You are on page 1of 6

Tegnologie Gr 7 Termyn 1 Opsomming

Eenheid 1

Definieer tegnologie

 “Die gebruik van kennis, vaardighede, waardes en hulpmiddele om mense se behoeftes aan
te spreek deur die ontwikkeling van praktiese oplossings vir probleme met inagneming van
sosiale en omgewingsfaktore”.

Wie gebruik tegnologie in die werkwêreld?

 Alle mense gebruik die heeltyd tegnologie, van eenvoudige alledaagse items tot komplekse
tegniese toerusting.
 Bouwerk
 Vervoer
 Boerdery
 Masjinerie

Die ontwerpproses

Ondersoekvaardighede

 Ondersoek beteken om meer oor iets uit te vind.


 Dit is ’n belangrike deel van die proses, want jy moet die situasie verstaan voordat jy iets
daaraan kan doen.
 Jy moet dalk inligtingversamelingsvaardighede ontwikkel.

Daar is verskillende maniere om iets te ondersoek,

• vind ’n oplossing vir ’n problem


• vervaardig of maak iets om iemand se behoefte te bevredig
• voer ’n onderhoud, bevraagteken en bespreek dinge om antwoorde te verkry
• maak gegewens bymekaar deur opnames om inligting te bekom
• ondersoek produkte of foto’s
• doen diepte-navorsing uit gedrukte of elektroniese materiaal.

Die ontwerpopdrag
 Die ontwerpopdrag is ’n kort, duidelike stelling wat ’n algemene uiteensetting gee van
die probleem wat opgelos moet word, sowel as die doel van die voorgestelde oplossing.
Aanvanklike ideesketse
 Aanvanklike ideesketse is vinnige vryhandsketse wat help om jou idees in ’n tekenvorm
te verfyn.

1
Aanvanklike
 eerste, aanvanklike idees is die eerste idees waaraan jy dink.
Ontwerpoorwegings
 oorweging iets waaroor jy moet dink wanneer jy ’n besluit neem
Vrae vra wanneer jy die tegnologietaak beplan:
• Vir wie is dit bedoel?
• Waarvoor is dit bedoel?
• Sal dit die doel kan dien
• Is dit koste-effektief?
• Is dit veilig
• Is dit maklik om te gebruik?
• Lyk dit goed?
• Sal dit ’n effek op die samelewing hê?
• Sal dit ’n effek op die omgewing hê?

Inleiding tot grafiese kommunikasie


Eenheid 1 Die doel van grafiese werk
’n Grafiese werk is ’n beeld of visuele voorstelling van ’n voorwerp.

 Ontwerpers gebruik grafiese metodes of tekeninge wanneer hulle ontwerpidees


ontwikkel.

 Hulle gebruik ook tekeninge om hierdie idees aan ander mense te kommunikeer

 Alle produkte is deur iemand uitgedink.

 Die mensgemaakte wêreld verander deurentyd omdat mense altyd dink aan nuwe
maniere om bestaande produkte te verbeter.

 Selfone, rekenaars, klere, motors, wapens en ander produkte verander byvoorbeeld


gereeld omdat mense bly dink hoe bestaande produkte in die toekoms anders kan lyk
en werk.

Kommunikeer ontwerpidees
 Die idees waarmee ontwerpers vorendag kom, moet aan ander mense verduidelik en
met hulle bespreek word om seker te maak dat hulle kan werk.
 Ons gebruik tekeninge om hierdie ontwerpidees te kommunikeer en te bespreek.
 Byna elke produk wat jy elke dag gebruik is een of ander tyd geteken.

