You are on page 1of 11

Lewenswetenskappe Graad 10

November 2008

HORSKOOL DOUGLAS

LEWENSWETENSKAPPE

GRAAD 10

VRAESTEL 1

NOVEMBER 2008

TYD 2 UUR

PUNTE 150

OPSTELLER: J. ERASMUS
1
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

INLIGTING EN INSTRUKSIES

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.


Beantwoord AL die vrae.
Begin elke VRAAG bo-aan n nuwe bladsy.
Alle tekeninge moet in potlood wees, met byskrifte in pen.
Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
Nie-programmeerbare sakrekenaar, gradebo en passers mag gebruik
word.
Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit van jou gevra
word om dit te doen.
Die diagramme in die vraestel is nie noodwendig volgens skaal nie.
Skryf in BLOUPEN asseblief.
Skryf netjies en leesbaar, punte sal afgetrek word vir slordige werk.

AFDELING A KORTVRAE

2
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

VRAAG 1
1.1 Verskeie moontlike keuses word as antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die regte antwoord en skryf SLEGS die LETTER langs die vraagnommer in jou
antwoordboek neer.
1.1.1 Tydens inaseming by die mens sal die diafragma ...
A. ontspan en gebo word.
B. saamtrek en gebo word.
C. ontspan en plat word.
D. saamtrek en plat word. (2)
1.1.2 Sodra lug met n ho konsentrasie koolstofdioksied (CO2) die alveoli binnegaan,
volg die lug die volgende roete:
A. alveolre buis brongus brongioli tragea
B. tragea brongus brongioli alveoli
C. tragea brongioli brongus alveoli
D. alveoli brongioli brongus tragea (2)
1.1.3 Watter van die volgende is almal diereweefsels?
A. Epiteel, spiere, meristematiese, senuwee
B. permanente, spiere, bindweefsel, floem
C. Epiteel, spiere, bindweefsel, senuwee
D. Epidermis, spiere, bindweefsel, bloed (2)
1.1.4 Sowat 200 jaar gelede het n Engelse wetenskaplike, genaamd Joseph Priestley,
n reeks eksperimente met plante en diere uitgevoer. Die volgende tekeninge som
Die bevindings van party van die eksperimente op.

Watter van hierdie stellings is KORREK?


A. Die plant in A sal uiteindelik doodgaan omdat dit weens n suurstofgebrek
nie kan fotosinteer nie.
B. Die muis in B sal uiteindelik vrek omdat daar geen koolstofdioksied sal
wees nie.
C. Die muis in C sal langer leef omdat dit steeds suurstof sal kan inasem.
D. Die plant in C sal langer leef omdat dit nie suurstof nodig het nie. (2)
1.1.5 Watter fase van mitose word in die skets voorgestel?

A. Metafase
B. Profase
C. Anafase
D. Telofase (2)
[10]

3
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
SLEGS die term langs die vraagnommer neer.

1.2.1 Die bolletjie voedsel wat deur die samewerking van die tong en verhemelte
gevorm word.
1.2.2 Die verwydering van onverteerde materiaal uit die liggaam.
1.2.3 Die pigment in rooibloedselle wat suurstof dra.
1.2.4 Die ensiem wat daarvoor verantwoordelik is om protene af te breek.
1.2.5 Die proses waar water van n ho waterpotensiaal na n lae waterpotensiaal beweeg.
1.2.6 Die dubbelmembraan of longvlies wat elke long omring.
1.2.7 n Siekte van die gaswisselingstelsel wat gekenmerk word deur n dik taaierige
slym wat uitgehoes word en die persoon is kort van asem.
1.2.8 Die opening waardeur plante se gaswisseling plaasvind. [8]
1.3 Pas die stelling in Kolom A by die terme gegee in Kolom B. Skryf SLEGS die
LETTER langs die vraagnommer in die antwoordboek neer.

KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Beheer die in- en uitbeweeg van stowwe in n sel. A. Ribosome
1.3.2 Selorganel wat kleur gee aan blomme en vrugte. B. Lisosoom
1.3.3 Die sentrum van sellulre respirasie. C. Mikroskopies
1.3.4 Die organel sal n sel laat doodgaan as sy ensieme D. Nukleolus
meng met die sitoplasma E. Selmembraan
1.3.5 Die plek in selle waar proteene vervaardig word. F. Makroskopies
1.3.6 n Donker gekleurde liggaampie in die kernplasma. G. Chromoplaste
1.3.7 Selle wat te klein is om met die blote oog te sien. H. Chloroplaste
I. Mitochondrium
[7]

1.4 Bestudeer die volgende diagram van die menslike liggaam en beantwoord
dan die vrae wat daarop volg.

4
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

1.4.1 Noem die TWEE stelsels wat in die diagram getoon word. (2)
1.4.2 Verskaf byskrifte vir A, B, C, D, E en F. (6)
1.4.3 Gee TWEE funksies van die deel wat G genommer is. (2)
1.4.4 Gee TWEE kenmerke van die uitwendige bou van die deel wat A genommer is. (2)
1.4.5 Teken n skets om die beweging wat in die deel genommer C plaasvind uit te
beeld. (3)
[15]

1.5 Bestudeer die volgende diagram noukeurig en beantwoord dan die vrae wat
daarop volg.

1.5.1 Voorsien die diagram van n opskrif. (1)


1.5.2 Identifiseer die strukture wat van 1 8 genommer is. (8)
1.5.3 Gee die NAAM van die struktuur wat die groei en oorgerfde eienskappe van

5
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

die sel beheer. (1)


[10]
AFDELING A {50}
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die volgende vloeidiagram illustreer die verband tussen TWEE belangrike
prosesse in die selle van plantblare.

