You are on page 1of 10

HOOFSTUK 19 RAT

 Na die onderhoud met die polisie weet Greg dat hy in groot moeilikheid
is.
 Die polisie weet nog nie dat hy 'n kraker is nie, maar as hulle uitvind, het
hy 'n probleem.
 Hy het egter 'n plan, wat beteken dat hy op die skool se stelsel moet
inkom.
 Hy kry I n IP-adres op Ekk-o se blog wat hom tot voor die brandmuur vat.
 Hy vind egter dat die brandmuur se wagwroorde verander is.
 Greg Sien die woord backdoor op Ekk-o se blog.
 Hy weet dat krakers soms vir hulself 'n agterdeur ooplos om weer op 'n
stelsel te kan ingaan.
 Hy probeer 'n poort met 'n hoë nommer, maar dis ook toegemaak. Greg
is gefrustreerd en gaan Hang-Out toe om koffie te kry.
 As een van sy matriekmaats agter hom praat, skrik hy onnodig.
 Terug in sy kamer, Sien Greg 'n skakel na 'n RAT (Remote Access Trojan)
op Ekk-o se blog.
 Dit sal hom toegang tot Dok Pienaar se rekenaar gee sonder dat hy naby
die rekenaar is.
 Hy besluit om die nodige inligting deur middel van sosiale manipulering te
bekom.
 Eers skakel hy Dok Pienaar se sekretaresse, Joan Gibbs, en vind uit dat
Dok Pienaar daardie dag tussen drie- en vieruur nie op kantoor sal wees
nie.
 Dan skakel hy die ander sekretaresse om uit te vind wat die
stelseladministrateur se naam is.
 Hy besef egter dat sy rugbyoefening gaan inmeng met sy planne en
tydens oefening maak hy asof hy beseer word sodat hy kan teruggaan na
sy kamer toe.
 Greg skakel weer vir Joan Gibbs en gee voor dat hy André van
Harrismith Technology is.
 Hy stuur haar na Dok Pienaar se rekenaar toe en help haar stap vir stap
om die RAT suksesvol te installeer.
 Die inspanning laat Greg sweet, maar as dit klaar is, is hy geweldig
opgewonde.
 Hy besef dat dit dié gevoel van euforie is wat krakers motiveer.
 Greg se eerste poging tot sosiale manipulering is dus uiters suksesvol.
HOOFSTUK 21 DOK SE FILES
 Die RAT gee Greg toegang tot Dok Pienaar se rekenaar.
 Dis asof hy self voor die rekenaar sit.
 Hy installeer 'n sleutellogger op Dok Pienaar se rekenaar.
 Dit sal elke knoppie wat Dok Pienaar op sy rekenaar druk, registreer.
 TJ kom na Greg se kamer toe.
 Hy klink opreg bekommerd oor Greg en hulle maak 'n afspraak om die
aand 'n potjie skaak te speel.
 As TJ uit is, gaan Greg dadelik terug na sy skootrekenaar.
 Greg kry iets wat hom baie opgewonde maak: 'n paar geënkodeerde e-
posse op Dok Pienaar se rekenaar.
 As hy wil lees wat daarin staan, sal hy die privaatsleutel moet soek
 . Hy soek die hele rekenaar deur, maar kry niks.
 Dan Sien hy 'n USB-geheuestafie.
 Binne sekondes kry hy die privaatsleutel, weggesteek in 'n paar gidse
 . Hy wil die e-posse later lees, dus moet hy besluit waar om dit af te laai.
 Hy laai die e-posse af in 'n dead drop, een van die gratis FTP-webblaaie
iewers in China.
 Hy laai al die geënkodeerde e-posse uit die eposargief af.
 Hy is vreesbevange, maar kan eenvoudig nie ophou om inligting af te laai
nie.
 Die adrenalien pomp deur sy liggaam.
 Dok Pienaar begin op sy rekenaar werk net as Greg wil afteken.

