You are on page 1of 16

GRAAD 8

NATUURWETENSKAPPE
FW: MATERIE EN MATERIALE

HERSIENINGSBOEKIE (2020)

MEMORANDUM A – Bladsy
MEMORANDUM B – Bladsy
MEMORANDUM C – Bladsy
Natuurwetenskappe Graad 8 1 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

HERSIENINGSVRAESTEL A

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde gegee vir die volgende vrae.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A - D) langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.5) neer.
1.1.1 Wat word die horisontale rye op die Periodieke Tabel genoem?
A Groepe
B Kolomme
C Families
D Periodes (1)

1.1.2 Indien ‘n atoom 12 protone in die kern het, dan moet dit ook ... hê om
neutraal te wees.
A 12 protone om die kern
B 12 neutrone in die kern
C 12 elektrone om die kern
D 12 elektrone in die kern (1)

1.1.3 Watter van die volgende is ‘n eienskap van ‘n vastestof?


A Dit is vloeibaar.
B Die deeltjies gly oor mekaar.
C Dit ondergaan ‘n faseverandering.
D Dit het ‘n vaste vorm. (1)

1.1.4 Smelting is die verandering in toestand van ‘n …


A vloeistof na ‘n vastestof.
B vloeistof na ‘n gas.
C vastestof na ‘n gas.
D vastestof na ‘n vloeistof. (1)
Natuurwetenskappe Graad 8 2 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

1.1.5 Water is verskillend van ander stowwe, want dit is …


A meer dig in sy vastestofvorm as in sy vloeistofvorm.
B minder dig in sy vastestofvorm as in sy vloeistofvorm.
C meer dig in sy vastestofvorm as in sy gasvorm.
D minder dig in sy vastestofvorm as in sy gasvorm. (1)
[5]

1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende stellings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer neer.
1.2.1 ‘n Sub-atomiese deeltjie met ‘n positiewe lading. (1)
1.2.2 Die spontane verspreiding van deeltjies vanaf ‘n omgewing met hoë
konsentrasie na ‘n omgewing met lae konsentrasie. (1)
1.2.3 Die hoeveelheid massa per volume eenheid. (1)
1.2.4 ‘n Stof wat nie deur chemiese metodes in eenvoudiger stowwe afgebreek
kan word nie. (1)
1.2.5 Materie wat vloeibaar is en nie ‘n spesifieke vorm het nie. (1)
[10]

VRAAG 2
2.1 Maak gebruik van die Periodieke Tabel van elemente wat voorsien word en
skryf die NAAM van die element wat:

2.1.1 ‘n nie-metaal in Groep 1 is. (1)


2.1.2 deur die simbool Na verteenwoordig word. (1)
2.1.3 ses protone in die kern van die atoom het. (1)
2.1.4 ‘n edelgas in periode 2 is. (1)
2.1.5 in Groep 2, Periode 3 is. (1)
Natuurwetenskappe Graad 8 3 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

2.2 Marius het seewater naby die strand versamel. Die seewater was souterig en
was vol fyn sand. Hy het die sand van die seewater geskei deur gebruik te
maak van die apparaat soos hieronder aangedui.

Seewater

Apparaat wat gebruik is om die sand van die seewater te skei

2.2.1 Benoem die apparaat wat M gemerk is. (1)


2.2.2 Benoem die metode wat gebruik word om die sand van die seewater te
skei. (1)
2.2.3 Stof L was teruggehou deur die filtreerpapier. Gee die naam van die stof.
(1)
2.2.4 Stof N het deur die filtreerpapier gevloei. Noem een bestanddeel van stof
N. (1)
[9]

VRAAG 3
3.1 Die deeltjiemodel van materie kan gebruik word om verskillende stowwe voor
te stel .

A B C

3.1.1 Watter diagram, A, B of C stel ‘n diatomiese molekuul voor? Verskaf ‘n


rede vir jou antwoord. (2)
Natuurwetenskappe Graad 8 4 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

3.1.2 Vergelyk die drie fases van materie ten opsigte van die kragte tussen die
deeltjies. (3)
3.1.3 Hoeveel tipes molekules word in diagram C aangetref? (1)
3.1.4 Watter diagram verteenwoordig deeltjies met die hoogste gemiddelde
kinetiese energie? Verduidelik jou antwoord in terme van die deeltjiemodel
van materie. (2)
3.1.5 Waarom vind diffusie nie in B plaas nie? (2)

3.2 ‘n Leerder stel die apparaat op soos hieronder aangedui om die volume van ‘n
staalbal te meet. Bestudeer die diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