2.1.1 Identifiseer die organelle wat X en Y gemerk is, noem ook die baie belangrike
metaboliese prosesse wat deur hulle beheer word. (4)
2.1.2 Noem n produk wat deur X gevorm sal word, en deur Y gebruik sal word. (1)
2.1.3 Noem die newe-produkte van die proses wat in X plaasvind, wat gedurende die
proses wat in Y plaasvind, gebruik sal word. (2)
2.1.4 Verskaf byskrifte vir A, B en C. (3)
2.1.5 Noem TWEE maniere hoe anarobiese respirasie van arobiese respirasie verskil.(2)
[12]
2.2 n Tamatieboer bou agt mini-kweekhuise (van deursigtige glas). Dan plant
hy dieselfde aantal tamatiesaailinge in elke kweekhuis. Die enigste faktor wat
verskil, is die feit dat elke kweekhuis n ander koolstofdioksiedkonsentrasie in
die lug het. Na vier weke word die tamatieplantjies uit elke kweekhuis versamel,
gedroog en geweeg.

Kweekhuis Koolstofdioksiedkonsentrasie Drooggeweig


in die lug (%) van plante (g)
1 0,00 200

6
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

2 0,03 400
3 0,06 800
4 0,09 1 300
5 0,12 1 700
6 0,15 2 100
7 0,18 1 600
8 0,21 600

2.2.1 Wat is die onafhanklike en afhanklike veranderlikes in hierdie ondersoek? (2)


2.2.2 Gebruik die data wat verskaf word en stip n lyngrafiek wat die bevindings
van hierdie ondersoek toon. (7)
2.2.3 Wat dink jy was die hipotese van hierdie ondersoek? (2)
[11]
VRAAG 3
3.1 Die volgende diagram toon n snit deur n alvoelus (lugsak) met omringende
kapillre bloedvate (haarvate) in n menslike long.

3.1.1 By watter punt (X of Y) sal die suurstofkonsentrasie die hoogste wees? Gee n
rede vir jou antwoord. (3)
3.1.2 Verduidelik EEN strukturele aanpassing van Z. (2)
3.1.3 Noem EN verduidelik TWEE maniere, sigbaar in die diagram, waarop die
alveolus struktureel vir sy funksie geskik is. (4)
3.1.4 Identifiseer stowwe A en B. (2)
3.1.5 Stof A sowel as stof B beweeg deur middel van die proses van diffusie. Gebruik
die diagram om die diffusie van stof B te verduidelik. (4)
[15]

3.2 Die volgende diagram stel kunsmatige asemhaling voor. Bestudeer die
diagram en beantwoord dan die vrae wat volg.

7
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

3.2.1 Uitgeasemde lug van persoon A beweeg in persoon B in volgens die ringting van
die pyltjie. Watter meganisme word deur die pyltjie voorgestel vir persoon B? (1)
3.2.2 Wat gebeur met die volume van persoon B se longe gedurende hierdie proses? (2)
3.2.3 Watter struktuur in persoon B sou normaalweg keer dat water in die longe
ingbeweeg? (1)
3.2.4 Verduidelik waarom persoon A persoon B se neus tydens kunsmatige asemhaling
toedruk. (2)
3.2.5 Verduidelik wat met persoon B se gaswisselingstelsel sal gebeur as hy die lug
wat deur persoon A in geblaas is, self weer uitasem. (4)
[10]
VRAAG 4
4.1 Die konsentrasie melksuur in n atleet se bloed is met tussenposes gemeet
voor, tydens en na n langafstandwedloop wat 10 minute geduur het. Die
bevindings word in die grafiek getoon. Bestudeer die grafiek en beantwoord
die vrae wat volg.

4.1.1 Wat is die normale melksuurkonsentrasie in die bloed? (2)

8
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

4.1.2 Hoe lank het die konsentrasie melksuur na afloop van die wedloop aanhou styg? (2)
4.1.3 Verduidelik waarom daar n styging in die melksuurkonsentrasie van die bloed
was. (3)
4.1.4 Voorheen is daar gemeen dat seer spiere 24 uur na n wedloop die gevolg van n
ophoping van melksuur in die bloed was. Gebruik die grafiek om te verduidelik
waarom hierdie toerie verkeerd bewys is. (2)
4.1.5 Dink jy die tyd wat dit die vlak van melksuur sou neem om terug te keer na
normaal sou langer of korter wees by n onfikse persoon wat dieselfde
oefening doen. (1)
4.1.6 Tydens watter proses word melksuur in dierlike weefsel gevorm? (2)
[12]
AFDELING B {60}
AFDELING C
VRAAG 5
5.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
iMifino en uMsobo is tradisionele blaargroente wat wild groei en
belangrike voedingstowwe en vitamiene aan mense in landelike
gebiede verskaf. Dit kan versamel word en maklik in die tuin
gekweek word. Dit het nie bykomende kunsmis, plaagdoders en
water nodig nie.
n Groep wetenskaplikes het met navorsing begin om die voeding en
diet van blootgestelde groepe mense te verbeter. Hulle is ingestel
op die bewaring en gebruik van 22 bekende Afrika-
blaargroentespesies.
Hierdie projek sal help met die genetiese verbetering van die plante
sodat dit beter en groter groei derhalwe die voedingswaarde vir
blootgestelde groepe mense te verbeter.