HOOFSTUK 23 PROJECT NURSERY RHYME


 Maandag betrap Dok Pienaar amper vir Greg waar hy inligting van sy
rekenaar aflaai.
 Hy sit en hou Dok Pienaar dop as hy e-posse lees en beantwoord.
 Greg is ongeduldig, want hy wil nader aan die waarheid probeer kom.
Dok Pienaar teken in op SSH, 'n afstandkonneksie met 'n ander
rekenaar.
 Dan klop TJ aan Greg se deur en dwing hom om saam met hom te gaan
skaak speel.
 As Greg na die skaakspel terugkom in sy kamer, is Dok Pienaar reeds
weg.
 Die Dinsdagoggend deursoek die polisie die Tonnel.
 Greg voel naar as hy dink dat Eckardt dalk daar kan wees.
 Greg begin wonder of die ander matrikulante nie dalk iets met Eckardt
se verdwyning te doen het nie.
 Hy verdink selfs vir Plank en wonder of Plank nie dalk weet wat
aangaan nie.
 Gedurende die oggend word Greg weer deur die polisie ingeroep.
 Anita, 'n kunstenaar, het saamgekom om 'n skets van Eckardt saam te
stel, aangesien daar geen rekord van hom bestaan nie.
 As die skets klaar is, dink Greg dat dit nogal soos Eckardt lyk, maar sy
gesig lyk leweloos.
 Inspekteur Cele lig Greg in dat Eckardt se rekenaar niks opgelewer het
nie.
 Daar is basiese programme op die rekenaar gelaai, maar geen e-posse,
dokumente of geskiedenis van webwerwe wat Eckardt besoek het nie.
 Dit lyk asof die rekenaar se inhoud doelbewus uitgewis is.
 Inspekteur Cele ontstel Greg, want sy hou aan vrae vra en dit voel vir
hom asof sy hom beskuldig. Greg wil sy ma skakel, maar sy pa
antwoord.
 Die gesprek tussen hulle is ongemaklik en hulle praat nie lank nie.
 Greg besef dat hy al hoe meer leuens vertel, maar hy gee nie meer om
nie.
 Hy onthou hoe die een leerder hom 'n loser genoem het.
 Dit voel vir hom asof hy 'n loser is.
 Hy moet voorgee dat alles in sy lewe reg is, maar hy vervreem hom van
sy vriende en dit pla hom dat hy vir Plank en TJ lieg.
 Dié aand skuif Greg weer voor sy rekenaar in.
 Hy kom af op inligting wat hy van Dok Pienaar se rekenaar afgelaai het.
 Hy kry die wagwoord Lawson en maak 'n ontsyferde e-pos oop
 . Dit verwys na 'n projek: Project Nursery Rhyme.
 Hy kom agter dat drie persone daarby betrokke is: The Butcher, The
Baker en The Candlestick-maker.
 Greg onthou die kleuterrympie
 Greg kom op nog 'n e-pos af waarin The Butcher vertel hoe hy beplan
om 'n nuwe griepvirus te kweek.
 Hierdie virus sal dan deur middel van 'n griepentstof versprei word.
 Greg besef dadelik dat dit die inligting is waarop Eckardt afgekom het.
 Hy kan ook nie verstaan waarom The Butcher (Dok Pienaar) so 'n
verskriklike virus wil versprei nie.
 Greg besluit om met TJ te praat. Hy vind by TJ meer uit oor die
voëlgriep. TJ verstaan nie Greg se skielike belangstelling in voëlgriep nie
en wil weet wat Greg met die inligting wil doen.
 Greg besluit om hom in sy vertroue te neem.
 Hy vertel dat Eckardt 'n kuberkraker is en op iets afgekom het wat hy
nie moes Sien nie.

