You are on page 1of 15

SW Geografie

Kaartvaardighede
Eenheid 1: Plaaslike kaarte en straatkaarte

Kernwoorde, bl. 8
 Alfanumeries- Die gebruik van letters en syfers op ‘n
roosterblokverwysing
 Atlas- ‘n Boek met kaarte
 Baken- Maklik herkenbare eienskap of verskynsel in die landskap
 Indeks- ‘n Alfabetiese lys van van onderwerpe agterin ‘n boek wat
help om ‘n verwysing in die boek op te spoor
 Kaart- ‘n diagram van ‘n gebied waarop fisieke kenmerke, paaie,
dorpe ens. aangedui word
 Kaartsleutel- ‘n Lys langs ‘n kaart waarop simbole verduidelik
word
 Roete- ‘n Pad wat lei na ‘n spesifieke plek/bestemming.
 Rooster- Verskyn op ‘n kaart en word in die indeks aangewys
 Straatgids- ‘n Kaart waarop straatname of stad aangedui word

Tipes simbole

1) Punsimbole- Individuele gebou soos winkels of skole het


puntsimbole om hulle te verteenwoordig, bv. – Hospitaal
- Toeriste inligting

2) Lynsimbole- Paaie, riviere en spoorlyne word deur lynsimbole


verteenwoordig, bv. – Nationale roetes of - Hoofpad
3) Gebiedsimbole- ‘n Gebied soos ‘n park, terrein of ‘n dam word
deur gebiedsimbole verteenwoordig, bv. – Nywerheidsgebied
of - Park
Alfanumeriese
Roosterblok
- D4 1 2 3 4 5
Numeries

Alfa A
B
C
D
E
Vul die spasies in met die regte alfanumeriese posisies:
Wolk:
Boom:
Kar:
Antwoorde: Wolk- B1, Boom- C3, Kar- A5

Eenheid 2: Sketskaarte en verduideliking van roetes

Kernwoorde, bl. 16
 Kaartskaal- Toon hoe ‘n kaartskaal met ‘n grondskaal- en afstand
vergelyk; kan aangedui word as lynsale, woordskale en
nommerskale
 Kardinale punte- Die rigtings noord, oos, suid en wes
 Magnetiese kompas- ‘n instrument wat rigting aandui en waarvan
die magnetiese naald altyd noord wys
 Rigting- die koers wat ingeslaan moet word om ‘n bestemming te
bereik
 Sketskaart- ‘n Kaart wat die weg van een plek na ‘n ander aandui
 Subkardinale punte- die rigtings noordoos, noordwes, suidoos en
suidwes
Eienskappe van ‘n goeie kaart:

 Kaarttitel: Vertel waaroor die kaart gaan


 Kaartsleutel: Verduidelik die simbole
 Kaarskaal: Hoeveel die grootte van die kaart is
 Rigtingaanwysers: Pyl wat aandui waar noord is

Eenheid 3: Afstand en skaal

Kernwoorde, bl. 20

 Direkte roete- Die reguitlyn roete tuseen twee plekke


 Grootskaalkaart- ‘n Kaart wat ‘n klein deel van die
aardoppervlak verteenwoordig; dit toon detail omdat dit nie
drasties verklein hoef te word om op ‘n bladsy te pas nie
 Indirekte afstand-die metingvan hoe ver jy van jou bestemming
is indien die roete nie ‘n reguit lyn is nie
 Indirekte roete- Die roete wat jy rondom hindernisse aflê om jou
bestemming te bereik
 Kleinskaalkaart- ‘n Kaart van die aardoppervlak wat verklein is
om op ‘n bladsy te pas
 Ongelyke lyn- ‘n Lyn wat nie reguit is nie

Lynskale en woordskale
Wat is ‘n lynskaal?
 ‘n Lynskaal is is ‘n lyn onderaan ‘n kaart wat die verhouding
tussen kaart afstand en grondafstand aandui. Wanneer jy ‘n
lynskaal sien, let op dat die lyn afstand lengte verteenwoordig.

