You are on page 1of 16

GRAAD 12

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

VERBRUIKERSTUDIES

2023

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 2 DBE/2023
SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute)


AFDELING A (Kortvrae)
1 Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20
AFDELING B (Langvrae)
2 Die Verbruiker 40 40
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 20 20
5 Behuising en Interieur 20 20
6 Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL: 200 180

2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK


beantwoord word.

3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie


vraestel gebruik is.

4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

6. Skryf slegs in swart of blou ink.

7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 3 DBE/2023
SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

1.1.1 … vorder belasting namens die regering in.

A Die Reserwebank
B Kommersiële banke
C Die Parlement
D Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) (1)

1.1.2 Suikerbelasting word op ... gehef.

A melkskommels
B koffie
C koeldranke
D rooibostee (1)

1.1.3 Die afkoelperiode vir die kansellasie van 'n kontrak is … werksdae.

A 3
B 5
C 8
D 14 (1)

1.1.4 … rente word slegs op die oorspronklike bedrag gehef.

A Saamgestelde
B Vasgestelde
C Enkelvoudige
D Veranderlike (1)

1.1.5 'n Gemeenskapsgebaseerde spaarklub met ekonomiese en sosiale


voordele vir al die lede:

A Swendelskema
B Stokvel
C Gemeenskapsklub
D Multivlak-skema (1)

1.1.6 … is die voedselbymiddel wat waarskynlik 'n negatiewe effek op


iemand se gesondheid sal hê.

A Pektien
B Lesitien
C Gelatien
D Bensoaat (1)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 4 DBE/2023
SS/NSS

1.1.7 … voorkom dat voedsel verbruin.


A Emulsifiseerders
B Antioksidante
C Stabiliseerders
D Bleikmiddels (1)
1.1.8 Die beste voedselbron van yster:
A Ryp piesangs
B Beeslewer
C Gepiekelde beet
D Volkoringbrood (1)
1.1.9 Die nutriënt wat met die absorpsie van yster help:
A Vitamien A
B Vitamien B
C Vitamien B12
D Vitamien C (1)
1.1.10 DNS-molekules word in ... gebruik om die eienskappe van voedsel
te verander.
A geprosesseerde voedsel
B organies gekweekte voedsel
C geneties gemodifiseerde voedsel
D bestraalde voedsel (1)
Bestudeer die prent hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.11 en 1.1.12.

DIE BLOU DENIMBAADJIE


 Middellyflengte
 Lang moue
 Knope aan die voorkant
 Twee sakke aan elke kant
 Twee sakke met knope aan die voorkant

[Bron: blakkur.is.com]

1.1.11 Die denimbaadjie hierbo kan as … geklassifiseer word.


A tradisionele mode
B outydse ('vintage') mode
C 'n modegier
D klassieke mode (1)
1.1.12 Die lengte van die baadjie sal die draer … laat vertoon.
A korter en breër
B groter en langer
C langer en skraler
D kleiner en korter (1)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 5 DBE/2023
SS/NSS

1.1.13 'n Voordeel daarvan om huishoudelike toestelle met 'n


huurkooptransaksie te koop:

A Geen rente word op die uitstaande bedrag gehef nie.


B Dit bly in die winkel totdat die laaste paaiement betaal is.
C Dit kan gebruik word terwyl dit afbetaal word.
D Dit is goedkoper as 'n kredietkaarttransaksie. (1)

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.14.

Die kontantprys van 'n toestel is R6 499,95.


Die huurkoopprys is R400 per maand oor 30 maande en die
deposito is R650,00.

1.1.14 Die koste om die toestel met 'n huurkooptransaksie te koop:

A R6 499,95
B R7 149,95
C R12 000,00
D R12 650,00 (1)

1.1.15 Die tipe behuising waarvolgens 'n ooreenkoms vir 'n spesifieke
tydperk onderteken word:

A Huur
B Koop
C Bou
D Voltitel (1)

1.1.16 … verseker dat daar aan die vereiste vasgestelde standaarde vir 'n
produk voldoen word.