Lesing

3.2.1 Gee die naam van die apparaat hierbo wat gebruik word om die volume
van die staalbal te meet. (1)
3.2.2 Wanneer die staalbal versigtig in apparaat A geplaas word, styg die water
tot ‘n nuwe volume soos aangedui in B. Skryf die nuwe lesing van die water
in apparaat B neer. (1)
3.2.3 Bereken die volume van die staalbal vanaf die inligting hierbo. Toon alle
berekeninge. (2)
3.2.4 Verduidelik hoekom die staalbal tot op die bodem sink. (1)
[15]
Natuurwetenskappe Graad 8 5 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 4
‘n Chemiese reaksie word deur die volgende diagram voorgestel:

4.1 Skryf die naam van die produk(te) vir die reaksie neer. (1)
4.2 Beskryf op watter wyse die atome in hierdie reaksie dieselfde is voor en na die
reaksie plaasgevind het. (2)
4.3 Beskryf op watter manier die atome in hierdie reaksie voor en na die reaksie
plaasgevind het, verskil. (2)
4.4 In watter fase kom die produk voor? Gee ‘n rede vir jou antwoord wat sigbaar in
die diagram is. (2)
[7]
TOTAAL: 51
Natuurwetenskappe Graad 8 6 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

HERSIENINGSVRAESTEL B

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 - 1.1.5) neer.
1.1.1 Atome bestaan uit ...
A elemente en verbindings.
B neutrone, elektrone en verbindings.
C protone, elektrone en neutrone.
D elemente, verbindings, neutrone, elektrone en protone. (1)

1.1.2 Die volgende deeltjies kom in die kern van ‘n atoom voor.
A Neutrone en elektrone.
B Neutrone, elemente en elektrone.
C Protone en neutrone.
D Protone, elektrone en neutrone. (1)

1.1.3 Die smeltpunt van element X is 25°C. Die kookpunt van dieselfde element
is 70°C. By 30°C is die element ’n ...
A vastestof.
B vloeistof.
C gas.
D damp. (1)
Natuurwetenskappe Graad 8 7 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

1.1.4 In watter een van die volgende stowwe sal die afstande tussen die deeltjies
binne-in die stof die grootste wees? Al die stowwe wat getoon word, het
dieselfde volume.

(1)

1.1.5 Die reaktante in ‘n chemiese reaksie is ...


A al die stowwe wat in die vastestoffase voorkom.
B die nuwe stowwe wat gevorm word.
C al die stowwe wat betrokke is.
D al die stowwe wat met mekaar reageer. (1)

1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende stellings. Skryf die woord/term
langs die vraagnommer neer.
1.2.1 Positief gelaaide deeltjies in die kern van die atoom. (1)
1.2.2 Die naam van die wetenskaplike teorie wat verduidelik dat alle materie
(vastestowwe, vloeistowwe en gasse) uit deeltjies bestaan. (1)
[7]
Natuurwetenskappe Graad 8 8 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 2
2.1 Verskillende soorte stowwe word in die diagramme hieronder voorgestel.
Beantwoord die vrae wat volg:

Skryf die LETTER neer van die diagram wat die volgende voorstel:
2.1.1 ‘n Element wat uit enkel atome bestaan. (1)
2.1.2 ‘n Element wat uit diatomiese molekule bestaan. (1)
2.1.3 ‘n Verbinding. (1)
2.1.4 ‘n Mengsel van elemente. (1)

2.2 Beskou die drie fases van materie wat in die onderstaande diagram geïllustreer
word.

Vaste stof Vloeistof

Beskryf volledig die rangskikking en gedrag van die deeltjies in ‘n gas. (4)

2.3 Wanneer jy by ‘n bakkery verbyloop, ruik jy die vars brood wat besig is om te
bak. Dit is moontlik as gevolg van die diffusie van gasse.
2.3.1 Verduidelik wat diffusie is. (2)
2.3.2 Hoe vergelyk diffusie wat in vloeistowwe plaasvind met diffusie in gasse?
(1)
2.3.3 Verduidelik waarom diffusie NIE in vaste stowwe plaasvind nie. (2)
[13]
Natuurwetenskappe Graad 8 9 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 3
3.1 Wanneer sand en ys by ‘n glas water gevoeg word, sink die sand tot op die
bodem van die glas en die ys dryf op die water soos in die skets getoon.
Ys

Water

Sand

3.1.1 Skryf ‘n definisie vir digtheid neer. (2)


3.1.2 Skryf die drie stowwe (water, sand en ys) neer in orde van TOENEMENDE
digtheid. (3)

3.2 Beskou die prentjie van ‘n skip wat op die see vaar.

3.2.1 Watter een van water en yster het die grootste digtheid? (1)
3.2.2 Verduidelik, deur na digtheid te verwys, hoekom ‘n skip op water kan dryf.
(2)

3.3 Bestudeer die volgende diagram. ‘n Leë verfblik met ‘n deksel op, is vol lug.
Wanneer nog meer lug in die verfblik ingepomp word, skiet die deksel op ‘n
stadium af.

Verduidelik waarom die deksel afskiet wanneer meer lug in die blik ingepomp
word. (3)
[11]
Natuurwetenskappe Graad 8 10 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 4
4.1 Atome van suurstof, waterstof en koolstof word deur die volgende simbole
voorgestel.

