You are on page 1of 28

NASIONALE

SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

BESIGHEIDSTUDIES V1

NOVEMBER 2022

NASIENRIGLYN

PUNTE: 150

Hierdie nasienriglyn bestaan uit 28 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 2 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

NOTAS AAN NASIENERS

INLEIDING
Die notas aan nasieners word voorsien vir gehalteversekeringsdoeleindes om die volgende te
verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die nasienstandaard
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners oor die
hele land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
skole/onderwysinstellings

1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel:

Nasiener: Rooi
Senior Nasiener: Groen
Adjunkhoofnasiener: Swart/Blou
Hoofnasiener: Pienk
Interne moderator: Oranje
DBE-moderator: Turkoois
2. Kandidate se antwoorde vir AFDELING B en C moet in volsinne wees. Dit sal
egter van die aard van die vraag afhang.
3. Omvattende nasienriglyn word voorsien, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
 'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
 Uit 'n ander betroubare bron kom
 Oorspronklik is
 'n Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.

4. Neem kennis van ander verwante antwoorde deur kandidate verskaf, wat
verband hou met 'n spesifieke vraag en ken punte dienooreenkomstig toe. (In
die geval waar die antwoord onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet
deelpunte toegeken word, byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum
van twee punte.)
5. Die woord 'Submaks' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
of subvraag te vergemaklik.

6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur 'maks' in
die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte en modereringsproses.

7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur 'maks' in
die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet
in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.

8. In 'n indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag
verband hou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 3 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

9. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en B


word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
laasgenoemde nie duidelik is nie.

10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met 'n 'H'.

11. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
word:

11.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om
te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n neutrale
(positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief: 'COIDA
verminder tyd en koste wat spandeer word √ op lang siviele
hofgedinge. √

11.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem. In hierdie
geval word van kandidate ook verder verwag om hulle antwoorde te
ondersteun met dieper insig, bv. 'COIDA verminder tyd en koste√ wat
spandeer word op lang siviele hofgedinge√, want die werkgewer sal
nie verantwoordelik wees om vergoeding aan die werknemer te betaal
as beserings opgedoen is tydens werksure nie, solank as wat die
besigheid kan bewys dat hy nie agterlosig was nie. '√

LET 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.


WEL: 2. Let op die plasing van die merkie (√) in die toekenning van punte.

12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag,
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die
konteks van elke vraag.

Kognitiewe werkwoorde, soos:

12.1 Adviseer, noem, beskryf in breë trekke, motiveer, aanbeveel, stel voor,
(lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel diepte in kandidate se
antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir elke stelling/antwoord
sal dus aan die einde daarvan verskyn.

12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/toon


verskille, differensieer, vergelyk, tabuleer, ontwerp, analiseer,
evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer diepgaande
begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus meer
objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens die
vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid en
regverdigheid behaal kan word.

13. Sien slegs die EERSTE antwoord na waar kandidate meer as een antwoord in
AFDELING B en C gee waar slegs een antwoord gevra word.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 4 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

14. AFDELNIG B

14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n
lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek.

LET 1. Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer
WEL: word.
2. Die bostaande is ook van toepassing op antwoorde in
AFDELING C (waar van toepassing)

14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 14.1 geld steeds.

14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te
gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde
te finaliseer en raadpleeg die Interne Moderator by die DBE vir goedkeuring.

14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:

14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat kandidate
moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', kan dit soos volg nagesien word:
 Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyn)
 Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken word)
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyn gegee om die
toekenning van punte te vergemaklik.

14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning
gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die
nasienriglyn toegeken.

14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n
scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B
EN C (waar van toepassing).

15. AFDELING C

15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:

Inleiding
Maksimum:
Inhoud
32
Gevolgtrekking
Insig 8
TOTAAL 40

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 5 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:


Struktuur/Uitleg Is daar 'n inleiding, paragrawe en 'n gevolgtrekking? 2
Analise Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub- 2
opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
wat gevra word, getoon word?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een 'A')
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A')
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op 2
die vrae gebaseer is?
Opsie 1: Slegs relevante feite: 2 punte (Geen '-S')
Waar 'n kandidaat 50% of meer (twee tot vier
subvrae) van die vraag met slegs relevante feite
beantwoord het, verskyn geen '-S' in die
linkerkantlyn nie. Ken die maksimum van TWEE
(2) punte vir sintese toe.
Opsie 2: 'n Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
subvraag) van die vraag met slegs OF 'n paar
relevante feite beantwoord het, verskyn een
'-S' in die linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van
EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 3: 'n Paar relevante feite: 1 punt (Een '-S')
Waar 'n kandidaat VIER subvrae beantwoord,
maar een/twee/drie subvrae met geen relevante
feite; verskyn een '-S' in die linkerkantlyn. Ken 'n
maksimum van EEN (1) punt vir sintese toe.
Opsie 4: Geen relevante feite: 0 punte (Twee '-S')
Waar 'n kandidaat minder as 50% (slegs een
sub-vraag) van die vraag met geen relevante
feite beantwoord het nie, verskyn twee '-S' in die
linkerkantlyn. Ken 'n NULPUNT vir sintese toe.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van een of twee voorbeelde, nie ouer as 2
twee (2) jaar nie, wat op aktuele inligting, huidige neigings
en ontwikkelings gebaseer is?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word
uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
verduideliking ondersteun word nie.
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn aan met 'n simbool, bv. ('S, A, -S en/
of O').

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 6 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyn vir elke vraag aangedui.

15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke onder-
afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat maksimum punte behaal
is, maar lees verder vir oorspronklikheid 'O'.

15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
vir insig soos volg aan: (S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O –
Oorspronklikheid) soos in die tabel hieronder aangedui.

INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks.)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40

15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)

15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/interpreteer, kry hy/sy
steeds punte vir die uitleg.

15.9 Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.

15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.

15.10.2 Met ingang van November 2015 sal die TWEE punte nie
noodwendig aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie.
Punte (√) sal geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
'Produkontwikkeling is 'n groeistrategie √, waar ondernemings poog
om nuwe produkte in bestaande markte bekend te stel.'√

Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.

