You are on page 1of 10

NASIONALE

SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

LEWENSORIËNTERING

ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

19 OKTOBER 2020

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 2 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings, naamlik AFDELING A,


AFDELING B en AFDELING C.

2. Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND.

3. Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C.

4. Lees AL die vrae aandagtig deur.

5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie


vraestel gebruik is.

6. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 3 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING A (VERPLIGTEND)
Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Diensvoorwaardes, as deel van die kernelemente van 'n werkskontrak,
kan ..., insluit.
A riglyne vir werkers en werkgewers om by vakbonde aan te sluit
B reëls oor die minimum verlofdae wat per jaar aan 'n werker toegeken
moet word
C regulasies oor onregverdige diskriminasie in die werksplek
D prosedures oor die regulering van regstellende aksie in die
werksplek
1.1.2 Goeie eksamenskryfvaardighede kan die volgende insluit:
A Beantwoord meer as die vereiste aantal vrae om die maksimum
punte te behaal.
B Bestee meer tyd aan 'n moeilike vraag om elke moontlike punt te
verseker.
C Gee 'n opsomming van die res van die antwoorde as jou tyd min
word.
D Gee omvattende en uitgebreide antwoorde op al die vrae in die
vraestel.
1.1.3 Die emosionele voordele van langtermyndeelname aan fisiese aktiwiteite
kan 'n ... insluit.
A volgehoue gevoel van vervulling
B toename in sosiale afhanklikheid
C gesonder liggaamsamestelling
D verbetering van jou liggaamlike koördinasie
1.1.4 Intrapersoonlike konflik kan ...

A hoofsaaklik deur eksterne faktore veroorsaak word.


B ontstaan deur pogings om 'n gebrek aan selfvertroue te oorkom.
C neig om altyd intense situasies tot gevolg te hê.
D slegs die swakhede in mense uitbring.
1.1.5 'n Demokrasie word deur ... gekenmerk.
A aanvaarding van politieke sieninge en oortuigings van die regerende
party
B werksgeleenthede vir voorheen benadeelde groepe
C sosiale gelykheid en geregtigheid, gebaseer op die sosiale status
van landsburgers
D deursigtige besluitnemingsprosesse en toegang tot inligting (5 x 1) (5)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 4 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

1.2 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.

1.2.1 'n Studievaardigheid waar rympies, frases, akronieme of liedjies


gebruik word om te help om inligting te onthou (1)

1.2.2 Verskillende maniere waarop mense spesifieke inligting kan beskou


gebaseer op hul eie siening of ervarings in die lewe (1)

1.2.3 'n Metode wat by die Suid-Afrikaanse arbeidswet ingesluit is om die


onregverdighede wat voorheen benadeelde groepe in die verlede
ervaar het, te korrigeer (1)

1.2.4 Goeie ingesteldheid om gesonde verhoudings te handhaaf (1)

1.3 Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou
antwoorde in volsinne.

1.3.1 Noem TWEE maniere waarop jongmense bemagtig kan word om


rassediskriminasie in hulle skoolomgewings te hanteer. (2 x 1) (2)

1.3.2 Verduidelik waarom dit voordelig kan wees om meer lae-impak-


oefeninge by jou fiksheidsroetine in te sluit. (1 x 2) (2)

1.3.3 Bespreek hoe 'n werker se gebrek aan verantwoordelikheid 'n


negatiewe uitwerking op medewerkers kan hê. (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 5 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

1.4 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

'N PROBLEEM WAT NIE DIKWELS BESPREEK WORD NIE:


Die nasionale hoëronderwys-uitsakkoers van eerstejaarstudente in Suid-Afrika

D ATA OOR D IE U IT S AK KOER S VAN


E E R S TE JAAR STUD ENTE

31%
24%
16%
11%
0

J AAR 2015 2016 2017 2018

[Aangepas uit www.dailymaverick.co.za. Toegang op 7 Februarie 2020 verkry.]

1.4.1 Gee DRIE interpretasies van die data in die grafiek oor die
uitsakkoers van eerstejaarstudente. (3 x 1) (3)

1.4.2 Bespreek EEN moontlike uitdaging wat eerstejaarstudente kan


ondervind wat tot soortgelyke neigings in die statistiek in die
toekoms kan lei. (1 x 2) (2)

TOTAAL AFDELING A: 20

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 6 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING B (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne.

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

SKOONMAAK-INTERVENSIEPROGRAM VAN STAPEL GESTUUR


'WeSolve4xCleaning My Planet'

'n Entrepreneur en aktivis, wat voorheen 'n groenteverkoper op straat was en nou 'n
gegradueerde persoon met 'n graad in Aktuariële Wetenskap is, het 'n skoonmaak-
intervensieprogram in die gemeenskap begin om omgewingsbewustheid en herwinning
in plaaslike gemeenskappe te bevorder.

