You are on page 1of 193

NKABV

Lewensvaardighede

Graad

4
ek
Le

er
derbo

H. Amato • J. Calitz • K. Euston-Brown


S. Heese • L. Shaw

Dit is onwettig om enige bladsye uit hierdie boek te


fotokopieër sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer.
Inhoud
Kwartaal 1
Studiegebied: Persoonlike en Sosiale Welstand Studiegebied: Skeppende Kunste

Hoofstuk 1: Persoonlike sterk punte 4 Uitvoerende Kunste:


Waarin ek uitblink 4 Hoofstuk 5: Dans, drama en musiek 28
Lees vir genot 6 Skep ritmiese patrone 28
Ek word ‘n beter mens deur wie ek is 8 Lees ritmiese patrone 32
Ritme en beweging 34
Hoofstuk 2: Respek vir jou eie liggaam Dramaspeletjies 36
en ander mense s’n 10
Versorging van jou liggaam 10 Visuele Kuns:
Lees vir genot 12 Hoofstuk 6: Waardeer en skep visuele kuns 38
Respekteer jou liggaam 14 Die elemente van kuns 38
Waarom jy jou eie liggaam en Gebruik kunsmateriaal 40
dié van ander respekteer 15 Werk met klei 42

Hoofstuk 3: Hantering van konflik 16 Formele Assessering: Persoonlike en Sosiale


Wat lei tot konflik? 16 Welstand 44
Hoe om konflik to hanteer 17
Lees vir genot 18 Liggaamlike Opvoeding 46

Studiegebied: Liggaamlike Opvoeding Skeppende Kunste 47

Hoofstuk 4: Voortbeweging, rotasie, elevasie


en balans 20
Opwarmings- en strekoefeninge 20
Rotasie 22
Hou jou balans 24
Voortbeweging en elevasie 25
Balans en elevasie 26
Voortbeweging en rotasie 27
Kwartaal 2
Studiegebied: Persoonlike en Sosiale Welstand Studiegebied: Skeppende Kunste

Hoofstuk 7: Emosies 50 Uitvoerende Kunste:


Wys hoe jy voel 50 Hoofstuk 12: Dans, drama en musiek 76
Lees vir genot 52 Musiekinstrumente 76
Emosies wat jy ervaar 54 Improviseer en skep jou eie
musiekinstrument 78
Hoofstuk 8: Werk in ‘n groep 56 Klankprente 80
Leer om saam te werk 56 Lees musiek 81
Hoe jy in ‘n groep werk 57 Maak saam musiek 82
Lees vir genot 58 Beplan dans-bewegingsinne 83

Hoofstuk 9: Afknouery 60 Visuele Kuns:


Verskillende tipes afknouery 60 Hoofstuk 13: Waardeer en skep visuele kuns 84
Wat om te doen as jy Kyk na lettersoorte 84
afgeknou word 61 Raak kunstig met letters
Lees vir genot 62 en patrone 86
Bewertjies 88
Hoofstuk 10: Kinderregte en
-verantwoordelikhede 64 Formele Assessering: Persoonlike en Sosiale
Kinderregte 64 Welstand 90
Lees vir genot 66
Kinders se verantwoordelikhede 68 Liggaamlike Opvoeding
Regte en verantwoordelikhede 69 en Skeppende Kunste 92

Studiegebied: Liggaamlike Opvoeding

Hoofstuk 11: Gewysigde invalspeletjies 70


Invalspeletjies 70
Beweeg met die bal 71
Gee die bal aan 72
Skop 73
Verdediging in invalspeletjies 74
Inheemse invalspeletjies 75
Kwartaal 3
Studiegebied: Persoonlike en Sosiale Welstand Studiegebied: Skeppende Kunste

Hoofstuk 14: Kulturele en morele lesse 96 Uitvoerende Kunste:


Verskillende kultuurgroepe in Hoofstuk 18: Dans, drama en musiek 120
Suid-Afrika 96 Reageer op woorde en klanke 120
Lees vir genot 98 Beweeg op die maat van musiek 122
Spyskaarte van verskillende Nog musiekinstrumente 123
kulture in Suid-Afrika 100 Sing liedjies 124
Sedelesse 102 Bou ‘n drama 126

Hoofstuk 15: Godsdienste in Suid-Afrika 104 Visuele Kuns:


Leer van die vernaamste Hoofstuk 19: Waardeer en skep visuele kuns 130
godsdienste 104 Diere in kuns 130
Lees vir genot 106 Wilde of huisdiere en
Plekke van aanbidding en hulle omgewing 132
die simbole van verskillende Skep wilde of huisdiere in 3D 134
godsdienste 108
Formele Assessering: Persoonlike en Sosiale
Hoofstuk 16: Gevare in en om water 110 Welstand 136
Waterveiligheid by die huis en
om swembaddens 110 Liggaamlike Opvoeding
Veiligheid in riviere en damme 111 en Skeppende Kunste 138
Lees vir genot 112

Studiegebied: Liggaamlike Opvoeding

Hoofstuk 17: Ritmiese bewegings 114


Postuur en ritmiese strekoefeninge 114
Ritmiese gimnastiek met linte 115
Ritmiese gimnastiek met hoepels 116
Marsjeer 117
Ritmiese gimnastiek met balle 118
Aërobiese oefeninge 119
Kwartaal 4
Studiegebied: Persoonlike en Sosiale Welstand Studiegebied: Skeppende Kunste

Hoofstuk 20: Verkeersreëls 142 Uitvoerende Kunste:


Verkeersreëls vir padgebruikers 142 Hoofstuk 25: Dans, drama en musiek 166
Lees vir genot 144 Musiek 166
Prente sonder woorde 168
Hoofstuk 21: Persoonlike en huishoudelike Bou ‘n drama op ‘n tema 170
higiëne 146 Voeg alles bymekaar met
Higiëne tuis 146 klanke en liedjies 172
Dieet en mondhigiëne 147
Lees vir genot 148 Visuele Kuns:
Hoofstuk 26: Waardeer en skep visuele kuns 174
Hoofstuk 22: Gesonde omgewing en Kyk na prente 174
persoonlike gesondheid 150 Meng kleure 176
Ongesonde omgewings 150 Droomvangers 178
Maniere om die omgewing
gesond te hou 151 Formele Assessering: Persoonlike en Sosiale
Lees vir genot 152 Welstand 180
Bewaring van ‘n vleigebied 154
Liggaamlike Opvoeding
Hoofstuk 23: MIV- en Vigs-onderrig 156 en Skeppende Kunste 182
MIV en Vigs 156
Lees vir genot 158
Woordelys 184
Studiegebied: Liggaamlike Opvoeding

Hoofstuk 24: Atletiek en swem 160


Velditems 160
Baanitems 162
Swem veilig 164
1 Kwartaal 1
1 3

2 4

2
Hoofstuk 1–6

Wat weet jy?


5
1. Wat kan jy goed doen?
2. Hou jy daarvan om vrugte te eet?
Weet jy waarom dit vir jou goed is?
3. Weet jy wat om te doen as iemand
met jou wil baklei?
4. Op hoeveel verskillende maniere
kan jy rol?
5. Hoeveel verskillende soorte danse
ken jy? Vertel dit aan jou maat.
6. Kan jy al hierdie kleure opnoem?

Inhoudsdekking in Kwartaal 1
Hoofstuk 1: Persoonlike sterk punte, Hoofstuk 2: Respek vir jou eie liggaam en
ander mense s’n, Hoofstuk 3: Hantering van konflik, Hoofstuk 4: Voortbeweging,
rotasie, elevasie en balans, Hoofstuk 5: Dans, drama en musiek,
Hoofstuk 6: Waardeer en skep visuele kuns, Formele Assessering

3
Hoofstuk

1 Persoonlike sterk punte

Studiegebied Waarin ek uitblink


Persoonlike en Almal is in een of ander opsig spesiaal. Almal is goed in
Sosiale Welstand
verskillende dinge.

AKTIWITEIT 1.1 Waarin blink jy uit?


Sleutelwoorde
Ek is ’n goeie
• spesiaal – om Ek kan
beter of anders as sokkerspeler.
netjies skryf.
ander te wees
• sterk punt –
waarin ek uitblink

1. Dink na oor die dinge waarin jy reeds goed is.


2. Dink na oor die dinge wat jy nog oefen om goed
te doen.
AKTIWITEIT 1.2 ’n Opwindende ervaring

Vertel ’n maat van iets wat jy bereik of ervaar het


omdat jy oor ’n sekere sterk punt beskik. Praat oor
hoe dit gevoel het. Luister nou na jou maat. Praat oor
iets waarin jou maat goed is.

4 Kwartaal 1 Ontwikkeling van die self


AktiWiteit 1.3 Trek buitelyne

1. Trek ’n buitelyn van albei jou hande op blanko papier.


Knip dit uit.
2. Skryf een ding waarin jy uitblink in die buitelyn van
die regterhand.
3. Skryf een ding waarin jy nog nie uitblink nie in die
buitelyn van die linkerhand.
4. Vertoon al die regterhand-buitelyne teen een deel
van die klaskamermuur. Doen dieselfde met die
linkerhand-buitelyne langs hulle.
5. Praat oor wat binne-in die buitelyne geskryf staan.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 1 5


Lees vir genot

Roegsana se storie
Roegsana is baie lief vir MEE
kook. Toe sy klein was, het sy
L
MELK
altyd haar ma in die kombuis
gehelp. Sy sou enigiets doen
om te help, solank sy net in
die kombuis kon werk. Sy het
uitgeblink in die kombuis.

Soos Roegsana ouer geword


het, het sy geleer om self
goed te doen. Eers het sy
springmielies gemaak en toe
het sy begin om kolwyntjies
en koekies vir haar ma te
versier. Op ’n dag was haar
ma in die hospitaal toe haar
skool ’n koekverkoping gehad
het. Roegsana het self ’n paar
klapper-en-konfytkoekies gebak.
Sy was so trots daarop, veral
toe alles verkoop.

Roegsana het ouer geword en mense het opgemerk dat sy baie lief was vir
kosmaak en het haar gevra om hulle te help. Eenkeer is sy gevra om by ’n
kerriestalletjie by die skoolkermis te help. Sy het ook pannekoeke gebak om
geld vir die skoolbiblioteek in te samel. Sy het selfs by haar broer se troue
gehelp kook.

Roegsana het met haar vaardighede begin geld verdien. Mense het
bestellings geplaas vir die eetgoed wat sy maak. Sy het vyf dosyn
koeksisters vir haar onderwyser se verjaardag gemaak. Sy het groot pakke
beskuit gemaak wat haar ma by die werk verkoop het. Hulle buurvrou het
’n groot pot kerrie vir haar herdenking bestel en Roegsana het ’n lieflike
doopkoek vir haar pa se sekretaresse gebak.

6 Kwartaal 1 Ontwikkeling van die self


Toe Roegsana met skool klaarmaak, wou haar pa hê dat sy kollege toe
moet gaan om te leer om ’n rekenaar te gebruik. Hy was bekommerd
dat sy nie werk sou kry as sy nie weet hoe om ’n rekenaar te gebruik nie.
Roegsana wou nie kollege toe gaan nie, maar sy het nie eintlik geweet wat
anders sy kon doen nie. Sy het by die kollege begin, maar sy het gesukkel
om belang te stel en goed te vaar.

Een aand na aandete het Roegsana se pa by haar gaan sit. ‘Roegsana, dink
jy dat jy eendag ’n sekretaresse in ’n kantoor wil wees?’

Roegsana het na die mat op die vloer gestaar. Dit was ’n moeilike vraag om
te beantwoord. Sy het geweet dat haar pa wou hê dat sy ’n sekretaresse
moes word en dat hy baie geld op die kollege spandeer het, maar sy het
geweet dat dit nie regtig is wat sy wou hê nie.

‘Roegsana,’ het haar pa gesê, ‘as ek sou sê dat jy nie meer kollege toe hoef
te gaan nie, hoe sou jy geld verdien?’

Roegsana het na haar pa gekyk en ’n rukkie daaroor gedink. ‘Ek dink,’ het
sy geantwoord, ‘ek sal doen waarvoor ek lief is en waarin ek uitblink. Ek sal
met kos werk. Ek sal kos maak en verkoop of die spyseniering vir partytjies
en funksies doen.’

Vandag besit Roegsana haar eie spysenieringsmaatskappy. Sy kook en bak


vir funksies en partytjies. Sy het ’n afleweringswa en mense wat vir haar
werk. Haar pa is baie trots op haar. Sy doen die dinge waarin sy uitblink
om ’n bestaan te maak.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 1 7


Sleutelwoorde ek word ’n beter mens deur wie ek is
• oefen – om Elke persoon blink in iets uit, maar is nie so goed in
dieselfde ding ’n
paar keer oor te ander dinge nie. Ons kan ons sterk punte gebruik om te
doen om beter te oefen om die dinge waarin ons nog nie so goed is nie te
word in iets verbeter. Oefening help.
• verbeter – om
beter te word Lees hieronder en op die volgende bladsy meer oor
in iets Glenn en sy vriende.

Ek kon nie goed spel nie. Ek


was eintlik nogal sleg. Ek wou
beter word.Elke dag het ek
drie nuwe woorde by die huis
leer spel. Af en toe laat my
ma my ’n toets skryf.

Ek kan nou goed


spel, maar moes
hard werk om te
verbeter.

8 Kwartaal 1 Ontwikkeling van die self


Ek kan vinnig hardloop, maar ek kan
nie ’n bal goed skop nie. Niemand wou
my in hulle span hê nie. Wanneer ek ’n
tydjie kon afknyp, het ek geoefen om
te skop. Ek het ook my oom gevra om
my te help. Ek het vir niemand vertel
dat ek oefen nie. Ek is nou baie beter
en ek word nie meer laaste gekies nie.

My ma was siek en kon nie vir


ons kook nie. Ek is die enigste
kind en kan nie goed kook nie.
Ek het na ons buurvrou gegaan
en haar gevra om my te leer.
Sy het my gewys wat ek moet
doen. Nou is ek mal daaroor
om te kook en ek blink uit
daarin.

AktiWiteit 1.4 Oefen om te verbeter

Dink aan iets wat jy wil verbeter. Dink oor wat jy kan
doen om dit te verbeter. Kan jy iets gebruik wat reeds ’n
sterk punt is om jou te help? Voltooi die werkblad wat jou
onderwyser vir jou sal gee.

AktiWiteit 1.5 Ander se sterk punte

Dink aan drie vriende in jou klas en skryf neer waarin


hulle goed is. Maak beurte om mekaar te vertel wat julle
geskryf het. Maak seker almal kry ’n beurt.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 1 9


Hoofstuk Respek vir jou eie liggaam en ander
2 mense s’n
Studiegebied Versorging van jou liggaam
Persoonlike en Jy moet jou eie liggaam versorg. Jy versorg jou liggaam
Sosiale Welstand
op verskillende maniere.

Jy het goeie kos nodig om gesond en sterk te word.

Jy het oefening nodig om fiks en sterk te bly.

10 Kwartaal 1 Ontwikkeling van die self


Jy moet elke dag skoon water drink.

Jy moet elke aand genoeg slaap kry. Jou liggaam moet skoon wees.

AktiWiteit 2.1 Maak ’n collage Sleutelwoorde


• collage – ’n
Werk in pare of in ’n groep. Kyk na die opskrifte van versameling prente
hierdie bladsy. Soek en versamel prente uit tydskrifte, of woorde oor een
advertensies, kosetikette, produketikette of die koerant onderwerp of idee
wat op papier of
om by elke opskrif te pas. Rangskik en plak dit op papier karton geplak is
vas om ’n collage te maak. Maak seker dat dit op ’n
• rangskik – om
aantreklike manier gerangskik is. Dit kan oorvleuel. Skryf goed in ’n netjiese,
’n opskrif ‘Versorging van my liggaam’ iewers op die mooi of vereiste
collage. Stal dit in die klaskamer uit. volgorde te plaas

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 2 11


Lees vir genot

Versorging van en respek vir ander se liggame

Agnes Bojaxhiu is op 27 Augustus 1910 in Macedonië gebore. Sy het


die huis op agtien verlaat en na ’n klooster in Ierland gegaan om ’n
non te word. Na ’n paar maande is sy na Indië gestuur. Toe sy haar
kloostergelofte aflê, het sy die naam, Teresa, gekies.

Suster Teresa het in ’n kloosterskool klasgegee. Sy het later die hoof van
die kloosterskool geword. Sy het baie tyd in die krotbuurte deurgebring en
vir die mense daar kos en medisyne gegee. Suster Teresa het geglo dat die
stem van God haar op 10 September 1946 aangesê het om die armstes van
die armes te help. Sy het dus verpleging gaan studeer en in die krotbuurte
van Kalkutta in Indië gebly en gewerk.

12 Kwartaal 1 Ontwikkeling van die self


Sy het eers ’n skool begin. Sy het die stowwerige grond as ’n skryfbord
gebruik en ’n stok as haar bordkryt. Daarna het sy ’n apteek oopgemaak
om medisyne, verbande en kos uit te deel wat mense geskenk het.

Die pous het Suster Teresa toestemming gegee om ’n nuwe groep nonne
saam te stel. As hulle leier het sy Moeder Teresa geword. Moeder Teresa
het ’n tehuis begin waar armes vreedsaam kon leef. Sy het ook ’n spesiale
tehuis begin vir kinders wat niemand gehad het om na hulle om te sien nie.
Sy het ’n dorpie gestig vir mense met melaatsheid omdat niemand naby
mense met hierdie siekte wou wees nie.

In 1979 het Moeder Teresa die Nobelprys vir Vrede ontvang. Sy het die geld
van die prys vir armes gebruik.

Dit is een van die tehuise wat Moeder Teresa vir arm, siek en gestremde mense gestig het.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 2 13


Respekteer jou liggaam
As jy jou liggaam respekteer, help dit jou om dit reg te
versorg. Almal moet hulle liggame respekteer.

Moenie maats wees met mense wat jou nie Moenie iemand anders slaan of seermaak nie.
respekteer nie.

Het jy geweet?
Rook is sleg vir jou.
Dit kan jou siek
maak. Moenie dat
iemand jou terg of
dwing om ’n sigaret
te rook nie. Moenie
iets gebruik waaraan
jy verslaaf kan raak
nie. Dit sluit die rook
van sigarette, die
snuif van gom, die
drink van alkohol of
die gebruik van tik of
enige ander
dwelmmiddels in.
Rook laat jou nie
volwasse lyk nie. As
jy ‘nee’ sê, tree jy Moenie iets neem of gedwing word om iets te neem wat sleg is vir
eerder soos ’n jou nie.
volwassene op.
AktiWiteit 2.2 Sê ‘nee!’
Sleutelwoorde
Werk saam met ’n maat. Dink saam aan situasies waar
• verslaaf – julle ‘nee’ moet sê. Voer dit met jou maat op. Oefen
afhanklik van of
misbruik
verskillende maniere om vir mekaar ‘nee!’ te sê. Kies een
van die situasies en wys dit vir die klas.

14 Kwartaal 1 Ontwikkeling van die self


Waarom jy jou eie liggaam en dié van
ander moet respekteer
Jou liggaam moet versorg en gerespekteer word.

Jou liggaam groei nog en benodig goeie kos, water,


oefening, genoeg slaap en moet skoon gehou word om
goed te kan groei.

Jou liggaam moet beskerm word teen skade wat ander


mense aanrig en giftige stowwe waaraan jy verslaaf
kan raak.

Ander mense se liggame is privaat. Jy moet dit


respekteer en mag onder geen omstandighede iemand
anders skade aandoen nie.

Jy moet veilig, geliefd en gerespekteer voel sodat jou


verstand en emosies of gevoelens goed kan ontwikkel.

AktiWiteit 2.3 Wat vir my goed is

Trek die tabel in jou werkboek oor. Kyk na die woorde.


Skryf dit oor en voltooi die tabel. Gee ’n rede vir jou
antwoord.
vars vrugte
geen oefening nie water
groente borsel tande
was hare sê ‘nee’ vir bullebakke
rook

Goed vir my Sleg vir my Rede

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 2 15


Hoofstuk

3 Hantering van konflik

Studiegebied Wat lei tot konflik?


Persoonlike en konflik kom voor wanneer mense dieselfde ding op
Sosiale Welstand
verskillende maniere wil doen of verskillend oor iets dink.
Baie goed veroorsaak konflik.
Sleutelwoorde
AktiWiteit 3.1 Praat oor konflik
• konflik – wanneer
iemand ons kwaad Gee pad! Ek
of hartseer maak Nee, ons moet dit op my
sal dit doen.
en ons iets terug manier doen. My manier is die
wil doen beste manier.

Jy het my
selfoon
gesteel. Dis Ek het nie, hierdie
myne. selfoon is myne.
Ek gaan NIE
alleen al die
skottelgoed
was en
afdroog nie.
Jy moet was
of afdroog.

1. Kyk goed na die prente hierbo.


2. Hoe word konflik in elke prent veroorsaak?
3. Beskryf hoe jy dink elke persoon voel.
4. Praat oor ander maniere waarop mense konflik
veroorsaak.

16 Kwartaal 1 Ontwikkeling van die self


Hoe om konflik te hanteer
Daar is goeie maniere om konflik te hanteer.

Praat daaroor
Sê hoe jy voel vir die
persoon met wie die
konflik ontstaan het. Praat
met ’n maat, iemand
in jou gesin of ’n ander
volwassene as dit vir jou
te moeilik is om te doen.

erken verskille
Mense is nie dieselfde
nie en doen dinge
verskillend. Jy kan kies
om iets op ’n sekere
manier te doen of jy
kan leer dat daar ander
maniere is om dinge
te doen.

keer dat die konflik


vererger
As mense kwaad of
ontsteld is, los eers die
situasie soos dit is totdat
almal kalmeer het. As
jy dit nie kan doen nie,
probeer om kalm te bly.
Moenie praat terwyl jy
kwaad of ontsteld is nie,
want dit sal sake net
vererger.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 3 17


Lees vir genot

thabo en Vuyo hanteer konflik


Thabo het saam met sy broer, Vuyo, en sy ma in ’n huis gebly. Vuyo was ouer
as hy. Hulle ma het eers na sewe-uur saans by die huis gekom.

Die meeste middae het die seuns televisie gekyk. Thabo het van ander TV-
programme as Vuyo gehou. Thabo sou meestal dat Vuyo kies wat hy wou kyk
en dan later iets anders kyk.

Een middag het Thabo vir Vuyo gesê dat hy ’n dokumentêre program oor die
Suid-Afrikaanse krieketspan wou kyk.

Toe dit tyd was dat die program begin, het Thabo die televisie aangeskakel.
Vuyo het die vertrek binnegekom en gevra waar die afstandskontrole was.
Thabo het gesê dat dit op die tafel was.

Vuyo het dit gaan haal en die televisiekanaal verander.

Thabo het opgestaan en geskree, ‘Vuyo, hou op! Ek het vir jou gesê dat ek die
program wil kyk en ek gaan dit nou kyk. Los die kanaal, dit het klaar begin.’

‘Vergeet daarvan , Thabo,’ het Vuyo gesê. ‘Ek gaan my program kyk. Jy moes
nie vir my gesê het waar die afstandskontrole is nie.’

Thabo het baie kwaad geword. Hy het opgespring. ‘Ek is so siek en sat van jou
wat altyd dink dat jy die belangrikste mens in hierdie huis is. Ek het gesê dat
ek hierdie program gaan kyk en ek kan en jy kan my nie keer nie. Gee terug die
afstandskontrole.’

Vuyo was ook kwaad. ‘Dink jy miskien jy kan vir my sê wat ek moet doen?’

Thabo moes die afstandskontrole in die hande kry. Vuyo het dit bokant Thabo
se kop gehou, net-net buite sy bereik. Thabo het opgespring en Vuyo se arm
gegryp. Die afstandskontrole het uit Vuyo se hand geglip en op die grond
geval. Dit het stukkend gebreek. Die stukke het op die vloer en op die mat gelê.

Thabo het begin skree. Hy was so kwaad vir Vuyo dat hy nie geweet het
wat anders om te doen nie. ‘Ek haat jou, Vuyo!’ het hy geskree toe hy uit
die vertrek stap.

18 Kwartaal 1 Ontwikkeling van die self


Toe hulle ma by die huis kom, het sy die gebreekte afstandskontrole
gesien.

‘Wat het vandag gebeur?’ het sy gevra.

Dit het lank geduur voor sy die hele storie gehoor het. Sy het albei geroep
en gehelp om daaroor te praat. Thabo het gesê dat hy altyd vir Vuyo kans
gee om te kyk wat hy wil kyk.

Vuyo het gesê dat hy net sekere tye van die dag televisie kon kyk omdat hy
deur die dag werk.

‘Nou ja,’ het hulle ma gesê. ‘Van vandag af gaan daar nuwe reëls in hierdie
huis wees. Elkeen van julle kan drie televisieprogramme per
week kyk. Julle moet dit tussen julle
uitsorteer. As een van julle die ander
een toelaat om iets te kyk, moet die
ander een sy program volgende
keer opgee. Elkeen van julle sal die
helfte van ’n nuwe afstandskontrole
betaal. Julle sal ook nadink oor hoe
julle vandag opgetree en wat julle vir
mekaar gesê het. Daarna sal julle vir
mekaar om verskoning vra.’

Deesdae argumenteer Thabo en Vuyo


nie baie oor watter program hulle op
televisie gaan kyk nie. Hulle beplan
vooruit wat hulle wil kyk en hulle
behandel mekaar met respek.

Hulle het geleer hoe om konflik te


hanteer.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 3 19


Hoofstuk Voortbeweging, rotasie, elevasie en
4 balans
Studiegebied Opwarmings- en strekoefeninge
Liggaamlike Liggamlike aktiwiteite leer jou oor jou liggaam se fisiese
Opvoeding
vermoëns en help jou om dit gesond en sterk te hou.
Fisiese aktiwiteit is ’n belangrike deel van jou daaglikse
Sleutelwoorde
lewe en jy moet gereelde en verskillende oefening kry.
• liggaamlike
aktiwiteite – Voordat jy aan enige fisiese aktiwiteit deelneem, moet jy
aktiwiteite waar
tydens jy jou
jou hele liggaam opwarm en dan jou belangrikste spiere
liggaam gebruik strek. Dit sal help om besering tydens jou gekose fisiese
• vermoëns – aktiwiteit te voorkom.
waartoe jy in
staat is Strekoefening behels die rustige uitstrek van jou liggaam
• oefening – fisiese se belangrikste spiere, so ver as moontlik sonder pyn,
inspanning en om dan daardie posisie vir ongeveer 10 sekondes te
hou. Tel die tyd af sodat jy nie oorhaastig is nie. Sê ‘Een
Mississippi, Twee Mississippi’ tot by tien en herhaal drie
keer. Onthou om albei arms en bene te strek!

Strekke wat jy op jou eie kan doen



Strek jou agterdyspiere. Strek jou binnedye.

Leun vorentoe
Laat jou
na jou voete
knieë so na as
toe. Hou jou
moontlik aan
rug regop.
die grond val.

Hierdie is jou
agterdye. Jy moet voel Trek jou voete rustig
hoe dit hier na jou toe. Moenie
strek. jou knieë lig nie.

20 Kwartaal 1 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede



Strek jou buitedye. Strek jou arms en skouers. Strek jou rug.
Lig jou arms
Trek hierdie agter jou
knie rustig totdat jy voel
oor en na jou hoe dit oor
heup toe. die voorkant
van jou
skouers strek.

Strekke wat jy met ’n maat kan doen


Strek jou dye. Strek jou kuite.
Hou jou
Hou Moenie jou rug maagspiere
jou rug kromtrek nie. styf.
reguit.

Jy moet
hier voel
hoe dit
strek.
Hou jou
heupe
vorentoe.

Buig jou linkerknie,


Hou jou enkel agter maar moenie dit verby
jou en trek jou hak Jy sal hier voel
Hou jou regterbeen jou voet stoot nie.
na jou sitvlak toe. hoe dit strek.
reguit agter jou.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 4 21


Sleutelwoorde Rotasie
• rotasie – om Kyk na verskillende maniere waarop jy in rotasie beweeg
rondom ’n sentrale
punt te beweeg of of omdraai.
te draai
Doen ’n vooroorrol

Veiligheidswenk
Jou liggaamsgewig
moet nooit net deur
jou kop ondersteun
word nie. Gebruik
altyd ’n ander
liggaamsdeel en jou
hande om te help om
jou liggaam te
ondersteun en te
balanseer.

Het jy geweet?
Die Heimlich-
maneuver is ’n 2. Hurk. Hande skouer-
tegniek wat gebruik wydte uitmekaar.
word om iets wat in 1. Staan regop. Maag Hande plat op die vloer,
jou keel vassit en jou ingetrek en rug reguit.
laat verstik, los te kry. vingers vorentoe.
Vind meer uit vir
huiswerk.

4. Stoot met jou bene. 5. As jou voete die


3. Trek jou ken in. Plaas Roteer oor jou kop tot vloer raak, stoot
die agterkant van jou op jou rug. Hou van van die vloer af op
kop op die vloer. jou gewig op jou arms. en staan op.

22 Kwartaal 1 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Doen ’n agteroorrol
Volg hierdie sewe stappe saam met ’n maat:

1. Begin in ’n staande posisie.


2. Buig af tot in ’n hurkposisie met jou arms voor jou uit.
3. Leun effens agteroor en laat sak jou sitvlak totdat dit
die vloer raak.
4. Rol oor jou rug tot op jou skouers.
5. Plaas jou hande langs jou skouers met jou vingers wat
na jou skouers wys.
6. Druk hard op die vloer met jou hande om jou arms
reguit te maak sodat jy jou liggaam oor jou kop kan
roteer.
7. Plaas jou voete op die grond. Druk op die vloer om op
te staan.
’n Penrol en ’n Boomstomprol
Kyk na hierdie twee prente.

Rol op die grond met arms bokant die Rol op die grond met arms langs die sye
kop en die liggaam stewig en reguit. en die liggaam stewig en reguit.
’n Penrol ’n Boomstomprol

’n Reeks bewegings Sleutelwoorde


Jy kan die volgende bewegings in hierdie volgorde doen • reeks – wanneer
om ’n reeks bewegings te doen: staan, vooroorrol, staan, een aksie ’n ander
hurk om agteroor te rol en staan weer. in ’n spesifieke
volgorde volg
Jy kan nou ’n eenvoudige reeks bewegings met al vier
hierdie rotasies skep en dit uitvoer. Jy kan saam met ’n
maat werk en die beste uit julle individuele reekse kies en
saam ’n nuwe, langer bewegingsreeks ontwikkel.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 4 23


Sleutelwoorde Hou jou balans
• balanseer – om Jy sal beter kan balanseer as jy sterk kernspiere het en
nie om te val nie
jou ander spiere ook sterk is. Dit sal keer dat jy omval en
• kernspiere – diep
spierlae wat na
sal beserings voorkom.
aan die ruggraat
lê en die liggaam Jou onderwyser sal verduidelik hoe om ’n
ondersteun balanseerwedloop met ’n maat te hou.