15.11 Met ingang van November 2017 sal die maksimum van TWEE (2) punte vir
feite in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag
geld nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 7 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 1.1.1 B√√


1.1.2 D√√
1.1.3 B√√
1.1.4 C√√
1.1.5 A√√
(5 x 2) (10)

1.2 1.2.1 kies√√


1.2.2 terugwaartse vertikale√√
1.2.3 SSGB (‘SWOT’)√√
1.2.4 spesifikasie√√
1.2.5 prestasie√√
(5 x 2) (10)

1.3 1.3.1 D√√


1.3.2 E√√
1.3.3 F√√
1.3.4 G√√
1.3.5 B√√
(5 x 2) (10)

TOTAAL AFDELING A: 30

UITEENSETTING VAN PUNTE


VRAAG 1 PUNTE
1.1 10
1.2 10
1.3 10
TOTAAL 30

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 8 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

AFDELING B
Sien slegs die antwoorde op die EERSTE TWEE vrae na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1 Soorte defensiewe strategieë


- Ontbondeling √
- Aflegging √
- Likwidasie √
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (2 x 1) (2)

2.2 Voordele van diversifikasie-strategieë


- Verhoog verkope en besigheidsgroei. √√
- Verbeter die besigheidshandelsmerk en beeld. √√
- Verminder die risiko om slegs op een produk staat te maak. √√
- Meer produkte kan aan bestaande kliënte verkoop word en addisionele nuwe
markte kan gevestig word. √√
- Besighede bekom meer tegnologiese vermoëns/bevoegdhede deur
produkverandering. √√
- Diversifikasie in verskeie nywerhede of produksielyne kan help om 'n balans te
skep tydens ekonomiese skommelinge. √√
- Besigheid produseer meer uitset met minder insette, aangesien een fabriek
gebruik kan word om meer produkte te vervaardig. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
diversifikasie-strategieë.
Maks (6)

2.3 PESTWO-elemente vanuit die stellings


2.3.1 Sosiaal √√
2.3.2 Tegnologies √√
2.3.3 Ekonomies √√ (6)

2.4 Stappe in strategie-evaluering


- Ondersoek die onderliggende basis √ van 'n besigheidstrategie. √
- Kyk vorentoe en agtertoe √ in die implementeringsproses. √
- Vergelyk die verwagte prestasie √ met die werklike prestasie. √
- Bepaal die redes vir afwykings √ en ontleed hierdie redes. √
- Neem korrektiewe aksie √ sodat die afwykings reggestel kan word. √
- Stel spesifieke datums vir beheer √ en opvolg. √
- Stel 'n tabel op √ van die voor- en nadele van 'n strategie. √
- Besluit op die verlangde uitkoms √ soos in die vooruitsig gestel toe die strategieë
geïmplementeer word. √
- Oorweeg die impak van die strategiese implementering √ in die interne en
eksterne omgewings van die besigheid. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die stappe in strategie-
evaluering.
LET WEL: Aanvaar stappe in enige volgorde.
Maks (6)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 9 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

2.5 Nasionale Kredietwet


2.5.1 Verbruikersregte in terme van die Nasionale Kredietwet/NKW vanuit die
scenario
- EB verseker dat hul kliënte inligting in 'n verstaanbare taal ontvang. √
- Hulle laat kliënte ook toe om toegang tot hul kredietrekords te hê en dit te
bevraagteken. √
LET 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
WEL: 2. Ken slegs punte toe vir antwoorde uit die scenario aangehaal
(2 x 1) (2)

2.5.2 Impak van die Nasionale Kredietwet/NKW op besighede


Positiewe/Voordele
- Die hele kredietproses is deursigtig√ omdat beide die besigheid en kliënte hulle
verantwoordelikhede ken.√
- Laer oninbare skuld√ het beter kontantvloei tot gevolg.√
- Besighede word beskerm√ teen kliënte wat nie betaal nie.√
- Gemagtigde kredietverskaffers √ kan meer klante lok. √
- Verhoog kontantverkope√ aangesien besighede slegs krediet verskaf aan
kliënte wat kwalifiseer/meer kliënte koop met kontant.√
- Besighede doen deeglike kredietkontroles√ en ontvang op datum dokumentasie
van die verbruiker as bewys dat hulle die terugbetaling kan bekostig.√
- Lei tot meer kliënte deur kredietverkope√ aangesien hulle nou beskerm word
teen misbruik.√
- Verhoed/Voorkom roekelose lenings√ en besighede van bankrotskap. √
- Inligting vanaf die kredietburo's word aan besighede beskikbaar gestel√ om die
kredietwaardigheid van verbruikers na te gaan voordat krediet verleen word. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe
impak/voordele van die NKW op besighede.

EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Besighede kan nie meer√ kredietbemarking uitvoer nie.√
- Besighede sukkel om krediet √ soos banklenings/oortrokke rekening te
bekom. √
- Besighede wat nie aan die NKW voldoen nie √ kan regstappe in die gesig
staar. √
- Prosedure vir die invordering van uitstaande skulde is meer kompleks√ en
duur.√
- Minder klante koop op krediet √ aangesien dit moeiliker is om krediet te
verkry. √
- Verhoog die administratiewe las/papierwerk√ wat duur/tydrowend is. √
- Besighede moet addisionele personeel aanstel√ om die ekstra administrasie te
hanteer.√
- Veroorsaak verlies van verkope √ omdat baie klante nie meer kwalifiseer om op
krediet te koop nie. √
- Indien die kredietooreenkoms roekeloos verklaar word√ kan besighede die
uitstaande skuld en goedere verbeur. √
- Besighede wat amptelike kredietverskaffers is√ moet 'n jaarlikse
nakomingsverslag indien. √
- Besighede moet seker maak dat alle pogings aangewend is om die skuld te
verhaal√ voordat die klante op die swartlys geplaas word. √

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 10 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

- Kredietverskaffers kan nie skuld invorder van verbruikers √ wat onder


skuldhersiening is nie. √
- Meer bedryfskapitaal word benodig aangesien besighede nie baie goedere op
krediet kan verkoop nie √ as gevolg van streng kredietaansoekprosesse. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe
impak/nadele van die NKW op besighede.
Maks (6)
2.6 Oortyd as 'n bepaling van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes/WBDV
- Werkers moet instem√ om oortyd te werk.√
- Werkers kan nie meer as drie ure√ oortyd per dag werk nie.√/Werkers kan nie
meer as 10 ure√ oortyd per week werk nie.√
- Werkers moet ten minste een en 'n half keer die normale daaglikse tarief√ vir
oortyd op weeksdae/Saterdae gewerk vergoed word. √
- Werkers moet dubbel die normale daaglikse tarief√ vir oortyd op Sondae/
publieke vakansiedae gewerk vergoed word. √
- Oortyd moet betaal word volgens die bepaalde oortydtarief√ of 'n werker kan
instem om betaalde tyd af te ontvang.√
- Die Minister van Arbeid mag die maksimum toegelate werksure, insluitend
oortyd√, vir gesondheids- en veiligheidsredes vir 'n sekere kategorie van werk,
voorskryf.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met oortyd as een van die
bepaling van die WBDV. Maks (4)
2.7 Toepassing van Porter se Vyf Kragte model
2.7.1 Krag van kopers
- Assesser hoe maklik dit vir kopers/klante is om pryse te verlaag.√√
- Bepaal die aantal kopers/die belangrikheid van elke koper vir die besigheid en die
koste om na ander produkte oor te skakel. √√
- ‘n Paar kragtige kopers is dikwels in staat om hul voorwaardes aan die besigheid
voor te skryf/dikteer. √√
- Kopers wat in grootmaat koop, kan onderhandel vir pryse in hul guns. √√
- As kopers sonder die besigheid se produkte kan klaarkom, het hulle meer mag
om die pryse en verkoopvoorwaardes te bepaal. √√
- Doen marknavorsing om meer inligting oor kopers/klante in te samel. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede die krag
van kopers kan toepas om die markomgewing te analiseer.
Maks (4)
2.7.2 Bedreiging/Hindernisse vir nuwe toetreders tot die mark
- As die struikelblokke om die mark betree laag is, dan is dit maklik vir nuwe
besighede om die mark/bedryf te betree. √√
- Indien die besigheid hoogs winsgewend is, sal dit potensiële mededingers lok wat
by hoë winste wil baat. √√
- Nuwe mededingers kan vinnig/maklik die mark betree, as dit min tyd/geld verg om
die mark te betree. √√
- Indien daar 'n paar verskaffers van 'n produk/diens is, maar baie kopers, kan dit
maklik wees om die mark te betree. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede die
bedreiging/hindernisse vir nuwe toetreders kan toepas om die markomgewing te
analiseer.
Maks (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 11 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

