You are on page 1of 17

TWEEDE BEDRYF

TONEEL 1
IN DIE MAGISTRAAT SE KANTOOR (Bl. 67-69)
Woordeskat:

kateder – podium
trommel – tin trunk
weledele heer – honourable lord
verbouereerd – confused, scared
uitgeken – identified
“Hoekom is die kind so sonder tong?” (Barta) – quiet
aard na – take after
gedaan – moeg
verwilder – bewildered/ frightened
hurke - squat
geheim – secret

nuk – mood
kortvat – handle firmly
volwassene - adult
vertrou – trust
rats – quick
ongeduldig - impatient
snipperig – cheeky
onbeskof - rude
neuk – bother
kraffie – liquor bottle
5 sjielings – 50c
halfkroon – 25c
mondfluitjie – harmonica

sy nuk uitsweet – sweat out his moods


“dis in my vuur wat die kaiing lê” – (Elias) it is I who have
the trouble
Foeter - hit
tamteer (tempteer) – tempt
bruingoed – brown things (insulting die kleurlinge)
leeglê – doen niks
loop net vir kwaaddoen rond – she only does mischief
geskoffel - dig in die garden
wegloop-os – stray ox

neul – moan
pak slae – hiding
“tot kook kom”– (Elias) when he gets too cross with her
vaderplig – his duty as father
maaksel - creature

vaal en stroef – no colour and unfriendly


aangluur – stare
vredestoorders – people who disturb her peace
“seil soos ʼn slang” – (Fiela) she must be humble
Klagte – complaint
moed – courage
geloof - faith
afgehandel – dealt with
vonnis – conviction
“soos afsterf sonder groet” – (Fiela) die without greeting

angel – sting
woel – fidget
op die steier – sy het te lank stilgesit
kooie – beddens
ʼn hou – a slap

van aangesig tot aangesig – face to face


kosyn - frame
waarskuwing – warning
per ongeluk – by accident
getuie – witness
verkommer (bekommerd) – worried
“God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die
kwaad wat ons aan ʼn kind doen nie.” (Fiela) – God forgives
us for many things, but not for the wrong we do unto a
child.
Grootboek – Bybel
verslaentheid - dismay
magteloosheid - powerlessness

boswagter – game ranger


tevrede – satisfied
aanpas - adapt
aangedaan – emotional
stomp – blunt
aanpas – adapt
belet – forbid
skrik haar oorhoeks – has a big fright
lol - bother
kinderwagter – baby sitter
skoon gemoed – clear conscience
(pak) slae – beatings

prewel – mumble
bid – pray
bruinvel – brown skin
opgeskote – groterige seun
uit sy pad – disrespectful
dasvelkombers – blanket made from dasvelle
pote - paws
gordyn – curtain
Vrae:
1. Wat is die milieu?
2. Wat doen die magistraat toe hy binnekom?
3. Dink jy dit is reg dat Benjamin sonder sy grootmaak-ouers voor die magistraat
moet verskyn?Motiveer jou antwoord.
4. Gee ʼn kort opsomming van wat in die magistraat se kantoor gebeur.
5. Hoe reageer Benjamin wanneer die magistraat noem dat Barta hom as haar
kind uitgeken het?
6. Wat gebeur nou verder met Banjamin?
7. “Ons is nie kaalgatte nie”
Verduidelik die uitdrukking in jou eie woorde.
8. Gee ʼn kritiese bespreking van die trem “Baas” soos dit deur Benjamin gebruik
word.
9. Wat suggereer die magistraat se houding en woorde aan Benjamin oor sy
universele waardes?
10. Hou jy van die magistraat? Motiveer.
11. Waarom, dink jy, tree Benjamin byna irrasioneel op aan die einde van die
toneel?
Post-lees: Tydskrifartikel
Jy skryf vir die Huisgenoot en was die dag van Benjamin se verskyning voor die
magistraat. Daar het jy gesien hoe Benjamin aan die Van Rooyens gegee is.
Skryf ʼn artikel aan die tydskrif waarin jy Benjamin se storie vertel.