2
Eenheid 2 Tekenkonvensies
dimensies van die voorwerp: hoogte, lengte en breedte

 Soorte lyne
 Buitelyne
Buitelyne is smal, donker lyne wat die rande van die voorwerp aandui. Hulle toon die rande
wat gesien kan word.
 Konstruksielyne
Die konstruksielyne is dun waterlyntjies.
 Word gebruik om ’n raamwerk te skep waarin die
voorwerp geteken moet word.
 Nie bedoel om deel van die tekening te wees nie.
 As hulle egter liggies genoeg geteken word, hoef hulle
nie uitgevee te word nie.
Verborge detaillyne Verborge detaillyne is dun, donker
stippellyne.
 Hulle toon rande wat nie gesien kan word nie omdat hulle agter ander dele van die
voorwerp versteek.
 Maatskrywing
 ’n Dimensielyn is ’n smal, mediumdonker lyntjie wat aantoon waar mate begin en eindig.
 Daar is dus ’n pylpunt aan albei punte en die pylpunte is dun en skerp.
 Beperkingslyntjies verbind die punte van elke dimensielyn aan die tekening.
 Hulle is mediumdonker lyntjies en stop net duskant die buitelyn en strek tot een of twee
millimeter verby die dimensielyn

Tekening
vryhandsketse
 eenvoudige, maar akkurate tekeninge met eenvoudige toerusting, soos ’n potlood of pen en
’n stukkie papier

Werkstekeninge
 ’n Werkstekening is iets wat die ontwerper gebruik om te verduidelik wat die oplossing vir
die ontwerpprobleem gaan wees.
 Dit is die tekening wat gebruik gaan word om die finale produk te maak en daarom moet dit
duidelik en spesifiek wees wat alle aspekte betref.
 Die meeste werkstekeninge is twee-dimensioneel

Grafiese tegnieke

Skuinstekeninge;
Gee in hierdie tekening aandag aan die volgende:
• Die hoogte-rande word op die vertikale lyne van die rooster
geteken.

3
• Die breedte-rande word op die horisontale lyne van die rooster
geteken.
• Die lengte-rande word diagonaal, dus skuins oor die hoeke van die
vierkante, geteken.

Hoofstuk 3 Hefbome
Wat is ’n hefboom?
’n staaf wat om ’n vaste punt, bekend as ’n steunpunt of draaipunt, draai.
 Wanneer ’n hefboom gebruik word, kan jy drie dinge identifiseer:
 • die mag (M) (die stoot of die trek)
 • die steunpunt (S) (die punt waarom die hefboom draai), wat ook soms die draaipunt
genoem word
• die las (L) (die ding wat die hefboom probeer weerhou om te draai).
 Hoe om hefbome in eenvoudige diagramme te wys
 Die volgende simbole word gebruik in diagramme wat
hefbome insluit:

Meganiese voordeel
 Dit is makliker om ’n hefboom te gebruik om die blik oop te maak as om jou vingers te
gebruik. Die lang skroewedraaier of hefboom maak die taak makliker.
 Dit beteken dat die hefboom vir jou ’n meganiese voordeel (MV) bied.
 Hoe groot hierdie meganiese voordeel is, hang af van die lengte van die hefboom en die
posisie van die steunpunt, die mag en die las.
 By die langer skroewedraaier is die afstand groter as by die korter skroewedraaier

Jy kan meganiese voordeel op verskillende maniere bereken.


 Een manier is as jy weet wat die grootte van die las en van die mag is.
 Las en mag is kragte wat in newton (N) gemeet word.
 Die newton is die eenheid vir die meet van krag.

