You are on page 1of 14

1

TOM NEWBY SCHOOL EXAMINATION


Vak Afrikaans – Vraestel 2 Eksaminatrise Mev Pienaar
Datum 8 Junie 2018 Totaal 70 punte
Sessie 1 Tyd 1 uur 30 min
Graad 7 Moderator Mev Fourie
Spesiale
Mag NIE woordeboeke gebruik NIE.
Instruksies

Hierdie Afrikaanse eksamen is aangevul met aantekeninge en inligting in die Tom Newby Skool Afrikaanse
boek. Die nasien, memorandum is dienooreenkomstig opgestel. Terwyl alternatiewe antwoorde ontvang word,
sal die amptelike memorandum as 'n prioriteitsdokument beskou word om eenvormigheid van nasien te
verseker.
Naam: _____________________________ Graad: 7______
_____________________________________________________________
Die melkwegsterre – Formele Leesbegrip
‘n Khoisan volksverhaal
Sleutelwoorde
Woestyn – desert pyl en boog – bow and arrow
Karos – soft skin to throw over your shoulders ontstaan - originated
Geliefde – loved one
Lank, lank gelede het daar ‘n groep Khoisan naby ‘n watergat in die
1
woestyn gewoon. Die mans het gejag vir kos. Die vrouens het sagte
karosse gedra wat van vel gemaak was. Hulle het wilde vrugte,
bessies en wortels bymekaargemaak om te eet.

Xama, ‘n jong meisie, was ongelukkig. Haar karos was oud en vol

2
gate. Sy wou graag ‘n nuwe, sagte, gebreide karos hê. Sy het
gesing en gewens dat haar geliefde, Gau, sou vir haar ‘n bok skiet
en die vel gebruik vir haar karos.

Gau het haar gehoor sing en besluit om ‘n bok te gaan jag. Dit was in die middel van die

3 dag en baie warm. Xama het sleg gevoel. Die bokke hou nie van die hitte nie. Gau het
niks gesien nie en het die nag buite geslaap. Die volgende dag het hy ‘n gemsbok gesien.
2

Hy het dit bekruip en met sy pyl en boog geskiet. Hy het die dier afgeslag en die vleis in
die vel gesit om te dra.

By die kamp was Xama ongelukkig. Gau het nie die vorige aand teruggekom nie. Daardie
aand toe Gau gaan slaap, hoor hy iets in die donker. Dit was ‘n hiëna wat die vleis in die
4
vel geruik het. Hy moes die vleis vir die dier gegooi anders sou die hiëna hom aangeval
het. Dit was baie donker en hy kon nie sien hoe om weer by die kamp te kom nie. Hy was
bang.

Xama het by die vuur gesit. Sy was hartseer en bang dat Gamu iets sou oorkom. Sy het
geweet dit was te donker vir hom om huis toe te kom. Sy neem toe van die gloeiende kole
5
en gooi dit in die lug op. Sy het haar hande gebrand met die warm kole. Toe gebeur daar
iets wonderlik. Die kole skiet op en vorm ‘n boog sterre in die hemel.

In die donker verlig die boog sterre die pad vir Gau. Xama sit en treur oor Gau en haar
domheid oor die karos. Haar hande was
nog seer. Sy het salf aan hulle
gesmeer. Toe hoor sy ‘n geluid. Dit was
Gau, die jongste jagter, met ‘n vel oor
6 sy skouer. Hy het die gemsbokvel
gebring om vir haar ‘n nuwe karos te
brei. Sy was baie bly. Mense sê dis hoe
die Melkweg ontstaan het.
Woorde 390
Bron: Kollig Op Afrikaans EAT graad 7 KABV
3