5.1.1 Gee TWEE moontlike sosiale kenmerke van die blootgestelde groepe mense. (2)
5.1.2 Wat beteken wanvoeding? (2)
5.1.3 Hoe sal die voeding van blootgestelde mense verbeter as hulle tradisionele
blaargroente eet? (2)
5.1.4 Noem TWEE siektes wat deur wanvoeding veroorsaak word. (2)
5.1.5 Noem TWEE voordele van die kweek van hierdie blaargroente, EN verduidelik
dan hierdie voordele. (2x2) (4)
5.1.6 Hierdie projek sal help met die genetiese verbetering van die plante ...
Verduidelik waarom jy saam met die doelwit van die projek stem, of hoekom
jy nie saamstem nie. (3)
[15]
5.2 Die volgende grafiek toon die jaarlikse sterftesyfer vir mense tussen die
ouderdomme van 30 en 70 jaar, weens rook en verwante siektes.

9
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

5.2.1 n Graad 10-leerder het uit die staafgrafiek afgelei dat daar n sterker moontlikheid
is dat rokers siektes sal opdoen. Stem jy saam of nie? (1)
5.2.2 Motiveer jou antwoord in Vraag 5.2.1 (2)
5.2.3 Bepaal watter persentasie rokers, nie-rokers en passiewe rokers aan longkanker
sterf. Toon alle berekenings. (3)
5.2.4 Watter siekte het die hoogste jaarlikse sterftesyfer? (toon syfers) (2)
5.2.5 Noem, behalwe longkanker, TWEE ander asemhalingsiektes. (2)
[10]
5.3 Lees die volgende uittreksel en beantwoord dan die vraag wat volg.
Suid-Afrika se wonderwerk-trein , Phelophepa, bring reeds bykans die afgelope 15
jaar bekostigbare prime re gesondheidsorg aan meer as n miljoen mense in
landelike gebiede oral in die land. Phelophepa is n Sotho-woord vir goeie, algehele
gesondheid.
Plattelandse dorpies in Suid-Afrika is so afgesonder dat die meeste mense daar nog
nooit prime re gesondheidsorg ontvang het nie. Wanneer die wonderwerk-trein by
hulle woonplekke kom, verskaf dit nie net doeltreffende prime re gesondheidsorg
aan die landelike armes nie, maar help ook om die hele gemeenskap op te hef.
Die trein word deur die regering sowel as die privaat sektor gesubsidieer. n Privaat
maatskappy het n enorme borgskap vir nuwe gesonheidsdienste verskaf,
hoofsaaklik rondom diabetes en kanker. Dieet en obesiteit (vetsug) kan mense
meer vatbaar maak vir diabetes. Dit is n siekte wat al hoe meer in landelike gebiede
in Suid-Afrika voorkom, maar tog verhoed kan word.

Skryf n opstel en bespreek die voordele sowel as die nadele van die wonderwerk-trein.
Jy moet die volgende insluit:
Of jy moet met die besteding van groot bedrae geld aan gesondheidsdienste rondom
diabetes en kanker saamstem of nie.

10
Lewenswetenskappe Graad 10
November 2008

Of jy dink die regering moet hierdie projek subsidieer of nie.


Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme of ander
diagramme nie.
Die volgende rubriek sal gebruik word om hierdie opstel na te sien.
Punte
Kriteria
1 2 3
Voordele van die Voordeel genoem, Een duidelike Twee duidelike
wonderwerk-trein maar onduidelik voordeel is genoem voordele is genoem
Nadele van die Nadeel genoem, Een duidelike nadeel Twee duidelike
wonderwerk-trein maar onduidelik is genoem nadele is genoem
Regering se subsidie Geen melding van Gee mening oor Gee mening oor
aan die trein regering se regering se rol, maar regering se rol en
betrokkenheid nie motiveer dit nie verskaf behoorlike
motivering daarvoor
Besteding van groot Eie standpunt, Eie standpunt, met Eie standpunt met
bedrae geld aan sonder motivering motivering, maar motivering, en toon
diabetes en kanker toon min insig oor insig oor oortuigings
oortuigings en en houdings
houdings
Sintese Groot gapings in die Klein gapings in die Goed gestruktureer;
logika en vloei van logika en vloei van toon insig en begrip
die antwoord die antwoord
(15)
AFDELING C {40}
GTOOTTOTAAL {150}

11

You might also like