Wat is ‘n woordskaal?
 ‘n Woorskaal dui die verhouding tussen kaartafstand en
grondaftand aan met woorde. Bv. een sentimeter
verteenwoordig 20 km.
Figuur 9, bl. 20: ‘n Voorbeeld van ‘n lynskaal

Eenhede as afmeting
Nommers begin by nul verteenwoordig grondafstand

0 1 2 3 4 5km

Lengte van lyn


verteenwoordig kaartafstand

Eenheid 4: Huidige gebeure


Kernwoorde, bl. 28
 Breedtegraadlyn- lyne parallel tot die ewenaar gemeet; noord en
suid op die ewenaar gemeet op ‘n breedtegraad van 0°
 Greenwich-meridiaan – die primêre meridiaan gekies as
beginlyn vir (0°)vir die meting van ander lengtegraadlyne
 Hedendaagse gebeure- die jongste nuusgebeure aangaand
belangrike mense, plekke, dinge of idees
 Koördinate- die punt waar ‘n lengtegraadlyn kruis om die
ligging van ‘n plek aan te dui
 Lengtegraadlyn- lyne gemeet van oos tot wes van die greenwich
meridiaan en wat by die pole ontmoet

Eenheid 1: Struktuur van die aarde

Struktuur van die aarde


 Die aarde deursnee van 12 756 km
 Omtrek van die aarde: -40 075- Ewenaar
 Afstand van middelpunt tot oppervlakte- 6 730km
 Bestaan uit drie hooflae: die kern, die mantel en die kors
Die kern
Die kern is die diepste laag van die aarde. Ons kry die binneste kern
en die buitenste kern.
Binneste kern
In die middel van die aarde
Solied en bestaan uit yster en nikkel met ‘n temperatuur van
5 500°
1 220 km dik
Buitenste kern
Omring die binnekern
Vloeibaar en bestaan uit yster en nikkel
Soortgelyke temperatuur as binnekern
2 250 km dik
Die mantel
Die mantel is tussen die kors en die kern en is die breedste deel van
die aarde, 2 900km dik. Dit word verdeel in twee dele:
Boonste mantel
Semi-gesmelt en temperature van 500°- 900°C
Bestaan uit minerale soos yster, silikon, magnesium en suurstof
Ongeveer 670km dik

Onderste mantel
2 230 km dik
Temperature van 4 500°C en solied
Bestaan uit yster, silikon, magnesium en suurstof
Kors
Die kors is tussen 5km en 70km
Wissel in dikte
Dun deel is die oseaniese kors
Digter as die kontinentale kors
Oseaniese kors
Dun gedeelte van die aardkors wat onder oseaankom lê
Bestaan uit stollingsgesteentes ryk aan yster en magnesium
Vorm oppervlakte van die oseaankomme
5-10km dik
Kontinentale kors
Dikker kors
Minder dig as die oseaniese kors
Bestaan hoofsaaklik uit granietrots ryk aan veldspaat, kwarts en
silika
Dit vorm die oppervlak van die vastelande
35-70km dik op vastelande
Figuur 16,bl. 68
Kors
Bomantel (half-vloeibaar)
Ondermantel (vaste stof)
Buite-kern (vloeistof)
Binne-kern (vaste stof)

Hoe
die aarde se kors beweeg

 Die kors van die aarde bestaan uit sew groot gedeeltes wat
soos ‘n legkaart inmekaar pas. Hierde gedeeltes word die
tektoniese plate genoem. Die grense word gekenmerk deur
verskuiwingslyne. Verskuwingslyn – ‘n breuk in die
grond wat plaasvind wanneer tektonies plage skuif.

Die 7 plate se name:


1) Afrika plaat
2) Antarktiese plaat
3) Eurariese plaat
4) Noord-Amerikaanse plaat
5) Suid-Amerikaanse plaat
6) Stille oseaan plaat
7) Australiese plaat
Vulkane
Wat is ‘n vulkaan?
 ‘n Vulkaan is ‘n berg of heuwel wat ‘n opening aan die bokant het
(die krater) waardeur lawa, stukkies rots ,as en gasse uitskiet.
daar is tans tussen 50 en 70 aktiewe vulkane in die wêreld. Baie is
aan die kante van die Stille Oseaan geleë.

