You are on page 1of 18

Loopbane en Loopbaankeuses

Kwartaal 1
Les 4
’n Vinnige terugflits …

In graad 9 het jy geleer van eienskappe wat verband


hou met verskillende beroepe en vakke.

Jy het ook geleer van besluitnemingsvaardighede


en stappe in die keuse van vakke wat verband hou
met belangstellings en vermoëns en loopbane waarin
jy belangstel.
Hoe kan jy JOU
SELFKENNIS bepaal?
https://www.youtube.com/watch?v=ZS8DTcuzfEo
KEN JOU BELANGSTELLING, VERMOË, SWAK- EN
STERKPUNTE EN PERSOONLIKHEID

 Belangstelling :Dit waaraan jy jou tyd spandeer. Wat jy meer van wou leer.
 Vermoë : Dit wat jy goed kan doen.Die vaardighede wat jy het.
 Talente : Die natuurlike vermoë waarmee jy gebore is.
 Sterkpunte: Dit waarin jy altyd goed is.
 Swakpunte : Dit waarmee jy sukkel.
 Persoonlikheid: ‘n stel karaktereienskappe wat jou onderskei van ander
mense.
 Beroepswaardes verwys na dinge wat vir jou belangrik is in jou beroep.
https://www.youtube.com/watch?v=bGTGZkuIXNs
4
Beroepe en persoonlikhede
 REALISTIES (Oop, Eerlik,Beskeie,Skaam,Volharding,Prakties,Standvastig)
• Verkies om met hande, gereedskap en masjiene te werk, maak of herstel van artikels, kyk
agter plante en diere, hou van buitemuurse werk.
 ONDERSOEKEND (Versigtig,Krities,Nuuskierig,Onafhanklik,Presies)
• Verkies om op hul eie te werk in ‘n navorsingsomgewing, om nuwe feite te ondersoek en
te ontdek, lei van eksperimente en om wetenskaplike gereedskap te ondersoek om
oplossings te vind.
 KUNSSINNIG (Gekompliseerd,Deurmekaar,Sensitief,Impulsief,Onafhanklik)
• Geniet om in ‘n kunssinnige omgewing te werk wat die skryf van stories of tonele,
toneelspel op verhoog insluit, toegepaste kuns waarvan taal die hoof komponent is,
(televisie aanbieder, skryf van artikels, vertaling van ‘n storie), visuele kuns (sketse,
tekeninge fotografie, ontwerp van meubels, geboue, klere)
5
Beroepe en persoonlikhede
 SOSIAAL (Oortuigend,Samewerkend,Vriendelik,Sosiaal)
• Werk en kommunikeer met mense, help en sorg vir ander, onderrig hulle, lewering van
persoonlike en huishoudelike dienste (bv. huishoudster, skoonmaakdienste, bedien mense in
restaurante, vliegtuie of treine).
 ONDERNEMEND (Avontuurlistig,Ambisieus,Vereis aandag,Dominerend,Energiek,Selfvertroue)
 Voorkeur vir beroepe waar hulle ‘n invloed kan uitoefen, mense kan oortuig, motiveer of lei om ‘n
sekere gesamentlike doel te bereik bv. promosies, bestuur, verkope, politiek.
 KONVENSIONEEL (Pligsgetrou,Versigtig,Gehoorsaam,Georden,Volhardend)
• Verkies roetine en vooropgestelde instruksies. Verkies om take en probleme te hanteer wat ‘n
sistematiese prosessesering van informasie vereis deur die gebruik van masjiene en wil in ‘n
gekontroleerde area werk, Sluit werke in soos klerk, sekretaresse, betaal en ontvangs van geld,
operatering van kantoormasjiene, stoor, versending en ontvangs van goedere.
6
Belangstellings is daardie dinge waarvan
jy hou en wat jy geniet om te doen.
 TEGNIES
• In hierdie beroepsveld sal jy daarvan hou om vaardighede met jou hande te verrig, werk met gereedskap, toestelle en
masjiene, herstel en maak van dinge, bou en konstruksie werk, enige iets wat te doen het met ‘n ambag.
 NATUUR
• Jy hou daarvan om te werk met plante, diere en insekte, dinge wat lewe en groei, jy ondersteun groei in die natuur en
die herstel van skade in die natuur, wil besig wees met Lewenswetenskappe.
 WETENSKAP
• Jy hou daarvan om te eksperimenteer, navorsing, analise, om natuurlike wette te ontdek, werk met formules en
wiskundige konsepte, waarneming van natuurlike verskynsels, logiese redenering, gebruik van spesiale instrumente
in laboratoriums.
 KUNS
• Jy sal daarvan hou om mense te onthaal, kreatiewe dinge soos skryf, skets, verf, beeldhou, dans, sing, speel van
musiekinstrumente, toneelspel ens. te doen. Enigiets wat te doen het met die estetiese van die lewe, wat mense
aantrek as gevolg van ritme, kleur, vorm, klank en simmetrie.
 TAAL
7
• In hierdie veld spreek jy die korrekte gebruik van taal aan, geskrewe of gedrukte woorde, die transmissie van idees,
woordeskat, grammatika, spelling, praat met selfvertroue en skryfwerk is aantreklik.
Belangstellings is daardie dinge waarvan jy
hou en wat jy geniet om te doen.
 FISIESE SPORT EN VRYETYDBESTEDING AKTIWITEITE
• Jy hou daarvan om fisies besig te wees, jy geniet sport, vryetydbesteding en avontuurlustige
aktiwiteite, wil sport as ‘n beroep beoefen.
 SYFERS
• Jy verkies om met syfers te werk, hou daarvan om berekeninge te doen, data te prosesseer en
om wiskundige probleme op te los.
 MENSE
• Jy hou daarvan om met mense te werk, ontmoet, meng en onderhandel met hulle; praat met
hulle of werk saam met hulle.
 BESIGHEID EN HANDEL
• Jy sal daarvan hou om betrokke te wees by aankope, verkope, handel, besigheids-idees en die
maak van geld.
 KLERIKAAL/ADMINISTRATIEF
• Jy verkies enige klerikale of administratiewe werk, hou daarvan om metodies en8 sistematies te

