You are on page 1of 16

HOËRSKOOL JAN VILJOEN

GRAAD 11 - LEWENSORIENTERING

Kwartaal 1

WEEK 1-3

Hoofstuk 1: Ontwikkeling van die self in die samelewing

Verhouding tussen persoonlike waardes, keuses en doelwitstelling.

 Wat is waardes?
- Dit is die beginsels wat jy dink belangrik is in die lewe.
- Dit help jou om besluite te neem en hoe om jou lewe te lewe
- Jou waardes sal jou besluite beïnvloed
- Dit sal die tipe doel wat jy stel beïnvloed. Jou waardes sal jou missieverklaring vorm.
- Dinge wat deur jou waardes sal beïnvloed sal word, is jou omgewing, jou skool, belangrike
mense in jou lewe, ens.
- Waardes help jou kies wat vir jou belangrik is. Dit help jou om prioriteite daar te stel.

2. Verhoudings en die invloed op jou gesondheid.

Ons gesondheidstoestand hang af van ons verhoudings. Indien jy goeie verhoudings het met die
lede van jou familie, vriende en kollegas, voel jy gelukkig en selfversekerd. Indien daar konflik in
enige van die verhoudings is, kan dit jou gesondheid beinvloed en vorming van nuwe
verhoudings bedreig.

2.1. Tipes verhoudings met verskillende mense en groepe

Familie Informeel

-
Mense wat verwant is aan jou deur - Verhoudings met mense wat jy gereeld
bloed of huwelik. sien, maar nie so naby aan jou is soos
- Moontlik die naaste aan jou. vriende en familie.
- Sal die meeste liefde, sorg en
ondersteuning van hul ontvang.
Vriende Formeel

- ‘n Persoon wat jy goed ken, van hou, - Verhoudings met mense wat gewoonlik in
vertrou en respekteer en jou meer senior posisie is as jyself. Bv.
ondersteun. onderwysers en ouer mense.
- Goeie vriende sal ‘n positiewe effek Romanties
op jou menswees hê.
- Skadelike vriende sal jou lei na - Naby verhouding met ander mense,
riskante gedrag en kan jou seermaak. gebasseer op liefde.

- By hierdie persoon kan jy jouself wees,


sonder enige eise dat jy moet verander.

1
2.4. Mag en geslagsverhoudings

 Die rol van mag in ‘n verhouding


Om mag te hê, beteken om beheer te hê oor iets of ‘n persoon.
In verhoudings kan een persoon meer mag hê as ‘n ander. Ons noem hierdie verhoudings
magsverhoudings.

 Geslagsrolle en stereotipering
Geslagstereotipering is wanneer mense dink dat ‘n persoon op ‘n sekere manier sal
reageer of optree as gevolg van hul geslag. Bv slegs meisies kan kook, mans verdien geld
en vroue spandeer dit.

 Geslagsrolle
In die samelewing is daar tradisionele geslagsrolle. Mans en vroue het verskillende
biologiese rolle wat ‘n invloed het op hul rol in die samelewing. Vroue kry kinders en in die
verlede het by die huis gebly en kinders groot gemaak. Mans werk buite die huis en
verdien geld. Mans het die finansiële mag en kon besluit hoe die geld gespandeer is.
Vroue was afhanklik van mans, en vasgebind deur familie veranwoordelikheid. Dit is egter
besig om te verander en baie vroue wat kinders het, werk vandag.

In tradisionele geslagsrolle, beteken om manlik te wees om dominerend te wees terwyl


vroue onderdanig moes wees. Ons lewe in ‘n gemeenskap wat verwagtinge het van
mense, gegrond op hul geslag. Bv mans is veronderstel om sterk en magtig te wees,
terwyl vroue en kinders swak en onderdanig moet wees. Van vroue word verwag dat hul
emosioneel moet wees en mans rasioneel.

Nog voorbeelde:
- Vroue is emosioneel en laat toe dat emosies hul lewe regeer.
- Mans is meer geïntresseer in seks as vroue.
- Vroue is meer volwasse as mans.
- Ingeneurswese is nie ‘n loopbaan vir vroue nie.
- Mans is ongevoelig.

 Die efffek van geslagsrolle op mans en vroue

Mans Vroue

- Voorkom dat mans hul gevoelens wys. - Vroue word nie ernstig opgeneem nie.
- Word geforseer om een van die manne te - Vroue en meisies word vanselfsprekend
wees aanvaar en word nie toegelaat om as
- Behandel vroue as minderwaardig wanneer individue te ontwikkel nie.
hul by hul vriende is. - Het min of geen sê in besluitneming nie.
- Seuns se sportgeleenthede is belangriker as
meisies s’n

1.3. Toelatingspunte (Admission point score/APS)

2
 Die TP stelsel gee jou punte vir die punt wat jy in die NSS eksamens behaal het. Toelating
tot hoër onderwys instansies hang af van jou totale punte wat jy behaal het.