1) Weskus van die Amerikas


2) Ooskus van Siberië, Japan, die Fillipyne en Indonesië
3) Die ring van vuur
Wat is die Ring van Vuurr?
 Die Ring van vuur is ‘n gebied in die kom van die Stille oseaan wat
talle aardbewings en vulkaniese uitbarsings voorkom. Daar is 452
vulkane in die Ring van Vuur, wat meer as 50% van die wereld se
vulkane. Sowat 90% van die wwereld se aarbewings en 81% van
die grootste aardbewings vind daar plaas.
Hoekom kom vulkane voor?
Wanneer tektoniese plate bots, kan een plaat onder die ander inskuif.
Dit kan veroorsaak dat die mantel daaronder smelt en magma word.
Die magma druk opwaarts deur krake swak rotse. Wanneer die druk
in die magmakamer hoog is, skiet dit deur die krater. Dit word ‘n
uitbarsing genoem.
Aardbewings
Wat is ‘n aardbewing?
‘n Aardbewing is ‘n skielike, gewoonlik geweldige skuddingvan die
grond wat krake in die aaard se kors verooren geboue kan laat instort.
Die Richterskaal meet die omvang (krag) van die aardbewings
skadelike aardbewing meet tussen 6 en 9
Waar kom aardbewings voor?
Soos vulkane, kom groot aardbewings in dele van die aarrdkors wat
naby aan die rande van die tektoniese plate is. In die Ring van Vuur
kom daar nagenoeg 90% van die wêreld se aardbewings voor.
Wat veroorsaak aardbewings?
 Daar is twee hoofoorsake vir aardbewings:
 Eerstens, word dit aan vulkaniese uitbarstings gekoppel. Hullle
kom taamlik algemeen voor in gebiede van vulkaniiese aktiwiteite.
 Tweedens, kan bewegings van die tektoniese plate aardbewings
veroorsaakDie plekke waar die plate bymekaarkom, krake in die
aardkors, is die verskuiwingsones.
 Die punt in die aarde waar die aardbewing begin, word die
hiposentrum (fokus) genoem die episentrum is die punt op die
aarde se oppervlak (vertikaal bo die hiposentrum)

Seismic waves
Gevolge van Aardbewings:

1. Gevolge vir mense:

 Beserings & sterftes


Aardbewings wat meer as 6 op die Richterskaal meet, het
dikwels tot gevolg dat mense sterf of beseer word. Soms was
daar geen vroeë waarskuwingstelsels nie en mense het nie
genoeg tyd om hule huise te ontruim nie, soms is daar nie goeie
rampbestuurplanne om mense in tyd te red nie.

 Siektes
Na ‘n aardbewing is lewensomstandighede baie onhigiënies
omdat aardbewings skade aan watervoorrade en rioolstelsels
veroorsaak. Die water kan dan besmet raak en mense infekteer
met siektes, soos bv. cholera in die water.

 Ontworteling
Sterk aardbewings vernietig mense se huise en meeste dienste
soos winkels, skole en hospitale. Besighede en fabrieke word
beskadig. Mense het dan nie werk nie, of kan nie hospitaal toe
gaan nie, en moet dan gedwonge skuif uit hul huise uit, hierdie
word ontworteling genoem.
 Armoede
Mense kan hul huise en al hul besittings in ‘n aardbewing
verloor. Die broodwinner kan beseer of dood wees, of mense
verloor hulle werk en dan is daar nie meer inkomste nie.

2. Skade aan eiendom:


Aardbewings kan eiendom en infrastruktuur beskadig en
vernietig wat tot ekonomiese probleme en baie swaarkry lei.

