dit jou dink? Verduidelik ook hoe die figuurlike betekenis daarvan hierby
inskakel.

13. Watter twee woorde vorm ‘n kontras in die tweede strofe? (Dit beskryf onderskeidelik die
spreker en die bome.)

14. Watter stylfiguur beskryf die bome in “hulpeloos…geanker”? Motiveer jou antwoord.

15. In strofe 3 word die bome as “vriende” aangespreek. Nes by die “monnike” in strofe 1, is daar
twee vorme van beeldspraak van toepassing. Wat is dit?

16. Watter frase impliseer dat hier oënskynlik ‘n groot onreg teenoor die bome gepleeg is?

17. Wat sou die “liefde” van die bome kon wees waarna die vyfde versreël van strofe 3 verwys?
(Dink aan twee praktiese voorbeelde)

18. Die versreël “sodat ek die tuin mag betree” is ‘n Bybelse verwysing. Waarna verwys dit en wat
word hiermee bedoel?

19. Wat impliseer die reël “om saam met julle my plek in te neem”?
20. Verduidelik die figuurlike betekenis van “saam ‘n nuwe gees uit die grond te laat groei”.

21.1 Die “behoud” van die slotreël skakel met die liefde, maar dit doen selfs meer. Wat word
daarmee bedoel dat die bome mens se “behoud” is?

21.2 Verduidelik die woordspeling in hierdie reël.

22. Wie, sou jy dink, is die spreker in die gedig?


GEBED TOT DIE BOME

MEMORANDUM

1. Die spreker bid; vir die bome.

2. Iemand seergemaak nie.

3. Heiligheid en wysheid.

4. Hy wil die byl neerlê

5. byl

6. ongenaakbaar – Dis afsydig, ontegemoedkomend, om ander op ‘n afstand te hou,


onbereikbaar vir ander te wees.

7. hulpeloos

8. Sy asem (suurstof); liefde

9. Hulle lyk waarskynlik soos skraal, mensfigure in jurke – met blare wat lag afhang, of met ‘n kort
stam wat onder die blare wys. Dalk is hulle ook effens geboë (om die sagmoedigheid te
verklaar).

10. Die bome word ook hiermee gepersonifiseer, lewend gemaak.

11. hand; voete; hulpeloos of heiligheid

12. Die strydbyl begrawe – Dit beteken om vrede te maak. Die mens en natuur moet vrede maak.

13. Ongenaakbaar – hulpeloos

14. Paradoks – skynbare teenstrydigheid – op ‘n figuurlike vlak, maar hier met die bome is dit
letterlik die geval. Die bome kan hulleself nie verdedig nie en is geanker in die grond.

15. Metafoor; personifikasie

16. ten spyte van alles

17. skadu, beskutting; voedsel, vrugte; brandstof, energie; behuising, boumateriaal; rustigheid,
veilige ontspanningsruimtes.

18. Hy sou weer in die Tuin van Eden wou ingaan. Dit beteken dat hy weer in harmonie met die
natuur sou wou kom, hom daarmee sou wou versoen.

19. Dit verwys na die Tuin van Eden wat met die sondeval deur die mens verlaat is. Die mens wil
graag weer met die natuur versoen raak.

20. Die mens voel hy en die natuur hoort saam soos in Eden, soos bedoel met die skepping.

21.1 Die mens het die natuur nodig vir sy voortbestaan.


21.2 Die woord “behoud” sluit aan by “hout”, waarvan bome gemaak is.

22. ‘n Mens voel die mensdom doen die natuur of bome skade aan.

You might also like