You are on page 1of 20

Eerste bedryf

Toneel 1:
Deel 1: Elias se monoloog

Vrae:
1. Kies die regte antwoord.
Die woudtoneel in die inleiding is deel van die …
A krisis
B klimaks
C motoriese moment
D ekspososie
2. Waarom word daar op die mis gefokus?
3. Wat is Elias se lewensfilosofie?
4. Hoe ervaar Elias die bos?
5. Wat is fout met die Van Rooyens se kinders?
6. Verduidelik waarom die kinders chronies siek bly.
7. Kyk na die volgende uitttreksel uit Elias se monoloog:
“Ek sal êrens ʼn paar ou sinkplate in die hande moet kry.”
Gee ʼn kritiese evaluering van Elias se karakter.
8. Wat lei jy af uit Elias se optrede wanneer hy Barta hoor aankom?
9. Hoe voel Barta wanneer sy na Lukas vra?
10. Waarom dink jy fokus die dramaturg op Barta se onrustigheid oor Lukas?
11. Beskryf Barta soos Elias haar sien.
12. 1. Vir wie wil Elias kry om hom te help balke saag?
2. Hoekom wil Elias hê hy moet kom help?
13. Hoekom gebruik Elias nie sy eie kinders om hom te help nie?
14. Hoekom besluit Elias om nié die persoon te gebruik nie?
15. Hoe dink Elias kan jy ryk word in die bos?
16. Waarom het Elias nog nie olifante begin jag nie?
17. Dink jy dit is reg dat mense diere jag vir hul eie voordeel? Motiveer jou
antwoord.
18. Wat kan die regering doen om onwettige jag op diere stop te sit?
19. Watter probleme sou Elias hê as hy die geld het om ʼn geweer en koeëls te
koop?
20. Hoekom wil Elias self aan die skepe gaan verkoop?
21. Waarom sal die houtkopers Elias wil keer om ivoor direk aan die skepe te
verkoop?

Post-lees:
Net soos Elias het jy ook wense en drome vir jou toekoms. Skryf in jou dagboek
wat jou drome en wense is en wat jou vrese is vir die toekoms.

Deel 2: Lukas is weg


1. Waaraan dink Elias terwyl Willem na Lukas gaan soek?
2. Voltooi die paragraaf deur die ontbrekende woorde in te vul:
Elias en Barta se kinders is 1._________ wat die oudste is. Hy is 2. _____jaar
oud. Dan is daar 3. _________ en hy is 4 _______ jaar oud. Die enigste
dogter is 5. _________ en sy is maar net 6.___________ jaar oud. Die
jongste seun is 7. _____________.
3. Hoe reageer Elias wanneer Barta weer na hom toe kom om te vra oor Lukas?
4. Dink jy Elias se optrede is reg? Motiveer jou antwoord.
5. Hoe dra tant Malie by om die atmosfeer meer gespanne te maak?
6. “Barta druk ʼn vuis in haar mond en byt op haar kneukels”
Dink jy Barta se optrede is geloofwaardig? Motiveer jou antwoord.
7. Vir wie blameer Elias vir die kind se verdwyning?
8. Dink jy Elias is regverdig om haar te blameer? Motiveer.
9. Watter TWEE dinge word genoem om die gehoor/leser op die ergste voor te
berei?
10. Wat stel tant Gertjie voor hulle moet doen?
Post-lees:
Polisie verslag
Die boswagter daag by die boshuis op en wil weet wat Lukas aangehad het en
wat gebeur het.
Jy is Elias of Barta. Skryf die verslag vir die polisie.
EERSTE BEDRYF
Deel 3: Die mans help soek
Vrae:
1. Waar het Willem laas vir Lukas gesien?
2. Waarom sal dit vir Elias moeilik wees om Lukas se spoor te vind?
3. Wie het ook voorheen in sulke digte mis verdwaal?
4. Wat probeer die dramaturg vir die leser sê deur tant Malie se vertelling van
die verdwyning?
5. Wat het volgens die mense met Flip Lourens gebeur?
6. Wt is die “grootvoete”?
7. Hoe vererger tant Malie die situasie oor die kind se verdwyning?
8. “Tant Malie is ʼn doemprofeet”
Verduidelik waarom hierdie stelling waar is.
9. Waarom sê Elias grootvoete trap nie op kinders nie?
10. Identifiseer die mans wat na Lukas gaan soek. In watter rigting beweeg
elkeen?
11. Waarom is die grootvoete nie nou meer ʼn bedreiging nie?
12. Na hoeveel dae is Lukas nog nie gevind nie?
13. Tot watter gevolgtrekking kom die konstabel oor Lukas?
14. Dink jy die konstabel se gevolgtrekking is korrek? Motiveer,
15. Hoe beïnvloed die nuus dat Lukas miskien dood is die volgende karkaters?
a) Barta
b) Elias
16. Hoe lank ná Lukas se verdwyning kom die groot reën?
17. Wat kry hulle tussen die opdrifsels by Gounarivier?
18. Hoe weet ons hulle is nie 100% seker dat dit wel Lukas is nie?
19. Is die optrede van Lukas se ouers oortuigend (convincing) as hulle die nuus
hoor? Motiveer jou antwoord.
20. Met wie van die ouers sal jy die meeste simpatiseer? Hoekom?
21. Lewer kommentaar op die stem op band aan die einde van toneel 1.