TWEEDE BEDRYF
TONEEL 2
DEEL 1: BENJAMIN AS LUKAS BY DIE VAN ROOYENS (Bl. 69-70)
Vrae:
1. Bedoel Barta dit letterlik of figuurlik wanneer sy vra waarom Lukas sonder
tong is?
Wat beteken dit as iemand sonder tong is?
2. Hoe maak Elias Lukas se vrees en verwarring erger?
3. Na wie aard Lukas glo?
4. Gee ʼn kort beskrywing van Lukas.
5. Verduidelik hoekom Lukas nie by Elias en Barta sit nie.
6. Wat eet hulle op pad bos toe?
7. Watter verskil tussen Barta en Elias word in hierdie toneel duidelik?
8. Hoekom is Lukas so stil, volgens tant Gertjie?
9. Wat sou jy gedoen het as jy Lukas was en jy moet nou by die Van Rooyens in
die Bos gaan woon?
Post-lees: Aanwysings
Jy het besluit om jou verjaardagpartytjie by ʼn natuurreservaat te hou. Julle moet
mekaar op ʼn sentrale plek ontmoet sodat julle almal saam kan stap.
Verduidelik aan jou vriende hoe om vanaf julle skool na die natuurreservaat te ry.
Gebruik straatname, bekende bakens en ook rigtings.
TWEEDE BEDRYF
TONEEL 2
DEEL 2: LUKAS EN NINA (Bl. 70-74)
Vrae:
1. Wie probeer om vriende met Lukas te wees?
2. Verduidelik hoekom dit juis Nina is wat vriende met hom probeer maak.
3. Wat wil Nina doen?
4. Hoekom wil Lukas nie saam met haar Bos toe gaan nie?
5. Watter inligting gee Nina vir Lukas?
6. Wat is Lukas se reaksie op Nina se woorde?
7. Wat moet Nina vir Lukas doen?
8. Waarom aanvaar Nina amper onmiddellik dat Lukas haar verlore broer is?
Verskaf TWEE moontlike redes.
9. Gee ʼn karakterbeskrywing van Nina.
10. Voltooi die volgende paragraaf.
Lukas noem vir Nina 1._____. Hy vra haar om hom die pad 2.______ toe te
wys. Nina sê dat dit met die 3.______ is wat hy sal moet loop om daar uit te
kom. Lukas sê dis die pad wat deur die 4.______ en waarlangs hulle hom
5.______ toe geneem het. Nina sê dis 6._____ se pad.
11. Wat is Nina se geheim?
12. Wat sal Lukas vir Nina gee as sy vir hom die pad uit die Bos uit wys?
13. Nina het nie baie kennis van geld nie.
Verduidelik hoekom hierdie stelling waar is.
14. Wat wil Nina met die geld koop?
15. Verduidelik hoekom Nina nie meer ʼn kombers van haar eie het nie.
16. Die bosbewoners is baie liggelowing.
Verduidelik of jy met hierdie stelling saamstem of nie.
17. Glo jy in voorbodes (premonitions)? Verduidelik.
18. Het Lukas baie kennis van die Bos? Motiveer jou antwoord.
19. Haal ʼn voorbeeld van ʼn vergelyking aan.
20. Is die vergelyking geslaagd? Motiveer.
21. Wat openbaar Nina se volgende woorde oor haar karakter?
Hulle sê sy’s bruin. Waar kan ʼn bruin mens ʼn wit kind hê?
22. Nina is kunstig.
Verduidelik waarom hierdie stelling waar is.

