You are on page 1of 4

Tema: Sport

DIE WAARDE VAN SPORT

Graad 4 Afrikaans HT: Werkkaart

Taalvaardigheid: Taalstrukture en- konvensies


Selfstandige naamwoorde

SELFSTANDIGE NAAMWOORDE:
‘n Selfstandige naamwoord is ’n woord wat iets benoem.
Dit sluit die name van mense, diere, plekke en dinge in.
Hoe kan ek ’n selfstandige naamwoord uitken?
o Dit kan gewoonlik met sintuie waargeneem word. (Sien, ruik, voel)
o Jy kan ’n lidwoord vooraan ’n selfstandige naamwoord sit.
Bv. ’n vis, die tafel, ’n beker, die bord.
o ’n Selfstandige naamwoord het ’n meervoud en verkleining.
Bv. visse, vissie, tafels, tafeltjie, borde, bordjie.
o Dit kan ook soms geslag aandui.
Bv. lam/ooi, koei/bul.
Daar is verskillende tipes selfstandige naamwoorde:
• Soortnaam – Verwys na alledaagse voorwerpe. Bv. tafel
• Eienaam – Name van spesifieke persone of dinge. Bv. Rudolf / Renault
• Versamelnaam – Verwys na versamelings. Bv. swerm voëls
• Massanaam – Verwys na ontelbare selfstandige naamwoorde. Bv. sand, sout

1
Instruksie:
Lees die volgende teks en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Leesstuk:

Dis hoekom sport belangrik is vir kinders:


Sport wat buite beoefen word, is ’n belangrike deel van kinders se gesonde
ontwikkeling. Deur fisieke aktiwiteit en goeie gewoontes van ’n vroeë ouderdom af by
kinders tuis te bring, kan die vaardighede wat hulle nodig het om later in hul lewe weer
aktief te wees, help ontwikkel.

Wanneer kinders aktief is, kan hul liggaam doen wat dit moet. Hoekom?
Want, gereelde oefening hou die volgende voordele in:
• Dit bevorder gesonde groei en ontwikkeling.
• Dit bevorder sterk spiere en bene.
• Dit verbeter balans en ontwikkel vaardighede.
• Dit help met gewigsbeheer.
• Dit verlaag die risiko vir tipe 2-diabetes.
• Dit help met slaap en ontspanning.
• Dit verbeter jou postuur.
• Dit verbeter jou uitkyk op die lewe en verbeter jou selfbeeld.

Gesonde, fisiek aktiewe kinders is ook meer geneig om akademies gemotiveerd,


gefokus en suksesvol te wees.

2014. Janine Nel https://www.netwerk24.com/huisgenoot/nuus/wat-dink-julle-oor-


kinders-en-sport-20170528

2
Oefening:

1. Wat is ’n selfstandige naamwoord? (1)


______________________________________________________
2. Benoem die vier soorte selfstandige naamwoorde. (4)
______________________________________________________
______________________________________________________
3. Lees die bostaande teks en skryf 4 selfstandige naamwoorde uit (4)
die leesstuk neer.
______________________________________________________
______________________________________________________
4. Onderstreep die selfstandige naamwoorde in die volgende sinne: (6)
4.1. My maatjie het ’n tennisbal saamgebring.
4.2. Die afrigter luister nie na verskonings nie.
4.3. Skop die bal oor die pale.
4.4. Ek wil graag hierdie boek lees.
4.5. My tekkies is al stukkend gehardloop.
4.6. Tienie sê dat hy in my span wil wees.
5. Lees die volgende sinne en onderstreep en benoem die
selfstandige naamwoorde. (6)
5.1. Ek gooi sout op my kos. _______________________________
5.2. Het jy ’n nuwe hemp gekry? ____________________________
5.3. Die hele trop skape het net gestaan en staar. ______________
5.4. Kara wil nie sport doen nie. _____________________________
5.5. Die sleutel is vandag by my. ____________________________
5.6. Pretoria het die lekkerste somers. _______________________
6. Skryf nou jou eie sinne met jou eie woorde van die volgende soorte
selfstandige naamwoorde. Dui die woord in die sin aan. (4)
6.1. ’n Soortnaam.
____________________________________________________
6.2. ’n Eienaam.
____________________________________________________
6.3. ’n Versamelnaam.
____________________________________________________
6.4. ’n Massanaam.
____________________________________________________ [25]

3
Memorandum:
1. ’n Selfstandige naamwoord is ’n woord wat iets benoem. Jy kan
dit met jou sintuie waarneem, bv. sien, ruik, proe, voel. (1)
2. Versamelnaam, eienaam, massanaam, soortnaam. (4)
3. Kinders, liggaam, spiere, bene. (4)
4. (6)
4.1. My maatjie het ’n tennisbal saamgebring.
4.2. Die afrigter luister nie na verskonings nie.
4.3. Skop die bal oor die pale.
4.4. Ek wil graag hierdie boek lees.
4.5. My tekkies is al stukkend gehardloop.
4.6. Tienie sê dat hy in my span wil wees.
5. (6)
5.1. Ek gooi sout op my kos. Massanaam
5.2. Het jy ’n nuwe hemp gekry? Soortnaam
5.3. Die hele trop skape het net gestaar. Versamelnaam
5.4. Kara wil nie sport doen nie. Eienaam
5.5. Die sleutel is vandag by my. Soortnaam
5.6. Pretoria het die lekkerste somers. Eienaam
6. Leerders se eie sinne. (4)
6.1. ’n Sin met ’n soortnaam.
6.2. ’n Sin met ’n eienaam.
6.3. ’n Sin met ’n versamelnaam.
6.4. ’n Sin met ’n massanaam.
[25]

You might also like