EERSTE BEDRYF
TONEEL 2
Deel 1: Die Komoetie-gesin se lewe

Vrae:
1. Watter karaktereienskap van Benjamin prys Selling?
2. “Hy’s nie een vir agter draf nie”
Verduidelik wat Selling hiermee bedoel.
3. Watter onheilspellende (ominous) nuus het Selling?
4. Wie, dink Fiela, ry in die vreemde perdekar rond?
5. Waarheen is die perdekar op pad?
6. “As die smouse velle wil koop, moet Selling dit aan hulle verkoop”
Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is.
7. Wat kan Selling wel aan die smouse (vendors) verkoop?
8. Wat moes die smouse per dassievel betaal?
9. Watter eienskap van Fiela kom hier na vore?
10. Lees Fiela se monoloog op Bl. 47 en beantwoord die vrae.
10.1. Vul die tabel in:

Aspek Seekant Kloofkant


Plantegroei
Reënval
Tipe wêreld

10.2. Haal ʼn voorbeeld van ʼn KONTRAS uit die monoloog aan.


10.3. Verduidelik die kontras in jou eie woorde.
10.4. Wat suggereer Fiela se monoloog oor haar verhouding met haar
Skepper (Creator)?
10.5. “Fiela is ʼn mens wat haar seëninge tel”
Stem jy saam met die stelling? Verduidelik.
10.6. Vergelyk Fiela se karakter met Selling se karakter soos dit uit die
monoloog duidelik word.
10.7. Met watter een van die twee karakters kan jy die meeste identifiseer?
Motiveer.
11. Hoeveel het Fiela vir die volstruiswyfie betaal?
12. By wie het Fiela die volstruiswyfie gekoop?
13. Wat is Benjamin se stokperdjie?
14. Wie dink Selling, is in die perdekar?
15. “Seker predikers, Fiela”
Verduidelik waarom hierdie stelling eintlik ironies is.

EERSTE BEDRYF
TONEEL 2
Deel 2: Die sensusmanne daag op
Vrae:
1. Gee ʼn kort beskrywing van die karakters wat met die perdekar op Wolwekraal
opdaag.
2. Waarom stel die twee manne hulle nie self aan Fiela voor nie.
3. Wat kan jy uit bogenoemde aflei uit die tipe mense wat Dikke en Lange is?
4. “Fiela spreek Dikke en Lange aan as Baas-hulle.”
Is haar karakter oortuigend? Motiveer.
5. Wat is die rede vir die twee mans se besoek?
6. Hoekom is die aankoms van die sensusmanne die MOTORIESE MOMENT in
die drama?
7. Hoekom skrik Fiela toe sy hoor wat die doel van die besoek is?
8. Hoe regverdig (justify) Dikke die tel van die mense?
9. Wat hoop Fiela sal gebeur sodat die sensusmanne nie vir Benjamin sien nie?
10. “Kan een van julle lees en skryf?”
Wat impliseer Dikke met hierdie woorde?
11. Watter stylmiddel (figure of speech) word hier gebruik?
12. Dink jy Dikke tree stereotiperend op? Motiveer.
13. Hoe spreek hulle Fiela aan (address)?
14. Wat suggereer die manier waarop Lange met Fiela praat van sy siening van
bruin mense?
15. Dink jy Lange se optrede teenoor Fiela en haar man is korrek? Motiveer.
16. Wat kan jy aflei uit die volgende woorde van Lange: “Tydens watter pes of
ellende is jy gebore?”
17. Vul die huweliksertifikaat in deur die ontbrekende inligting te verskaf.

18. Aan wie behoort die plaas?


19. Verduideliik kortliks hoe sy die eienaar geword het.
20. Op watter dorp en by wie is die erfbrief?
21. Pas die karakter in kolom A by die inligting in kolom B.

Kolom A Kolom B
21.1. Kittie A. 2 Maart 1857
21.2. Dawid B. 13 Februarie 1862
21.3. Tollie C. 6 Februarie 1860
21.4. Emma D. 17 November 1858
21.5. Benjamin E. 4 Januarie 1856