Afdeling A: Begripstoets Vrae


Leesstuk: Die Melkwegsterre - Totaal 20 punte
1. Onderstreep die regte antwoord. (1)
Waar vind die storie plaas?
a) Langs die strand
b) In die woestyn
c) In die berge
2. Noem die twee karakters. (2)
______________________________________________________________________
3. Haal een woord uit strofe 2 aan om te wys hoe oud die meisie in die storie is. (1)
______________________________________________________________________
4. Watter soort werk doen die manne in die gemeenskap? (1)
______________________________________________________________________
5. Was hulle verlief? Motiveer jou antwoord. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
6. Sê of die volgende waar of onwaar is. (3)
a) Wanneer Gau Xama se gesingery gehoor het, het hy besluit om dadelik in die
hitte te gaan jag.
___________________________________________________________________
b) Daar was baie bokke op die vlaktes en Gau het maklik ‘n bok geskiet.
___________________________________________________________________
c) In die nag het Gau ‘n jakkals in die donker gehoor.
___________________________________________________________________
7. Hoekom het Gau nie huis toe gekom nie? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
4

8. Hoe sou jy voel as jy Xama was en Gau nie terug gekom het nie? (1)
______________________________________________________________________
9. Hoe het Xama haar hand gebrand? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
10. Dink jy dat Xama se plan ‘n goeie een was? Hoekom dink jy so? (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
11. Pas die woord in kolom A met die sin in kolom B. Skryf net die nommer neer. (5)
A B
A. Pyl en boog 1. Gebuigde tak en skerp voorwerp.
2. Vel wat sag gemaak word om te
B. Gloeiende kole
dra.
3. ‘n gat met water waar diere en
C. karos
mense water kan kry.
D. watergat 4. ‘n baie droë plek met baie sand.
5. Stukke wat oor is na die vuur
E. geliefde
gebrand het.

6. Iemand vir wie jy lief is.

7. Dit is ‘n volksverhaal.

A________ B_______ C_______ D________ E_________


5

Afdeling B :Taal werk Totaal 20 punte


1. Onderstreep die regte woordsoort vir die onderstreepte woorde in die volgende sinne:
(4)
a) ‘n Groep Khoisan het naby ‘n klein watergat in die woestyn gewoon.
i) werkwoord
ii) eienaam
iii) lidwoord
iv) bywoord

b) ‘n Groep Khoisan het naby ‘n klein watergat in die woestyn gewoon.


i) werkwoord
ii) eienaam
iii) lidwoord
iv) bywoord

c) ‘n Groep Khoisan het naby ‘n klein watergat in die woestyn gewoon.


i) werkwoord
ii) eienaam
iii) lidwoord
iv) bywoord

d) ‘n Groep Khoisan het naby ‘n klein watergat in die woestyn gewoon.


i) werkwoord
ii) eienaam
iii) lidwoord
iv) bywoord

2. Kies die regte voornaamwoord uit die hakies om die sin klaar te maak (2)
a) Xama was ‘n jong meisie (wat / want) ___________ hartseer gevoel het.
b) Gau het (hy/ sy/my) ____________ pyl en boog gebruik om die gemsbok te skiet.
6

3. In watter tydvorm is die volgende sinne geskryf? Onderstreep die korrekte tydvorm
tussen die hakies. (3)
a) Toe gebeur daar iets wonderlik.
(verlede tyd/ teenwoordige tyd/ toekomende tyd)
b) Gau het nie die nag huise toe gekom nie.
(verlede tyd/ teenwoordige tyd/ toekomende tyd)
c) Hy het dit bekruip en met sy pyl en boog geskiet.
(verlede tyd/ teenwoordige tyd/ toekomende tyd)
4. Skryf ‘n samestelling uit strofe een neer. _________________________________ (1)
5. Onderstreep die korrekte hulpwerkwoord tussen hakkies om die sin te voltooi. (2)
a) Xama (is /het) ‘n Khoisan meisie.
b) Xama (sal / was / mag) gelukkig met haar nuwe karos wees.
6. Gebruik die voegwoord tussen hakies on die sinne te verbind. (1)
Xama het haar hande gebrand. Xama het die gloeiende kole gegryp. (omdat)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
7. Voltooi die sinne deur die korrekte trappe van vergelyking in te vul. (2)
a) Die Sneeuberg is ‘n bekende berg maar die Drakensberg is meer bekende.
Tafelberg is die mees _____________________
b) Koeksisters is ‘n smaaklike Suid-Afrikaanse kos. Melktert is ____________ as
koeksisters.
8. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe: (2)
a) teruggekom: ____________________________
b) gemsbokvel: ____________________________
9. Skryf een voorbeeld van ‘n meervoud uit die storie ‘Die Melgwegsterre’. (1)
______________________________________________________________________
10. Skryf die volgende sin oor met die korrekte leestekens. (2)
‘n khoisan vrou se werk is om bessies wortels en vrugte bymekaar te sit.
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
7

