You are on page 1of 11

NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 8 MAART TOETSREEKS


EKSAMINATOR: MEV. H. SERFONTEIN TOTAAL: 70
MODERATOR: MNR. W. HAYWOOD TYD: 70 MIN

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM en VAN op jou antwoordstel en eksamen papier

2. Beantwoord ALLE vrae.

3. Begin elke SUB-VRAAG (bv. 2.3) op ‘n skoon kant van papier

4. Beantwoord AFDELING A op die ANTWOORDBLAD.

5. Beantwoord AFDELING B op die EKSAMEN PAPIER.

6. Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.

7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel

gebruik is

8. Beantwoord baie kortliks indien `n motivering of bespreking, ensovoorts verlang

word.

9. Diagramme in hierdie vraestel is nie noodwendig opskaal nie.

10. Skryf netjies en leesbaar.


AFDELING A
VRAAG 1

1.1 Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Elke vraag het slegs
een korrekte antwoord. Kies die antwoord en merk die toepaslike blokkie met `n kruis (X) op
jou ANTWOORDBLAD..

1.1.1 Die gas wat tydens respirasie vrygestel word.

A. Koolstofdioksied
B. Lug
C. Stikstof
D. Suurstof

1.1.2 Energie vanaf die son word in die plant gestoor as watter form energie?

A. Stralingsenergie
B. Chemiesepotensiële-energie
C. Kinetiese-energie
D. Hitte-energie

1.1.3 Wat is die naam van die groen pigment wat in plante gevind word?

A. Chloroplas
B. Chloor
C. Chlorofil
D. Chloronchiem

1.1.4 Watter van die volgende terme beskryf ‘n dier wat ‘n ander dier in ‘n voedselketting,
eet?

A. Primêre verbruiker
B. Sekondêre verbruiker
C. Ontbinder
D. Herbivoor
1.1.5 Organismes wat dooie organiese material afbreek staan bekend as …

A. produseerders.
B. verbruikers.
C. herbivore.
D. ontbinders.

1.1.6 Die studie van interaksies tussen lewende dinge en hul omgewing word genoem …

A. ekologie.
B. ‘n habitat.
C. ‘n ekosisteem.
D. ‘n populasie.

(6 x 2) [12]

1.2 Skryf slegs die korrekte WOORD/ TERM vir elk van die volgende beskrywings langs die
vraagnommer (1.2.1 – 1.2.3) neer op jou ANTWOORDBLAD.

1.2.1 Die groep mikro-organismes waaronder sampieone geklassifiseer word.

1.2.2 Diere wat hul kos in klein hoeveelhede weer opbring sodat dit weer kan gekou word.

1.2.3 Die groep diere wat voed op die afvalstowwe van ander diere en plante.

(3 x 1) [3]
1.3 Pas die informasie in KOLOM I met die korrekte term in KOLOM II deur slegs die letter
(A – E) langsaan die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) te skryf op jou ANTWOORDBLAD

KOLOM I KOLOM II

1.3.1 Die area waar plante en diere leef. A Parasitisme

1.3.2 Die verhouding tussen honed en bosluise. B Patogene

1.3.3 Wanneer ‘n dier gebruik maak van kleur en


C Habitat
patrone om by sy omgewing in te pas.

1.3.4 Mikro-organismes wat siektes veroorsaak. D Cholera

1.3.5 ‘n Siekte wat gekenmerk word deur erge


E Kamoeflering
diarrhea en dihidrasie.

(5 x 1) [5]
TOTAAL AFDELING A: 20
AFDELING B
VRAAG 2

2.1 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die daaropvolgende vrae.

2.1.1 Watter VORM van energie word deur A verteenwoordig? (1)

2.1.2 Identifiseer die GAS benoem B. (1)

2.1.3 Identifiseer die GAS benoem C. (1)

2.1.4 Watter PROSES word deur hierdie diagram verteenwoordig? (1)

2.1.5 Skryf die chemiese formule vir die proses in die diagram neer. (2)

2.1.6 Hoekom is hierdie proses in die bogenoemde diagram belangrik vir diere? (2)

2.1.7 In watter VORM berg plante die kos wat hulle produseer? (1)

2.1.8 Watter woord beskryf plante wat hul eie voedsel vervaardig? (1)

[10]
2.2 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die daaropvolgende vrae..

2.2.1 Beskryf die verskil tussen ABIOTIESE en BIOTIESE faktore in ‘n ekosisteem. In jou
antwoord, verskaf voorbeelde van BEIDE faktore vanuit die bostaande diagram. (4)
2.2.2 Watter tipe simbiose bestaan tussen die luiperd en die boom? (1)
2.2.3 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.2.2. (2)
2.2.4 Zebras en kameelperde is albei herbivore, maar tog kompiteer hulle nie
vir voedsel nie.
Verduidelik hierdie bostaande stelling. (2)
2.2.5 Gee ‘n voorbeeld van ‘n AASDIER vanuit die diagram. (1)

[10]
2.3 Bestudeer die onderstaande voedselweb en beantwoord die daaropvolgende vrae.