Die tiensekonde-Mississippi-balanseerkaarte
Jou onderwyser het die volgende kaarte.

Jou onderwyser sal ’n kaart in die lug hou en jy moet op


daardie liggaamsdeel balanseer. Hou jou balans vir tien
Mississippi-sekondes. Jy moet hardop ‘een Mississippi,
twee Mississippi’ sê.

Soms sal twee kaarte regop gehou word. Wanneer jy


saam met ’n maat werk, probeer om te kyk hoeveel
verskillende balanseerposisies julle saam kan skep.

Wanneer julle baie


Het jy geweet? goed is, probeer ’n
Daar is ’n sport in Indië balanseerposisie met
wat Mallakhamb albei van julle waar
genoem word
waartydens die net die volgende
spelers op en om ’n liggaamsdele aan die
houtpaal moet vloer mag raak: een
balanseer. Kyk na die
prent aan die voet en een hand!
regterkant.

24 Kwartaal 1 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Voortbeweging en elevasie Sleutelwoorde
Voortbeweging is ’n beweging. Voortbeweging is stap, • voortbeweging –
die vermoë om
hardloop, vorentoe spring, galop, hop en huppel. Kyk van een plek na ’n
na die illustrasies hieronder: Hierdie bewegings kan ander te beweeg
teen verskillende snelhede, in verskillende rigtings, op • elevasie – die
verskillende hoogtes en met verskillende energieverbruik vermoë om van
die grond af op te
gedoen word. Kyk hoeveel jy kan doen.
beweeg

Veiligheidswenk
Hou jou oë oop en
kyk altyd waarheen jy
gaan, selfs al beweeg
jy agteruit.

elevasie gaan oor spronge en spring. Hierdie spronge


kan hoog en laag of groot en klein wees.
’n Stersprong Spring met jou knieë opgetrek
Arms wyd uitgestrek.
Kop op.
Hande
omhoog.
Arms om
opgetrekte
knieë.
Voete
bymekaar.

Wydsbeen

’n Sprong met ’n draai Skêrsprong


Draai jou Kop op.
kop. Hande en arms
uitgestrek, maar
Hande en
een arm voor en
arms langs
die ander agter.
die sy.

Voete Wydsbeen, maar


bymekaar. een voet voor en
die ander agter.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 4 25


Sleutelwoorde Balans en elevasie
• elevasie – die Jy kan statiese en dinamiese balansering skep. Statiese
vermoë om van die
grond af te beweeg balansering is posisies wat jy soos ’n standbeeld stilhou.
• staties – bly in ’n
Dinamiese balansering is beweging op ’n gebalanseerde
posisie sonder om manier, byvoorbeeld wanneer jy op ’n muurtjie loop.
te beweeg of van
posisie te verander Statiese balansering
• dinamies – Voltooi die reeks bewegings wat in die prente hieronder
konstante getoon word.
beweging,
aktiwiteit of
verandering

Staan op een
Verander jou Verander die posisie Verander jou arm-
voet. Hou posisie liggaamsvlak. Hou van jou been. Hou posisie. Hou posisie
vir vyf sekondes. posisie vir vyf sekondes. posisie vir vyf sekondes. vir vyf sekondes.

Hoeveel verskillende statiese balanserings kan jy op jou


eie skep en dan in groepe?
Veiligheidswenk
Onthou om jou knieë Dinamiese balansering
te buig wanneer jy na Kan jy die volgende spronge doen?
’n sprong land. Dit
help om die • Die Hop: spring weg van een voet af en land op
landingsimpak te dieselfde voet.
absorbeer. Voltooi al
jou strekoefeninge
• Die Vorentoe Sprong: spring weg van een voet af en
voordat jy enige land op die ander voet.
fisiese aktiwiteit • Tweevoetsprong: spring weg op twee voete en land op
uitvoer.
twee voete.
• Eenvoetsprong: spring weg op een voet en land op
twee voete.
• Tweevoetsprong: spring weg op twee voete en land
op een voet.
26 Kwartaal 1 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede
Voortbeweging en rotasie Sleutelwoorde
Daar is baie maniere om te beweeg en terselfdertyd • rotasie –
beweging om ’n
te draai. Hieronder is ’n paar verskillende maniere om te sentrale punt
beweeg.

1. Wriemel soos ’n wurm.


2. Gebruik twee hande en twee voete om te kruip.
3. Gebruik twee hande en twee voete om te kruip, maar
jou maag moet boontoe wys.
4. Gly of galop sywaarts.
5. Loop soos ’n krap.
6. Loop op jou knieë.
7. Loop soos ’n beer.
’n Syrol

1. Beginposisie 2. Laat sak die


van ’n syrol. linkerskouer vloer
toe.

3. Rol om op jou 4. Tree terug tot


skouers. waar jy begin het.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 4 27


Hoofstuk

5 Dans, drama en musiek

Studiegebied Skep ritmiese patrone


Skeppende Kunste: Voordat jy met enige oefening begin, moet jy eers jou
Uitvoerende Kunste
liggaam opwarm. Opwarming help om beserings te keer
deur jou spiere en gewrigte vir oefening of beweging
Sleutelwoorde voor te berei. As jy enige beweging gaan doen, is dit
• opwarm – maak belangrik om op te warm. ’n Opwarming kan jou ook
jou liggaam gereed help konsentreer. Dit sal jou help om jouself vir oefening
om te oefen
gereed te maak.

AktiWiteit 5.1 Warm op om litte los te maak

Doen die Wikkeldans

Het jy geweet?
Almal wat aan
aktiewe optredes
deelneem, warm op.
Dansers doen
strekoefeninge.
Sportdeelnemers
warm hulle liggame
op. Akteurs sal hulle
stemme en liggame
opwarm. Musikante
warm hulle
instrument op deur
’n bietjie daarop te
speel.

28 Kwartaal 1 Opwarming en speel


AktiWiteit 5.2 Warm op om ritmes te maak Sleutelwoorde
• maatslag – ’n
Naamspeletjies gereelde klank

Dit is ’n speletjie waar julle julle hande klap en julle name • ritmiese patroon –
’n patroon van
op die maatslag sê. Speel so: klanke gebaseer
op ’n maatslag,
Sê jou naam. Hoeveel maatslae het dit? Party name maar met variasies
het een maatslag, ander het twee of drie maatslae. • liggaams-
Byvoorbeeld, Mpho het een maatslag. Dudu het twee. perkussie – maak
Maria het drie. Felicity het vier maatslae. klanke met
jou liggaam,
byvoorbeeld
1. Die hele klas staan in ’n kring. handeklap
2. Begin met ’n reëlmatige patroon handeklap.
3. Elke persoon in die kring kry ’n beurt om sy of haar
naam volgens die maatslae te sê.
4. Los ’n paar stil maatslae tussen elke naam.
5. Luister na die patroon wat onstaan soos julle klap en
julle name sê.

By die opwarming vir die Naamspeletjie het julle julle


stemme en handeklap gebruik om ’n ritmiese patroon
te skep.

Ritmiese patrone is klankpatrone wat met die


maatslag saamgaan. Jy kan ritmiese patrone met jou
liggaam maak. Dit word liggaamsperkussie genoem.
Liggaamsperkussie is wanneer jy ’n klank met behulp
van jou liggaam maak. ’n Paar voorbeelde van
liggaamsperkussie is om jou hande te klap, jou vingers te
klap of jou voete te stamp.

Warm op en speel; Improviseer en skep Hoofstuk 5 29


AktiWiteit 5.3 Skep ritmiese patrone met behulp van
liggaamsperkussie

1. Kies ’n maat of maak ’n groep van drie as iemand


uitgelaat is.
2. Probeer verskillende maniere waarop klanke met jou
liggaam gemaak kan word.
3. Maak ’n kort ritmiese patroon met enige
liggaamsperkussie wat jy wil en vra jou maat om dit
na te doen.
4. Maak beurte sodat jou maat kans kry om ’n ritme op
te maak.
Het jy geweet?
Musiek dwarsoor 5. Kopieer die presiese ritme wat jou maat met behulp
Afrika gebruik van liggaamsperkussie gemaak het.
slaginstrumente en
liggaamsperkussie. 6. Noudat julle dit in pare kan doen, probeer om dit
Slaginstrumente is effens anders te doen. Elkeen moet ’n beurt kry om ’n
instrumente wat jy
slaan of skud om ’n ritme te klap en die hele klas kan dit terugklap.
klank te maak. Dit kan
’n tamboeryn, ’n AktiWiteit 5.4 Skep ritmepatrone met behulp van
driehoek, trom of slaginstrumente
skudkoker wees. Jy
kan maklik jou eie Probeer verskillende maniere om klanke te maak deur
slaginstrument maak
met ’n paar stokkies verskillende voorwerpe te gebruik. Byvoorbeeld, watter
wat jy teenmekaar klank word gemaak as jy twee liniale teen mekaar
slaan. Dit word kap? Of wanneer jy ’n plastieksak opfrommel, of jou
ritmestokkies genoem.
potloodhouer skud?

Maak jou eie rammelaar deur ’n


plastiekbottel of blikkie halfvol sand
of saad of klein klippies te maak en dit
met ’n prop of deksel te verseël sodat
niks kan uitval nie.

Vorm pare en maak ritmiese patrone


Afrikatrom
op deur die slaginstrumente te gebruik
wat jy gemaak het.

30 Kwartaal 1 Improviseer en skep


AktiWiteit 5.5 Luister na musiek

Maak jou oë toe en luister na die klanke om jou.


Probeer om elke klank te identifiseer.

Luister dan na ’n opname van ’n Afrika-musiekstuk.

1. Kan jy identifiseer watter klanke deur


slaginstrumente gemaak word?
2. Hoe, dink jy, word die klanke gemaak?
3. Van watter materiaal, dink jy, word hierdie
instrumente gemaak?
4. Watter instrumente maak ’n hoë klank?
5. Watter instrumente maak ’n lae klank?
6. Wat, dink jy, word deur ’n geskud gemaak?
7. Wat, dink jy, word deur ’n geslaan gemaak?
8. Hoe kan jy jou eie slaginstrument uit herwonne
materiaal maak?

Improviseer en skep Hoofstuk 5 31


Sleutelwoorde Lees ritmiese patrone
• kwartnoot – Genoteerde musiek word in mate verdeel wat ’n sekere
eenmaat
aantal maatslae bevat. Die tydmaatteken sê vir ons
• halfnoot –
tweemaat
hoeveel maatslae daar in elke maat is. Byvoorbeeld, in
4/4-tyd is daar vier maatslae in elke maat, en in 3/4-tyd is
• rustekens – stil
mate daar drie maatslae in elke maat.

In genoteerde musiek word hierdie syfers aan die begin van ’n liedjie
geskryf. Dit word tydmaattekens genoem.
’n kwartnoot is die simbool vir ’n klank wat een van
hierdie maatslae lank duur. ’n Halfnoot is die simbool vir
’n klank wat twee van hierdie maatslae lank duur. Ons
het ook stil maatslae. Dit word rustekens genoem.

2 tellings halfnoot staan stil

1 telling kwartnoot stap

kwartnoot
1 telling shh
rus

halfnoot

2 tellings shh – hhh
rus

Hier is die musieknote wat jy in hierdie les gaan gebruik.

32 Kwartaal 1 Lees, interpreteer en dramatiseer


AktiWiteit 5.6 Lees ritmes deur van liggaamsperkussie gebruik Sleutelwoorde
te maak • eenklank – almal
sing saam, in
1. Tel en klap in 4/4-tyd (1,2,3,4). Maak die eerste harmonie
maatslag harder. Klap dan in 3/4-tyd (1, 2, 3) en maak
weer die eerste maatslag harder. Doen dan dieselfde
in 2/4-tyd (1, 2).
2. Klap ritmiese patrone en sê ‘taa’ (vir ’n kwartnoot) of
‘taa-aa’ (vir ’n halfnoot). Wanneer daar ’n rusteken is,
sê julle ‘saa’, en hou julle hande weg van mekaar in
plaas van om te klap.

halfnoot kwartnoot halfnoot kwart-


rus noot rus
3. Herhaal, maar gebruik nou die slaginstrumente wat
julle gemaak het in plaas van om te klap, of slaan op
die lessenaar.

AktiWiteit 5.7 Stemopwarming

Voordat jy begin sing, moet jy jou stem ook opwarm.


Jy kan dit doen deur te neurie.

Die gedig oor ’n kolibrie


Hier is ’n gediggie wat jy kan opsê. Neurie elke keer harder.
Ek is ’n kolibrie, hum, hum, hum
Ek vlieg net heeldag rond, hum, hum, hum.
Sien jy my klein vlerkies hum, hum, hum
Hulle klap so vinnig, hulle hum, hum, hum

AktiWiteit 5.8 Sing saam

Julle onderwyser gaan vir julle ’n paar liedjies leer. Die


hele klas gaan dit saamsing. Dit word eenklank genoem.
Sing die liedjies en begelei dit met jou perkussie-
instrumente.

Warm op en speel; Lees, interpreteer en dramatiseer Hoofstuk 5 33


Sleutelwoorde Ritme en beweging
• persoonlike Mense reageer dikwels op musiek deur daarop te wil
ruimte – ruimte
om jou liggaam dans. In Afrika gaan musiek en beweging saam. Mense
• inspannend –
dans by partytjies, troues, spesiale geleenthede of net vir
vereis baie moeite ontspanning.
en inspanning
• ruggraat – die AktiWiteit 5.9 Krul jou ruggraat
bene in ’n lyn van
jou nek tot jou
sitvlak 1. Jou onderwyser sal jou wys hoe om asem te haal en
in jou eie persoonlike ruimte te beweeg.
2. Opwarming is baie belangrik voor enige inspannende
oefeninge.
3. Jy gaan nou leer hoe om jou ruggraat te krul:
• Staan met jou arms langs jou liggaam en jou voete
parallel.
• Buig jou knieë effens en laat sak jou kop vorentoe.
• Ontspan jou kop en voel hoe dit swaar word.
• Laat jou kop stadig sak terwyl dit jou bolyf aftrek
tot jy amper dubbel gebuig is en jou hande amper
op die vloer hang.
• Staan stadig op, terwyl jy eers jou heupe, dan jou
maag en borskas en laaste jou kop oplig.
• Staan regop.
• Herhaal.

AktiWiteit 5.10 Reis en vries

Jou ruggraat is ’n Musiekstandbeelde


baie belangrike
Staan in ’n ruimte in die klaskamer.
deel van jou
liggaam. Beweeg rond op maat van die musiek wanneer dit speel.
Maak seker dat jy nie teen iemand stamp nie.

Vries wanneer die musiek stop!

34 Kwartaal 1 Improviseer en skep


AktiWiteit 5.11 Loop, hardloop en huppel op ritmiese partone Sleutelwoorde
deur liggaamsperkussie te gebruik • algemene ruimte –
die ruimte wat
Terwyl julle onderwyser ritmiese patrone op haar trom deur almal gevorm
word
skep, beweeg julle vrylik rond in die algemene ruimte.
Luister na die maatslag en loop, hardloop of huppel. Sluit • rekwisiet – iets
wat jy dra of
daarby aan met julle eie liggaamsperkussie. gebruik terwyl jy
• Loop vrylik in die algemene ruimte rond, op maat optree
van die klapmaatslag. Strek hoog terwyl julle loop – • improviseer –
probeer om aan die plafon te raak! maak iets op soos
jy aangaan
• Loop agteruit. • bewegingsin –
• Hardloop op die hardloopmaatslag. ’n reeks
opeenvolgende
• Klap op jou knieë terwyl julle hardloop. bewegings wat
• Skep dan ’n huppelmaatslag en huppel. vloeiend voorkom
• Huppel sywaarts.
• Draai van kant tot kant terwyl julle huppel.
• Spring soos paddas.
• Vlieg soos voëls.
• Swaai soos bome in die wind.
• Galop soos perde.
• Kruip soos miere.
• Seil soos slange.
• Rol na die ander kant van die vertrek.
• Lê plat en ontspan, haal diep asem.
• Strek jou arms en jou bene terwyl jy plat lê.
• Ontspan.

AktiWiteit 5.12 Gebruik rekwisiete met beweging

Jy kan ’n rekwisiet gebruik om ’n dansbeweging


interessanter en lewendiger te maak.
• Werk in groepe van vier.
• Kies ’n rekwisiet uit die seleksie in die klaskamer
en improviseer ’n bewegingsin met behulp van jou
rekwisiet.
• Oefen dit en voer dit vir die klas op. Elke groep kry ’n beurt.

Improviseer en skep Hoofstuk 5 35


Sleutelwoorde Dramaspeletjies
• mimiek – Rekwisiete kan in drama en dans gebruik word. Dit kan
kommunikasie
met die liggaam groot of klein wees. Dit kan werklike items wees of iets wat
(sonder woorde) jy as iets anders voorstel. Byvoorbeeld, jy kan voorgee
• konsentrasie – dat ’n potloodhouer ’n selfoon is en daarmee toneel speel
dink aan net een (hoor dit lui, tel dit op en praat daarin.) Dit is pret om so
ding, niks anders
te maak. Jy moet kan aanhou om jou te verbeel dat jou
nie
rekwisiet iets anders is as wat dit in werklikheid is.

’n Mimiek-kunstenaar beeld ’n storie d.m.v. liggaams-


bewegings en uitdrukkings uit. Hulle gebruik nooit
woorde nie. Soms sal hulle in die strate van stede optree.
Hulle sal ’n houding vir lank inneem, sonder om te
beweeg, en mimiekstandbeelde word.

AktiWiteit 5.13 Speletjies vir konsentrasie en kreatiwiteit

Wanneer jy optree, moet jy konsentreer en nie jou


aandag laat aflei nie. Hier is speletjies om jou te help
fokus en konsentreer. Eerstens sal jy na twee stories
luister wat jou onderwyser voorlees. Luister goed en voer
die handelinge in die storie uit.

Standbeelde
1. Soek ’n ruimte in die klaskamer. Staan in ’n gemaklike
posisie. Jy gaan voorgee om ’n standbeeld te wees.
Jy moet doodstil staan. As jy beweeg, is jy uit!

36 Kwartaal 1 Warm op en speel; Lees, interpreteer en dramatiseer


AktiWiteit 5.14 Kom ons gee voor

Soek ’n paar gewone items in jou klaskamer soos ’n boek,


’n liniaal, ’n tafel. Dink oor hoe julle elkeen as ’n rekwisiet
kan gebruik. Gebruik julle verbeelding!

AktiWiteit 5.15 Gebruik ’n rekwisiet as ’n karakter

Kies ’n rekwisiet en kies ’n maat.

Maak beurte om julle rekwisiete te bespreek. Dink oor die


volgende vrae:
• Watter soort persoon of dier kan dit wees?
• Hoe sou dit beweeg?
• Hoe sal dit praat?

Oefen om jou karakter te laat beweeg en praat.

Maak ’n kort toneeltjie saam met jou maat waarin die


twee karakters met mekaar praat.

Voer julle toneel vir die klas op.

AktiWiteit 5.16 Dink na oor alles wat jy in hierdie kwartaal


geleer het

Wat ek geniet het en waarom:

Wat vir my ’n uitdaging was en waarom:

Improviseer en skep; waardeer en dink na oor Hoofstuk 5 37


Hoofstuk

6 Waardeer en skep visuele kuns

Studiegebied Die elemente van kuns


Skeppende Kunste:
Visuele Kuns Wanneer jy praat of skryf, gebruik jy taal soos woorde,
sinne en die volume van jou stem om te sê wat jy wil sê.
Sleutelwoorde
Kunstenaars gebruik ook ’n spesiale taal om hulle idees
• kleurdieptes – of deur kuns uit te druk. Hulle gebruik lyne, kleurdieptes,
iets lig of donker is
teksture, vorms, ruimte en kleure. Dit word kunselemente
• teksture – die
gevoel van
genoem.
oppervlakte, soos
sag, hard, grof Kunstenaars gebruik elemente wat kontrasteer om die
• kontrasteer –
kuns sterk en interessant te maak. Byvoorbeeld deur
wanneer daar donker vorms langs die ligte vorms en growwe teksture
goed langs mekaar langs die gladde teksture te plaas of iets rooi langs iets
is wat baie van
mekaar verskil,
groen.
byvoorbeeld ’n
ligte kleurdiepte
langs ’n donker
kleurdiepte

Het jy geweet?
Die Reënkoningin bly
in Limpopo naby
Tzaneen. Baie mense
glo dat sy dit kan laat
reën. Wanneer sy
sterf, word ’n nuwe
Reënkoningin
aangestel.

Hierdie beeldhouwerk deur Phanuel Mabaso word die Geheue van


die Reënkoningin genoem. Die lig wat op die beeldhouwerk skyn,
skep ligte dele en donker skaduwees. Daar is ook ’n kontras tussen
die gladde tekstuur van die vel en die growwer tekstuur van klere
en kralewerk

38 Kwartaal 1 Visuele geletterdheid


AktiWiteit 6.1 Kyk na kunswerke

Donker
skakering
Ligte
skakering

In hierdie skildery, Die Lied van die Pik deur Gerard Sekoto, vorm die
sterk, aktiewe bene van die werkers ’n kontras met die dun, onaktiewe
bene van die man wat hulle dophou.
Kyk na die prent hierbo en beantwoord die vrae saam
met ’n maat:

1. Wat gebeur in die prent?


2. Wat is die gevoel van die prent? Dink jy dit is gelukkig,
hartseer, stadig of kalm? Gee redes vir jou antwoord.
3. Maak jou eie titel vir die prent op.
4. Kan jy sien waar die kunstenaars die volgende
kunselemente gebruik het?
a) Lyn – Trek met jou vinger oor sommige lyne.
b) Kleurdiepte – Kry jy ligter en donkerder gedeeltes
langs mekaar? Wat wys dit?
c) Tekstuur – Watter verskillende teksture het die
kunstenaar probeer wys?
d) Vorm – Kan jy groot vorms en klein vorms
identifiseer? Is daar enige vorms voor ander?
e) Ruimte – Kan jy na die ruimtes om die mense wys?
f) Kleur – Watter kleure kan jy sien? Wat is die
donkerste kleur? Wat is die ligste kleur?
Visuele geletterdheid Hoofstuk 6 39
Sleutelwoorde Gebruik kunsmateriaal
• primêre kleure – teken en gebruik kleur
drie kleure wat nie
gemaak kan word Lyne kan kronkel, reguit wees, sigsag, lank of kort,
deur ander kleure
stippel, vetdruk of lig en sag wees. Jy kan lyne gebruik
te meng nie
om vorms te maak.
• sekondêre
kleure – kleure
wat gemaak word
Lyne kan gebruik word om gevoelens te wys. Jy kan lyne
deur twee primêre maak wat rustig en kalm is. Jy kan ook lyne maak wat
kleure saam te vrolik en gelukkig is, of lyne wat gewelddadig is.
meng
In kuns kan jy werklike teksture maak wat jy kan voel,
byvoorbeeld growwe of gladde teksture op ’n kleibeeld,
of jy kan teksture teken of verf sodat hulle grof lyk, al is
dit plat en glad as jy daaroor voel.

Primêre kleure is suiwer kleure wat jy nie kan kry deur


ander kleure te meng nie. Die primêre kleure is rooi, geel
en blou.

Sekondêre kleure is kleure wat gemaak word deur twee


primêre kleure saam te meng. Byvoorbeeld, rooi + geel =
oranje. Geel + blou = groen, blou + rooi = pers.

AktiWiteit 6.2 Dis pret om merke te maak

Julle benodig: 2/3B-potlode, houtskool, oliepastelle,


tempera-verf, verfkwaste, fles met water, blanko A4-
papier, koerant

1. Maak soveel verskillende soorte lyne as wat jy kan


met elke materiaal.
2. Gee voor dat julle verskillende diere is wat ’n merk
op die papier maak. Byvoorbeeld, watter soort merk
sal ’n spinnekop agterlaat? Watter merk sou ’n olifant
gelos het?
3. Teken verskillende teksture, soos: grof, glad, harig en
sanderig.
4. Teken emosies met behulp van lyn en kleurdiepte.
Teken ’n kwaai lyn, hartseer lyn, gelukkige lyn en
verwarde lyn.

40 Kwartaal 1 Skep in 2D
teken jou gesin
’n Gesin is ’n groep
mense wat sekere dinge
in gemeen het. Hulle
is dikwels aan mekaar
verwant omdat hulle
getroud is of kinders het.
Dit is egter nie altyd so
nie. Indien iemand se
ouers gesterf het, sluit
die kinders dalk by ’n
buurgesin aan of kan self
op hulle eie bly met die
oudste kind wat na hulle ’n Troue in Soweto deur Tommy Motswai
omsien.

AktiWiteit 6.3 Teken ’n prent van jou gesin

Julle benodig: 2B- of 3B-potlode, houtskool, gekleurde


ink, oliepastelle, tempera-verf, verfkwaste, fles met water,
blanko A4-papier, koerant

Dink op jou eie oor die volgende vrae:

1. Hoeveel mense is daar in jou gesin? Wat is elkeen se Wenke vir


werk, of take, of verantwoordelikhede? gereedskap
2. Wat doen die mense in jou gesin graag oor naweke? Indien jy vetkryte of
oliepastelle in jou
3. Teken ’n prent van jou en jou gesin. Vul die hele tekening gebruik het,
bladsy met jou tekening en wys baie detail. Gebruik gebruik waterige verf
of ink. Die vetkryte of
primêre en sekondêre kleure.
oliepastelle sal
4. Maak beurte, nadat jy klaar is, om mekaar van julle deurskyn.
prente te vertel.

Skep in 2D Hoofstuk 6 41
Sleutelwoorde Werk met klei
• wig – slaan en Oral oor die wêreld het mense
druk klei sodat
die lugblasies vir duisende jare goed van klei
uitgedwing word gemaak. Hulle het kleipotte
• erdewareklei – gemaak om kos in te kook
soort klei of of te berg. Hulle het koppies,
modder
bakke, borde en blompotte
• beeldhouwerk – gemaak. Hulle het ook mense
’n drie-
dimensionele en diere van klei gemaak.
kunswerk wat uit
klip, klei, hout, AktiWiteit 6.4 Hoe om klei te wig
metaal of enige
ander materiaal Gooi jou kleibal hard neer. Knie die klei met albei hande.
geskep is
Sny die klei in die helfte met nylon-garing om te kyk of
daar enige ander lugblasies in die kleibal is. Herhaal
totdat daar niks meer blasies is nie.

AktiWiteit 6.5 Maak ’n mens van klei

Jy benodig: erdewareklei, koerant, skerp stok, veer


1. Jy gaan ’n beeldhouwerk van jouself of een van jou
gesinslede maak. As jy tyd het, kan jy beelde van elke
lid van jou gesin maak.
2. Onthou dat die beeld van sagte klei gemaak gaan
word, dus moet die basis sterk wees om die res te
ondersteun. Kyk na die beeld van die Reënkoningin op
bladsy 38. Kyk hoe solied die basis van die beeld is.
3. Wig jou kleibal. Dit sal al die lugblasies in die klei
verwyder.
Hoe om klei te wig 4. Maak ’n model van jouself of ’n gesinslid. Jy kan jou
figuur vorm deur stukkies klei uit te trek en stukkies
van die kleibal te fatsoeneer.
5. Kyk die heeltyd uit alle hoeke na jou beeld terwyl
jy werk.

42 Kwartaal 1 Skep in 3D
6. As jy byvoorbeeld nie seker is van die lengte van die
arms in verhouding tot die belangrikste gedeelte van Het jy geweet?
die liggaam nie, vra ’n maat om vir jou te poseer. Wanneer klei droog
word, kan dit maklik
7. Voeg tekstuur of ontwerpe by jou beeld deur dit met breek. Kleivoorwerpe
word teen ’n hoë
’n klein stokkie te krap of te prik of deur die veer in die temperatuur gebak
klei-oppervlak te druk. om dit sterk en
waterdig te maak.
8. Plaas jou beeld veilig op ’n rak as dit klaar is en bedek Klei kan in ’n
dit met ’n stuk plastiek sodat dit stadig droog kan steenoond of ’n
bedekte vuur in ’n
word. Die klei sal hard word. gat in die grond
gebak word.

’n Vrou wat potte uitdroog deur ’n tradisionele


oop vuur te gebruik

AktiWiteit 6.6 Dink na oor wat jy hierdie kwartaal gedoen het

Kyk na die twee kunswerkstukke wat jy in hierdie


kwartaal voltooi het. Skryf die volgende opskrifte oor
en voltooi.

Titel van my werk:


t:
Die materiale wat ek gebruik he
het:
Wat ek van my kunswerk gehou
Wat ek geniet het om te doen:
Wat vir my moeilik was:
l doen:
Wat ek volgende keer anders sa

Skep in 3D Hoofstuk 6 43
Formele Assessering: Persoonlike en Sosiale Welstand

Opdrag: konflik
Afdeling A
1. Antwoord Waar of Onwaar:
a) Almal is in een of ander opsig spesiaal.
b) Almal is goed in dieselfde dinge.
c) Ek kan my sterk punte gebruik om myself te verbeter.
d) As ek nie goed in ’n ding is nie, sal ek nooit daarin goed wees nie.
e) Nie almal is goed in dieselfde dinge nie. (5)
2. Voltooi die sinne:
a) Ons het _____________ nodig om gesond en sterk te word.
b) Ons het ____________ nodig om fi ks en sterk te bly.
c) Ons moet elke aand genoeg _______________ kry.
d) Ons moet ons liggame respekteer en nie ______________ nie.
e) Ons moet ander se liggaame respekteer en hulle nie _______________
of ________________ nie.
f) Jy moet elke dag ______________________ drink. (7)
3. Skryf drie goeie maniere hoe jy konfl ik kan hanteer. (3)

44 Kwartaal 1
Afdeling B
Lees die brief hieronder. Skryf ’n antwoord aan die skrywer van die brief.
Gebruik die inligting op bladsy 17 in jou boek om jou te help.