Post-lees: ʼn Pamflet / Strooibiljet


Armoede is een van die hoofmotiewe in die drama. Armoede is vandag steeds ʼn
groot probleem. Jy het besluit om mense bewus te maak daarvan en oplossings voor
te stel om armoede te verminder. Jy het dit in die vorm van ʼn strooibiljet gedoen.
TWEEDE BEDRYF
TONEEL 2
DEEL 3: ELIAS, BARTA EN DIE KINDERS SE ROL (Bl. 75-76)
Vrae:
1. Wat is die Van Rooyens se stapeldieet?
2. Waar wil Elias vir Lukas gebruik?
3. Hoekom wil Elias hom daar gebruik?
4. Verduidelik wat dit beteken om “jou nuk uit te sweet”.
5. Hoekom moet Elias nie aan Lukas slaan nie?
6. Haal ʼn voorbeeld van ʼn metafoor uit hierdie toneel aan.
7. Verduidelik die metafoor in jou eie woorde.
8. Watter tipe vader is Elias?
9. Wat is Lukas se probleem, volgens Elias?
10. Is dit reg om geweld teenoor kinders te gebruik? Motiveer.
11. Is Elias ʼn rassistiese mens? Verduidelik.
12. Watter wanindruk het Elias oor bruin mense?
13. Hoe voel Elias oor Luikas wat die witmense “Baas” noem?
14. Waarvoor dink Elias is sy kinders goed?
15. Waar is Lukas en Nina?
16. Hoe verdedig (defend) Barta vir Nina?
17. 1. Jy sal haar nie uit die Bos kry nie.
Is dit ʼn FEIT of ʼn MENING?
2. Gee ʼn rede vir jou antwoord op 17.1.
3. Watter karaktereienskap van Nina word hierdeur geopenbaar?
18.1. Haal ʼn voorbeeld van ʼn vergelyking aan.
2. Watter twee dinge word met mekaar vergelyk?
3. Watter eienskap het die twee dinge in gemeen?
4. Is die vergelyking gepas? Motiveer jou antwoord.
19. Stem jy saam met Elias wanneer hy sê daar is iets fout met Nina?
Verduidelik jou antwoord.
20. Wie van Elias en Barta is die beste ouers? Motiveer jou keuse.

TWEEDE BEDRYF
TONEEL 2
DEEL 4: LUKAS PROBEER WEGLOOP (BL. 76-77)
Vrae:
1. Dink jy Barta tree reg op deur te vra dat Elias nie vir Lukas slaan nie, maar vir
Nina? Motiveer jou antwoord.
2. Watter tipe ma en vrou is Barta, solgens hierdie toneel?
3. “Barta, moenie dat ek vandag tot kook kom nie”
Verduidelik wat Elias bedoel wanneer bogenoemde woorde sê.
4. Elias het ʼn snaakse idee van wat vaderlike plig is.
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.
5. Hoe wil Elias vir Nina en Lukas straf? Gee twee feite.
6. Wat gebeur toe Nina tuiskom en wat is die gevolge daarvan?
7. Wat suggereer Elias se optrede teenoor Nina oor sy houding teenoor sy
gesin?
8. Waar is Lukas?
9. Verduidelik hoekom Nina ʼn leuen aan haar pa vertel het.
10. Waar het Nina laas vir Lukas gesien?
11. In watter rigting het Lukas geloop?
12. Hoekom weet Elias dadelik dat Nina ʼn leuen vertel?
13. Waarheen is Lukas op pad?
14. Wat doen Elias toe hy hoor Lukas is op pad Lange Kloof toe?
15. Verskaf twee redes waarom Elias baie ontsteld is oor Lukas se besluit om
weg te loop Lange Kloof toe.
16. Wat dink Elias van sy kinders?
17. Is Barta ʼn rolmodel vir die hedendaagse vrou? Motiveer jou antwoord.