Die veldtog is op 'n eenvoudige idee gebaseer: Gemeenskapslede moet een uur van
hulle tyd op 'n Saterdag of Sondag skenk om skoon te maak. Die veldtog poog om
plaaslike en wêreldgemeenskappe oor omgewingsbewustheid te leer en ook om die
voordele van 'n skoon en gesonde omgewing vir toekomstige generasies te bevorder.

Die aktivis het gesê: 'Rommelstrooiing is 'n generasieprobleem wat party van ons by
ons ouers, grootouers of ouer broers en susters geleer het. Ons sien dit in beide
openbare en privaat plekke, en beide jonk en oud is skuldig. Ons moenie net jonk en
oud in ons gemeenskappe inlig dat dit nie meer aanvaarbaar is nie, maar ons moet dit
ook beklemtoon dat ons medeverantwoordelik is om 'n skoon en gesonde omgewing
vir almal te verseker.'

[Aangepas uit http://media.ngage.co.za. Toegang op 20 Desember 2019 verkry.]

2.1 Definieer die term intervensieprogram en noem TWEE maniere waarop jy as


'n aktivis gemeenskapslede kan aanmoedig om aan sulke programme deel
te neem. (1 + 2) (3)

2.2 Verduidelik EEN manier waarop aanvaarding van medeverantwoordelikheid


vir 'n skoon omgewing, 'n veilige en gesonde leefwyse in gemeenskappe kan
bevorder. (1 x 2) (2)

2.3 Bespreek EEN sosiale voordeel vir gemeenskappe wat aan intervensie-
veldtogte deelneem. (1 x 2) (2)

2.4 Assesseer TWEE moontlike redes waarom party mense nie by intervensie-
veldtogte in hul gemeenskappe betrokke wil wees nie. (2 x 2) (4)

2.5 Stel TWEE innoverende strategieë vir die jonger generasie in jou huishouding
voor om hulle te help om 'n skoon en gesonde omgewing te volhou.
Motiveer ELKE strategie. (2 x 2) (4)
[15]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 7 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

KUBERVEILIGHEID
Dink eers voordat jy enigiets op elektroniese media deel

Ons leef in 'n wêreld waar tegnologie deel van ons daaglikse lewe is. In vandag se
samelewing raak dit al hoe belangriker om deel van hierdie kuberwêreld¹ te wees. Die
werklikheid is dat elektroniese media noodsaaklik vir die funksionering van die wêreld
is. Soos tegnologie in die algemeen, het elektroniese media, byvoorbeeld sosiale
media soos WhatsApp, Facebook, Twitter, YouTube en Instagram, beide voor- en
nadele.

Jongmense vind dit moeilik om 'n balans tussen die werklikheid en die kuberwêreld
te handhaaf. Mense wat sosiale media gebruik, moet versigtig wees en twee keer dink
voordat hulle enige inligting op sosiale media plaas. Die owerhede word al hoe meer
bewus van die toenemende neiging van mense om aanstootlike inligting op
verskillende sosialemedia-platforms te plaas en daarom word daar regsmaatreëls
ingestel om sulke insidente te hanteer.

Woordelys:

Kuberwêreld¹: 'n Aanlyn omgewing waar baie mense by sosiale media betrokke is

[Aangepas uit www.newportacademy.com. Toegang op 4 Februarie 2020 verkry.]

3.1 Gee DRIE redes waarom jy dink die gebruik van elektroniese media in 'n
demokratiese samelewing toenemend belangrik geword het. (3 x 1) (3)

3.2 Verduidelik EEN manier waarop jou skool verantwoordelike gebruik van
sosialemedia-platforms onder leerders kan bevorder. (1 x 2) (2)

3.3 Bespreek EEN faktor wat die onderwerpe wat op die verskillende
sosialemedia-platforms gedek word, kan bepaal. (1 x 2) (2)

3.4 Hoe kan verslawing aan sosiale media die sosiale vaardighede van die jeug
negatief beïnvloed? Motiveer ELKE antwoord. (2 x 2) (4)

3.5 Assesseer hoe die plaas en aanstuur van aanstootlike materiaal op


elektroniese media jou kan affekteer. (2 x 2) (4)
[15]

TOTAAL AFDELING B: 30

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 8 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

Jou antwoorde moet uit paragrawe bestaan. Punte sal SLEGS toegeken word vir
antwoorde wat in volsinne geskryf is.

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

DIE SKOKKENDE INVLOED VAN SOSIALE DRUK AS 'N STRESSOR

'n Nuwe studie toon dat interaksie met ander soms tot meer stres kan lei as wat ons
ooit kan dink, aangesien jy en jou verhoudings onlosmaaklik verbind is. Elke
verhouding vorm 'n ander verhouding op verskillende maniere as gevolg van die
sosiale druk wat ons op mekaar plaas.

Dit beteken dat wanneer verhoudings wedersyds opbouend is, is almal gelukkig.
Wanneer mense egter mekaar sielkundig afknou, is dit wat tot stres in verhoudings lei.