Liewe Sam
s he t ne t ee n ba dk am er in on s huis. Wanneer ek in die
On
my pa of ma sommer in as
bad is, loop my broer of soms
. Dit maak my skaam en
hulle iets in die badkamer soek
Ek sê dat hu lle mo et uit ga an , maar hulle sê hulle
kwaad.
t go ed in die ba dk am er no dig . Hulle luister nie na my nie.
he
Wat moet ek doen?
Nandi

Rubriek vir assessering van brief


Die antwoord op die brief is aan Nandi gerig. 1
Die antwoord op die brief skenk aandag aan die probleem. 2
Strategieë vir die hantering van konfl ik is gebruik en in die antwoord 3
toegepas.
Die antwoord sluit praktiese maniere van konfl ikhantering in. 4
Die antwoord is netjies uiteengesit. 2
Woorde word korrek gespel. 3
tOtAAL 15

Formele Assessering:Term
Opdrag
test 45
Formele Assessering Liggaamlike Opvoeding

Bewegingsreeks
Julle individuele, pare en groepe bewegingsreekse sal gedurende die lesse
geëvalueer en geassesseer word.

Julle reekse moet die volgende insluit:


• ’n goeie begin en ’n duidelike einde
• ’n verskeidenheid rotasies, voortbewegings, balanseer- en
elevasiebewegings
• verandering van spoed, vlakke en rigting
• gladde en aaneenlopende aaneenskakeling van bewegings.

Rubriek vir assessering van Liggaamlike Opvoeding


Vlak en punte
Beperk Voldoende knap Uitstekend
Uitkoms van Jou bewegings- Jou bewegings- Bevoegde, Buitengewone
bewegingsreeks reeks verg aandag reeks verg effektiewe vaardigheids-
en oefening. ’n aandag, verfyning en gepaste vlak; bewegings
Paar bewegings en oefening. ’n bewegings. het altyd die
en vereistes kom Paar bewegings Die meeste gewenste uitkoms
kort. kom kort. bewegings is gelewer.
ingesluit.
(0–1 punt) (2–3 punte) (4 punte) (5 punte)

Deelname
Leerders word ook elke kwartaal geassesseer vir hoeveel keer hulle deelneem
in liggaamlike opvoeding.

Rubriek vir herhaalde deelname


Vlak en punte
Beperk Voldoende knap Uitstekend
0–20% 21–50% 51–75% 76–100%
Herhaalde deelname
(0–4 punte) (5–10 punte) (11–15 punte) (16–20 punte)

46 Kwartaal 1
Formele Assessering Skeppende Kunste

Uitvoerende kunste: Dans en musiek


Onthou jy toe julle rekwisiete saam met dans gebruik het?

Vir jou formele assessering, gebruik ’n rekwisiet saam met beweging en


liggaamsperkussie. Werk in groepe van vier. Jy sal individueel geassesseer
word.

Rubriek vir die assessering van Uitvoerende kunste-taak


Uitkomste Beperk Voldoende knap Uitstekend
Leerder was betrokke en entoesiasties 0–4 5–6 7 – 8 9–10
Leerder het goed beplan en gebruik
gemaak van rekwisiete om ’n reeks 0–4 5–6 7–8 9–10
bewegings op te voer
Leerder was in staat om by te dra tot die
liggaamsperkussie wat deel was van die 0–4 5–6 7–8 9–10
bewegings
Die leerder was kreatief en vol selfvertroue 0–4 5–6 7–8 9–10
totaal

Visuele kuns: tekening


Vir jou formele assessering gaan jy geassesseer word vir jou tekening van jou
gesin (Aktiwiteit 6.3 op bladsy 41).

Rubriek vir die assessering van Visuele kuns-taak


Uitkomste Beperk Voldoende knap Uitstekend
Leerder het goed gebruik gemaak van
0–4 5–6 7–8 9–10
spasie om die papier vol te maak
Leerder het ’n reeks interessante detail
0–4 5–6 7–8 9–10
geskep
Leerder het verskeie kleure gebruik en
0–4 5–6 7–8 9–10
goed aangewend
Leerder was in staat om met ’n vriend te
0–4 5–6 7–8 9–10
praat oor die kunswerk
totaal

Formele Assessering 47
2 Kwartaal 2
1 4
DE-
REGTE VERANT WOOR
LIKHEDE

48
Hoofstuk 7–13

Wat weet jy?


6
1. Watter emosies, dink jy, ervaar
hierdie persoon?
2. Is dit vir jou makliker om in ’n groep
of op jou eie te werk?
3. Weet jy wat om te doen as jy sien
hoe iemand afgeknou word?
4. Ken jy jou regte? En kan jy elke
reg met ’n verantwoordelikheid
balanseer?
5. Kan jy dink hoeveel sportsoorte van
balle gebruik maak? Bespreek dit
met ’n maat.
6. Jy slaan ’n trom om ’n klank voort
te bring. Kan jy aan enige ander
maniere dink waarop iets geslaan
7 of geskud word om ’n klank voort te
bring? Bespreek met ’n maat.
7. Het jy al ooit ’n bewertjie gemaak?

Inhoudsdekking in Kwartaal 2
Hoofstuk 7: Emosies, Hoofstuk 8: Werk in ’n groep, Hoofstuk 9: Afknouery,
Hoofstuk 10: Kinderregte en -verantwoordelikhede,
Hoofstuk 11: Gewysigde invalspeletjies, Hoofstuk 12: Dans, drama en musiek
Hoofstuk 13: Waardeer en skep visuele kuns, Formele Assessering

49
Hoofstuk

7 Emosies

Studiegebied Wys hoe jy voel


Persoonlike en Ons voel almal verskillende gevoelens en emosies. Ons
Sosiale Welstand
weet nie altyd wat ’n gevoel genoem word of wat ons
moet doen as ons dit voel nie.
Sleutelwoorde AKtiWitEit 7.1 Kyk na emosies
• emosies – wat ons
voel Kyk na die prente en beantwoord die vrae.

1. Wat, dink jy, sê die onderwyser vir die seun en wat


voel hy?
2. Wat, dink jy, voel die seun terwyl die onderwyser met
hom praat en wat doen hy?
3. Hoe, dink jy, voel die onderwyser en die seun nadat hy
die deur toegeklap het?
4. Hoe, dink jy, voel die ander leerders in die klas?

50 Kwartaal 2 Ontwikkeling van die self


AKtiWitEit 7.2 Hoe emosies ander affekteer

Kyk na die prent en beantwoord die vrae.

1. Hoe voel die kind se ma? Wat, dink jy, sê sy vir die
bestuurder van die motor?
2. Hoe voel die bestuurder en wat, dink jy, sê hy?
3. Kyk na die ander mense in die prent. Hoe, dink jy, voel
elkeen van hulle?
4. Wat, dink jy, sê hulle?
5. Wat sou jy gedoen het as jy die meisie se ma was?

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 7 51


Lees vir genot

Mark praat oor hoe hy voel


Mark en Thabo was goeie maats. Eintlik was hulle beste maats.
Hulle het naby aan mekaar gebly en was in dieselfde klas by die
skool.

Hoewel hulle ander maats by die skool gehad het, het hulle
meestal saam gespeel. Na skool het hulle altyd saam huis toe
gestap.

Op ’n dag het Mark vir Thabo op die hoek ontmoet waar hy vir
hom gewag het. Mark was baie stil en Thabo het dadelik geweet
dat iets verkeerd is.

‘Wat het gebeur?’ het Thabo gevra.

‘My pa gaan nie meer by ons bly nie,’ het Mark geantwoord.
‘Hy trek uit en gaan op ’n ander plek bly.’

‘Gaan jy hom weer sien?’ het Thabo gevra, skaars in staat om


te glo wat hy pas gehoor het.

‘Hy het gesê hy sal, maar hy sê nie wanneer nie,’ het Mark
geantwoord. ‘My ma huil en wil nie met hom of met ons
praat nie.’

Mark het begin huil. Net daar op die hoek. Thabo het hom baie
jammer gekry. Hy het sy arm om Mark se skouer gesit.

‘Moenie bekommerd wees nie, Mark. Miskien kom hy terug,’ het


Thabo begin sê.

‘Hy sal nie. Ek weet hy sal nie. En my ma sê ons sal nie hier kan
bly as hy uittrek nie. Ons sal moet trek. En dan sal ek jou nie
weer sien nie.’

52 Kwartaal 2 Ontwikkeling van die self


Toe Mark dit vir Thabo sê, het hy begin huil. Thabo was ook lus
om te huil. Hy het aanhou sluk om die gevoel uit sy keel te kry.
Maar dit wou nie weggaan nie.

‘Sal julle regtig moet trek?’ het hy gefluister. Mark het sy kop
geknik. ‘Ek het my ma dit hoor sê.’

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 7 53


Emosies wat jy ervaar
Lees oor verskillende emosies wat ons ervaar

Woede
Jy word kwaad wanneer jou geluk bedreig word en
wanneer jy nie meer veilig voel nie. Jy kan kwaad word
wanneer jou gevoelens seergemaak word of wanneer jy
dink dat iets onregverdig is. Leer om woede so goed as
wat jy kan baas te raak.

Wat om te doen as ons kwaad voel


• Tel stadig tot 10 voordat jy besluit wat om te doen.
• Skop ’n bal, gaan draf of dans totdat jy moeg is.
• Maak jou kamer netjies, was die vensters of studeer ’n
bietjie. Harde werk is ’n goeie manier om van woede
ontslae te raak.
• Probeer om op te hou dink oor hoe kwaad jy is.
• Praat met iemand oor hoe jy voel.
• Besef dat woede ’n natuurlike emosie is en dat ons dit
almal ervaar.

Liefde
Liefde is ’n emosie wat mense gelukkig maak. Jy is lief vir
mense en dinge wat jou gelukkig maak en veilig laat voel.

54 Kwartaal 2 Ontwikkeling van die self


Vrees Sleutelwoorde
Jy is bang vir dinge wat jou bevrees maak, seermaak
• angstig – voel
of jou onveilig laat voel. Soms is die dinge wat jy vrees bekommerd,
werklik. Soms is dit net in jou verbeelding. Wanneer onseker of
jy vir iets bang is, kan jy dit in die oë kyk of daarvan senuagtig
weghardloop.

Staan jou man teen vrees


As jy bang is om ’n toets te skryf, moet jy jou man teen
die vrees staan. As jy voorgee dat jy siek is en by die huis
bly, leer jy nie om jou man teen jou vrese te staan nie.

Hardloop weg uit vrees


Soms moet jy weghardloop. As iemand jou volg of jou wil
seermaak, moet jy weghardloop.

Wat jy kan doen


As jy bang is, probeer om met ’n volwassene wat jy
vertrou, te praat. Ouer mense het meer ervaring met
probleme en kan dit dikwels uitsorteer of vir jou raad gee
oor hoe om dit te doen.

Angs
As jy angstig voel, is jy ’n bietjie senuweeagtig en bang.
Die angsgevoel hou gewoonlik op wanneer die goed
waaroor jy bekommerd is, weggaan.

AKtiWitEit 7.3 ’n Emosie wat ek ervaar het

Praat oor ’n tyd toe jy enige van hierdie emosies ervaar


het. Hoe het dit gevoel? Wat het gebeur? Wat het jy
gedoen?

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 7 55


Hoofstuk

8 Werk in ’n groep

Studiegebied Leer om saam te werk


Persoonlike en Verskillende mense is goed in verskillende dinge.
Sosiale Welstand
Wanneer ons in groepe werk, kan ons saamwerk om
mekaar te help om ’n taak klaar te maak.
Sleutelwoorde
• projek – ’n AKtiWitEit 8.1 Skep ’n groepprojek
beplande taak
waarby gewoonlik Werk in ’n groep om ’n projek te skep.
meer as een
persoon betrokke is 1. Besluit hoeveel mense in julle groep moet wees.
2. Kies ’n persoon van wie julle meer wil weet.
Dit kan ’n sportpersoon, ’n kunstenaar,
’n musikant, ’n uitvinder of ’n bekende
Suid-Afrikaner wees. Julle kan iemand
kies wat nie meer leef nie. Die groep
moet op een persoon besluit.
3. Soek soveel moontlike inligting
oor daardie persoon. Julle kan
in tydskrifte, koerante, die
skoolbiblioteek of gemeenskaps-
biblioteek soek om inligting te kry.
4. Vertoon hierdie inligting op ’n A3-grootte
Projekwenke (of groter) papiervel of karton.
• Sluit prente in (A3 is dubbeld A4-grootte).
om die projek
interessanter te 5. Verduidelik waarom die groep daardie
maak. persoon gekies het.
• Gaan julle spelling
na.
• Skryf netjies.
• Sit die inligting
uiteen sodat dit
maklik leesbaar is.
• Maak dit betyds
klaar.

56 Kwartaal 2 Ontwikkeling van die self


Hoe jy in ’n groep werk
AKtiWitEit 8.2 Assesseer hoe jy in jou groep gewerk het

Beantwoord die vrae hieronder. Bespreek die antwoorde


saam in die klas.

1. Wat was vir jou moeilik toe julle die projek in ’n groep
gedoen het?
2. Wat was makliker vir jou omdat jy deel was van ’n
groep wat saamgewerk het?
3. Werk jy tuis saam met ’n broer of suster?
4. Maak saamwerk ’n werk makliker of moeiliker vir jou?
5. Wanneer die groep nie goed saamgewerk het nie, wat
het gehelp om dit makliker te maak?

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 8 57


Lees vir genot

Werk in ’n groep
Ben het groepwerk geniet. Ben was ’n goeie leier. Hy het seker gemaak dat
almal ’n spreekbeurt kry. Hy het stil groeplede gevra wat hulle dink in plaas
van om hulle te ignoreer. As iemand in die groep baie gepraat het, het hy
vir hulle gevra om ander ’n beurt te gee.
Ben het die groep
gedurig herinner
aan wat hulle moet
bespreek of doen. Dit
het hulle gehelp om
daarop te fokus om die
taak af te handel.
Soms het mense oor
iets verskil wat vir die
taak gedoen moes
word. Ben het elkeen
laat verduidelik wat
hulle dink en seker
gemaak dat almal
luister. Soms wanneer
die groep dit gedoen
het, het hulle besef dat
hulle eintlik saamstem.
Dan, nadat hulle na
almal geluister het,
kon die groep besluit
wat hulle wou doen.

58 Kwartaal 2 Ontwikkeling van die self


Ben het seker gemaak dat al die verskillende dele van die taak gelyk tussen
die groeplede verdeel is. As een persoon in die groep goed kon teken, het
hulle dit waarin hulle goed is, gebruik om tot die groeptaak by te dra. As ’n
ander leerder netjies geskryf het, moes daardie leerder die inligting vir die
taak neerskryf. Elkeen het ’n gedeelte van die taak wat hulle moes doen,
gekry selfs al was hy of sy nie besonder goed met een spesifieke ding nie.
Dit het dit vir almal makliker gemaak omdat elkeen dan nie die hele taak
alleen hoef te gedoen het nie.
Dit was iets waarvan
Peter nie gehou het nie.
Hy het daarvan gehou
om sy eie besluite te
neem. Hy hou nie van
groepwerk en om na
almal se menings te
luister nie. In ’n groep
kry Peter nie altyd sy
sin nie. Dit was vir
hom baie moeilik. Hy
verkies om eerder al
die werk self te doen
as om die werk met
die ander groeplede te
deel.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 8 59


Hoofstuk

9 Afknouery

Studiegebied Verskillende tipes afknouery


Persoonlike en Afknouery kom in verskillende vorms voor. Wat is
Sosiale Welstand
afknouery?
Sleutelwoorde
• afknouery – om
deur dinge wat
gesê of gedoen
word iemand seer
te maak

Dit is mense wat


jou seermaak deur
aaklige goed oor
Dit is wanneer iemand jou te sê.
jou slaan of seermaak,
soos om sonder rede
jou hare te trek.

Dit is wanneer Dit is wanneer


iemand iets by jou daar iemand is
afvat. vir wie almal
bang is.

is dit afknouery?
1. Iemand stamp per ongeluk jou middagete van die tafel af.
2. Jy voel hoe iemand jou knyp, maar wanneer jy
omdraai, sê die mense agter jou dat hulle nie weet
waarvan jy praat nie.
3. Iemand hou aan om vir jou te sê dat jy simpel is.

60 Kwartaal 2 Ontwikkeling van die self


Wat om te doen as jy afgeknou word. Sleutelwoorde
Daar is baie verskillende maniere waarop bullebakke • bullebak – ’n
hanteer kan word. Watter manier, dink jy, is die beste persoon wat ander
dreig, seermaak of
manier? op hulle pik
ignoreer hulle
As jy nie reageer nie, sal hulle dalk belangstelling in jou
verloor.
Stap weg
Jy kan nie iemand afknou as die persoon nie daar is nie.
Moenie terugbaklei nie
Dit is nie die moeite werd om terug te baklei nie.
Wees voorbereid
As jy weet dat daar ’n sekere iets omtrent jou is wat die
bullebak altyd aanval, hou ’n antwoord gereed.
Vermy die situasie
As daar ’n plek is waar die bullebak jou gewoonlik
voorkeer, bly daar weg.
Bly in ’n groep
Probeer om nie te veel op jou eie te wees nie. Bullebakke
hou daarvan om op mense te pik wat niemand het om
hulle te help nie.
Moenie wys dat jy bang is nie
As jy selfversekerd optree, glo mense dikwels wat hulle sien.
Hou ’n rekord
As daar altyd op jou gepik word, hou ’n dagboek daarvan.
Dit sal dan makliker wees om te bewys wat aangaan.
Vertel iemand
Dit is belangrik. Vertel iemand wat aangaan. Dit kan
jou ouers, ’n onderwyser of ’n maat wees. Jy kan ook
KINDERLYN by 0800 0 55 55 55 skakel.

AKtiWitEit 9.1 Hoe om iemand anders te help

1. Hou ’n klasbespreking oor watter tipes afknouery by


die skool plaasvind en wat gedoen kan word om dit te
laat ophou. Help iemand wat jy sien afgeknou word.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 9 61


Lees vir genot

Motse se storie oor afknouery


Motse was in ’n koshuis. Dit beteken dat hy snags by die skool slaap. Hy
het skoolvakansies en een naweek per kwartaal huis toe gegaan. Al die
ander skooldae en naweke was hy by die skool.

Motse was amper ’n jaar by die koshuis. Hy is heeltyd deur een van die
ouer seuns afgeknou. Toe hy sy ouers daarvan vertel, het sy pa net gelag
en gesê dat hy onthou dat hy ook op skool afgeknou is.

Hy het vir Motse gesê dat hy nie ’n baba moet wees nie en dat dit sal
ophou wanneer hy na die volgende graad vorder.

Motse het regtig baie sleg gevoel. Hy kon nie van die afknouery wegkom
nie. Sy ouers het nie eens die probleem ernstig opgeneem nie. Dit is amper
asof hulle dit verwag het.

62 Kwartaal 2 Ontwikkeling van die self


By Motse se skool het al die seuns een spesiale onderwyser gehad met
wie hulle oor hulle probleme kon praat. Motse se onderwyser was
mnr. Nel. Motse wou nie eintlik met hom oor die afknouery praat nie,
want hy was bang dat die bullebakke sou uitvind, maar uiteindelik het hy
besluit dat dit sy enigste hoop was.

Mnr. Nel was baie bekommerd. Motse het vir hom vertel wanneer en hoe
hy afgeknou word. Mnr. Nel het besluit om op te tree. Hy het voorgegee
om net mooi by ’n plek verby te loop toe die afknouery plaasvind. Hy het
die bullebakke betrap terwyl hulle Motse afknou. Hy kon die afknouery
hanteer sonder dat iemand vermoed het dat Motse iets gesê het.

Motse is bly dat hy vir mnr. Nel vertel het. Die bullebakke pla hom nie
meer nie.

Ontwikkeling van die self Hoofstuk 9 63


Hoofstuk

10 Kinderregte en -verantwoordelikhede

Studiegebied Kinderregte
Persoonlike en Kinders word op ’n spesiale manier in die Suid-
Sosiale Welstand
Afrikaanse Grondwet beskerm.
Sleutelwoorde Ek het nêrens
• regte – iets wat om te bly nie.
die wet mense
toelaat om te doen
Kinders het die reg op gesinsorg,
of enige ander sorg as die kind
van sy/haar gesin verwyder word.
Kinders het liefde en sekuriteit
nodig.

Dit voel heerlik om


’n vol maag te hê.
Hulle het die reg op voedsel,
skuiling en gesondheidsorg.

Ek is by die
skool geslaan.

Kinders mag nie


seergemaak word deur
wat mense sê nie, of mag
nie geslaan of seksueel
misbruik word nie.
En ons
moet kan skool
toe gaan.
Kinders mag nie
gedwing word om ’n
grootmens se werk te
doen nie.

64 Kwartaal 2 Maatskaplike verantwoordelikheid


AKtiWitEit 10.1 Die Handves van Regte Sleutelwoorde
• voeding –
voedingskrag
of kos
• mishandeling –
slegte
behandeling,
Regte wreedheid of
s van
andve skade
Die H t die r
eg op
:
it van
af
in d h e n lite
a
e k s io
E lk
aam e
n n a • nasionaliteit –
• ’n n orte rg, of die land waar jy
geb o
o uerso
g o f we
sinsor rnatie gebore is
• ge eskikte alte der uit die
tot g e r w y
v
ndien • verantwoorde-
sorg i mgewing g,
ges in s o skuilin likhede – iets wat
v o e ding, nste en
siese gdie
• ba ndheidsor nste jou ’n diens laat
geso aplike die en
maats
k ord te , verrig
e s k e rm te w aarlosing
b rw g
• om voeding, ve ernederin
wan n g o f v
nde li n
misha d tee e
e wor k
b e s kerm t eidsprakty
• o m e a r b
end
uitbuit g
p v oedin
• ’n o

Beantwoord die vrae.

1. Kyk na die Handves van Regte hierbo. Pas die regte by


die prente op bladsy 63.
2. Wat is jou nasionaliteit?
3. Dink jy dat die regte van kinders deur ons Grondwet of
die landswette beskerm word?
4. Word enige van hierdie regte nie in jou lewe beskerm
nie? Kan jy dit verander? Hoe?
5. Kan jy ’n reg sonder verantwoordelikhede hê?
6. Watter verantwoordelikhede, dink jy, het kinders?
7. Werk saam met ’n maat. Kyk na die Handves van
Regte vir kinders. Skryf een verantwoordelikheid neer
wat met elke reg gepaard gaan.

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 10 65


Lees vir genot

Lebo leer dat regte met verantwoordelikhede


gepaard gaan
Lebo het die lewe baie geniet. Hy het by sy ma gebly en baie maats gehad.

Op ’n dag het Lebo verkoue gehad en moes hy na die kliniek toe gaan. Die
dokter het vir hom pille en hoesmedisyne gegee. Lebo het die medisyne
onthou van die vorige keer toe hy daar was. Dit was so sleg! Hy het dit in
die asblik gegooi toe sy ma wegkyk.

Daardie middag het hy met ’n nuwe maat gespeel. Hy


het dit so geniet dat hy nie huis toe wou gaan nie. Toe
hy om halfnege tuiskom, was sy ma baie bekommerd.
Sy het amper gehuil.

‘Waar was jy?’ het sy gevra, ‘Ek was so bekommerd


oor jou. Ek het jou oupa gevra om by die polisiestasie
te gaan vra of daar iewers ’n ongeluk was. Jy is baie
onverantwoordelik!’

Die volgende oggend op pad skool toe het hy verby ’n


lekkende kraan gestap. Dit het vinnig gedrup en daar
was ’n groot plas water op die grond.

‘Dis nie my probleem nie,’ het hy gesê en weggestap. Daardie middag


op pad huis toe het hy opgemerk dat hy nog die toebroodjie het wat sy
ma vir hom ingepak het. Hy het dit uit sy sak gehaal en op die sypaadjie
neergegooi.

Net toe het hy sy oupa gesien. Hy het sy klere reggetrek. Sy oupa kon
nogal streng wees.

Sy oupa het hom gevra om by hom op die bankie te gaan sit. Sy oupa het
verduidelik dat hy Lebo dopgehou het en iets baie belangrik vir hom wou
sê. Hy het verduidelik dat Suid-Afrika lank gelede nie ’n Grondwet gehad
het wat na kinderregte omsien nie. Hy het vir Lebo vertel dat dit vandag
anders is, maar dat dit lyk asof Lebo nie verantwoordelik met hierdie regte
is nie.

66 Kwartaal 2 Maatskaplike verantwoordelikheid


Lebo het hom gevra wat hy bedoel.

Sy oupa het verduidelik dat Lebo ’n reg op


gesinsorg en kos het, maar dat hy nie met
daardie reg verantwoordelik was nie. Hy het
nie vir sy ma vertel waarheen hy gaan nie, hy
het baie later teruggekom as wat hy moes en
hy het die kos wat sy gemaak het, weggegooi.

Die oupa het verduidelik dat iemand


vir hom vertel het dat Lebo die
kliniekmedisyne weggegooi het. ‘Jy het ’n
reg op gesondheidsorg, Lebo, maar jou
verantwoordelikheid is om jou medisyne
te drink. Daardie medisyne kon vir iemand
anders gegee word.’

Lebo se oupa het vir hom gesê dat hy gesien


het hoe hy verby die lekkende kraan loop.
‘Water om te drink en kos om te eet is regte
of voorregte wat jy het. Maar jy verdien dit
nie, want jy is nie verantwoordelik
daarmee nie. Jy het die kraan oopgelos
en dit beteken nie net dat water
gemors word nie, maar ook dat
ander nie drinkwater gaan hê
nie,’ het sy oupa verduidelik.

‘Nou wil ek ’n verandering in


jou optrede sien, Lebo. Ek wil
sien hoe jy al hierdie wonderlike
voorregte waardeer en hoe jy
verantwoordelik is daarmee. Sal jy dit doen?’

Lebo was baie skaam. Hy het geweet dat sy oupa reg was. Hy was nie
verantwoordelik met die regte wat hy gehad het nie.

‘Ek verstaan nou,’ het hy gesê. ‘Ek sal waarde heg aan my regte en
verantwoordelik wees daarmee.’

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 10 67


Kinders se verantwoordelikhede
Ons weet dat kinders spesifiek in die Suid-Afrikaanse
Grondwet beskerm word. Met hierdie regte gaan
verantwoordelikhede gepaard.

AKtiWitEit 10.2 Misbruik van kinderregte

Kinderregte of -voorregte word in sommige van die


prente hieronder misbruik. In ander prente is kinders nie
verantwoordelik met hulle regte nie.

Kyk na elke prent. Pas elke prent by ’n reg.


Ek weet nie
hoekom ek so ’n
aaklige kind het
nie. Ek haat jou!

Jy kan eers vanaand huis toe


gaan as al hierdie pakkies in die
bokse gepak is. En omdat jy so
lank gevat het om dit te doen,
gaan ek jou nie betaal nie.

68 Kwartaal 2 Maatskaplike verantwoordelikheid


Regte en verantwoordelikhede
Die Grondwet gee vir ons baie regte en voorregte. Met
hierdie regte kom verantwoordelikhede.

AKtiWitEit 10.3 Kyk na ons verantwoordelikhede

Lees die twee regte in die rame hieronder. Werk die


verantwoordelikhede uit wat met elke reg gepaard gaan.
Voltooi die sinne.

Regte Verantwoordelikhede
• Ek moet my huiswerk ______.
Ek het die reg om • Ek moet betyds by die skool ________.
skool toe te gaan. • Ek moet my boeke ________.
• Ek moet in die klas ________.
• Ek moet ander leerders wat sukkel ________.

Regte Verantwoordelikhede
• Ek moet my ruimte netjies ____.
• Ek moet asseblief en dankie _____.
Ek het die reg op
• Ek moet my besittings ________.
liefde en sekuriteit.
• Ek moet na my versorgers ________.
• Ek moet vir my versorgers _____ waarheen ek gaan.
• Ek moet met die huishoudelike take ______.

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 10 69


Hoofstuk

11 Gewysigde invalspeletjies

Studiegebied invalspeletjies
Liggaamlike Wanneer julle invalspeletjies speel, is julle doel om julle
Opvoeding
opponent se grondgebied in te val om sodoende punte
aan te teken. Julle opponent probeer hulle gebied teen
inval beskerm. In hierdie kwartaal gaan julle tegnieke
Sleutelwoorde in verskillende sportsoorte leer om te ontduik, blokkeer,
• invalspeletjies – verdedig, aangee en skop.
waar elke span
punte aanteken
deur die ander span
se grondgebied in
te val
• opponent – die
mens of span
wat jou probeer
verhoed om punte
aan te teken In netbal ontduik spelers om In rugby hardloop spelers
• verdedigers – die vry te kom en beweeg vorentoe vorentoe om ’n agteruitaangee
mense in die ander om die bal te kry en verdedigers te ontvang en verdedigers duik
span wat probeer probeer die bal onderskep. hulle.
keer dat jy punte
aanteken

In sokker dribbel spelers die bal en beweeg vorentoe en verdedigers


probeer om die bal te onderskep.
Aanvallers moet metodes kry om deur te kom en verdedigers
moet tegnieke ontwikkel om hulle gebied te beskerm.

70 Kwartaal 2 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Beweeg met die bal
Veiligheidswenk
Jy gaan leer om die bal te skop, dra, dribbel en bons terwyl Hou altyd jou kop op
jy saam met die bal beweeg. en kyk waarheen jy
gaan. Veral wanneer
Oefen jou balvaardighede jy met jou voete
dribbel of met jou
hande bons.

Dribbel met ’n sokkerbal. Hardloop met ’n rugbybal.

Bons ’n basketbal.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 11 71


Sleutelwoorde Gee die bal aan
• opponerende Wanneer invalspeletjies gespeel word, word die bal op
span – die span
teen wie julle speel die volgende manier aangegee:
• aangee – gooi die • Gee ’n bal aan vir ’n spanlid in die opponerende span
bal vir spanlid se gebied
• en gee die bal binne jou span aan en dring die
opponerende span se gebied binne.

Kyk na die prente hieronder om te sien hoe ’n bal korrek


aangegee word.

Gee ’n netbal aan.

Gee ’n rugbybal aan.

72 Kwartaal 2 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Skop
Met invalspeletjies kan jy ’n bal verby of oor jou opponente Sleutelwoorde
na ’n spanlid skop wat in die opponerende span se gebied is.
• skop – verplaas die
Kyk na die prentjie. Kan jy dit bal met jou voet
met twee van jou klasmaats
doen? Een moet skop en die
ander twee hardloop vorentoe
om die bal te gaan haal.

Skop ’n rugbybal.
Kan jy dit met twee van jou
klasmaats doen? Een skop
die bal in die lug op en in oop
ruimtes in.