TWEEDE BEDRYF

TONEEL 3

DEEL 1: FIELA DAAG BY DIE MAGISTRAAT SE KANTOOR OP (Bl. 77-78

Vrae:
1. Waar is die magistraat se kantoor?
2. Vaal en stroef
Bedoel Fiela hierdie woorde LETTERLIK OF FIGUURLIK? Verduidelik.
3. Haal ʼn voorbeeld van personifikasie uit die toneel aan.
4. Hoe verwys Fiela na die sensusmanne?
5. Is dit ʼn goeie beskrywing van die twee mans? Verduidelik.
6. Hoe lank het Fiela geloop om tot op Knysna te kom?
7. Watter karaktereienskappe van Fiela kom hier na vore?
8. Watter taal praat die volgende karakters?
1. Die man by die magistraatskantoor
2. Fiela
9. “Seil soos ʼn slang”
1. Identifiseer die tipe beeldspraak
2. Verduidelik die betekenis in jou eie woorde
3. Wanner moet jy soos ʼn slang seil?
4. Dink mjy dit is reg dat Fiela so voel?
10. Waarom is Fiela bly om die skoonmaker te sien?
11. Wie is die magistraat?
12. Watter inligting oor die magistraat laat Fiela verlig voel?

TONEEL 3

DEEL 2: FIELA PRAAT MET DIE KONSTABEL (Bl. 79-80)

1. Wat, volgens die skoonmaker, is die doel van Fiela se besoek?


2. Hoe weet jy die konstabel is ʼn wit man?
3. Voltooi die volgende paragraaf:
Twee wit mans, ene 1._____ en 2. _______ het in die 3. _____-distrik as
sensusmanne gewerk. Hulle het op 4. _____ opgedaag en my hanskind 5.
_______ daar gesien. Hulle het hom die 6. _______kom haal, want hy moes
die 7. ______ op 8. _______ voor die magistraat, 9. _______ verskyn. Hulle
het belowe om hom die 10. ______terug te bring, maar het nie.
4. Hoe probeer Fiela die konstabel se guns wen?
5. Wat bedoel die skoonmaker as hy sê dat die wêreld vandag weer verkeerde
kant toe gaan draai?
6. Hoe dreig Fiela die skoonmaker?
7. Hoe laat die konstabel Fiela voel toe hy terugkom en met haar praat?
8. Watter boodskap bring hy van die magistraat?
9. Hoe voel Fiela oor die situasie?

TONEEL 4
DEEL 1: ELIAS VIND VIR LUKAS IN DIE BOS (Bl. 80-82)
DEEL 2: ELIAS SNY NINA SE HARE (Bl.82-83)
1. Elias noem vir Lukas ʼn “angel”. Bedoel hy dit LETTERLIK OF FIGUURLIK?
2. Verduidelik wat Elias bedoel.
3. Gee ʼn Afrikaanse idioom met dieselfde betekenis.
4. Wat noem Lukas vir Elias?
5. Hoe voel Elias daaroor?
6. Wat doen Elias aan Lukas?
7. Verduidelik Lukas se verwarring.
8. Waarmee word Nina vergelyk? Verduidelik die vergelyking.
9. Waarom, volgens Barta, kan Nina nie stilsit nie?
10. Hoe voel Elias oor Nina en die Bos?
11. Wat doen Elias toe Nina terugkom?

TONEEL 5 en 6

FIELA IS TERUG BY DIE HUIS (Bl.83-84)


FIELA EN DIE MAGISTRAAT (Bl.84-87)
1. Watter storie soek Fiela in die Bybel?
2. Waarom wil Fiela weet waar dit in die Bybel staan?
3. Wie soek dit?
4. Wat is die verskil tussen ʼn klaar en ʼn halwe antwoord?
5. Wie dink Fiela is die enigste een wat hulle kan help?
6. Na wie vra Fiela in die magistraatskantoor?
7. Watter vraag wil sy vir hom vra?
8. Hoe weet ons Fiela besef nie dit is die magistraat met wie sy praat nie?
9. Waarom glo Fiela nog steeds dat Benjamin nie die Van Rooyens se kind is
nie?
10. Watter argument gebruik die magistraat dat die kind by die Van Rooyens
hoort?
11. Wat is Fiela se laaste vraag wat sal bewys dat Benjamin nie die Van Rooyens
se kind is nie?
12. Wat is Fiela se laaste vraag voor sy loop?
13. Wat sal die magistraat doen wat sal verseker dat Fiela nie verdere moeilikheid
maak nie?
14. Beskryf Fiela se emosies toe die magistraat haar belet om vir Benjamin te
sien?

