You are on page 1of 6

Study Opportunities Rekenaars, deel van jou lewe – Graad 10, 2e Uitgawe

Module 2. 5 Veilige gebruik van die


internet
Aktiwiteit 1, bl. 128
Kies ’n term / konsep uit Kolom B wat by die beskrywing in Kolom A pas. Skryf net die letter langs die
nommer van die vraag neer.

Kolom A Kolom B
1 Enige sagteware wat met slegte bedoelings geskryf word. A Trojaan

2 ’n Tipe program wat sonder die gebruiker se medewete op ’n B Hoax


rekenaar gelaai word, en wat geskryf is met die doel om die werking
van die rekenaar te belemmer. Hierdie program probeer ook om
homself herhaaldelik te kopieer en te versprei.
3 Sagteware wat geskryf is om homself oor ’n netwerk te versprei, en C Pharming
wat homself herhaaldelik kopieer, sodat al die beskikbare spasie van
jou rekenaar se hardeskyf of geheue in beslag geneem word.
4 ’n Skadelike program wat homself as ’n nuttige program voordoen. D Uitvissings-
Jy word sodoende mislei om die program oop te maak en te gebruik. bedrog
5 ’n Boodskap of artikel met die doel om mense te mislei of te bedrieg. E Malware

6 Die elektroniese ekwivalent van gemorspos. F Wurm

7 Pogings om die gebruiker om die bos te lei om persoonlike en G Spam


vertroulike inligting te verskaf, deur boodskappe, gewoonlik ’n e-
posboodskap, te gebruik wat voorgee dat dit vanaf ’n betroubare
organisasie – dikwels ’n bank – kom.
8 ’n Soort bedrogskema waar ’n gebruiker outomaties na ’n ander H Virus
(vervalste) webwerf geneem word selfs al tik hy/sy die korrekte URL
vir die amptelike webwerf in.

1 2 3 4 5 6 7 8

E H F A B G D C

1
Study Opportunities Rekenaars, deel van jou lewe – Graad 10, 2e Uitgawe

Skriftelike module-aktiwiteit, bl. 132


1. Jy ontvang die volgende e-posboodskap wat veronderstel is om van General Bank af te kom. Kyk
versigtig na die e-posboodskap, en antwoord dan die onderstaande vrae:

a) Watter tipe bedrogskema is dit?


a) Phishing
b) Moet mens op die skakel klik? Motiveer jou antwoord.
b) Nee – as mens op die skakel klik, kan mens na ’n vals webwerf gelei word, waar jou
vertroulike inligting gesteel kan word.
2. Rekenaarvirusse word ’n al groter probleem, en veroorsaak elke dag baie probleme op
rekenaars.
a) Wat is ’n rekenaarvirus?
a) ’n Rekenaarvirus is ’n program wat geskryf is met die doel om die werking van rekenaars te
belemmer. Dit word sonder die gebruiker se medewete of toestemming op sy rekenaar
gelaai.
b) Bespreek twee maniere hoe ’n rekenaar met ’n virus geïnfekteer kan word.
b) Besmette lêers wat aan e-posboodskappe geheg is.
Besmette lêers wat van die internet afgelaai word.
Besmette lêers wat op draagbare media soos flash-skywe gestoor is.
c) Waarom moet antivirusprogramme opgedateer word?
c) Omdat nuwe virusse daagliks ontwerp word, moet virusdefinisies gereeld opgedateer
word.

2
Study Opportunities Rekenaars, deel van jou lewe – Graad 10, 2e Uitgawe

d) Noem een populêre antivirusprogram.