22. Waarmee boer die komoeties?


23. Hoe dra Selling by tot die huishouding?
24. Aan watter kerk behoort die gesin?

Post-lees:
Dit is die aand ná die sensusmanne se besoek aan Wolwekraal. Fiela en Selling
lê en gesels in die bed oor wat die toekoms vir hulle en Benjamin inhou.
Skryf die dialoog tussen Fiela en Selling.
EERSTE BEDRYF
TONEEL 2
Deel 3: Benjamin maak sy verskyning (Bl.51-55)
Vrae:
1. Hoe reageer die sensusmanne toe hulle vir Benjamin sien?
2. Waarom rol Selling sy hande vinnig in mekaar?
3. Waarom is Lange en Dikke so geskok toe hulle vir Benjamin sien? Gee
TWEE redes.
4. Verduidelik wat ʼn “hanskind” is.
5. Hoekom voel Lange daar is iets vreemds aan die gang?
6. Hoe lank gelede het Benjamin by Fiela-hulle opgedaag?
7. Benjamin was drie toe hy by Fiela-hulle opgedaag het.
Verduidelik waarom die stelling ONWAAR is.
8. Hoe voel jy oor Lange se aanvallende (accusing) houding?
9. Hoe verskil Fiela se houding oor kinders van dié van die sensusmanne?
10. Hoe probeer Fiela Benjamin se verblyf by hulle regverdig ()?
11. Verduidelik Fiela se woorde hieronder:
“As jy ʼn hanslam gevat en grootgebring het, wie gaan vir jou sê wie se skaap
dit is?”
12. Voltooi die paragraaf:
Fiela het nie vir a) _______ na die grootplaas van b)_____ gevat nie, want hy
was c) ______. Sy kon ook nie die kind na die d) ____ toe vat nie, want hulle
dorp het nie een gehad nie. ʼn Week na die kind se opwagting het Fiela na die
e) _____ gegaan om dit aan te meld, maar hy was op f) ____ waar hy g) ____
gaan soek het. Toe Fiela hom weer gaan soek, was hy h) ____ toe vir ʼn
i) ___. Daarna het sy nie weer gegaan nie, want j) ____.
13. Waarvan beskuldig Lange vir Fiela?
14. Watter saadjie plant Dikke in Lange se gedagte?
15. Wie was die magistraat toe Benjamin by Fiela opgedaag het?
16. “Nou probeer Baas visvang in ʼn emmer.”
a) Verduidelik die uitdrukking.
b) Gee ʼn ander Afrikaanse uitdrukking vir dieselfde betekenis.
17. Waar het die kind nege jaar gelede weggeraak?
18. Waarom, volgens Fiela, was dit onmoontlik vir Benjamin om van Kom-se-bos
tot in Lange Kloof te loop?
19. Hoekom kon Benjamin ook nie padlangs kom nie?
20. Na wie verwys die Hoër Gesag?
21. Wat wil die sensusmanne met Benjamin doen?
22. Hoe probeer Fiela hulle oorreed om Benjamin by haar te los? Gee TWEE
feite.
23. Is Lange se argument logies as hy sê dat Fiela hom belieg het? Motiveer.
24. Lewer kommentaar op Fiela se taalgebruik.
25. Waarom, gebruik Benajmin die woord “Baas” wanneer hy na Lange en Dikke
verwys?
26. Wat gaan Lange en Dikke die volgende dag doen?
27. Wat is die MOTORIESE MOMENT.
28. Wat is die Motoriese moment in dié drama?
29. Verduidelik waarom die gebeurtenis die motoriese moment is.
Post-lees
Koerantberig
Jy is ʼn joernalis vir die koerant op Knysna. Jy het gehoor van die blanke kind wat
deur die bruin mense anderkant die berg as hul eie aangeneem en grootgemaak
is. Skryf die artikel vir die plaaslike koerant.

EERSTE BEDRYF
TONEEL 2
Deel 4: Die sensusmanne vertrek (Bl.56 -57)
Vrae:
1. In watter maand was die sensusmanne by die Komoeties?
2. Fiela het gerus begin raak toe die sensusmanne so lank wegbly.
Verduidelik hoekom die stelling WAAR is.
3. Hoe probeer Fiela dinge normaal laat aangaan op die plaas?
4. Waarom, dink jy, wou Fiela nie vir Benjamin onder haar oë laat uitgaan nie?
5. Hoe verduidelik Fiela haar besluit dat Benjamin op die werf moet bly?
6. Voltooi die paragraaf:
a) ____ vra vir Fiela of b) ____ nie saam met hom kan gaan om die
volstruismannetjie c) ____ op te pas nie. Hy dink dat d) _____net weer sal
e) ____ en dan moet hy alleen na die volstruis kyk.
7. Hoekom moet die volstruise broei?
8. Waarom is Fiela-hulle so opgewonde oor die volstruiswyfie se dans?
Post-lees
e-pos
Jou vriend wat in ʼn ander provinsie bly, doen Lien se lankstaanskoene as
voorgeskrewe boek. Skryf vir hom/haar en vertel haar van Fiela se kind.
EERSTE BEDRYF
TONEEL 3
DEEL 1: Die van Rooyens (Bl. 57-58)
Vrae:
1. Wat het met Elias gebeur?
2. Hoe weet jy Elias kan ook vasbeslote (determined) wees?
3. Verduidelik waarom Elias so graag die grootvoete wou jag.
4. Wat het Elias alles verloor toe hy moes vlug vir die grootvoete?
5. Is die volgende stelling ʼn FEIT of ʼn MENING?
“Dis net dat ons so kort van komberse is, Elias”
6. Wat kan ons aflei oor die van Rooyens se sosiale status?
7. Watter nuus bring Nina?
8. Barta is ʼn liggelowige mens.
Stem jy saam met die stelling? Motiveer.