UITEENSETTING VAN PUNTE


VRAAG 2 PUNTE
2.1 2
2.2 6
2.3 6
2.4 6
2.5.1 2
2.5.2 6
2.6. 4
2.7.1 4
2.7.2 4
TOTAAL 40

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Voorbeelde van byvoordele
- Mediese fonds/Gesondheidsversekeringsfonds√
- Pensioenfonds √
- Voorsorgfonds √
- Begrafnisvoordele √
- Toelaes/Motor/Reis/Behuising/Selfoon/Klere √
- Prestasiegerigte byvoordele √
- Uitreiking van bonusaandele √
- Personeelafslag/Gratis of laekoste-maaltye/Kafeteria-fasiliteite√
- Enige ander relevante voorbeelde van byvoordele.
LET WEL: Sien slegs die eerste DRIE (3) na.
(3 x 1) (3)

3.2 Rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud


- Bespreek en berei die lokaal vir die onderhoude voor. √√
- Stel alle kandidate op die kortlys in kennis van die datum en plek van die
onderhoud. √√
- Stel die onderhoudsdatum vas en verseker dat alle onderhoude, indien moontlik,
op dieselfde datum en plek plaasvind. √√
- Stel die paneellede, wat die onderhoude gaan voer, in kennis van die datum en
plek van die onderhoud. √√
- Ontwikkel 'n kernstel vrae gebaseer op die vaardighede/kennis/vermoëns wat
vereis word. √√
- Kontroleer/lees die aansoek/verifieer die CV van elke kandidaat vir enige inligting
wat meer verduideliking mag vereis. √√
- Beplan die program vir die onderhoud en bepaal die tyd wat aan elke kandidaat
toegeken moet word. √√
- Ken dieselfde hoeveelheid tyd vir die onderhoud met elke kandidaat op die
program toe. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van die
onderhoudvoerder voor die onderhoud.
Maks (4)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 12 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

3.3 Werwingsmetode
3.3.1 Werwingsmetode vanuit die scenario
Interne werwing √√ (2)

Motivering
MR het 'n vakante pos vir 'n projekbestuurder op hulle besigheid se
kennisgewingsbord geadverteer. √ (1)

LET WEL: Geen punte word vir die motivering toegeken indien die
werwingsmetode verkeerd geïdentifiseer was nie.
Maks (3)

3.3.2 Voordele van interne werwing op 'n besigheid


- Goedkoper/Vinniger om die pos√ te vul.√
- Plasing is maklik√ aangesien die bestuur die werknemer se vaardighede/
persoonlikheid/ervaring/sterkpunte ken.√
- Verskaf geleenthede vir loopbaanrigtings√ binne die besigheid.√
- Die werknemer verstaan alreeds hoe die besigheid bedryf word√,
induksie/opleiding is nie altyd nodig nie.√
- Verminder die kanse om werknemers te verloor√, omdat toekomstige
loopbaangeleenthede beskikbaar is.√
- Gedetailleerde, betroubare inligting kan verky word√ vanaf toesighouers/
werknemerrekords.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van interne
werwing op 'n besigheid.
LET WEL: Aanvaar relevante feite indien die werwingsmetode in
VRAAG 3.3.1. verkeerdelik as 'n antwoord geïdentifiseer was.
Maks (4)

3.4 Redes vir die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak


- Die werkgewer kan werknemers ontslaan vir geldige rede(s)√ soos
onbevredigende werksprestasie/wangedrag. √
- Werkgewer het dalk nie langer werk√ vir oortollig-verklaarde werknemers
nie/kan nie die kontrak nakom nie/word geherstruktureer. √
- Die werkgewer kan sommige werknemers aflê √ as gevolg van insolvensie/dalk
nie meer in staat is om werknemers te betaal nie. √
- Werknemers het besluit om te gaan/vrywilliglik bedank √ vir beter
werksgeleenthede. √
- 'n Werknemer het moontlik die voorafbepaalde ouderdom√ vir aftrede bereik. √
- Onbevoegdheid om te werk√ as gevolg van beserings/siektes. √
- Die duur van die indiensnemingskontrak √ verval/kom tot 'n einde. √
- Deur ‘n wedersydse ooreenkoms √ tussen die werkgewer en werknemer. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die redes vir die
beëindiging van 'n indiensnemingskontrak.
Maks (6)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 13 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

3.5 Gehalte-aanwysers van die finansiële funksie


- Verkry kapitaal vanaf die mees toepaslike/beskikbare/betroubare bronne.√√
- Beding vir beter rentekoerse om sodoende finansiële kostes laag te hou.√√
- Stel begrotings op om effektiewe toedeling van finansiële hulpbronne te
verseker.√√
- Hou finansiële rekords op datum om betyds/akkurate belastingbetalings te
maak.√√
- Ontleed strategieë om winsgewendheid te verhoog.√√
- Belê surplusfondse om bronne van passiewe inkomste te skep. √√
- Implementeer finansiële beheermaatreëls/-stelsels om bedrog te voorkom. √√
- Implementeer kredietverlening-/skuldinvorderingsbeleide om kontantvloei te
monitor. √√
- Stel akkurate finansiële state betyds/gereeld op. √√
- Akkurate analisering en interpretering van finansiële inligting. √√
- Belê in strategieë wat die besigheid sal help om winsgewend te bly. √√
- Vermy oor-/onder-kapitalisering sodat finansiële bronne doeltreffend
aangewend sal word. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalte-aanwysers
van die finansiële funksie.
Maks (4)
3.6 Maniere waarop TGB die koste van gehalte kan verminder
3.6.1 Maniere waarop TGB die koste van gehalte kan verminder vanuit die scenario
- Die werknemers van RV woon gereelde opleiding-sessies by om hulle rol in
gehaltebestuur te verstaan. √
- Hulle werk ook nou met verskaffers om die gehalte van hul grondstowwe te
verbeter. √
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde wat uit die scenario
aangehaal is.
(2 x 1) (2)
3.6.2 Ander maniere waarop TGB die koste van gehalte kan verminder
- Stel gehaltesirkels/kleiner spanne van vyf tot tien werknemers in plek√, wat
gereeld vergader om maniere te bespreek om die gehalte van hul werk te
verbeter.√
- Skeduleer aktiwiteite√ om duplisering van take/aktiwiteite uit te skakel. √
- Verdeel verantwoordelikheid vir gehalte-uitsette √ tussen bestuur en
werknemers. √
- Ontwikkel werkstelsels wat werknemers bemagtig√ om nuwe maniere te vind
om gehalte te verbeter. √
- Verbeter kommunikasie oor gehalte uitdagings/afwykings√, sodat elkeen uit
vorige ervarings kan leer. √
- Verminder belegging op duur, maar ondoeltreffende inspeksieprosedures √ in
die produksieproses. √
- Implementeer pro-aktiewe onderhoudsprogramme √ vir toerusting/masjinerie
om onderbrekings te verminder/uit te skakel. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die ander maniere
waarop TGB die koste van gehalte kan verminder.
LET WEL: Moet nie punte toeken vir antwoorde wat in VRAAG 3.6.1 aangehaal
is nie.
Maks (4)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 14 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