TONEEL 7

DIE BOSWAGTER BESOEK DIE VAN ROOYENS (Bl. 87-89)


FIELA BESOEK DIE VAN ROOYENS (Bl.89-90)

1. Wie is mister Kapp?


2. Om watter TWEE redes was Kapp by die Van Rooyens?
3. Wat sê Elias oor Lukas?
4. “Haar kop is nie stomp nie”
1. Wie sê hierdie woorde?
2. Van wie praat hy?
3. Verduidelik die betekenis in jou eie woorde.
5. Is Elias is eerbare karakter?
6. Wat moet Kapp vir Elias by uitvind?
7. Waarom sê Elias gaan die goed met Lukas?
8. Na wie verwys Elias as hy sê “hulle” het Lukas se goed gebring?
9. Hoe weet ons Elias het geen respek vir Fiela nie?
10. Watter karaktereienskap van Elias kom hier na vore?
11. Wie was saam met Fiela?
12. Wat het hulle vir Lukas gebring?
13. Hoekom is Lukas ongeskik met Nina toe sy die kombers om haar draai?
TWEEDE BEDRYF ANTWOORDE:

TONEEL 1: IN DIE MAGISTRAAT SE KANTOOR

1. In die magistraat se kantoor.


2. Hy sê vir Benjamin hy moet nader kom. Hy gaan vir Benjamin ondervra.
3. Nee, hy is nog minderjarig en behoort saam met sy ouers te gaan.
4. Daar was 4 ander seuns wat langs Benjamin gestaan het. Toe moet Barta
kies wie haar seun is. (uitken) Sy het dadelik na Benjamin gewys.
5. Hy vra of hy nou kan huis toe gaan. Hy sê hy is Fiela Komoetie se kind.
6. Hy gaan nou by sy nuwe, wit familie, die Van Rooyens, bly.
7. Benjamin bedoel hulle is nie arm nie.
8. Baas is die woord wat die kleurlinge vir die wit mense gesê het in daardie
tyd. Die kleurlinge was minderwaardig (inferior) teenoor die wit mense,
daarom moes hulle die wit mense so aanspreek.
9. Hy dink die wit mense is belangriker en beter as die bruin mense.
Rassisties. Apartheid. swart
10. Nee, hy is ʼn rassis/stereotiperend / onregverdig / bevooroordeeld
11. Hy praat deurmekaar, want hy is bang, senuweeagtig (nervous) en
verbouereerd (confused/flustered). Hy wil nie na die ander familie toe gaan
nie, hy wil teruggaan huis toe.

TONEEL 2
DEEL 1: BENJAMIN AS LUKAS BY DIE VAN ROOYENS (Bl. 69-70)
1. Figuurlik.
Sy bedoel Lukas is stil / hy praat nie.
2. Elias gryp vir Lukas aan die arm. Hy is ongeduldig.
3. Nina, want hy is net so maer soos Nina.
4. Lukas is ʼn wit seun. Hy is ʼn jong seun, omtrent 12 jaar oud. Hy is maer. Barta
sê hy is ʼn mooi seun.
5. Hy wil nie by hulle woon nie / hy is skaam / hy voel vreemd / bang.
6. Lukas se kos.
7. Elias gryp Lukas aan die arm / ongeduldig. Hy is ongeskik met Lukas. Barta is
simpatiek met Lukas.
8. Tant Gertjie sê hy is gedaan en verwilder (bewildered).
9. Ek sal wegloop huis toe / ek sal huil tot hulle my terugvat huis toe / ek sal bly
tot ek die bos ken, dan sal ek wegloop.

