You are on page 1of 8

GRAAD 9

AFRIKAANS HUISTAAL
TAAK 4
Maart 2020
Leesbegrip en opsomming.

NAAM:..........................................................................Punte:........../50
TYD: 1 uur

EKSAMINATOR: S.L.Gouws

MODERATOR: Mev. L. Barnett


Datum:............................

AFDELING A

1
LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die onderstaande deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg.
Teks 1

‘Spring clean’ jou lewe!


Lente is mos tradisioneel skoonmaaktyd, maar dalk kort jou lewe nes jou huis
‘n vinnige regruk! Spring clean jou lewe met ons wenke.
Saamgestel deur Zerelda Esterhuizen.
1 Begin by jou menswees, jouself. Wat is daar in jou daaglikse lewe wat jy kan
opruim? Evalueer jou verhoudings en raak ontslae van toksiese (giftige)
verhoudings en vriende. Fokus op jou vriendskappe, maak jou vriende jou
gelukkig en is hulle goed vir jou menswees? Gee aandag aan jouself, doen
dinge wat vir jou lekker is. Neem ‘n warm skuimbad, lees ‘n mooi boek en kyk
die TV-reekse waarvan jy hou. Hersien jou daaglikse roetine en kyk waar jy
take en verpligtinge kan verander om jou lewe gemakliker te maak.
2 Indien jy jou eie lewe ‘n bietjie reggeruk het, kyk na al die tegnologiese
apparaat wat jy gebruik en ruim nou hier op. Begin met jou selfoon en
verwyder al die onnodige toeps (apps) op jou foon. Gaan hierna na jou inboks
en verwyder alle nuusbriewe wat jy nooit lees en nie meer wil ontvang nie,
vee alle ou e-posse uit en stoor e-posse wat jy nog wil gebruik in die regte
lêers. Kyk na jou sosiale bladsye en “unfriend” die vriende wat jy nie meer wil
volg nie.
3 Vervolgens is dit tyd om jou finansies te hersien. Indien jy nie ‘n begroting het
nie, is dit tyd dat jy een opstel, Maak jou handsak oop en organiseer al die
strokies wat daarin is. Liasseer die wat jy nog nodig gaan hê en gooi die
ander weg. Kyk deur al jou lojaliteitskaarte en vernietig dié wat jy nie meer
gaan gebruik nie. Kry iets waarvoor jy kan spaar byvoorbeeld vir
Kersgeskenke en probeer om al jou skuld af te betaal.
4 Kyk met nuwe oё na jou gesondheid, eet jy gesond genoeg, kry jy genoeg
oefening, Maak seker jy kry genoeg gesonde ontspanning en slaap genoeg.
5 Hoe lyk jou omgewing? Is jou huis en tuin netjies, skoon en georden. Wat kan
jy doen om jou omgewing mooier en aangenamer te maak? Kan jy die
kleurskema van jou huis verander of jou meubels dalk op ‘n nuwe manier
rangskik? Kyk na jou werksruimte en maak seker dit is georden en dat dit ‘n
aangename en rustige atmosfeer het? Raak van alle ou dokumente ontskae
en organiseer dokumente en lêers. Laastens kan jy jou klerekaste takel en
gooi alle ou klere en klere wat jy nooit meer dra, uit.

2
Wanneer jy nou jou lewe geherorganiseer het en in orde gekry het, sal jy baie
gelukkiger voel en vreedsaam kan leef, dit kan mos net die moeite te werd
wees.
Bron: Aangepas uit Vrouekeur 19/09/2018.