werk,
Weet meer van werke, loopbane,
beroepe en beroepsvelde.
 Werk: As jy ‘n werk het, is jy in diens en word betaal. Jy mag
moontlik basiese opleiding nodig hê.
 Beroep: Dit is die werk wat jy doen en vereis spesiale
opleiding, geleerdheid of vaardigheid.
 Loopbaan: ‘n Loopbaan is dit wat jy vir die grootste deel van
jou lewe doen. Dit gee jou geleentheid om te vorder.
 Beroepsveld: ‘n Groep beroepe wat algemeen is rakend
vaardigheid, kennis en werkopset.

9
Ken die nasionionale kurrikulum vereistes (NKV)
NKV – Nasionale Kurrikulum Verklaring
• Verduidelik watter kennis, waardes en vaardighede jy behoort aan te leer in ’n kursus om ’n sekere
beroep of loopbaan te kan volg.
• stel die vereistes om ‘n spesifieke kwalifikasie te verwerf.
 Die NKV verwag van jou aan die volgende te voldoen om ’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) te

slaag.
 Twee amptelike tale bv : Afrikaans en Engels
 Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid
 Lewensoriëntering
 Plus drie ander vakke
 Slaagvereistes (Om te kan kwalifiseer vir die nasionale senior sertifikaat moet ‘n leerder die
volgende bereik) :
• ‘n minimum prestasievlak van 3 of 40% of meer, in 3 vakke. Waarvan een van die 3 vakke die
amptelike huistaal moet wees. 10

