You are on page 1of 15

Afrikaans

Eerste Addisionele Taal

Graad 8

Leerder werkboek
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Week 5 en
6
2
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Lees: ‘n Onderhoud: Touspringkampioen – Bl. 95


Vluglees die onderhoud om te sien waaroor dit gaan.
Soeklees vir die feite wat jy nodig het en ignoreer die res. Kyk na die vrae en soek net die antwoorde
op die vrae:

Beantwoord die vrae:


1. Hoeveel keer het die seun in drie minute tougespring?
________________________________________________________________
2. Wat is die seun se van?
________________________________________________________________
3. Waarin was die seun die wêreldkampioen?
________________________________________________________________
4. Aan watter afdeling het hy deelgeneem?
________________________________________________________________

3
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

5. Wat is sy skool se naam?


________________________________________________________________
6. In watter stad is sy skool?
________________________________________________________________
7. Watter kwaliteite moet ‘n rolmodel hê?
________________________________________________________________
8. Watter boodskap gee hy aan tieners?
________________________________________________________________
________________________________________________________________

Luister en praat: Reëls van ‘n onderhoud – Bl. 96


1. Lees weer die onderhoud op die vorige bladsy aandagtig hardop deur. Let op hoe die wenke
in die blokkie hieronder in daardie onderhoud toegepas is.

4
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

2. Kyk goed na die spotprent hieronder en gesels daaroor:

Skryf en aanbied: ‘n Onderhoud – Bl. 98


Jy is julle skool se sportjoernalis. Skryf ‘n onderhoud (op ‘n aparte bladsy) met die meisie in die
spotprent vir julle skoolkoerant.

• Stel vrae aan die persoon. Praat eers oor haar agtergrond sodat jou lesers presies weet wie sy
is.
• Vra dan vrae waarom sy dink sport goed vir veral ‘n skoolkind is.
• Lees die kort artikel hieronder oor die redes waarom sport voordelig is en gebruik dit in jou
onderhoud.

5
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Beplanning:

• Die onderhoud se inhoud moet omtrent twee bladsye lank wees.


• Skryf eers al jou gedagtes neer en kies die bestes.
• Onthou, jy moet namens jou lesers meer uitvind oor hierdie meisie!
Skryf ‘n konsep:
Skryf die onderhoud die eerste keer volledig neer:
1. Wees kreatief.
2. Volg die reëls van ‘n onderhoud.
3. Gebruik die agtergrond oor die storie om goeie vrae te stel.
4. Probeer die nuwe woorde gebruik.
5. Sluit die onderhoud af met ‘n sterk slotsin.

Hersien, redigeer, proeflees en aanbied;

• Maak seker dat elke sin leestekens het.


• Het elke sin met ‘n hoofletter begin?
• Is die formaat reg vir ‘n onderhoud?
• Het jy seker gemaak die woordorde van jou sinne is korrek?
• Skryf dit netjies oor en lewer dit met trots in.

6
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Lees en kyk: ‘n Strokiesprent – Bl. 99


Lees die woorde en kyk na die prentjies:

Taal in konteks: Eufemisme, woordorde, antonieme, leestekens en hoofletters – Bl.99


1. Kies die regte woorde uit die moontlikhede tussen hakies:
Moosa het die bal (op die dak/deur die venster) geslaan.
2. Anisa sê nie direk Moosa gaan slae kry nie. Haal die sin aan waarin sy dit op ‘n sagter
manier probeer sê.
3. Kies die korrekte woord:
Die pa sug omdat hy (a. moedeloos; b. bly; c. opgewonde) is.
4. Skryf die woorde tussen hakies in die regte volgorde (woordorde – enkelvoudige sinne):
a.) Moosa het (die venster) (van die huis) (vandag) gebreek.
________________________________________________________________
b.) Die ma staan (in die tuin) (elke middag).
________________________________________________________________
c.) Anisa sal (in die park) (die bal) (môre) (vinnig) slaan.
________________________________________________________________
5. Gee die antonieme van die woorde tussen hakies:
(Eers) is Moosa (binne) die huis.
________________________________________________________________

