You are on page 1of 106

NEEM BEHEER OOR JOU LEWE

NOTAS VAN MY MENTORS

Johan Delport
ISBN 978-0-6397-2525-3 (Print)
ISBN 978-0-6397-2526-0 (e-Book)

Eerste publikasie: Oktober 2022 deur Tygerberg Gesinskerk

info@gesinskerk.co.za / www.gesinskerk.co.za

Gedruk en gebind deur Tandym Print

1 Park Road, Western Province Park, Epping Industrial, 7475
INHOUDSOPGAWE
Spesiale dankbetuiging 3

Voorwoord 5

Inleiding: Neem beheer 7

1. Fokus op dit wat Werklik Belangrik is  13

2. Maak van Struikelblokke Boublokke 21

3. Bou veilige Marges in jou lewe in 29

4. Sit Grense in plek in jou lewe 37

5. Lewe Doelgerig vir die Toekoms 45

6. Lewe Doelbewus Dag vir Dag 53

7. Belê in Kennis, Wysheid en Insig 61

8. Speel jou Sterkpunte 69

9. Belê in Ander 77

10. Lewe Lig en voete Plat op die aarde 85

Slotwoord 93

Ander Bybelstudies 95

1
Neem beheer oor jou lewe

Notas

________________________________________________________

2
SPESIALE DANKBETUIGING

Paulus sê in Galasiërs 6:2 dat ons mekaar se laste moet dra.

Soms is hierdie laste tekortkominge.

Wanneer ‘n mens so ‘n Bybelstudieboekie aanpak, word jy

vinnig gekonfronteer met jou eie tekortkominge. Dit is dan
wanneer jy die waarde besef van ‘n span wat die Here vir jou
gestuur het om jou te help.

Die span wat werk aan hierdie boekie, is nie net goed in wat
hulle doen nie, maar is elkeen ook self baie lief vir die Here.
Elkeen van hulle leef aktief hul getuienis uit dat Jesus Christus
hul Verlosser is.

Dit is juis hierom dat ek so goed saam met hulle werk en met
soveel gerustheid en vertroue elke keer teruggaan om hulle
wéér vir hulp te vra.

Die span is as volg:

Ds. Chris Heunis - Teologiese versorging
Ronel Griessel - Taalkundige versorging
Ds. Riaan le Roux - Ontwerp en vervaardiging
Baie dankie. Julle is ‘n “great” span!

Die Here seën julle vir julle harde werk.

Ds. Johan Delport

3

4
VOORWOORD
“Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van
God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van
julle sondige natuur nie.” (Gal 5:16)

As ‘n jong bekeerde het ek dikwels geworstel met die oorgawe

van my lewe aan God. Iewers het ek my sonde bely en die
voorneme uitgespreek om my lewe vir Hom te gee. Ek het gou
agtergekom wat dit werklik beteken om my lewe aan God oor
te gee. Dit is geen maklike taak nie. “Wees veral versigtig met
wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” (Spr
4:23)

Ds. Johan het met hierdie studie die fokus op kernwaarhede

geplaas wat lesers en studiegroepe deurslaggewend sal vind
in die proses om onder beheer van God te leef. Daar is baie
selfgevestigde waardes wat in die lig van die “nuwe lewe in
Christus” heroorweeg moet word, waardes wat grens aan
rebellie en selfgerigtheid. Die werklikheid van “kom onder Sy
beheer” raak deurgaans ‘n uitdaging. Daar moet doelgerig aan
gewerk word.

Ek het veral gehou van ds. Johan se aanwending van ou Bybelse

waarhede en wenke wat my tweemaal laat dink het. Ek is seker
dat almal wie die studie deurwerk, met ‘n nuwe waarderig gaan
kyk na wat God vir ons gedoen het en waarom dit voordelig is
om beheer aan Hom oor te gee.

Ek het dit baie geniet om deur die studie van 10 weke te werk.

Jy sal baie baat daarby vind om dit gereeld deur te werk en

veral vir mense om jou aan te stuur.

Chris Heunis

5

6
INLEIDING

“Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers
nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en
selfbeheersing.” (2 Tim 1:7)

God, grant me the serenity to accept the things I cannot

change, courage to change the things I can, and wisdom to
know the difference. – The Serenity Prayer

Neem beheer oor jou lewe

Wag ‘n bietjie, is dit reg? Is ons veronderstel om beheer oor

ons lewens te neem? Is ons nie juis veronderstel om beheer van
ons lewens oor te gee aan die Heilige Gees nie? Begin al ons
probleme nie juis wanneer ons beheer oorneem van ons lewens
nie?

Die antwoord op al hierdie vrae is ja en nee. Moet ek in

oorgawe lewe aan die Here? Absoluut! Wanneer ek die Here
Jesus aanneem as my Verlosser, dan gee ek in effek beheer van
my lewe oor aan Hom. Die Heilige Gees maak my God se kind
en neem beheer oor my lewe – wel, soort van.

7
Neem beheer oor jou lewe

Ek gee God die beheer oor my lewe

“Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir
Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat
julle moet beoefen.” (Rom 12:1b)

Paulus maak dit duidelik dat ek myself moet oorgee aan God as
‘n aanneemlike offer vir Hom. Dit dui op ‘n totale oorgawe. Ek
behoort daarom glad nie meer aan myself nie, ek behoort nou
heeltemal net aan God.

Jakobus onderstreep dieselfde gedagte wanneer hy sê:

“Onderwerp julle in nederigheid voor die Here.” (Jak 4:10a)
Die implikasie van om myself op hierdie manier te onderwerp, is
per definisie dat ek myself alle sê as te ware ontsê en uitsluitlik
vra na die wil van die Here.

Met dit in gedagte sou ‘n mens kon sê ek gee volle beheer

van my hele lewe oor aan die Here Jesus. Dit is tog wat Here
beteken: Baas en Eienaar. Ek behoort daarom nou aan die Here
Jesus.

God gee my die beheer in my lewe

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar
laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal
julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom
goed en aanneemlik en volmaak is.” (Rom 12:2)

Wanneer ons die teks van nader bestudeer, dan sien ons ook
iets anders rondom beheer. Nie net gee ek die beheer van my
lewe vir die Here nie, maar die Here gee dit terug vir my.

Die Heilige Gees gaan my nie soos ‘n robot beheer wanneer

ek hierdie oorgawe maak nie. Nee, ek moet self die offer
bring: “...Gee julleself...” (Rom 12:1) en “...maar laat God julle

8
Inleiding

verander...” (Rom 12:2). Dit is daarom duidelik dat ek beheer

behou oor my lewe. Ek moet vrywillig my lewe leef soos wat die
Here dit van my verwag.

Om ‘n oorgawe te maak aan die Here, is daarom om juis beheer

te neem oor my lewe...

Hoe werk dit dan?

Wie is dan in beheer van my lewe? Ek of die Here?
Die Here is in beheer van my lewe deurdat ek my lewe beheer
volgens die Skrif en die leiding van die Heilige Gees.

Kom ons kyk net weer na 2 Timoteus 1:7: “Die Gees wat God
ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons
met krag en liefde en selfbeheersing.”

Die Heilige Gees gee ons juis selfbeheersing. Een van die
eienskappe van ‘n gelowige wat onder beheer van die Heilige
Gees staan, is dat hy beheer neem oor sy lewe. Ek gee beheer
van my lewe aan die Here deur om selfbeheersing uit te oefen
en my lewe te leef soos wat die Here dit van my verwag.

Neem beheer oor jou lewe

In hierdie boekie gaan ons kyk na 10 studies wat vir jou gaan
help om beheer te neem oor verskillende areas van jou lewe.
Van die studies gaan algemeen wees en ander meer spesifiek,
maar elke studie gaan besliste optrede van ons verwag.

Die realiteit is, as ek nie my lewe beheer nie, gaan iets of iemand
anders dit wel doen – en dit gaan waarskynlik nie die Here wees
nie.

Kom ons aanvaar verantwoordelikheid vir ons lewe en neem

beheer. Soek die wil van die Here – stel jou lewe in om meer en
meer te word soos Jesus. Wanneer ek beheer van my lewe vir
9
Neem beheer oor jou lewe

die Here gee, gee die Heilige Gees my selfbeheersing om my

lewe te beheer en bestuur soos wat God dit van my verwag.

Hoe om die beste van die studie te maak

Soos met baie ander dinge in die lewe wat die moeite werd
is: Hoe meer ek insit, hoe meer kry ek uit! Wanneer dit kom
by my persoonlike stiltetyd, is hierdie stelling veral waar. ‘n
Halfgepoetste stiltetyd sal vir my min tot geen waarde hê, maar
‘n kwaliteit stiltetyd sal my hele lewe verander.

Ons moet die woorde van Salomo onthou:

“Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit
bepaal jou hele lewe.” (Spr 4:23)

Hier is ‘n paar basiese wenke om die beste te maak van hierdie

studie:

Wenk #1: Neem ‘n kwaliteit besluit om elke dag tyd te maak

om stil te word voor die Here in gebed en
Bybelstudie.

Wenk #2: Kom voorbereid na die Bybelstudie toe. Maak

tyd om die week se Bybelstudie deeglilk te doen
voor die byeenkoms.

Wenk #3: Lees verder. Kyk weer na die betrokke verse en

lees die 5 verse voor en na elke vers.

Wenk #4: Begin ‘n gebedsjoernaal. Aan die einde van

elke studie is daar plek om gebedsversoeke
neer te skryf. Kyk weekliks daarna en prys die Here
vir elke beantwoorde gebed.

Hierdie boekie kan gebruik word as ‘n persoonlike Bybelstudie in

die gelowige se stiltetyd, maar die waarde wat ander gelowiges
10
Inleiding

vir my bied in groepsverband, is van onskatbare waarde! Die

ideaal is daarom om hierdie boekie in jou stiltetyd deur te werk,
maar ook in ‘n Bybelstudiegroep.

Vir Ouers
Hierdie boekie kan ook baie nuttig wees vir ‘n gesinsbybelstudie.
Maak dit deel van jul gesinstiltetyd. Moedig bespreking aan.
Hou net in gedagte dat jonger kinders dalk verduideliking gaan
vra vir meer komplekse gedagtes. Wees geduldig terwyl jy die
ewige waarhede aan hulle kommunikeer. Die Skrif sê mos:

“Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal

ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” (Spr 22:6)

The Serenity Prayer – Reinhold Niebuhr

God, give me grace to accept with serenity

the things that cannot be changed,
Courage to change the things
which should be changed,
and the Wisdom to distinguish
the one from the other.

Living one day at a time,

Enjoying one moment at a time,
Accepting hardship as a pathway to peace,
Taking, as Jesus did,
This sinful world as it is,
Not as I would have it,
Trusting that You will make all things right,

11
Neem beheer oor jou lewe

If I surrender to Your will,

So that I may be reasonably happy in this life,
And supremely happy with You forever in the next.

Amen.

Reinhold Niebuhr

12
FOKUS OP DIT WAT WERKLIK
BELANGRIK IS

“Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die
dinge wat op die aarde is nie.” (Kol 3:2)

“Vision is the ability to see God’s presence, to perceive God’s

power, to focus on God’s plan in spite of the obstacles.”
– Charles R. Swindoll

DEEL 1

Welkom by die eerste studie in die reeks “Neem beheer oor jou
lewe”.

Waar sou ‘n mens begin as jy beheer wou neem oor jou lewe.
Soos reeds in die inleiding gesê, leer ons in die Skrif dat ons
beheer van ons lewe moet oorgee aan die Here, net sodat Hy ons
weer die verantwoordelikheid kan gee om selfgedissiplineerd
en selfbeheersd te lewe.

Dit is reg. Die Heilige Gees kom neem nie beheer oor my
lewe sodat ek soos een of ander robot gehoorsaam is aan
die Bybelse opdragte nie. Nee, wanneer ek Jesus aanneem
as Verlosser, draai ek my rug op my ou lewe, ek ontvang die
Heilige Gees en begin op ‘n splinternuwe lewenspad. Hierdie is

13
Neem beheer oor jou lewe

‘n pad waaroor ek beheer het, ‘n pad wat ek elke dag moet kies
en verantwoordelikheid voor moet aanvaar.

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek fokus my lewe op dit wat werklik belangrik is

Tema teks: Kolossense 3:1-4

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
Paulus skryf hierdie brief aan die Kolossense vanuit die tronk.
In hierdie spesifieke hoofstuk maan hy die gemeente om
doelbewus verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle denke.