3.7 Impak van totale gehaltebestuur/TGB indien swak geïmplementeer


- Stel onrealistiese spertye√ wat nie bereik kan word nie.√
- Werknemers is nie voldoende opgelei nie√ wat tot lae gehalte produkte lei.√
- Afname in produktiwiteit√, as gevolg van onderbrekings.√
- Besighede sal moontlik nie in staat wees om die nodige verandering aan
produkte/dienste aan te bring√ om sodoende die behoeftes van klante te
bevredig nie..√
- Die besigheid se reputasie/beeld kan skade lei√ as gevolg van swak
kwaliteit/foutiewe produkte.√
- Klante sal baie alternatiewe hê om van te kies√ en die impak kan vernietigend
vir die besigheid wees.√
- Beleggers kan hul beleggings onttrek√, indien daar 'n afname in winste is.√
- Afname in verkope√, omdat meer produkte deur ontevrede klante teruggestuur
word.√
- Hoë personeelomset√ as gevolg van swak vaardigheidsontwikkeling.√
- Ongedokumenteerde/Ongekontroleerde gehaltebeheerprosesse/-stelsels√ kan
lei tot foute/afwykings van voorafbepaalde gehaltestandaarde.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die impak van TGB indien
besighede dit swak implementeer.
Maks (4)

3.8 Voordele van voldoende finansiering en kapasiteit as 'n element


- Groot ondernemings het genoegsame finansiering om alles te toets voor
implementering. √√
- Hulle kan bekostig om stelsels in plek te hê om foute in prosesse/defekte in
grondstowwe/produkte te voorkom. √√
- Kan produknavorsing/marknavorsers bekostig om inligting te versamel oor
produkte/klante. √√/Groot besighede kan programme finansier wat verbetering
van gehalteprosesse ten doel het. √√
- Groot besighede kan bekostig om kwaliteit grondstowwe en toerusting aan te
koop. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
voldoende finansiering en kapasiteit as 'n TGB-element op groot besighede.
Maks (6)
[40]
UITEENSETTING VAN PUNTE
VRAAG 3 PUNTE
3.1 3
3.2 4
3.3.1 3
3.3.2 4
3.4 6
3.5 4
3.6.1 2
3.6.2 4
3.7 4
3.8 6
TOTAAL 40

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 15 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE


BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Besigheidsomgewings en mate van beheer

BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER


1. Mikro-omgewing√ Volle beheer√
2. Markomgewing√ Gedeeltelike/Sommige/Beperkte/Min beheer√
3. Makro-omgewing√ Geen beheer√
Submaks (2) Submaks (2)

LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.


2. Die antwoorde hoef nie in tabelvorm te wees nie.
3. Ken volpunte toe vir die besigheidsomgewing al is die mate
van beheer nie aangedui nie/verkeerd.
4. Die mate van beheer moet aan 'n besigheidsomgewing
gekoppel wees.
5. Aanvaar antwoorde in enige volgorde.
Maks (4)
4.2 Rol van SOOO's in ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling/WVO
- Ontwikkel sektor vaardigheidsplanne binne die raamwerk van die Nasionale
Vaardigheidsontwikkelingstrategie. √√
- Stel vaardigheidsontwikkelingsplanne op vir hul spesifieke ekonomiese sektore. √√
- Keur werkplekvaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae goed. √√
- Ken toelaes toe aan werkgewers, onderwys- en opleidingverskaffers. √√
- Betaal toelaes uit aan maatskappye wat aan die vereistes van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling voldoen. √√
- Monitor/Evalueer werklike opleiding deur diensverskaffers. √√
- Bevorder en vestig leerlingskappe. √√
- Registreer leerlingskap-ooreenkomste/leerprogramme. √√
- Voorsien opleidingsmateriaal/-programme vir vaardigheidsontwikkelings-
fasiliteerders. √√
- Voorsien akkreditasie vir vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerders. √√
- Hou toesig oor opleiding in verskillende sektore van die Suid Afrikaanse
ekonomie. √√
- Identifiseer gepaste werkplekke vir praktiese werksondervinding. √√
- Vorder heffings in en betaal toelaes uit soos benodig. √√
- Doen verslag aan die Direkteur-Generaal. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van SOOO's in
ondersteuning van die WVO.
Maks (4)
4.3 Besigheidstrategieë
4.3.1 Soort intensiewe strategie vanuit die scenario
Markontwikkeling √√ (2)
4.3.2 Ander soorte intensiewe strategieë
Markpenetrasie √√
- Nuwe produkte dring die bestaande mark binne teen 'n laer prys,totdat dit
welbekend is aan die verbruiker en dan verhoog die pryse .√

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 16 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

- Besighede fokus op die verkoop van bestaande produkte in bestaande markte


om hulle markaandeel te verhoog.√
- Besighede gebruik marknavorsing oor huidige klante, om te besluit hoe om hulle
bemarkingsmengsel gaan verbeter.√
- Aggressiewe bemarkingsveldtogte, soos verlaging/vermindering van pryse word
gebruik om potensiële klante/bestaande kliente te lok.√
- Gebruik 'n intensiewe bemarkingsveldtog om bewusmaking en klante-lojaliteit te
verhoog.√
- Stel meer verkoopspersoneel aan om verkoopsdiens te verbeter.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met markpenetrasie as 'n
intensiewe strategie.
Strategie (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)
Produkontwikkeling √√
- Dis 'n groeistrategie waar besighede poog om nuwe produkte in bestaande
markte bekend te stel/verander ‘n bestaande produk. √
- Besighede genereer nuwe idees/ontwikkel nuwe produkte/dienste. √
- Besighede doen toetsbemarking/marknavorsing om te bepaal of nuwe produkte
deur die bestaande kliënte aanvaar sal word. √
- Nuwe produkte kan verskillend/van 'n beter gehalte as dié van mededingers
wees. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met produkontwikkeling as 'n
intensiewe strategie.
Strategie (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)

LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.