Skop ’n sokkerbal in die lug op.


Kan jy dit met twee van jou
klasmaats doen? Een skop die
bal grondlangs en die ander
hardloop vorentoe om die bal
te beheer en hou aan dribbel.

Skop ’n sokkerbal grondlangs.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 11 73


Sleutelwoorde Verdediging in invalspeletjies
• verdedig – om te Kyk na die prente wat wys hoe om te verdedig. Oefen dit
keer dat opponent
met ’n maat.
punte aanteken

Verdediging van ’n netbalspeler Verdediging van ’n netbalspeler


wat probeer om ’n bal te vang. wat probeer om ’n bal aan te gee.

Veiligheid
Onthou dat nie een
van hierdie
sportsoorte
kontaksportsoorte is Verdedig en val aan.
nie. Jy moet die
beweging van jou Jy moet probeer om die bal van jou opponent af te neem.
liggaam beheer sodat
jy nie aan ’n ander
Jy kan nie net iemand pootjie nie. Kyk na die prentjies
speler raak of hom of hierbo. Let op hoe die verdediger staan. Die verdediger
haar seermaak nie. moet vinnig en gemaklik kan beweeg.

74 Kwartaal 2 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


inheemse invalspeletjies
Hierdie speletjie word net deur sommige gemeenskappe
in Suid-Afrika gespeel. Kan jy dit met jou klasmaats
speel?

Dibeke is ’n hardloop-balspeletjie wat deur twee spanne Sleutelwoorde


gespeel word. Die aanvallende span skop die bal vanaf • aanvallers – die
’n omheinde gebied weg of bo-oor die verdedigers terwyl mense in die ander
die verdedigers probeer om die bal in die hande te kry. span wat die bal
Die skopper moet dan oor die veld na hulle veilige gebied probeer afvat

hardloop. • verdedigers – die


mense in die ander
span wat probeer
Die span met die bal gee dit tussen hulle aan en moet keer dat jy punte
die bal oor die hele lengte van die veld beweeg. Hulle aanteken
teken punte aan as hulle die bal by hulle speler in hulle
gebied aan die anderkant van die veld kry. As een van
die verdedigers egter met die bal aan ’n aanvaller raak,
is daardie speler uit. Wanneer al die aanvallers uit is, het
die verdedigers ’n kans om ’n doel en punte aan te teken.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 11 75


Hoofstuk

12 Dans, drama en musiek

Studiegebied Musiekinstrumente
Skeppende Kunste: Deur die geskiedenis is musiekinstrumente van
Uitvoerende Kunste
allerhande materiale gemaak om verskillende klanke
voort te bring. Daar is baie verskillende soorte
Sleutelwoorde musiekinstrumente.
• toonhoogte – hoe
hoog of laag ’n
Soorte musiekinstrumente
noot is
Instrumente word in groepe, afhangende van hoe hulle
• melodieë – dit klanke voortgebring word, geklassifiseer.
bestaan uit
segmente note, ’n
wysie
Slaginstrumente word geslaan of geskud om ’n klank
voort te bring. Blaasinstrumente word geblaas om ’n
klank voort te bring. Snaarinstrumente het snare wat
gepluk word om verskillende geluide te maak.

Sommige instrumente lewer klanke wat almal dieselfde


toonhoogte is (byvoorbeeld skudgeute of tromme).
Sommige instrumente kan klanke van verskillende
toonhoogtes lewer (klanke wat hoër of laer is),
byvoorbeeld die kitaar, ’n klavier of ’n fluit. Jy kan
melodieë op hierdie soorte instrumente speel.

Hierdie musikante bespeel tradisionele Afrika-instrumente.


76 Kwartaal 2 Improviseer en skep
AKtiWitEit 12.1 Warm op – word wakker

Kry ’n ruimte waar jy op die vloer kan gaan lê. Maak


jou gemaklik en maak asof jy vas slaap. Luister na jou
onderwyser se instruksies om op te warm.

AKtiWitEit 12.2 Luister na ’n paar Afrika-musiekinstrumente

1. Jou onderwyser gaan vir julle ’n paar


Afrika-musiekinstrumente bespeel.
Luister goed na elkeen.
2. Kan jy sê watter instrumente aan
watter groepe behoort?
3. Jy gaan ’n stuk musiek hoor wat
verskeie Afrika-instrumente gebruik.
a) Hoe laat die musiek jou voel?
b) Kan jy enige van die melodieë sing?
c) Kan jy enige van die instrumente
identifiseer? Nog tradisionele Afrika-instrumente.

AKtiWitEit 12.3 Wat het jy oor musiekinstrumente geleer?

Kopieer die tabel hieronder en vul die name in van ’n


paar van die instrumente wat jy vandag gehoor het. Vul
dan die besonderhede by die ander drie kolomme in.
Noem die instrument. Hoe lyk dit? Teken die Hoe word die klank Watter toonhoogte het
instrument. gemaak? Blaas, slaan jou instrument? Speel
of skud jy dit? dit hoog, medium
of laag? Of enige
toonhoogte?

Warm op en speel; Improviseer en skep Hoofstuk 12 77


Sleutelwoorde improviseer en skep jou eie
• herwonne musiekinstrument
materiale –
omskep items wat Instrumente kan van enige materiaal gemaak word. Hier
jy sou weggooi in
iets bruikbaar
is ’n paar voorbeelde van instrumente wat jy self uit
herwonne materiale kan maak.

’n Saadjies-skudgeut : Gooi saadjies, rys of Trom: Maak ’n sirkel wat uit ’n ou


sand in ’n plastiekbottel met ’n skroefdoppie rubberbinneband geknip is om ’n
en skud dit. Verskillende saadsoorte sal groot blik vas. Gebruik stokkies vir
verskillende klanke voortbring. tromstokkies of gebruik jou hande om
die trom te slaan.

Enkelratels: Versamel ringetjies Doppieratel: Versamel metaaldoppies


van koeldrankblikkies en ryg dit van bottels en slaan gaatjies
saam in. Bind dit om jou enkels daardeur. Ryg dit op ’n stuk draad van
en stamp jou voete. byvoorbeeld ’n draadhanger. Buig
die draad om ’n sirkel te maak en
bind die punte saam. Skud sodat die
botteldoppies ratel.

78 Kwartaal 2 Improviseer en skep


Bottelxilofoon: Vul glasbottels Pype: Gebruik ’n pyp (plastiek of karton). Maak
met verskillende hoeveelhede een kant dig toe met jou hand en blaas by
water. Tik die bottels om ’n die ander kant in, posisioneer jou lippe totdat
melodie voort te bring. ’n klank uitkom. Verskillende pyplengtes sal
verskillende toonhoogtes lewer.

AKtiWitEit 12.4 Opwarming: Ritmespeletjies


Wenke vir
1. Maak ’n kring. Maak beurte om rondom die kring te gaan. gereedskap
Onthou om die klas
2. Die eerste persoon skep ’n kort ritmepatroon met op te ruim nadat julle
liggaamsperkussieklanke (klap hande, klap vingers, die instrumente
gemaak het!
klap teen dye, stamp voete, kloek, fluit).
3. Almal herhaal dieselfde ritmepatroon.
4. Die volgende persoon skep ’n ander ritmepatroon met
ander liggaamsperkussieklanke en almal herhaal dit.
5. Hou ’n reëlmatige maatslag en gaan voort totdat
almal ’n beurt gehad het.

AKtiWitEit 12.5 Maak jou eie musiekinstrument

1. Besluit watter soort instrument jy graag sal wil maak.


Dink oor hoe jy ’n klank daarmee sal maak. Sal jy daarin
blaas, dit slaan, skud of die snare daarvan pluk?
2. Versamel die materiale wat jy benodig om dit te
maak. Maak dit.
3. Kyk of dit werk wanneer jy klaar is. Watter soort klank
maak dit?
4. As julle almal saam julle instrumente speel, hoe sal dit
klink?

Warm op en speel; Improviseer en skep Hoofstuk 12 79


Klankprente
Het jy geweet?
Mense gebruik
’n Klankprent is ’n prent wat jy kan skep deur klanke te
asemhaling en maak, met liggaamsperkussie, instrumente en stemme.
musiek om hulle Klankprente kan deel van ’n drama- of dansopvoering
kalm en ontspanne
te laat voel. Dit word
wees om die gemoedstemming te skep.
meditasie genoem.
AKtiWitEit 12.6 Maak ’n klankprent van ’n storm

1. Doen ’n paar
asemhalingsoefeninge saam
met jou onderwyser.
2. Gebruik die prent links om ’n
klankprent te skep.
• Hoe klink die reën?
• Kan jy die klank van
donderweer maak deur
liggaamsperkussie te
gebruik?

3. Oefen jou klankprent ’n


paar keer.

AKtiWitEit 12.7 Reageer met beweging op klankprente

Verdeel in twee groepe.


Een groep maak die
klankprent en die ander
beweeg in reaksie op
die klankprent.

80 Kwartaal 2 Improviseer en skep


Lees musiek Sleutelwoorde
Ons skryf musieknote op vyf reëls wat ’n notebalk • notebalk – die
lyntjies waarop
genoem word. Note het name. Die eerste vyf note se musieknote
name is onder hulle geskryf. geskryf word
• vraag-en-
antwoord –
’n soort liedjie
waar een persoon
’n reël sing en die
do re me fa so res dan iets as
Dit is ’n notebalk. In die notebalk is kwartnootmaatslae ingeskryf. Die antwoord daarop
sleutel vir die eerste 5 note is onder elke noot ingeskryf. sing

Do – die eerste noot van ’n toonleer


Re – die tweede noot van die toonleer Het jy geweet?
Me – die derde noot van die toonleer Vraag-en-antwoord-
Fa – die vierde noot van die toonleer sang het in Afrika
So – die vyfde noot van die toonleer ontstaan. Mense het
dit dikwels gebruik
terwyl hulle gewerk
Toonhoogte beteken hoe hoog of laag ’n noot is. Do het
het. Die leier doen die
die laagste toonhoogte. So het ’n hoër toonhoogte. vrawerk. Almal werk
op tyd van die
AKtiWitEit 12.8 Opwarming maatslag. Baie
vryheidsliedjies is ook
Luister na twee melodieë wat jou onderwyser sal speel. Vraag-en-antwoord-
liedjies.
Beweeg op maat van die musiek.

Vraag-en-antwoord
Die sing van vraag-en-antwoord-liedjies is ’n baie ou
sangvorm. Wanneer jy ’n vraag-en-antwoord-liedjie sing,
sing die leier ’n reël. Dan antwoord al die ander sangers
terug met sang. Dit kan baie verse hê.

AKtiWitEit 12.9 Sing en beweeg op twee vraag-en-antwoord-


liedjies

Jou onderwyser gaan vir jou ’n vraag-en-antwoord-liedjie


leer wat jy saam met beweging kan doen.

Warm op en speel; Improviseer en skep Hoofstuk 12 81


Sleutelwoorde Maak saam musiek
• kwartrus – een stil Musiek het ’n eie taal. In die raampie is die verskillende
maatslag
name wat jy kan leer sodat jy elke maatslag kan lees.
• halfrus – twee stil
maastlae
Soek die nuwe noot. Dit is ’n agstenoot en is net ’n halwe
maatslag. Jy sien gewoonlik twee agstenote saam. Ons
• agstenoot – ’n
halwe maatslag sê ‘hard-loop’, of ‘ta-te’ wanneer ons hierdie note speel.
• agsterus – ’n
halwe stil maatslag Kwartnoot – een maatslag. ’n Stapmaatslag.
Sê Taa.

Kwartrus – een stil maatslag. ’n


Stapmaatslag. Sê Saa.

Halfnoot – twee maatslae. ’n


Stilstaanmaatslag. Sê Taa-aa.

’n Halfrus – twee stil maatslae. ’n


Stilstaanmaatslag. Sê Saa-aa.

Agstenoot – ’n halwe maatslag. ’n


Hardloopmaatslag. Sê Ta-te.

Jy sien gewoonlik twee agstenote saam.

Agsterus – ’n halwe stil maatslag. ’n


Hardloopmaatslag. Sê Saa-se.

AKtiWitEit 12.10 Opwarming: Asemhaling

Jy gaan leer om op die maat van ’n trom asem te haal.

AKtiWitEit 12.11 Ritmiese patrone met liggaamsperkussie

Beweeg in die klas rond terwyl op tyd van die maatslag


geklap word.

AKtiWitEit 12.12 Lees tonika-solfa en sing ’n liedjie

Jou onderwyser sal jou help om tonika-solfa te lees.

82 Kwartaal 2 Warm op en speel; Lees, interpreteer en dramatiseer


Beplan dans-bewegingsinne Sleutelwoorde
Wanneer mense dieselfde bewegings saam doen of • bewegingsin –
’n reeks
wanneer ’n bewegingsin herhaal word, maak dit ’n patroon. opeenvolgende
bewegings
Wanneer jy in ’n groep saam dans, is dit belangrik om
• vries – staan stil
jou beweginsin noukeurig te beplan.

AKtiWitEit 12.13 Opwarming

1. Jou onderwyser gaan jou wys hoe om jou ruggraat op


en af te rol.
2. Jy gaan ook asemhalingsoefeninge saam met musiek
doen.
AKtiWitEit 12.14 Skep ’n dansreeks

1. Beplan ’n dansreeks met ’n paar van hierdie


bewegings in groepe.
• Beweeg vorentoe • Sprei jou arms uit
• Vries • Huppel agteruit
• Beweeg na mekaar toe • Buig sywaarts
en dan weer uitmekaar • Draai in ’n sirkel
• Een persoon beweeg en
die ander doen dit na
2. Herhaal julle bewegingsreeks sodat julle ’n
patroon skep.
3. Maak ook klanke. Julle kan julle vingers klap,
hande klap of voete stamp.
4. Oefen. Voer dan vir die res van die klas op.

AKtiWitEit 12.15 Waardeer en dink na oor julle opvoerings

1. Was julle gelukkig met die bewegingsin wat julle


groep saamgestel en opgevoer het? Waarom?
2. Was enige gedeelte daarvan vir jou moeilik?
3. Watter van die ander groepe het jy geniet om na te
kyk? Waarom?

Lees, interpreteer en dramatiseer Hoofstuk 12 83


Hoofstuk

13 Waardeer en skep visuele kuns

Studiegebied Kyk na lettersoorte


Skeppende Kunste:
Visuele Kuns Oral om ons is letters, veral
in dorpe en stede. Ons sien
Sleutelwoorde dit in ons huise, op straat
en in winkels, op plakkate,
• proporsie – die
grootte van een
advertensies, in tydskrifte en
ding in vergelyking op aanplakborde.
met die grootte
van iets anders Sommige letters is meer
• patroon – ’n opvallend as ander. Dit kan wees omdat hulle groter is, of
ontwerp of helderder kleure het, of daar kan ’n sterk kontras tussen
versiering wat baie
keer herhaal word
die letters en die spasies om hulle wees.

Vorm, proporsie en kleure. Groot Lyn en spasie: Hierdie letters wat met
hoofletters in helder, soliede kleure is baie kronkels in pastelkleure gevorm is, is sag en
opvallend. Die skaduwees laat dit lyk asof dekoratief.
die letters 3D is en uitstaan.

Hierdie letters vorm ’n patroon.

84 Kwartaal 2 Visuele geletterdheid


’n Patroon is ’n vorm of ontwerp wat herhaal word.

Negatiewe en positiewe spasie


Negatiewe spasie is die spasie rondom en tussen ’n
beeld. Die negatiewe spasie kan sy eie beeld skep.

In hierdie belettering is die spasies


tussen die letters met ’n patroon gevul. Kan jy ’n vaas of twee gesigte sien?
Dit laat die letters meer uitstaan.

AKtiWitEit13.1 Skep kontraste tussen die letters en die


negatiewe spasies

Kopieer die letters en syfers langsaan twee keer.

1. Vul die negatiewe spasie in die

ABCDE
eerste stel met ’n patroon. Versier die
positiewe spasies met soliede kleur.
2. Teken patrone op die positiewe

1 2 34 5
spasies in die tweede tekening. Vul
die negatiewe spasies met ’n donker
kleur of met swart.
3. Deel jou twee kunswerke met ’n maat.
Praat oor die manier waarop jy lyne,
patrone en vorms gebruik het.

Visuele geletterdheid Hoofstuk 13 85


Raak kunstig met letters en patrone
Het jy geweet?
Die patroonkerfwerk
Om letters en patrone uit ’n gekrabbel te maak, kan
uit klip hieronder is prettig wees!
die oudste bekende
kunswerk in die AKtiWitEit 13.2 Gekrabbel
wêreld. Dit is ouer as
75 000 jaar. Dit is in Julle benodig: 2B- of 3B-potlode, houtskool, gekleurde
die Blombosgrot in
die Suid-Kaap ink, oliepastelle, tempera-verf, blanko A4-papier
aangetref.
Soek ’n maat en volg die instruksies.

1. Krabbel krullerige lyne op die papier met jou oë toe.


2. Maak jou oë oop en ruil jou papier met ’n maat uit.
3. Kyk na die gekrabbel en probeer om ’n vorm van iets
te kry. Jy kan selfs letters in die gekrabbel ontdek.
4. Vul die gedeeltes van die gekrabbel in wat die vorm
opvallender maak. Vul met lyne, patrone en kleure in.
Gebruik verskillende potlode, oliepastelle of vetkryte.

86 Kwartaal 2 Skep in 2D
AKtiWitEit 13.3 Maak ’n plakkaat met letters en patrone. Sleutelwoorde
• plakkaat – ’n
Jy benodig: ou tydskrifte, skêr, gom, blanko A3-papier, groot gedrukte
oliepastelle of vetkryte, koerant vir die bedekking van die prent wat gebruik
word om mense
tafels of lessenaars oor ’n gebeurtenis
in te lig of om
inligting oor te dra

Teken op jou eie ’n plakkaat met jou naam.

1. Knip die letters van jou naam uit tydskrifte en plak dit
op die bladsy. Kies so groot as moontlike letters, maar
dit kan verskillende groottes en kleure wees.
2. Teken interessante patrone rondom jou naam. Vul jou
bladsy met patrone.
3. Maak seker daar is kontras in jou plakkaat sodat die
vorms van die letters goed uitstaan.
4. Ruim op wanneer jy klaar is. Bêre die kunsmateriale
en tydskrifte. Gooi die afvalstukkies papier in die
snippermandjie.
5. Vee die oppervlak van jou lessenaar of tafel af sodat
dit nie taai van die gom is nie.

Skep in 2D Hoofstuk 13 87
Sleutelwoorde Bewertjies
• bewertjie – Bewertjies is driedimensionele (3D) voorwerpe. Hulle
driedimensionele
voorwerp wat vry hang vry en beweeg in die ruimte. ’n Bewertjie moet van
hang en beweeg alle kante af mooi en interessant lyk.
• vasknoop –
gebruik tou, gare
of draad om goed
bymekaar te hou
of saam te bind glas foelie
• plak – gebruik
gom om uitgesnyde plastiek
voorwerpe met
plat oppervlakke
aan mekaar te heg
papier
• toedraai – draai tin
voorwerpe netjies
en heeltemal toe veer
met papier, lap of
lint
Bewertjies kan van afvalmateriaal gemaak word. Dit word herwinning
genoem. Hierdie bewertjie maak van verskillende teksture vir kontras
gebruik.

Wenke vir
gereedskap
Materiale van ’n
bewertjie kan met
plak, vasknoop of
toedraai aan mekaar
geheg word. Gebruik
gom om voorwerpe
met plat oppervlakke
aan mekaar te heg. Vorm: Hierdie bewertjie het verskillende geometriese vorms van
Draai voorwerpe soos verskillende groottes vir kontras en proporsie.
bottelproppies, ou
CD’s, klerehangers
met silwer papier, lap
of lint toe.

Hierdie bewertjie het verskillende proporsies wat dit interessant


maak. Al die voorwerpe is dieselfde grootte, behalwe een stuk wat
baie groot is.

88 Kwartaal 2 Skep in 3D
AKtiWitEit 13.4 Maak ’n bewertjie uit herwonne en natuurlike
materiale

Jy benodig: herwonne materiale: afvalkarton/-papier,


krale, blinkertjies, lint, natuurlike voorwerpe, gare, tou,
draad, houtgom, ’n sterk stok of paal wat ongeveer 30 -
40 cm lank is.

1. Maak alles wat jy vir jou bewertjie benodig, bymekaar.


2. Knip enige vorms wat jy wil hê uit die materiaal. Voeg
kleure en patrone waarvan jy hou hierby.
3. Knip ongeveer 6 toutjies van verskillende lengtes en
een baie lang tou.
4. Knoop die lang tou aan elke punt van jou stok. Dit sal
gebruik word om jou bewertjie op te hang.
5. Besluit watter voorwerp jy aan elke toutjie wil hang.
6. Knoop elke toutjie aan die hoofstok of -paal vas.
Maak seker dat dit nie te swaar aan die een kant is
nie. Jou stok moet reguit hang.
7. Hang jou bewertjie waar dit vry kan beweeg. As dit nie
goed balanseer nie, skuif die toutjies verder uit mekaar
of nader aan mekaar. Verstel soos jy wil.
8. Ruim jou werksruimte op.

AKtiWitEit 13.5 Besin oor jou kunswerke

Kyk na die twee


kunswerkstukke wat jy Titel van my werk:
in hierdie kwartaal Die materiale wat ek gebruik het:
voltooi het. Kopieer Watter kunselemente ek gebruik het:
en voltooi die notas
Het ek kontras in my kunswerk gebruik?
oor elke kunswerk.

Wat ek van my kunswerk gehou het:
Wat ek geniet het om te doen:
Wat vir my moeilik was:
Wat ek volgende keer anders sal doen:

Skep in 3D Hoofstuk 13 89
Formele Assessering Persoonlike en Sosiale Welstand

toets
Persoonlike sterk punte
1. Noem een ding waarin jy goed is. (1)
2. In Kwartaal 1 het jy een ding neergeskryf wat jy graag beter sal wil doen.
Wat was dit en hoe het dit verbeter? (2)
Respek vir jou eie liggaam en ander mense s’n
3. Om my eie liggaam te versorg, het ek ______, _______
en ______ nodig. (3)
4. Is rook gevaarlik vir jou liggaam? (1)
Hantering van konflik
5. Noem iets wat konflik tussen twee mense kan veroorsaak. (1)
6. Voltooi drie maniere om konflik te help hanteer.
a) ________ daaroor.
b) __________________ verskille.
c) _______ dat die konflik vererger. (3)
Emosies

7. Kyk na die foto. Noem die emosie wat die persoon ervaar. (1)
8. As jy bang is vir iets, kan jy een van twee dinge doen. Noem dit. (2)
9. Skryf twee dinge neer wat jy kan probeer doen wanneer jy kwaad is. (2)

90 Kwartaal 2
Werk in ’n groep
10. Noem een goeie ding omtrent groepwerk. (1)
11. Noem een ding wat groepwerk moeiliker maak. (1)
12. Noem een goeie ding oor werk op jou eie. (1)
13. Noem een ding wat werk op jou eie moeiliker maak. (1)
Afknouery
14. Skryf Waar of Onwaar vir elke sin.
a) As jy afgeknou word, kan jy net wegloop. (1)
b) Jy moet nooit ’n volwassene vertel as jy afgeknou word nie. (1)
c) As jy afgeknou word, moet jy aanhou om na dieselfde
plek terug te gaan. (1)
d) As jy afgeknou word, kan jy hulle ignoreer. (1)
e) As jy afgeknou word, probeer om in ’n groep te bly. (1)
Kinderregte en -verantwoordelikhede
15. Maak elke sin klaar deur die verantwoordelikheid in te vul
wat by die reg pas.
a) Ek het ’n reg op onderwys en daarom moet ek _____________. (1)
b) Ek het ’n reg op gesondheidsorg en daarom moet ek _____________. (1)
c) Ek het ’n reg op basiese voeding en daarom moet ek _____________. (1)
Lees
16. Watter storie van dié kwartaal het jy die meeste geniet?
Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
tOtAAL 30 punte

Formele Assessering: Kwartaaltoets 91


Formele Assessering Liggaamlike Opvoeding

invalspeletjies
Julle vaardighede sal tydens hierdie lesse geëvalueer en geassesseer word.
Julle gaan aangepaste sokker, netbal en rugby vir julle assessering speel. Julle
gaan geassesseer word volgens julle:
• vermoë om vaardighede te beoefen wat nodig is om aan invalspeletjies
deel te neem
• die moeite wat gedoen word om hierdie vaardighede te vervolmaak
• vaardighede in vorentoe beweeg en ontduiking
• vermoë om te blokkeer en te verdedig
• aangeevaardighede en vermoë om in ruimte te beweeg
• skopvermoë wat aanval- en vorentoebeweging toon.

Rubriek vir assessering van Liggaamlike Opvoeding


Vlak en punte
Beperk Voldoende Knap Uitstekend
Uitkoms van Jou vermoëns Jou vermoëns Jou vermoëns Jou vermoëns en
bewegingsreeks en vaardighede en vaardighede en vaardighede vaardighede toon
het baie aandag het aandag en is bevoeg en ’n uitsonderlike
en oefening oefening nodig. effektief. vaardigheidsvlak.
nodig.
(0–1 punt) (2–3 punte) (4 punte) (5 punte)

Deelname
Leerders word ook elke kwartaal geassesseer vir hoeveel keer hulle deelneem
in liggaamlike opvoeding.

Rubriek vir herhaalde deelname


Vlak en punte
Beperk Voldoende Knap Uitstekend
0–20% 21–50% 51–75% 76–100%
Herhaalde deelname
(0–4 punte) (5–10 punte) (11–15 punte) (16–20 punte)

92 Kwartaal 2
Formele Assessering Skeppende Kunste

Uitvoerende Kunste: Dans, drama en musiek


Vir jou formele assessering gaan jy ’n dansreeks met musiek skep. Jy moet ’n
liedjie, perkussie en liggaamsperkussie gebruik. Werk in groepe van vyf. Jy sal
individueel geassesseer word.

Rubriek vir die assessering van Uitvoerende Kunste-taak

Uitkomste Beperk Voldoende Knap Uitstekend


Leerder was betrokke en entoesiasties 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder was in staat om die
0–4 5–6 7–8 9–10
dansbewegings uit te voer
Leerder was in staat om op maat van die
0–4 5–6 7–8 9–10
musiek te klap en hul liggaam te beweeg
Leerder was in staat om tot die
0–4 5–6 7–8 9–10
bykomende musiek by te dra
Die leerder was kreatief en vol selfvertroue 0–4 5–6 7–8 9–10
totaal

Visuele Kuns: Bewertjie


Vir jou formele assessering gaan jy geassesseer word vir jou bewertjie uit
herwonne en natuurlike materiale (Aktiwiteit 13.4 op bladsy 89).

Rubriek vir die assessering van Visuele Kuns-taak


Uitkomste Beperk Voldoende Knap Uitstekend
Leerder het verskeie herwinbare materiale
0–4 5–6 7–8 9–10
gebruik
Leerder kon objekte stewig aan die stok
0–4 5–6 7–8 9–10
vasbind
Leerder kon die bewertjie balanseer deur
0–4 5–6 7–8 9–10
objekte te skuif
Leerder was kreatief en oorspronklik 0–4 5–6 7–8 9–10
totaal

Formele Assessering 93
3 Kwartaal 3
1 3

2 4

94
Hoofstuk 14–19

Wat weet jy?


5
1. Wat maak dit maklik vir mense van
verskillende kulture om vriende te
wees? Bespreek in ’n groep.
2. Hoeveel verskillende godsdienste is
daar in Suid-Afrika?
3. Waarom is hierdie kinders in
gevaar? Hoe kan hulle veilig wees?
4. Weet jy hoe om met ’n goeie
postuur te staan?
5. Sou jy dit geniet om ’n rol in ’n
drama te speel?
6. Het jy al ooit iets uit klei gemaak?

Inhoudsdekking in Kwartaal 3
Hoofstuk 14: Kulturele en morele lesse, Hoofstuk 15: Godsdienste in
Suid-Afrika, Hoofstuk 16: Gevare in en om water, Hoofstuk 17: Ritmiese
bewegings, Hoofstuk 18: Dans, drama en musiek, Hoofstuk 19: Waardeer en
skep visuele kuns, Formele Assessering

95
Hoofstuk

14 Kulturele en morele lesse

Studiegebied Verskillende kultuurgroepe in


Persoonlike en Suid-Afrika
Sosiale Welstand
Daar is baie verskillende kultuurgroepe in Suid-Afrika.
Baie Suid-Afrikaners geniet die kulture van ander Suid-
Sleutelwoorde Afrikaners.
• kulture – die Alledaagse lewe
gebruike van
mense of Die Sebego-gesin bly in ’n groot
tradisionele stad. Almal in die Sebego-gesin hou
maniere hoe hulle
lewe
daarvan om sokker te kyk. Albei
seuns in die gesin speel sokker.
• voorvaders – ons
familielede wat Hulle kyk na al die plaaslike en
reed dood is internasionale sokkerwedstryde
op televisie.
Baie swart Suid-Afrikaanse gesinne
bly nie in stede nie. Baie van hulle
bly in dorpies in tradisionele huise.
Party trek tradisioneel aan met
komberse en soms dierehuide met
krale daarop vasgewerk. Ander trek
minder tradisioneel aan.
Mnr. en mev. Naidoo is Suid-
Afrikaners. Hulle is Hindoes.
Hulle voorvaders het meer as
100 jaar gelede van Indië af na
Suid-Afrika gekom.

Suid-Afrikaners hou van musiek maak. Party


speel tradisionele Afrika-musiek terwyl ander
kwela, ’n township-jazz, speel. Baie leerders
by die skool leer om ’n musiekinstrument te
bespeel. Daar is baie Suid-Afrikaanse orkeste
en musikante wat genooi word om oorsee te
speel. Baie skole en kerke het kore.

96 Kwartaal 3 Maatskaplike verantwoordelikheid


Vierings
In Kaapstad verf duisende klopse
elke Januarie hulle gesigte en dra
helderkleurige kostuums en hoede. Hulle
paradeer deur die strate terwyl hulle
hul banjo’s speel en sing. Hulle waai
ook parasols (sambrele) en dans. Dit is
’n vrolike tyd. Die klopse behoort aan
verskillende klubs. Elke klub het hulle eie
uniform en ding om pryse mee. Hierdie
viering word die Kaapse Klopse-karnaval
genoem.
Kos
Baie Suid-Afrikaanse mense is lief
daarvoor om op ’n oop vuur hulle vleis
te braai en kos te kook. Dit is ’n manier
om familie en vriende te onthaal en
daar is baie verskillende maniere om die
braaivleis en groente voor te berei. Potte
met vleis en groente kan ook op die vuur
gesit word. Dit word potjiekos genoem. ’n
Potjie is ’n klein kastrol.