In die gemeente het daar vreemde dwaalleringe ingesluip. Daar

het mense leerstellings begin verkondig dat die enigste manier
hoe jy die bose magte kan oorwin, is deur om die wette in die
Ou Testament te onderhou.

Paulus roep hulle op om verantwoordelikheid te aanvaar vir wat

hulle glo. ‘n Mens kan mos nie net enige ding glo net omdat
iemand die moeite gedoen het om dit te sê nie.

Wanneer dit kom by beheer neem oor my lewe, dan is dit die
eerste plek waar ons begin. As gelowige is ek verantwoordelik
vir wat in my verstand aangaan. Ek het beheer oor my fokus, en
ek moet seker maak ek fokus op dit wat werklik belangrik is.

Rig jou gedagtes op die dinge daarbo

Lees Kolossense 3:1-2
Paulus gee 2 baie belangrike opdragte in hierdie verse. Paulus
begin deur om aanspraak te maak op hulle redding: Julle is mos
gered!? Julle het mos Jesus aangeneem!? Julle is mos saam
met Christus uit die dood opgewek!?

14
Fokus op dit wat Werklik Belangrik is

Eerstens het die gelowige die verantwoordelik om te “...strewe

na die dinge daarbo...” Met ander woorde, my lewe moet
ingestel wees op wat die Here wil hê en nie op wat my vlees wil
hê nie. Dit moet my hele lewenstrewe wees om Jesus tevrede
te wil stel.

Tweedens is dit die gelowige se verantwoordelikheid: “...rig

julle gedagtes op die dinge wat daarbo is...” Elke gelowige
is verantwoordelik vir wat in sy denke aangaan. Soos die ou
gesegde sê: “Jy kan die kraaie nie keer om oor jou kop te
vlieg nie, maar jy kan keer dat hulle in jou hare nes maak!”
Hierdie gesegde beteken dat ek verantwoordelikheid moet
aanvaar vir my denke. Dit is ook presies wat Paulus sê: Neem
verantwoordelikheid en rig jou gedagtes.

Gespreksvraag:

Lees 2 Tessalonisense 3:5. Waarop, sê die vers, moet ons ons

gedagtes rig? Waarom is dit belangrik? _____________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Rig jou gedagtes op liefde vir die Vader

Lees Filippense 1:9-11
My hoogste en eerste prioriteit in die lewe behoort te wees om,
deur die Here Jesus, geheel en al in die regte verhouding met
die Vader te wees. Dit is wat werklik belangrik is.

In Johannes 17:3 lees ons dat die ewige lewe is om God te

ken. Deur die Here Jesus leer ons God as Vader ken. Daar is
so baie dinge waarmee ek my hart en gedagtes kan besig hou,
maar as daar enigiets in my lewe belangriker is as ‘n verhouding
met die Vader, dan is ek besig om afgode te aanbid.
15
Neem beheer oor jou lewe

Die Vader het ons geskep om eerstens ‘n verhouding met Hom

te hê. Wanneer ek dit die eerste prioriteit in my lewe maak, dan
kom die res van my lewe in perspektief. Sonder die Vader in my
lewe is die lewe een verwronge soektog na vervulling. Net ‘n
verhouding met die Vader, deur die Here Jesus, bring vervulling.

Dit is waarom dit so belangrik is om my aandag en gedagtes

eerste te fokus op ‘n verhouding met die Vader.

Gespreksvraag:

Lees Markus 12:30. Hoe moet ek die Vader liefhê? Wat beteken dit? ______
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Rig jou gedagtes op liefde vir mense

Lees 2 Petrus 1:5-7
Wanneer dit vir my ‘n prioriteit word om ‘n werklik diep en
sinvolle verhouding met die Vader te ontwikkel, gebeur daar
iets belangrik in my lewe: Dit wat vir die Vader belangrik is,
word vir my belangrik.

Omdat ek tyd met die Vader spandeer deur sy Woord, word ek

meer en meer soos Jesus en dan gee die Heilige Gees vir my
iets..., iets wat nie uit die natuur van die mens kom nie. Dit kan
net van God af kom – liefde vir mense, mense wat ek van nature
nie van sou hou nie, mense wat van nature my so irriteer! Maar
omdat ek lief is vir God, word ek ook lief vir hulle.

Weereens is dit iets wat ek moet kies en doelbewus deel maak

van my lewe. Die Here dwing dit nie op my af nie. Maar wanneer
ek na mense kyk soos wat God na hulle kyk, dan besef ek die
Vader het mense lief en Hy wil deur my sy liefde vir die wêreld
16
Fokus op dit wat Werklik Belangrik is

wys.

Gespreksvraag:

Lees Johannes 3:16-17. Wat leer ons in hierdie verse oor hoe God oor
mense voel? Hoe behoort dit my houding teenoor ander mense te raak? ___
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Opsomming:
Om beheer te neem oor my lewe, begin deur om beheer te
neem oor my denke. In vandag se studie het ons gekyk na waar
my fokus moet wees. Ek moet my aandag en denke fokus op
die Here en op sy dinge. Dit wat vir die Vader belangrik is, word
dan vir my belangrik, en hoe die Vader die wêreld sien, word
ook my sienswyse. Die eerste en belangrikste stap in die proses
om beheer te neem oor my lewe, is om beheer te neem oor my
denke en my fokus.

17
Neem beheer oor jou lewe

HUISWERK

Iets om te onthou
Neem beheer oor jou lewe deur om beheer te neem oor jou
denke en fokus.

Vers om te onthou
“Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die
dinge wat op die aarde is nie.” (Kol 3:2)

Vraag om oor na te dink

Wanneer ek ‘n eerlike evaluasie doen op my denke en my
lewensfokus, waarop, sou ek sê, fokus ek al my aandag en tyd?
Is dit dalk nodig om regstellings te maak?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, kom help my om my gedagtes te rig op u dinge. Ek is
lief vir U en ek wil die wêreld deur u oë sien. Kom help my om
my hart in te stel op u wil en op wat U van my verwag. AMEN!

18
Fokus op dit wat Werklik Belangrik is

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

19

20
MAAK VAN STRUIKELBLOKKE
BOUBLOKKE

“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat
Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Rom 8:28)

“We are all faced with a series of great opportunities brilliantly

disguised as impossible situations.” – Chuck Swindoll

DEEL 2

Waarom is dit so dat sommige mense platgeslaan word deur

‘n groot krisis in die lewe, dadelik opstaan en sommer ‘n groter
sukses maak van die res van hulle lewe, maar ander bly lê en
staan net nie weer op nie?

Almal van ons kry struikelblokke in ons lewens. Daardie

struikelblokke kom in baie verskillende vorms en maniere.
Party mense is gebore met die een of ander gebrek, ander
maak ‘n groot fout, ander was net op die verkeerde plek op
die verkeerde tyd, ander is die slagoffer van iemand anders se
foute en ander beland in sonde waarvan die resultate dreig om
hul lewens te ruïneer.

Die realiteit is, almal van ons gaan struikelblokke kry. In vandag

21
Neem beheer oor jou lewe

se studie kyk ons hoe ons van struikelblokke boublokke kan

maak.

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek maak van struikelblokke boublokke

Tema teks: Jakobus 1:2-8

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
In hierdie gedeelte praat Jakobus oor beproewing. ‘n Paar verse
verder (v12-18) praat hy oor versoeking. Jakobus tref duidelik
onderskeid en verduidelik dat beproewing dinge is wat met
ons gebeur wat ons geloof onder druk sit. Versoeking, aan die
ander kant, is iets wat uit ons sondige begeertes gebore word.

Die realiteit is dat beproewings en versoekings beide ‘n

struikelblok in my lewe kan wees. Maar met die regte gesindheid
en saam met die Here kan enige beproewing of versoeking ook
‘n boublok wees.

‘n Struikelblok is iets wat my op die een of ander manier

terughou om voluit vir die Here te lewe en so die beste te maak
van my lewe. ‘n Boublok is wanneer ek saam met die Here
daardie struikelblok gebruik om die Here te eer en om my lewe
te verryk.

So, hoe doen ek dit? Hoe maak ek van ‘n struikelblok ‘n

boublok?

Gee jou struikelblokke vir die Here

Lees 1 Petrus 5:7
Die lewe gaan nie net maanskyn en rose wees nie. Daar gaan
struikelblokke wees, en soms gaan daardie struikelblokke so
groot wees dat dit my lewe prinsipieel heeltemal verander. Dink

22
Maak van Struikelblokke Boublokke

aan die verlies van werk, dalk siekte, dalk die afsterwe van ‘n
geliefde.

Waar begin ek dan om my struikelblokke boublokke te maak?

Ek begin deur om dit vir die Here te gee. Soos Petrus sê: Werp
al jou bekommernisse op Hom. Gee dit vir die Here. Neem dit
in gebed na die Here toe en pleit by die Here vir uitkoms. Maak
soos die weduwee in Lukas 18 en val die Here as te ware lastig
totdat jy uitkoms kry.

Indien jy dalk in ‘n situasie sit waar jy sonde gedoen het en nou

die vrugte pluk van foute wat jy gemaak het, gaan na die Here
toe en gaan sê jammer (1 Joh 1:8-9), maar gaan maak ook reg
met die mense wat daardeur skade gely het.

Gespreksvraag:

Lees Hebreërs 12:1-3. Wat lees ons in hierdie gedeelte moet ons doen? Hoe
doen ons dit? ______________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Dink nuut oor jou struikelblokke

Lees Jakobus 1:2-4
Baie keer is my grootste probleem die manier hoe ek dink oor
my probleem. Baie maal kan ek nie vorentoe gaan nie, nie
omdat die struikelblok so groot is nie, maar omdat ek ‘n ander
struikelblok het: die manier hoe ek daaroor dink.

23
Neem beheer oor jou lewe

Begin om nuut te dink oor jou struikelblokke. Hier is ‘n paar

feite. Lees die verse en skryf neer wat dit sê:
Filippense 4:6-7 ____________________________________
Jesaja 41:10 ____________________________________
Spreuke 3:5-6 ____________________________________
1 Korintiërs 10:13 ____________________________________
Matteus 11:28 ____________________________________
Filippense 4:13 ____________________________________

Gespreksvraag:

Lees Filippense 3:13. Dink ook mooi na oor hierdie verse wat ons so pas
gelees het. Hoe laat dit my anders dink oor my probleme? ______________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Soek na nuwe geleenthede

Lees Jakobus 1:5-6

In Filippense 3:13 lees ons dat Paulus hom losmaak van dit wat
agter hom is en hom uitstrek na wat voor is. Paulus het van die
veronderstelling af uitgegaan dat, solank hy lewe, die Here nog
‘n plan het met sy lewe.

Dit is so ‘n diep waarheid. Solank ek en jy nog lewe, het die Here

nog ‘n plan met ons lewens. So, dalk het daar goed gebeur.
Moenie daar stilstaan nie. Moenie by die foute, probleme en
struikelblokke bly nie. Soek na nuwe geleenthede.

24
Maak van Struikelblokke Boublokke

Gespreksvraag:

Lees Efesiërs 5:16-17. Wat leer ons uit hierdie verse? Hoe help hierdie verse
my om op die uitkyk te wees vir nuwe geleenthede? __________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

‘n Struikelblok word ‘n boublok wanneer jy daardeur groei

Lees Romeine 8:28-29
By die vorige punt het ons vir mekaar gesê dat die Here nog
nie klaar is met ons nie. Die Here het ons te vêr gebring om ons
nou hier in die steek te laat. Dit is nie sy aard nie. Die Here het
ons tot hier gebring, Hy gaan ons ook verder vat.

Die hele gedagte in Romeine 8:28 is juis dit: Selfs die ergste,
ergste struikelblok word ‘n boublok wanneer ek dit in die Here
se hande los. Daarom – alles werk ten goede mee vir die wat
die Here liefhet.

Gespreksvraag:

Lees Romeine 8:31-32. Hoe bied hierdie verse vir ons troos en sekuriteit? __
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Opsomming:
In Romeine 8:31-32 maak Paulus dit baie duidelik dat as God

25
Neem beheer oor jou lewe

Jesus Christus gegee het om in ons plek vir ons sonde te sterf,
dan is God te lief vir ons om ons in die steek te laat. Daarom
kan ons met al ons struikelblokke na Hom toe gaan en weet Hy
gaan ons help om dit boublokke te maak.