HOOFSTUK 25 SQUEAL
 Die Woensdag word Greg weer uit die klas geroep vir ondervraging.
 Hierdie keer is dit in Dok Pienaar se kantoor.
 Greg beskou hom as 'n vieslike man.
 Greg sit voor die kantoor en wag as die kantoordeur oopgaan en TJ
uitgestap kom.
 Greg weet dadelik dat TJ die vertroulike inligting wat hy met hom
gedeel het aan meneer Andersen oorvertel het.
 Inspekteur Cele wil weet wat Greg alles terughou.
 Greg besef dat hy die waarheid moet praat en hy sê vir haar dat
Eckardt 'n kuberkraker is.
 Greg vertel dat hy Eckardt dikwels Sien kraak het.
 Hy ontken egter dat hy self 'n kraker is. Inspekteur Cele konfronteer
hom oor sy swak skoolpunte en dryf hom in 'n hoek.
 Sy vra uit oor die MMS met die wit hoed wat Greg ontvang het.
 Hy vertel dat Eckardt 'n withoedkraker is wat nie skade op stelsels
aanrig nie.
 Inspekteur Cele noem al die dinge op wat teen Greg tel, maar dis as sy
Greg se krakernaam noem dat hy besef dat hy met die waarheid sal moet
uitkom.
 Hy vertel die speurder dat Eckardt hom ook geleer het om te kraak.
Sersant Botha kry opdrag om dadelik Greg se rekenaar te konfiskeer en
vir ontleding te stuur.
HOOFSTUK 27 BRUTE FORCE
 Nicole skakel Greg die Woensdagaand.
 Hy besef dat hy vir haar die waarheid sal moet vertel, maar hy is nog nie
reg daarvoor nie.
 Kwanele bied sy ondersteuning vir Greg aan. Dit laat Greg baie sleg voel,
want hy het Kwanele in die verlede nie altyd goed behandel nie.
 Greg skakel sy ma en vertel haar van Eckardt se kuberkrakery en dat
Eckardt hom ook geleer het. Hy vertel ook dat die polisie sy rekenaar
gevat het en dat hulle dink dat hy iets met Eckardt se verdwyning te doen
het.
 Hy vra dat sy asseblief nie vir sy pa daarvan moet vertel nie.
 Daar is nog iets wat Greg eers wil probeer doen.
 Net na twaalfuur, as alles stil in die koshuis is, gaan Greg na die Hang-
Out toe.
 Alles daar is donker. Hy skakel 'n rekenaar aan en besef dat hy die
administrateur se wagwoord van PlusUltraMed sal moet kraak as hy
toegang tot hulle lêers wil hê.
 Hy laai LCP op die skoolrekenaar af en besluit uiteindelik om brute krag
te gebruik om die wagwoord in die hande te kry
 . Hy skakel die ander rekenaars 00k aan en verander almal se stellings
om sy soektog na die wagwoord makliker te maak.
 Dit neem ure en Greg wonder steeds wie daardie Sondagaand by sy
deur was.
 Uiteindelik kraak hy die wagwoord en na 'n lang soektog kom hy op
Project Nursery Rhyme se Iéers af.
 Daar is te veel léers vir hom om deur te gaan, dus laai hy dit in sy veilige
aanlynstoorplek af.
 Hy kom op 'n skokkende navorsingsverslag af.
 Uiteindelik besef Greg dat die virus vervaardig word sodat die entstof
verkoop kan word.
 Greg besef dat die wéreld van geld die eintlike onderwéreld is.
 Die wéreld van geld is boser as enigiets wat 'n hacker sal kan aanvang.
Die dryfveer agter die mensgemaakte virus gaan net oor geld.
 Greg druk party van die dol<umente wat hy aflaai, uit.
 As sy papier opraak, gaan haal hy nog in sy kamer.
 As hy terugkom, skrik hy baie groot, want Dok Pienaar sit agter die
rekenaar
HOOFSTUK 29 'N SKOP IN DIE FAMILY JEWELS
 Die man voor die rekenaar in die Hang-Out is toe nie Dok Pienaar nie.
 Dis sersant Botha. Hy hou Greg al die hele aand dop.
 Die sersant kan nie glo dat Greg nog nie genoeg geskrik het nadat sy
rekenaar weggevat is nie.
 Sersant Botha kry 'n telefoonoproep van Colin van die
Rekenaarmisdaadeenheid. Colin het Greg se rekenaar deursoek.
 Greg weet dat Colin nie veel kon kry nie, want hy het altyd deur
rekenaars in Amerika of China gekraak.
 Maar dan hoor Greg skol<kende nuus: daar is 'n sleutellogger op sy
rekenaar.
 Iemand hou alles dop wat hy doen en hy weet nie eens daarvan nie.
 Greg besef dat hy nie weet waar die onderwêreld eindig nie.
 Hy word net al dieper en dieper in die onderwêreld ingetrek.
 Dis amper dagbreek as Greg teruggaan na sy kamer toe om te gaan rus.
 Hy wonder wie die sleutellogger op sy rekenaar installeer het.
 Maar belangriker as dit: hy wonder waar die onderwêreld eindig.
 Later kom inspekteur Cele en sersant Botha na Greg se kamer toe.
 Hy bied aan om as informant vir die polisie op te tree.
 Sersant Botha dink Greg is naïef, maar hy verseker hulle hy kan vir hulle
inligting gee wat dalk verduidelik hoekom Eckardt weg is.
 Die inspekteur en sersant bespreek eers Greg se voorstel en kom dan
terug met die nuus dat 'n regter sal besluit of hy kwytgeskeld gaan word
of nie, maar hy sal eers in die hof moet getuig.
 Onder toesig van die polisie druk Greg die res van die dokumente uit wat
hy van PlusUltraMed afgelaai het.
 Op 'n stadium kom TJ na Greg se kamer toe met die nuus dat nog
iemand dood is aan voëlgriep
 . Hy beskryf die simptome en dit klink net soos die simptome van die
hemorargiese virus wat Dok Pienaar-hulle vervaardig.
 Die dokters is baie bekommerd, want die simptome stem nie ooreen met
dié van voëlgriep nie.
 Inspekteur Cele kyk na Greg en na die papiere wat sy vashou en
uiteindelik besef sy dat daar 'n verband tussen wat TJ gesê het en die
drukstukke i
HOOFSTUK 31 OP SOEK NA 'N PLEK WAT MENS TEVREDE
LAAT VOEL MET JOUSELF
 Dis Donderdag, 'n week na Eckardt se verdwyning.
 Greg gaan saam met sersant Botha na die polisiekantoor op Bergville
waar hy 'n verklaring moet aflê oor alles wat gebeur het.
 Dit neem lank. Inspekteur Cele vertel sersant Botha dat Dok Pienaar 'n
vorige saak van binnehandel teen hom gehad het en dat hy losgekom het.
 Greg hoor ook dat inspekteur Cele iemand gestuur het om Dok Pienaar
te arresteer.
 Na die ondervraging stap Greg kafee toe om iets te gaan eet en drink.
 Hy dink wat hy gedoen het, is niks in vergelyking met wat Dok Pienaar
gedoen het nie.
 Op pad terug Sien Greg hoe Dok Pienaar geboei by die polisiestasie
ingeneem word.
 Hy skree woedend op Greg en maak dreigemente.
 Greg twyfel nou sterk of hy die regte ding gedoen het om Dok-hulle se
misdaad oop te vlek.
 'n Polisieman wil Greg terugvat koshuis toe, maar Greg se ma keer hulle
voor.
 Sy is hewig ontsteld as sy by Greg kom.
 Greg hou haar vas en sy huil teen sy bors.
 Hy besef dat sy ma bang is sy gaan hom verloor soos sy vir John verloor
het.
 Hy stel voor dat hy en sy ma vir die naweek Clarens toe moet gaan.
 Op pad daarheen vertel Greg vir sy ma alles wat gebeur het.
 Intussen sterf nog twee mense van die virus.
 Die Sentrum vir Plaagbeheer is besig om die dokumentasie van
PlusUltraMed te bestudeer om 'n entstof te ontwikkel.
 Daardie aand skakel Greg vir Nicole en vertel haar vir die eerste keer dat
hy lief is vir haar.
 Die volgende dag is Greg se pa ook in Clarens.
 Hy omhels vir Greg, maar dit laat Greg ongemaklik voel.
 Greg kom agter daar is fout met sy pa.
 Hy konsentreer nie op wat hulle sê nie en sy hande bewe
 Sy oë is koud.
 Greg gaan stap en besluit om sy lewe reg te ruk.
 Hy besef die afgelope tyd was 'n verskriklike vermorsing en besluit om 'n
nuwe begin te maak, vir homself, sy ma en sy pa.
 Hy besef dat sy pa altyd hoë verwagtings van hom gaan hê en dat hy aan
daardie verwagtings sal moet voldoen om sy pa se aanvaarding te kry.
 Die rustigheid van Clarens laat hom tevrede voel met homself.
 Sy rustigheid duur egter nie lank nie.
 Hy hoor 'n stem met die bekende woorde waarmee Eckardt hom altyd
soggens kom wakker maak het.
 Hy Sien 'n weerkaatsing in die vensterruit en, alhoewel hy eers nie weet
wie dit is nie, besef hy dis Eckardt.