2. Geen punte moet toegeken word vir markontwikkeling nie.
Maks (6)

4.4 Maniere waarop besighede die Wet op Gelyke Indiensneming/WGI kan nakom
- Besighede moet waak teen diskriminerende aanstellings.√√
- Assesseer die rassesamestelling van al die werknemers insluitend senior
bestuur.√√
- Maak seker dat daar gelyke verteenwoordiging van alle rasse groepe in elke
vlak van indiensneming is.√√
- Definieer die aanstellingsproses duidelik, sodat alle partye deeglik ingelig is.√√
- Verseker dat diversiteit/inklusiwiteit in die werkplek bereik word. √√
- Stel 'n gelyke indiensnemingsplan op in oorleg met die werknemers.√√
- Stel gelyke indiensnemingsplanne saam wat aandui hoe regstellende aksie
geïmplementeer sal word.√√
- Verseker dat regstellendeaksiemaatreëls diversiteit in die werkplek bevorder.√√
- Implementeer die gelyke indiensnemingsplan. √√
- Implementeer regstellendeaksiemaatreëls om die nadele wat aangewese
groepe ervaar het reg te stel/Maak voorsiening vir mense van verskillende
aangewese groepe. √√
- Dien die gelyke indiensnemingsplan by die Departement van Arbeid in. √√

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 17 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

- Stel een of meer bestuurders aan wat sal verseker dat die gelyke
indiensnemingsplan geïmplementeer/gereeld gemonitor sal word.√√
- Elimineer hindernisse wat 'n nadelige impak op aangewesegroepe het.√√
- Lewer verslag aan die Departement van Arbeid oor die vordering met die
implementering van die gelykheidsplan.√√
- Vertoon 'n opsomming van die Wet waar werknemers dit duidelik kan
sien/toegang het tot die dokument.√√
- Doen mediese/psigometriese toetse op 'n billike wyse teenoor werkers/wanneer
dit as noodsaaklik geag word/Gebruik gesertifiseerde psigometriese toetse om
applikante/werknemers te assesser om te verseker dat geskikte kandidate
aangestel word.√√
- Verseker dat die werkplek die demografie van die land op alle vlakke
weerspieël.√√
- Herstruktureer/Analiseer huidige indiensnemingsbeleide/-praktyke/-prosedures
om voorheen-benadeelde groepe te akkommodeer.√√
- Heropleiding/Ontwikkeling/Opleiding van aangewesegroepe deur middel van
vaardigheidsontwikkelingsprogramme.√√
- Werknemers moet gelyke betaling ontvang vir werk van gelyke waarde.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede die WGI
kan nakom.
Maks (4)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Aspekte wat in die indiensnemingskontrak ingesluit moet word
- Persoonlike besonderhede van die werknemer.√
- Besonderhede van die besigheid/werkgewer, soos die naam en adres.√
- Postitel/Posisie.√
- Posbeskrywing soos pligte en werksvoorwaardes.√
- Posspesifikasie soos formele kwalifikasies en bereidwilligheid om te reis.√
- Datum van indiensneming/Aanvang van indiensneming.√
- Plek waar werknemer die meeste van sy/haar werkstyd sal deur bring.√
- Werksure soos gewone tyd/oortyd.√
- Vergoeding soos weekliks of maandelikse betaling.√
- Voordele/Byvoordele/Voordele/Toelaes.√
- Verlof soos siek-/kraam-/jaarlikse-/aannemingsverlof.√
- Werknemer aftrekkings soos verpligte/nie-verpligte.√
- Duur/Termyn van die indiensnemingskontrak/Besonderhede van
beëindiging/Vervaldatum van indiensnemingskontrak.√
- Proeftydperk.√
- Handtekeninge van beide die werkgewer en werknemer.√
- Lys van dokumente wat deel van die kontrak vorm, soos aanstellingsbrief/
gedragskode/etiek.√
- Dissiplinêre beleide, soos reëls/prosedures vir onaanvaarbare gedrag.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met aspekte wat by 'n
indiensnemingskontrak ingesluit moet word.
LET WEL: Sien slegs die eerste VIER (4) na.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 18 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

(4 x 1) (4)
4.6 Induksie
4.6.1 Doelwitte van induksie vanuit die scenario
- Die bestuur van TK het ingestem dat Mandy indiensopleiding sal ontvang om
haar vaardighede te verbeter.√
- Mandy sal die geleentheid kry om al die verskillende departemente te ervaar.√
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Ken slegs punte toe vir antwoorde uit die scenario
aangehaal.
(2 x 1) (2)
4.6.2 Voordele van induksie vir besighede
- Laat nuwe werknemers toe om vinnig aan te pas√ en doeltreffend te werk.√
- Verseker dat nuwe werknemers die reëls√ en beperkings in die besigheid
verstaan.√
- Nuwe werknemers kan verhoudings√ met medewerknemers op verskillende
vlakke aanknoop.√
- Nuwe werknemers op hul gemaak in die werkplek te laat voel√, wat sodoende
angs/onsekerheid/vrees verminder.√
- Die uitslae wat tydens die induksieproses bekom word√ voorsien 'n basis vir
gefokusde opleiding.√
- Verhoog kwaliteit van prestasie/produktiwiteit√ wat die doeltreffende gebruik
van werksmetodes/hulpbronne bevorder. √
- Verminder die behoefte aan voortgesette opleiding√ en ontwikkeling.√
- Werknemers sal vertroud wees met organisasiestrukture√ soos wie is hul
toesighouers/laevlakbestuurders.√
- Geleenthede word vir nuwe werknemers geskep√ sodat hulle verskillende
departemente kan ervaar/verken.√
- Nuwe werknemers sal hulle rolle/verantwoordelikhede√ met betrekking tot
veiligheidsregulasies en reëls verstaan.√
- Nuwe werknemers sal die uitleg van die gebou/fabriek/kantore/waar alles is
ken √, wat produksietyd bespaar.√
- Leer meer oor die besigheid sodat nuwe werknemers hulle rolle/
verantwoordelikhede verstaan√ ten einde meer doeltreffend te wees.√
- Maatskappybeleide oor gedrag/prosedures/veiligheid en sekuriteit/
indiensnemingskontrak/voorwaardes van indiensneming/werksure/verlof√ word
gekommunikeer.√
- Realistiese verwagtinge vir nuwe werknemers,√ asook vir die besigheid, word
geskep.√
- Nuwe werknemers voel deel van die span√ wat tot positiewe moraal/motivering
lei.√
- Werknemers het 'n beter begrip van besigheidsbeleide√ oor etiese/
professionele gedrag/prosedures/KMV. √
- Verminder personeelomset √ want werknemers is behoorlik
ingelyf/georiënteer. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van
induksie vir besighede.
Maks (4)
4.7 Toepassing van die BDKH-model/stappe
Beplan√√
- Besighede moet die probleem identifiseer.√
- Ontwikkel 'n plan vir die verbetering van prosesse en stelsels.√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 19 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

- Beantwoord vrae soos 'wat om te doen' en 'hoe om dit te doen'.√


- Beplan die metode en benadering.√
Stap (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)

Doen√√
- Besighede moet die verandering op 'n klein skaal implementeer.√
- Implementeer die prosesse en stelsels.√
Stap (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)
Kontroleer/Analiseer√√
- Gebruik data om resultate van verandering te analiseer/ontleed.√
- Bepaal of dit 'n verskil gemaak het.√
- Kontroleer of die prosesse doeltreffend werk.√
- Assesseer/Bepaal of dit werk/of dinge volgens plan verloop.√
Stap (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)
Handel soos nodig √√
- Stel die verbetering in werking.√
- Ontwikkel strategieë om deurlopend te verbeter.√
- Indien die verandering suksesvol was, implementeer dit op 'n groter skaal.√
- Die proses moet deurlopend hersien word.√
Stap (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede die stappe
van die BDKH-model kan toepas om die gehalte van hul produkte te verbeter.
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Aanvaar stappe in enige volgorde.
Maks (6)
4.8 Gehalte-aanwysers van die aankoopfunksie
- Besighede moet grondstowwe/produkte in groot hoeveelhede teen
laer/afslagpryse aankoop.√√
- Kies betroubare verskaffers wat die beste gehalte grondstowwe/
kapitaalgoedere teen bekostigbare pryse verskaf.√√
- Plaas bestellings betyds en volg bestellings gereeld op om te verseker dat
goedere betyds afgelewer word.√√
- Doeltreffende koördinering tussen die aankope- en produksiedepartemente
sodat aankooppersoneel die produksieproses/vereistes verstaan.√√
- Verlangde hoeveelhede moet op die regte tyd en plek afgelewer word.√√
- Implementeer/Hou voorraadbeheerstelsels in stand om die veiligheid van die
voorraad te verseker.√√
- Handhaaf optimale voorraadvlakke om te veel/verouderde voorraad te
vermy/verminder.√√

