You are on page 1of 16

Provinsie van die

OOS-KAAP
ONDERWYS

Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks • Sone 6 Zwelitsha 5608 • Privaatsak X0032 • Bhisho 5605
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

HOOFDIREKTORAAT – KURRIKULUM BESTUUR

GRAAD 12 LEERDER
ONDERSTEUNINGSPROGRAM

HERSIENING EN REMEDIËRENDE ONDERRIG


INSTRUMENT:
VRAE EN ANTWOORDE

VAK: LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL

Junie 2009

Hierdie dokument bestaan uit 16 bladsye.

Streng gesproke nie vir toets/eksamen doeleindes nie.


2 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09)

INSRTUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1 Beantwoord AL die vrae.

2 Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3 Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.

4 Nommer die antwoorde volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel


gebruik is.

5 Indien die antwoorde NIE voorgelê word volgens instruksies op elke vraag sal
kandidate punte verloor.

6 ALLE tekeninge moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.

7 Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8 NIE al die diagramme in hierdie vraestel is volgens skaal geteken NIE.

9 Grafiekpapier mag NIE gebruik word NIE.

10 Nieprogrameerbare sakrekenaars, gradeboë en passers mag gebruik word.

11 Skryf netjies en leesbaar.


(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter ( A – D ) langs die
vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.6 D.

1.1.1 Die periode waartydens die embrio in die uterus van die moeder
ontwikkel totdat geboorte plaasvind staan bekend as …

A inplanting.
B swangerskap.
C kontrasepsie.
D konsepsie.

1.1.2 Die posisie van ʼn geen op ʼn chromosoom staan bekend as …

A ʼn lokus.
B ʼn alleel.
C genetika.
D homoloog.

1.1.3 Nie-identiese tweelinge word gevorm wanneer …

A een eiersel deur twee spermselle bevrug word.


B twee eierselle op dieselfde tyd bevrug word.
C ʼn sigoot in twee individue verdeel.
D ʼn onbevrugte eiersel in twee verdeel.

1.1.4 Watter genetiese siekte word deur die selle in diagram B


gedemonstreer?

A B
A Siekelsel anemie
B Hemofilie
C Progeria
D Albinisme
4 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09)

1.1.5 Die nakomelinge van ʼn homosigotiese wit marmotjie wat met ʼn


homosigotiese swart marmotjie gekruis is, was almal grys. Watter
persentasie van die F2-generasie sal grys wees as die twee grys
marmotjies paar?

A 75%
B 50%
C 34%
D 25%
(5 x 2) (10)

1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in jou
ANTWOORDEBOEK neer.

1.2.1 Die periode wanneer ʼn vrou se menstruelesiklus staak.

1.2.2 ʼn Skielike lukrake verandering in die genetiese kode van ʼn


organisme wat oorerf kan word.

1.2.3 ʼn Genetiese kruising waarby twee kenmerke op ʼn tydstip betrokke is.

1.2.4 ʼn Bloedstollingsteurnis wat gewoonlik in mans voorkom en aan ʼn


resessiewe geen op die X-chromosoom gekoppel is.

1.2.5 ʼn Volle stel chromosome met al die gene van ʼn organisme.

1.2.6 Die geboorte van ʼn baba deur die abdomen deur middel van
chirurgiese prosedures.

1.2.7 ʼn Deel of segment van DNA, wat die genetiese kode vir die vorming
van ʼn spesifieke proteïen dra, deur die aminosuur volgorde te
spesifiseer.

1.2.8 ʼn Toestand wat ontstaan wanneer ʼn normale gameet ʼn gameet met ʼn


ekstra chromosoom nommer 21 bevrug, wat die vorming van ʼn sigoot
met 47 chromosome in plaas van 46 chromosome tot gevolg het.
(8 x 1) (8)
(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 5

1.3 Kies ʼn item in KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter ( A – F) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 M.

KOLOM A KOLOM B

1.3.1 Vashegting van die embrio aan die


A Rekombinante DNA
endometrium
B Estrogeen
1.3.2 DNA wat gevorm word deur een segment
C Transkriptase
van DNA van een bron aan die DNA van
ʼn vektor te verbind D Inplanting
E Chiasmata
1.3.3 Die punt waar oorkruising van
chromosome gedurende meiose F Laktase
plaasvind
G Progesteroon
1.3.4 Die hormoon wat swangerskap onderhou H Wet van onafhanklike
en deur die corpus luteum afgeskei word. sortering

1.3.5 Die ensiem wat vir die transkripsie van I Konsepsie


bRNA uit DNA verantwoordelik is.
J Wet van segregasie
1.3.6 Die wet wat lui dat allele hulself K Mitochondriale DNA
onafhanklik rangskik en dat elke gameet
L Sentromeer
een lid van elke paar ontvang

(6 x 2 ) (12)
6 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09)