Post-lees
Instruksies
Jy het jou bestuurderslisensie geslaag en jou ouers het vir jou ʼn motor gekoop. Hulle
het die motor aan jou oorhandig, maar ook duidelik instruksies oor die versorging en
hantering van die motor gegee.
Skryf die instruksies neer.

EERSTE BEDRYF
TONEEL 3
DEEL 2: Nuus van die magistraat op Knysna (Bl. 58-59)
Vrae:
1. Hoe laat is dit?
2. Wie bring die nuus vir die van Rooyens?
3. Wat is die nuus?
4. Dink jy Elias is gelukkig oor die feit dat die kind dalk nog leef? Motiveer.
5. Wie stuur die boodskap?
6. Waar is die van Rooyen-kind?
7. Hoe weet jy Elias glo nie die nuus van die kind nie?
8. Waarom wil hy dit nie glo nie?
9. Wanneer moet hulle op die dorp wees?
10. Wat is die naam van die van Rooyen-kind wat verdwyn het?
11. “Ek is ʼn vernielde man.”
a) Bedoel Elias die woorde LETTERLIK of FIGUURLIK?
b) Gee die LETTERLIKE en FIGUURLIKE betekenis van die uitdrukking.
12. Watter een van die verduidelikings pas die beste by Elias? Verduidelik jou
antwoord.

Post-lees
Vriendskaplike brief
Iets wonderliks / slegs het onlangs met jou familie gebeur.Jou suster woon
oorsee en jy wil graag die nuus met haar deel. Skryf ʼn vriendskaplike brief oor die
gebeurtenis en hoe dit julle lewe affekteer.
EERSTE BEDRYF
TONEEL 4
DEEL 1: Oggend in die Komoeties se huis (Bl. 59-60)
Vrae:
1. Waarom kan hulle nie veld toe gaan nie?
2. Wat is Benjamin se take?
3. Wat moet Kittie en Emma doen?
4. Wat moet Emma by die winkel koop?
5. Fiela bestuur haar huishouding soos ʼn diktator.
Stem jy saam met hierdie stelling? Verduidelik.
6. Hoe weet jy Fiela leer haar kinders goeie maniere?
7. Hoekom kan Selling nie daardie week siek wees nie?
8. Met watter een van die Komoetie-egpaar identifiseer die beste? Gee ʼn rede
vir jou antwoord.
9. Hoe weet jy Fiela is regverdig, al is sy streng?

Post-lees: Advertensie
Verbeel jou werk as bemarkingsbestuurder vir Fiela op haar plaas Wolwekraal. Julle
het besluit om mense na die plaas te lok om meer produkte te verkoop.
Stel ʼn advertensie op vir Wolwekraal wat die plaas as toeriste-attraksie bemark en
noem ook wat die plaas alles bied, veral die volstruise.
EERSTE BEDRYF
TONEEL 4
DEEL 2: DIE SENSUSMANNE KOM HAAL VIR BENJAMIN (Bl. 60-62)
Vrae:
1. Wie daag ʼn tweede keer op Wolwekraal op?
2. Hoekom daag hulle die tweede keer op?
3. Hoe voel Fiela oor die magistraat se instruksie dat die kind Knysna toe moet
gaan?
4. Wat, voel Fiela, moet die magistraat en die bosvrou doen?
5. Op watter dag het die sensusmanne daar opgedaag?
6. Wie gaan ook op Knysna wees?
7. 1. Hoe verwys Fiela na Barta?
2. Wat sê dit vir ons van Fiela se houding teenoor Barta?
8. Tot watter besluit kom Fiela oor die magistraat se versoek?
9. Verduidelik hoekom Fiela nie Lange se argument aanvaar nie.
10. Wat impliseer Lange wanneer hy vir Fiela vra of sy dalk iets wegsteek?
11. Wanneer sou Fiela die kind vir die magistraat en die bosvrou gaan wys?
12. Waarop berus Fiela haar hoop toe sy besef sy sal nie wen nie.
13. Watter verskillende stories word in die Lange Kloof oor Benjamin vertel?
14. Voltooi die paragraaf:
Fiela leer vir Benjamin van die 1.______. 2.______ en 3._______ het hom
skoolwerk geleer en 4.________ het hom somme geleer.
15. Dink jy Lange praat die waarheid as hy sê dat hulle nie lieg nie? Motiveer jou
antwoord.