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 20 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

- Moniteer en rapporteer oor minimum voorraadvlakke om voorraadtekorte te vermy.√√


- Doeltreffende gebruik van bergingsgeriewe en handhawing van die
produkgehalte terwyl dit opgeberg word.√√
- Betrek verskaffers by strategiese beplanning/produkontwerp/materiaalkeuses/
gehaltebeheerprosesse.√√
- Verseker dat daar geen onderbreking in produksie as gevolg van
voorraadtekorte is nie.√√
- Bewerkstellig verhoudings met verskaffers sodat hulle in lyn met die besigheid
se visie/missie/waardes kan wees.√√
- ‘n Deeglike begrip van bestuur van die verskaffingsketting om die korrekte
verkrygingsprosedures/-prosesse toe te pas. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die gehalteaanwyser van
die aankoopfunksie.
Maks (4)
[40]

UITEENSETTING VAN PUNTE


VRAAG 4 PUNTE
4.1 4
4.2 4
4.3.1 2
4.3.2 6
4.4 4
4.5 4
4.6.1 2
4.6.2 4
4.7 6
4.8 4
TOTAAL 40
TOTAAL AFDELING B: 80

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 21 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

AFDELING C
Sien slegs die antwoorde op die EERSTE vraag na.
VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
5.1 Inleiding
- Die Wet op Arbeidsverhoudinge stel werknemers in staat om hul regte in die
werkplek toe te pas. √
- WAV verskaf deurdagte regs-/wettigestrukture wat arbeidsvrede in die werkplek
bevorder. √
- Die korrekte implementering van hierdie Wet kan onnodige arbeidsgeskille en
onwettige industriële aksies voorkom. √
- Besighede moet probeer om aan hierdie Wet te voldoen om nie onnodige tyd te
mors om hofsake by te woon nie wat lae produktiwiteit tot gevolg kan hê. √
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die regte van werknemers
in terme van die WAV/doel van die WAV/impak van WAV op besighede/
strafmaatreëls vir nienakoming van die WAV.
Enige (2 x 1) (2)
5.2 Regte van werknemers in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge/WVA
- Werknemers kan aan 'n vakbond van hul keuse behoort. √√
- Mag wettiglik staak as 'n teenmiddel vir griewe. √√
- Verwys onopgeloste werkplek geskille/dispute na die KVBA. √√
- Verwys onopgeloste KVBA-geskille na die Arbeidshof vir appèl. √√
- Versoek vakbondverteenwoordigers om werknemers by te staan/
verteenwoordig in griewe-/dissiplinêre verhore. √√
- Vakbondverteenwoordigers kan 'n redelike tyd by die werk afkry, teen betaling,
om aan vakbondpligte aandag te gee. √√
- 'n Werkplekforum te stig waar 'n besigheid 100 of meer werknemers het om
werkverwante kwessies op te los/aan te spreek. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die regte van werknemers
in terme van die WAV.
Maks (10)
5.3 Doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge/WAV
- Voorsien 'n raamwerk/struktuur vir arbeidsverhoudinge √ tussen werkgewers/
werknemers/vakbonde/werkgewerorganisasies. √
- Bevorder/Fasiliteer kollektiewe bedinging √ by die werkplek/op sektorale vlak. √
- Bevorder werkplekforums√ om werknemers in besluitneming te akkommodeer. √
- Verskaf die reg op uitsluiting deur die werkgewer √ as 'n reaksie op lang/
uitgerekte stakings. √
- Bevorder billike arbeidspraktyke √ tussen die werkgewers en werknemers. √
- Bevorder eenvoudige prosedures √ vir die registrasie van vakbonde/werkgewer-
organisasies. √
- Gee duidelikheid aan die oordrag van indiensnemingskontrakte √ tussen die
huidige en nuwe werkgewers. √
- Bevorder ekonomiese ontwikkeling/maatskaplike geregtigheid/arbeidsvrede √ om
te verseker dat die werkplek die basiese regte van werknemers sal handhaaf. √
- Vestig die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) √ om
dispute te besleg. √
- Vestig Arbeidshowe √ en Arbeidsappèlhowe. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die doel van die WAV.
Maks (14)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 22 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

5.4 Impak van Wet op Arbeidsverhoudinge/WAV


Positiewe/Voordele
- Bevorder 'n gesonde verhouding√ tussen die werkgewer en die werknemer. √
- Beskerm die regte van besighede √ in arbeidsverhoudingskwessies. √
- Arbeidsgeskille word gouer opgelos√ en is goedkoper. √
- Werkplekforums kan waarde toevoeg tot besighede√ indien dit behoorlik
funksioneer. √
- Verskaf beskerming aan werkgewers wat met wettige uitsluitings voortgaan√
wanneer onderhandelinge tussen partye misluk. √
- WAV maak voorsiening vir die beginsels van kollektiewe bedinging√ en stel
strukture in plek om geskille/dispute in die werkplek op te los. √
- Voorsien spesifieke riglyne aan werkgewers√ oor korrekte en regverdige
dissiplinêre prosedures. √
- Werkgewers en werknemers het riglyne√ oor korrekte en regverdige afdankings-
/ontslagprosedures. √
- Voorsien ʼn meganisme/raamwerk√ soos statutêre rade/kollektiewe
bedinging/KVBA. √
- Werkgewers is geregtig op vergoeding van die Arbeidshof√ indien hul as gevolg
van onwettige/onbeskermde stakings skade gelei het. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe
impak/voordele van die WAV op besighede.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Verminderde globale mededingendheid √ as gevolg van laer produktiwiteit. √
- Produktiwiteit mag afneem √ indien die werknemers toe gelaat word om aan
vakbondaktiwiteite tydens werktyd deel te neem. √
- Koste van arbeid verhoog √ as gevolg van wettige stakings. √
- Werkgewers kan nie 'n hofbevel kry√ om 'n staking te keer nie.√
- Werkgewers moet dalk inligting rakende werkplek kwessies aan vakbond-
verteenwoordigers openbaar maak√ wat dalk die kern van hulle mededingende
voordeel is.√
- Werkgewers kan nie werknemers na willekeur afdank nie√, aangesien
prosedures gevolg moet word.√
- Baie werknemers buit die reg om te staak uit√ sonder om hulle
verantwoordelikhede te erken.√
- Baie werknemers en werkgewers√ verstaan/respekteer nie die Wet op
Arbeidsverhoudinge nie.√
- Stakings lei altyd tot produksieverlies√, waarvoor werkgewers nie kan eis nie. √
- Sekere vakbonde bevorder nie die mandaat van hul lede nie√, maar gaan oor
tot nywerheidsoptrede wat nadelig is vir arbeidsverhoudinge tussen werkgewers
en werknemers. √
- Sommige besighede kan voel dat die WAV die werknemers te veel mag gee√
aangesien dit tot lang prosedures kan lei, soos om met werkplekforums te
raadpleeg. √
- Arbeidgeskille/-dispute en bedingingsraadprosedures raak ontwrigtend/
tydrowend√ en kan tot 'n daling in produktiwiteit/winsgewendheid in besighede
lei. √
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe
impak/nadele van die WAV op besighede.
Maks (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 23 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