• ‘n minimum van 2 (30%) of meer in 3 ander vakke


Om na-skool verder te kan gaan studeer
vir jou beroep moet jy :
 Om te kwalifiseer vir ‘n diploma moet ‘n leerder:
• Die NSC slaag soos volg:
• Een amptlike huistaal teen 40%
• 3 ander vakke met 40%
• 2 vakke met 30%

 Die taal vereistes bereik van die Instutisie waar studie wil voortsit..Adisionele taal moet op vlak een geslaag word
(30%) of meer.
 Die belangrikste verskil vir toelating tot ‘n hoër sertifikaat en diploma studie is dat die leerder meer as 40% in 4 of
meer vakke moet bereik insluitend een amptelike taal op huistaal vlak).

 Om te kwalifiseer vir ‘n Baccaleurs Graad moet ‘n leerder: (50% + in 4 of meer vakke)


• Die NSC slaag:
• Een amptelike taal as huistaal met 40% of meer.
• 4 vakke van die aangewysde lys van vakke met 50% of meer.
• 2 vakke met ‘n minimum van 30% 11
• Die taal vereiste van die institusie, nl. een of twee amptelike tale wat aangebied is moet Engels of Afrikaans wees. Met
‘n slaagvereiste van ten minste 30% of meer.
WANNEER JY ’N BEROEP KIES

 Doen NAVORSING – praat met mense in die beroep, besoek die


ondernemings
 Hoe om te KWALIFISEER vir die graad / kursus
 Op hoogte bly van die ARBEIDSMARK (watter werk is meer in aanvraag)
 PRAKTIESE ONDERSOEK – gaan kuier by iemand in die werksomgewing
wat die werk doen waarin jy belangstel.

12
‘Soek iets om te doen waarvoor jy lief
is, en jy sal nooit 'n dag in jou lewe
werk nie' Harvey MacKay

As jou waardes, vermoëns, sterkpunte en belangstellings


ooreenstem ... sal dit nooit voel of jy werk nie.
HUISWERK

 AKT 1 EN 2 BL 30 – 31
 AKT 1 EN 2 BL 32 - 34

14
HUISWERK ANTWOORDE
AKTIWITEIT 1 BL 30
 Leerders sal persoonlike antwoorde op hierdie aktiwiteit gee.

AKTIWITEIT 2 BL 31
Dink aan elk van die punte wat in vandag se les ondersoek is, en voltooi die tabel hieronder:
Term
Loopbaanveld  ’n Loopbaanveld is ’n groepering van beroepe
Voorbeeld  GESONDHEIDSWETENSKAPPE LOOPBAANVELD

Loopbaan  ’n Loopbaan is ’n beroep wat jy vir ’n groot deel van jou lewe het.
Voorbeeld  Onderwysloopbaan

Beroep  ’n Beroep is die werk wat jy doen.


Voorbeelde beroepe in: dieetkundige, apteker, dokter, tandarts, tandheelkundige assistant en chirurg.
15
Aktiwiteit 1 bl 32 Definieer die volgende terme:
SELFKENNIS  Om te weet wie jy is, wat jou interesseer, wat jou sterkpunte swakhede. Begrip van jou unieke menswees, insluitend
fisies
eienskappe, Persoonlikheidseienskappe en sielkundige eienskappe.
WERK  ’n Taak wat teen ’n ooreengekome prys gedoen word. As jy ’n werk het, word jy betaal om te werk.
BEROEP  ’n Beroep is die werk wat jy doen. Bv. Koerantverslaggewer, Redakteur, Dokter
LOOPBAAN  ’n Loopbaan is ’n beroep wat jy vir ’n groot deel van jou lewe het. Bv. Onderrig

Aktiwiteit 2 bl 33
1.1 Definieer die term ‘belangstellings’ en verskaf TWEE redes waarom leerders hul belangstellings in ag moet neem wanneer hulle hul
loopbaan kies. (1 + 2) (3)
 Belangstelling: die gevoel om iets te wil weet of daaroor te leer. 