26
Maak van Struikelblokke Boublokke

HUISWERK

Iets om te onthou
Bring al jou Struikelblokke na die Vader toe. Hy wil jou help om
dit Boublokke te maak.

Vers om te onthou
“Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom
wat vir ons liefhet.” (Rom 8:37)

Vraag om oor na te dink

Watter struikelblok is daar in my lewe waardeur ek nog nie
gewerk het nie? Hoe gaan ek saam met die Here te werk gaan
om van my struikelblok ‘n boublok te maak?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, soms voel dit vir my of die lewe te veel is en dat al
hierdie struikelblokke net te baie is. Kom leer my om hierdie
struikelblokke nie op my eie te probeer hanteer nie, maar
om dit na U toe te bring. Ek weet U wil my help om die beste
te maak van hierdie struikelblokke sodat ek kan groei en op
hierdie manier nader aan U groei. AMEN!

27
Neem beheer oor jou lewe

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

28
BOU VEILIGE MARGES IN JOU LEWE IN

“Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie.”

(Mark 6:31)

“How do you create more margin in your schedule – to do the

things you want to do and the things you need to do? Start
here: Prioritize Your Life.” – Dan Reiland

DEEL 3

Die gemiddelde lewensverwagting in 2020 vir ‘n man was 78

jaar en vir ‘n vrou 83 jaar. Afhangende van hoe oud jy nou is,
kan dit klink na baie jare, of na min jare. Die realiteit is egter,
daardie jare word aan niemand belowe nie.

Wat soos ‘n paal bo water staan, is dat elke mens ‘n beperkte

hoeveelheid dae hier op aarde het. Dit beteken dat een mens
net soveel kan doen. Indien ek en jy ons lewe leef sonder om
daaroor na te dink, dan kan ons dalk in ‘n situasie beland waar
ons ons lewe eintlik net mors.

Die ander kant is ook waar. ‘n Mens kan jou lewe so vol prop dat
jy nie voor die Here verantwoordelik lewe met die tyd wat Hy vir

29
Neem beheer oor jou lewe

jou gegee het hier op aarde nie.

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek bou veilige marges in my lewe in

Tema teks: Markus 6:30-34

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
Ons ken die ou gesegde: “Minder is meer”. Dit beteken basies
net om meer reg te kry, moet jy minder dinge beter doen in
plaas van om baie dinge te probeer aframmel.

Dit is waarom Jesus sy dissipels eenkant toe neem om te rus.

Jesus het homself ook gereeld eenkant afgesonder om te bid
en tyd met die Vader te spandeer. Jesus het veilige marges
in sy lewe ingebou sodat Hy tyd gehad het vir dit wat werklik
belangrik was. Jesus stel vir ons die voorbeeld. Ons moet
doelbewus werk om veilige marges in ons lewe in te bou.

Wat is ‘n marge? ‘n Marge is om reserwes in te bou. Ek beplan

my lewe om reserwes oor te hê as ‘n tipe buffer sodat ek nie
myself uitbrand nie.

Hierdie reserwes moet in al die verskillende aspekte van my

lewe ingewerk word:

Tyd – Ek moet reserwe tyd hê om stil te raak, stiltetyd te hou,

te lees en om gebeure te prosesseer.

Geld – Ek moet reserwe geld hê vir ‘n krisis, vir ‘n

beleggingsgeleentheid en om nie op die afgrond te lewe nie.

Gesondheid – Ek moet seker maak ek het reserwes in my

gesondheid deur om gereeld te oefen en my gesondheid
dop te hou.

30
Bou veilige Marges in jou lewe in

Dit is alles deel van verantwoordelike rentmeesterskap – om dit

goed te bestuur wat die Here vir my gegee het.

Hoe bou ek veilige marges of reserwes in my lewe in?

Prioritiseer jou lewe

Lees Efesiërs 5:17
Daar is soveel dinge in die lewe wat ons aandag opneem. Maar
hoeveel daarvan is werklik belangrik? Hoeveel van dit waarmee
ons onsself so besig hou, het werklik ewigheidswaarde?

Wanneer ek verstaan dat al my bronne net aan my geleen is en

dat die Here my eendag verantwoordelik gaan hou vir hoe ek
dit benut het, dan moet ek my lewe prioritiseer. Ek moet my
tyd, geld, gesondheid en verhoudings prioritiseer sodat ek my
lewe kan leef met maksimum ewigheidswaarde.

Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Wanneer ek werk wanneer ek

moet werk, sal ek kan rus wanneer ek moet rus. Dit werk ook
ander kant toe: Wanneer ek rus wanneer ek moet rus, dan kan
ek werk wanneer ek moet werk.

Ons kan iets by Moses leer vanuit Psalm 90:12: “Leer ons ons
dae so gebruik dat ons wysheid bekom.” Here, leer my om my
lewe te prioritiseer sodat ek nie die kosbare bronne wat U vir
my geleen het, mors nie.

Gespreksvraag:

Lees Matteus 6:33 en Prediker 12:1. Hoe kan hierdie verse ons help om ons
lewe beter te orden en om marges in ons lewens in te bou? _____________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

31
Neem beheer oor jou lewe

Werk slimmer
Lees Prediker 10:10
Om hard te werk, is eerbaar, maar om slim te werk, is nog beter.
Salomo gebruik die voorbeeld van ‘n man wat hard werk omdat
sy byl stomp is. Dit kan wees dat hy so hard werk en onder druk
is dat hy nie die tyd maak om sy byl skerp te maak nie. Maar as
hy net die tyd sou afvat om die byl skerp te maak, sou hy soveel
meer effektief kon wees.

Hierdie is ‘n baie belangrike les om reserwes in jou lewe in te

werk. Soms verloor ons kosbare tyd net omdat ons nie die tyd
afvat om te beplan en te organiseer nie. Moenie harder werk
nie, werk slimmer. Neem strategies tyd af om te beplan, te
organiseer en te leer. Dit kan dalk op die korte duur lyk of jy
tyd verloor het, maar oor die lang termyn wen dit vir jou baie
reserwe tyd. Dit is hoe ons marges in ons lewens inbou.

Gespreksvraag:

Lees Spreuke 12:11 en Spreuke 13:4. Hoe hou hierdie verse verband met
mekaar? Hoe skakel Prediker 10:10 in by hierdie verse? ______________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Doen gereeld self-evaluasie

Lees 2 Korintiërs 13:5
Paulus moedig die Korintiërs aan om hulleself te evalueer: Hoe
gaan dit geestelik met my? Hoe gaan dit met my geloof? Is ek
besig om te groei in my verhouding met die Here (Kol 1:28)? Is
ek besig om meer en meer te word soos Jesus (Rom 8:29)?

Self-evaluasie is ‘n belangrike komponent van ons geestelike

32
Bou veilige Marges in jou lewe in

lewe, maar ook van ons alledaagse lewe. Hoe sal ek weet of ek
besig is om te vorder as ek nie eers net stilstaan en om my kyk
nie? Waar was ek? Waar kom ek vandaan? Waarheen is ek op
pad?

Dit help ook om saam met ‘n vriend, ‘n vertroueling of ‘n mentor

te sit, iemand wat ook lief is vir die Here en sy geloof uitleef.
Belê in so iemand wat eerlik saam met jou na jou lewe kan kyk
en jou vordering in die Here en in die lewe kan evalueer.

Gespreksvraag:

Lees Galasiërs 6:4-5. Wat leer ons oor self-evaluasie in hierdie verse?
Waarom is dit belangrik volgens vers 5? __________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Opsomming:
In vandag se studie het ons gekyk na hoe om veilige marges in
ons lewens in te bou. Alhoewel ons dalk net konsepsueel daarna
gekyk het, is dit duidelik: Die Here het vir ons verskillende
bronne gegee soos tyd, geld, gesondheid en verhoudings. Ek
moet daarvoor verantwoordelikheid aanvaar. Marges help my
om perspektief te hê oor die lewe en om my bronne beter saam
met die Here te bestuur.

33
Neem beheer oor jou lewe

HUISWERK

Iets om te onthou
Wanneer ek veilige marges in my lewe het, gee dit my
perspektief op die lewe en kan ek die bronne wat die Here vir
my gegee het, beter bestuur.

Vers om te onthou
“Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.”
(Ps 90:12)

Vraag om oor na te dink

Wanneer ek dink oor my bronne, het ek genoeg reserwes in my
lewe om ‘n krisis te kan absorbeer en met gemak my bronne
effektief te bestuur saam met die Here? Waarom? Waarom nie?
Het ek nodig om regstellings te maak?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, dankie vir al die bronne waarmee U my toevertrou het.
Help my om ‘n goeie bestuurder te wees van al hierdie bronne
wat U vir my gegee het. Kom help my ook om veilige marges
in my lewe in te bou sodat ek nie die heeltyd op die afgrond
hoef te lewe nie. AMEN!

34
Bou veilige Marges in jou lewe in

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

35

36
SIT GRENSE IN PLEK IN JOU LEWE

“Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat
meer gesê word as dit, kom van die Bose.” (Matt 5:37)

“Learn to say, ‘No’, and it will be of more use to you than to be

able to read Latin.” – Charles Spurgeon

DEEL 4

Die gesegde, “Good is the enemy of great”, vat hierdie studie

so mooi vas. In die meeste gevalle in ons lewens is ons keuse
nie tussen “reg” en “verkeerd” nie, maar tussen wat “goed” en
die “beste” is.

Daar is niks fout met “gemiddeld” nie, maar die Here het ons
nie geroep om gemiddelde lewens te leef nie. As ek oor tyd net
gemiddelde besluite neem, dan is dit presies wat ek gaan kry –
‘n gemiddelde lewe.

In die vorige studie het ons gekyk na Efesiërs 5:17: “Moet

daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom
wat die Here wil dat julle moet doen.” Hierdie vers klink nie na
‘n gemiddelde vers nie. Die Here het ons ook nie geroep vir ‘n

37
Neem beheer oor jou lewe

gemiddelde lewe nie.

Daarom is dit nodig om grense in ons lewens in te bou. Grense

help ons om te bepaal waarvoor ons moet nee sê sodat ons vir
die regte goed in die lewe kan ja sê.

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek sit grense in plek in my lewe

Tema teks: Filippense 4:2-9

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
Die fokus van vandag se studie is eintlik in vers 8. In vers 8 kry
ons die raamwerk waarbinne ons grense in plek moet sit vir
ons lewe. Lees vers 8 versigtig en skryf die elemente neer wat
Paulus hier noem:

“Verder, broers, alles wat ___________ is, alles wat _________

is, alles wat __________ is, alles wat ___________ is, alles wat
___________ is, alles wat _____________ is – watter _______ of
_________________ saak daar ook mag wees – daarop moet
julle julle ___________ rig.” (Fil 4:8)

In hierdie vers noem Paulus 8 maatstawe wat my kan help om

grense in my lewe te sit. ‘n Grens is soos ‘n filter wat my help
om onderskeid te tref tussen wat ek in my lewe moet toelaat en
wat nie. Indien iets nie aan al 8 vereistes voldoen nie, dan is dit
nie welkom in my lewe nie. Dit is hoe die grense werk.

*Neem tyd in jou eie stiltetyd om Internet vir Christene deur te

werk. In hierdie studie kyk ons in detail na elkeen van hierdie
elemente. Laai die studie hier af: www.bybelstudie.co.za

Hoe sit ek hierdie grense in plek in my lewe?

38
Sit Grense in plek in jou lewe

Leer om NEE te sê
Lees Matteus 5:37
Een van die belangrikste lesse wat ons moet leer, is om te leer
om “nee” te sê. In ons kultuur en samelewing voel ons soms
dat dit slegte maniere is om nee te sê. Maar dit is belangrik om
te weet dat, deur om ja te sê vir iets, ek eintlik nee sê vir iets
anders. Ek moet daarom seker maak ek sê ja vir die regte goed
in my lewe.

Dit is daarom belangrik om grense in plek te sit in my lewe.

Hierdie grense moet egter vooraf in plek gesit word. Ek moet
verstaan waarom dit in plek is en ek moet met my hart inkoop in
hierdie grense.