Sport
Suid-Afrikaners is lief vir sport en bestee
baie van hulle vrye tyd aan sport en om
sport op televisie te kyk. Baie seuns en
meisies speel netbal, rugby en sokker
by die skool. Hulle speel ook in die
somer krieket. Atlete oefen om lang- en
kortafstandwedlope te hardloop. Baie
fietsryers oefen die hele jaar.

AKtiWiteit 14.1 Dink na oor jou eie kultuur

1. Watter aktiwiteite op die bladsy geniet jy om te doen?


2. Wat geniet jy en jou gesin om te doen wat nie op
hierdie bladsye genoem word nie?

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 14 97


Lees vir genot

’n Verhaal van die Kikuyu-volk


van Kenia
Lank gelede was daar ’n arm man met die
naam Wanjohi. Hy het saam met sy vrou
gebly. Hulle was so arm dat hy elke dag in
die woud moes gaan kos soek. Een dag het
hy afgekom op ’n pragtige voël met goue
vlerke in een van die strikke wat hy gestel
het. Hy het sy mes uitgehaal om dit dood te
maak.

‘Wees genadig,’ het die voël geskree. ‘Jy sal


nie spyt wees as jy my lewe spaar nie.’

Die man het geskok na die voël gestaar.


Hierdie voël met goue vlerke kon praat!
‘Laat my asseblief gaan. My goue vere het
towerkrag wat jou en jou vrou vir ewig en
altyd van kos en drinkgoed sal voorsien.’

Wanjohi het gewonder of die voël ’n leuen


vertel, maar toe wonder hy ook of die voël ’n
vrou by die huis het soos hy. Hy het die voël
losgesny.

Die voël het Wanjohi bedank en vir hom ’n


gekleurde veer uit elke vlerk gegee. ‘Al jou
wense sal waar word,’ het hy gesê. ‘Maar
jy moet nooit met enigiemand oor jou geluk
praat nie.’

98 Kwartaal 3 Maatskaplike verantwoordelikheid


Wanjohi het huis toe gegaan en vir kos en
drinkgoed gewens en dit was oombliklik daar.
Op ’n dag het Wanjohi sy vrou per ongeluk
van die towerkrag van die goue vere vertel. Die
towerkrag het gestop.

Alles in Wanjohi se huis het teruggekeer na


wat dit voorheen was. Hy het elke dag woud
toe gestap om te gaan kos soek.

Toe, op ’n dag, was ’n boer en sy hond in


die woud en die hond het op die goue voël
gespring. Wanjohi het die voël net betyds
gegryp. Hy het na die rand van die woud
gehardloop en dit laat gaan.

Die voël het afgekyk na hom toe en voor


hy wegvlieg, gesê: ‘Dankie. Ek gaan weer
twee vere vir jou gee. Hierdie vere het nie
voorwaardes nie. Die towerkrag sal vir ewig
hou.’ En toe vlieg hy weg.

Die les of moraal van hierdie storie is dat


as jy goed is vir iemand of iets wat in die
moeilikheid is, kan jy in die toekoms daarvoor
beloon word.

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 14 99


Sleutelwoorde Spyskaarte van verskillende kulture in
• spyskaarte – lyste Suid-Afrika
van tipe kos wat
beskikbaar is
Suid-Afrikaners hou van eet en geniet baie verskillende
kossoorte. Hierdie kossoorte kom van verskillende kulture
en baie kos reflekteer die geskiedenis van ons land.

Bobotie, sosaties en blatjang word gemaak van ’n


kombinasie van resepte wat deur die vroeë Europese
setlaars gebring is en die ryk spesery-en-kerrie-disse van
die Kaapse Maleiers.

Bobotie Sosaties Blatjang


Baie mense met voorvaders wat uit Italië, China, Frankryk,
Griekeland en Portugal kom, kook steeds hulle kos op hulle
tradisionele manier. Winkels verkoop die kos en speserye
wat hulle benodig om hierdie kos te maak en verskillende
restaurante bedien ook hierdie tradisionele geregte.

100 Kwartaal 3 Maatskaplike verantwoordelikheid


Die Kaapse Maleiers en Durbanse Indiërs gebruik
steeds ’n wye verskeidenheid Oosterse speserye
in hulle kookkuns. Kerrie-geregte, samoesas en
ander tradisionele geregte is altyd in Indiese
restaurante regoor Suid-Afrika beskikbaar.

Suid-Afrikaners hou daarvan om te braai deur


hulle kos op ’n oop vuur gaar te maak. Baie Suid-
Afrikaners geniet maaltye met baie vleis, slaaie
en groente.
Vleis op ’n braai

Die vleis en groente gaan dikwels Samoesas


saam met aartappels, rys of gemaalde mielies
waarvan pap of stampmielies gemaak word.
Die pap word in balletjies gerol en in sous gedoop
of met stowevleis geëet. Soms word pap net
met groente en kruie geëet. Stampmielies word
dikwels met boontjies geëet.

Soet kos en poedings, soos melktert en


koeksisters, word ook geniet.

AKtiWiteit 14.2 Dink na oor die kossoorte waarvan jy hou


Stampmielies en bone
1. Watter kossoorte eet jy graag?
2. Watter kossoorte op hierdie bladsye het jy
al geproe?
3. Is daar kossoorte wat jy geniet wat nie op
hierdie bladsy is nie? Noem hulle.

Koeksisters

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 14 101


Sleutelwoorde Sedelesse
• sedelesse – lesse Sedelesse is lesse wat ons help om ons karakter of
waaruit geleer kan
word gedrag te vorm. Ons kry dikwels sedelesse in stories wat
ons lees.

’n Malawiese sedeles
Tambala, die jong haan, en Nazeze, die windswael, was
maats. Hulle het baie pret gehad. Hulle was gelukkige
maats totdat hulle op ’n dag begin het om oor hulleself te
spog. Elkeen het probeer om beter as die ander te wees.

Hulle het besluit dat hulle ’n


kompetisie gaan hou om te
kyk wie die slimste toertjie kon
uitvoer. Hulle het hulle maats
genooi om te kom kyk.

Op die dag van die kompetisie


het Tambala en Nazeze en
baie ander voëls en diere by
Nazeze se huis bymekaar
gekom. Nazeze het sy vrou
gevra om ’n pot met water op
die vuur te kook. Nazeze wou
sy toertjie eerste wys.

‘Ek gaan in hierdie pot


kookwater spring en ongedeerd
uitkom,’ het hy gesê.

Hy het onmiddellik verdwyn


in die stoomwolk wat uit
die kokende water kom. ’n
Windswael kan baie vinnig
vlieg. Die windswael het in
vinnige sirkels in die stoom
gevlieg sonder om te na aan
die water te kom. Na ’n minuut
of twee het hy uit die nat
stoom gevlieg.

102 Kwartaal 3 Maatskaplike verantwoordelikheid


‘Tambala, kan jy dit doen?’ het hy vir
die jong haan gevra.

‘Natuurlik kan ek,’ het Tambala


geantwoord. ‘Maklik, hou my dop.
Ek kan twee maal so lank soos jy
in die water bly.’ Hy het na die pot
gemarsjeer en ingespring.

Almal was stil in die eerste minuut


nadat hy ingespring het. Hulle het
gewag dat Tambala uit die stoom moet
kom soos wat Nazeze gedoen het. Hulle
het langer gewag. Niks het gebeur nie.
Toe die maats die vuur blus en in die
pot kyk, het hulle ’n dooie, jong haan
onderin sien lê.

Die sedeles is dat jy nooit moet spog


oor iets wat jy kan doen tensy jy
doodseker is dat jy dit wel kan doen nie!
AKtiWiteit 14.3 Dink na oor die storie Sleutelwoorde
• spog – grootpraat
Jy kan die antwoorde neerskryf of vir ’n maat vertel. oor iets of trots
wees op iets of
iemand
1. Oor watter twee diere gaan die storie?
2. Was hulle goeie maats?
3. Wat het gebeur om hulle vriendskap te verander?
4. Wat het Nazeze gedoen om te wys hoe slim hy was?
5. Dink jy dit was billik van Nazeze om Tambala te vra
om te doen wat hy pas gedoen het?
6. Het Tambala mooi gedink voordat hy vir Nazeze gesê
het, dat hy dit beter kan doen?
7. Wat sou hy besef het as hy eers goed nagedink het?
8. Die les wat ons uit die storie geleer het, is dat jy nie
moet spog dat jy iets kan doen tensy jy dit regtig kan
doen nie. Waarom is dit ’n goeie les om te leer?

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 14 103


Hoofstuk

15 Godsdienste in Suid-Afrika

Studiegebied Leer van die vernaamste godsdienste


Persoonlike en In ons land het mense ’n keuse oor watter godsdiens
Sosiale Welstand
hulle wil volg.
Ek is Joods. Ons glo aan een God en ons wys ons
Sleutelwoorde liefde vir God deur Sy wette te gehoorsaam. Ons
• geskep – om iets het in die Tanakh en Tora van God se wette geleer.
te maak Die Tanakh bring al die boeke van ons godsdiens,
wat ook die Ou Testament van die Christen Bybel is,
saam. Die Torah is die vyf boeke van Moses. Dit is
een gedeelte van die Tanakh.
Hindoeïsme het in Indië begin. Hindoes glo
dat daar een God, Brahmaan, is wat ’n gees
in verskillende vorms is. Ons glo dat niemand
lewende wesens moet seermaak nie en dat
alle diere en voëls liefgehê moet word. Die
meeste Hindoes eet nie vleis nie.

Ek is ’n Christen. Christene glo dat God


die hele wêreld geskep het. Ek glo dat
Jesus die Seun van God is en dat Hy na
die aarde gekom het. Hy het aan ’n kruis
gesterf en uit die dood opgestaan. Die
Bybel leer ons dat ek God moet liefhê en
my naaste soos myself moet liefhê.

Ek is ’n Moslem. Dit beteken ek is ’n volger van


die Islamitiese godsdiens. Ons glo ons moet die
wil van God navolg. Ons God se naam is Allah.
Die wil van God word in die Koran aangetref.
Die profeet Mohammed is in Mekka in
Saoedi-Arabië gebore.

104 Kwartaal 3 Maatskaplike verantwoordelikheid


AKtiWiteit 15.1 Praat oor godsdiens Sleutelwoorde
• rituele –
Bespreek in die klas. seremonies wat
ons uitvoer
1. Oor watter godsdiens het jy nog nooit voorheen
gelees nie?
2. Is die godsdiens wat jy beoefen op hierdie bladsye?
3. Wat kan jy nog vir die klas oor jou godsdiens vertel
wat nie op die bladsye is nie?
4. Weet jy van ander godsdienste wat nie op hierdie
bladsye ingesluit is nie?
Ek volg die Bahaï-geloof. Hierdie
geloof is gebaseer op die leringe van
die Baha’u’llah wat in 1892 oorlede is.
Hy het verkondig dat die wêreld hulle
verskille eenkant toe moet skuif en
moet verenig. Ons glo in een God wat
die heelal geskep het. Ons bid elke dag.

Ek het met die Tradisionele Afrika-


godsdiens grootgeword. Ons glo in
God wat lewe en aarde geskep het.
Ons voorvaders is baie belangrik. Hulle
is ons verbintenis met die spirituele
wêreld. Ons het nie ’n boek waaruit ons
oor ons godsdiens kan oplees nie, maar
ons rituele is vir ons belangrik.

Ek is ’n Boeddhis. Boeddha was die


stigter van Boeddhisme. Hy is in Indië
gebore. Boeddhiste glo nie daar is ’n
God nie. Hulle glo dat mense hulle eie
vryheid moet bewerkstellig. Boeddha
het geleer dat Boeddhiste ander moet
liefhê en goed moet wees vir ander.

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 15 105


Lees vir genot

Godsdienste in Suid-Afrika
Afrika inheemse Kerke
Sommige Christene in Suid-Afrika behoort aan Afrika Inheemse Kerke. Die
Zionistiese Christelike Kerk is die grootste een in Suid-Afrika. Hierdie kerke
meng Christenleringe met tradisionele Afrika-oortuigings. Die Zionistiese
Inheemse kerk is in Moria in Limpopo. Die Shembe-kerk in KwaZulu-
Natal stem ooreen omdat dit ook Christelike oortuigings behels wat met
tradisionele Zoeloe-rituele saamgaan.

Sommige Zioniste dra uniforms en die meeste dra ’n lapelwapen waarop ’n


ster is. Sommige Zioniste kom weekliks in kerkgeboue bymekaar, maar die
meeste van hulle aanbid op ’n plek na aan hulle huise. Die Zionistiese kerke
kom jaarliks vir spesiale Paasdienste by Moria bymekaar.

Zioniste dra spesiale klere om te wys dat hulle lede van die Zionistiese kerk is.

Die Boeddha
Boeddha se regte naam was Siddharta Gautama. Sy pa was die heerser
van ’n klein koninkryk in Indië. Sy ouers het hom in weelde grootgemaak en
probeer om hom teen al die pyn en lyding in die wêreld te beskerm. Hy het
getrou toe hy ouer was, maar hy was bekommerd oor al die lyding om hom.

106 Kwartaal 3 Maatskaplike verantwoordelikheid


Hy het die paleis verlaat om ’n antwoord op
die probleem van al die lyding te soek. Hy het
49 dae lank onder ’n boom gesit en mediteer.
Hy het geglo dat hy ’n vars begrip het. Sy
begrip was dat alle pyn ontstaan as gevolg
van ’n begeerte na iets. Hy het geglo dat ons
nooit vrede sal ervaar as ons nie ophou om
goed te begeer nie. Hy is Boeddha genoem.
Dit beteken ‘die verligte een’.

Die Joodse Pasga


Een maal per jaar vier Jode Pasga. Hierdie
fees vier die uittog. Die uittog het ongeveer
drieduisend jaar gelede gebeur toe Jode slawe
in Egipte was. God het Moses gebruik om
hulle uit Egipte na vryheid te lei. Daar is baie verskillende beelde
van Boeddha.
Jode eet ongerysde brode om
Pasga te vier om hulle daaraan
te herinner dat die Jode nie tyd
gehad het om gis by hulle deeg
te voeg om dit te laat rys toe
hulle lank gelede Egipte verlaat
het nie. Op die eerste nag van
die Pasga eet Jode ’n spesiale
maaltyd. Hulle eet gerasperde
appels gemeng met neute en
speserye om hulle aan die
sement te herinner wat Joodse
slawe in Egipte moes gebruik.
Hulle eet bitter kruie om hulle
te herinner aan die bitter tyd
’n Tafel gedek vir Pasga
wat deurgemaak is. Hulle eet
’n hardgekookte eier met warm soutwater om hulle te herinner aan die
trane wat tydens hulle slawerny gestort is.

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 15 107


Plekke van aanbidding en die
simbole van verskillende godsdienste
Verskillende godsdienste het verskillende maniere van
aanbidding en kom op verskillende plekke byeen.

Plekke van aanbidding


Christene kom gewoonlik Sondae tydens kerkdienste
bymekaar. Mans en vroue gaan saam kerk toe. Sommige
kerke is groot, ou geboue met loodglasvensters.
Hierdie venster lyk mooi as
lig daardeur skyn. Soms
vertel die prente in die
loodglasvenster ’n storie.
Christene kom ook in
eenvoudige geboue en sale
bymekaar.

Moslems word geroep deur ’n


bilal of muezzin om vyf keer per
dag te bid. Die muezzin staan
op die balkon van ’n moskee
se toring of minaret. Wanneer
Moslems bid, kyk hulle in die
rigting van Mekka en elke gebed
duur ongeveer tien minute.
Moslems trek hulle skoene uit
en kniel met hulle gesigte op die
grond wanneer hulle bid. Vroue
bid apart.

Die sinagoge is die gebou waar Jode aanbid. Dit het


’n voorportaal met trappies na ’n galery waar vroue
en meisies sit. Die mans en seuns sit onder. Oorkant
die ingang is ’n spesiale kas met die boekrolle
waarop die Torah geskryf is. Aan die begin van die
diens word die Torah na ’n spesiale leeslessenaar
gedra. ’n Deel van die Torah word gelees en die rabbi
verduidelik dit.

108 Kwartaal 3 Maatskaplike verantwoordelikheid


Afrika-tradisionaliste het nie ’n spesiale plek waar
hulle vir aanbidding bymekaarkom nie. Hulle hou
dikwels seremonies naby hulle huise. Baie mense
gaan na die landelike gebiede as daar ’n belangrike
godsdiensseremonie is. Voorvaders is baie belangrik
in Tradisionele Afrika-godsdiens en wanneer mense
sterf, word klippe van hulle grafte op ’n spesiale plek
langs die kraal neergesit. Dit word heilige plekke.
Die meeste Hindoes aanbid
tuis. Hindoe-huise het ’n
aanbiddingsplek of heilige plek
met standbeelde en prente van
gode en godinne. Gesinslede
aanbid elke dag in hulle heilige
plek deur ’n klein lampie aan
te steek, wierook te brand
en blomme en kos te offer.
Hindoes kan ook in ’n tempel
aanbid. Baie van die priesters
wat in ’n tempel diens doen,
kom van Indië af.
Simbole van verskillende godsdienste
Verskillende godsdienste het verskillende simbole.
Wanneer mense die simbool sien, weet hulle dit
verteenwoordig ’n spesifieke godsdiens. Tradisionele
Afrika-godsdiens het nie ’n simbool nie.

Hindoe Christenskap Bahaïsme

Islam Boeddhisme Judaïsme

AKtiWiteit 15.2 Godsdiens in jou lewe Sleutelwoorde


• simbole – prente
1. Het jy ’n plek van aanbidding naby jou blyplek? of ontwerpe wat
met ’n konsep
2. Watter simbool verteenwoordig ’n godsdiens wat jy of godsdiens
nie voorheen gesien het nie? geïdentifiseer word

Maatskaplike verantwoordelikheid Hoofstuk 15 109


Hoofstuk

16 Gevare in en om water

Studiegebied Waterveiligheid by die huis en om


Persoonlike en swembaddens
Sosiale Welstand
Water kan baie gevaarlik wees. In Suid-Afrika word
baie mense jaarliks ernstig in watermassas beseer of
Sleutelwoorde hulle sterf. Sommige van hierdie ongelukke kon verhoed
• watermassas – gewees het as hulle geweet het hoe om op te tree en wat
natuurlike of
om te doen toe hulle in gevaar was.
mensgemaakte
gebiede met
water, soos riviere,
mere of selfs
swembaddens
• noodgeval –
’n ernstige,
onverwagse en
gevaarlike situasie
wat onmiddellike Waarom is hierdie meisie in gevaar? Hoe kan sy veilig wees?
aksie vereis
Maniere om veilig rondom swembaddens te wees
• Moenie swem as ’n volwassene nie toesig hou nie.
• Moenie hardloop, speletjies speel of ’n fiets om die
swembad ry nie.
• Moet nooit iemand in die swembad stamp of onder
die water hou nie.
• Moenie swembadspeletjies speel waar jy ‘Help!’ moet
skree as daar nie ’n werklike noodgeval is nie.

Maniere om veilig rondom water by die huis


te wees
• Daar moet altyd ’n volwassene teenwoordig wees
wanneer die badwater intap en wanneer ’n jong kind
in die bad is.
• ’n Rubbermat in die bad kan keer dat iemand gly en val.
• Maak altyd emmers met water leeg of sit ’n deksel op.
• Opblaasswembaddens van plastiek moet na gebruik
leeggemaak en weggepak word.
Dink aan ’n ander manier om veilig by die huis en om die
swembad te wees. Skryf dit in jou boek.
110 Kwartaal 3 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid
Veiligheid in riviere en damme Sleutelwoorde

Baie kinders verdrink in riviere en damme. Wat kan jy • dryf – rus bo-op
die water
doen om veilig te bly?
• Lees en gehoorsaam tekens wat teen gevaar
waarsku.
NIE
• Wees versigtig in riviere, selfs al lyk die water GEEN SWEM
kalm. Daar kan sterk strome wees wat jou kan
meesleur.
• Moenie opgeblaasde motorbande of lugmatrasse
gebruik nie. As die wind onverwags begin waai,
kan jy weggewaai word.

Wat jy moet doen as jy in gevaar verkeer


• Bly kalm.
• Hou een arm in die lug en roep om hulp.
• Trap water of dryf.
• Probeer om iets te kry wat dryf waaraan jy
kan vashou.

Wat jy kan doen as jy iemand sien wat in gevaar


verkeer
• Roep ’n volwassene.
• Moenie in die water spring nie.
• Gooi iets na hulle om hulle te help dryf soos
’n reddingsbaadjie, ’n bal, ’n koelboks se
deksel, ens.
• Lê op jou maag en gebruik ’n besem of lang
stok om die persoon te bereik.

Bly buite gevaar


Die raad wat jy in hierdie hoofstuk geleer het, sal jou help
om gevaar te vermy. Dit is belangrik om te onthou om
veilig te bly.
1. Watter veiligheidsreël, dink jy, is die belangrikste een
om te onthou? Skryf dit in jou boek.
2. Speel hierdie veiligheidspeletjie saam met ’n maat.
Julle sal elkeen ’n dobbelsteentjie en teller nodig hê.
Lees die teks sorgvuldig deur. Kyk wie wen.
Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 16 111
Lees vir genot

Veiligheid-
speletjie Stamp iemand in
die swembad.
Skuif terug na
BEGIN. 4

Duik in die dam 3


sonder om eers
te kyk hoe diep
dit is. Slaan ’n
beurt oor. 2
Los ’n emmer
met ou waswater
1 op die vloer.
BEGIN Slaan ’n
beurt oor. 13
Sit die emmer
se deksel op.
Skuif 2 plekke
vorentoe. 14

15

Swembad tuis sonder


16 omheining. Skuif 1
plek terug. 19
Moenie opgeblaasde
motorbande gebruik
om stroomaf in ’n rivier
te ry nie. Skuif 1 18
plek vorentoe. 17

112 Kwartaal 3 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


Volwassene los kind
in bad om telefoon te
beantwoord. Skuif
1 plek terug. 6 Maak seker dat daar
’n volwassene by die
5 7 swembad is voordat
daar geswem word.
Gooi weer. 8

Maak die plastiek-


swembad by die
huis leeg en bêre
dit. Skuif 1 plek 9
12 vorentoe. 11 Gebruik ’n heining
om kinders te keer
om in die swembad
te gaan. Skuif 1
plek vorentoe. 10

21 Gebruik skaatsplank om
rondom die swembad
resies te jaag. Skuif 2
20 plekke terug. 22

Loop, in plaas van


om te hardloop,
om die swembad.
23
EINDE 25
Gooi weer.
24

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 16 113


Hoofstuk

17 Ritmiese bewegings

Studiegebied Postuur en ritmiese strekoefeninge


Liggaamlike Opvoeding Kyk na die posisies in die prente hieronder.

5 6
4
2 3
1
Oefen om elke posisie afsonderlik vir vyf sekondes
te hou. Verbind al die posisies om een lang
strekoefeningbeweging te maak. Begin met Posisie 1 en
maak met Posisie 6 klaar.
Daar word na ’n goeie postuur as ’n statige postuur
verwys. Jou kop is bo-op jou ruggraat en alle
liggaamsdele word direk by die ruggraat af en deur na
die vloer in lyn gebring.

Jy moet altyd ’n goeie postuur hê.

✘ ✓ ✘ ✘ ✓ ✘ ✓
Vra ’n klasmaat om jou Gebruik dieselfde Die reëls geld ook
liggaam se belyning te beginsels wanneer jy by wanneer jy loop.
kontroleer. jou lessenaar sit.

114 Kwartaal 3 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Ritmiese gimnastiek met linte
Ritmiese gimnastiek word soms met linte gedoen. Hou
jou lintstok soos in die diagram aangedui. Skep dan ’n
reeks bewegings deur die lintbewegings met mekaar te
verbind soos hieronder aangetoon.

Swaai agtertoe en Swaai die arms Maak sirkels Kronkel soos ’n


vorentoe langs in volsirkels voor jou. slang voor en
die sy. Hoofstuk 17
langs die sye. draai.


Het jy geweet?
Daar word gereken
dat meer as 3,5
Hou die stok Die lint maak Hoë sirkelswaai miljoen kinders
daagliks aan een
hoog en tol kloksgewys en van lint bokant of ander vorm van
die lint soos ’n antikloksgewys kop. gimnastiek
spiraal in die ’n syfer 8. deelneem!
rondte en draai.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede 115


Sleutelwoorde Ritmiese gimnastiek met hoepels
• hoepels – ringe Gimnaste voer roetines met hoepels uit. Hulle tree
van metaal of
plastiek wat vir individueel, in pare en in groepe op. Probeer ’n paar van
gimnastiek gebruik die bewegings hieronder.
word

Het jy geweet?
• Die meeste
bekende gimnaste
het hulle loopbaan
reeds op 2 of 3 jaar
begin.
• Die meeste
manlike gimnaste
presteer op hulle
beste in hulle
laat tienerjare tot
vroeë twintigs.
• Die meeste
vroulike gimnaste
presteer op hulle
beste tussen 14
en 18.

116 Kwartaal 3 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Marsjeer
Wanneer baie mense op dieselfde maat saamloop, word
dit marsjeer genoem. Baie mense marsjeer in optogte.

Trompoppies

’n Orkes wat marsjeer Die Suid-Afrikaanse weermag

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 17 117


Ritmiese gimnastiek met balle
Het jy geweet?
Die naam
Gimnaste voer roetines met balle uit. Hulle tree
‘gimnastiek’ kom van individueel, in pare en in groepe op. Probeer ’n paar van
die ou Griekse woord die bewegings hieronder.
‘gymnos’ wat ‘naakte
oefening’ beteken. In Hou en bons die bal op ’n uitgestrekte arm, onder ’n
antieke Griekeland
het manlike atlete uitgestrekte been en balanseer dit dan op jou rug.
kaal geoefen en
meegeding.  

118 Kwartaal 3 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Aërobiese oefeninge Sleutelwoorde
Aërobiese oefening verwys gewoonlik na enige soort • aërobiese – met
lug of suurstof
aktiwiteit wat jou hart en spiere laat pomp deur suurstof
te gebruik. Wanneer jy asemhaal, neem jy suurstof in en
as jy aërobiese oefeninge doen, haal jy vinniger asem.
Aërobiese aktiwiteit laat jou hart vinniger klop, laat jou
sweet en versnel jou asemhaling.

Aërobiese oefening kan pret wees, veral wanneer dit op


die maat van musiek gedoen word en gewoonlik is dit jou
musiekkeuse. Bring musiek skool toe.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 17 119


Hoofstuk

18 Dans, drama en musiek

Studiegebied Reageer op woorde en klanke


Skeppende Kunste: Daar is aksiewoorde in baie liedjies. Die woorde van die
Uitvoerende Kunste musiek vertel jou watter aksies of bewegings gemaak
moet word.

AKtiWiteit 18.1 Sing ’n aksieliedjie om op te warm

Sing die aksieliedjie hieronder.

Het jy geweet?
Baie populêre musiek
wat jy oor die radio AKtiWiteit 18.2 Aksieliedjies vir opwarming
hoor, het aksiewoorde
in. Luister goed na Julle onderwyser gaan vir julle nog ’n aksieliedjie leer.
liedjies wat jy oor die
radio hoor.
Luister sorgvuldig na die woorde sodat jy die aksies kan
onthou.

120 Kwartaal 3 Warm op en speel; Improviseer en skep


Postuur is die manier waarop jy Sleutelwoorde
jou liggaam hou. As jy regop
• postuur – die
staan, het jy ’n goeie postuur. manier waarop jy
As jy ’n slap houding het, het jy jou liggaam hou
’n swak postuur. Jy moet altyd • ruggraat – die
jou ruggraat regop hou. Dit sal bene in ’n lyn van
jou nek tot jou
jou help om ’n goeie postuur te
sitvlak
hê. Wanneer jy met ’n goeie
postuur sing of beweeg, tree
jy beter op.
So lyk jou ruggraat. Vra iemand
of jy sy of haar ruggraat kan voel.
Laat hulle jou ruggraat voel.

AKtiWiteit 18.3 Opwarming: Doen ruggraatrolle en sywaartse Het jy geweet?


buigoefeninge Jy kan jou ruggraat in
baie rigtings beweeg.
Jou onderwyser sal jou lei in ruggraatrolle en sywaartse As jy baie oefen om
jou ruggraat te strek,
buigoefeninge. kan dit baie soepel
word. Sommige
mense is meer soepel
Woorde kan aksiebetekenisse hê. Ons noem dit verbale as ander en kan hulle
dinamika. As jy die wood ‘skree’ sê, sal jy dit gewoonlik liggame op
skree. As jy die woord ‘lank’ sê, kan jy dit uitrek sodat ongelooflike maniere
buig. Moet nooit iets
dit regtig lank klink. ‘Ek het laaaaaannkk laas met haar doen wat jou liggaam
gepraat.’ As jy dit doen, klink dit asof jy regtig baie lank sal seermaak nie.
laas met haar gepraat het!

Sommige woorde het ’n beweging wat met hulle kan


saamgaan, soos swaai of stamp of sleep.

AKtiWiteit 18.4 Beweeg in reaksie op woorde

1. Soek ’n persoonlike ruimte in die klaskamer.


2. Jou onderwyser gaan ’n woord sê en dan moet julle
beweeg op die manier wat julle dink die woord van
julle verwag. Wees kreatief!

Improviseer en skep Hoofstuk 18 121


Sleutelwoorde Beweeg op die maat van musiek
• emosies – wat ons Musiek kan ons verskillende emosies laat voel. Dit kan
voel ons gelukkig, hartseer, opgewonde of kalm laat voel. Die
• toonkleur – die toonkleur van ’n instrument kan ’n invloed hê op hoe
spesifieke soort
klank wat deur ons voel. Byvoorbeeld, die klank van ’n viool kan mense
die instrument hartseer of sentimenteel laat voel, terwyl die klank van ’n
gemaak word trom mense energiek en opgewonde kan laat voel.

Die toonhoogte van ’n noot kan ons ook verskillende maniere


laat voel. Stadige, lae note kan hartseer of kalm klink. Hoë
note wat vinnig gespeel word, kan vrolik en opgewonde klink.