4
Eersteklashefbome
’n Wipplank is ’n voorbeeld van ’n eersteklashefboom.

Kenmerke van eersteklashefbome


 In eersteklashefbome is die steunpunt (of draaipunt) altyd in die middel tussen die las en die
mag.
 As jy aan die een kant van die hefboom druk, gaan die ander kant daarvan op.
 Die steunpunt kan op enige plek langs die hefboom tussen die mag en die las wees.
 Eersteklashefbome mag meganiese voordeel bied of nie.
 Dit hang af van die posisie van die steunpunt of draaipunt.
 Jy kry meganiese voordeel deur die mag verder weg van die steunpunt toe te pas as wat die
las van die steunpunt is.
Meganiese voordeel in eersteklashefbome
 In eersteklashefbome word die steunpunt altyd tussen die mag en die las geplaas.
 Waar die steunpunt geplaas word, gaan bepaal of die hefboom vir jou ’n meganiese
voordeel gee of nie.
Oorweeg hierdie voorbeelde:
 • ’n Seun wil ’n blik verf oopmaak.
 Om dit te doen, gebruik hy ’n skroewedraaier.
 Dit is makliker as om sy hande te gebruik. Hoekom maak dit die taak makliker?
• As twee kinders ewe ver van die middel af op ’n wipplank sit, is die wipplank gebalanseer.
 As een kind nader aan die middel beweeg, kantel die wipplank na die ander kant toe.
Hoekom gebeur dit?
• Wanneer ’n seun probeer om ’n groot rots met ’n lang stok te beweeg met ’n kleiner klip
as steunpunt, is dit baie makliker om die groot klip te beweeg as die steunpunt nader aan
die groot klip as aan die seun is.
 Opsomming van eersteklashefbome
 As die afstand van die mag na die steunpunt groter is as die afstand van die las na die
steunpunt, dan is MV > 1 (hefboom gee meganiese voordeel).
 As die afstand van die mag na die steunpunt gelyk is aan die afstand van die las na die
steunpunt, dan is MV = 1 (hefboom gee geen meganiese voordeel nie).
 As die afstand van die mag na die steunpunt kleiner is as die afstand van die las na die
steunpunt, dan is MV < 1 (hefboom gee geen meganiese voordeel nie).

Tweedeklashefbome
 Die kenmerke van tweedeklashefbome is dat die las tussen die mag en die
steunpunt geplaas word.
 Verbeel jou dat jy ’n vrag tuinvullis met ’n kruiwa vervoer.
 Die steunpunt is by die as van die wiel en jy voel die mag as jy die handvatsels
oplig.

5
 Dit beteken dat die las tussen die steunpunt en die mag is.
 Die afstand van die mag na die steunpunt is groter as die afstand van die las na die steunpunt.
 Dit is die geval met alle tweedeklashefbome.
 Dit beteken dat die meganiese voordeel van tweedeklashefbome altyd groter is as 1 (MV > 1).

Derdeklashefbome
 Die kenmerke van derdeklashefbome is dat die mag
altyd toegepas word tussen die las en die steunpunt.

 Voorbeelde van derdeklashefbome en meganiese
voordeel
 Verbeel jou dat jy ’n graaf gebruik om grond op te tel
 Die steunpunt is aan die einde van die handvatsel waar jou hande die graaf vashou.
 Die las is op die graaf waar die grond is.
 Die mag is waar jy dit laer af toepas teen die handvatsel.
 Dit beteken dat die mag tussen die steunpunt en die las is.
 Die afstand van die mag na die steunpunt is kleiner as die afstand van die las na die steunpunt.
 Dit is die geval met alle derdeklashefbome.
 Dit beteken dat die meganiese voordeel van derdeklashefbome altyd kleiner is as 1 (MV < 1).
 ’n Derdeklashefboom gee nooit ’n meganiese voordeel nie, maar is steeds ’n meganisme wat
jou help met sekere take.

Hefbome en skakelings
Gepaarde hefbome
In baie gereedskap en masjiene werk hefbome in pare.
’n Voorbeeld van ’n gepaarde hefboom is ’n skêr.
Gepaarde hefbome word meestal gebruik vir vasdruk, klou en sny.
Die kake van tange, of die lemme van skêre maak baie ferm toe.
Die steunpunt is die punt waar die hefbome aan mekaar geheg is.

Skakeling van hefbome


Wanneer baie hefbome saamgevoeg of gekoppel word,
staan dit bekend as ’n skakeling.

You might also like