You are on page 1of 2

WENKE BY DIE BEANTWOORDING VAN ʼn BEGRIPSTOETS.

1. Lees die leesstuk een keer goed deur.


2. Lees dan jou vrae aandagtig deur.
3. Begin by vraag 1 – die antwoord is dikwels in die titel of in die eerste paragraaf.
4. Maak gebruik van kort sinne wanneer jy die vrae beantwoord.
5. Nommer altyd volgens die nommeringstelsel in die vraestel.
6. Indien jou mening gevra word (Dink jy….), begin jou antwoord met JA of NEE en gee dan ʼn logiese rede vir jou antwoord.
7. Wanneer jy gevra word om TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan te haal, moet jy net TWEE woorde wat LANGS
MEKAAR staan, neerskryf.
8. Ken die volgende vraagwoorde: wie, wat, waarom, waar, wanneer, hoe, hoekom, watter, wie se, waarmee, waarnatoe,
waarvandaan.
9. Ken ook die betekenis van die volgende woorde, frases of sinne:

 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is.  Is the statement true or false? Motivate your answer.
Motiveer altyd jou antwoord. Staaf jou  Proof that it is so.
antwoord.
 Gee ʼn rede vir jou antwoord.  Give a reason for your answer.
 Motiveer jou antwoord deur ‘N APARTE WOORD  Quote a separate word.
aan te haal.
 Voltooi die sin…  Complete the sentence.
 Beskryf…  Describe…
 Verduidelik…  Explain…
 Wie is aan die woord?  Who is the speaker/narrator?
 Verduidelik in jou eie woorde…  Explain in your own words.
 Vergelyk…  Compare…
 Sintuie …  Senses…
 Is hierdie stelling ʼn FEIT of ʼn MENING…  Is the statement a fact or an opinion?
 Gee die DENOTIEWE (letterlike)/KONNOTIEWE  What is the literal/figurative meaning?
(figuurlike) betekenis…
 Lyftaal …  Body language…
 Gesigsuitdrukking…  Facial expression…
 Stereotipe…  Stereotype…
 Humoristies/snaaks…  Humorous/funny…
 Wat impliseer…  What does it imply?
 Hoeveel tyd…  How much time…
 Inleidende paragraaf…  Introductory paragraph…
 Houding…  Attitude…
 Emosie…  Emotion…
 Frons…  Frown…
 Glimlag…  Smile…
 Sarkasties…  Sarcastic…
 Spanning…  Tension…
 Uitdrukking…  Expression…
 Ooreenkoms…  Similarity
 Verskil…  Difference
 Watter aspekte van sy persoonlikheid…  Which aspects of his personality…
 Deel van ‘n sin…  Part of a sentence…
 Hoofgedagte…  Main idea
 Belangrikste…  Most important…
 Cliché/holruggeryde uitdrukking…  Overused expression…
 Tegniek…  Technique…
WENKE BY DIE SKRYF VAN 'N OPSOMMING

 Som die leesstuk PUNTSGEWYS op.


 Laat ‘n REËL OOP na elke punt.
 Som die punte in jou EIE WOORDE op ….MAAR…as jy baie sukkel met Afrikaans
kan jy eerder die hoofgedagte AANHAAL. Maak net seker jy weet wat is die
essensie van dit wat jy moet opsom.
 Jy kan gevra word om STAPPE (steps), FEITE (facts), MANIERE (ways),
VOORDELE (advantages)/NADELE(disadvantages), WENKE (tips) en
INSTRUKSIES (instructions) op te som.
 WENKE, STAPPE of INSTRUKSIES moet in BEVELVORM gegee word. Jy kan as
volg begin:
 ~ Met ‘n WERKWOORD;
 ~ Jy moet…;
 ~ Jy behoort…
 As jy enigiets in byvoorbeeld 7 punte moet opsom, moet jy by die eerste wenk,
stap, instruksie, ens. BEGIN. Soms is hierdie eerste punt NIE in die inleidende
paragraaf nie; moet dan nie die inleidende paragraaf opsom nie.
 Daar is nie noodwendig net een hoofgedagte per paragraaf nie; die leesstuk
kan byvoorbeeld bestaan uit 5 paragrawe wat 7 hoofgedagtes bevat.
 Moenie die teks so RADIKAAL in jou eie woorde opsom dat die betekenis van
die teks VERANDER NIE.
 Pas die SIN NET ‘N BIETJIE aan deur byvoorbeeld ‘n byvoeglike naamwoord
weg te laat of ‘n sinoniem te gebruik.
 Soms moet jy VOORDELE/POSITIEWE PUNTE of NADELE/NEGATIEWE PUNTE
van iets opsom – maak seker jy lees die instruksie baie goed. (Bv. 3 voordele en
2 nadele, ens.)
 Soms moet jy sê wat iemand MOET DOEN en NIE MOET DOEN NIE – maak
seker dat jy na beide fasette verwys. (Bv. Jy hou ‘n partytjie in jou ouers se
huis. Noem 3 dinge wat julle nie moet doen nie en 4 dinge wat julle moet
doen.)
 Moenie twee sinne met “EN” VERBIND nie.
 Trek ‘n STREEP deur jou rofwerk.
 Jou opsomming mag GLAD NIE 70 woorde OORSKRY nie.
 TEL jou woorde en skryf die AANTAL WOORDE neer.

You might also like