1.1 Wat beteken dit om te “spring clean”? (1)


1.2 Watter tyd van die jaar word vir “spring clean” gebruik? Hoekom dink jy is dit
belangrik om hierdie tyd van die jaar te “spring clean”? Noem EEN rede.
(2)
1.3 Hoe dink jy wat behoort ‘n mens met “toksiese” vriende te maak?
Gee jou eie opinie. (1)
1.4 Noem DRIE dinge volgens paragraaf 1 wat jy kan doen wat vir jou lekker is
om te doen en wat jou gelukkiger sal maak. (3)
1.4 Waarom is dit belangrik om jou “daaglikse roetine” te hersien ?
(Paragraaf 1) Motiveer jou antwoord. (2)
1.5 Hoe kan ‘n mens jou tegnologiese apparaat “opruim”? Gee EEN voorbeeld
van hoe ‘n mens jou selfoon kan“skoonmaak”. (1)
1.6 Hoe ruim ‘n mens jou finansies op? Noem DRIE maniere om jou finansiёle
lewe makliker te maak? (3)
1.7 Waarom dink jy is dit nodig om alle ou lojaliteitskaarte te vernietig? Hoe dink
jy wat kan gebeur as jou ou kaarte in vreemde hande beland? (2)
1.8 Goeie gesondheid kan slegs verkry word as jy genoeg oefen. (Paragraaf 4.)
Noem nog TWEE faktore wat uiters belangrik is vir goeie gesondheid. (2)
1.9 Dink jy goeie gesondheid kan daartoe bydra om jou lewe te verbeter?
Verduidelik jou antwoord. (2)
1.10 Is die onderstaande stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.
‘n Mens se woon- en werksruimte is die belangrikste ruimtes in ‘n mens
se lewe. (1)
1.11 Noem TWEE maniere hoe ‘n mens jou leefruimtes mooier en aangenamer
kan maak sodat jou lewe gelukkiger kan wees. (2)
1.12 Waarom dink jy is dit belangrik dat ‘n mens se werksomgewing ‘n aangename
en rustige atmosfeer het? Gee jou eie mening. (2)
1.13 Waarom, dink jy, is dit nie net belangrik om ‘n mens se huis skoon te maak
nie, maar ook om ‘n mens see lewe te op te ruim? Gee ‘n aanhaling uit
Teks 1 in paragraaf 5 om jou antwoord te staaf. (2)

3
TEKS 2

1.14 Voltooi die sin: Teks 1 en Teks 2 gaan albei oor skoonmaak, Teks 1 oor hoe
om jou lewe skoon te maak. Teks 2 verduidelik hoe ‘n mens jou
…….skoonmaak. (1)
1.15 Hoe verskil Teks 1 en Teks 2 ten opsigte van spaar? Verduidelik volledig. (2)
1.16 In Teks 1 word daar genoem dat ‘n mens jou tuin, huis en werksarea skoon
en netjies moet hou. Hoe kan dit wat in Teks 2 is jou help met die
skoonmakery? (2)
1.17 In Teks 2 word ‘n baie eenvoudige en goedkoop resep gegee om jou
leefwêreld skoon te maak. Waaruit kan hierdie resep bestaan? (2)
1.18 Dink jy die resep waarvan in vraag 1.18 gepraat word, sal doeltreffend
wees om jou huis skoon te maak? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)
1.19 Waarvoor dink jy kan ‘n mens die skuursponsies gebruik? Noem EEN
gebruik van die sponsies. (1)
1.20 Wat behels spaarwenk 7? Dink jy ‘n mens sal regtig met die wenk geld
kan spaar? (2)
1.21 Hoe dink jy sal die spuitbottel ‘n mens se werk kan vergemaklik? (1)
1.22 Hoekom dink jy word daar in Teks 2 na van “teёls tot jou oond” verwys?
Dink jy dit is maklik om teёls en ‘n oond skoon te maak. Motiveer jou
antwoord. (1)
[50]