d) McAfee, AVG, Kaspersky, Norton AntiVirus, Bitdefender
e) Hoe verskil ’n rekenaarwurm van ’n virus?
e) ’n Wurm kan homself dupliseer sonder dat enigiemand ’n besmette program hoef te
gebruik. ’n Virus vermeerder homself wanneer die gebruiker ’n besmette program aktiveer.
f) Hoe verskil ’n Trojaan van ’n virus?
f) Anders as virusse en wurms, vermeerder Trojane hulself nie deur ander lêers te besmet
nie. Hulle maak op jou staat om hulle te aktiveer; hulle lei jou om die bos, omdat hulle soos
betroubare programme lyk.
3. Spam is nog ’n internetverwante probleem.
a) Verduidelik kortliks wat spam is.
a) Spam is die elektroniese ekwivalent van ‘gemorspos’. Dit is advertensies wat jy ongevraagd
as e-pos ontvang.
b) Noem twee maniere hoe jy spam kan probeer voorkom.
b) Vind uit of jou internetdiensverskaffer enige hulp in hierdie verband bied. Baie
diensverskaffers onderskep soveel as moontlik spam.
Wees versigting aan wie jy jou persoonlike gegewens en e-posadres gee.
Ondersoek die fasiliteite van jou e-posprogram. Die meeste programme het funksies om
reëls op te stel om spam van ander e-pos te onderskei, en dan die spam outomaties na die
sogenoemde Junk- of Spam-lêergids te stuur.
Die meeste antivirusprogramme sluit anti-spam-sagteware in. Daar is ook gespesialiseerde
anti-spam-sagteware.
Moet nooit op spam reageer nie – dit bevestig net dat jou e-posadres geldig is.
c) Noem twee redes waarom spam vir gebruikers ’n probleem is.
c) Dit vat baie tyd om die ongewensde e-pos te identifiseer en uit te vee.
Dit neem onnodig stoorspasie op.
4. Jou jonger sussie het by Facebook aangesluit.
a) Aan watter gevare kan sy dalk blootgestel word deur ’n sosialenetwerktuiste te gebruik?
a) Sy mag dalk blootgestel word aan kuberboelies of pornografiese materiaal, of sy kan
‘bevriend’ word deur iemand wat baie ouer is as wat die persoon laat blyk. Sy mag ook
mislei of aangehits word om persoonlike dinge met vreemdelinge te deel.
b) Gee haar ’n paar algemene riglyne om haar te help om haarself te beskerm wanneer sy ’n
webwerf soos Facebook gebruik.
b) Moet nooit enige persoonlike besonderhede soos jou naam, adres of telefoonnommers
uitgee aan mense wat jy aanlyn ontmoet het nie.
Moenie reëlings tref om iemand wat jy aanlyn leer ken het, te ontmoet nie.
As iemand jou ongemaklik laat voel deur persoonlike vrae te vra of slegte taal te gebruik,
verlaat die ‘gesprek’ onmiddelik, en vertel jou ouers.

3
Study Opportunities Rekenaars, deel van jou lewe – Graad 10, 2e Uitgawe

Dink mooi voordat jy foto’s of teks op enige plek op die internet plaas. Jy behoort foto’s en
teks net te publiseer as jy nie sal omgee as alle mense – ook jou ouers – dit sien nie.
Onthou dat geen blad wat jy op ’n sosialenetwerktuiste skep, privaat is nie.
Moenie foto’s of kommentaar wat mense in die verleentheid kan stel, op hul
sosialenetwerkblaaie publiseer nie.
5. Gee twee waarskuwingstekens dat jy dalk ’n virus op jou rekenaar kan hê.
5. Lêers begin skielik onverklaarbaar verdwyn.
Die rekenaar werk uit die bloute vreeslik stadig.
Programme werk nie meer reg nie.
Daar is skielik ’n dramatiese afname in beskikbare spasie op die hardeskyf.
Die gebruiker ontvang foutboodskappe wat hy nog nie tevore gekry het nie.
Die rekenaar laai nie meer nie (m.a.w. wil nie reboot nie).
Jou antivirusprogram sê vir jou dat daar ’n bedreiging is, of dat jy ’n virus het.
6. Gee drie voorsorgmaatreëls wat jy kan tref om rekenaarvirusse te verhoed, buiten die
installering en gereelde opdatering van antivirussagteware.
6. Gebruik jou antivirussagteware om dokumente wat op draagbare media soos flash-skywe
gestoor is, eers vir virusse te deursoek voordat jy hulle oopmaak.
Deursoek e-pos-aanhegsels eers, voordat jy hulle oopmaak.
Stel jou antivirusprogram so op dat alle inkomende en uitgaande e-pos deursoek word.
Moet geen e-pos oopmaak of programme gebruik wat jy van vreemdelinge af gekry het nie.
Vermy geroofde sagteware, omdat malware dikwels daarby ingesluit is.
Skakel die autorun-opsie vir flash-skywe af.
7. ’n Vriend het vir jou gesê dat mens nie die internet moet gebruik of met enige ander rekenaars
moet koppel nie, omdat dit die enigste manier is om virusse te verhoed.
Lewer kortliks kommentaar op die akkuraatheid van hierdie raad.
7. Dit is nie waar nie, omdat virusse ook deur byvoorbeeld besmette lêers op flash-skywe of CD’s /
DVD’s versprei kan word.
8. Jou antivirusprogram rapporteer dat ’n virus onder kwarantyn (quarantine) geplaas is. Wat
beteken dit?
8. Dit beteken eenvouding dat die virus na ’n area op die hardeskyf verskuif word waar dit nie die
rekenaar kan besmet nie.
9. Jou ma sê dat sy sorg dat sy twee keer per jaar haar antivirussagteware opdateer. Verduidelik
vir haar hoekom dit nie voldoende is nie.
9. Om dit net twee keer ’n jaar te doen, is nie voldoende nie, want nuwe virusse word elke dag
versprei, en mens se antiviruspakket moet gereeld opgedateer word om te verhoed dat jou
rekenaar besmet word.
10. Sou ’n absoluut geheime, vertroulike wagwoord vir jou bankrekening verhoed dat jy ’n slagoffer
van uitvissingsbedrog (phishing) word? Gee ’n rede vir jou antwoord.