Suurstof Waterstof Koolstof

Gebruik die simbole hierbo om die volgende te teken:


4.1.1 Een watermolekuul (2)
4.1.2 Koolstof + suurstofgas → koolstofdioksied (3)
[5]
TOTAAL: [36]
Natuurwetenskappe Graad 8 11 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

HERSIENINGSVRAESTEL C

VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae voorsien. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies 'n antwoord en skryf slegs die
letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) neer.

1.1.1 Jade wil toets of die gas wat gedurende 'n eksperiment gevorm word
koolstofdioksiedgas is. Watter een van die volgende reaktante kan Jade
gebruik om vir die teenwoordigheid van koolstofdioksiedgas te toets?
A Koperhidroksied.
B Melkerige wit kalkwater.
C Helder kalkwater.
D Jodiumoplossing. (1)

1.1.2 Watter een van die volgende simbole verteenwoordig waterstof?


A Hg
B He
C Hy
D H (1)

1.1.3 Protone en neutrone is verantwoordelik vir die ... van 'n atoom.
A massa
B volume
C digtheid
D grootte (1)

1.1.4 Watter een van die volgende is NIE 'n voorbeeld van 'n verbinding nie?
A H2O
B O2
C CuCl2
D CO2 (1)
Natuurwetenskappe Graad 8 12 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

1.1.5 Seewater is 'n voorbeeld van 'n ...


A atoom.
B verbinding.
C mengsel.
D element. (1)
[5]

VRAAG 2
2.1 Kies die beskrywing in KOLOM B wat die beste pas by die item in KOLOM A.
Skryf slegs die letter (A - I) langs die korrekte vraagnommer (2.1.1 – 2.1.5) in
jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.6 J.

KOLOM A KOLOM B
2.1.1. Proton A. Verbinding
2.1.2. Atoom B. Negatief gelaaide sub-atomiese deeltjie
2.1.3. Elektron C. Positief gelaaide sub-atomiese deeltjie
2.1.4. Molekule D. Sub-atomiese deeltjie met geen lading
2.1.5. Digtheid E. Twee of meer atome wat chemies gebind is
F. Kleinste bousteen van materie
G. Element
H Massa per eenheid-volume
I Gemeet in gram per cm2
(5)
[5]
Natuurwetenskappe Graad 8 13 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

VRAAG 3
3.1 Skryf die simbool vir elk van die volgende elemente neer:
3.1.1 Suurstof (1)
3.1.2 Stikstof (1)

3.2 Klassifiseer elk van die volgende stowwe (A, B, C en D) as of 'n mengsel, of 'n
element of 'n verbinding.

(4)

3.3 Gebruik die deeltjiemodel van materie om die gedrag van waterdeeltjies te
verduidelik wanneer water verhit word en van 'n VLOEISTOF na 'n GAS
verander. Verwys in jou antwoord na die beweging van die deeltjies, die oop
spasies tussen die deeltjies, die kinetiese energie van die deeltjies asook en
die kragte wat tussen die deeltjies bestaan. (4)
[10]

VRAAG 4
Phakisi en Tristan wil bepaal wat die effek van 'n elektriese stroom op 'n blou
koperchloried-oplossing sal wees. Phakisi voorspel dat die elektriese stroom die
operchloried in koper en chloor sal opbreek.

Koperchloried-
oplossing

4.1 Skryf 'n ondersoekende vraag neer vir die eksperiment hierbo. (2)
4.2. Definieer die term elektrolise. (2)
Natuurwetenskappe Graad 8 14 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

4.3 Beskryf jou waarnemings by die positiewe elektrode (anode). (2)


4.4 Skryf die formule vir chloorgas neer. (1)
4.5 Beskryf die energie-omskakeling wat gedurende die proses hierbo
plaasvind. (2)
4.6 Is die blou koperchloried-oplossing 'n voorbeeld van 'n ATOOM of 'n
VERBINDING of 'n MENGSEL? Skryf die korrekte opsie in jou antwoordboek
neer. (1)
[10]

VRAAG 5
'n Dame bestel 'n drankie in 'n restaurant. Wanneer die kelner haar drankie bring,
besef sy dat sy drie verskillende lae vloeistowwe kan waarneem, soos in die diagram
getoon. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

Granaatsap

Lemoensap

Wit druiwesap

5.1. Definieer die term digtheid. (2)


5.2 Sal die digtheid van materie toeneem of afneem wanneer dit verhit word?
Verduidelik jou antwoord deur na die definisie van digtheid te verwys. (2)
5.3. Watter een van die drie lae in die diagram het die grootste digtheid? (1)
[5]
TOTAAL: 35
Natuurwetenskappe Graad 8 15 Hersieningsboekie Kwartaal 1 en 2

INLIGTINGSBLAD:

You might also like