HOOFSTUK 33 EGGO'S
 As Greg vir Eckardt Sien, wil hy hom omhels, maar Eckardt druk hom
weg.
 Tot Greg se verbasing is Eckardt se hare blond en hy het 'n bokbaardjie.
 Eckardt se stem klink anders en hy lyk vir Greg selfversekerd en
arrogant.
 Eckardt erken dat hy die sleutellogger op Greg se rekenaar gelaai het.
 Hy tart ook vir Greg omdat hy nie besef het dat iemand hom dophou nie.
 Volgens Eckardt het hy Greg van die eerste dag af al gemanipuleer om
presies te doen wat hy wou hê.
 Baie dinge word vir Greg duidelik.
 Hy is verslae omdat dit lyk of Eckardt hom haat.
 Eckardt vertel verder dat Greg die teiken was van 'n grootskaalse sosiale
manipuleringsaanval.
 Eckardt het Lawson Kollege se rekenaars gekraak en homself ingeskryf.
 Hy het voorgegee dat hy 'n pa, ma, broer en suster het.
 Hy het alles by Lawson Kollege gelos toe hy padgegee het.
 Hy het deur die waterafvoerpype ontsnap, vir hom 'n blyplek gekry en met
die sleutellogger gekyk wat Greg alles op sy rekenaar doen.
 Hy het Dok hulle al 'n ruk lank dopgehou en uitgevind wat hulle met die
virus beplan, en besluit om Greg deur middel van sosiale manipulering
daarby te betrek.
 Die motivering agter Eckardt se optrede was wraak
 Eckardt vertel dat hy alles oor Greg se gesin en skool uitgevind het.
 Teen die tyd dat Eckardt by die skool aangekom het, het hy Greg soos 'n
eie broer geken. Hy het Greg behoorlik geprogrammeer om die kraking te
doen terwyl hy teruggesit en gekyk het wat Greg doen.
 Greg kan steeds nie verstaan waarom Eckardt al hierdie dinge gedoen
het nie.
 Eckardt vertel dat Dok Pienaar The Butcher is; 'n doktor in Virologie is The
Baker.
 The Candlestick-maker ken Greg baie goed. Dis iemand wat die nuus oor
die virus moes versprei
 Greg besef dan dat Eckardt van sy pa praat. Greg het nie net die hele
Project Nursery Rhyme en Dok Pienaar se aandeel daarin onthul nie,
maar ook sy eie pa se rol daarin!
 As Greg dit hoor, is hy I n oomblik lank platgeslaan, maar dan neem
woede oor. Hy en Eckardt raak in 'n woeste vuisgeveg betrokke.
 Greg wonder watter woede daar in Eckardt skuil, want hy is sterker as wat
Greg gedink het. Tom, die terreinbestuurder, In handlanger van Eckardt,
pluk Greg van Eckardt af en sleep Eckardt na 'n groen paneelwa toe.
 Net voor hulle vertrek, sê Eckardt Greg moet uitvind wat sy pa aan
Eckardt se pa, die regter, gedoen het
 . Hy moet ook uitvind waar John die pille gekry het wat sy dood
veroorsaak het.