EERSTE BEDRYF
TONEEL 4
DEEL 3: BENJAMIN MOET KNYSNA TOE GAAN (Bl. 62-66)
Vrae:
1. Kan ons aanvaar dat die Komoetie-huishouding matriargaal is? Motiveer jou
antwoord.
2. Op wie plaas Fiela altyd haar hoop in moeilike tye?
3. Hoekom kan die kind nie alleen na die fonteinkloof toe gaan nie?
4. Watter opdragte gee Fiela aan elkeen van haar kinders?
5. Waarom moet alles dadelik gedoen word?
6. Waarom besluit Fiela om Benjamin self te was?
7. 1. Hoe voel Benjamin daaroor dat hy Knysna toe moet gaan?
2. Verduidelik waarom Benjamin bang is vir dit wat voorlê.
3. Hoe voel jy oor Benjamin se dilemma?
8. 1. Hoe voel Fiela oor die gereg?
2. Hoe verwys Fiela na die magistraat?
9.1. Hoekom gee Fiela vir Benjamin geld?
9.2. Hoe verskil die Komoeties van die ander bruin gesinne in die Lange Kloof?
10. Hoeveel geld gee Fiela vir Benjamin?
11. Wat sal gebeur as Benjamion die geld verloor?
12. Hoekom stel Selling voor Benjamin moet eerder “weledele heer” vir die
magistraat sê?
13. Watter belangrike geheim word aan die einde van die tonneel geopenbaar?
14. Hoe reageer Fiela as sy uitvind Benjamin ken ook die familie-geheim?
15. Waarom wil Fiela nie hê die magistraat moet weet Selling was in die tronk
nie?
16. Hoe sou jy gevoel het as jy in Benjamin se skoene was?
17. Beskryf Fiela se karakter.
18. Wat sou jy gedoen het as jy Fiela was en jou kind moet alleen voor die
magistraat gaan staan?
Post-lees: Onderhoud
Fiela bad vir Benjamin en sy leer hom wat om tydens die onderhoud met die
magistraat te antwoord. Skryf die gesprek tussen Fiela en Benjamin neer. Gebruik
jou eie woorde.
Antwoorde: Elias se monoloog
1. D
2. Die mis maak die atmosfeer onheilspellend, asof iets gaan gebeur.
3. Dat ʼn man ʼn goeie plan en ʼn bietjie geluk nodig het in die lewe.
4. Hy sê geluk is skaars in die bos, want hy is arm en hulle kry swaar.
5. Hulle neuse loop en hulle hoes.
6. Daar is nattigheid in die huis, want die dak is stukkend.
7. Elias is afhanklik van ander mense se gunste. Hy wil nie self werk vir sy goed
nie, hy wil dit net kry.
8. Hy maak vinnig of hy werk – hy is lui.
9. Barta is onrustig.
10. Dit laat ons dink dat iets met Lukas gebeur het.
11. Elias dink Barta is nog mooi, maar verwaarloos (sy het nie skoene nie).
12. 1. Krisjan Smal van Lelievleibos se oudste seun.
2. Sodat hy meer balke kan maak en verkoop.
13. Sy kinders is nog te klein.
14. Dit gaan ʼn sonde en ergernis wees, want daar is nie blyplek vir hom ie.
15. Jy kan olifante skiet en die tande/ivoor verkoop.
16. Hy het nie geld vir ʼn geweer en patrone nie.
17. Nee, diere moet beskerm word, nie gejag word nie … / God het gesê ons
moet die diere bewaar. (eie antwoord)
18. Die regering kan die jagters arresteer of boetes gee om te betaal.
19. Hy weet nie hoe hy die tande sal verkoop nie, want die houtkopers is die
enigste mense met lisensies om ivoor te koop.
20. Hy sal baie meer geld kry as hy direk aan die skepe verkoop, want die
houtkopers betaal te min.
21. As Elias direk aan die skepe verkoop, het hulle niks om te kan verkoop nie,
dan gaan geld verloor.

Antwoorde: Lukas is weg


1. Hy maak planne om die olifanttande in die nag by die skepe te kry.
2. 1. Willem 2. Ses 3. Kristoffel 4. Vyf 5. Nina 6. ʼn baba 7. Lukas en hy is
drie jaar oud.
3. Hy is ongeskiik en ongeduldig met Barta.
4. Nee, dit is sy kind wat weg is, hy behoort te help soek. Hy het ook ʼn
verantwoordelikheid om na sy kinders te kyk.
5. Sy vertel ʼn storie van nhaar oorle tante in Karatara se bos wie se kind ook in
die bos weggeraak het.
6. Ja, sy is gespanne, bang en bekommerd oor Lukas wat weg is.
7. Hy blameer vir Barta.
8. Nee, Barta het ook baie werk en kan nie heeltyd na die kinders kyk nie. Dit is
ook sy verantwoordelikheid.
9. Die mis is baie dik, Lukas sal hulle nie hoor nie. Dit word nou laat, dan sal
hulle nie vir Lukas kan sien nie.
10. Anna moet die mans gaan roep om te help soek.
Antwoorde: Die mans help soek
1. Op die hoek van die huis toe Fiela vir hom ʼn patat gegee het.
2. Daar is baie kinders en baie spore.
3. Flip Lourens
4. Dit maak dat ons die ergste verwag, dat iets slegs gaan gebeur met Lukas.
5. Olifante het hom getrap.
6. Olifante
7. Sy sê die grootvoete was die hele week in die omgewing en sal nie eers voel
as hulle op ʼn kind trap nie.
8. ʼn Doemprofeet verwag altyd die slegte gaan gebeur. Tant Malie vertel heeltyd
negatiewe en bangmaakstories vir die mense.
9. Kinders is nie ʼn bedreiging vir grootvoete nie.
10. Noord – Koos; Elias – Oos; Martiens – Suid; Dawid – Wes;
11. Hulle is nie meer naby nie. Hulle is in Gouna se bos.
12. Na agt dae.
13. Dat Lukas nie nou meer kan leef nie.
14. Ja, dit is onmoontlik vir ʼn kind van 3 om vir 8 dae in die bos te oorleef.
15. a) Barta het verouder en is verslae, sy is opgehuil en het lanfer klere aan.
c) Elias skud sy kop: hy kan dit nie glo nie.
16. Sewe maande
17. Die geraamte van ʼn klein kind of ʼn bobbejaan.
18. Dit kan ook die geraamte van ʼn bobbejaan wees.
19. Ja, hulle kan nie glo dat hulle kind dood is nie. Hulle is gebroke.
20. Barta: sy is die ma. ʼn Kind is nader aan sy ma as aan sy pa.
21. Daar is bietjie hoop, want die geraamtes is dalk ʼn bobbejaan s’n./ Dit is finaal:
die kind is dood en hulle sal dit moet aanvaar.