Gespreksvraag:

Lees weer Filippense 4:8. Hoe kan hierdie vers my help om te bepaal
waarvoor ek moet nee sê? Skryf ‘n paar voorbeelde neer. ________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________

Leer om JA te sê
Lees Matteus 6:33
Aan die einde van die dag is die hart van die gelowige om God
se wil te soek en sy koninkryk uit te leef. Daar is nie ‘n beter
weergawe van my en van jou lewe as die weergawe waar ons
die Here se wil uitleef nie. Enige ander weergawe skiet tekort!

Wanneer ek nadink oor die wil en werk van die Here, dan is dit
iets waarvoor ek behoort “ja” te sê in my lewe. Dit is iets wat ek
aktief behoort na te jaag. As ek weet wat die Here se wil is vir
my lewe, dan is dit vir my maklik om presies te weet waarvoor

39
Neem beheer oor jou lewe

om ja te sê.

Om ja te sê vir God se wil in my lewe, is om JA te sê vir die

werking van die Heilige Gees (1 Tes 5:19), dit is om JA te sê
vir die vrug van die Gees (Gal 5:22) en dit is om JA te sê om ‘n
lewe te leef wat Jesus volg (1 Kor 11:1).

Gespreksvraag:

Lees Spreuke 3:5-6. Wat gebeur wanneer ek die Here se wil soek in my
lewe? Watter positiewe gevolge is daar? __________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Leer om onderskeid te tref

Lees Jakobus 4:17
Ons het in die begin van hierdie studie vir mekaar gesê: “Good
is the enemy of great!” Ek kan my soms besig hou met baie
mooi en goeie dinge sonder om werklik dit te doen wat ek weet
die Here my voor geroep het.

In Jakobus 4:17 lees ons dat, as iemand weet wat die regte
ding is om te doen, hy dan verantwoordelik is daarvoor. Dit
verminder grys areas dramaties. Ek weet mos wat die Here van
my verwag. Ek weet mos hoe die Here van my verwag ek moet
my werk doen, teenoor my vrou, my man en my kinders optree.

Hoe nader ek aan die Here groei, hoe makliker word dit om
onderskeid te tref tussen goed en sleg, en goed en die heel
beste.

40
Sit Grense in plek in jou lewe

Gespreksvraag:

Lees weer Romeine 12:1-2. Wat moet in my lewe gebeur voordat ek werklik
kan leer hoe om onderskeid te tref tussen goed en sleg, en goed en die heel
beste? Waarom maak dit saak? _______________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Opsomming:
In vandag se studie het ons gekyk na grense. Elke keer wanneer
ek ja sê vir iets, sê ek nee vir iets anders. Die Here wil my help
om die beste te doen met my lewe. Om dit reg te kry, moet ek
grense in my lewe sit.

In Filippense 4:8 sien ons verskeie grense wat ons in ons lewens
kan inwerk om seker te maak ons kan onderskeid tref tussen wat
goed en reg en aanneemlik voor die Here is.

41
Neem beheer oor jou lewe

HUISWERK

Iets om te onthou
Die regte grense in jou lewe sal jou help om onderskeid te tref
tussen wat reg, goed en aanneemlik is vir die Here.

Vers om te onthou
“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg
is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig
is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees –
daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Fil 4:8)

Vraag om oor na te dink

In watter area van my lewe sien ek dat die grense nie in plek is
nie? Wat is die gevolg daarvan? Hoe kan ek dit regstel?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, dankie dat u Woord lewendig en kragtig is. Dankie dat
U deur die Heilige Gees vir my wil help om grense in my lewe
te sit wat my sal help om u wil vir my lewe te onderskei. Dankie
dat ek kan reken op u getrouheid. AMEN!

42
Sit Grense in plek in jou lewe

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

43

44
LEWE DOELGERIG VIR DIE TOEKOMS

“Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken
jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree.”
(Spr 4:25-26)

“God will meet you where you are in order to take you where He
wants you to go.” – Tony Evans

DEEL 5

DL Moody het gesê: “If God is your partner, make your plans
BIG!” In vandag se studie gaan ons ‘n bietjie die toekoms in
kyk. Ons het in ‘n vorige studie gesê: “Solank ek en jy nog asem
in ons longe het, het die Here ‘n plan vir ons lewe!”

Die Here het ‘n plan vir ons lewe. Die kans is goed dat die Here
daardie doel nie aan ons gaan openbaar deur ‘n engel nie, vir
die meeste mense ook nie deur ‘n droom nie.

As die Here dan ‘n plan het vir ons lewens, maar ons gaan dit
nie deur ‘n engel of ‘n droom ontvang nie, hoe gaan ons weet
wat daardie plan is? Dit is presies waarna ons in vandag se
studie kyk. Ons gaan in vandag se studie die Here se doel vir

45
Neem beheer oor jou lewe

ons lewens bespreek en ons gaan daarvoor beplan.

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek lewe doelgerig vir die toekoms

Tema teks: Spreuke 4:20-27

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
In hierdie gedeelte gee Salomo sy seun baie goeie raad. Hy
leer sy seun om doelbewus en doelgerig ‘n plan vir sy lewe uit
te werk en seker te maak hy weet waarheen hy op pad is. Kom
ons kyk van nader na die verse. Skryf die raad neer wat Salomo
vir sy seun gee in Spreuke 4:20-27:
Vers 20-21 ________________________________________
Vers 23 _________________________________________
Vers 24 _________________________________________
Vers 25 _________________________________________
Vers 26 _________________________________________
Vers 27 _________________________________________

Gespreksvraag:

Dink na oor hierdie verse. Wat is dit wat Salomo vir sy seun leer? Hoe kan
ons uit hierdie lesse baat vind? _________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Terwyl die Here ons nog tyd gegee het hier op aarde, moet ons
die beste maak van die geleentheid (Ef 5:16). Kom ons kyk hoe
ons ook doelgerig met ‘n plan kan leef vir die toekoms.
46
Lewe Doelgerig vir die Toekoms

Aanvaar die beste is nog op pad

Lees Jeremia 29:11-13
Dalk moet ons op hierdie stadium net “die beste is nog op
pad” definieer. Onthou, die beste weergawe van my lewe is die
weergawe waar ek na die wil van die Here soek in my lewe. Dit
behels dat ek deur Jesus Christus ‘n lewendige verhouding met
die Vader soek en koester. Dit behels ook dat ek gehoorsaam
sal wees aan die Woord en die leiding van die Heilige Gees.

Die beste vir my is dalk juis nie aardse rykdomme nie, dit is dalk
nie gesondheid nie. Dit mag dalk ‘n goeie porsie teëspoed
behels. Hoe moet ons dan aanvaar die beste is nog op pad?
Wel, dit is eenvoudig. My lewe is oorgegee aan die Here. Ek
lewe mos nou met die gesindheid dat die Here my lewe kan
gebruik in sy koninkryk soos wat Hy wil.

Indien dit my gesindheid is, dan lewe ek met die wete dat die
Here my lewe kan gebruik soos wat Hy goeddink.

Gespreksvraag:

Lees Romeine 12:1-2. Hoe kan my lewe volle betekenis hier op aarde kry?
Lees nou Openbaring 21:1-5. Hoe beskryf hierdie verse “die beste wat nog
op pad is”? ________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Grawe jou dieper in die Woord van die Here in

Lees Psalm 1:1-3
Indien ek die beste wil maak van hierdie lewe, dan moet ek
baie beslis my lewe se gebruikershandleiding byderhand hou.
Hierdie handleiding is my Bybel. Die Vader het deur die Heilige

47
Neem beheer oor jou lewe

Gees alles laat opskryf wat ek en jy nodig het om hierdie lewe

aan te pak en die beste te maak hiervan.

Die Bybel is nie net nog ‘n boek nie. Die Bybel is God se Woord.
Wanneer ek gehoorsaam is aan dit wat in die Bybel staan, is ek
gehoorsaam aan die Vader. Dit is wanneer ek gehoorsaam is
aan die Vader dat ek seën beleef. Dit is wanneer ek gehoorsaam
is aan die Vader dat my lewe goddelike vrug dra en dat ander
mense die voordeel kan trek uit my lewe.

Ek moet daarom doelgerig gehoorsaam aan die Woord lewe.

Gespreksvraag:

Lees Psalm 1:1 en 4. Hoe lyk die mense, wat gehoorsaam aan God is, se
lewens anders as dié wat dit nie doen nie? _________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Kry ‘n plan vir jou lewe

Lees Spreuke 4:24-27
Terug by Spreuke 4 waarmee ons begin het. Salomo gee sy
seun goeie raad. Hy sê hom aan om ‘n deeglik deurdenkte plan
vir sy lewe te maak.

Dit is so dat ons soms dink dat om planne te maak, dalk nie reg
is nie. Is ons nie net veronderstel om op die Here te vertrou nie?
Is planne nie ‘n teken van ongeloof nie? Nee, glad nie. Paulus
het planne gemaak. Hy het sy 1ste, 2de en 3de sendingreis
goed beplan.

Net so moet ons beplan in ons lewens. As ons nie beplan nie,

48
Lewe Doelgerig vir die Toekoms

hoe sal ons weet waarheen ons op pad is en hoe sal ons weet
waar ons wil uitkom? Hoe sal ons weet ons het uitgekom waar
ons moes uitkom?

Daarom moet ons saam met die Here ‘n plan hê vir ons lewens.
Ons moet dink oor die lewe en beplan.

Gespreksvraag:

Lees Spreuke 16:3. Wat sê hierdie vers moet ons doen met ons planne? Wat
sal die Here dan doen? Hoe werk dit? ____________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Lewe met roekelose waagmoed en gehoorsaamheid

Lees 2 Timoteus 1:7
Die Here het ons nie ‘n Gees gegee wat lafhartig is en die
heeltyd wil wegkruip vir die lewe nie. Die Here se Gees maak
dat ons braaf is en kan doen wat ons moet doen en waarvoor
die Here ons geroep het.

Die Here roep ons om anders te lyk as hierdie wêreld. Hierdie

wêreld leef net vir hierdie lewe. Óns lewe vir soveel meer. Die
Here Jesus se kruisdood het vir ons ‘n nuwe pad gebaan. Ons
sien nou uit na die ewige lewe saam met die Vader, Jesus, die
Gees, die engele en al die ander gelowiges.

Dit is die rede waarom ons met soveel waagmoed kan lewe.
Ons is nie bang om ons lewens te verloor nie. Ons kan daarom
hierdie lewe leef met roekelose waagmoed.

49
Neem beheer oor jou lewe

Gespreksvraag:

Lees Hebreërs 13:6 en Lukas 17:33. Wat leer ons uit hierdie verse? Hoe
beïnvloed dit die perspektief wat ek op die lewe het? ___________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________

Opsomming:
Elke gelowige behoort die tyd hier op aarde uit te koop. Ons
moet doelbewus lewe vir die toekoms. Dit behels dat ek ‘n diep
oortuiging het dat die beste nog op pad is. Ek lewe daarom
hier op aarde met ‘n plan, maar ek lewe vir baie meer as net
hierdie lewe – ek lewe met ‘n ewigheidsperspektief. Ek leef met
die oortuiging dat ek vir altyd en ewig saam met God gaan
wees. Dit gee my ‘n roekelose waagmoed om hier op aarde in
gehoorsaamheid aan God te leef.

50
Lewe Doelgerig vir die Toekoms

HUISWERK

Iets om te onthou
Omdat ons gered is, kan ons doelgerig lewe vir die toekoms.
Ons lewe vir baie meer as net hierdie wêreld, ons lewe met ‘n
ewigheidsperspektief.

Vers om te onthou
“Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Baken
jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. Moenie links of
regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.”
(Spr 4:25-27)

Vraag om oor na te dink

Is my lewe ingestel op ‘n hoër doel?
Lewe ek met ‘n ewigheidsperspektief?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, dankie dat U my roep om vir meer te lewe as net hierdie
lewe. Dankie dat U in my lewe werk om u wil en roeping uit
te leef. Help my om doelgerig vir die toekoms te lewe, nie
‘n toekoms hier op aarde nie, maar ‘n toekoms saam met U.
AMEN.

51

52
LEWE DOELBEWUS DAG VIR DAG

“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring
sy eie bekommernis.” (Matt 6:34)

“Relying on God has to start all over everyday, as if nothing has

yet been done.” – C. S. Lewis

DEEL 6

In die vorige studie het ons vir mekaar gesê dat ons doelgerig
vir die toekoms moet lewe. ‘n Lang lewe is aan niemand belowe
nie, maar as ons kyk na die mense om ons, dan lyk dit of baie
van ons ‘n langerige lewe sal hê. Om nie te beplan vir die
toekoms nie, sal verskriklike nagevolge hê vir my oudag.