TONEEL 2

DEEL 2: LUKAS EN NINA

1. Nina
2. Nina is ʼn buitestaander net soos Lukas. Sy is nie vriende met haar broers nie.
3. Sy wil vir Lukas ʼn geheim gaan wys.
4. Hy het haar nie vertrou nie / hy het vir sy ma gewag.
5. Sy weet hoe om by die hardepad te kom – die pad wat hy van Knysna af
gekom het.
6. Hy is opgewonde, want dan kan hy wegloop huis toe.
7. Sy moet vir hom wys waar die pad is sodat hy huis toe kan gaan.
8. Sy soek iemand om haar vriend te wees en sien Lukas as die moontlike een.
Sy glo enigiets. (Sy is jonk en naïef)
9. Sy is lief vir die bos en die natuur. Sy is ʼn buitestaander – sy kan vir ure
alleen in die bos deurbring. Sy vermaak haarself met leë bottels. Sy is
uitgesproke en vrolik. Sy is naïef. Sy is bietjie wild en vry.
10. 1. Meisiekind
2. Lange Kloof
3. hardepad
4. Bos loop
5. Knysna
6. Diepwalle
11. Sy het leë bottels weggesteek waarmee sy musiek maak. bottles
12. Vyf sjielings (halfkroon+halfkroon)
13. Sy weet nie hoeveel ʼn halfkroon is nie.
14. ʼn Mondfluitjie en ʼn kombers.
15. Die grootvoete het die kombers vertrap toe hulle vir Elias gejaag het.
16. Ja, hulle glo jy mag nie “olifant” sê nie, want dan dink die olifante jy roep hulle
en kom jaag jou.
17. Nee, want ʼn mens kan dit nie bewys nie.
18. Nee. Hy verdwaal amper toe Nina vir hom wegkruip.
19. “Haar voete was so rats soos ʼn klipbok s’n.”
20. Ja dit verduidelik hoe vinnig Nina gehardloop het en hoe vinnig sy deur die
Bos beweeg het.
21. Sy dink vir haarself en bevraagteken dinge wat sy hoor en wat mense sê.
22. Sy het die mooi bottels gebêre en maak musiek met die bottels.

TONEEL 2

DEEL 3: ELIAS, BARTA EN DIE KINDERS SE ROL

1. Patats.
2. Hy wil hê Lukas moet balke saag.
3. Hy wil hê Lukas moet sy nukke uitsweet.
4. Dit is as jy so hard werk dat jy nie meer kan kla nie.
5. Die magistraat gaan iemand stuur om te kyk hoe dit met Lukas gaan, dan
gaan hy die merke op sy lyf sien.
6. “dis in my vuur wat die kaiing lê”
7. Elias sê Lukas is soos ʼn kaiing – dit is Elias se probleem.
8. Hy mishandel die kinders – hy is aggressief.
9. Hy dink Lukas het te lank by bruinmense gebly.
10. Eie antwoord. Nee, dit sal die kind negatief beïnvloed – die kind sal aggressief
/depressief raak.
11. Ja. Hy verwys neerhalend (derogatory) na Bruinmense. Hy noem hulle
“Bruingoed”/ bruinvel
12. Hy dink hulle is slegter as wit mense, maar hulle is eintlik beter as hy.
13. Hy hou nie daarvan nie. Lukas is wit en moet dit nie sê nie.
14. Hy sê hulle moet werk kry.
15. In die Bos.
16. Sy sê Nina het darem bietjie geskoffel / in die tuin gewerk.
17. 1. Mening
2. Dit is wat Barta dink. Elias stem nie saam met haar nie.
3. Sy hou daarvan om vry in die Bos rond te loop en haar eie ding te doen. Sy
is lief vir die natuur in die Bos.
18. 1. “Ek sal vir haar vasmaak soos jy ʼn wegloop-os vasmaak.”
2. Nina word met ʼn wegloop-os vergelyk.
3. Hulle wil nie vas wees nie - hulle wil los loop en doen wat hulle wil.
(hardkoppig) (vryheid)
4. Ja, dit verduidelik hoe vry Nina wil wees in die bos.
19. Nee, sy leef in haar eie fantasiewêreld, want sy wil wegkom van die realiteit
en van haar pa. Sy is net ʼn kind. Sy wil net vry wees.
20. Barta. Sy verstaan die kinders beter en sy mishandel hulle nie. Sy is
simpatiek.