4
Study Opportunities Rekenaars, deel van jou lewe – Graad 10, 2e Uitgawe

10. Nee, ’n vertroulike wagwoord alleen kan nie voorkom dat jy ’n slagoffer van uitvissingsbedrog
word nie. In ’n uitvissingsbedrogaanval word gebruikers mislei om self hul wagwoord in te tik
omdat hulle dink dat hulle op ’n veilige webwerf is. Om phishing geheel en al te verhoed, is daar
ook ander riglyne wat mens moet volg:
• Moet nooit op e-posboodskappe wat versoek dat jy vertroulike inligting bevestig, reageer
nie.
• Tik altyd die URL van banke se webwerwe in, en moet hulle nooit probeer besoek deur op ’n
skakel in ’n e-posboodskap te klik nie.
• Maak seker dat enige webwerf waar jy wel jou vertroulike inligting moet verskaf, beveilig is.
11. Hoe verskil pharming van phishing?
11. By phishing word die gebruiker na ’n vals webwerf gelok deurdat daar op ’n skakel in ’n e-
posboodskap geklik word. By pharming verander die misdadiger die instellings van ’n bediener,
sodat die gebruiker outomaties na die vals webwerf herverwys word, al word die korrekte
internet-adres ingetik.
12. Jou ma gebruik altyd die onderstaande wagwoord wanneer sy gevra word om ’n wagwoord te
verskaf: mArY
Gee twee redes hoekom dit nie ’n goeie wagwoord is nie, of maniere hoe om dit veiliger te
maak.
12. Dis nie ’n ingewikkelde wagwoord nie, omdat dit net ’n samestelling van hoof- en kleinletters is,
en geen spesiale simbole en syfers bevat nie. Dit is te kort, en dit gebruik ook haar naam.
Verbeter die wagwoord deur dit langer te maak, spesiale karakters en syfers by te voeg, en nie
haar naam te gebruik nie.
13. Gee twee wenke om pharming te verhoed.
13. Maak seker dat jy die heel nuutste anti-spyware-sagteware geïnstalleer het.
Baie webwerwe waar vertroulike inligting verskaf moet word, word nou só geskep dat jou
webblaaier jou sal waarsku as jy na ’n ander webwerf verwys word. Moet nie hierdie
waarskuwings ignoreer nie.
Maak seker dat die webwerf wat jy besoek, beveilig is.
14. ’n Bankwebwerf het ’n waarskuwing oor e-pos-spoofing geplaas. Verduidelik kortliks wat dit is,
en wat die doel van e-pos-spoofing is.
14. E-pos-spoofing is die vervalsing van ’n e-posboodskap se opskrif sodat dit lyk asof die oorsprong
van die e-posboodskap van iemand anders as van die werklike bron af is Dit word oor die
algemeen in spam- en in uitvissings-e-posboodskappe gebruik om die werklike bron te verskans.
15. ’n Opwipvenster (pop-up) het op jou pa se rekenaar verskyn. Dit stel voor dat hy ’n
antivirusprogram van die internet aflaai, omdat daar glo virusse op sy rekenaar is.
As virusse dan so gevaarlik is, hoekom behoort hy nie op hierdie boodskap te reageer nie?
15. Pop-up-advertensies vir sagteware wat van die internet afgelaai kan word (ook die wat
antivirus-sagteware adverteer) herlei jou dikwels na ’n ander webwerf, wat malware sal
installeer.

5
Study Opportunities Rekenaars, deel van jou lewe – Graad 10, 2e Uitgawe

You might also like