Afdeling C: Poësie Totaal 10 punte


Susarah Kla

1 “Ek dink nie dis fair en square…”


2 “Ja, Susarah,” vra Ma,
3 “en wat is dit wat dié keer pla?”
4 “EK het g’n – soos álmal –‘n au pair!”

5 “Dis hoekom ek tuis bly, Susarah.”


6 “Ek dink Ma moet nou ‘n regte job kry
7 en minder met my en die molle stry.
8 Maar dis glad nie al wat pla…

9 “Ek het ook g’n chauffeur wat my rondry


10 in ‘n cute karretjie met ‘n afslaankap.
11 Ek het nog nie in Parys of Milaan rondgestap
12 of ‘n outfit van Errol of Gert gekry.

13 “En hoekom is my naam Su-Sa-rah


14 en nie Jacqui, Rubi or Shelainne?
15 My naam is lame, dit gee my ‘n pyn,
16 ek gaan dadelik ʼn nuwe ID vra!

17 “Ma weet, PG13 is so passé


18 En my baby fat maak my genuine stress,
19 ek móét net aansluit by Weigh-Less
20 en ‘n sel mét kamera en internet kry!”

21 ‘Wat van die maan? Of Tom Cruise op Robbeneiland?


22 Jy kyk flik, jy’t Cell C en Bloubergstrand!
23 Wánneer sal Susarah ophou bla-bla kla?”
24 “Sjoe, Ma! Relax, Ma! Ek’t maar net gevra!”
- Adri Troskie-Vivier
8

Beantwoord die volgende vrae oor die gedig ‘ Susarah Kla’.


1. Wat is die titel van die gedig? _________________________________ (1)
2. Wat is die digter se naam? ___________________________________ (1)
3. Wat is die rympatroon van vers een? ___________________________ (1)

4. Skryf die twee stel rymende woorde(eindrym) uit vers drie neer. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
5. Sê of die volgende waar of onwaar is: (1)
Versreël 15 en 16 is ‘n voorbeeld van enjambement.
______________________________________________________________________
6. Gee een voorbeeld van ‘slang’ woord uit die gedig. (1)
______________________________________________________________________
7. Hou Susarah van haar naam? Haal een versreël aan om jou antwoord te motiveer.
(2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
8. Onderstreep die korrekte einde vir die sin. (1)

Versreël 24 sê “Sjoe, Ma! Relax, Ma! Ek’t maar net gevra!”. Dit wys vir ons dat
Susarah se ma....

a) saam met Susarah stem.


b) jammer vir Susarah voel.
c) kwaad vir Susarah is.
9

Afdeling D - Advertensie 10 punte


Kyk na die advertensie en beantwoord dan die vrae.

LOrealParis
www.lorealparis.co.za @lorealparis_sa @LorealParisSA
South Africa

Vir meer inligting oor L’ORÉAL 0860 102 491 of e-pos: lorealconsumersa@loreal.com
10

1. Watter maatskappy adverteer hier? (1)


______________________________________________________________________
2. Wat is die naam van die produk wat geadverteer word? (1)
______________________________________________________________________
3. Waar kan jy meer inligting oor hierdie produk kry? (1)
______________________________________________________________________
4. Eva Longoria se foto was in die advertensie gebruik. Hoekom dink jy het hulle haar
gekies vir die advertensie? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
5. As jy ‘n foto van die produk wil oplaai na Instagram, watter ‘tag’ moet jy gebruik?
(1)
______________________________________________________________________
6. Haal een eienaam uit die advertensie aan wat vir ons sê waar L’Oréal vandaan kom.
(1)
______________________________________________________________________
7. Na jy die advertensie gesien het, sou jy die produk gebruik? Gee ‘n rede vir jou
antwoord. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
8. Gee twee idees hoe jy die advertensie sou verander sodat dit beter is. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
11