7
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

6. Vul die leestekens en hoofletters vir die volgende sinne:


a.) moosa sê jippie ek het die bal raakgeslaan
________________________________________________________________
b.) anisa vra het moosa al ooit ‘n bal raakgeslaan
________________________________________________________________
c.) moosa ma en anisa is in die tuin
________________________________________________________________

Lees en kyk: ‘n Gedig: skaatsplankryer – Bl.100


Lees die onderstaande gedig en beantwoord die vrae:

• Woordspeling: swaartekrag het vir die seun nie swaarte of gewig nie, met ander woorde, dit
hou hom nie vas nie. Hy kom los of vry daarvan as hy skaatsplankry. Dis asof hyo or die aarde
vlieg.
• Die seun word gelyk gestel aan ‘n windswael wat vlieg. Dit word ‘n metafoor genoem.
• Letterlike en figuurlike taal maak gedigte en stories interessanter.

8
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Vrae:
1. Wie is die “hom” van die eerste versreël?
________________________________________________________________
2. Watter een woord sê dat die gewig van die aarde die seun nie vashou nie?
________________________________________________________________
3. Watter een woord is in die eerste versreël weggelaat sodat die klem (emphasis) op swaarte
val?
________________________________________________________________
4. Watter twee woorde in versreël 1 word herhaal om te wys dit lyk of die aarde se krag die seun
nie vashou nie?
________________________________________________________________
5. Waarom is daar ‘n dubbelpunt na die eerste versreël?
________________________________________________________________
6. Watter een woord sê hy ry baie vinnig die afdraandpad?
________________________________________________________________
7. Watter een woord in versreël 4 sê die seun skreeu van lekkerkry?
________________________________________________________________
8. Bewys deur vyf agtereenvolgende (direk na mekaar) woorde aan te haal dat dit vir die seun
baie lekker is om op sy skaatsplank te ry.
________________________________________________________________
9. Haal die woorde aan wat wys op al die swaaie en draaie wat hy met sy skaatsplank maak.
________________________________________________________________
10. Waarom, dink jy, is daar nie ‘n punt aan die einde van die gedig nie?
________________________________________________________________

9
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

11. Al die woorde in die blokkie hieronder praat van sowel die skaatsplankryer as die ___________;
daarom (sê ons) die twee word in ‘n metafoor aan mekaar gelyk gestel. Die seun word dus die
____________.

geen swaarte vaart vleg knoop ontknoop bevry

12. Haal ‘n woord in versreël 4 aan wat beskryf hoe die seun uiteindelik voel.
________________________________________________________________

Taal in konteks: Woordorde, sinsoorte, sinonieme, register, spelling – Bl. 102


1. Rangskik die woorde tussen hakies in die regte woordorde:
a.) Die seun jaag (teen die skuinste af) (vinnig) (nou).
________________________________________________________________
b.) Die seun met die blou denim (op sy skaatsplank) (ry) (elke dag).
________________________________________________________________
2. Gebruik ‘n W-vraagwoord en vra die vraag waarop woorde in vet druk die antwoord is.
(Onthou die vraagteken.):
a.) Die seun gier teen die skuinste af.
________________________________________________________________
b.) Die seun ry op sy skaatsplank.
________________________________________________________________
c.) Die seun het gister sy arms uitgestrek.
________________________________________________________________
3. Pas die sin in Kolom B by die soort sin in Kolom A:

i.) ___________________ ii.) _____________________ iii.) ______________________

10
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

4. Gee die sinoniem uit die gedig vir die woord in vetdruk:
a.) Die skaatsplankryer se (lyf) ontknoop. ___________________
b.) ‘n (Gier) om skaatsplank te ry het hom beetgepak. _____________________
5. Hoe sal elk van die persone in Kolom A die skaatsplankryer gelukwens omdat hy so goed
ry? Kies die regte sin uit Kolom B (register en toon):

a.) ________________________________________________________________
b.) ________________________________________________________________
c.) ________________________________________________________________
6. Met koppeltekens maak jy van baie woorde een woord. Haal die woord uit die gedig aan
wat só met koppeltekens een woord geword het.
________________________________________________________________

Lees en kyk: ‘n Drama: Xolisile en die geel vuvuzela – Bl. 103


Indien moontlik, verdeel in groepe en voer die toneel met gevoel op.