Enige TWEE van die onderstaande of enige relevante antwoorde vir EEN punt elk
• Leerders sal meer gemotiveerd wees om aan hul loopbaan te werk. 
• Leerders sal ’n groter waarskynlikheid hê om werksbevrediging te bereik sodra hulle die werkswêreld bereik. 
• As hulle hul belangstellings ken, kan hulle besef dat hulle in sekere loopbaanopsies wat hulle moontlik oorweeg het ongelukkig sou wees.

• Om hul loopbaankeuses met hul belangstellings te belyn, sal dit vir hulle makliker maak om ’n plan te beraam en te volg om hul
loopbaandoelwitte te bereik, aangesien hulle reeds aangetrokke is tot die werk/dinge wat hulle moet leer/bereik.
16

• Tieners sal meer tevrede wees met hul vakkeuses vir daardie gekose loopbaan omdat hulle reeds in daardie vakke belangstel. 
1.2 Bespreek VIER faktore wat tieners in ag moet neem wanneer hulle hul toekomstige loopbaan kies. (4 × 2) (8)

 Enige VIER van die onderstaande of enige relevante antwoorde vir TWEE punte elk (d.w.s. EEN punt vir
stelling en EEN punt vir motivering/verduideliking)

• Hulle moet noukeurige introspeksie op hul persoonlikheidstipe doen  sodat hulle nie iets kies wat hulle
ongelukkig sal maak/ongemaklik sal laat voel nie. 
• Hulle moet hul sterk- en swakpunte bepaal  sodat hulle nie ’n loopbaan kies waarin hulle voortdurend sal sukkel
om suksesvol te wees nie. 
• Hulle kan menings van talle geliefdes vra en hul resultate vergelyk  wat hulle sal help om ’n omvattende idee te
kry van wie hulle is en waarvoor hulle geskik is. 
• Hulle kan ’n aanlegtoets aflê  wat ’n paar idees kan uitlig wat hulle nog nie oorweeg het nie /vir hulle idees kan
gee as hulle nie weet waar om te begin nie. 
• Hulle kan besluit wat vir hulle in hul toekoms belangrik sal wees (bv. geld, status, gesinstyd,ens.)  en loopbane
soek wat hulle in staat sal stel om ’n leefstyl te leef wat ooreenstem met hul prioriteite. 
• Hulle moet noukeurige navorsing doen oor moontlike loopbaanopsies  sodat hulle ’n goeie idee het van presies
wat elkeen behels, in plaas daarvan om op grond van onakkurate kennis te besluit. 
• Hulle kan ’n kortlys maak van loopbaanrigtings wat hulle dink by hulle sal pas  en vra om in hierdie loopbane te
werk/’n onderhoud met professionele persone uit hierdie loopbane te voer sodat hulle ’n beter17 ingeligte besluit kan
neem. 
HUISWERK ANTWOORDE
1.3 Beveel TWEE moontlike maniere aan waarop leerders hul verdere studies kan finansier. (2 × 2)
(4)
 Enige TWEE van die onderstaande of enige relevante antwoorde vir TWEE punte elk (d.w.s. EEN
punt vir befondsingstipe en EEN punt vir motivering/verduideliking)

• Beurs:  ’n Bedrag geld wat aan ’n student gegee word om te help betaal vir kollege- of
Universiteitstudie. 
• Studentelening: Jy sal die geld wat jy by ’n bank leen, moet terugbetaal nadat jy jou studies
voltooi het. 
• Merietebeurs: Sommige ondernemings, besighede en organisasies ken ’n beurs toe as jy baie goed
in
akademie of sport op skool gevaar het. 
• Vakleerlingskap: ’n Vakleerlingskap laat jou toe om geld te verdien terwyl jy leer. Jy studeer die
teorie by ’n kollege of ’n opleidingsentrum en beoefen wat jy in ’n regte werk geleer
18
het. 

You might also like