NSS rating APS/TP


Vlak bereik Persentasie Moontlike punte
8 (90 -100%) 8
7 (80 - 89%) 7
6 (70 - 79%) 6
5 (60 - 69%) 5
4 (50 - 59%) 4
3 (40 - 49%) 3
2 (30 - 39%) 2
1 (0 - 29%) 1

1.4. NSS vakke

Bevorderingsvereistes: graad 10 – 12

Om te kwalifiseer vir ‘n Nasionale Senior Sertifikaat moet alle leerders 7 nasionaal goedgekeurde
vakke aanbied en die skoolgebaseerde assessering vir elke vak voltooi.

Minimum vereistes vir toelating tot:

 ‘n Hoër Sertifikaat: ‘n Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n minimum van 30% in die Taal van
leer en onderrig van die tersiêre inrigting.

 ‘n Diploma: ‘n Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n minimum van 30% in die Taal van leer en
onderrig van die tersiêre inrigting en met ‘n prestasieaanslag
van 3 (Matige prestasie: 40% - 49%) of beter in vier erkende NKV 20-kredietvakke.

 ‘n BA-graad: ‘n Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n minimum van 30% in die Taal van leer
en onderrig van die tersiêre inrigting en met ‘n prestasieaanslag van 4 (Matige
Prestasie: 50% - 59%) of beter in vier vakke gekies uit die volgende erkende 20-krediet
NKV-vakke (die aangeduide vaklys).

1.6. SAKR en die NKR

 Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Raad


- Reguleer en stel standaarde in die Suid-Afrikaanse onderrig sisteem, insluitend die
Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NKR).
- Dit is verantwoordelik om te sorg dat die NKR ontwikkel en geïmplementeer word.
- Alle onderrig en opleidingvoorsieners moet by SAKR geakrediteer en geregistreeer wees.
- SAKR sorg ook dat standaarde en kwalifikasie van verskillende instellings op
internasionale vlak vergelykbaar is.

 Die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NKR)


- Die NKR is die raamwerk waarop die standaarde van kolleges geregistreer is. Die doel
van die NQF is om onderrig en opleiding te kombineer en die onderrig sisteem te
transformer, verander.
3
- NKR gebruik verskillende kodes vir spesifieke kursusse bv, NKF vlak 4. Hierdie is die
kode vir Hoervlak nasionale sertifikate.

Nasionale Maatstaftoets (NMT)


Sommige instellings kan jou vra om 'n nasionale maatstaftoets (NMT) te skryf.

Hierdie toets:
 Assesseer 'n kandidaat se wiskundige en akademiese geletterdheidsvermoë. Dit sluit die
vermoë in om:
- formules toe te pas,
- lees en interpreteer grafieke, kaarte en tabelle
- doen vergelykings, meet meetkundige vorms en redeneer logies.

 Evalueer of hulle in staat sal wees om tred te hou met hul akademici wanneer hulle aan 'n
tersiêre instelling studeer.

 Die NNT'e is bedoel om kandidaat se vermoë in die onderrigtaal te toets om te verseker


dat kandidate hul lesings en kursusmateriaal kan verstaan.

Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys en Opleiding (TVET)


 Suid-Afrika het 'n groot tekort aan geskoolde ambagslui en handelaars.
 TVET kolleges help om hierdie tekort te verminder en nasionale ontwikkeling in hierdie
sektor te verhoog.
 Gegradueerdes van TVET-kolleges is in staat om sleutelvaardighede in Suid-Afrika se
sakesektor te verskaf.
 Die maatskappye wat hulle in diens neem kry 'n hupstoot en dit sal bydra tot Suid-Afrika
se ekonomie.
 Hulle help om meer werksgeleenthede te skep/ laat meer Suid-Afrikaners werk kry omdat
hulle hul gegradueerdes voorberei vir rolle/ poste wat nie reeds oorversadig is nie/ meer
gekwalifiseerde werkers benodig.