A Voorraadbeheer
B Tydsbestuur
C Gehaltebeheer
D Finansiële beheer (1)

1.1.17 Waarde-vir-geld-/Kompetisie-gebaseerde prysvasstelling …

A tel alle koste by, winsopslag ingesluit.


B stel die pryse van produkte volgens aanvraag vas.
C word gebruik om unieke produkte se pryse vas te stel.
D word soortgelyk aan ander produkte vasgestel. (1)

1.1.18 Produksie sal die doeltreffendste wees wanneer …

A 'n goeie bemarkingstrategie gebruik word.


B finansiële hulpbronne beskikbaar is.
C werkers gereeld opgelei word.
D personeel goed betaal word. (1)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 6 DBE/2023
SS/NSS

1.1.19 'n Lewensvatbaarheidstudie word gedoen om 'n besigheid se ...

A vloei van geld na te gaan.


B sterk punte en swak punte te identifiseer.
C teikens te behaal.
D verkope-scenario te evalueer. (1)

1.1.20 Daar word aanbeveel dat besighede plaaslike grondstowwe


gebruik omdat dit …

A goeie waarde vir geld bied.


B geen afleweringsfooi het nie.
C maklik bekombaar is.
D maklik is om te bestuur. (1)

1.2 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.2.1 'n Bedrag wat by die kosprys van produkte gevoeg word om
oorhoofse koste te dek en 'n wins te maak

1.2.2 'n Besigheid bereik sy verkoopsteiken omdat die produk baie goed
verkoop

1.2.3 Toon die vloei van geld oor 'n toekomstige periode om te verseker
dat die besigheid nie kontantvloeiprobleme ontwikkel nie

1.2.4 Sluit al die uitgawes in wat gemaak moet word voordat 'n besigheid
kan begin (4 x 1) (4)

1.3 Pas 'n beskrywing in KOLOM B by 'n modeterm in KOLOM A. Skryf


slegs die letter (AE) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.4 F.

KOLOM A KOLOM B
MODETERM BESKRYWING
1.3.1 Styl A rigting waarin mode beweeg

1.3.2 Mode B verteenwoordig mode uit 'n vorige


era
1.3.3 Modeneiging
C verteenwoordig spesifieke
eienskappe van 'n kledingstuk

D word deur 'n spesifieke groep mense


op 'n gegewe tydstip en plek aanvaar

E word deur eenvoud gekenmerk


(3 x 1) (3)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 7 DBE/2023
SS/NSS

1.4 Pas 'n beskrywing van betalings in KOLOM B by 'n betaling in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (AH) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 J.

KOLOM A KOLOM B
BETALINGS BESKRYWING VAN BETALINGS
1.4.1 Heffing A maandelikse terugbetaling aan die
bank vir 'n lening op vaste eiendom
1.4.2 Verbandterugbetalings
B betaling om die struktuur van 'n
1.4.3 Munisipale belasting eiendom te dek

1.4.4 Deposito C word betaal wanneer 'n


huurooreenkoms onderteken word
1.4.5 Huur
D word vir water en elektrisiteit aan
die munisipaliteit betaal

E word aan die


huiseienaarsvereniging betaal

F belasting wat betaal word wanneer


'n eiendom van eienaarskap
verander

G word maandeliks vir die gebruik


van die eiendom betaal

H word aan die plaaslike


munisipaliteit betaal
(5 x 1) (5)

1.5 Kies uit die lys hieronder VIER items wat op voedseletikette verskyn wat
verbruikers teen gesondheids- en veiligheidsgevare kan beskerm. Skryf slegs
die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.