Die manier waarop musiek gespeel word, kan


verskillende gemoedstemmings skep. As jy iets laag,
stadig en rustig sing, sal dit heeltemal anders klink as
wat jy dieselfde liedjie hoog, vinnig en hard sing.
Trom
Probeer om ’n liedjie op hierdie twee maniere te sing en
hoor hoe anders dit klink.

Ons kan wys hoe ons voel deur verskillende bewegings te


maak. As ons gelukkig voel, maak ons gewoonlik groot,
Hobo opgewonde bewegings. As ons hartseer voel, maak ons
gewoonlik klein, stadige bewegings.

AKtiWiteit 18.5 Sit en lê

1. Soek ’n persoonlike ruimte en lê op jou rug met jou


Trompet
bene bymekaar en jou arms langs jou liggaam.
2. Haal diep asem en lig jou arms op en sit regop, hou
jou rug reguit.
3. Asem uit terwyl jy stadig jou liggaam laat sak totdat
jy weer lê.
4. Herhaal.

AKtiWiteit 18.6 Beweeg in reaksie op musiek


Viool
1. Luister na die musiek wat jou onderwyser vir julle speel.

2. Beweeg op ’n manier wat wys hoe dit jou laat voel.

122 Kwartaal 3 Warm op en speel; Improviseer en skep


1
Nog musiekinstrumente 8
Musiekinstrumente is lede van families. Al die lede van ’n
15
familie maak klanke op dieselfde manier, byvoorbeeld die
slaginstrumentfamilie se klanke word gemaak deur dit te
slaan of te skud. Die snaarfamilie het instrumente wat ’n
klank voortbring as die snare gepluk word of ’n strykstok 16 21
oor die snare beweeg word. Die blaasfamilie het instrumente
wat ’n klank voorbring wanneer hulle geblaas word.

AKtiWiteit 18.7 Identifiseer instrumente in musiek


20
1. Watter instrumente is bespeel in die musiek waarop jy 7
beweeg het?
2. Luister weer en kyk of jy enige van hulle kan identifiseer. 19

3. Luister na die soort klank wat elke instrument maak


(die toonkleur). 4
10
AKtiWiteit 18.8 Hoe instrumente klanke maak 17

Klassifiseer verskillende instrumente as


deel van ’n familie of groep.
18
1. Luister afsonderlik na elke instrument. 2
13
2. Bespreek hoe hulle klink.
3
3. Kan jy dink aan watter familie hulle behoort?
4. Watter ander instrumente kan aan hierdie familie
behoort? 9
Blaas Slag Snaar 12
1 Fluit 8 Trom 15 Kitaar
2 Vuvuzela 9 Xilofoon 16 Viool
3 Trompet 10 Marimba 17 Tjello 14
18 Ramkie
4 Saksofoon 11 Driehoek 11
(Afrika-kitaar)
5 Doedelsak 12 Tamboeryn 19 Kontrabas
6 Hobo 13 Ritmestokkies 20 Elektriese kitaar
14 Marakkas/ 5
7 Tromboon 21 Harp 6
skudkoker

Waardeer en dink na oor Hoofstuk 18 123


Sleutelwoorde Sing liedjies
• do – die eerste Selfs as ons nie ’n musiekinstrument het wat ons in ’n
noot van die
toonleer winkel gekoop of self gemaak het nie, kan ons wonderlike
• re – die tweede
melodieë met ons stemme maak. Sing is die oudste
noot van die manier om musiek te maak. Voëls en diere gebruik ook
toonleer hulle stemme.
• me – die derde
noot van die AKtiWiteit 18.9 Stemopwarming: Neurie, gaap en sug
toonleer
• fa – die vierde 1. Jy gaan neurie om jou stem op te warm.
noot van die
toonleer 2. Gaap maak die spiere van jou mond en keel los.
• so – die vyfde noot
van die toonleer
3. Sug maak jou stembande los om hulle gereed te maak
om te sing.
AKtiWiteit 18.10 Opwarming: Speel ‘Noag se Ark’

1. Jy kry in die geheim die naam van ’n dier.


2. Wanneer die speletjie begin, beweeg jy in die
klaskamer rond om jou maat te kry. Maak die
geluid van jou dier en die beweging wat dit maak
soos jy beweeg.
3. Sit sodra jy jou maat gekry het. Raai watter dier
jou maat was. Jou maat moet vir jou sê watter dier
jy was.

124 Kwartaal 3 Warm op en speel


AKtiWiteit 18.11 Sing liedjies
Het jy geweet?
1. Kyk na die prent van die tonika-solfa hieronder. Die wysie Twinkle,
twinkle little star word
ook gebruik vir die
Alphabet-liedjie

do re me fa so la te do
★ ★
2. Gebruik die prent hierbo om byskrifte aan die
musieknote hieronder te gee. Sing die liedjie as jy
★ ★
klaar is.

★ ★ ★


★ ★ ★ ★ ★

★ ★

★ ★
★ ★ ★



★ ★ ★ ★

Lees, interpreteer en dramatiseer Hoofstuk 18 125
Sleutelwoorde Bou ’n drama
• karakters – ’n Drama is ’n storie wat met beweging en aksie lewendig
persone wat die
akteurs probeer geword het. Die karakters is die mense of diere in die
wees storie. Die akteurs wat die rol van die karakters speel,
• gesigsuitdrukking – moet wys wat die karakters doen en hoe hulle voel.
gebruik jou gesig
om te wys hoe jy Jy gebruik jou gesig om jou gemoedstemmings en
voel emosies te wys. Jy kan sê hoe iemand voel deur na sy of
haar gesig te kyk. Wanneer jy met jou gesig wys hoe jy
Het jy geweet? voel, noem ons dit gesigsuitdrukking.
Storievertellery is iets Akteurs gebruik rekwisiete om te wys hoe hulle karakters
wat voor TV, radio,
selfone en die is en om hulle meer werklik te maak. Rekwisiete is
Internet reeds kledingstukke of toerusting wat akteurs aantrek of
algemeen was. ronddra. Superman se mantel is ’n rekwisiet wat hy
Storievertellery is iets
wat mense gehelp gebruik sodat ons kan glo dat hy ’n superheld is. ’n
het om oor hulle Akteur wat die rol van ’n rockster vertolk, sal ’n mikrofoon
familie, geskiedenis gebruik om daarin te sing. Die mikrofoon is ’n rekwisiet.
en kultuur te leer.
Rekwisiete is die werklike item. Hulle kan ook kastig die
items voorstel, byvoorbeeld ’n liniaal wat as ’n swaard
gebruik word. Rekwisiete kan van alledaagse dinge
gemaak word wat jy in jou huis of klaskamer aantref.

AKtiWiteit 18.12 Identifiseer gevoelens


Bekende storie-
verteller, Cincina Kyk na hierdie prente en kyk of jy kan sê hoe die
Mhlope. mense voel.

126 Kwartaal 3 Lees, interpreteer en dramatiseer


AKtiWiteit 18.13 Spieëlbeelde van gesigsuitdrukkings en Sleutelwoorde
gebare • gebare – aksies
soos om jou hand
1. Soek ’n maat en sit na mekaar toe gedraai. te waai

2. Maak beurte om gesigsuitdrukkings en gebare te maak.


3. Jou maat moet jou gesigsuitdrukking presies namaak
soos wat jy dit gedoen het.
AKtiWiteit 18.14 Gebruik en wys jou sintuie

1. Maak ’n klein groepie en sit in ’n kring.


2. Maak een vir een asof julle iets ruik. Laat die ander in
die groep raai wat dit is, en of dit lekker ruik of nie.
3. Doen dit met die ander vier sintuie: voel, hoor, sien en
proe. Laat die ander raai hoe jy voel wanneer jy elke
sintuig gebruik.
AKtiWiteit 18.15 Maak ’n karakter op

Jou onderwyser sal vir jou ’n item gee om as rekwisiet


te gebruik. Dink watter karakter jy met hierdie item kan
vertolk. Dink hoe jou karakter sal staan en sy of haar
liggaam sal gebruik. Dink oor hoe jou karakter dalk sou
beweeg.

AKtiWiteit 18.16 Bou ’n karakter deur sang

1. Jou onderwyser gaan vir julle ’n liedjie leer wat julle


oor julle karakter kan sing. Hier is die woorde:
In ’n dorpie klein waar ek woon, bly daar ’n ________
(jou karakter) en sy/haar naam is _____________ (kies
’n naam vir jou karakter). _________________ (karakter
se naam) is ’n ___________________ (jou rekwisiet) en
hy/sy ______________________ (wat doen hy of sy?) die
hele dag. Dit is hoe hy/sy rondbeweeg (beweeg soos
jou karakter sou).
2. Maak beurte om oor jou karakter te sing.
3. Hoe, dink jy, sal jou karakter in die liedjie beweeg?

Lees, interpreteer en dramatiseer Hoofstuk 18 127


Sleutelwoorde Om ’n goeie storie te vertel of ’n opwindende drama
te skryf, moet jy ’n intrige opmaak wat die karakter
• intrige – hoe die
storie ontvou ’n uitdaging laat aanpak. Hierdie deel van die storie
• konflik – ’n stryd
word ‘konflik’ genoem. Die konflik kan tussen twee of
of uitdaging in die meer karakters of teen ’n situasie wees, of kan oor die
storie behoeftes en gevoelens van die karakter wees.

AKtiWiteit 18.17 Ontwikkel ’n storie

1. Vorm klein groepe.


2. Gebruik die karakters en rekwisiete om ’n storie op
te maak.
3. Onthou om gebare en gesigsuitdrukkings vir jou
karakters te gebruik.
4. Jy gaan jou drama mimeer. Jy kan nie praat of enige
geluide maak nie. Voer jou storie op.

Het jy geweet?
Alle stories het ’n
begin, ’n middel en ’n
einde. Die begin is
waar jy die toneel
stel en die gehoor
wys wie jy is. Jy stel
ook die karakters aan
die begin bekend. In
die middel vind ’n
bietjie aksie plaas. Dit
is die hoofgedeelte
van die drama. Aan
die einde van die
drama wys jy hoe die
aksie eindig.

128 Kwartaal 3 Lees, interpreteer en dramatiseer


Ons kan by ’n drama toevoeg deur musiek of ’n Sleutelwoorde
klankprent. • klankprent –
’n prent in jou
Klankprente maak jou drama interessanter vir die gehoor gedagtes wanneer
en behou hulle aandag. Dit sal ook ’n gemoedstemming jy musiek maak of
hoor
vir jou drama skep.

Musiek word deur rolprentregisseurs in TV en rolprente


gebruik om ons iets te laat voel. As hulle ons bang wil
laat voel, speel hulle angswekkende musiek. As hulle ons
wil inspireer, speel hulle inspirerende musiek.

AKtiWiteit 18.18 Maak klankprente vir die drama

1. Besluit in julle groepe watter gemoedstemming julle in


julle drama wil skep.
2. Gebruik slaginstrumente en liggaamsperkussie en
oefen ’n paar klankprente wat julle in julle drama kan
gebruik om ’n gemoedstemming te skep.
AKtiWiteit 18.19 Voer jou drama op

Dramatiseer julle drama met die musiek wat julle geskep


het. Oefen julle drama en voer dit dan vir die klas en julle
onderwyser op.

AKtiWiteit 18.20 Dink na oor die opvoerings

1. Het jy hierdie aktiwiteit geniet? Verduidelik waarom of


waarom nie.
2. Hoe het jy gevoel toe jy in julle drama opgetree het?
3. Was daar dele wat vir jou moeilik was? Indien wel,
waarom?
4. Watter van die ander groepe se dramas het jy geniet?
Waarom?

Waardeer en dink na oor Hoofstuk 18 129


Hoofstuk

19 Waardeer en skep visuele kuns

Studiegebied Diere in kuns


Skeppende Kunste: Kyk na prente
Visuele Kuns Het jy al ooit gekyk hoe ’n kat ’n voël bekruip, of die
tekstuur van die pels van ’n perd of koei gevoel? Baie
kunstenaars spesialiseer in die teken, skilder of die
Sleutelwoorde beeldhou van diere, of die neem van foto’s van hulle.
• spesialiseer –
word regtig goed
in een ding

Die vorm van die voël se liggaam is ongewoon in hierdie foto.

Ma en Kleintjies deur Lin Barrie. Hierdie skildery gebruik die natuurlike kleure vir die gras en
wilde honde om dit deel van hulle omgewing te laat lyk.

130 Kwartaal 3 Visuele geletterdheid


Jagluiperd jaag bok deur Dylan Lewis. Hierdie beeldhouwerk toon die
spoed en vloeiende bewegings tussen die jagluiperd en die bosbok.

Volstruise en Kameelperde deur Bonnie Ntshalintshali. Die kleurvolle


figure van kameelperde, sebras en akkedisse is van klei gemaak.
AKtiWiteit 19.1 Kyk na en bespreek die kunswerke

Kyk in pare na die skildery, foto, beeldhouwerk en figure


hierbo en op die vorige bladsy.

1. Hou jy daarvan? Gee redes waarom jy daarvan hou of


nie daarvan hou nie.
2. Kan jy al die verskillende kleure opnoem?
3. Kan jy na die donker en ligte skakerings wys?

Visuele geletterdheid Hoofstuk 19 131


Wilde diere of huisdiere en hulle
omgewing
Baie jare gelede het die San diere teen
rotswande geverf deur bloed, eiers,
houtskool van gebrande stokke, rooi en
geel grond en wit as te gebruik. Diere was
baie spesiaal vir die San en hulle het baie
stories oor hulle.

Huisdiere en wilde diere is ’n gewilde


onderwerp vir kunstenaars rondom die
wêreld. ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar,
Derrick Nxumalo, het helder kleure
gebruik om kontras en belangstelling in
sy skilderye van diere te skep.

Sleutelwoorde
• huisdiere – diere
wat op plase of as
troeteldiere in hulle
huise deur mense
versorg word
• wilde diere – diere
wat in hulle natuurlike
omgewing bly en
hulle eie kos soek
In die Wildtuin deur Derrick Nxumalo.

AKtiWiteit 19.2 Dink aan ’n dier in sy omgewing

1. Dink aan ’n dier. Dit kan ’n wilde dier of ’n huisdier


wees.
2. Neem beurte om voor in die klas soos die dier
waaraan jy gedink het, te beweeg.

132 Kwartaal 3 Skep in 2D


3. Die res van die klas probeer raai watter dier jy
voorgee om te wees. Het jy geweet?
Rooi, oranje en geel
4. Probeer aan soveel as moontlik verskillende diere te is warm kleure en
dink. blou, groen en pers
is koue kleure.
AKtiWiteit 19.3 Teken en verf ’n dier in sy omgewing

Jy benodig: kleurfoto’s van die diere waarvan jy hou,


2B- of 3B-potlode, houtskool, gekleurde ink, oliepastelle
kryte, tempera-verf, verfkwaste, fles met water, blanko
A4-papier, koerant

tekening:
1. Kyk na die foto’s van diere wat jy gekry het. Besluit
watter soort dier jy graag wil teken. Dink na oor hoe
dit sou beweeg. Is die dier ’n vriendelike, troetelbare Wenke vir
dier of ’n wrede, wilde dier? gereedskap
Hou ’n fles met water
2. Teken die buitelyn van die dier. Laat jou dier die byderhand om jou
bladsy volmaak. Dink na oor watter kleure jy jou dier verfkwas skoon te
gaan maak. Gebruik oliepastelle of kryte om sterk hou terwyl jy verf.
kleure vir jou dier te maak. Was jou verfkwas
wanneer jy klaar
3. Dink na oor hoe die dier sou voel as jy dit sou geverf het en bêre dit
met die kwashare
aanraak. Kan jy dit wys? na bo.
4. Dink oor waar jou dier sou wees. Loop dit in die bos
of in ’n donker woud? Sit dit langs sy hondehok of
Sleutelwoorde
hardloop dit in die woestyn? Bly dit in die see of spring
dit op takke in bome rond? Is dit gekamoefleer sodat • gekamoefleer –
wanneer iets
die kleure en patrone daarvan met die natuurlike weggesteek of
omgewing inskakel? vermom word
deurdat dit dieselfde
5. Watter kleure sal jy gebruik om die omgewing te kleure of patrone as
wys? Sal hulle verwante kleure soos geel en oranje of die omgewing het
verwante kleure soos blou en groen wees? • omgewing – kring
waarin mens of dier
Verf leef
1. Kies twee verwante kleure uit jou verwe of ink. • verwante kleure –
kleure wat na aan
2. Verf dan met gekleurde ink of dun verf oor jou mekaar op die
tekening. Die lyne en kleure van die oliepastelle of kleurwiel is
kryte sal deurskyn.

Skep in 2D Hoofstuk 19 133


Sleutelwoorde Skep wilde diere of huisdiere in 3D
• bak – om ’n kleipot Mense skep reeds duisende jare beeldhouwerk van diere
in ’n warm oond te
sit totdat dit hard uit klei of hout. Hulle hou nie lank nie, tensy dit in ’n plek
word en nie maklik soos ’n museum of galery veilig bewaar word. Meer as
breek nie ’n duisend jaar gelede het mense van die Mapungubwe-
koninkryk beelde uit goud gemaak.

Hierdie goue renoster is by Mapungubwe ontdek. Dit is nou in ’n


museum.
Kyk na die kunswerk deur Bonnie Ntshalintshali op bladsy 131.
Dit is gemaak van klei, toe gebak en toe geverf.

AKtiWiteit 19.4 Maak ’n kleibeeld van ’n dier

Om hierdie aktiwiteit te doen, benodig jy foto’s van jou


gunstelingdiere.

1. Dink oor die dier wat jy in jou laaste aktiwiteit geverf


het. Jy kan ’n kleibeeld van dieselfde dier maak. Of jy
kan na jou prente kyk en ’n ander een kies.
2. Dink na oor wat jou dier sal doen, soos sit, slaap
of staan. Dink aan die proporsies van jou dier.
Byvoorbeeld, is die nek of stert lank of kort? Hoe lank
is die bene in vergelyking met die grootte van die
Hierdie apie is uit hout liggaam? Maak ’n vinnige tekening daarvan.
gemaak.

134 Kwartaal 3 Skep in 3D


3. Wig jou kleibal.
4. Steek, knyp, rol en druk jou klei om
die vorm van jou dier te maak.
Kyk voortdurend uit alle hoeke
na jou beeld terwyl jy werk.
5. Voeg tekstuur by die klei deur dit
met jou skerp stok te krap of te prik.
6. Jy kan oë maak deur ’n potloodpunt
in die klei te druk om ’n gaatjie te
maak en dan ’n baie klein balletjie
te rol en dit in die gaatjie te plaas.
7. Plaas jou beeld veilig op ’n rak om
droog te word wanneer dit klaar is. Voorbeelde van kleidiere wat deur leerders
Die klei sal hard word. gemaak is.
8. Maak jou ruimte skoon, gooi jou koerante weg en
Wenke vir
bêre die klei wat jy nie gebruik het nie in ’n emmer
met ’n deksel. gereedskap
Jy kan water by
9. Wanneer jou kleibeeld hard is, kan jy dit verf! uitgedroogde klei
voeg sodat jy dit
AKtiWiteit 19.5 Dink na oor jou kunswerke volgende keer kan
gebruik.
1. Kyk na die twee
kunswerkstukke
Titel van my werk:
wat jy in hierdie
kwartaal voltooi Die materiale wat ek gebruik het:
het. beer
Ek was bewus van proporsies en het pro
2. Kopieer en voltooi om dit in my kunswerk te wys
die notas oor een
Ek het kontras bewerkstelling deur ...
kunswerk.
Wat ek van my kunswerk gehou het:
Wat ek geniet het om te doen:
Wat vir my moeilik was:
Wat ek volgende keer anders sal doen:

Skep in 3D Hoofstuk 19 135


Formele Assessering Persoonlike en Sosiale Welstand

Projek: Godsdienste in Suid-Afrika


Lees die instruksies vir die projek sorgvuldig deur. Jy gaan op jou eie aan
hierdie projek werk. Die projek sal geassesseer word.

1. Kies ’n godsdiens wat in Suid-Afrika gevolg word. Dit kan jou eie of ’n ander
godsdiens wees.
2. Kies drie van die volgende opskrifte om na te vors.
• Wat hulle ten opsigte van skepping en die dood glo.
• Hoe hulle belangrike dae vier.
• Hoe hulle aanbid.
• Hoe hulle ander behandel.
• Belangrike plekke en geboue.
• Spesiale kos wat hulle eet of klere wat hulle dra.
• Interessante inligting oor die godsdiens.

3. Jy kan onderhoude met mense voer, biblioteekboeke, jou eie Leerdersboek,


koerantberigte of die internet gebruik om inligting in te win. Gebruik die
rubriek op die volgende bladsy as leiding.
4. Beplan eers jou projek. Skryf jou inligting sorgvuldig en netjies neer.
5. Probeer om ’n prentjie of ’n tekening in te sluit om dit interessant of meer
verstaanbaar te maak.
6. Sluit die simbool van die godsdiens iewers by die projek in.
7. Gee jou projek betyds in. Jou onderwyser sal vir julle die datum sê.
8. Berei ’n mondeling van twee tot drie minute voor oor die inligting wat jy vir
jou projek gekry het. Jy kan items saambring klas toe om jou mondeling
interessanter te maak.

136 Term 1 3
Kwartaal
Projek
Het drie opskrifte ingesluit 1
Goed nagevorsde inligting in elke opskrif 9
Duidelik geskryf en maklik verstaanbaar 4
Netjies geskryf en aangebied 3
Prente of diagramme ingesluit 2
Simbole van die godsdiens ingesluit 1
totaal 20
Mondeling
Goed voorberei 5
Het interessante inligting gekies om oor te praat 2
Het duidelik gepraat 2
Het iets saamgebring klas toe om te wys 1
totaal 10
GROOttOtAAL 30

Formele Assessering: Projek 137


Formele Assessering Liggaamlike Opvoeding

Ritmiese bewegings
Julle ritmiese bewegings sal tydens hierdie lesse geëvalueer en geassesseer
word. Julle onderwyser sal julle vermoë om die volgende te doen, evalueer:
• beweeg ritmies met hoepels en linte
• praktiese bewegingsreekse met hoepels en linte
• ontwikkel choreografiese vaardighede wanneer julle bewegings en reekse
skep
• werk saam in pare of as ’n groep
• leer julle groep se dansreeks en voer dit dan vir die klas op.

Rubriek vir assessering van Liggaamlike Opvoeding


Vlak en punte
Beperk Voldoende Knap Uitstekend
Uitkoms van Julle bewegings- Julle bewegings- Bevoegde, Buitengewone
bewegingsreeks reeks verg aandag reeks verg effektiewe vaardigheids-
en oefening. ’n aandag, verfyning en gepaste vlak; bewegings
Paar bewegings en oefening. ’n bewegings. Die het altyd die
en vereistes kom Paar bewegings meeste bewegings gewenste uitkoms
kort. kom kort. is ingesluit. gelewer.

0–1 punt 2–3 punte 4 punte 5 punte

Deelname
Leerders word ook elke kwartaal geassesseer vir hoeveel keer hulle deelneem
in liggaamlike opvoeding.

Rubriek vir herhaalde deelname


Vlak en punte
Beperk Voldoende Knap Uitstekend
0–20% 21–50% 51–75% 76–100%
Herhaalde deelname
(0–4 punte) (5–10 punte) (11–15 punte) (16–20 punte)

138 Kwartaal 3
Formele Assessering Skeppende Kunste

Uitvoerende Kunste: Dans, drama en musiek


Vir jou formele assessering gaan jy ’n dansreeks met musiek skep. Jy moet ’n
liedjie, perkussie en liggaamsperkussie gebruik. Werk in groepe van vyf. Jy sal
individueel geassesseer word.

Rubriek vir die assessering van Uitvoerende Kunste-taak

Uitkomste Beperk Voldoende Knap Uitstekend


Leerder was betrokke en entoesiasties 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder het goed in ’n groep saamgewerk 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder het bygedra tot die skep van ’n
0–4 5–6 7–8 9–10
klankprent
Leerder was kreatief en vol selfvertroue in
0–4 5–6 7–8 9–10
musiek en beweging
totaal

Visuele Kuns: Kleibeeld


Vir jou formele assessering, gaan jy geassesseer word vir jou kleibeeld van ’n
dier (Aktiwiteit 19.4 op bladsy 134).

Rubriek vir die assessering van Visuele Kuns-taak


Uitkomste Beperk Voldoende Knap Uitstekend
Leerder was in staat om klei te wig 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder het ‘n herkenbare dier gemaak 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder kon proporsies toon 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder het teksture en detail ingesluit 0–4 5–6 7–8 9–10
totaal

Formele Assessment
Assessering 139
4 Kwartaal 4
1 3

140
Hoofstuk 20–26

Wat weet jy?


6
1. Wat beteken hierdie padteken?
Watter ander padtekens ken jy?
2. Praat oor tande borsel. Watter soort
tandepasta gebruik jy graag? Hou jy
daarvan om tandevlos te gebruik?
Hoeveel keer per dag behoort jy jou
tande te borsel?
3. Sal jy in hierdie rivier wil swem? Of
water daaruit drink? Waarom nie?
4. Waarom moet jy handskoene dra
wanneer jy iemand help wat beseer
is en bloei?
5. Aan hoeveel verskillende soorte
atletiekitems kan jy dink?
6. Hou jy van sing?
7
7. Kan jy na iets kyk en ’n prent
daarvan skilder?

Inhoudsdekking in Kwartaal 4
Hoofstuk 20: Verkeersreëls, Hoofstuk 21: Persoonlike en huishoudelike higiëne,
Hoofstuk 22: Gesonde omgewing en persoonlike gesondheid, Hoofstuk 23: MIV-
en Vigs-onderrig, Hoofstuk 24: Atletiek en swem, Hoofstuk 25: Dans, drama en
musiek, Hoofstuk 26: Waardeer en skep visuele kuns, Formele Assessering

141
Hoofstuk

20 Verkeersreëls

Studiegebied Verkeersreëls vir padgebruikers


Persoonlike en Dit is belangrik om verkeersreëls te ken en te
Sosiale Welstand
gehoorsaam. Almal wat motors bestuur, op fietse ry en
stap, moet verkeersreëls gehoorsaam.
Sleutelwoord
• fietsryers –
persone wat fietse
ry

AKtiWiteit 20.1 Leer die verkeersreëls

1. Soek al die fietsryers wat nie verkeersreëls


gehoorsaam nie.
2. Watter reëls word nie gehoorsaam nie?
3. Wat doen hulle?

142 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


4. Waarom is dit gevaarlik? Sleutelwoord
5. Soek al die voetgangers wat nie verkeersreëls • voetgangers –
mense wat loop
gehoorsaam nie.
6. Watter reëls word nie gehoorsaam nie?
7. Wat doen hulle?

8. Waarom is dit gevaarlik?

9. Waarom is dit nie veilig vir passasiers om in ’n taxi of


motor te skree of in die voertuig rond te beweeg nie?
10. Baie mense reis per trein. Maak ’n lys reëls om veilig
te bly wanneer per trein gereis word.

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 20 143


Lees vir genot

Padreëls
Hier is twee pretspeletjies om te speel wat jou die
padreëls sal leer en hoe om uit gevaar te bly.
Speel die speletjie met twee dobbelsteentjies
en speelskyfies.

Staan op die
sypaadjie om in
BEGIN
die taxi te klim.
Gooi weer.

Sê vir ’n maat op ’n fiets


om agter aan die taxi
vas te hou en saam
te ry. Gaan terug na 2.

Skree en baklei in taxi.


Mis ’n beurt.

Gooi leë blikkie en


skyfiesakkie by die taxi se
venster uit. Gaan terug na 4.

144 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


Jy hardloop oor die
pad om by die huis
te kom. Gaan terug
TUIS. Jy is na 17.
veilig tuis.

Jy loop met jou rug Jy steek die pad oor


na die aankomende wanneer die voetgangers
verkeer. Gaan terug lig rooi is. Mis ’n beurt.
na 13.

Jy gebruik ’n
voetgangeroorgang.
Skuif 1 aan.

Jy gebruik ’n veiligheidsgordel.
Skuif l aan.

Jy wag totdat die


bestuurder stilhou
voordat jy uitklim.
Gooi weer.

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 20 145


Hoofstuk

21 Persoonlike en huishoudelike higiëne

Studiegebied Higiëne tuis


Persoonlike en Dit is belangrik om onsself en rondom ons skoon te hou
Sosiale Welstand
sodat ons gesond kan bly.

Sleutelwoorde AKtiWiteit 21.1 Wees gesond en skoon


• higiëne – om
skoon te wees 1. Besit jy een van elk van die volgende?
2. Waarom moet hierdie items net deur een persoon
gebruik word?

Tandeborsel Kam Waslap Haarborsel

AKtiWiteit 21.2 Ondersoek kieme in jou huis

Kieme hou daarvan om op of binne-in plekke te bly wat


nie dikwels of behoorlik skoongemaak word nie. Hoekom
moet hierdie plekke gereeld skoongemaak word om te
keer dat kieme uitbroei?

Maak ’n lys van ander plekke in jou huis wat gereeld


skoongemaak moet word waar kieme kan uitbroei.

146 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


Dieet en mondhigiëne
Gesonde eetgewoontes is vir almal, veral kinders, belangrik.
Ons het almal koolhidrate, proteïene, suiwelprodukte, vars
vrugte en groente en water in ons dieet nodig. Kinders groei
nog en benodig vitamiene en voedingstowwe wat in hierdie
kossoorte aangetref word.

Baie kinders hou daarvan om lekkers te eet en


gaskoeldrank te drink. Dit het min heilsaamheid om
kinders gesond te hou. Te veel lekkers en gaskoeldranke
is ook sleg vir die tande. Hierdie koeldranke bevat sure
en suikers wat afbreek en tandemalje met verloop van
tyd wegvreet. Gaatjies ontstaan. Dit kan tot tandpyn en
tandvleisinfeksies lei. ’n Tandarts kan jou help.

Dit is belangrik om jou


tande elke oggend en
elke aand met tandepasta
te borsel. Dit sal hulle
skoonhou en van
kosdeeltjies en bakterieë
ontslae raak. Dit sal ook
keer dat jou asem sleg ruik.

AKtiWiteit 21.3 Assesseer jou persoonlike higiëne


Sleutelwoorde
Kopieer en voltooi die tabel deur ja of nee in te vul.
• dieet – wat ons
elke dat eet
• Gebruik jy jou eie • Borsel jy elke
waslap? oggend jou tande?
• Gebruik jy jou eie • Borsel jy elke aand
haarborsel en kam? jou tande?
• Gebruik jy jou eie • Besoek jy gereeld
tandeborsel? ’n tandarts?