Daarom beplan ons vir die toekoms en ons lewe doelgerig met
‘n plan vir die toekoms. Dieselfde is ook waar vir die ewige
lewe, want elkeen wat Jesus Christus aangeneem het (Joh
1:12), is ‘n kind van God die Vader en sal die ewige lewe as
erfenis ontvang. Terwyl ons daarom beplan vir ‘n moontlike lang
lewe op aarde, stel ons ook ons lewe doelgerig in op ‘n ewige
toekoms saam met die Vader.

53
Neem beheer oor jou lewe

In vandag se studie gaan dit klink of ons presies die

teenoorgestelde sê...

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek lewe doelbewus dag vir dag

Tema teks: Matteus 6:25-34

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
Ons moet hierdie gedeelte binne die konteks van die vorige
vers lees. In Matteus 6:24 maak Jesus dit duidelik dat ek nie
God en Mammon kan dien nie. Wat beteken dit? Mammon
(‫ )ןֹומָמ‬is bloot maar net die Hebreeuse woord vir geld, geld wat
op ‘n oneerbare manier verkry is. Dit is nie noodwendig op ‘n
oneerlike manier verkry nie, net op ‘n oneerbare manier.

Om geld op ‘n oneerbare manier te verkry, is nie onwettig nie,

dit is net nie mooi nie. Dit beteken geld word op ‘n manier by
iemand verkry deur afknouery, onetiese transaksies of dalk selfs
misleiding.

Waarom sou iemand geld op so ‘n manier wou verkry? Die

antwoord is gierigheid! Wanneer my vertroue meer op my geld
is en nie op die Here nie, dan moet ek slinkse maniere kry om
geld bymekaar te maak, want, sal ek by myself dink: “Ek moet
vir myself sorg!” Dit is presies waaroor hierdie gedeelte gaan.

Gierigheid en angs loop gewoonlik hand aan hand. Gierigheid

sê: “Ek wil meer en meer en meer hê – daarom soek ek nog!”
Angs sê: “Ek het te min en ek gaan in die moeilikheid beland
– daarom soek ek nog.” Dit is juis hier waar Jesus sê: “Pasop
vir Mammon! Jy kan nie God en Mammon tegelyk dien nie!”
So dan, hoe troef ek die risiko om agter Mammon aan te loop?
Jesus gee vir ons die antwoord, en die antwoord is – leer om
dag vir dag saam met die Here te leef. Hier is hoe ons dit doen.
54
Lewe Doelbewus Dag vir Dag

Kies doelbewus om vandag op die Here te vertrou

Lees Matteus 6:32 en 34
Om die heeltyd te loop en bekommerd te wees oor kos en
klere, is iets wat heidene doen. Waarom doen hulle dit? Want
hulle gode kan nie vir hulle sorg nie. Dit is waaroor hierdie hele
gedeelte gaan. Jesus sê ons Vader sorg vir die plante, die voëls
en al die diere. Hoeveel is ek en jy nie méér werd vir Hom nie?

Miskien moet ons die vraag vra: “Hoeveel is ons vir die Vader
werd?” In Johannes 3:16-17 kry ons die antwoord. God het sy
eie Seun nie gespaar nie, maar in ons plek laat sterf sodat ons
gered kan word.

Daarom kan ek op die Here vertrou. Daarom móét ek op die

Here vertrou. Wanneer ek my hart en my aandag op die Here
instel om Hom te vertrou met my daaglikse behoeftes, dan
gebeur daar ‘n paar dinge. Lees die volgende verse en skryf
neer wat ons hieruit leer:
Hebreërs 13:5 ____________________________________
1 Petrus 5:7 ____________________________________
1 Timoteus 6:8 ____________________________________
Filippense 4:4 ____________________________________
Filippense 4:6-7 ____________________________________

Gespreksvraag:

Dink weer oor die verse wat ons so pas gelees het. Hoe help die verse my om
dag vir dag my vertroue in die Here te stel? ________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

55
Neem beheer oor jou lewe

Kies doelbewus om met ‘n hoër roeping te lewe

Lees Matteus 6:33
Die oomblik wanneer ek en jy Jesus Christus aanneem, dan
word ons kinders van die Vader. Dit beteken ons staan nou
onder ‘n nuwe Koning en is deel van ‘n nuwe koninkryk. In
Jesus se gesprek met Pilatus maak Hy dit duidelik dat Jesus se
koninkryk nie van hierdie aarde is nie. So, op die beste is ons
vreemdelinge in hierdie wêreld en moet ons nie enige gunste
verwag nie.

Dit gesê, daar is nou nog ‘n faktor wat inspeel op ons lewens:
Ons lewe nou met ‘n heilige roeping. Ons is elkeen geroep om
vir die Here te leef. Daarom is my eerste belang nie kos of klere
nie, maar om God se koninkryk te help vestig op hierdie aarde.
Jesus sê dit tog duidelik: “Moenie bekommerd wees oor kos,
klere of waar jy gaan bly nie, die Vader het reeds onderneem om
vir jou te sorg! Stel jou fokus liewer in om die Here se koninkryk
te help vestig op aarde.” Dit is waarmee ons onsself elke dag
moet besig hou, nie met bekommernisse oor aardse dinge nie.

Gespreksvraag:

Lees Matteus 10:7 en Matteus 28:19-20. Wat is die opdrag wat Jesus vir sy
dissipels gee in hierdie vers? Hoe is dit van toepassing op ons? __________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Kies doelbewus om elke dag hard te werk

Lees Matteus 6:26 en 2 Tessalonisense 3:10
In Matteus 6:26 sê Jesus dat die voëls nie saai nie en nie oes
nie en ook nie in skure bymekaarmaak nie, want ons hemelse
Vader sorg vir hulle. Wat sê Jesus hier? Moet ons nou vir die

56
Lewe Doelbewus Dag vir Dag

plaasboere sê hulle moet ophou saai en oes en in skure

bymekaarmaak? Nee, beslis nie! As ons dit sou doen, sal ons
almal volgende seisoen van die honger sterf.

Wat Jesus sê, is dat die voëls nie bekommerd is oor die toekoms
nie. Hulle doen net wat hulle moet doen en lewe verder uit die
Here se voorsienende hand. Ons is nie voëls nie en ons moet
werk vir ons kos. Maar as ek opgestaan het, werk toe gegaan
het en my beste gegee het, dan weet ek die Here sal vir my
sorg. Ek moet in vertroue leef.

Die les hieruit vir ons is juis om hard te werk. Daar is niks
verkeerd daarmee om te beplan vir die toekoms nie. Ons mag
ook aansoek doen vir bevordering en geld wegsit. Maar ek
moet onthou, dit is die Here wat vir my voorsien. Ek hoef nooit
angstig te raak oor geld nie, en ek moet ook nooit gierig raak
vir meer geld nie.

Gespreksvraag:

Lees Psalm 37:1-5. Watter raad gee Dawid ons in hierdie gedeelte? Hoe is
dit van toepassing op die studie? _______________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Opsomming:
Dit bring nie eer aan die Here as my aandag die heeltyd
opgeneem word deur die toekoms nie, veral nie as dit my
aandag afhaal van my roeping in die Here Jesus nie.

Die uitdaging vir elkeen van ons is om ons nie te swaar te belas
met skuld en ander laste wat my heeltyd onder druk sit nie. Ek
moet liewer eenvoudig lewe. Dit sal maak dat ek elke dag my
brood kan eet vol vertroue, vreugde en vrede.
57
Neem beheer oor jou lewe

HUISWERK

Iets om te onthou
Lewe doelbewus elke dag in vertroue op die Here. Die Here
het onderneem om vir ons te sorg.

Vers om te onthou
“Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal
sorg.” (Ps 37:5)

Vraag om oor na te dink

Op watter manier probeer ek God en Mammon tegelykertyd
aanbid? Waarom is dit so? Hoe kan ek dit verander?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, ek bely dat my hart nie altyd aan U behoort nie en
dat ek my soms oorgee aan bekommernisse. Kom help my
om lig te lewe en om nie myself in ‘n posisie te sit waar ek in
versoeking sal kom nie, of om angstig te raak of gierig te raak
nie. Kom leer my om volkome op U te vertrou. AMEN!

58
Lewe Doelbewus Dag vir Dag

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

59

60
BELÊ IN KENNIS, WYSHEID EN INSIG

“Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die
kennis en die insig.” (Spr 2:6)

“The chief means for attaining wisdom and suitable gifts for the
ministry, are the Holy Scriptures and prayer.” – John Newton

DEEL 7

Kennis, wysheid en insig is iets wat ‘n mens opdoen oor tyd.

Daar is nie ‘n kortpad om kennis op te doen nie. Daar is nie ‘n
kortpad om wysheid en insig te kry nie. Dit is iets wat ‘n mens
oor ‘n leeftyd ontvang.

Om basiese kennis, wysheid en insig op te doen, is eenvoudig.

Wanneer ‘n mens jou skoolloopbaan klaarmaak, een of ander
tersiêre opvoeding ontvang of lank genoeg werk, het enige
mens die geleentheid om ‘n basiese vorm van wysheid, kennis
en insig op te tel.

Maar om werklike wysheid, kennis en insig op te doen wat

waarlik ‘n mens se lewe sal verryk, neem baie meer inspanning
as dit. Dit neem substansiële belegging van ‘n persoon om
dit te ontvang. Dit is waarna ons vandag kyk: Hoe kan ek as
61
Neem beheer oor jou lewe

gelowige belê in wysheid, kennis en insig?

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek belê in kennis, wysheid en insig

Tema teks: Spreuke 9:9-12

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
Wanneer ‘n mens deur Spreuke lees, dan kom jy gou agter dat
daar baie voordele in die lewe is vir iemand wat belê het in
wysheid, kennis en insig. Dit beïnvloed elke aspek van sy lewe.
Dit beïnvloed sy werk, besigheid, huwelik, opvoeding van sy
kinders, geldsake en nog ander aspekte.

In die Bybel is daar spesifiek twee boeke wat handel oor hierdie
onderwerp, naamlik Spreuke en Prediker. Elke gelowige behoort
beide hierdie boeke te bestudeer.

Wat vir hierdie studie belangrik is om te weet, is dat enige

gelowige, maak nie saak hoe jonk of oud, kan begin om te belê
in wysheid, kennis en insig. Hierdie belegging sal elke aspek
van jou lewe bevoordeel. Hier is hoe enige gelowige kan belê
in wysheid, kennis en insig...

Grawe jou diep in God se Woord in

Lees Spreuke 19:8
Salomo maak dit duidelik – die Woord van die Here is volmaak.
Dit gee lewe en dit gee wysheid. Dit is die beginpunt van om
wysheid, kennis en insig op te doen. Wêreldse wysheid, kennis
en insig gaan jou dalk help om sekere take goed uit te voer.
Maar die Outeur van die Woord is ook die Skepper van die
heelal. Die Skrywer van die Woord is die Een wat alle wysheid,
kennis en insig besit. Daarom moet ek my in sy Woord ingrawe,
want alles wat ek nodig het om te weet in die lewe, is op daardie
62
Belê in Kennis, Wysheid en Insig

bladsye geskryf.

Ons grawe ons in die Woord in om God beter te leer ken. Dit
is hier waar wysheid, kennis en insig begin. Lees die volgende
verse en skryf neer wat dit sê:
Spreuke 1:7 ____________________________________
Spreuke 2:6 ____________________________________
Spreuke 2:9 ____________________________________
Spreuke 9:10 ____________________________________
Spreuke 18:15 ____________________________________

Gespreksvraag:

Lees Psalm 111:10. Wat leer hierdie vers ons? Waarom is dit belangrik? ___
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Maak tyd om met jou Vader te praat

Lees Jakobus 1:5-8
Om die Woord te bestudeer, is nie ‘n akademiese aktiwiteit nie,
dit is ‘n geestelike aktiwiteit. Ek grawe my in die Woord van die
Here in om Hom beter te leer ken en om my lewe daarvolgens
aan te pas. Die uiteinde van om my lewe lank my lewe volgens
die Woord te rig, is om ‘n lewe te leef wat God tevrede stel en
om in ‘n diep verhouding met Hom staan.