Afdeling E- Letterkunde 10 punte


Beantwoord net een van die volgende vrae.
Vraag 1 – DIE STEM BY DIE WATERGAT

Verteller: By die watergat hoor Imfene ‘n growwe stem.

Die stem: Imfene, moenie my water vat nie!

Imfene: (kom tot stilstand, sit sy hand agter sy oor en luister)

Die stem: Imfene, moenie my water vat nie!

Imfene: (luister en fluister saggies vir homself) Die watergat kan praat! Die water is
getoor! (draai om en hardloop vinnig terug na koning Leeu) Koning Leeu!
Help!

Verteller: Renoster en al die diere kom kyk nuuskierig wat aangaan.

Leeu: Wat is fout, Imfene?

Imfene: (hou sy kop vas en sy oë is groot) Die watergat is getoor! Daar is ‘n nare
monster!

Leeu: (kom stadig orent, staan op en gee ‘n harde brul) B R U L! Nee, ons kan
nie doodgaan van die dors nie!

Renoster:
Daar kan tog sekerlik nie ‘n monster by die watergat wees nie, of kan daar?

Verwerk: Ou storie deur Outeur


12

1. Hoeveel mense het jy nodig om die stukkie van die drama uit te voer? (1)
______________________________________________________________________

2. Hoekom dink die diere dat die watergat getoor is? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________

3. Hoekom dink jy het die skrywer ‘n verteller in die drama gebruik? (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
4. Was jy verras om uit te vind dat die stem aan ma Rot behoort het? Gee ‘n rede vir jou
antwoord. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
5. Hoekom dink jy, het Leeu die diere na die watergat gestuur en nie self gegaan nie?
(1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
6. Hoe het die drama geëindig? Verduidelik met sorg. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
7. Gee jou opinie van die drama. (1)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
13

8. Gee die drama ‘n nuwe titel. (1)


______________________________________________________________________
______________________________________________________________________

Vraag 2 – Jock van die Bosveld

Pezulu sit sy vlerk vertroostend om Klein Hondjie. “Jy’s in goeie hande, Klein
Hondjie. Ek gaan daar wees. Ek sal jou oppas!”
Jess lyk hartseer, maar sy beaam Pezulu se woorde. Jy moet mooi na hom
kyk, Pezulu. Hy weet nog niks van mensegoed nie.”
Pezulu lyk of hy Jess se hartseer verstaan. “Moenie bekommer nie, Jess. Fitz
is ‘n goeie man. Hy’t ook nie juis benul van mensegoed nie. Hy probeer maar
nog om sy plek in die wêreld te vind en om ‘n lewe vir homself te maak. Hy
sal ook regkom.”
In die agtergrond kan Jess sien hoe Fitz sukkel om aandete te maak. Hy tel
per ongeluk die vuurwarm ketel op, laat val dit dan op sy voet en hop-hop van
pyn om die vuur.
Uittreksel van Jock van die Bosveld deur Lesley Beak

1. Hoekom voel Jess hartseer? (1)


______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
2. Dink jy dat Jess goeie rede het om oor Klein Hondjie bekommerd te wees? Motiveer jou
antwoord. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
3. Wat het Fritz Klein Hondjie benoem? (1)
_____________________________________________________________________
14

4. Pezulu sê dat Fritz ‘n goeie man is. Stem jy saam? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________

5. Watter soort dier is Pezulu? Haal een woord aan wat dit bewys. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
6. Pezulu sê dat Fitz sukkel met mensegoed. Stem jy saam? Verduidelik hoekom jy so
voel. (2)
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________
______________________________________________________________________

Totaal: 70 punte

You might also like