2. Opsies vir finansiële bystand

Beurse/studiebeurs Hierdie word aan student gegee wat in ‘n spesfieke veld uitstaan en
wens om ‘n loopbaan in die rigting te volg.bv Sportbeurse aan mense
wat baie goed in sport prestreer.
Meriete toekennings Meriete word toegeken op grond van jou skool uitslae of einde van die
jaar se studie resultate wanneer jy goeie uitslae behaal het.
Finansiële bystand Finansiele bystand word gegee nadat persoonlike finansiele analise
gedoen is wat aandui dat jou ouers nie daartoe instaat is om vir jou
studies te betaal nie.ws your parents are not able to pay for your studies
Studie lenings Doen aansoek by ‘n bank vir ‘n studie lening. Dit sal terug betaalbaar
wees oor ‘n tydperk. Jy en jou familie sal ‘n finansiële assesering moet
laat doen en soms ook ‘n mediese ondersoek.
Ouers en voogde As jy gelukkig genoeg is om iemand te hê wat jou studie vir jou sal
betaal.
Werkende student Werk as ‘n student om jou studies te betaal. Baie studente werk in die
aande en naweke om te help om hul studies te betaal.

4
Werk vir ‘n ‘n Maatskappy vir wie jy werk kan jou studies finansier. Baie
maatskappy/leerderskap maatskappye gee studente beurse en help hul om studies te betaal.
Inruil daarvoor werk studente op ‘n kontrakbasis vir hulle.
NSFAS: National SA se enigste studente leningskema wat akademiese studente help wat
Student Financial Aid dit verdien en finansiële hulp nodig het.
Scheme

WEEK 7 - 10

Hoofstuk3 : Demokrasie en mense regte

1. Beginsels prosesse en prosedures vir demokratiese deelname


1.1. Publieke deelname / openbare deelname

 Om saam met ander betrokke te wees om iets te doen; om deel te neem aan ‘n aktiwiteit
of geleentheid.
 Jy is betrokke by publieke deelname as jy:
- Staan vir verkiesings
- Gemeenskapsvergaderings bywoon.
- By publieke en politieke organisasies aansluit
- Stem in verkiesings
- Belasting betaal
- Aan optogte deelneem en petisies teken
 Publieke deelname is belangrik:
- Om seker te maak dat leiers nie hul magte misbruik nie.
- Om die regering in te lig oor mense se behoeftes en bekommernisse.
- Help om te sorg dat dinge gedoen word.

1.2. Petisie-proses

 A Geskrewe dokument wat mense teken om te wys wat hul wil hê ‘n persoon of
organisasie moet verander of anders doen. Dit is ‘n formele versoek om die regering te vra
om iets daaraan te doen.

1.3. Regering

 Dit is die manier waarop ‘n land bestuur of beheer word. Volgens ons grondwet word ons
land regeer deur ‘n sisteem van ko-operatiewe (samewerkende) regering. Verskeie vlakke
van regering werk saam.

 Goeie regering:
- Laat deelname toe en verskaf terugvoer aan die mense, verseker deelname en is
deursigtig (oop vir die publiek en probeer nie hul aksie wegsteek nie)
- Lewer basiese dienste
- Is doeltreffend en effektief
- Produseer/lewer resultate
- Beskerm die omgewing

5
1.4. Verteenwoordiging

 Word bekom deur verkiesings: mense word verkies om ander te verteenwoordig en praat
namens ‘n sekere groep mense.
 Gedeeltelike verteenwoordiging: Partye verkry ‘n sekere aantal plekke/verteenwoordiging
in die parlement volgens die persentasie stemme verkry in die verkiesing. Mense stem vir
die party van hul keuse.
 Kiesafdeling-gebasseerde verteenwoordiging: Land is verdeel in stem-areas, genoem
kiesafdelings. ‘n Kiesafdeling word verteenwoordig deur een lid van die party se keuse.
Mense verkies hierdie kandidate.

1.5. Oppergesag van die reg


 Die oppergesag van die reg beskerm menseregte, en is baie belangrik in ons lewe.
 Dit hou ons veilig, help om argumente op te lose n help ons om suksesvol te lewe.

Die volgende vyf beginsels definieer die oppergesag van die reg:

1. ‘n Regering wat verantwoordelikheid neem.


2. Die afwesigheid van korupsie.
3. Sekuriteit, handhawing van fundamentele regte en orde.
4. ‘n Deursigtige regering wat die wet en regulasies toepas/afdwing.
5. Toegang tot geregtigheid.

Deursigtigheid
 Deursigtigheid beteken dat die regering openlik met die publiek moet wees en nie mag
prober om sy dade weg te steek nie.
 Die regering se dade, beleide en wette moet maklik verstaanbaar wees.
 Die regering moet die publiek voorsien van inligting wat korrek, verstaanbaar en maklik
verkrygbaar is.

2. Demokratiese/Politieke strukture

2.1. Die Republiek van Suid-Afrika (RSA) is ‘n grondwetlike demokrasie.


Dit bestaan uit drie strukture van regering: Nasionaal, provinsiaal en plaaslike
regering.