Die tweede element is om gereeld tyd te maak vir gebed. Daar

is geweldige voordele om gereeld tyd te maak om te bid. Ek kan
daarom nie net die Woord bestudeer nie. Intense Bybelstudie
moet gepaard gaan met intense gebedstye.

63
Neem beheer oor jou lewe

Dit is wanneer ek bid, dat God se Woord lewendig word in my

hart. Dit is wanneer ek bid, dat God sy insig en wysheid vir my
gee en dit my lewe verander. Dit is wat Jakobus sê: Wanneer ek
in geloof na die Vader toe gaan en ek vra Hom vir wysheid, gee
Hy dit vir my.

Gespreksvraag:

Lees Matteus 7:7-12. Wat, lees ons in hierdie verse, gebeur wanneer ons
vra? Hoe is dit van toepassing op wysheid, kennis en insig? ____________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Omring jou met gelowige, wyse mense

Lees Spreuke 9:9 en 2 Timoteus 2:2
Salomo praat in Spreuke 9:9 eintlik maar van mentorskap. Almal
van ons moet ‘n mentor hê. Dit is ook waarvan Paulus praat in 2
Timoteus 2:2. Mentorskap is eintlik maar net ‘n moderne woord
vir dissipelskap.

Iewers moet ek met ander gelowiges tyd spandeer wat al verder

is op hierdie pad as ek. Dit is belangrik dat ek myself sal omring
met iemand wat saam met my kan bid, saam met my oor die
Woord kan dink en vrymoedigheid sal hê om my uit te daag
wanneer ek van die Woord afwyk.

Dit gaan egter verder. Soos wat ek myself omring met mense
wat al verder af is in die pad, wat my geestelik voor is, moet
ek my ook omring met jonger gelowiges. Ek moet ook weer in
hulle belê en vir hulle help deur om saam met hulle te bid en
saam met hulle die Woord te bespreek en uit te lê.

64
Belê in Kennis, Wysheid en Insig

Gespreksvraag:

Lees Spreuke 18:15 en Hebreërs 10:24-25. Wat lees ons in hierdie verse oor
die rol van ander mense in my groeiproses? Hoe kan ek dit nastreef en deel
maak van my lewe? _________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Opsomming:
Dit is hoe ons belê in wysheid, kennis en insig. Ek begin deur
om kwaliteit tyd te neem om God se Woord te bestudeer, ek
maak tyd om met Hom te praat en ek omring my met ander
gelowiges.

Wanneer ek dit volhou, sal ek oor tyd die vrugte sien. Dit is
egter nie net ek wat van daardie vrugte sal geniet nie, maar ook
my huweliksmaat, my kinders, my werkskollegas. Die uiteinde is
natuurlik dat mense in my en in jou lewe Jesus kan sien en ons
die geleentheid kan kry om mense by die kruis te kry.

65
Neem beheer oor jou lewe

HUISWERK

Iets om te onthou
Wysheid, kennis en insig begin by die dien van die Here. Dit
is wanneer ek die Here soek in sy Woord en in gebed en saam
met ander gelowiges tyd spandeer, dat hierdie kenmerke in my
lewe ontwikkel.

Vers om te onthou
“Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige
ken, het werklik insig.” (Spr 9:10)

Vraag om oor na te dink

Is ek besig om te belê in goddelike wysheid, kennis en insig?
Hoe kan ek my lewe beter inrig om nog meer van God se
wysheid, kennis en insig te ontvang?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, dankie dat U my vrye toegang gee tot u wysheid.
Dankie dat u Woord my leer, en wanneer ek dit ernstig
opneem, verander U my lewe deur die werking van u Gees.
Kom help my om hierdie wysheid, kennis en insig nie vir myself
te hou nie, maar dat ek ook sal belê in ander mense. AMEN!

66
Belê in Kennis, Wysheid en Insig

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

67

68
SPEEL JOU STERKPUNTE

“As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God

moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die
ander dien.” (1 Pet 4:10)

“Failing to focus on our strengths may prevent us from

accomplishing the unique tasks God has called us to do.”
– Max Lucado

DEEL 8

Wat ‘n vreemde opskrif. Dit is beslis ‘n opskrif wat ‘n mens

liewer sou verwag moes die tema van ‘n selfhelpboek op CNA
se rakke wees. Wel, hier is dit nou: Speel jou Sterkpunte!

Ons is almal anders gemaak. Nie een van ons lyk dieselfde
nie en nie een van ons is ewe goed in alles nie. Ons praat nou
nie net van geestelike gawes nie, ons praat sommer van alles.
Ons verskil in bykans elke aspek van die lewe. Ons verskil van
mekaar op ‘n intellektuele vlak, finansiële vermoë, talente en
persoonlikheid.

Hierdie verskille maak dat elkeen van ons uniek is. Dit is dan
waaroor vandag se studie gaan. Die Here het jou uniek gemaak
69
Neem beheer oor jou lewe

en jy moet jou sterkpunte speel.

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek speel my sterkpunte

Tema teks: Romeine 12:3-8

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
Paulus begin hierdie gedeelte deur om duidelik te maak dat
ek nie meer van myself moet dink as wat ek behoort nie. Dit
is belangrik om te weet. Al my vermoëns, gawes en talente is
net genade. Bo dit alles is die heel belangrikste dat ek Jesus
Christus moet ken as Verlosser om gered te wees. Dit is die
grootste genade van alles.

Niemand van ons het werklik enigiets om op trots te wees nie.

Paulus maak dit baie duidelik in Galasiërs 6:4 dat ons nooit
onsself met ander moet vergelyk nie. Daar kan niks goeds
daaruit kom nie. Wanneer ek myself met ander vergelyk, gaan
dit net een van twee dinge in my lewe opwek: Trots – want ek
dink ek is beter as ander, of Minderwaardigheid – want ek dink
ek is nie so goed soos ander nie. Moenie jouself vergelyk met
ander nie – NOOIT NIE!

Dit is veel belangriker dat ek moet weet wie ek in Jesus is, wat
Jesus van my verwag en dit doen. Dit is waarom vandag se
tema is: Speel jou sterkpunte. Hoe doen ons dit?

Identifiseer jou sterkpunte

Lees 1 Korintiërs 12:1
Alhoewel 1 Korintiërs 12 en 14 van toepassing is op geestelike
gawes, gaan ons dit vandag bespreek in die wyer konteks van
die totale wese wat God ons gemaak het.

70
Speel jou Sterkpunte

Wanneer Jesus ons red, dan plaas God die Heilige Gees in ons
en dan kry ons geestelike gawes. Maar dit is nie al wat gered
word nie. Ons hele wese word as te ware “gered”, want met
ons hele wese begin ons God nou dien.

Wanneer ons praat van “ons hele wese”, dan praat ons van ons
SHAPE. Jou SHAPE is wie jy is...
Spiritual Gifts: Die unieke gawes wat die Heilige Gees vir
jou gee om in diens van God te gebruik.
Heart: Jou passie. Die dinge wat jou opgewonde
maak in die lewe.
Abilities: Die vermoëns wat jy oor die jare aangeleer
het.
Personality: Jou persoonlikheid. Is jy ‘n introvert, ‘n
ekstrovert, taak- of mensgeoriënteerd?
Experiences: Die pad wat jy tot hier gestap het. Al die
gebeure in jou lewe, goed of sleg.
Hierdie is 5 fasette van wie jy is. Elkeen van ons het dalk
raakpunte, maar in die groter prentjie verskil ons radikaal. Dit
is juis die kombinasie van wie ek is, wat die Here wil gebruik.
Ek moet verstaan wie ek is en dat hierdie hele pakkie aan Jesus
behoort. Dit is eers dan wat ek ten volle in oorgawe aan die
Here kan leef en gaan weet hoe om my sterkpunte te speel.

Gespreksvraag:

Lees Hebreërs 13:21. Dink oor die SHAPE wat ons hierbo bespreek het. Hoe
het die Here jou uniek toegerus om vir Hom te werk? Wat sou jy dink is jou
unieke sterkpunte? __________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

71
Neem beheer oor jou lewe

Gebruik dit wat die Here vir jou gegee het

Lees 2 Timoteus 2:20-21
In ‘n groot huis is daar baie voorwerpe – dink nou vir n oomblik
aan jou eie huis. Elke ding het ‘n vaste plek en ‘n spesifieke
funksie. Wanneer ons op hierdie manier kyk na ons SHAPE, dan
is daar baie verskillende voorwerpe ook in my lewe. Elke ding
kan aangewend word vir die koninkryk van God.

My taak is om dit te gebruik wat die Here vir my gegee het. Dit
gaan op verskillende plekke verskillend lyk. Dink ‘n bietjie mooi
oor wie jy is en waar jou SHAPE ‘n verskil kan maak. Hoe kan jy
elke element gebruik? Skryf dit neer...
S: _________________________________________________
H: _________________________________________________
A: _________________________________________________
P: _________________________________________________
E: _________________________________________________

Gespreksvraag:

Lees Romeine 6:13. Hoe is hierdie vers van toepassing op my SHAPE? Hoe
sal dit my help om my sterkpunte te gebruik in God se koninkryk? ________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Ontwikkel dit wat die Here vir jou gegee het

Lees Matteus 25:14-30
Wat belangrik is om te verstaan uit hierdie gedeelte, is dat die
goue muntstukke in hierdie gedeelte verteenwoordigend is van
al die bronne wat die Here vir ons gegee het. Dit gaan oor my
72
Speel jou Sterkpunte

gesondheid, geld, tyd, geleenthede asook my verhoudings.

Verder moet ons ook duidelik verstaan dat hierdie “muntstukke”

gebruik moet word vir die uitbreiding van die koninkryk. Dit was
nie aan die slawe gegee vir selfverryking nie. Die muntstukke
en die wins daarop het steeds aan die einde aan die eienaar
behoort.

Hierdie verhaal impliseer dat die Here ons toevertrou

het met ‘n sekere hoeveelheid bronne, maar dat ons die
verantwoordelikheid het om dit te ontwikkel. Wanneer die
Here eendag terugkom, dan moet elkeen verantwoording
doen teenoor die Here vir wat hy gekry het en wat hy daarmee
gedoen het.

Uit die gedeelte is dit duidelik dat ons dit wat die Here aan
ons toevertrou het, moet ontwikkel en moet aanwend in sy
koninkryk.

Gespreksvraag:

Dink ‘n bietjie na oor vandag se studie. Hoe kan ek verantwoordelikheid

aanvaar vir die bronne wat die Here vir my gegee het? Hoe behoort ek dit te
ontwikkel? ________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Opsomming:
Die Here het elkeen van ons uniek gemaak. Elkeen van ons se
SHAPE lyk anders. Ons het dalk raakpunte met ander mense,
maar dit is daardie unieke kombinasie van wie ek is, wat maak
dat net ek kan wees wie ek is. Daarom is dit so belangrik om my
nie met ander te vergelyk nie, maar net die sterkpunte wat die
Here vir my gegee het, te identifiseer, gebruik en ontwikkel.
73
Neem beheer oor jou lewe

HUISWERK

Iets om te onthou
Dit is my verantwoordelikheid om my sterkpunte te identifiseer,
te gebruik en te ontwikkel.

Vers om te onthou
“...stel julle in diens van God as mense wat dood was maar
lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens
van God as werktuig om te doen wat God wil.” (Rom 6:13b)

Vraag om oor na te dink

Op watter maniere is my lewe uniek? Hoe wil die Here hê moet
ek my sterkpunte in sy koninkryk aanwend?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, dankie dat U my gemaak het wie ek is. Help my om
myself nooit met ander mense te vergelyk nie. Help my om
te ontdek wie ek in Christus is en om daardie uniekheid en
sterkpunte aan te wend in u koninkryk. AMEN!

74
Speel jou Sterkpunte

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

75

76
BELÊ IN ANDER

“Hierdie dinge moet jy aan die mense leer en dit by hulle

inskerp.” (1 Tim 6:2c)

“An investment that always provides a positive return is

investing in the lives of people for the glory of Christ.”
– Steve Andrews

DEEL 9

In 1 Korintiërs 11:1 sê Paulus: “Volg my voorbeeld, soos ek

die voorbeeld van Christus volg.” Paulus sê hier: “Volg in my
voetspore. Volg in my voetspore, want my voetspore kom by
Jesus uit.” Hierdie is ‘n groot en belangrike stelling om te maak.

