You are on page 1of 4

1

Erna: Onderwêreld: Opstel 4: Eggo’s

Onderwêreld: Opstel 4: Eggo’s


‘n Herhalende motief (leitmotief) is iets wat herhaaldelik in die roman
voorkom en as bindmiddel dien, maar ook belangrike temas ondersteun.
Bespreek die belangrike EGGO-MOTIEF in hierdie roman.
Die eggo-motief weerklink herhaaldelik in die roman en ondersteun die
belangrikste temas.

Elke hoofstuk in die verlede eggo in ‘n hoofstuk in die hede, want elke
“log file” (verlede)–hoofstuk word afgewissel met ‘n hoofstuk in die
hede en in hoofstuk 33, “Eggo’s” kom hede en verlede bymekaar. Die
sentrale gedeelte, hoofstuk 1 – 35 is die “Ping”-gedeelte, soos waar een
rekenaar inligting na ‘n ander rekenaar stuur en die teikenrekenaar die
opdrag “eggo”.

Die eggo-motief word reeds in die proloog aangetref, wanneer sy pa se


selfmoordpoging deur sy lewe eggo: ”Wat hy voor hom sien, word die
eerste snydende skreeugeluid wat deur sy grootwordjare sal eggo: Sy pa
se groot lyf, half oor die lessenaar gebuig…” Die seun se nuwe naam,
“Eckardt” en sy kubernaam, “Ekk-O”, eggo deur die hele roman. Later
weerklink dit weer in Greg se soektog wanneer hy Ekk-0 se versteekte
webadres “www. Ekk-os_underworld.co.za” oopmaak.

Wanneer Eckardt se pa vermoor word, wag hy magteloos op


antwoorde, maar “eggo’s uit die onderwêreld” is al wat hy kry. Daarom
kies hy jare later ‘n naam wat aantoon hoe dit voel om magteloos vir
antwoorde te wag, want die “0” in Ekk-0 is die getal nul, wat verwys na
“geen antwoorde nie”, of die 0-1-rekenaartaal.
2

Die Tonnel-ritueel van die graad 8’s eggo die tradisies van Lawson
Kollege, want die verteller sê: “Dit werk so…” en dan vertel hy hoe hulle
elke jaar deur die graad 12’s na die plein toe en deur die Tonnel gejaag
word. Wanneer die Trappers ontgroen word, word hul stemme in die
tonnels gehoor: “ Hulle stemme eggo deur die tonnels, voordat die
mangat se ysterdekdel agter hulle toeslaan.”

In die berge kan letterlike eggo’s gehoor word: Die Zulu-naam vir die
Drakensberge (uKhahlambe) verwys na die “geluid wat die Zulu-krygers
se spiese teen die skilde maak” en na die eggo’s wat van die berghange
af terugkeer. Daar is ook werklike eggo’s wanneer die seuns met die
perde teen die berg uitklim, hul name uitroep en dit eggo terug: “G-4ce!
Die berg roep my naam terug…G-4ce!… Ekk-0!... Ekk-0…antwoord
die berg.”

Tydens die Tonnelritueel, klim John uit die mangat en kyk op na Greg,
sodat sy broer, John, se oӫ na om terug-eggo: “ Daardie manier van sy
gesig draai, die uitdrukking in sy oӫ…net soos John.” Na hul uitstappie
in die berge, gaan sit hulle op ‘n klip en wanneer Eckardt vir hom kyk,
eggo sy broer, John, se gesig weer in Eckardt s’n: “Jy laat my aan my
broer dink, weet jy?”

Die lig- en donkermotiewe eggo mekaar ook in die roman, soos die
skool se ironiese leuse wat “Lig is die lewe vir die mensdom” beteken,
terwyl die skoolhoof in die donker wêreld van misdaad beweeg.
Rykdom en armoede eggo mekaar ook, soos wanneer die
rykmansmotors op pad na luukse-vakansieoorde “by die kinders wat
bakhand bedel’’ verby ry.
3

Ten slotte is dit dus duidelik dat die eggo-motief daartoe bydra dat
belangrike temas oor en oor beklemtoon word.

BEPLANNINGSTRUKTUUR VIR MAKLIK LEER


KORT INLEIDING WAT BY OPDRAG AANSLUIT
1. Paragraaf 1: HOOFSTUKKE: * Hoofstukke in die verlede en hede
eggo mekaar. * Die Ping-hoofstukke dui op antwoorde of eggo’s
tussen rekenaars.
2. Paragraaf 2: SELFMOORDPOGING EN NAAM: * Sy pa se
selfmoordpoging eggo deur sy lewe. *Eggo in sy naam
“Eckardt”, asook in sy kubernaam “Ekk-0” *Eggo in sy
versteekte webadres www.Ekk-os_underworld.co.za *Wag op
antwoorde oor sy pa se moord, maar vrae “eggo” net na om terug.
* Die 0 in sy kubernaam staan vir nul, want hy kry geen antwoorde
oor sy pa se moord nie.
3. Paragraaf 3: TONNEL: * Die tonnelritueel eggo die jaarlikse
tradisie met die Trappers. * Die Trappers se stemme eggo deur
die tonnels.
4. Paragraaf 4: NOG GELUIDE EN STEMME: * Die berge het die
geluide van die Zulu-krygers se spiese ge-eggo. * Die seuns se
stemme eggo wanneer hulle hul name uitroep.
5. Paragraaf 5: JOHN: * Wanneer Eckardt uit die mangat klim, lyk hy
soos Greg se broer, John. * Op die klip by die berg laat Eckardt
weer vir Greg aan John dink.
6. Paragraaf 6: MOTIEWE: * Die lig- en donkermotiewe eggo
mekaar. *Rykdom en armoede eggo mekaar.

KORT SLOT MET GEVOLGTREKKING OF SAMEVATTING


4

 Paragraaf 1: Hoofstukke wat mekaar eggo


 Paragraaf 2: Eggo’s in Eckardt se naam; selfmoordpoging eggo
 Paragraaf 3: Eggo’s in die tonnel
 Paragraaf 4: Eggo’s in die berge
 Paragraaf 5: Eckardt se voorkoms eggo John s’n
 Paragraaf 6: Lig en donker; rykdom en armoede eggo mekaar.

 Stellings wat by mekaar pas, is in dieselfde paragrawe gekombineer.

 15 x * = 15 stellings

 Sorg dat elke stelling by die opdrag aansluit, sodat jy nie net die storie
oorvertel nie.

 Stellings MOET deur ‘n aanhaling of voorbeeld uit die teks gemotiveer word.

 Onthou die kort inleiding en slot.

 Moet nooit subopskrifte, kolpunte of paragraafnommers in jou finale opstel


gebruik nie.

 Moenie die hele opstel in een paragraaf skryf nie.

 Moenie ‘n gedeelte van jou opstel doodtrek as jy effens te veel woorde het
nie.

You might also like