1.4 Die volgende diagram verteenwoordig meiotiese deling in die sel van ʼn
vroulike organisme. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat
volg:

1.4.1 Identifiseer die dele gemerk A, B en C. (3)

1.4.2 Verskaf EEN woord vir die gepaarde chromosome aangedui deur D. (1)

1.4.3 Watter fase van meiose word deur bostaande diagram


verteenwoordig? (1)

1.4.4 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.3. (2)

1.4.5 Hoeveel chromosome sal daar aan die einde van hierdie seldeling in
elke dogtersel wees? (2)

1.4.6 In watter vroulike orgaan vind hierdie proses plaas? (1)


(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 7

1.5 Bestudeer die diagram van die menslike manlike voortplantingsorgaan en


beantwoord die vrae wat volg:

1.5.1 Verskaf die LETTER van die deel wat chirurgies tydens besnyding
verwyder word. (1)

1.5.2 Gee die NAME van die dele wat onderskeidelik I en M genommer is. (2)

1.5.3 Noem die hormoon wat deur die deel M geproduseer word. (1)

1.5.4 Skryf die LETTER neer van die struktuur wat:

(a) voedsel aan spermselle verskaf.


(b) spermselle stoor.
(c) ʼn alkaliese medium vir spermselle verskaf.
(d) uit erektiele-weefsel bestaan.
(e) chirurgie gedurende ʼn vasektomie ondergaan.
(f) ʼn weg vir semen en urine is. (6)

TOTAAL AFDELING A: 50
8 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Die onderstaande tabel toon ʼn deel van die daaglikse voedingsbehoeftes
van ʼn vrou, voor en gedurende swangerskap, aan. Bestudeer die tabel en
beantwoord die vrae wat volg:

Voedingstof Voor Gedurende


swangerskap swangerskap
Yster 15 mg 25 mg
Energie 9 000 kJ 10 000 kJ
Kalsium 0,5 g 1g
Vitamiene C 25 mg 25 mg
Vitamiene A 650 µg 650 µg
Vitamiene D 1,5 µg 9 µg
Proteïene 27 g 36 g

2.1.1 Watter voedingstof word in dieselfde hoeveelhede deur die liggaam


voor en gedurende swangerskap benodig? (1)

2.1.2 Bereken die persentasie toename in die hoeveelheid proteïene vanaf


voor tot gedurende swangerskap. TOON AL JOU BEWERKINGS. (3)

2.1.3 Watter voedingstof se inname moet gedurende swangerskap meer


as verdubbel word? (1)

2.1.4 Verskaf EEN rede waarom swanger vroue ʼn gesonde,


gebalanseerde dieet moet volg. (1)
(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 9

2.2 Die vermoë om die tong te rol word vanaf ouers na kinders oorgedra. Die
onderstaande diagram toon die oorerwing van die vermoë om die tong te rol
in ʼn spesifieke familie aan. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae
wat volg.

LET WEL: Hoofletter T is om die tong te kan rol en kleinletter t is vir die
onvermoë om die tong te rol.

2.2.1 Gee die onderskeidelike genotipes vir I en P. (4)

2.2.2 Wat is die moontlikheid dat Q en R se eerste kind die vermoë sal hê
om sy of haar tong te kan rol? (2)

2.2.3 Waarom word die eienskap om die tong te kan rol met ʼn hoofletter
aangedui en nie die onvermoë om die tong te kan rol nie? (2)

2.2.4 T en U het vyf kinders. Hoeveel dogters kan hul tonge rol? (1)

2.2.5 Is Q homosigoties of heterosigoties? (2)


10 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09)

2.3 Die volgende figuur toon die resultate van ʼn DNA vingerafdruk-analise vanaf
ʼn misdaadtoneel aan. X verteenwoordig getuienis wat by die misdaad
toneel gevind is. Die nommers 1 tot 5 verteenwoordig DNA vingerafdrukke
van vyf individue. Individu 3 is die verdagte.

2.3.1 Bepaal watter individu se patroon pas by die patroon van die DNA
wat van die getuienis verkry is. (2)

2.3.2 Sal jy individu 3 vir die misdaad skuldig bevind? (2)

2.3.3 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.3.2 hierbo. (2)

2.3.4 Watter van die DNA vingerafdrukke in die figuur dien as kontrole? (1)

2.4 Noem VIER gebruike van DNA vingerafdrukke. (4)

2.5 Noem TWEE monsters wat as getuienis vanaf die misdaad toneel vir DNA
ontleding geneem kan word. (2)
[30]
(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 11

VRAAG 3

3.1 Bestudeer die volgende diagram van plantreproduksie en beantwoord die


vrae wat volg:

3.1.1 Identifiseer die dele genommer A en C. (2)

3.1.2 Wat gebeur onderskeidelik met dele genommer D en E na


bevrugting? (2)