Antwoorde: Die komoetie-gesin se lewe


1. Benjamin se leierskap.
2. Hy hou daarvan om voor te wees waar die dinge gebeur.
3. Hy sien ʼn vreemde perdekar.
4. Sy dink dit is smouse.
5. Die perdekar kom na hulle toe.
6. Hulle het iemand anders wat hulle velle koop, nl. Die Rossinski.
7. Daar is ʼn paar dasvelle.
8. 2 oulap ( 2 pennies)
9. Sy is ʼn goeie besigheidsvrou.
10. 1.
Aspek Seekant Kloofkant
Plantegroei Welig en vrugbaar. Dit Droog en min plante:
is ʼn bos met ruig waboom, taaitrek,
plantegroei. renosterbos, alwyn.
Daar is net klippe en
stof.
Reënval Dit reën baie Dit is droog. Dit reën
min.
Tipe wêreld Vrugbaar en milddadig Droë, harde wêreld
10.2. “Seekant van die berg het hy milddadig geplant en laat reën en laat groei”
“Kloofkant van die berge het hy net klippe en stof … oorgehad”
10.3. Aan die seekant is dit welig en vrugbaar, aan die kloof se kant is dit droog
en warm.
10.4. Sy is dankbaar vir die bietjie genade wat God vir die mense van die kloof
gegee het.
10.5. Ja, sy is dankbaar vir die bietjie reën, die volstruise en die fontein wat nog
water gee.
10.6. Fiela werk hard en sit nie en niksdoen nie. Selling is swak en moet gesê
word om te werk.
10.7. Eie antwoord.
11. 6 karwatse en 2 swepe.
12. Koos Wehmeyer.
13. Hy maak skuite van hout en speel met hulle op die water.
14. Predikers.
15. Predikers bring gewoonlik goeie nuus van God en is goeie mense, maar
hierdie manne wil vir Benjamin wegvat en hulle is ongeskik.

Antwoorde: Die sensusmanne daag op


1. Lange: ʼn Lang man. Hy dra ʼn bril en het ʼn boek en skryfgoed by hom
Dikke: ʼn Kort, molllige man. Hy is rooi in die gesig van die hitte.
2. Hulle het nie respek vir Fiela nie – sy is ʼn kleurlingvrou.
3. Hulle is ongeskik en kyk neer op ander mense. Rassisties.
4. Ja, in daardie dae het die kleurlingmense vir die witmense “Baas” genoem,
want hulle het vir die witmense op hul plase gewerk.
5. Hulle kom die mense tel. Hulle kom doen sensus.
6. Dit is waar die moeilikheid met Benjamin begin – die sensusmanne wil vir
Benjamin wegvat.
7. Sy weet Benjamin is nie haar eie kind nie en is bang dat hulle hom sal
wegvat.
8. Hy sê hulle moet die mense tel net soos Fiela haar hoenders tel saans.
9. Sy hoop die volstruiswyfie hardloop weg en die kinders hardloop agterna. Sy
hoop Benjamin se skuit dryf weg sodat hy dit moet gaan soek.
10. Hy impliseer dat hulle almal ongeletterd (illiterate) en onopgevoed is.
11. Suggestie – hy suggereer dat nie een van hulle kan skryf nie.
12. Ja. Hy neem aan alle kleurlinge kan nie lees en skryf nie.
13. Hulle noem haar “vrou”.
14. Hy sien neer op hulle, hy het nie respek vir hulle nie.
15. Nee, mens moet almal gelyk behandel. Een mens is nie beter as ʼn ander nie.
16. Hy suggereer dat Fiela nie weet wanneer sy gebore is nie.
17. 1. Fiela Maria Apools
2. 19 Oktober 1836
3. Selling Komoetie
4.1820
5. 3 Januarie 1859
18. Aan Fiela.
19. Haar pa en oupa het vir die Wehmeyers gewerk. Toe die oubaas Wehmeyer
dood is, het hy vir hulle 12 morg nagelaat. Sy het dus die grond geërf.
20. Op Uniondale by Mr Cairncross.
21. 1. Kittie – E. 4 Januarie 1856
2. Dawid – A. 2 Maart 1857
3. Tollie – D. 17 November 1858
4. Emma – C. 6 Februarie 1860
5. Benjamin – B. 13 Februarie 1862
22. Koring, mielies, groente, skape en volstruise.
23. Hy brei velle en verkoop dit. Hy maak karwatse en swepe van die velle.
24. Independent Kerk