4
Vraagnommer Memorandum

Antwoord

Denkvlak
Punte
1.1 Dit beteken om jou huis baie mooi skoon te maak.√ 1 2
1.2 Die lente,√ dis na die winter en die stowwerige Augustusmaand.√ 2 3
1.3 ‘n Mens moet dadelik van “toksiese” vriende ontslae raak.√ 1 1
1.4 Jy moet kyk waar jy take en verpligtinge kan verander om jou lewe
gemakliker te maak.√ 1 1
1.5 ‘n Mens kan al die onnodige toeps van jou foon verwyder.√ 1 2
1.6 Stel ‘n begroting op.√ Ruim jou handsak op.√ Organsieer jou
lojaliteitskaarte.√ Spaar vir ‘n bepaalde doel.√ Betaal al jou skuld.√
Enige 3. 3 1
1.7 ‘n Ander persoon kan jou persoonlike inligting kry√ en afslag kry met 2 3
jou kaarte.√
1.8 Gesond eet,√ genoeg ontspanning,√ genoeg slaap√. Enige TWEE. 2 2
1.9 Ja, want as jy gesond √is, sal jy gelukkiger wees. 1 3
1.10 Waar, want dit is ‘n mens se leefruimte. √ 1 2
1.11 Jy kan jou huis se kleurskema verander√of jy kan die meubels anders 2 1
rangskik√
1.12 Eie goed gemotiveerde antwoord. 2 3
1.13 “ Wanneer jy nou jou lewe ………wees.”√ 1 1
1.14 huis√ 1 2
1.15 In Teks 1 moet jy vir ‘n spesifieke doel spaar √ en is Teks 2 wys dit hoe
‘n mens op skoonmaakmiddels kan spaar.√ 2 3
1.16 Dit verduidelik hoe ‘n mens jou leefplek goedkoop kan skoonmaak.√ 1 2
1.17 Slegs asyn en water. 1 1
1,18 Ja, dit sal doeltreffend wees, want met asyn kan vetterigheid ook
verwyder word.√
of 1 2
Nee, dit sal nie alle vuilheid kan skoonmaak nie.√
1.19 ‘n Mens kan dit gebruik om hardnekkige vlekke los te vryf.√ 1 2
1.20 Dit beteken dat ‘n mens nie ‘n klomp skoonmaakmiddels√ moet
gebruik nie, maar slegs een goedkoop resep kan maak. Ja, ‘n mens 2 2
sal geld kan spaar.√
1.21 Dit sal makliker wees, want dan hoef ‘n mens nie ‘n skotteltjie water
saam te dra nie.√ 1 2
1.22 Nee, dit is nie makliker,
√want ‘n oond en teёls maak baie moeilik skoon.√ 2 3

vlak 1 + 2 vlak 3 vlak 4 + 5


40 40 20

5
6
AFDELING B
Opsomming
Vraag 2
 Lees die onderstaande deeglik deur en gee dan SEWE WENKE om ‘n huis
skoon te maak.
 Moenie vir jou opsomming ‘n opskrif gee nie.
 Jou opsomming mag nie langer as 80 woorde wees nie.
 Die opsomming moet in paragraafvorm wees.
 Dui die aantal woorde wat jy gebruik het in hakies aan.

Wenke vir huisskoonmaak.


Handel sommer ‘n hele klomp huishoudelike takies so vining as
moontlik af met dié nuttige wenke.

Dis darem maar lekker om ‘n skoon huis te hê - die reuk van vars beddegoed,
die blinkgewaste kombuisvloer - al probleem is dat huiswerk tyd en toewyding
verg. Die geheim is om slimmer te werk, nie harder nie.

Sit elke dag ‘n halfuur opsy om die takies te doen wat die meeste aandag
verg: skottelgoed, wasgoed, beddens. Stel jou selfoonwekker vir oor ‘n halfuur
en raak besig en doen dan die dringendste take eerste.

Sodra die stoffer uitgehaal is, stof dan die hele huis af sonder om ander take
tussenin te doen.

7
Maak van bo na onder skoon sodat die stof en vullis van hoёr plekke op laer
en nog vuil oppervlakke val.

Die beste manier om te verseker jou vloere bly langer skoon is om seker te
maak almal trek hul skoene by die voordeur uit sodat hulle nie vuiligheid
intrap nie.

Skoonmaaktoerusting moet ook skoongemaak word. Hoe vuiler jou lap of


mop, of hoe voller jou stofsuiersak, hoe minder doeltreffend sal dit werk.

Werk van links na regs en bo na ondermet mikrovesellappe - dit tel klein


stofdeeltjies beter op as gewone lappe.

Laat skoonmaakmiddels eers vir ‘n paar minute intrek voor jy dit opvee. Dit
help om seepskuim op vlekke te los sodat jy minder hoef te skrop.

Bron: Huisgenoot 13 Februarie 2020

You might also like