HOOFSTUK 35 DIE REGTER


 Greg is in 'n gehawende toestand na sy geveg met Eckardt.
 Daar is meer mense in die straat en hulle staar hom aan.
 'n Vrou wil hom help, maar hy weier.
 Sy ma is alleen in die gastehuiskamer en skrik groot as sy vir Greg Sien.
Sy raak paniekerig, want sy weet nie wat met Greg aangaan nie.
 Greg vertel dat Eckardt hom geslaan het. Greg se pa kom in en staan
agter hom.
 Dis asof dit die eerste keer is dat Greg werklik na sy pa kyk.
 Hy het nooit gedinl< sy pa sal by so iets betrokke raak nie.
 Greg sê vir sy pa dat hy alles weet.
 Sy pa vertel vir Greg van die binnehandelaanklag teen hom en Dok
Pienaar en hoe hulle die regter in die saak omgekoop het.
 Greg se ma onthou dat die regter na die uitspraak verdwyn het.
 Greg se pa ontken dat hy iets daarmee te doen gehad het.
 Dan vertel Greg sy ouers dat Eckardt die regter se seun is.
 Greg se pa erken dat die motief vir sy optrede geld was. Turret Media het
finansiële probleme en dis hoekom hy by Dok Pienaar se planne betrokke
geraak het.
 Greg besef dat geld hulle as gesin gaan uitmekaarskeur.
 As Greg vra of die pille waarmee John selfmoord gepleeg het van
PlusUltraMed afkomstig was, sak sy pa inmekaar en begin huil.
 Greg gaan na inspel<teur Cele toe om haar alles van Ekk-o te vertel.

You might also like