DEEL 4: LUKAS PROBEER WEGLOOP

1. Nee, jy kan nie net een kind straf nie, jy moet altwee straf. (Jy moet regverdig
wees)
2. Sy is nie regverdig nie. Sy wil net vir Lukas beskerm omdat die magistraat
gaan uitvind as hulle hom slaan. Sy is onderdanig (submissive) aan haar
man.
3. Hy bedoel Barta moet hom nie vandag kwaad maak nie.
4. Hy dink sy plig is om sy kinders net te disiplineer en te slaan. (mishandel) hy
laat hulle hard werk.
5. Hy wil hê hulle moet byl kap tot hulle lê.
Hulle moet ʼn balk maak waarmee hy tevrede sal wees.
6. Elias was baie kwaad. Hy gryp vir Nina aan haar skouers en skud haar. Die
gevolge is dat Nina vir hom sê waar Lukas is en sy vertel ʼn leuen.
7. Hy mishandel hulle. Hy is aggressief en gee nie vir hulle om nie.
8. In die Bos. Hy wou wegloop Lange Kloof toe.
9. Leuen: Lukas het gesê hy ken die pad. Sy was bang haar pa gaan haar slaan.
10. In Kom-se-bos.
11. In Diepwalle se rigting geloop.
12. Dit was donker toe hulle vir Lukas gebring het.
13. Lange Kloof
14. Hy het Lukas gaan soek – hy het die osriem saamgevat.
15. Hy is ontsteld omdat Lukas nie by sy eie mense wil bly nie. Omdat die
magistraat hom sal aankla. Hy wil hê Lukas moet hom help met sy werk.
16. Hy is nie lief vir hulle nie, hy dink hulle is lui, hy dink hulle moet vir hom werk,
hy dink hulle is ongehoorsaam. (disobedient)
17. Nee, sy beskerm nie haar kinders teen hulle pa nie. Sy is nie sterk nie. Sy
doen alles wat Elias sê al is dit verkeerd.

Tweede Bedryf
Toneel 3
Deel 1: Fiela daag by die magistraat op (Bl. 77-78)

1. Aan die bokant van die stofstraat in Knysna.


2. Figuurlik. Die magistraat se gebou kan nie “stroef” wees nie, dit is woorde wat
mens gebruik om ʼn persoon te beskryf. Dit beteken onvriendelik.
3. “Dit het gevoel of die dooie vensters my aangluur.”
4. Sy sê hulle is “vredestoorders”.
5. Ja, hulle het Fiela se vrede versteur – hulle het haar lewe omgekrap toe hulle
vir Benjamin gevat het.
6. Twee dae.
7. Vasberade /gedetermineerd (determined), nie bang nie, sy’s ʼn sterk vrou wat
haar man kan staan.
8. 1. Engels.
2.Hollands / Nederlands
9. 1. Vergelyking
2. Fiela bedoel sy moet nederig (humble) wees voor die magistraat / sy moet
laag daal voor die magistraat.
3. As sy verleë (embarassed) staan voor ʼn wit mens.
4. Nee, die magistraat was verkeerd om net haar kind te vat. Sy het geen rede
om verleë te wees nie.
10. Die skoonmaker is ʼn bruin man en hy kan haar taal praat.
11. Mister Goldsbury
12. Hy kan Hollands praat.

TONEEL 3
DEEL 2: FIELA PRAAT MET DIE KONSTABEL (Bl. 79-80)

1. Die skoonmaker sê sy wil ʼn klag lê teen die magistraat.


2. Fiela noem hom “Baas”.
3. 1. Lange
2. Dikke
3. Lange Kloof
4. Wolwekraal
5. Benjamin
6. Donderdag
7. Vrydag
8. Knysna
9. Mr Goldsbury
10. Saterdag
4. Guns wen = want to be in his good books. Sy sê vir hom:”Ek het op jou gesig
gesien jy is ʼn wit man wat van dinge sal weet.”
5. Fiela gaan probleme kry vandag.
6. Dreig = threaten
Sy sal vir die magistraat sê hy aas na ander mense se besigheid.
7. Hy laat haar sleg en verneder (humiliated) voel.
8. Die saak is afgehandel. Die kind is terug na sy regte ouers toe.
9. Dit voel of iemand dood is sonder om te groet. Sy voel magteloos.