A Allergene
B Prys/Strepieskode
C Land van oorsprong
D Lys van bestanddele
E Instruksies vir gebruik en berging
F Beskrywing van die produk
G Grootte van die produk
H Datumstempels (4)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 8 DBE/2023
SS/NSS

1.6 Kies VIER voorbeelde van inkomstebelasting wat direk aan SAID (Suid-
Afrikaanse Inkomstediens) betaalbaar is uit die lys hieronder. Skryf slegs die
letters (A–H) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

A John betaal 'n brandstofheffing wanneer hy sy motor se tenk met petrol


volmaak.
B Luke betaal elke maand LBS (lopende betaalstelsel).
C Jolene betaal maandeliks haar munisipale belasting.
D Linda verkoop beeste en betaal twee keer per jaar belasting.
E Yanga word belas op die huurinkomste wat hy van sy huurders ontvang.
F Sipho betaal BTW op sommige van die kruideniersware wat hy koop.
G Dorothy het haar tweede huis verkoop en moes kapitaalwinsbelasting
betaal.
H Sondebelasting/Aksynsbelasting is gehef toe Fazila parfuum gekoop
het. (4)

TOTAAL AFDELING A: 40

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 9 DBE/2023
SS/NSS

AFDELING B: LANGVRAE

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER

2.1 Noem VIER nadele van die gebruik van gas in 'n huis. (4)

2.2 Gee VIER voorbeelde van onbillike sakepraktyke. (4)

2.3 Noem DRIE maniere waarop verbruikers elektrisiteit kan bespaar wanneer 'n
wasmasjien gebruik word. (3)

2.4 Verduidelik hoe pryskennisgewing/'n lotery-swendelskema werk. (3)

2.5 Bespreek hoe water doeltreffend gebruik kan word wanneer jy bad of stort. (4)

2.6 Elektrisiteit is 'n basiese behoefte wat deur munisipaliteite voorsien word.

2.6.1 Verduidelik hoe munisipaliteite elektrisiteit aan hulle gemeenskappe


verskaf. (3)

2.6.2 Noem hoe verbruikers die elektrisiteit wat aan hulle verskaf word,
kan beskerm. (3)

2.7 Verduidelik die kenmerke van 'n onwettige piramideskema. (4)

2.8 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Verbruikerinflasie vir Mei het tot 6,5% gestyg. Dit is baie hoër as wat die
Reserwebank verwag het. Die Reserwebank wil tipies inflasie tussen 3% en
6% hê. Die opwaartse neiging in inflasie sal die Reserwebank dwing om met
rentekoersverhogings voort te gaan.

[Bron: Business Maverick, Junie 2022]

2.8.1 Noem en verduidelik die instrument wat gebruik word om inflasie te


meet. (4)

2.8.2 Voorspel die impak wat rentekoersverhogings op die


lewensgehalte van Suid-Afrikaners sal hê. (8)
[40]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 10 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1 Noem VIER maniere waarop 'n persoon wat aan hoë bloeddruk ly, sy/haar
soutinname kan verminder. (4)

3.2 Gee dieetkundige riglyne om met die bestuur van anemie te help. (4)

3.3 Gee DRIE voordele van die gebruik van chemiese preserveermiddels in
voedsel. (3)

3.4 Verduidelik waarom kruie en speserye bestraal word. (2)

3.5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

'WEES BEDAG OP E. COLI, VERAL OP STRANDE EN IN RIVIERE,'


SÊ ETHEKWINI MUNISIPALITEIT IN KWAZULU-NATAL

As gevolg van rioollekkasies het 'n afval-en-waterbehandelingsdiens-


maatskappy in Junie 2022 strande en riviere in die omgewing getoets. Hulle
het gevind dat E. coli-vlakke baie hoog was. Die munisipaliteit het inwoners
en vakansiegangers afgeraai om te swem en om sardyne en varswatervis te
vang en te eet omdat baie van die inwoners vir oorlewing van die vis afhanklik
is.