Deel 3: Benjamin maak sy verskyning


1. Hulle is geskok.
2. Hy is bang, bekommerd en gespanne en senuweeagtig.
3. Benjamin is ʼn wit kind en dit is vreemd dat ʼn wit kind by kleurlinge woon en hy
sê vir Fiela “Ma”.
4. ʼn Kind wat nie ouers het nie en wat by ander mense grootword. (weeskind)
5. Dit was nie reg in daardie dae dat ʼn wit kind by kleurlinge woon nie. Fiela het
dit ook nie aangemeld (report) nie.
6. Nege jaar gelede.
7. Dit is onwaar want Fiela het sy ouderdom geskat op drie.
8. Hy is ongeskik. Hy weet nie wat het gebeur nie. Hy kan haar nie beskuldig as
hy nie weet wat aangaan nie.
9. Fiela: sy was jammer vir Benjamin en wou vir hom sorg. Sy gee om vir
kinders. Sensusmanne: hulle gee nie om nie – die kind moet teruggevat word,
omdat hy ʼn wit kind is.
10. Sy kon nie die kind buite laat staan het nie.
11. Sy het nie geweet wie die ma is nie, daarom het sy die kind gevat. As jy ʼn
weeskind grootmaak, hoe moet jy weet wie die ma is?
12. a) Benjamin
b) Petrus Zondag
c) by die see
d) magistraat
e) veldkornet
f) Dugas
g) skaapdiewe
h) Haarlem
i) begrafnis
j) Benjamin wou haar toe nie los nie.
13. Hy sê Fiela het die kind skelm gehou.
14. Dat Benjamin die van Rooyens se kind is wat weggeraak het.
15. Daar was nie ʼn magistraat nie. Die magistraat op Knysna was mister Blake.
16. a) hy soek iets wat onmoontlik is.
b) Jy soek wors in ʼn hondehok.
17. Kom-se-bos
18. Daar is nie net een berg tussen hulle en Kom-se-bos nie, maar baie berge en
die bos is groot en gevaarlik.
19. Die pad was nie klaar nie.
20. Mense van die goewerment, soos die magistraat.
21. Hulle wil Benjamin saam met hulle vat.
22. Sy sê as hulle Benjamin wil vat, moet hulle haar eers doodmaak/keel afsny.
Sy sê dat Lange vir Benjamin in die goewermentsboek opgeskryf het en dit
sal so bly.
23. Ja, sy het gejok toe sy Benjamin se naam uit die Bybel gelees het.
24. Sy praat soos die kleurlinge van die kloof. Sy toon respek vir die manne, want
sy noem hulle “Baas”. Haar taalgebruik wys vir ons sy is emosioneel.
25. Hy het by kleurlinge grootgeword en hy praat soos hulle.
26. Hulle gaan op Knysna uitvind oor Lukas wat weggeraak het.
27. Wanneer die spanning en handeling begin.
28. Die Motoriese Moment is wanneer die sensusmanne opdaag en vir Benjamin
wil wegvat.
29. Ons kan aflei dat daar nou baie dinge gaan gebeur met almal in die drama as
hulle vir Benjamin wegvat. Dit veroorsaak spanning.

Deel 4: Die sensusmanne vertrek


1. Februarie
2. Fiela sê die klip wat in haar gaan lê het, het ligter geword.
3. Sy sê vir die kinders wat om te doen sodat die plaas kan aangaan soos altyd.
4. Sy is bang die sensusmanne kom terug en vat vir Benjamin as sy nie by hom
is nie.
5. Sy sê Benjamin kan nie saam met die ander gaan nie, want hy hardloop altyd
voor die volstruise. Die volstruise gaan hom oopskop.
6. a) Tollie
b)Benjamin
c) Skopper
d) Kittie
e) slaap
7. Sodat Fiela kan geld kry om grond by te koop.
8. Dit is ʼn paringsdans – die wyfie is gereed om te paar.
ANTWOORDE: TONEEL 4

DEEL 1: Oggend in die Komoeties se huis (Bl.59-60)


1. Die noordwestewind waai. Die aalwyne sal nie tap nie.
2. Hy moet die wef vee en die hoenderhokke help skoonmaak.
3. Kittie: maak koffie en skink dit
Emma: vat ʼn stukkie seep vir Miss Baby en antie Maria.
4. ʼn Emmer meel
5. Ja, sy deel opdragte uit aan al die kinders en haar man. Sy aanvaar nie
teëpratery nie.
6. Sy sê Benjamin moet ordentlik eet en nie sy mond so vol prop nie.
7. Rossinski kom die volgende week, so sy karwatse en velle moet klaar wees
om te verkoop.
8. Eie antwoord.
9. Sy gee vir al die kinders werk, nie net vir een kind nie.