3. Brande en Tsoenami’s:
 Brande
Gedurende sterk aardbwings skud die aarde hewig. Dit kan
veroorsaak dat olie- gaspyp bars en kragdrade met hoë ladings
omval. As hierdie kragdrade omval, kan die beskadigde
kragdrade olie en gas van gebarste pype aan die brand steek.
Hierdie groot en sterk brande tot vir dae aaneen aanhou.

 Tsoenami’s
Aardbewings veroorsaak soms tsoenami’s, veral in die Stille
Oseaan en Rig van Vuur, waar tektoniese aktwifiteit vulkane en
aardbewings algemeen maak.
‘n Tsoenami is ‘n reeks reuse-golwe wat deur ‘n
onderwateraardbewing, grondversuiwing of vulkaniese
uitbarsting veroorsaak word. Dit stuur golwe deur die oseaan en
branders tref die kus met sterk krag en spoel oor die kusgebiede.
Hierdie enorme golwe vernietig geboue, infrastruktuur en baie
lewensvorm, plantegroei, diere en mense.

Gemeenskappe kan vir aardbewings voorberei, deur:


 Vroeë waarskuwingstels
 Rampbestuurplanne en oefeninge
 Boustandaarde
 Gesinsplanne

Hoe gemeenskappe op aardbewings reageer:


 Wanneer jy in ‘n gebou is:
o Kies die naaste plek om te val, bedek en hou vas
o Wag op jou veilige plek totdat die skudding verby is. Kyk
of jy beseer is en dan na die mense om jou. Beweeg
versigtig, kyk vir elektriese drade, gebreekte glas en skerp
stukke metaal
o Wees op die uitkyk vir brande
o Verlaat die gebou nadat die skudding opgehou het, gebruik
die trappe, nie die huisbak nie.

 Wanneer jy buite is:


o Bly buite en beweeg weg van geboue, bome, straatligte en
kragdrade.
o Hurk en bedek jou kop.

 Indien jy in ‘n voertuig is:


o Hou stil sodra die veilig is om dit te doen en bly in die
voertuig. Moenie onder geboue, bome, brue en elektriese
drade stop nie.
o Ry versigtig weg as die aardbewing verby is. Vermy
paaie, brue en hellings wat dalk deur die aardbewing
beskadig is.

Vloede
Natuurlike oorsake van vloede
 Swaar reen is die vernaamste oorsaak van vloede. Waar daar swaar
reenval oor ‘n paar dae of in ‘n kitsvloed van kan die natuurlike
waterwe ,soos riviere, nie al die water wegvoer nie.
Uitwerking van vloede op mense
 Beserings en lewensverlies:
o wanneer vloede voorkom, kan die water baie vinnig
beweeg en styg.
 Siektes:
o ‘n toename in siektes,veral cholera en leptospirosis omdat
rioolstelsels beskadig word. Resultate lei daartoe dat
mense nie skoon water het om te drink nie en gedwing
word om besmette water en kos te drink.

 Ontworteling:
o Oorstromings vernietig mense se huise en hul lewens.
Tydens vloede in Suid-Afrika het 20 000 mense van
ongeveer 5 000 gesinne hul huise verloor. Baie van hierdie
mense was kleinboere wie se landbougrond vernietig is.
Hierdie mense moes na ander plekke trek waar hulle kon
woon en werk soek.
Uitwerking van vloede op grond
 Wanneer swaar reën val veral op grond wat min grondbedekking
het kan dit weg loop en duike en die oppervlak. Byvoorbeeld
voetpaadjies paadjies wat gemaak is deur vee. terwyl die water in
die slootjies vloei vorm dit klein spruitjies, wat later in dongas kan
verander.
 Vloede vernietig oeste: wanneer te veel reën val raak die grond
oorversadig en begin die wortels verrot, dan vrek die gewasse.

Uitwerking van vloede op geboue en strukture:


 Vloedwater vloei met brute krag en kan geboue en
infrastruktuur wegspoel.
 Mense kan dakloos gelaat word
 Hospitale kan vernietig word
 Skole (onderrig) kan ontbreek
 Vervoer kan baie moeilik raak omdat paaie, brue en spoorlyne
weggespoel word

You might also like