Elkeen behoort die vraag oor sy eie lewe te vra: Waar kom
mense uit as hulle my voetspore volg? Kom mense by Jesus uit?
Kom hulle by die kruis uit? Kan ek ook vir mense sê: “Volg my,
want ek volg Jesus”?

In vandag se studie kyk ons na die onderwerp om ‘n nalatenskap

te los – die tipe lewe te leef wat ander mense kan help om self
hulle volle potensiaal in Jesus te bereik; om voetspore te los
wat by Jesus uitkom.

77
Neem beheer oor jou lewe

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek belê in ander

Tema teks: Matteus 28:19-20

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
In hierdie gedeelte lees ons Matteus se weergawe van die laaste
gebeure voordat Jesus opgevaar het hemel toe. Enigiemand se
laaste woorde is belangrike woorde. In hierdie paar verse stuur
Jesus sy dissipels die wêreld in om die mense sy dissipels te
maak.

In hierdie studie gaan ons uitgedaag word om nie hierdie lewe

vir onsself te leef nie, maar om te belê in ander. Dit is my en jou
verantwoordelikheid om te belê in die mense om ons en om te
belê in die volgende generasie. Hier is hoe ons belê in ander
mense...

Bid vir alle mense

Lees 1 Tessalonisense 5:17
Die een area waar gelowiges hulle krag onderskat, is in die area
van gebed. As gelowiges geweet het hoeveel krag daar in hulle
gebede is, sou daar baie meer gebid gewees het.

Regdeur die Nuwe Testament is daar ‘n sterk fokus op gebed,

en daardie fokus is veral met betrekking tot ander mense. Ons
besef dit nie, maar om vir mense te bid, het ‘n impak op hulle
en op my lewe. Die Here wil hê ons moet vir mense bid. Dit is ‘n
kragtige manier om in mense se lewens te belê.

Lees die volgende verse en skryf elke keer neer vir wie gebid
moet word:
Efesiërs 6:18 ____________________________________
Jakobus 5:16 ____________________________________
78
Belê in Ander

Hebreërs 13:18 ____________________________________

2 Korintiërs 13:9 ____________________________________
Matteus 9:38 ____________________________________
1 Timoteus 2:1-2 ____________________________________

Gespreksvraag:

Lees Jakobus 5:16-17. Wat lees ons oor gebed in hierdie verse? Hoe raak
dit ons gebedslewe na aanleiding van vandag se studie? _______________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Reik uit na die verlorenes

Lees 2 Timoteus 4:2
Jesus se opdrag aan sy dissipels was in essensie om uit te reik na
verlore mense. Dit is maklik om uit te reik na my vrou, my man,
my kinders en die mense wat eenders is as ek. Natuurlik moet
ek ook in hulle lewens belê, maar daar moet ‘n daadwerklike
ingesteldheid by my wees om uit te reik na mense wat Jesus nie
ken nie.

Die vraag is: As ek en jy nie uitreik na verlore mense nie, wie

gaan dit doen? Verlore mense is nie net mense in die Midde
Ooste, in China en in Rusland nie. Dit is mense reg om ons. Dit
is ‘n familielid, dit is ‘n buurman en dit is ‘n kollega by die werk.

Die Here roep my om vir meer te lewe as vir myself. Elkeen van
ons is geroep om uit te reik na mense wat Jesus nie ken nie
en wat verlore sal wees as hulle nou sterf. Daar moet dus ‘n
dringendheid wees in ons harte om in hulle te belê.

79
Neem beheer oor jou lewe

Gespreksvraag:

Lees Lukas 15:7. Wat, lees ons, gebeur in die hemel wanneer iemand tot
bekering kom? Hoe behoort dit my gesindheid te raak teenoor mense wat
Jesus nie ken nie? __________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Wees diensbaar teenoor almal wat jy teëkom

Lees Galasiërs 5:13
Een van die sterk onderliggende eienskappe van ‘n gelowige
is sy diensbaarheid. Om diensbaar te wees, is om meer soos
Jesus te wees. Dink mooi oor Jesus se lewe. Jesus het aarde toe
gekom om as ‘n gewone mens te leef. Jesus het mense gesond
gemaak en selfs aan mense met melaatsheid geraak. Jesus het
verder met tollenaars en ander slegte mense tyd spandeer.
Jesus het sy dissipels se voete gewas. Na dit alles het Hy vir alle
sondaars in hulle plek aan die kruis gesterf.

Om meer te word soos Jesus, beteken ek moet ook myself

diensbaar maak. Jesus wil die wêreld bedien deur my en jou.
Dink ‘n bietjie mooi hieroor na en skryf dan ‘n paar praktiese
maniere hoe ek vir mense diensbaar kan wees:
1. _________________________________________
2. _________________________________________
3. _________________________________________
4. _________________________________________
5. _________________________________________

80
Belê in Ander

Gespreksvraag:

Lees Filippense 2:3-4. Waaroor gaan hierdie gedeelte? Hoe raak dit my
diensbaarheid teenoor ander as ek dit uitvoer? ______________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Lei die volgende generasie op

Lees Matteus 28:19-20
Wanneer ons die taak van dissipelskap ernstig opneem, dan
beteken dit per definisie dat ons gaan belê in die volgende
generasie. Dit is belangrik om te besef dat dit iemand se
verantwoordelikheid is om ons jongmense op te lei en te leer
van die Here.

Soos ons in die begin gesê het – Paulus sê: “Volg in my

voetspore soos ek in Jesus se voetspore volg.” Wanneer iemand
in my voetspore volg, dan moet hulle by die kruis uitkom. Nou
moet ons die volgende generasie hierdie waarhede leer dat
hulle ook verstaan daar is ander wat weer in húlle voetspore
volg, en hulle moet daarom seker maak die wat hulle volg, kom
by die kruis uit.

Gespreksvraag:

Lees Spreuke 22:6. Hoe skakel hierdie vers in by 1 Korintiërs 11:1?

Waarom is dit belangrik om in die volgende generasie te belê? __________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

81
Neem beheer oor jou lewe

Opsomming:
Ons het ‘n verantwoordelikheid om te belê in ander. Iemand het
iewers langs die pad vir ons vertel van Jesus. Iemand het iewers
moeite gedoen om ons die Bybel te leer, ons hand geneem en
ons gehelp op die pad van geestelike groei.

Nou is dit ons beurt om te belê in ander mense en in die

volgende generasie. Dit is ons werk om nie net voetspore te los
wat by Jesus uitkom nie, maar ook ander te leer om dieselfde
te doen

Notas:

82
Belê in Ander

HUISWERK

Iets om te onthou
Ons word geroep om te belê in ander en in die volgende
generasie. Ons moet voetspore los wat na die kruis toe lei,
maar ook ander leer om dieselfde te doen.

Vers om te onthou
“Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy
toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om
dit ook aan ander te leer.” (2 Tim 2:2)

Vraag om oor na te dink

Hoe kan ek my lewe beter instel om betrokke te wees in ander
se lewens? Hoe kan ek beter belê in ander se lewens?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, dankie dat U oor die jare heen baie mense oor my
pad gestuur het om in my lewe te belê. Dankie vir mense
wat omgegee het, wat met baie geduld seggenskap oor my
lewe gehad het. Help my om te besef dat U my ook roep om
dieselfde te doen en weer in ander mense se lewens te belê.
AMEN!

83
Neem beheer oor jou lewe

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

84
LEWE LIG EN VOETE PLAT OP DIE AARDE

“Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle

verhoog.” (Jak 4:10)

“For the Christian, humility is absolutely indispensable. Without

it there can be no self-knowledge, no repentance, no faith and
no salvation.” – Aiden Wilson Tozer

DEEL 10

Die hele westerse samelewing en kultuur het die idee aan ons
verkoop dat die een wat die meeste besittings en geld het,
die gelukkigste is. Maar wanneer ons kyk na al die emosionele
ellende, dan kom ons eintlik agter dat die strewe na meer
rykdom eintlik dit wat werklik belangrik is, in die slag laat bly
het.

Mense se huwelike en gesinne verkrummel omdat mense

hul siele verkoop om aardse rykdom te verkry. Dit is waar die
gesegde vandaan kom: “The trouble with being in the rat race
is that even if you win, you’re still a rat.” Wat help dit ek kom
aan die einde van my lewe en ek het toe die meeste speelgoed
gekry wat my hart begeer het, maar my verhoudings lê soos
wrakstukke langs my lewenspad?
85
Neem beheer oor jou lewe

Hoe neem ek beheer oor my lewe?

Ek lewe lig en met my voete plat op die aarde

Tema teks: 1 Timoteus 6:17-19

Leier: Moedig deelname aan deur om almal in die groep ‘n
kans te gee om leeswerk te doen.
Paulus gee Timoteus die opdrag om die ryk mense te waarsku,
hulle moenie hulle vertroue in hul aardse rykdom sit nie. Hulle
vertroue moet liewer in die Here wees.

Is dit ‘n probleem om ryk te wees? Nee, glad nie. Paulus sê dit

ook. Die Here het vir die ryk mense die rykdom gegee om alles
ryklik te geniet. Natuurlik is dit ‘n heel ander probleem om ryk
te wil wees en jou siel te verkoop om rykdom te verkry. Paulus
waarsku ernstig hierteen in 1 Timoteus 6:9-10. Geldgierigheid
is ‘n diep gat en die mense wat daarin val, ly baie skade.

Om ryk te wees, is nie ‘n vloek nie, net soos om arm te wees nie
‘n vloek is nie. Die groot uitdaging is om in jou omstandighede
die Here te dien en lig te lewe met voete plat op die aarde. Hier
is hoe ons dit doen...

Wees tevrede
Lees Hebreërs 13:5
Die Here wil hê ek moet in tevredenheid en dankbaarheid lewe.
My oë moenie die heeltyd dwaal en kyk na wat ek nie het nie.
My fokus moenie wees op wat ek het en wat ek nie het nie,
maar liewer op wie ek is in Christus. Wanneer my oë op die kruis
gerig is, dan vul dit my hart met dankbaarheid omdat ek weet
die Here het my gered. Wanneer my hart so met dankbaarheid
gevul is, dan kom tevredenheid onwillekeurig. Hoe kan ek met
ontevredenheid lewe as ek weet waaruit die Here my gaan red
het.

86
Lewe lig en voete plat op die aarde

Die Here roep my om lig en met voete plat op die aarde te

lewe. Vir my om dit reg te kry, moet ek lewe met dankbaarheid
en tevredenheid.

Gespreksvraag:

Lees 1 Timoteus 6:6-8. Wat leer ons uit hierdie verse? Hoe help dit my om
met dankbaarheid en tevredenheid te lewe? ________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Wees nederig
Lees Lukas 14:11
C.S. Lewis se aanhaling oor nederigheid stel dit baie goed:
“Humility is not thinking less of yourself, it’s thinking of yourself
less.” Nederigheid is nie om min van jouself te dink nie.
Natuurlik was ek ‘n niks toe Jesus my kom red het, maar nou
is ek ‘n kind van God, ek is gered, geliefd en gekoester. Ek is
beslis nie ‘n niks nie.

Nederigheid behels iets anders. My denke word nie meer

geabsorbeer deur myself nie. Ek het nie meer die behoefte om
die heeltyd aan myself en oor myself te dink nie.

Nederigheid is ‘n belangrike sleutel om lig en met voete plat op

die aarde te lewe.

87
Neem beheer oor jou lewe

Gespreksvraag:

Lees Matteus 11:29. Wat leer ons oor Jesus in hierdie vers? Hoe stel dit vir
ons ‘n voorbeeld? ___________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Wees vrygewig
Lees 1 Timoteus 6:17-18
Paulus dring aan dat die ryk mense vrygewig moet wees. Die
ryk mense moet vrygewig wees in 2 basiese areas: Eerstens
teenoor die koninkryk. Iemand moes Paulus se sendingreise
betaal. Iemand moes die sendelinge en predikante se kostes
dra. Tweedens teenoor die arm mense. Dit is nie reg dat iemand
in die gemeente in weelde leef terwyl daar ander mense in die
gemeente is wat honger gaan slaap nie.

Die Here verwag van die ryk mense om nie vas te klou aan hulle
rykdomme nie. Hulle mag dit geniet, maar hulle moet vrygewig
wees. Dit word egter nie net van die ryk mense verwag
nie, maar van almal wat iets het om te gee. Dit is elkeen se
verantwoordelikheid om te gee.