2.3.1 Gee 'n VOORBEELD van die volgende vanuit die voedselweb:

a. 'n produseerder (1)

b. 'n omnivoor (1)

c. 'n sekondêre verbruiker (1)

2.3.2 Wat is die naam van die GROEP organismes wat NIE in hierdie voedselweb
verteenwoordig word NIE? (1)

2.3.3 As al die jakkalse in hierdie voedselweb verwyder word, bespreek wat


met die volgende bevolkings sal gebeur: :
a. dassies (1)
b. impalas (1)
c. jagluiperd (1)
2.3.4 Wat is die verskil tussen ‘n INSEKTIVOOR en ‘n ROOFDIER? (2)
2.3.5 Daar is baie faktore wat die balans in ‘n ekosisteem kan versteur.
Bespreek enige TWEE menslikefaktore wat die balans in ‘n ekosisteem
beïnvloed.. (4)

[13]
2.4 Lees die artikel hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

277 renosters vermoor in Suid-Afrika hierdie jaar

09 April, 2014

"Onwettige jag het vermeerder met meer as 'n derde in vergelyking met dieselfde tyd 'n jaar
gelede, toe 203 van die reuse diere deur stropers geslag was ", het die regering gesê in 'n
verklaring. Meer as helfte van die aanvalle was in die Kruger Nasionale Park, waar 166 diere
in die eerste drie maande van 2014 vermoor is, ten spyte van die ontplooiing van troepe om
hulle te beskerm.

Owerhede in die oorgrote Nasionale Park, wat grens aan Mosambiek, sukkel om die plaag van
renosterstropers te bekamp, wat dreig om die spesies tot uitwissing te dryf. Jagters moor
dikwels die reuse diere in die swaar bewaakte reservaat en dan ontsnap hul met afgekapte
horings na Mosambiek, waar hulle dan rondom die wêreld uitgevoer word, dikwels na Asië.

Na "uitgebreide onderhandelinge", het Suid-Afrika en Mosambiek op Woensdag 'n


Memorandum van begrip onderteken om die stygende krisis aan te spreek. "Suid-Afrika erken
die behoefte aan die Mosambiek om natuurlewe te bestuur," het die Departement van
Omgewingssake in 'n verklaring gesê. "Die afsluiting van die ooreenkoms was dat die aantal
renosters wat in Suid-Afrika gestroop was, sedert die begin van 2014 tot 277 gestyg het."

Onwettige renoster moorde in Suid-Afrikaanse parke hou aan ten spyte van die bekendstelling
van lug- en voetpatrollies, sowel as ‘n toename in getalle van veldwagter wat die troepe
bystaan. Tot dusver is 32 mense in hegtenis geneem vir stropery verwante voorvalle, maar
owerhede kon nie die aantal gevalle, wat suksesvol vervolg was, gee nie.

In 2013, was oor ‘n 1 000 renosters in Suid-Afrika gestroop, na aanvraag van hul horings in
Asiatiese lande. Hulle glo die horings het medisinale eienskappe, soos die behandeling van
kanker en ander ernstige siektes, maar dit raak toenemend algemeen om dit as 'n
statussimbool te gebruik, om sukses en rykdom te vertoon.

In Februarie het bewaringsgroepe aangekondig dat hulle 100 renosters na die naburige
Botswana sal verplaas vir veilige bewaring.
2.4.1 Definieer die term "stroping”. (1)

2.4.2 Hoeveel renosters is in die tydperk 1 Januarie – 31 Maart 2014 in die


Kruger Nasionale Park gestroop? (1)

2.4.3 Hoeveel renosters is in 2013 in Suid-Afrika gestroop? (1)

2.4.4 Waarom is daar so aanvraag vir renosterhoring in Asietiese lande? (2)

2.4.1 Suid-Afrika het maatreëls in plek gestel om stroping te voorkom. Vanuit die artikel,
verduidelik DRIE maatreëls wat in plek gestel is om renosters van stropers te
beskerm. (3)

[8]
VRAAG 3

3.1 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

MIKRO-ORGANISMES

Bakterie Virus Alge Fungi

3.1.1 Watter groep mikro-organismes veroorsaak voedselvergiftiging? (1)


3.1.2 Noem TWEE insekte wat verantwoordelik is vir die verspreiding van siektes. (2)
3.1.3 Verduidelik wat ‘n PARASIET is. (2)
3.1.4 Watter van hierdie mikro-organismes sal jy klassifiseer as `n parasiet? (1)
3.1.5 Lys DRIE metodes hoe mense die verspreiding van siektes kan voorkom. (3)

[9]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 70
NAAM EN VAN:______________________________________

NATUURWETENSKAPPE
GRAAD 8 MAART TOETSREEKS

EKSAMINATOR: MEV. H. SERFONTEIN TOTAAL: 70


MODERATOR: MNR. W. HAYWOOD TIME: 70 MIN

AFDELING A

VRAAG 1.1

1.1.1 A B C D
AFDELING A: _______/20
1.1.2 A B C D AFDELING B: _______/50

1.1.3 A B C D TOTAAL: _______/70

1.1.4 A B C D

1.1.5 A B C D

1.1.6 A B C D

VRAAG 1.2 VRAAG 1.3

KORREKTE TERM I II

1.2.1 1.3.1

1.2.2 1.3.2

1.2.3 1.3.3

1.3.4

1.3.5

You might also like