5.5 Strafmaatreëls vir nienakoming van die Wet op Arbeidsverhoudinge/WAV


- Die werkgewer kan gedwing word om tot 'n geskilbeslegtingproses toe te tree.√√
- Besighede sal beboet word indien hulle nie aan die ooreenkomste wat tydens
die geskilbeslegtingsproses bereik is, voldoen nie. √√
- Besighede wat versuim om aan hierdie Wet te voldoen, kan die risiko loop van
finansiële kostes soos regs-/KVBA kostes en boetes. √√
- Die Arbeidsinspekteurs kan ondersoek in stel en vra vrae oor klagtes. √√
- Besighede kan beveel word om vergoedinge en skade aan die werkgewer te
betaal. √√
- Die Arbeidsinspekteur kan besighede beveel om bedrywighede te stop indien
die besigheid skuldig bevind word van onwettige praktyke. √√
- Besighede kan na die Arbeidshof geneem word vir ʼn beslissing. √√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die strafmaatreëls vir
nienakoming van die WAV wat besighede in die gesig mag staar. Maks (8)
5.6 Gevolgtrekking
- Die regte van die werknemers verskaf 'n regsraamwerk vir aanvaarbare
arbeidspraktyke in die werkplek. √√
- Die kollektiewe bedingingsproses stel werkgewersorganisasies en vakbonde in
staat om saam te stem oor arbeidskwessies wat minder arbeidsgeskille tot
gevolg het. √√
- Billike arbeidspraktyke bevorder vrede en harmonie in die werkplek. √√
- Besighede moet aan die Wet voldoen om onnodige finansiële las en ongesonde
werksomgewing te vermy. √√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die regte van
werknemers in terme van die WAV/doel van die WAV/impak van WAV op
besighede/strafmaatreëls vir nienakoming van die WAV.
Enige (1 x 2) (2)
[40]

VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTE


BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Regte van werknemers in
10
terme van die WAV Maks
Doel van die WAV 14 32
Impak van WAV op besighede 14
Strafmaatreëls vir nienakoming
8
van die WAV
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
Sintese 2 8
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 24 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)


6.1 Inleiding
- Gehaltebeheer speel 'n belangrike rol in die algehele produksieproses omdat dit
die resultate van die eindproduk bepaal. √
- Gehalteversekering laat besighede toe om produkafwykings op 'n vroeë stadium
van produksie te identifiseer en reg te stel. √
- 'n Goeie gehaltebestuurstelsel kan besighede toelaat om deurlopend hul
gehalteprosesse wat gerig is om gehalte produkte te vervaardig te hersien. √
- 'n Deurlopende poging deur bestuur om werknemers se vaardighede te
ontwikkel kan bydra tot gehalte produkte. √
- Besighede moet verbruikers se behoeftes deurlopend analiseer en omkeer
strategieë ontwikkel om verbruikers se behoeftes te bevredig. √
- Gehaltesirkels verskaf goeie voorstelle omdat hul bestaan uit spesialiste van
verskillende departemente. √
- Enige ander relevante inleiding wat verband hou met die verskille tussen
gehaltebeheer en gehalteversekering/voordele van 'n goeie
gehaltebestuurstelsel/impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling en totale
kliënte-/klante-tevredenheid/rol van gehaltesirkels.
Enige (2 x 1) (2)
6.2 Verskille tussen gehaltebeheer en gehalteversekering
GEHALTEBEHEER GEHALTEVERSEKERING
- Stelsel wat verseker dat die verlangde - Kontrole word tydens en na die
gehalte verkry word deur die finale produksieproses uitgevoer.√√
produk te inspekteer.√√
- Verseker dat die finale produkte aan - Verseker dat die vereiste standaarde
die vereiste standaarde voldoen.√√ tydens elke fase van die proses behaal
word.√√
- Proses wat verseker dat produkte - Prosesse wat in plek gestel word om te
deurlopend volgens hoë standaarde verseker dat die gehalte van
vervaardig word.√√ produkte/dienste/stelsels aan die
voorafbepaalde standaarde, met minimale
defekte/vertragings/tekortkominge,
voldoen. √√
- Kontrolering van grondstowwe/ - Verseker dat elke proses daarop gemik is
werknemers/masjinerie/vakmanskap/ om die produk ‘die eerste keer reg te kry’
produkte om te verseker dat hoë en te voorkom dat foute herhaal word.√√
standaarde gehandhaaf word.√√
- Behels die daarstelling van - Die 'inbou' van kwaliteit in teenstelling met
teikens/meting van prestasie en die die 'nagaan van' kwaliteit. √√
neem van regstellende
maatreëls. √√
- Enige ander relevante antwoord wat - Enige ander relevante antwoord wat
verband hou met gehaltebeheer. verband hou met gehalteversekering.
Submaks (4) Submaks (4)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie.
2. Die verskille hoef nie verbind te wees nie, maar moet duidelik
wees.
3. Ken 'n maksimum van VIER (4) punte toe, indien die verskille
nie duidelik is nie/Sien slegs gehaltebeheer of
gehalteversekering na. Maks (8)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 25 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