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 21 147


Lees vir genot

Lebo gaan tandarts toe


Lebo was baie bekommerd. Sy ma het hom tandarts toe geneem en hy
was nog nooit daar nie.

Daar was stoele in die wagkamer waarop hulle kon sit en wag en boeke wat
hulle kon lees, maar hy was nie lus om deur die boeke te blaai nie. Hy was
baie senuagtig. Sy afspraak was vir drie-uur en dit was reeds vyf oor drie.

Net toe het die deur oopgegaan en het hy gesien hoe die tandarts vir
iemand totsiens sê. Die tandarts het ’n kaart op die toonbank opgetel en
Lebo se naam uitgeroep. ‘Gaan,’ het Lebo se ma gesê. ‘Jy sal oukei wees!’

Lebo was nie so seker nie! Hy het die vertrek binnegestap en ’n stoel gesien
wat soos ’n bed lyk. Die tandarts het vir hom gevra om op te klim en te
gaan sit. Lebo het so gemaak. Toe het die tandarts ’n knoppie gedruk en
die stoel het agteroor begin kantel. Lebo was nie seker of hy gemaklik was
om so agteroor te lê nie.

148 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


Die tandarts het Lebo gevra om sy mond oop te maak. Hy het met die punt
van ’n metaalinstrument sorgvuldig na elke tand in sy mond gekyk. Dit
was nie seer nie. Die tandarts het al die onderste en toe die boonste tande
ondersoek.

‘Borsel jy elke dag jou tande, Lebo?’ het die tandarts gevra.

Lebo se gesig het effens warm geword en hy het ongemaklik in die stoel
rondgeskuif. ‘Meestal,’ het hy geantwoord.

‘Wel, jou tande is in ’n goeie toestand, maar nie so skoon soos hulle
behoort te wees nie. Ek gaan hulle vandag met spesiale instrumente
skoonmaak, maar jy moet ’n gewoonte daarvan maak om hulle elke
oggend en aand te borsel. Dan behoort jou tande baie lank gesond te bly.’

Die tandarts het Lebo se tande


skoongemaak. Dit was ’n
vreemde gevoel. Dit was glad
nie seer nie. ‘So ja,’ het die
tandarts gesê toe hy klaar is.

‘Is ek klaar?’ het Lebo gevra.

‘Ja, jy is’ het die tandarts


geglimlag. ‘Ek sien jou weer
oor ’n jaar.’

‘Goed dan,’ het Lebo


glimlaggend geantwoord.
‘En volgende jaar sal ek
nie weer so bang wees nie!’

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 21 149


Hoofstuk
Gesonde omgewing en persoonlike
22 gesondheid
Studiegebied Ongesonde omgewings
Persoonlike en Ons benodig ’n skoon woonomgewing om gesond te kan bly.
Sosiale Welstand
Ons benodig vars lug en skoon water om gesond te wees.
Ons benodig skoon en veilige plekke om te bly en te speel.
Sleutelwoorde
• besoedeling – wat
die lug, water en
grond bederf en
bemors
• nywerheidsafval –
die chemikalieë
wat ontstaan
wanneer produkte
vervaardig word Lugbesoedeling Water wat met rommel besoedel is

Water wat met chemikalieë en Grondbesoedeling


nywerheidsafval besoedel is

AKtiWiteit 22.1 Kyk na die gesondheid van die omgewing

Bespreek die vrae hieronder met ’n maat. Rapporteer


terug aan die klas.

1. Hoe kon elkeen van hierdie prente mense se


persoonlike gesondheid geaffekteer het? Wat kon die
resultate wees?
2. Moet nywerhede of besighede toegelaat word om ons
omgewing te besoedel?
3. Moet individue in gesinne en gemeenskappe toegelaat
word om die omgewing te besoedel?
4. Wat kan ons doen om hulle te keer?
5. Wat moet gebeur as ons uitvind wie verantwoordelik is?

150 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


Maniere om die omgewing gesond
Het jy geweet?
te hou Een volwasse boom
Ons plase kan nie goeie kos sonder skoon water lewer kan in ’n seisoen die
hoeveelheid suurstof
nie. Gifstowwe, kieme en chemikalieë in die water kom in wat 10 mense in een
die vrugte en groente voor wat op plase gekweek word. jaar inasem, produseer.

Gifstowwe, kieme en chemikalieë het in die grond gesypel


en die plante wat in die grond groei, binnegedring. Ons
eet hierdie plante. Die diere wat ons nodig het vir kos,
eet hierdie plante. Chemikalieë en gifstowwe wat in
die see gestort word, dring die visse wat ons eet binne.
Gifstowwe en chemikalieë kom op hierdie verskillende
maniere in ons liggame en maak ons siek.

Wat ons kan doen:


1. Dinkskrum idees en maniere om ons omgewing
op te knap en dit gesond te hou.
2. Dink aan idees vir jou woonomgewing, by jou
skool en in jou gemeenskap.
3. Skryf die idees neer. Kies een idee wat
julle gaan toepas.
Boomplantdag
Bome hou ons omgewing gesond. Blare aan
bome maak die besoedelde lug skoon en maak
suurstof. Bome verskaf skaduwee. Baie bome
lewer kos wat ons kan eet. Rye bome kan
geraas blokkeer of beskerming teen wind bied.
Bome se wortels hou die grond bymekaar en
verminder so gronderosie.

Omdat bome so belangrik is, vier ons jaarliks


van 1 tot 7 September Boomplantweek.
Een dag in daardie week is Boomplantdag.
Gedurende daardie week word baie bome by
skole, besighede en in gemeenskappe geplant.
Wat doen jou skool tydens Boomplantweek?

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 22 151


Lees vir genot

’n Gesonde omgewing
Die natuur help ons om ons omgewing gesond te hou. Plante suiwer of
filtreer die lug deur skadelike gasse te absorbeer en suurstof te produseer.
Die natuur suiwer (maak skoon) water deur middel van die waterkringloop.

Klein diertjies soos erdwurms, fungi en goeie bakterieë breek


afvalmateriale af en verander dit in voedingstowwe wat plante voed.

Vleigebiede verminder oorstroming deur absorbering en die vertraging van


die vloei van water na reën.

152 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


Diere soos insekte en voëls eet plante en versprei die saadjies sodat nuwe
plante weer groei.

Ons kan op baie maniere help om na ons omgewing om te sien. Ons kan
kompos van kosafval soos wortelskille en aartappelskille maak. Ons kan
hierdie kompos gebruik om ons eie vrugte en groente te kweek.

Ons kan al ons glas-, papier- en plastiekafval herwin. Ons kan ons water-
verbruik verlaag en ons kan water hergebruik waar moontlik. Ons kan onthou
om die ligte en onnodige toebehore af te skakel om elektrisiteit te bespaar.

PLASTIEK GLAS METAAL PAPIER

Ons kan na ons persoonlike gesondheid omsien deur gesonde, vars vrugte
en groente te eet. Ons moet baie skoon water drink en oefening en genoeg
slaap kry.

Ons kan ons omgewing gesond hou deur nie rommel te strooi nie en
te herwin wat ons gebruik. Dit help ook ons omgewing as ons water en
elektrisiteit bespaar.

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 22 153


Sleutelwoorde Bewaring van ’n vleigebied
• vleigebied – Daar is dinge wat ons elkeen kan doen wat ons sal help
grond wat
waterversadig om ons omgewing gesond te hou.
is, dikwels ook
moerasse genoem

Geen
visvang
nie

GEEN STAP OF
SWEM NIE

154 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


GLAS-
herwinning

’n Vleigebied is ’n gebied met water wat lewe ondersteun.


Dit is baie belangrike gebiede vir die omgewing.

AKtiWiteit 22.2 Bewaring van ’n vleigebied

Kyk sorgvuldig wat in elke prent gebeur. Let op wat van


een prent na die volgende verander het.

1. Skryf ’n storie oor wat met hierdie vleigebied gebeur


het.
2. Gebruik elke prent om ’n paragraaf te skryf. Die
paragrawe sal die storie vorm.

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 22 155


Hoofstuk

23 MiV- en Vigs-onderrig

Studiegebied MiV en Vigs


Persoonlike en Een manier om na onsself om te sien, is om meer oor
Sosiale Welstand
MIV en Vigs te verstaan. Dit sal ons help om te leer hoe
om onsself te beskerm.

Lees die brief wat Gugu aan Pumeza geskryf het.

Liewe Pumeza

Dit was so lekker om jou weer hierdie naweek te sien. Jy
herinner my so baie aan jou ma – ek mis haar so baie. Ek kan
amper nie glo dat sy meer as twee jaar gelede oorlede is nie.
Pumeza, ek wou hierdie naweek met jou oor iets praat, maar ons
het nie genoeg tyd gehad nie. Daarom skryf ek nou terwyl ek op
die bus is.
Ek wou vir jou vra wat jy alles oor Vigs weet en met jou
daaroor praat.
Vigs staan vir verworwe immuniteitsgebreksindroom. ’n
Mens word eers met MIV, menslike-immuniteitsgebrekvirus,
geïnfekteer voordat jy Vigs kry. Sodra die virus in jou liggaam
is, val dit die selle in jou liggaam aan wat normaalweg teen
die virus sou baklei. MIV is ’n baie gevaarlike virus en daar is
steeds geen geneesmiddel nie.
MIV kan in bloed, borsmelk, semen en vaginale vloeistof lewe.
MIV kan van ’n geïnfekteerde persoon na ’n ander persoon
oorgedra word as die bloed van iemand met MIV in die
bloedstroom van iemand wat dit nie het nie, beland, of wanneer
geïnfekteerde vloeistof deur ’n dun membraan in die liggaam
dring.

156 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


Enigeen kan die virus kry. Dit is onmoontlik om te sien dat
iemand MIV het – die persoon word eers baie siek wanneer die
virus in Vigs ontwikkel.
Pumeza, jy moet onthou om ekstra versigtig te wees wanneer
iemand seerkry en daar bloed is. Hoewel iemand se bloed nie jou
bloedstroom deur jou vel kan bereik nie, kan jy ’n klein skrapie
op jou vel hê waarvan jy nie weet nie en die virus kan daardeur
jou liggaam binnedring. Een manier om jouself te beskerm, is om
enige snywonde met ’n pleister te bedek. ’n Ander manier is om
nie goed wat rondlê , op te tel en daarmee te speel nie, veral nie
inspuitnaalde en skerp items nie.
Roep die onderwyser wanneer iemand by die skool seerkry en
hulp nodig het. Die onderwyser sal spesiale handskoene hê wat
hy of sy sal dra terwyl die persoon gehelp word.
Ek wil ook hê dat jy moet weet dat jy nie MIV sal kry as jy
langs iemand staan of borde en koppies met die persoon deel
of op ’n toilet sit nie. Jy kan nie MIV kry as jy iemand omhels,
met iemand praat, hande skud of jou kos of drinkgoed met
die persoon deel nie. Jy sal nie in swembaddens geïnfekteer
word nie. MIV kan nie op een van hierdie maniere binne-in jou
liggaam kom nie.
Ek is nou amper by my bestemming. Ons kan
weer gesels wanneer ons mekaar sien. Onthou
dat ek lief is vir jou!
Gugu

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 23 157


Lees vir genot

Phumla beantwoord haar briewe


Lees die briewe op hierdie bladsy wat aan Phumla geskryf is. Lees die antwoorde.

Liewe Phumla Liewe Thabo


Ek weet MIV is ’n virus en Jy is reg dat MIV
in jou bloed bly,
dat dit in jou bloed woon. Kan nie geïnfekteer w
ord nie. Wanneer
maar jy sal
ek MIV kry as ’n muskiet wat muskiet jou byt,
suig sy van jou b
’n vroulike
’n persoon met MIV gebyt het is nie bloed van
die vorige persoo
loed uit. Daar
my daarna byt? sy gebyt het oor n of dier wat
nie. Van haar spo
bytplek agter en eg bly in die
Thabo dit is wat jou laa
t jeuk.
Phumla

Liewe Phumla
My maat is MIV-positief gebore. Ons
speel en doe
n alle s saa m.

By die skool is sommige mense wat nie


langs haar wil sit nie of wat nie aan iets Liewe Zuki
wil raak waaraan sy gevat het nie. Is dit
Jy kan nie met M
waar dat hulle op hierdie manier met IV geïnfekteer wo
as jy langs ieman rd
MIV geïnfekteer kan word? d sit of aan iets ra
waaraan hulle gev ak
at het nie. Die viru
Zuki is in hulle bloed. s
Die virus kan nie
in die lug lewe nie
. Selfs as jy hulle
omhels of kos met
hulle deel, kan die
virus jou nie infe
kteer nie.
Phumla

158 Kwartaal 4 Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid


Liewe Phumla Liewe John

Is daar ’n genees- Nee, daar is nie


’n geneesmiddel vi
Baie wetenskaplike r MIV of Vigs nie
middel vir MIV en s regoor die wê re .
maniere te kry om ld werk hard om
Vigs? mense met MIV te
geneesmiddel is a g
l ontdek om van d enees. Geen
te raak of om te ie
John keer dat die virus virus ontslae
beskadig nie. die immuunstelse
l
Phumla

Liewe Phumla ence


Liewe Flor
t e r k o m d a t mense op
Ons buurman het s ag word, het
MIV. Lank gelede Toe dokter e ïn f e kt e e r
moes hy hospitaa nier g seker te
l toe gaan vir ’n hierdie ma w ik k e l o m
nier ont mense
operasie. Hy moes
ekstra bloed kry. hulle ’n ma t h u ll e v ir
ie bloed wa
Die bloed wat hull
e vir hom gegee h maak dat d us bevat nie. Moenie
het die virus bevat et, vir
. Kan dit vandag gee nie die s n ie, v a n dag is dit
wee nier
nog gebeur? bekommerd lik om op hierdie ma
oont
Florence feitlik onm
.
MIV te kry
Phumla

Gesondheid- en omgewingsverantwoordelikheid Hoofstuk 23 159


Hoofstuk

24 Atletiek en swem

Studiegebied Velditems
Liggaamlike Gewigstoot
Opvoeding Kyk na die prent langsaan om te
sien hoe om jou gewig vas te hou.
Sleutelwoorde
• stoot – gebruik As jy nie ’n gewig het nie, kan jy
jou hand om iets ’n klein klippie soek of ’n
vorentoe te druk boontjiesak.

Moenie agtertoe reik en die gewig


Veiligheid gooi asof dit ’n bal is nie. Jy moet
Jy kan ernstig beseer die gewig boontoe stoot teen ’n
word as jy deur ’n hoek van ongeveer 45 grade.
diskus of spies getref
word. Voorkom Die diskus
beserings deur
oplettend en bewus Maak seker dat jy jou diskus
te wees van wat om stewig vashou. Kyk na die
jou aangaan. Moenie prente om te sien hoe ’n diskus
’n voorwerp gooi as
mense in die pad
gegooi word.
staan nie. Moenie jou
voorwerp gaan haal
terwyl ander gooi nie.

Het jy geweet?
Diskus is die enigste
item waar die
vrouerekord (76,8 m)
beter as die mans s’n
(74,08) is. Dit is
omdat vroue se
Spiesgooi
diskus 1 kg weeg Bestudeer die prentjie
terwyl mans s’n 2 kg om sien hoe om jou
weeg.
aangepaste werpspies
vas te hou. Loop en
hardloop terwyl jy jou
werpspies in die regte
posisie vashou.
160 Kwartaal 4 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede
Verspring
Jou onderwyser sal jou help om uit te vind watter
voet dominant of sterker is. Begin jou aanloop vir albei
spronge met jou sterker voet.

Hardloop met gepaste arm- en beenaksie. Jou arms moet


vanaf die skouergewrig swaai. Die arms moet aan hulle
kant van die liggaam bly. Die hande kan oop of toe wees,
maar nie gespanne wanneer toe nie. Die aksie van die
bene en rug moet reguit vorentoe wees.

Hoogspring

1 2 3 4 5

Jou onderwyser sal jou help om hoog te spring deur die


volgende stappe te volg:
• Begin jou aanloop met jou dominante been.
• Hardloop tot by die mat.
• By die mat – spring op en keer jou rug na die mat.
• Spring van een voet af op.
• Land op jou rug op die mat.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 24 161


Sleutelwoorde Baanitems
• naelloop – Hekkies
hardloop teen
volle vaart oor ’n
kort afstand

Veiligheid
Onthou om jou
strekoefeninge te
doen. Hekkies en
naellope is baie
vinnige, kragtige
aktiwiteite en as jou
spiere nie na 1. Kan jy sien oor watter been eerste gespring word en
opwarming reg hoe dit lyk?
gestrek is nie, kan jy
jou spiere beseer. 2. Kan jy sien watter been agterna kom en hoe dit lyk?
3. Kyk na die liggaam- en kopposisie van die
hekkiespringer.
Het jy geweet?
Naelloop
Die 100 m-naelloop
is een van die
belangrikste baan-
en velditems. Die
manswenner van die
100 m-naelloop by
die Olimpiese Spele
word as die ‘wêreld
se vinnigste mens’
bekroon. Die
wedloop vereis
kragtige spoed en
feitlik foutlose
tegniek.

Die Suid-Afrikaanse naelloper,


Caster Semenya. Let op die
posisie van haar elmboë as sy
hardloop.

162 Kwartaal 4 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Langer afstande en aflosse Sleutelwoorde
Langafstandwedlope • tempo – snelheid
van beweging

Leer om jou tempo te beheer wanneer jy As jy nie jou tempo beheer nie,
langafstandwedlope hardloop. Jy sal in gaan jy te moeg word en nie
staat wees om langer te kan hardloop. die wedloop kan votooi nie.

Aflosse
Tydens ’n aflos moet jy seker
maak dat jy nie die aflosstokkie
verloor nie en wanneer jy dit vir
die volgende atleet moet aangee,
moet jy seker maak dat jy dit nie
laat val nie. As die aflosstokkie
val, kan dit die spoed van die span
vertraag en in sommige gevalle
kan die span gediskwalifiseer
word.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 24 163


Swem veilig
Veiligheid
Alle swembaddens Jy het geleer dat swembaddens en water gevaarlik kan
het reëls. Maak seker wees. Dit is belangrik om te leer hoe om veilig in ’n swembad
dat jy hulle lees, te kom. Kyk na die prente hieronder om uit te vind hoe.
onthou en
gehoorsaam. Dit is
daar vir jou veiligheid.

Sleutelwoorde
• veilig – nie
gevaarlik nie

Het jy geweet?
Fisiese aktiwiteit help
jou liggaam en gees Wanneer jy in die water is, is dryf ’n goeie manier om te
gesond hou. rus terwyl jy in die water is. Kyk na die prente om te sien
hoe jy kan dryf soos ’n:

Jellievis Seester

164 Kwartaal 4 Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede


Verskillende swemslae

Vryslag Rugslag

Borsslag Vlinderslag

Watter soort reëls, dink jy, moet daar by ’n swembad


wees? Skep ’n veiligheidsplakkaat vir huiswerk.

Kyk in die Onderwysersgids vir lesbesonderhede Hoofstuk 24 165


Hoofstuk

25 Dans, drama en musiek

Studiegebied Musiek
Skeppende Kunste: Tot nou toe was al die liedjies en ritmes wat ons gesing
Uitvoerende Kunste
het in harmonie.
Sleutelwoorde AKtiWiteit 25.1 Groepies van drie
• kanon – wanneer
dieselfde liedjie 1. Loop vrylik rond terwyl die musiek speel.
oorvleuelend
gesing word 2. Wanneer die musiek stop, sal jou onderwyser
‘Groepies van drie!’ uitroep. Julle moet so vinnig as
moontlik in groepe van drie kom.
3. Jou onderwyser sal dieselfde met die ander nommers
doen.

AKtiWiteit 25.2 Warm op en speel

Het jy geweet? 1. Speel liggaamsperkussie-liedjies.


In somige Afrika-
musiek kan jy baie 2. Kyk na die ritmiese patrone hieronder en klap dit as
oorvleuelende ritmes ’n klas.
gelyktydig hê.
3. Dan gebruik elke persoon liggaamsperkussieklank en
speel weer die ritmes.

4
Ritme 1 4

Ritme 2 4
4

4. Nou begin een groep speel en dan sal die volgende


groep dieselfde ding ’n bietjie later begin speel sodat
die liedjie oorvleuel. Dit word ’n kanon genoem.

166 Kwartaal 4 Warm op en speel


AKtiWiteit 25.3 Lees musiek in harmonie en in ’n kanon

Lees hierdie musieksimbole en voer dit uit deur hulle


te klap.

halfnoot kwartnoot agstenote halfnoot kwart- agste-


rus noot rus noot rus

AKtiWiteit 25.4 ’n Liedjie om in harmonie te sing

Dit is ’n liedjie wat die hele klas saam kan sing. Sing dit
ook in kanon.

Mntakwethu

Afrikaans lirieke:
Vader Jakob, Vader Jakob,
Slaap jy nog? Slaap jy nog?
Kyk hoe lui die kerkklok,
Kyk hoe lui die kerkklok,
Ding, dong, dong, ding, dong, dong

Lees, interpreteer en dramatiseer Hoofstuk 25 167


Het jy geweet? Prente sonder woorde
Koordlopers het
uitstekende balans. Die manier waarop ’n persoon staan en beweeg, kan vir
Die meeste van hulle ons baie vertel. ’n Ouer persoon staan en loop anders as
moes baie hard op ’n
dun stuk tou oefen jongmense. Iemand in ’n gesagsposisie, byvoorbeeld ’n
voordat hulle goed polisieman, staan en beweeg op ’n manier wat wys dat
kon balanseer. Hulle hy in beheer is.
moet baie goed
fokus.
Postuur kan wys hoe ons voel. As ons regop staan, voel
ons gewoonlik selfversekerd, trots en dapper. As ons krom
staan met ons hande agter die rug, voel ons gewoonlik
bang of verleë. Dink oor watter soort postuur jy het
wanneer jy ander emosies voel. Postuur kan vir ons baie
vertel oor watter karakter ’n akteur voorgee om te wees.

AKtiWiteit 25.5 Verpersoonlik iemand anders se postuur

Staan met ’n neutrale postuur, staan dan op ’n manier


wat verskillende karakters sou staan, byvoorbeeld ’n
polisieman, dief, model, gesette persoon, ’n senuagtige
persoon.

AKtiWiteit 25.6 Mimeer in pare en voer op

1. Soek ’n maat. Die onderwyser gee vir elke paar ’n


situasie waaruit ’n mimiekopvoering geskep moet
word.
2. Beplan en oefen dit. Onthou, geen gepratery word
toegelaat nie, jy mag nie eens maak asof jy praat nie.
Jy kan denkbeeldige voorwerpe, beweging, gebare en
gesigsuitdrukkings gebruik.
3. Maak beurte om julle mimiek vir die klas aan te bied.
4. Bespreek na elkeen:
• Kon julle sien wat gebeur?
• Watter dinge was goed? Die beweging? Die
gesigsuitdrukkings? Die gebruik van denkbeeldige
voorwerpe?

168 Kwartaal 4 Warm op en speel; Improviseer en skep


AKTIWITEIT 25.7 Maak vorms met jou liggaam Sleutelwoorde
• vlakke – laag,
1. Kan jy op jou hakke balanseer? Kan jy ’n sirkel met jou medium of hoog
hande maak? Kan jy ’n stervorm met die hulp van drie • fokus –
maats maak? konsentrasie op
een ding
2. Soek ’n algemene ruimte in die klaskamer. • tablo – ’n
gevriesde prent
3. Jy gaan vorms met jou liggaam maak. Sommige vorms
kan jy met net jou eie liggaam maak. Ander vorms gaan jy
saam met jou maats maak.

4. Kan jy op verskillende dele van jou liggaam balanseer?

5. Sommige mense kan regtig goed balanseer. Ander mense


moet baie oefen. Jy kan jou balans verbeter deur te fokus
of na een punt te kyk terwyl jy probeer balanseer. Kyk na
iets wat nie beweeg nie, soos ’n punt op die vloer of teen
die muur.

AKTIWITEIT 25.8 Gevriesde prente of tablo’s

Maak ’n gevriesde prent.

1. Maak groepe van vier tot ses mense. Julle onderwyser


sal die naam van ’n dier sê, en elke groep sal ’n gevriesde
prent van daardie dier maak. Byvoorbeeld, as die dier ’n
olifant is, kan een persoon die slurp wees en ’n ander die
tande, nog een kan die ore wees en twee kan die vorm
van die liggaam en bene maak.
2. Probeer om verskillende vlakke in jou tablo te maak. As jy
’n hoë vlak wil wys, byvoorbeeld as jy ’n lang nek van ’n
kameelperd wil wys, kan ’n paar leerders handeviervoet
staan en iemand kan op sy of
haar rug staan.
3. Dit is belangrik om te vertrou en te fokus
wanneer jy iemand ondersteun of as jy
deur iemand anders ondersteun of
gebalanseer word.

Warm op en speel; Improviseer en skep Hoofstuk 25 169


Sleutelwoorde Bou ’n drama op ’n tema
• storielyn – wat in Die storielyn is die storie van wat in jou drama gebeur.
’n drama gebeur
Alle dramas sal ’n tema hê. Die tema kan ‘onder die
• tema – die
hoofidee of tema
see’ of ‘ons gaan strand toe’ of 'my eerste dag by die
van die drama skool' wees. Die storielyn sal ons oor die tema vertel. Die
• tyd – hoe lank storielyn van jou drama moet binne die tyd en ruimte
dit is vandat die van jou keuse werk. In jou storielyn is daar gewoonlik ’n
drama begin konflik tussen party van die karakters.
totdat dit eindig.
Die karakter kan
AKtiWiteit 25.9 Leer om te vertrou en te luister
aan die begin
jonk wees en aan
die einde van die Soek ’n maat.
drama kan die
karakter oud wees 1. Julle gaan ’n speletjie speel om vertroue en
• ruimte – waar luistervaardighede te ontwikkel.
die drama
plaasvind. Dit kan 2. Julle sal elkeen ’n geleentheid kry om geblinddoek te
byvoorbeeld op word en jou maat te vertrou.
dieselfde plek
plaasvind. Of dit
kan in een plek
begin en dan sien
ons die karakters
op ’n ander plek
• vertroue – die
wete dat iemand
anders jou nie in
die steek sal laat
nie

Wanneer jy geblinddoek word en nie kan sien nie, moet jy jou maat
vertrou. Jy moet vertrou dat hy of sy jou sal veilig hou en sal keer dat
jy teen goed stamp.
AKtiWiteit 25.10 Tablo oor die tema van Noag se ark

Vorm twee groepe. Elke groep gaan ’n tablo maak wat


Noag se ark, Noag se gesin en die diere wat toustaan
om by die ark in te gaan, wys. Maak beurte om dit vir die
ander helfte van die klas te wys.

170 Kwartaal 4 Warm op en speel; Lees, interpreteer en dramatiseer


AKtiWiteit 25.11 Bou ’n drama Sleutelwoorde
• dialoog – wat
Ons tema sal ‘Noag se ark’ wees. Maak groepe van ses die karakters vir
tot agt leerders en bespreek die volgende vrae: mekaar sê

1. Wanneer gaan julle drama begin en wanneer gaan


dit eindig?
Het jy geweet?
2. Waar gaan dit plaasvind? (Op land) In die ark? Hier is een manier
waarop jy jou
3. Wie is die karakters? dialoog kan skryf:

4. Hoe kan ons konflik inbring en oplos? Mev. Sebra: Ek is


bang vir daardie
Hier is ’n paar voorbeelde van konflik wat kan plaasvind: leeus. Hulle lyk baie
honger. Sê nou hulle
• Die ape het die ander diere begin terg en poetse wil ons opvreet?
op hulle gebak. Hoe, dink julle, het die ander diere Mnr. Sebra: Ons kan
gevoel? Wat gaan hulle doen? vinniger as hulle
hardloop – ons het
• Die sebras is bang vir die leeus. Hulle voel dat die nog altyd vir hulle
leeus nie op die ark toegelaat moet word nie. Hoe voel weggehardloop.
die leeus hieroor? Wat dink en sê Noag hieroor? Mev. Sebra: Maar
waarheen sal ons
hardloop as ons klaar
in die ark is? Ek voel
dat die leeus nie in
die ark toegelaat
moet word nie.
Mnr. Sebra: Ek sal ons
vriend, Noag, vra om
aan ’n oplossing vir
hierdie probleem te
dink.

5. Besluit in julle groepe wie Noag en sy gesin, of


miskien ’n paar van die mense wat vir hom gelag het
toe hy die ark begin bou het, gaan speel. Sluit soveel
moontlik verskillende dierpare in as wat julle kan.

AKtiWiteit 25.12 Dink aan ander konfliksituasies

1. Beplan in julle groepe (byvoorbeeld twee sebras, twee


leeus en Noag en sy vrou) ’n konflik tussen hulle en
hoe hulle dit oplos.
2. Besluit oor julle storielyn en skep ’n dialoog vir die drama.

Lees, interpreteer en dramatiseer Hoofstuk 25 171


Sleutelwoorde Voeg alles bymekaar met klanke en
• gemoed- liedjies
stemming – hoe
jy voel Jou drama sal selfs meer opwindend wees as jy ’n paar
• tussenspel – klankprente en musiek het wat daarmee gepaard kan
musiek wat tussen gaan. Dit sal ’n gemoedstemming vir die drama skep, en
die aksie in ’n
drama speel vir die gehoor ’n bietjie meer vertel oor waar die drama
plaasvind.

Die klankprente en musiek kan tussen aksies (dit word ’n


tussenspel genoem) of tydens die aksie gebeur.

AKtiWiteit 25.13 Liedjies oor diere

Ken jy enige liedjies oor diere?

1. F ive little speckled frogs


Sat on a speckled log,
Catching some most delicious
bugs,yum, yum.
One jumped into the pool,
Where it was nice and cool,
And there were four green
speckled frogs, glub, glub, glub.
2. Four little speckled frogs …
3. Three little speckled frogs …
4. Two little speckled frogs …
5. One little speckled frog
Sat on a speckled log,
Catching some most delicious
bugs, yum, yum.
He jumped into the pool,
Where it was nice and cool,
And there were no green speckled
frogs, glub, glub, glub.

172 Kwartaal 4 Lees, interpreteer en dramatiseer


AKtiWiteit 25.14 Maak ’n klankprent vir julle drama

Besluit oor klankprente vir julle drama, maak gebruik van


instrumente en liggaamsperkussie. Julle kan ’n storm wat
reën bring, insluit. Julle kan ook die geluide van die diere
wat toustaan om by die ark in te gaan, insluit.