11
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Vul die woorde in die blokkie op die regte plekke in die sinne in:

wedstryd beloning opgewonde gunsteling

1. Van al die sportsoorte is sokker Xolisile se ____________.


2. Daar is ‘n ____________ vir die persoon wat die vuvuzela vin den terugbring.
3. Die sokkerspelers kom oefen vir die volgende _____________.
4. Xolisile is baie _____________ om al die beroemde sokkerspelers te sien.
12
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Nog vrae:
1. Wie is die belangrikste karakter in hierdie drama? Hoekom?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
2. Watter sport is vir Xolisile die lekkerste?
________________________________________________________________
3. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.
Xolisile het ‘n sokkerwedstryd in die stadion bygewoon.
________________________________________________________________
4. Waar het Xolisile die geel vuvuzela opgetel?
________________________________________________________________
5. Bewys dat Xolisile en haar maats ‘n goeie verbeelding het.
________________________________________________________________
________________________________________________________________
6. Vul die ontbrekende woord in:
Na Xolisile die berig in die koerant gelees het, is daar ________ in haar, want sy weet sy moet
die vuvuzela aan die eienaar teruggee.
7. Vir watter vuvuzela sal hulle die beloning gee?
________________________________________________________________
8. Kies die regte woord uit die moontlikhede tussen hakies:
Xolisile was (bly/kwaad) dat sy haar vuvuzela kon hou.
9. Dink jy Xolisile was reg om die vuvuzela te gaan teruggee?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
10. Watter drie belonings het Xolisile tog op die ou end gekry?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
11. Kies die regte woord: Xolisile was ‘n (oneerlike/eerlike) kind.
13
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Hersiening – Bl. 106


1. Kies die regte woord tussen hakies:
a.) Ek (ken/weet) hoe om ‘n onderhoud te skryf.
b.) Sy is (opgewonde/opwindend) oor haar vuvuzela.
c.) Sy het nou haar (uie/eie) wonder-vuvuzela.
d.) Die sokkerspan speel die (sokkerwedstryd/sokkerspel) in die stadion.
e.) Die beste sokkerspan het die (beker/koppie) gewen. (5)
2. Kies die regte woord uit die blokkie om die sinne hieronder te voltooi (selfstandige
naamwoorde). Kies net twee woorde:
selfvertroue medalje doelwit aandenking

a.) Xolisile se ___________ van die Wêreldsokkerbeker is ‘n geel vuvuzela.


b.) Sport leer jou ___________, want jy glo in jouself. (2)
3. Voltooi die idiome (figuurlike betekenis) in die sinne hieronder:
a.) Sy speel die seuns onder die __________ in beteken sy speel beter as die seuns.
b.) Xolisile kan haar ________ nie glo nie beteken sy kan nie glo wat sy sien nie. (2)
4. Skryf die sinne oor en begin met die woorde in vet druk (bywoorde):
a.) Die dogter het gister ‘n drie gedruk.
b.) Die seuns sal môre rugby speel.
c.) Die seun het verlede week ‘n sprinkaan gespoeg. (3)
5. Verbind eers die sinne met want en dan met omdat (voegwoorde):
a.) Die meisie druk ‘n drie. Sy kan vinnig hardloop.
________________________________________________________________
________________________________________________________________
b.) Die toeskouers juig. Die meisie druk ‘n drie.
________________________________________________________________
________________________________________________________________ (2)
6. Pas die gevoelswoorde/uitroepwoorde in Kolom B by die sinne in Kolom A:

14
Afrikaans EAT – Graad 8 Leerder Werkboek

Kolom A Kolom B
a.) Ons span het die wedstryd gewen. 1.) Agge nee!
b.) Moosa het die venster gebreek. 2.) Sjoe!
c.) Die stadion is vreeslik groot. 3.) Jippie! / Hoera!
(3)
7. Gee die antoniem vir die woord tussen hakies:
Ons sokkerspan het (gewen). _______________ (1)
8. Gee die sinonieme vir die woorde in vet druk:
a.) Sport verminder ‘n mens se spanning. __________________
b.) ‘n Mens se lyf is gesonder en fikser as jy sport beoefen. _______________ (2)
Totaal: 20

15

You might also like