Dit is wanneer ek weggee dat ek my vlees dwing om lig te lewe

en om my voete plat op die aarde te hou.

88
Lewe lig en voete plat op die aarde

Gespreksvraag:

Lees 1 Timoteus 6:19. Wat lees ons van die ware skatte wat ons moet
bymekaarmaak? Hoe sluit dit aan by Matteus 6:20-21? _________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________

Vergewe vinnig
Lees Efesiërs 4:32
Een van die eienskappe van ‘n gelowige is dat ons deurweek
is met die liefde van Christus. In 1 Korintiërs 13 lees ons alles
wat liefde is en wat dit nie is nie. In vers 5 lees ons: “...die liefde
hou nie boek van die kwaad nie...”

In die Onse Vader leer Jesus ons ook om so te bid: “Vergeef

ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teenoor ons
oortree” (Matt 6:12). Jesus gaan nog verder aan die einde van
die gebed om te sê: “As ons nie ander vergewe nie, sal ons
Vader ons nie vergewe nie, maar as ons ander vergewe, sal ons
Vader ons vergewe!”

Dit is duidelik dat die Vader van ons verwag om ander te

vergewe soos Hy ons vergewe het en soos wat ons wil hê
ons Vader ons moet vergewe. Hierdie is baie belangrik, want
onvergewensgesindheid is gif vir ons siel. Iemand het eendag
gesê, om onvergifnis in jou rond te dra, is soos om gif te drink
en te hoop die ander persoon gaan dood.

Wanneer ek mense vinnig vergewe, al verdien hulle dit nie, help

dit my om lig te lewe met voete plat op die aarde.

89
Neem beheer oor jou lewe

Gespreksvraag:

Lees Romeine 4:7-8. Wat leer ons oor vergifnis in hierdie verse? Hoe help dit
ons om ander vinnig te vergewe? ___________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________

Opsomming:
In vandag se studie het ons gekyk na om lig te lewe met voete
plat op die aarde. Dit is belangrik dat ons baie meer oop is en
beskikbaar is vir die werking van die Heilige Gees.

Dit is baie makliker om in oorgawe aan die Here te lewe wanneer

ek nie so verknog aan hierdie lewe leef nie, wanneer ek weet ek
is net tydelik hier op aarde. Dit is waarom dit belangrik is om
tevrede, nederig, vrygewig en vergewensgesind te wees.

90
Lewe lig en voete plat op die aarde

HUISWERK

Iets om te onthou
Die Here roep ons om nie so verknog aan hierdie lewe te leef
nie. Daarom moet ons lig en met voete plat op die aarde leef.

Vers om te onthou
“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om
mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet
van God uit.” (Rom 13:8)

Vraag om oor na te dink

Op watter manier lewe ek nog verknog aan hierdie wêreld?
Waarom? Hoe kan ek ligter en met voete plat op die
aarde leef?

Hoe maak ek vandag se studie prakties in my eie lewe?

________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________
________________________________________________________

Gebed om te bid
Vader, dankie dat U vir my alles gegee het om van te lewe in
hierdie lewe. Ek kan op U vertrou en in totale oorgawe aan U
lewe. Kom leer my wat dit beteken en hoe ek dit moet doen.
Help my om U te eer in elke aspek van my lewe. AMEN!

91
Neem beheer oor jou lewe

Gebedsjoernaal

Gebedsversoek Terugvoer

10

92
SLOTWOORD
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar
laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal
julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom
goed en aanneemlik en volmaak is.” (Rom 12:2)

Ons het nou aan die einde van hierdie 10-weke studie gekom.
Wat ‘n opwindende reis was dit nie? Ek is seker jy het baie
nuwe uitdagings ervaar en nuwe begrippe gevorm tydens
die besprekingspunte in groepsverband, of daar waar jy dit
selfstanding op jou eie deurgewerk het.

Nou is die groot vraag: Wat maak ‘n mens met die nuwe insig
en kennis? Die tema wat deurgaans die studie aanmekaarweef,
is dat ons in oorgawe aan God moet lewe. Ons moet, soos in
die Inleiding genoem, die beheer aan Hom oorgee.

Een van die grootste uitdagings is om ons oordeelsvermoë

ondergeskik te maak aan God sodat ons die plan wat Hy vir ons
het, kan uitleef. Selfs Christus het aan sy Vader oorgegee en
dikwels verklaar dat Hy die wil van sy Vader uitleef (Ef 1:4-14).

Die onderskeie onderwerpe wat hanteer is, is goeie boustene

wat sin maak wanneer ons daagliks meer en meer van wie en
wat ons is, aan God oorgee. Dit is veral in hoofstuk 10 waar ds.
Johan verwys na nederigheid en tevredenheid. Hoe meer ons
in dankbaarheid voor God lewe, hoe meer word ons in staat
gestel om onder sy beheer te staan.

“Humility is not thinking less of yourself, it’s thinking of

yourself less.” - C.S. Lewis

Ds. Chris Heunis

93

94
ANDER BYBELSTUDIES

5 Solas - 5 Ankers
Daar is vyf ononderhandelbares vir ons
geloof wat gedurende die Protestante
Reformasie gedefinieer is. In hierdie
reeks bestudeer ons die 5 Ankers en ons
maak seker dat ons geloof hierin geanker
en gewortel is.

Genesis
Die Ou Testament en Genesis is nét so
van toepassing vandag. In hierdie studie
kyk ons na Genesis deur die bril van die
Nuwe Testament en bied ‘n verfrissende
perspektief op die belangrikheid van
Genesis in ons geloof.

Volg My
Dissipelskap is elkeen van ons se ware
roeping. Hierdie studie volg die dissipels
van waar hulle geroep is tot waar hulle
uitgestuur is. Dit bied ‘n uitdaging aan
ons as Christene om onsself af te vra:
“Volg ons Jesus werklik?”

95
Karakter van God
‘n Studie van God se karaktereienskappe.
Deur na God se karaktereienskappe te
kyk, leer ons God beter ken en verstaan
ons beter wat God van ons verwag.

Dis Oorlog
‘n Verfrissende studie oor die Christen
se Wapenrusting. Wanneer dit kom by
Geestelike Oorlogvoering is daar baie
wanopvattings daar buite. Hierdie studie
bied ‘n eenvoudige, Bybelse benadering
tot hierdie onderwerp.

Kindskap
Wat beteken dit om ‘n kind van God te
wees? Hierdie studie kyk na hoe ons ons
identiteit in Christus vind en ons kindskap
aanvaar.

96
Jabes
Hierdie studie bied ‘n nuwe blik op Jabes
se gebed waar dit weg beweeg van
voorspoedteologie. Jabes se gebed word
besigtig vanuit ‘n Nuwe Testamentiese
perspektief. Ons kyk na die belangrikheid
van gebed en ‘n goeie verhouding met
die Vader.

Waardes
Waardes definieer ons lewens en is soos
‘n kompas wat ons op die regte pad hou.
In hierdie studie kyk ons na die waardes
wat ons op die pad van die Woord hou
en hoekom waardes belangrik is in ons
lewens.

Waarde van die Woord

Sekularisme het ons lewensbenadering
baie kom verander. Ook die hoofstroom
kerk het ongelukkig nou ‘n meer liberale
teologiese aanslag. Hierdie studie daag
ons uit om die Bybel weer as die Woord
van God te ag en daarvolgens te lewe.

97
Vir Botter of vir Wors
Die huwelik is bedoel om “For Better or for
Worse” te wees. In hierdie studie kyk ons na
relevante onderwerpe waarmee getroude
paartjies gekonfronteer kan word. Doen
hierdie studie as ‘n voorhuwelikse of
huweliksverrykingskursus.

Internet vir Christene

Hierdie reeks bied aan die Christen
Bybelse filters vir hoe om die internet,
sosiale media en selfoonkommunikasie
tot eer van God te gebruik. Dit help die
Christen om seker te maak dat hy/sy ‘n
goeie “aanlyn-getuienis“ uitleef.

Radikaal
Om ‘n dissipel van die Here Jesus te wees,
is radikaal - dit is anders as die wêreld.
Hierdie reeks kyk na die verskillende
fasette van ons geloof en daag ons uit
om ‘n radikale lewe in Christus te leef.

98
Kruiswoorde
‘n Sterwende persoon se laaste woorde
is gewoonlik baie belangrik en dit is dié
woorde wat ons onthou. Hierdie studie
gee vir ons die dieper betekenis agter
Jesus se laaste woorde aan die kruis wat
vir ons van groot waarde is.

7 Tipes Gelowiges
Hierdie studie kyk na die 7 gemeentes
in Openbaring 1-4 aan wie daar geskryf
word. Ons kyk na wat in elke gemeente
gebeur het en wat ons daaruit kan leer.

Die Vrae Wat Mense Vra

Ons het ons gemeente gevra watter vrae
hulle het rondom geloofsake. In hierdie
reeks kyk ons na die top vrae wat gevra
is en antwoord dit deur te kyk na wat
die Bybel leer en wat ons as Christene
behoort te weet omtrent elke onderwerp.

99
Identiteit
Wanneer ek ‘n Kind van God word, kry ek
‘n nuwe identiteit - Christus se identiteit.
Ons leer met behulp van hierdie
Bybelstudie wat die Woord sê wat hierdie
identiteit is, en hoe ons dit moet uitleef.

Kenmerke
Wanneer ek as gelowige in Christus
geestelik volwasse is, is daar spesifieke
kenmerke wat sigbaar word in my lewe.
Dit is kenmerke wat my al meer soos
Jesus laat lyk en dit bring groot eer aan
God.

RE:BOOT
Soos 'n rekenaar of selfoon soms "reboot"
moet word om optimaal te funksioneer, so
het ons lewens ook van tyd tot tyd uiters
noodsaaklike "rebooting" nodig. Ons
kyk in hierdie studie na verskeie areas in
ons lewe wat gereeld aandag nodig het
sodat ons kan leef volgens God se wil.

100
Geseënde Lewe
As kinders van die Here wil ons graag
hê dat God ons moet seën, maar dit is
aan sekere kriteria verbonde. Hierdie
Bybelstudie leer ons hoe ‘n lewe lyk wat
deur God geseën word.

Vrug van die Gees

Die Vrug van die Gees is die maatstaf
vir ons Geestelike Volwassenheid. Hoe
meer ons die Heilige Gees toelaat om
in en deur ons te werk, hoe meer word
ons soos Jesus. In hierdie studie kyk ons
deeglik na elke vrug wat die Heilige Gees
in ons voortbring.

Bybelse Idiome
Wat het idiome met die Bybel te doen?
Heelwat van ons bekende Afrikaanse
idiome het hul ontstaan in die Bybel en
in hierdie studie word die oorspronklike,
Bybelse betekenis van die idiome, wat
grootliks verdwyn het, weer opgedelf.

101
Stiltetyd
Die gelowige se stiltetyd bestaan nie net
uit Bybellees en bid nie. Daar is méér
elemente betrokke - soos in hierdie studie
bespreek word. Stiltetyd is absoluut
essensieel in my verhoudingbou met die
Vader en gee vir my geestelike slaankrag.
Jesus stel juis vir my die volmaakte
voorbeeld hiervan in Sy Woord.

Ononderhandelbares
In die Christelike geloof is daar ‘n
hele paar leerstellings wat glad nie
onderhandelbaar is nie. Dit is die pilare
waarop ons geloof gebou is en dit word
duidelik in die Woord van God vir ons
uitgestip. Hierdie is ‘n moét-studie vir
elke kind van God.

Naamlose Helde
Ons lees op verskeie plekke in die Bybel
van mense wat op ‘n besondere manier ‘n
impak op die Koninkryk van God gehad
het, maar ons weet nie wie hulle regtig
was nie. In hierdie studie leer ons hulle
bietjie beter ken en hoe ons ook deel van
hierdie naamlose heldekring kan wees.

102
Koninkrykskatte
As kinders van die Here is dit uiters
noodsaaklik dat ons die Woord van die
Here moet ken. Dit doen ons deur onder
andere Bybelverse uit die hoof te leer ken.
In hierdie studie word 10 Koninkrykskatte
Bybelverse vir ons gegee en ons kyk wat
ons uit elkeen kan leer.

103

104

You might also like