[Aangepas uit www.psychologytoday.com. Toegang op 4 Februarie 2020 verkry.]

Skryf paragrawe oor stres en stressors.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

 Dui DRIE maniere aan waarop sosiale druk as 'n stressor vir jongmense in hul
familieverhoudings gesien kan word. (3 x 1) (3)

 Bespreek DRIE maniere waarop die opbou en volhouding van goeie verhoudings
'n positiewe uitwerking op jou emosionele welstand kan hê. (3 x 2) (6)

 Beveel TWEE konflikoplossingstrategieë aan wat jy kan implementeer om


negatiewe sosiale druk van jou vriende op 'n verantwoordelike manier te
weerstaan. Dui ook in elke antwoord aan hoe ELKE strategie jou kan help om jou
regte as 'n individu te beskerm. (2 x 3) (6)
[15]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 9 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

GRAAD 12-SKOOLVERLATERS, IS JULLE TOEGERUS VIR


DIE WERKSOMGEWING?

Sosiale media is vol foto's van trotse matrikulante met 'n graad 12-sertifikaat of
gegradueerdes met 'n graad in die hand, gereed om die volgende fase van hulle
lewens te begin. Hierdie jongmense is op soek na hul eerste werk of wil begin bou aan
hul droomloopbane.

Die meeste van hulle sal ongelukkig binnekort die werklikheid van die arbeidsmark in
die gesig staar. Indien hulle hulleself nie toerus met die vaardighede wat nodig is vir
die 4de Industriële Revolusie¹ nie, sal hulle dalk nie vir die arbeidsmark van die
21ste eeu geskik wees nie.

Om die oorgang van skool na 'n naskoolse bestemming te hanteer, en vir 'n graad 12-
skoolverlater of gegradueerde om 'n werk te vind, kan vereis dat jy praktiese strategieë
moet vind om seker te maak dat jy jou beroepsdoelwitte bereik.

Woordelys:

4de Industriële Revolusie¹: Verwys na die samesmelting van die digitale, biologiese en
fisiese wêreld sowel as die gebruik van moderne tegnologie soos kunsmatige
intelligensie en robotika.

[Aangepas uit www.expertshub.info. Toegang op 14 Julie 2019 verkry.]

Skryf paragrawe oor strategieë om doelwitte vir naskoolse bestemming te bereik.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

 Identifiseer DRIE vaardighede wat by sommige graad 12-skoolverlaters kan


ontbreek wanneer hulle die arbeidsmark betree. (3 x 1) (3)

 Bespreek DRIE maniere waarop navorsing oor werks-/studiegeleenthede jou kan


help om ingeligte besluite oor naskoolse bestemmings te neem. (3 x 2) (6)

 Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop jy, as 'n graad 12-skoolverlater,
'n loopbaanportefeulje kan gebruik om 'n werkgewer te oortuig dat jy die geskikte
kandidaat vir die werk sou wees. Dui ook in ELKE antwoord aan waarom jy 'n
aanwins vir die maatskappy/organisasie sal wees. (2 x 3) (6)
[15]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Lewensoriëntering 10 DBE/Oktober 2020
NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 6

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

VETSUG ONDER ADOLESSENTE


Faktore wat tot swak gesondheid bydra

Die ongesonde eetgewoontes sowel as die sittende leefstyl 1 van die Suid-Afrikaanse
jeug het 'n groot bekommernis geword aangesien dit tot swak gesondheid kan lei.

Statistiek van Diabetes Suid-Afrika is 'n waarskuwingsteken dat daar teen 2025
ongeveer 3,91 miljoen vetsugtige skoolkinders in die land sal wees indien die huidige
koers van vetsug onder jongmense aanhou styg.

Suid-Afrikaanse Hoër Onderwys-instellings werk saam met jongmense om nuwe idees


te skep in 'n poging om die toename in vetsug onder adolessente hok te slaan.

Woordelys:

Sittende leefstyl1: 'n Leefstyl wat lang periodes van sit of lê behels.

[Aangepas uit www.news.uct.ac.za. Toegang op 4 Februarie 2020 verkry.]

Skryf paragrawe oor faktore wat tot swak gesondheid bydra.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

 Noem DRIE maniere waarop 'n sittende leefstyl tot swak gesondheid kan lei.
(3 x 1) (3)

 Bespreek DRIE faktore wat die huidige eetgewoontes van jongmense beïnvloed
wat tot vetsug kan bydra. (3 x 2) (6)

 Stel TWEE maniere voor waarop hoëronderwys-instellings eerstejaarstudente kan


help om op lang termyn tot deelname aan fisiese aktiwiteite te verbind. Dui ook in
ELKE antwoord aan hoe elke voorstel kan help om gesonder leefwyses by
studente te bevorder. (2 x 3) (6)
[15]

TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou

You might also like