6.3 Voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel


- Doeltreffende diens word aan klante gelewer√, wat lei tot verhoogde klante-
tevredendheid.√
- Tyd en hulpbronne√ word doeltreffend benut.√
- Produktiwiteit verhoog√ as gevolg van behoorlike tydsbestuur/gebruik van hoë
gehalte hulpbronne.√
- Produkte/Dienste word deurlopend verbeter√, wat tot groter klante-
tevredenheid lei.√
- Visie/Missie/Besigheidsdoelwitte√ kan bereik word.√
- 'n Besigheid het 'n mededingende voordeel√ bo sy mededingers.√
- Gereelde opleiding sal voortdurend die gehalte van werknemers se
vaardighede/kennis√ verbeter.√
- Werkgewers en werknemers sal 'n gesonde werksverhouding hê√ wat
gelukkige/produktiewe werkers tot gevolg het.√
- Groter markaandeel/meer klante√ verbeterde winsgewendheid.√
- Verbeter die besigheid se beeld√, omdat daar minder foutiewe produkte/
terugsendings, is.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die voordele van 'n goeie
gehaltebestuurstelsel. Maks (12)
6.4 Impak van totale gehaltebestuur/TGB-elemente op groot besighede
6.4.1 Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding
Positiewes/Voordele
- Groot besighede het 'n menslikehulpbron-afdeling√ wat aan vaardigheids-
opleiding en -ontwikkeling toegewy word.√
- Menslikehulpbron-deskundiges verseker dat opleidingsprogramme relevant is√ om
klantetevredenheid te verhoog.√
- Vermoë om gespesialiseerde/vaardige werknemers√ te bekostig.√
- Groot besighede doen vaardigheidsoudits om die bevoegdheid/onderwysvlakke
van personeel te bepaal√ wat die gehalte van produkte positief kan beïnvloed.√
- Is in staat om gekwalifiseerde opleiers te huur √ om werknemers op 'n gereelde
basis op te lei.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe impak/
voordele van deurlopende vaardigheidsontwikkeling/onderwys en opleiding as 'n
TGB-element op groot besighede.
EN/OF
Negatiewes/Nadele
- Swak kommunikasiestelsel in groot besighede√ kan verhinder dat doeltreffende
opleiding plaasvind.√
- Opgeleide werknemers kan moontlik die onderneming verlaat vir beter poste√
nadat hulle meer vaardighede opgedoen het.√
- Werknemers raak gedemotiveerd√ indien hulle nie erkenning vir opleiding ontvang
nie.√
- Werknemers wat spesialiseer in eng gedefinieerde werksgeleenthede√ kan
gefrustreerd/ gedemotiveerd raak.√
- Werknemers is dalk nie bewus van die vlak van bevoegdheid waaraan hulle moet
voldoen √ om hul teikens te bereik nie.√
- Dit kan moeilik wees om die doeltreffendheid van die opleiding√ te monitor/
evalueer.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe
impak/nadelevan deurlopende vaardigheidsontwikkeling/onderwys en opleiding as
‘n TGB-element op groot besighede. Submaks (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Besigheidstudies/V1 26 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

6.4.2 Totale kliënt-/klant-tevredenheid


Positiewe/Voordele
- Groot besighede gebruik marknavorsing/klante opnames√ om klante-
tevredenheid te meet/monitor/klante se behoeftes te ontleed.√
- Die maatskappy se positiewe beeld √ voortdurend te bervorder.√
- Kan 'n toestand van totale kliënte/klante-tevredenheid bereik√, indien besighede
gesonde besigheidspraktyke volg wat alle belanghebbendes/rolspelers insluit.√
- Streef daarna om klante te verstaan en aan hul verwagtinge te voldoen√ deur
kruisfunksionele spanne in lyn te bring met kritiese prosesse.√
- Verseker dat kruisfunksionele spanne hul kernbevoegdhede verstaan√ en dit
ontwikkel/versterk.√
- Kan lei tot groter verbruiker retensie/lojaliteit√ en besighede kan dalk hoër pryse
vra.√
- Groot besighede kan toegang kry√ tot globale markte.√
- Kan lei tot verhoogde√ mededingendheid/winsgewendheid.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die positiewe
impak/voordele van totale kliënte-/klante-tevredenheid as 'n TGB-element op
groot besighede.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
- Werknemers wat selde klante ontmoet√, het dikwels nie 'n duidelike begrip van
wat klante se behoeftes sal bevredig nie.√
- Monopolistiese maatskappye het 'n groter bedingingsmag√, en het dus nie nodig
om altyd klante tevrede te hou nie.√
- Nie alle werknemers is dalk betrokke/verbind√ aan totale kliënte/klante-
tevredenheid nie.√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die negatiewe
impak/nadele van totale kliënte-/klante-tevredenheid as 'n TGB-element op
groot besighede.
Submaks (8)
Maks (14)
6.5 Rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van prosesse en
stelsels
- Los probleme op ten opsigte van kwaliteit en implementeer verbeterings. √√
- Ondersoek probleme en stel oplossings aan bestuur voor. √√
- Verseker dat daar geen duplisering van aktiwiteite/take in die werkplek is nie. √√
- Maak voorstelle vir die verbetering van prosesses en stelsels in die werkplek. √√
- Verbeter die gehalte van produkte/dienste/produktiwiteit deur gereelde
hersiening van gehalteprosesse. √√
- Monitor/Versterk strategieë sodat die besigheid se bedrywighede glad verloop.√√
- Verhoog werknemers se moraal en motivering. √√
- Bespreek maniere waarop die gehalte van werk/vakmanskap verbeter kan
word. √√
- Dra by tot die verbetering en ontwikkeling van die organisasie.√√
- Verminder die koste van oortolligheid en verkwistende pogings op die lang
termyn.√√
- Verhoog die aanvraag vir die goedere/dienste van die besigheid.√√
- Skep harmonie en hoё werkverrigting in die werkplek.√√
- Bou 'n gesonde verhouding in die werkplek tussen die werkgewer en die
werknemer.√√
- Verbeter werknemerslojaliteit/toewyding tot die besigheidsdoelwitte.√√

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 27 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

- Verbeter werknemerskommunikasie op alle vlakke van die besigheid.√√


- Ontwikkel 'n positiewe houding/gevoel van betrokkenheid in
besluitnemingsprossese van dienste aangebied.√√
- Enige ander relevante antwoord wat verband hou met die rol van gehalte sirkels
as deel van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
Maks (12)

6.6 Gevolgtrekking
- Gehaltebeheer verseker dat besighede vrugtelose uitgawes vermy as gevolg
van lae verkope wat swak produkte tot gevolg het. √√
- Gehalteversekering verminder die hoeveelheid produkte wat klante sal
terugbring om te vervang of om 'n terugbetaling te kry. √√
- Besighede moet altyd die implementering van gehaltebeheer en
gehalteversekering hersien om voortdurend die voordele van 'n gehaltebestuur-
stelsel te geniet. √√
- Die korrekte implementering van deurlopende vaardigheidsontwikkeling kan
werknemers in staat stel om doeltreffend te werk en doelwitte te bereik. √√
- Totale kliënte-/klante-tevredenheid help besighede om totale gehalte
doeltreffend te implementeer en verseker dat hulle aan alle vereistes van hul
klante voldoen. √√
- Gehaltesirkels stel besighede in staat om bedryfstelsels en riglyne in plek te
stel om hoë klante-tevredenheid te bereik. √√
- Enige ander relevante gevolgtrekking wat verband hou met die verskille tussen
gehaltebeheer en gehalteversekering/voordele van 'n goeie gehaltebestuur-
stelsel/impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling en totale kliënte-
/klante-tevredenheid/rol van gehaltesirkels.
Enige (1 x 2) (2)
[40]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Besigheidstudies/V1 28 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyn

VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTE


MAKSIMU
BESONDERHEDE TOTAAL
M
Inleiding 2
Verskille tussen gehaltebeheer en
8
gehalteversekering
Voordele van 'n goeie
12
gehaltebestuurstelsel
Impak van TGB-elemente op groot
besighede:
o Deurlopende Maks
vaardigheidsontwikkeling/ 14 32
Onderwys en opleiding
o Totale kliënte-/klante-
tevredenheid
Rol van gehaltesirkels as deel
van deurlopende verbetering van 12
prosesse en stelsels
Gevolgtrekking 2
INSIG
Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2 8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40

SASO – vir elke komponent:


Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is.
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is.
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie.

TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

You might also like