3.1.3 Die struktuur genommer B ontwikkel tot ʼn belangrike orgaan in ʼn


plant. Noem die orgaan. (1)
12 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09)

3.2 Bestudeer onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg:

3.2.1 Watter bevolkingsgroep het die hoogste gevalle van prostaatkanker? (1)

3.2.2 Watter bevolkingsgroep het ʼn geringe toename gedurende dieselfde


periode gehad? (1)

3.2.3 Wat is die neiging vir die voorkoms van gevalle van prostaatkanker
wat in die swart gemeenskap waargeneem word? (1)

3.2.4 Wat is die hoofbron van data wat vir die Kankervereniging van Suid-
Afrika beskikbaar is? (1)

3.3 Die moontlikheid van menslike kloning is ʼn baie kontroversiële


aangeleentheid.

3.3.1 Stem jy met menslike kloning saam, of nie? (1)

3.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1 deur DRIE redes te verskaf. (6)
(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 13

3.4 Bestudeer onderstaande diagram van die vroulike voortplantingstelsel en


beantwoord die vrae wat volg:

3.4.1 Skryf die LETTER van die orgaan waarin eierselle geproduseer
word neer. (1)

3.4.2 Skryf die NAAM van die orgaan waarin bevrugting plaasvind neer. (1)

3.4.3 Noem die deel van die orgaan, gemerk C, wat een keer ʼn maand
disintegreer. (1)

3.4.4 Noem die chirurgiese prosedures waartydens die deel gemerk A


afgesny of afgebind word. (1)
14 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09)

3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium in die proses van proteïen-sintese.


Bestudeer die diagram versigtig en beantwoord die vrae wat volg:

Diagram wat ʼn stadium in die proses van proteïen-sintese toon.

3.5.1 Watter stadium van proteïen-sintese word in die diagram getoon? (1)

3.5.2 Gee die korrekte volgorde van die drie basisse by punt R. (3)

3.5.3 Verskaf die byskrifte vir dele gemerk X, Q, Z, R en S. (5)

3.5.4 Waar in die sel vind hierdie proses presies plaas? (1)
[30]
(KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 15

VRAAG 4

4.1 Die onderstaande tabel toon die resultate van ʼn ondersoek wat onder ʼn
aantal paartjies oor die betroubaarheid van verskillende metodes van
geboortebeperkings uitgevoer is, aan. Bestudeer die tabel en beantwoord
die vrae wat volg:

METODE VAN PERSENTASIE


GEBOORTEBEPERKING SWANGERSKAPPE
Geen 53
Ritme-metode 18
Diafragma met spermdoder 11
Kondoom 8
IUA (Intra-uteriene apparaat) lus 2
Die pil 0
4.1.1 Teken ʼn staafgrafiek om die betroubaarheid van die verskillende
metodes van geboortebeperking aan te toon. (11)

4.1.2 Waarom word ʼn diafragma met ʼn spermdoder gebruik? (2)

4.1.3 Watter metode is die betroubaarste? (1)

4.1.4 Wat word met “GEEN” in die tabel bedoel? (1)

4.1.5 In watter opsig is die IUA verskillend van die ander metodes van
geboortebeperkings? (2)

4.1.6 Bespreek volgens jou mening die morele en etiese aspekte


betreffende geboortebeperkingmetodes. (3)

4.2 Sommige van die armoede geteisterde lande in Afrika het die afgelope jare
geweier om voedselhulp te aanvaar. Sommige van hulle weier selfs, of
verban die invoer van genetiese gemodifiseerde voedsel uit Suid-Afrika.
Skryf ʼn kort opstel onder die volgende hoofde:

4.2.1 Die moontlike nadele van genetiese gemodifiseerde voedsel. (6)

4.2.2 Etiese aangeleenthede ten opsigte van die verkoop van voedsel
materiaal sonder die GM merk. (5)

4.2.3 Redes om die buiteland te oortuig om Suid-Afrikaanse genetiese


gemodifiseerde voedselprodukte te koop of in te voer. (6)
Sintese: (3)
[40]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 150
16 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09)

RUBRIEK

2 4 6
Leerder se vermoë om die redes te begryp
5 of meer
waarom sommige van die arm nasies 1–2 redes 3–4 redes
redes
verkies om honger te ly eerder as om GM verskaf verskaf
verskaf
voedsel as voedselhulp te aanvaar.
2 5
Etiese kwessies in verband met die verkoop 3 of meer
1–2 kwessies
en verspreiding van GM voedsel sonder die kwessies
bespreek
GM merk op die voedselpakke. bespreek
2 4 6
Leerders se vermoë om oortuigende en
5 of meer
logiese redes voor te stel aan daardie 1–2 redes 2–4 redes
redes
nasies om genetiese gemodifiseerde verskaf verskaf
verskaf
landbouprodukte uit Suid-Afrika in te voer.
Sintese 3

You might also like