[Bron: iol.co.za, 24 Junie 2022]

Verduidelik hoe E. coli aan mense oorgedra kan word. (6)

3.6 Bestudeer die prent van 'n slagaar hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.

[Bron: thefhfoundation.org]

3.6.1 Noem die voedselverwante gesondheidstoestand wat in die prent


hierbo verteenwoordig word. (1)

3.6.2 Identifiseer stof A wat in die prent hierbo aangedui word. (1)

3.6.3 Beskryf hoe stof A tot koronêre hartsiekte kan bydra. (4)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 11 DBE/2023
SS/NSS

3.7 Bestudeer die bestanddele van 'n pizza hieronder en beantwoord die vraag
wat volg.

BESTANDDELE
KORS BOLAAG

 Koekmeelblom  Tamatiepasta
 Eiers  Origanum
 Bakpoeier  Skywe sampioene
 Volroommelk  Olywe
 Botter  Gerasperde cheddarkaas
 Biefworsies
 Russiese worsies ('Russians')
 Spek/Macon

Skryf 'n paragraaf om te bespreek hoe die pizza hierbo NIE tot die bestuur
van koronêre hartsiekte sal bydra NIE. (8)

3.8 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

Voedselsekerheid in Suid-Afrika is deur die onlangse verhoging in


brandstofpryse beïnvloed.

Regverdig die stelling hierbo. (7)


[40]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 12 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 4: KLEDING

4.1 Noem die mode wat 'n styl van 'n vorige era naboots/daarmee ooreenstem. (1)

4.2 Gee DRIE stadia in die modesiklus. (3)

4.3 Verduidelik die term nagemaakte produkte. (1)

4.4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

Die omgewing word in ag geneem wannneer eko-vriendelike kleedstowwe


vervaardig word.

Staaf hierdie stelling. (5)

4.5 Noem VYF riglyne om in ag te neem wanneer hemde/bloeses gekies word


om vir 'n werk by 'n rekeningkundige firma te dra. (5)

4.6 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

1990

 Swart, egte leer, lospassende


broek wat nie rek nie

[Bron: harpersbazaar.com]
2023

 Kunsleer, noupassende
('skinny') broek wat kan rek om
by die fatsoen/vorm van die
liggaam te pas

[Bron: thefix.co.za]

Bespreek hoe veranderinge in tegnologie sedert die 1990's tot die skep van
die bekostigbare en gemaklike noupassende kunsleerbroeke in 2023 bygedra
het. (5)
[20]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 13 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR

5.1 Maak 'n lys van die inligting wat by 'n huurooreenkoms ingesluit moet word. (3)

5.2 Bestudeer die prent van 'n regopstaande vrieskas hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.

REGOPSTAANDE VRIESKAS

 Temperatuurbeheer
 Outo-ontvries
 Groot kapasiteit
 Vlekvryestaal-afwerking
 Kan in 'n yskas omgeskakel word
 Wit binnekant met 'n lig
 Wieletjies

Bȇrekoop-koopopsie

[Aangepas uit amazon.com]

5.2.1 Beskryf DRIE maniere waarop die regopstaande vrieskas menslike


energie bespaar. (3)

5.2.2 Verduidelik waarom bȇrekoop 'n geskikte kooptransaksie sal wees


vir iemand wat net genoeg kontant het om 'n deposito te betaal. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 14 DBE/2023
SS/NSS

5.3 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

WATERVAL │ GAUTENG │ SUID-AFRIKA


KOOP NOU
VOORDAT DIE PRYS STYG
10%-AFSLAG GRATIS HEFFINGS VIR EEN JAAR GRATIS VERBANDKOSTE

 Top-onderwysfasiliteite &-skole
 Vermaak, top-restaurante en kitskos-verkoopspunte
 Naby die 'Mall of Africa' en Kyalami-renbaan

Luukse wooneenhede met uitstekende afwerkings


Eksklusiewe leefstylsentrum met 'n volledig toegeruste gimnasium
Fantastiese geriewe met 'n spa, funksiekamer & konferensiekamer
Uitstekende sekuriteit

Ander geriewe sluit in:


 Gereed vir vesel en DStv
 Swembad
 Gimnasium en muurbalbaan
 Gesondheidspa
 Speletjieskamer en kinderspeelarea
 Fliekkamer
[Aangepas uit www.balwin.co.za]

5.3.1 Noem en verduidelik die tipe huiseienaarskap in die advertensie


hierbo. (3)

5.3.2 Identifiseer in die advertensie hierbo DRIE dienste wat deur


heffings betaal sal word. (3)

5.3.3 Beskryf waarom dit finansieel voordelig sal wees om eiendom te


koop in die ontwikkeling wat hierbo beskryf word. (6)
[20]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 15 DBE/2023
SS/NSS

VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP

6.1 Definieer die term teikenmark. (2)

6.2 Noem TWEE verspreidingsmetodes wat 'n entrepreneur kan gebruik om


sy/haar produkte te verkoop. (2)

6.3 Stel VIER maniere voor waarop 'n nuwe entrepreneur goeie
kliënteverhoudings kan bou om die sukses van sy/haar besigheid te verseker. (4)

6.4 Verduidelik waarom dit belangrik is om aan produkspesifikasies te voldoen. (3)

6.5 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

EGGSELENT-BESIGHEID

Nadat sy gesien het hoe verarm haar gemeenskap is, het Lebuhang 'n eier-
besigheid op 'n klein huurvrye (gratis) stuk grond begin. Sy het
12 kartonhouers ('trays') met eiers en eierlȇende hoenders by 'n plaaslike
boer gekoop. Sy verkoop nou vars eiers en geslagte hoenders aan die
plaaslike gemeenskap.
'n Vriend het R2 000 aan haar geleen en sy het 'n toelae ter waarde van
R50 000 van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap ontvang wat ook 'n
besigheidsmentor-geleentheid aan haar gebied het. Sy het 'n groter
hoenderhok laat bou om ten minste 600 eierlȇende hoenders te huisves. Sy
gee gratis hoendermis ('manure') vir die gemmenskap as bemestingstof vir
gemeenskapstuine.
Eggselent verkoop nou eiers aan bakkerye, bed-en-ontbyt-plekke en
instapklante. Sy bemark en verkoop haar produkte ook aanlyn. Die eiers word
teen 'n bekostigbare prys verkoop. Sy verpak die eiers in bio-afbreekbare en
herwinbare materiaal en moedig haar klante aan om hulle eie verpakking te
bring. Elke Vrydag skenk sy die eiers wat sy nie verkoop het nie aan vroeë
kinderontwikkelingsentra in haar gemeenskap.

[Aangepas uit Sowetan Live, 6 November 2021]

6.5.1 Bespreek die volgende faktore wat Lebuhang in ag geneem het toe
sy Eggselent as haar kleinskaalse besigheid gekies het:

(a) Beskikbaarheid van finansiële hulpbronne (2)

(b) Beskikbaarheid van werkspasie (2)

(c) Beskikbaarheid van grondstowwe (2)

6.5.2 Beskryf waarom Lebuhang as 'n omgewings- en sosiaal


verantwoordelike entrepreneur beskou word. (5)

6.5.3 Verduidelik waarom dit waarskynlik is dat Eggselent 'n volhoubare,


winsgewende besigheid sal wees. (6)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Verbruikerstudies 16 DBE/2023
SS/NSS

6.5.4 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

Dit kos R15,00 om een dosyn eiers te produseer. Lebuhang voeg


40% wins by.

Bereken die wins wat sy op vyf dosyn eiers maak. Toon ALLE
berekeninge. (4)

6.6 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

Beurtkrag het 'n rimpeleffek op kleinskaalse besighede en dwing hulle op


hulle knieë.
[Aangepas uit News24, Junie 2022]

Voorspel die negatiewe finansiële impak wat beurtkrag op kleinskaalse


besighede en hulle werknemers sal hê. (8)
[40]

GROOTTOTAAL: 200

Kopiereg voorbehou

You might also like