TONEEL 4
DEEL 1 EN 2: ELIAS VIND LUKAS IN DIE BOS
ELIAS SNY NINA SE HARE AF
1. Figuurlik
2. Hy bedoel Lukas veroorsaak vir hom baie probleme. Hy is ʼn “pyn”.
3. Hy is ʼn pyn in die nek.
4. Baas / oom
5. Dit maak hom kwaad. Hy is woedend.
6. Elias sit bo-op Lukas en slaan Lukas met die osriem.
7. Verwarring = confusion
verward
Fiela en Selling het nie vir Lukas geslaan nie. Hy kan nie verstaan hoekom
Elias hom slaan as hy hom Baas noem nie. Vir hom is dit nie verkeerd nie.
8. Sy is nes ʼn bobbejaan aan ʼn tou. Nina wil buitentoe gaan - sy kan nie meer
stilsit nie.
9. Sy is gewoond daaraan om elke dag in die bos te speel.
10. Elias dink nie dit is goed vir ʼn meisie om alleen in die bos te speel nie.

TONEEL 5: FIELA TERUG BY DIE HUIS


TONEEL 6: FIELA EN DIE MAGISTRAAT

1. Die storie waar die twee moeders na koning Salomo toe gegaan het oor die
een baba.
2. Sy wil lees wat het gebeur. Wat het Salomo besluit oor die baba. Dit is
dieselfde wat met haar en Barta gebeur het. Sy wil dit vir die magistraat gaan
vertel.
3. Kittie
4. ʼn Klaar antwoord is ʼn reguit antwoord. ʼn Halwe antwoord het iets ekstra by
soos “maar”.
5. Die magistraat
6. Sy vra vir Salomo.
7. Sy wil weet hoekom net een ma geroep is om te besluit wie se kind dit is.
8. Sy noem hom Baas. Sy praat nie met respek nie.
9. Sy kan presies onthou watter klere hy aangehad het. Sy kan ook nie glo dat ʼn
3-jarige kind so ver alleen kan loop nie.
10. Sy ma het hom onmiddellik uitgeken voor getuies.
11. Watter klere het hy aangehad die dag toe hy weggeraak het?
12. Sy vra by wie bly Benjamin.
13. Hy sal vir die magistraat op Uniondale skryf om haar dop te hou.
14. Sy voel geskok, verslae (can’t believe it) en magteloos (helpless).

TONEEL 7
DEEL 2: DIE BOSWAGTER BESOEK DIE VAN ROOYENS
DEEL 3: FIELA BESOEK DIE VAN ROOYENS

1. Die boswagter
2. Hy wil weet of Lukas tevrede is en aanpas / en of Lukas oor die Komoeties
praat.
3. Hy sê Lukas is tevrede en hy praat nooit oor die Komoeties nie.
4. 1.Elias
2.Nina
3.Nina is skerp, sy kan maklik leer om te lees en skryf. Sy is nie dom nie.
5. Eerbaar/eerlik = honest . Nee, hy praat nie die waarheid oor Lukas nie.
6. Hy moet uitvind of iemand op die dorp ʼn kinderwagter nodig het - hy soek
werk vir Nina.
7. Elias sê Lukas is handig met die hout.
8. Fiela en haar seun (Tollie of Dawid)
9. Hy noem haar “die bruinvel”.
10. Hy is rassisties.
11. Haar seun (Tollie of Dawid)
12. ʼn Dasvelkombers
13. Die kombers is vir hom baie belangrik, omdat dit van Fiela af kom. Hy voel
sentimenteel daaroor en wil dit nie met Nina deel nie.

You might also like