DEEL 2: DIE SENSUSMANNE KOM HAAL VIR BENJAMIN (Bl. 60-62)


1. Die sensusmanne, Lange en Dikke
2. Die magistraat het gesê hy wil vir Benjamin Vrydag sien. Hulle kom hom haal.
3. Fiela is hardkoppig. Sy sê hulle kan hier na die kind kom kyk.
4. Sy sê hulle moet hier kom kyk as hulle die kind wil sien.
5. Woensdag.
6. Barta van Rooyen.
7. 1. Bosvrou
2. Sy hou nie van haar nie / sy vertrou haar nie / sy het nie respek vir haar
nie.
8. Sy sê sy sal Benjamin self Knysna toe vat.
9. Want die vorige keer het hy gesê ‘n 3-jarige kind kan deur die Bos loop, maar
nou sê hy dit sal te lank vat vir die kind om dorp toe te loop.
10. Hy impliseer dat Fiela weet wie die kind is, maar sy wil dit nie erken nie.
11. Maandag
12. Sy probeer op die man se gevoel speel - sy sê God sien elke traan oor dit
wat grootmense aan kinders doen.
13. Die mense sê Benjamin gaan nie kerk toe nie. Hy gaan ook nie saam met die
ander kinders skool toe nie.
14. 1. Here 2. Tollie 3. Dawid 4. Miss Baby Stewart
15. Nee, as Benjamin die bosvrou se kind is, sal hulle hom nie terugbring nie.

TONEEL 4
DEEL 3: BENJAMIN MOET KNYSNA TOE GAAN (Bl.62-66)
1. Ja, Fiela is die hoof van die huishouding. Sy neem al die besluite en bestuur
die gesin.
2. Die Here / God
3. Dit is gevaarlik – daar was ʼn tier wat een van Langhaans se skape gevang
het.
4. Dawid: hy moet dorp toe gaan. Hy moet ʼn mooi nuwe hemp en winkelskoene
by Mr. Pace gaan ruil. Hy moet skaapvelle en karwatse ruil.
Tollie: hy moet ʼn buitevuur maak.
Emma: maak kleinvuur in die huis en hang kos oor (kos opsit).
Kittie: gaan haal die blik met naaldgoed.
5. Hulle moet vinnig maak, want die sensusmanne kom haal hom môre.
6. Sy wil seker maak dat Benjamin goed skoon is as die sensusmanne kom.
7. 1. Hy is bang
2. hy is bang dat hy dalk nie sal terugkom nie; hy moet alleen gaan; hy was
nog nooit by die magistraat nie.
3.
8. 1. gereg /wet=law. Sy het respek vir die gereg. Sy sê mens mag nie vir die
magistraat jok nie.
2. Die grootman van die wet. Sy noem hom “my heer”.
9. 1. Sodat die mense nie moet dink hulle is arm nie.
2. Fiela besit die grond waar hulle woon – die ander bruin mense besit nie
grond nie.
10. Vyf sjielings (50c)
11. Fiela sal hom foeter (pak gee) give him a hiding.
12. Dit klink respekvol.
13. Selling was in die tronk.
14. Sy het geskrik.
15. Die magistraat sal dink hulle is slegte mense en vir Benjamin wegvat.
16. Eie antwoord
17. Fiela is streng. Sy gee om vir kinders. Sy is ʼn harde werker. Sy is die hoof van
haar huis (matriarg). Haar geloof is sterk. Sy is hardkoppig. Sy organiseer
haar huis goed. Sy steek nie haar gevoelens weg nie.
18. Ek sal vir my kind bid; en sal saam met hom probeer gaan. Daar is niks wat
sy kan doen nie, want dit is die wet.

Post-lees: Onderhoud (interview)

Fiela(magistraat) :Môre, seun. Wat is jou naam?

Benjamin :Môre, weledele heer. My naam is Benjamin Komoetie.

Magistraat :Hoe oud is jy?

Benjamin :Ek is twaalf jaar oud, weledele heer.

Magistraat :Waar woon jy en wie is jou ouers?

Benjamin : Ek woon op Wolwekraal, in die Lange Kloof. Dit is ons


eie grond. My ouers is Selling en Fiela Komoetie, my
heer.
Magistraat :Kan jy onthou hoe jy daar gekom het?

Benjamin :Ek weet nie, weledele heer, maar my ma het gesê die
Here het my aan haar toebetrou.

Magistraat :Hoe lank woon jy al daar?

Benjamin :Nog altyd, my heer.

Magistraat :Sorg hulle goed vir jou?

Benjamin :Ja, weledele heer. My ma kan baie lekker brood bak. Ek


het ʼn nuwe hemp en skoene. Ek het ook geld vir ingeval.

You might also like