AKtiWiteit 25.15 Voeg dit bymekaar

Voeg nou julle drama bymekaar met ’n tablo om mee te


begin en te eindig, ’n klankprent, ’n liedjie, ’n storielyn
met dialoog, konflik en ’n oplossing
Maak seker dat julle:
• die ruimte goed gebruik
• na die gehoor toe draai sodat hulle julle duidelik kan sien
• duidelik praat sodat julle gehoor kan word
• beweging en gesigsuitdrukkings gebruik om die
verskillende karakters uit te beeld
• repeteer sodat julle onthou wat julle wanneer moet doen.

AKtiWiteit 25.16 Voer die drama op

Maak beurte om julle drama vir die res van die klas op te
voer wanneer julle genoeg geoefen het. Julle onderwyser
sal vir julle wys hoe.

AKtiWiteit 25.17 Dink na oor die optrede

Hoe goed het julle groep met hulle optrede gevaar?


Bespreek in julle groepe en elkeen moet dan ’n sin vir elke
vraag neerskryf.

1. Het ons behoorlik gerepeteer?


2. Het ons die storie goed vertel?
3. Het ons die ruimte goed gebruik?
4. Kon die gehoor ons behoorlik sien en hoor?
5. Het ons goeie klankprente gemaak?
6. Het ons ’n goeie tablo gemaak?

Waardeer en dink na oor Hoofstuk 25 173


Hoofstuk

26 Waardeer en skep visuele kuns

Studiegebied Kyk na prente


Skeppende Kunste: Watter pragtige plekke ken jy? Baie kunstenaars is
Visuele Kuns
geïnspireer om die wêreld rondom hulle vas te lê deur
foto’s te neem of skilderye of tekeninge te maak of om
Sleutelwoorde beelde uit natuurlike materiale te skep.
• diagonale lyne –
reguit lyne wat teen
’n hoek loop
• vertikale lyne –
lyne wat reguit op diagonale lyn
en af loop

gekromde lyn

horisontale lyne

vertikale lyn

Die foto van die woestyn hierbo in Namibië gebruik die


horisontale, diagonale, gekromde en vertikale lyne van
natuurvoorwerpe soos bome en sandduine om die foto
interessant te maak. Dit laat ons oë van die boomtakke
op die voorgrond na die ander dele van die foto beweeg.

174 Kwartaal 4 Visuele geletterdheid


Het jy geweet?
Donker en ligte
kleure, lyne wat in
verskillende rigtings
gaan en
kontrasterende
vorms gee die
oerwoudtoneel aan
die linkerkant ’n
angswekkende en
lewendige gevoel.

’n Geveg tussen ’n tier en ’n buffel deur Henri Rousseau.

AKTIWITEIT 26.1 Kyk na die prente van die natuurwêreld

Kyk in pare na die kunswerke op bladsy 174 en 175. Praat


met jou maat oor hierdie vrae:

1. Van watter kunswerk hou jy die meeste? Waarom?


2. Wat is die gevoel van elke prent? Dink jy dit is
gelukkig, hartseer, stadig of kalm? Waarom?
3. Maak jou eie titel vir elke prent op.
4. Kan jy sien waar die kunstenaars hierdie
kunselemente gebruik het?
a) Lyn – Trek met jou vinger oor sommige lyne.
b) Kleurdiepte – Kry jy ligter en donkerder gedeeltes
langs mekaar? Wat wys hulle?
c) Tekstuur – Watter verskillende teksture het die
kunstenaar probeer wys?
d) Vorm – Kan jy groot vorms en klein vorms
identifiseer?
e) Is daar enige vorms voor ander?
f) Ruimte – Kan jy na die ruimtes om die diere en
plante wys?
g) Kleur – Watter kleure kan jy sien? Wat is die
donkerste kleur? Wat is die ligste kleur?

Visuele geletterdheid Hoofstuk 26 175


Sleutelwoorde Meng kleure
• tint – wanneer Wanneer jy verf, kan jy kleure ligter of donkerder maak
jy wit by ’n kleur
voeg, word dit deur hulle met wit of swart te meng. Dit word tinte en
ligter skakerings genoem. Byvoorbeeld, as jy rooi en wit meng,
• skakering – kry jy ’n tint wat pienk genoem word. As jy rooi en swart
wanneer jy swart meng, kry jy ’n skakering wat wynrooi genoem word.
by ’n kleur voeg,
word dit donkerder Kyk na die kleurwiel aan die linkerkant.

Het jy geweet?
As jy drie primêre
kleure meng (rooi,
blou en geel), sal jy
bruin kry.

Kleure wat meer in


die middel is, is getint
om hulle ligter te
maak.
Stillewe met Rose en Windblomme deur Vincent Van Gogh.

AKtiWiteit 26.2 Watter kleure kan jy sien?

Kyk in pare na die skildery hierbo en bespreek met jou maat.

1. Kan jy die sekondêre kleure opnoem wat jy in die


skildery kan sien?
2. Is daar enige verwante kleure?
3. Kan jy die tinte (waar die kunstenaar kleure met wit
gemeng het om dit ligter te maak) identifiseer?

176 Kwartaal 4 Skep in 2D


AKtiWiteit 26.3 Verf die natuurwêreld
Wenke vir
Jy benodig: natuurlike voorwerpe wat jy klas toe bring, gereedskap
byvoorbeeld plante, vrugte, groente, blomme, takke Was jou verfkwas in
en blare. jou fles met water
voordat jy ’n nuwe
Tempera-verf, verfkwaste, fles met water, blanko A4- kleur meng. As jy van
rooi na geel gaan
papier, koerant sonder om jou
verfkwas tussenin te
Meng kleure was, sal jou kleure
Elke leerder benodig: ’n A4-papiervel, ’n verfkwas, vuil word.
’n fles met water, ’n houer of twee vir die meng van
kleure, byvoorbeeld polistireenbakkies.

1. Bedek in groepe van vier die tafel of lessenaars.


2. Rangskik julle verf (rooi, blou, geel en wit) in klein houers
in die middel, waar almal kan bykom. Elke kleur moet
gemeng word sodat dit dikkerig is (soos jogurt). As die
kleur te loperig is, sal dit nie helder genoeg wees nie. Daar
moet ’n verfkwas vir elke kleur wees, of ’n teelepel, of ’n
roomysstokkie om die verf in jou mengbakkie te skep.
3. Begin deur twee primêre kleure te meng sodat jy ’n
sekondêre kleur kan kry. Verf jou sekondêre kleur op
jou A4-papier, in enige vorm wat jy wil.
4. Voeg dan ’n bietjie wit by om ’n tint te maak en verf dit
op jou papier.
5. Ondersoek verder hoe om verskillende kleure te
maak. Kyk hoeveel kleure jy kan meng. Wanneer julle
papiere met kleure bedek is, plaas dit iewers waar dit
veilig kan droog word. Skryf jou naam agterop.
Skilder julle natuurlike voorwerpe
Kyk na die regte voorwerpe uit die natuur wat julle en
julle onderwyser op die tafel uitgestal het. Kyk na al die
kleure en sê hulle op. Kan julle enige primêre kleure sien?
Kan julle enige sekondêre kleure sien? Kan julle kleure
sien wat aan mekaar verwant is? Kan julle sien watter
kleure donkerder as ander is? Begin om julle kleure te
meng en te skilder!

Skep in 2D Hoofstuk 26 177


Sleutelwoorde Droomvangers
• droomvanger – ’n Droomvanger is ’n tradisionele kunswerk wat deur
’n voorwerp wat
bo jou bed hang die inboorlinge van Noord-Amerika gemaak word. Die
om jou drome te droomvanger word bokant ’n bed gehang. Daar word
‘vang’ geglo dat dit mense beskerm deur die slegte drome te
vang terwyl hulle slaap.

Dit word gemaak deur ’n sagte tak in ’n hoepelvorm te


buig en die punte vas te knoop om ’n raamwerk te maak.
Dan word tou heen en weer oor die raam gespan en mooi
voorwerpe word aan die tou gehang.

AKtiWiteit 26.4 Maak ’n droomvanger

Jy benodig: minstens 6 lengtes dun, lang stukke takkies of


riet wat maklik buig, 60 cm dun tou; herwonne materiale
soos plastiek, stukke helderkleurige papier, karton, krale en
knope, lint, tou, natuurlike voorwerpe soos riete, buigbare
takkies, blare met interessante vorms en vere, skêre,
houtgom.

Maak self ’n raam


Het jy geweet
1. Draai en buig jou riete of takkies saam om ’n sterk
Herwinning van
materiale soos papier
hoepel te maak.
en plastiek beteken
daar is minder
2. Maak die ‘spinnerak’ van jou droomvanger deur tou
besoedeling om die aan die hoepel vas te knoop en dit heen en weer in ’n
natuurlike omgewing interessante patroon te weef.
te vernietig.
Versier jou droomvanger
1. Bind as versiering stukke tou, gras of lint vas aan die
‘spinnerak’ wat die drome gaan vang. Maak jou eie
patrone.
2. Gebruik die versamelde materiale soos vere en
helderkleurige krale en knope en die tou om die
droomvanger op te hang.
Hierdie kunswerke 3. Maak seker dat die gewig van jou hangende
word gemaak van voorwerpe gebalanseer is en dat die voorwerpe in
plastiek wat op die
strand versamel is.
proporsie is. Met ander woorde, sommige voorwerpe
moenie groter as ander wees nie.

178 Kwartaal 4 Skep in 3D


4. Kyk gereeld hoe jou droomvanger vanuit verskillende
hoeke lyk.
Wenke vir
5. Maak ’n draadlus om jou droomvanger aan op gereedskap
te hang. Onthou om op te
ruim wanneer julle
6. Hang hulle in die klaskamer op! klaar is!

AKtiWiteit 26.5 Dink na oor jou kunswerke

1. Kyk op jou eie na die twee kunswerkstukke wat jy in


hierdie kwartaal voltooi het.
2. Kopieer en voltooi die notas oor elke kunswerk.

Titel van my werk:


Materiale wat ek gebruik het:
Wat ek oor kleur geleer het:
Wat ek oor hoe om goed aan mekaar vas te
bind, geleer het:
Wat ek van my kunswerk gehou het:
Wat ek geniet het om te doen:
Wat vir my moeilik was:
Wat ek volgende keer anders sal doen:

Skep in 3D Hoofstuk 26 179


Formele Assessering Persoonlike en Sosiale Welstand

eksamenoefening
Afdeling A
1. Noem drie kossoorte wat Suid-Afrikaners van verskillende kulture geniet. (3)
2. Wat beteken dit as ’n storie ’n sedeles het? (1)
3. Kies die korrekte simbool vir hierdie godsdienste. Vul die letter by die
simboolkolom in. (3)
Godsdiens Simbool

Christendom

Islam

Hindoeïsme

A B C D e F

4. Skryf een interessante of nuwe feit wat jy oor ’n godsdiens geleer het
toe jy jou projek nagevors het en jou mondeling voorberei het. (1)
5. Pas die kolomme bymekaar sodat elke sin in die linkerkolom sin
maak. Skryf elke volledige sin neer. (4)
Fietsryers moet dit lei die bestuurder se aandag af
Voetgangers moet altyd rondhardloop nie
Passasiers moenie skree of baklei nooit aan ’n bewegende voertuig
in ’n voertuig nie, want vashou nie
Passasiers op ’n trein moenie in die rigting van aankomende
verkeer loop

6. Watter deel van die tand word deur suiker en suur weggevreet? (1)
7. Lys twee maniere om jouself teen MIV-infeksie te beskerm. (2)
15 punte

180 Kwartaal 4
Formele Assessering Persoonlike en Sosiale Welstand

Afdeling B
1. Kyk na die prente. Verduidelik waarom elke situasie onveilig is.
Beskryf wat gedoen moet word om dit veilig te maak. (4)

2. Verduidelik waarom ’n tandeborsel deur net een persoon gebruik


moet word. (1)

3. Watter twee tipes besoedeling word in die prente gewys? (2)


4. Verduidelik hoe elkeen van hulle jou gesondheid kan affekteer. (2)
5. Verduidelik wat Boomplantdag of Boomplantweek is en wat ons in hierdie
week doen. (2)
6. Beskryf drie maniere waarop elkeen van ons kan help om na die
omgewing om te sien. (3)
7. Verduidelik waarom jy nie MIV kan kry as jy iemand met MIV se
hand vashou nie. (1)
15 punte
tOtAAL 30 punte

Formele Assessering: Eksamenoefening 181


Formele Assessering Liggaamlike Opvoeding

Atletiek en swem
Jy gaan formeel op veld- en baanaktiwiteite en dan swemaktiwiteite
geassesseer word. Jy sal geassesseer word op:
• Tyd en tegniek • Gaan die swembad binne en gaan
• Naelope, aflos en langafstand weer uit
• Gooi • Asemhaling en asembeheer
• Hoogspring vir hoogte • Swem breedtes
• Verspring vir afstand • ’n Swem- en waterroetine in groepe.

Rubriek vir assessering van Liggaamlike Opvoeding


Vlak en punte
Beperk Voldoende Knap Uitstekend
Uitkoms van Jou vaardigheids- Jou vaardigheids- Doeltreffend Buitengewone
bewegingsreeks aktiwiteite het aktiwiteite het en gepaste vaardigheidsvlak;
baie aandag en aandag, verfyning vaardighede. bewegings het
oefening nodig. ’n en oefening Die meeste altyd
Paar vaardighede nodig. ’n Paar vaardighede is die gewenste
en vereistes kom vaardighede kom ingesluit. uitkoms
kort. kort. gelewer.
0 – 1 punt 2 – 3 punte 4 punte 5 punte

Deelname
Leerders word ook elke kwartaal geassesseer vir hoeveel keer hulle deelneem
in liggaamlike opvoeding.

Rubriek vir herhaalde deelname


Vlak en punte
Beperk Voldoende Knap Uitstekend
0–20% 21–50% 51–75% 76–100%
Herhaalde deelname
(0–4 punte) (5–10 punte) (11–15 punte) (16–20 punte)

182 Kwartaal 4
Formele Assessering Skeppende Kunste

Uitvoerende Kunste: Dans, drama en Musiek


Vir jou formele assessering gaan jy geassesseer word vir jou drama-uitvoering
met ’n klankprent en tablo (Aktiwiteit 25.16 op bladsy 173). Jy sal individueel
geassesseer word.

Rubriek vir die assessering van Uitvoerende Kunste-taak


Uitkomste Beperk Voldoende Knap Uitstekend
Leerder het die drama en die rol goed geken 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder het goed gebruik gemaak van
0–4 5–6 7–8 9–10
gesigsuitdrukkings en gebare
Die drama se musiek was gepas 0–4 5–6 7–8 9–10
Die drama het ’n duidelike begin, middel en
0–4 5–6 7–8 9–10
einde gehad
Leerder het die karakter goed vertolk 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder het bly konsentreer gedurende die
0–4 5–6 7–8 9–10
opvoering
totaal

Visuele Kuns: Verf


Vir jou formele assessering gaan jy geassesseer word vir jou verf van die
natuurwêreld (Aktiwiteit 26.3 op bladsy 177).

Rubriek vir die assessering van Visuele Kuns-taak


Uitkomste Beperk Voldoende Knap Uitstekend
Leerder is in staat om verskeie kleure te meng 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder kan primêre en sekondêre kleure uitken 0–4 5–6 7–8 9–10
Leerder kan wit by kleure voeg om tinte te
0–4 5–6 7–8 9–10
maak
Leerder is in staat om regte objekte te skilder
0–4 5–6 7–8 9–10
deur observasie te gebruik
totaal

Formele Assessering 183


Woordelys
A D
aangee gooi die bal vir ’n spanlid bladsy 72 diagonale lyne reguit lyne wat teen
aanvallers die mense in the ander ’n hoek loop bladsy 174
span was die bal probeer afvat bladsy 75 dieet wat ons elke dag eet bladsy 147
aërobiese met lug of suurstof bladsy 119 dialoog wat die karakters vir
afknouery om deur dinge wat gesê of mekaar sê bladsy 170
gedoen word iemand seer te maak bladsy 60 dinamies konstante beweging,
agstenoot ’n halwe maatslag bladsy 82 aktiwiteit of verandering bladsy 26
agsterus ’n halwe stil maatslag bladsy 82 do die eerste noot van die toonleer bladsy 124
algemene ruimte die ruimte wat deur droomvanger ’n voorwerp wat bo
almal gevorm word bladsy 35 jou bed hang om jou drome 'te vang' bladsy 178
angstig voel bekommerd, onseker dryf rus bo-op die water bladsy 111
of senuagtig bladsy 55

B e
bak om ’n kleipot in ’n warm oond eenklank almal sing saam, in
te sit totdat dit hard word en nie harmonie bladsy 33
maklik breek nie bladsy 134 elevasie die vermoë om van
balanseer om nie om te val nie bladsy 24 die grond af op te beweeg bladsy 25
beeldhouwerk ’n driedimensionele emosies wat ons voel bladsy 122
kunswerk wat uit klip, klei, hout, erdewareklei soort klei of modder bladsy 42
metaal of enige ander material
geskep is bladsy 42 F
besoedeling wat die lug, water
en grond bederf en bemors bladsy 150 fa die vierde noot van die toonleer bladsy 124
bewegingsin ’n reeks opeen- fietsryer ’n persoon wat ’n fiets ry bladsy 143
volgende bewegings, wat fokus konsentrasie op een ding bladsy 168
vloeiend voorkom bladsy 35
bewertjie driedimensionele voorwerp G
wat vry hang en beweeg bladsy 88
bullebak ’n persoon wat ander dreig, gebare aksies soos om jou hande
seermaak of op hulle pik bladsy 60 te waai bladsy 127
gemoedstemming hoe jy voel bladsy 172
gesigsuitdrukking gebruik jou
C gesig om te wys hoe jy voel bladsy 126
collage ’n versameling prente of geskep om iets te maak bladsy 104
woorde oor een onderwerp of idee
wat op papier of karton geplak is bladsy 11 H
halfnoot tweemaat bladsy 32
halfrus twee stil maatslae bladsy 82
herwonne materiale omskep items wat
jy sou weggooi in iets bruikbaar bladsy 78
184 Woordelys
higiëne om skoon te wees bladsy 146 kwartrus een stil maatslag bladsy 82
hoepels ringe van metaal of plastiek
wat vir gimnastiek gebruik word bladsy 116 L
huisdiere diere wat op plase of
as troeteldiere in hulle huise liggaamlike aktiwiteite aktiwiteite
deur mense versorg word bladsy 132 waartydens jy jou liggaam gebruik bladsy 20
liggaamsperkussie maak klanke
met jou liggaam, byvoorbeeld
i
handeklap bladsy 29
improviseer maak iets op soos jy
aangaan bladsy 35 M
inspannend vereis baie moeite
en inspanning bladsy 34 maatslag ’n gereelde klank bladsy 29
intrige hoe die storie ontvou bladsy 128 me die derde noot van die toonleer bladsy 124
invalspeletjies waar elke span meditasie om stil te sit, te ontspan
punte aanteken deur die ander en net te fokus om te dink bladsy 80
span se grondgebied in te val bladsy 70 melodieë dit bestaan uit segmente
note, wysies bladsy 76
mimiek kommunikasie met die
K
liggaam (sonder woorde) bladsy 36
kamoeflering wanneer iets mishandeling slegte behandeling,
weggesteek of vermom word vreedheid of skade bladsy 65
deurdat dit dieselfde kleure
of patrone as die omgewing het bladsy 133 N
kanon wanneer dieselfde liedjie
oorvleuelend gesing word bladsy 166 naelloop hardloop teen volle
karakters persone wat die vaart oor ’n kort afstand bladsy 162
akteurs probeer wees bladsy 126 nasionaliteit die land waar jy
kernspiere diep spierlae wat na aan gebore is bladsy 65
die ruggraat lê en die liggaam noodgeval ’n ernstige, onverwagste
ondersteun bladsy 24 en gevaarlikste situasie wat
klankprent ’n prent in jou onmiddelike aksie vereis bladsy 110
gedagtes wanneer jy musiek notebalk die lyntjies waarop
maak of hoor bladsy 129 musieknote geskryf word bladsy 81
kleurdiepte of iets lig of donker is bladsy 38 nywerheidsafval die chemikalieë
konflik ’n stryd of uitdaging in wat ontstaan wanneer produkte
die storie bladsy 128 vervaardig word bladsy 150
konsentrasie dink aan net een
ding, niks anders nie bladsy 36 O
kontras wanneer daar goed langs
mekaar is wat baie van mekaar verskil, oefen om dieselfde ding ’n paar
byvoorbeeld ’n ligte kleurdiepte langs ’n keer oor te doen om beter te
donker kleurdiepte bladsy 38 word in iets bladsy 8
kultuur die gebruike van mense of oefening fisiese inspanning bladsy 20
tradisionele manier hoe hulle lewe bladsy 96 omgewing kring waarin mens of
kwartnoot een maatslag bladsy 32 dier leef bladsy 133

Woordelys 185
opponente die mense of span wat ritmiese patroon ’n patroon van
jou probeer verhoed om punte aan klanke gebaseer op ’n maatslag,
te teken bladsy 70 maar met variasies bladsy 29
opponerende span die span teen rituele seremonies wat ons uitvoer bladsy 105
wie julle speel bladsy 72 rotasie beweging om ’n sentrale
opwarm maak jou liggaam gereed punt bladsy 27
om te oefen bladsy 28 roteer om rondom ’n sentrale punt
te beweeg of te draai bladsy 22
P ruggraat die bene in ’n lyn van
jou nek tot jou sitvlak bladsy 121
patroon ’n ontwerp of versiering ruimte waar die drama plaasvind.
wat baie keer herhaal word bladsy 84 Dit kan byvoorbeeld op dieselfde
persoonlike ruimte ruimte om plek plaasvind. Of dit kan in een
jou liggaam bladsy 34 plek begin en dan sien ons die
plak gebruik gom om voorwerpe karakters op ’n ander plek bladsy 170
met plat oppervlakke aan mekaar rusteken ’n stil maat bladsy 32
te heg bladsy 88
plakkaat ’n groot gedrukte prent wat
S
gebruik word om mense oor ’n
gebeurtenis in te lig of om inligting sedeles ’n les waaruit geleer kan
oor te dra bladsy 87 word bladsy 102
postuur die manier waarop jy jou sekondêre kleure kleure wat
liggaam hou bladsy 121 gemaak word deur twee primêre
primêre kleure drie kleure wat nie kleure saam te meng bladsy 40
gemaak kan word deur ander kleure simbool ’n prent of ontwerp wat
te meng nie bladsy 40 met ’n konsep of godsdiens
projek ’n beplande taak waarby geïdentifiseer word bladsy 109
gewoonlik meer as een persoon skakering wanneer jy swart by
betrokke is bladsy 56 ’n kleur voeg, word dit donkerder bladsy 176
proporsie die grootte van een skop verplaas die bal met jou voet bladsy 74
ding in vergelyking met die grootte so die vyfde noot van die toonleer bladsy 124
van iets anders bladsy 84 spesiaal om beter of anders as
ander te wees bladsy 4
R spesialiseer word regtig goed in
een ding bladsy 130
rangskik om goed in ’n netjiese, spog grootpraat oor iets of trots
mooi of vereiste volgorde te plaas bladsy 11 wees op iets of iemand bladsy 103
re die tweede noot van die toonleer bladsy 124 spyskaart ’n lys of tipe kos wat
reeks wanneer een aksie ’n ander beskikbaar is bladsy 100
in ’n spesifieke volgorde volg bladsy 23 staties bly in ’n posisie sonder
regte iets wat die wet mense toelaat om te beweeg of van posisie
om te doen bladsy 64 te verander bladsy 26
rekwisiet iets wat jy dra of gebruik sterk punt waarin ek uitblink bladsy 4
terwyl jy optree bladsy 35 stoot gebruik jou hand om iets
vorentoe te druk bladsy 160
storielyn wat in ’n drama gebeur bladsy 170

186 Woordelys
strekoefeninge oefeninge wat vertikale lyne lyne wat reguit
jou spiere strek bladsy 114 op en af loop bladsy 174
vertroue die wete dat die ander
t persoon jou nie in die steek sal
laat nie bladsy 170
tablo ’n gevriesde prent bladsy 169 verwante kleure kleure wat na
tekstuur die gevoel van die aan mekaar op die kleurwiel is bladsy 132
oppervlak, soos sag, hard, grof bladsy 38 vlakke laag, medium of hoog bladsy 168
tema die hoofidee of tema van vleigebied grond wat water-
die drama bladsy 170 versadig is, dikwels ook moerasse
tempo snelheid van beweging bladsy 163 genoem bladsy 154
tint wanneer jy wit by ’n kleur voeding voedingskrag of kos bladsy 65
voeg, word dit ligter bladsy 176 voetgangers mense wat loop bladsy 143
toedraai draai voorwerpe netjies voortbeweging die vermoë om
en heeltemal toe met papier, lap van een plek na ’n ander te beweeg bladsy 25
of lint bladsy 88 voorvaders ons familielede wat
toonhoogte hoe hoog of laag ’n reeds dood is bladsy 96
noot is bladsy 76 vraag en antwoord ’n soort
toonkleur die spesifieke soort liedjie waar een persoon ’n reël
klank wat deur die instrument sing en die res dan iets as
gemaak word bladsy 122 antwoord daarop sing bladsy 81
tussenspel musiek wat tussen vries staan stil bladsy 83
die aksie in ’n drama speel bladsy 172
tyd hoe lank dit is vandat die
W
drama begin totdat dit eindig.
Die karakter kan aan die begin watermassas natuurlike of mens-
jonk wees en aan die einde van gemaakte gebiede met water,
die drama kan die karakter soos riviere, mere of selfs
oud wees bladsy 170 swembaddens bladsy 110
wig slaan en druk klei sodat
V die lugblasies uitgedwing word bladsy 42

vasknoop gebruik tou, gare of wilde diere diere wat in hulle


draad om goed bymekaar te hou natuurlike omgewing bly en
of saam te bind bladsy 88 hulle eie kos soek bladsy 132
veilig nie gevaarlik nie bladsy 164
verantwoordelikheid iets wat jou
’n diens laat verrig bladsy 65
verbeter om beter te word in iets bladsy 8
verdedig om te keer dat opponent
punte aanteken bladsy 74
verdedigers die mense in die
ander span wat probeer keer
dat jy punte aanteken bladsy 75
vermoëns waartoe jy in staat is bladsy 20
verslaaf afhanklik van of misbruik bladsy 14

Woordelys 187
Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk
Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad
Kantore in Johannesburg, Durban, King William’s Town, Polokwane, Bloemfontein,
verteenwoordigers in Mahikeng en maatskappye regdeur Suider- en Sentraal-Afrika.
webwerf: www.mml.co.za
© Maskew Miller Longman (Edms) Bpk 2012
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, in ’n inligtingstelsel
bewaar, of versend word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, meganies, deur
fotokopiëring, plaat- of bandopnames, of andersins, sonder vooraf skriftelike toestemming van
die kopiereghouers nie.
Eerste uitgawe in 2012
Item-ISBN 978 0 636 13830 8
Vertaal deur Lollie de Bruin
Geredigeer deur Wilreze Theron
Geset deur LSM Graphics
Musiek afgeskryf deur Simon van Gend
Boekontwerp deur MML Studio
Kunswerk deur Pandora Alberts, Nicky Beele, James Berrangé, Lynn de la Motte,
Gay Galsworthy, Heidi-Kate Greeff, Robert Hichens, Robin McBride, Claire Konemann,
Andrew Mogkatle, Heather Moore, Mashet Ndhlovu, Anthony Riley, Robin Taylor,
Ann Westoby, Sarah Wimperis en Sue Woollatt
Omslagontwerp deur Shereen Pearson
Omslagfoto deur Guy Cali/Corbis/Great Stock
Gedruk deur
erkennings
AAI/Fotostock (13, 109, 126, 140); Africa Media Online (bl. 42 [Jonathan Katzenellenbogen]; 70
[Graeme Williams]; 96 [Lore Waselchuk]; 101 [Elske Kritzinger]; 106 [Chris Ledochowski]; 108 [Eric
Miller]); Afripics/Alamy (bl. 14, 24, 31, 43, 48, 94, 109, 148, 158, 160, 169); Bigstock (bl. 2–4, 7–9,
19, 25, 30, 31, 34, 37, 48, 54, 57, 84, 85, 90, 94–96, 100, 101, 107, 108, 117, 122, 123, 126, 128, 130,
140, 149, 150–153, 157–159, 162, 174, 178, 181); David Pickett (bl. 60); Dorling Kindersley (bl. 100);
Eric Miller (bl. 17, 94); Gallo Images (bl. 2; 36 [Foto24/Leanne Stander]; 48, 95, 97, 101, 107, 141,
162, 170); Greatstock (bl. 12, 16, 29, 63, 70, 94); Hildur Amato (bl. 42, 134, 135); Inpra (bl. 76, 77);
iStock (bl. 2, 17, 48, 62, 70, 76, 96, 119, 141, 151); Media Club South Africa (bl. 3, 83, 117); Mike
Carelse/LCA Studios (bl. 2, 28, 48); Pearson International (bl. 14, 16, 25); 126 [Sydney Seshibedi]);
Reinhardt Hartzenberg (bl. 117); The Bigger Picture (bl. 86 [Science Photo Library]; 97, 160);
Universiteit of Pretoria (bl. 134).
Die skrywers en uitgewer bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van
kopieregmateriaal:
Bonnie Ntshalintshali (bl. 131); Derrick Nxumalo (bl. 132); Dylan Lewis (bl. 131);
Gerard Sekoto (bl. 39); KEAG (bl. 178); Lin Barrie (Lowveld Wild Dog Project, www.
africanwildlifeconservationfund.org, zimbabwewilddogs.wildlifedirect.org; Painted Dog
Conservation Project, www.painteddog.org; Painted Wolf Wines, www.paintedwolfwines.com)
(bl. 130); Patricia Schonstein Pinnock (bl. 167 – herdruk met die toestemming van African Sun
Press, Posbus 16415, Vlaeberg 8018, Kaapstad, Suid-Afrika); Phanuel Mabaso (bl. 38); Random
House Struik (bl. 98–99, 102–103); Tommy Motswai (bl. 41); Unilever PLC (bl. 100); Vincent van
Gogh (bl. 178).
Alles moontlik is gedoen om kopiereghouers op te spoor. Ons, die uitgewer, vra om verskoning
vir enige foute of weglatings en versoek kopiereghouers om ons te kontak indien daar enige
foute of weglatings is sodat ons dit kan regstel.

188 Woordelys

You might also like