Die RSA is ‘n soewereine, demokratiese staat. Dit is verdeel in nege provinsies, elkeen met ‘n
eie provinsiale wetgewer. Al die strukture van regering het ontstaan uit die magte en funksies
van grondwet van die RSA.

 Nasionale Regering
- Die Naisonale vergadering is die hoogste wetgewende liggaam in die RSA. Wette wat
gemaak word in die Nasionale vergadering word toegepas regdeur RSA.
- Dieselfde is van toepassing op beleidstukke wat deur die Kabinet in die Nasionale
Regering gemaak is.
- Parlement bestaan uit twee huise: die Nasionele Vergadering en die Nasionale
Regering van Provinsies (National Council of Provinces (NCOP).
- Die Nasionale vergadering word verkies vir ‘n termyn van vyf jaar en bestaan uit nie
minder as 350 of meer as 400 lede. Lede word verkies volgens ‘n verkiesingsisteem,
gebaseer op verkiesings rol wat bestaan uit mense met ‘n minimum ouderdom van 18
jaar. Die resultaat van die verkiesingsisteem is goeie verteenwoordiging.
6
 Provinsiale regering
- Die provinsiale regering word deur wette en beleid gebind op nasionale vlak, maar kan
hul eie wette ontwikkel binne die raamwerk om spesifieke behoeftes te pas.
- Provinsiale regerings mag hul eie grondwette keur onderhewig aan die grondwet van
die RSA.

 Plaaslike regering
- Plaaslike regerings bestaan uit munisipaliteite wat objektief is, om demokrasie en
verantwoordelike regering aan plaaslike gemeenskappe te lewer. Om te verseker dat
basiese dienste gelewer word en om sosiale en ekonomiese ontwikkeling te bevorder.

2.2. Prosesse vir deelname aan strukture en die regering en wetgewende


proses van ‘n land

 Wanneer mense saamwerk en hul samewerking gee om ‘n land te ontwikkel word dit
deelname genoem
 Mense kan deelneem op baie maniere, bv. deur plaaslike strukture, skool beheerliggame,
Gemeenskap beleidsforums en NGO’s.
 Gewone mense kan deel wees van die wetmakingsproses.
 Die maak of vormingsproses van wette bestaan uit 12 basiese stappe:
1. ‘n Wetsontwerp word saamgestel.
2. Die wetsontwerp word aan die nasionale vergadering voorgelê.
3. Die publiek word toegelaat om kommentaar te lewer op die voorlegging.
4. Nadat publieke kommentaar gelewer is, word die veranderings aan die voorlegging
gemaak.
5. ‘n Minister stel die wet aan die parlament voor.
6. Die wet word ‘n nommer gegee.
7. Die parlement bestudeer die wet.
8. ‘n Spesiale kommitee debateer die wet en mag publieke kommentaar versoek.
9. Die kommitee maak veranderings aan die wet en stuur dit terug na die parlement.
10. Die parlement stem oor die wet.
11. Indien die wet goedgekeur word (ingestem word), oorweeg die Nasionale Raad van
Provinsies die wet. Hulle kan die wet aanvaar of afkeur. Indien die wet aanvaar word deur
NRVP, word dit terug gestuur na die Nasionale Raad om daar ook goedgekeur te word.
12. “n Wet word goedgekeur indien dit geteken word deur die president.

Mandate
 Mandate is die mag wat kiesers aan hul verkose leiers gee om op te tree.
 Wette gee ook mandate.

3. Die rol van sport om ‘n nasie te bou: Deelnemer- en toeskouer gedrag in


sport

3.1. Sport en nasiebou


 Sport is een van die beste maniere om by te dra tot nasie bou.
 Indien deelnemers hul swak gedra, word swak voorbeelde gestel deur rolmodelle.
 Indien toeskouers gefrustreerd raak, kan dit lei tot geweld of kan die sportbyeenkoms dalk
skade laat lei.
 Beide toeskouers en deelnemers het ‘n verantwoordelikheid tot nasiebou deur goeie
gedrag by sportgeleenthede ten toon te stel.

7
3.2. Blootstelling aan positiewe gedragsprogramme

‘n Gedragskode vir sport se doel is:


- om ontslae te raak van geweldadige gedrag by sportfasiliteite en geleenthede.
- om ‘n positiewe en veilige omgewing vir toeskouers en deelnemers te skep.
- ontwikkel ‘n kultuur dat sport veilig, regverdig en positief is.
- ban rassisme.

3.3. Hoe sport nasiebou kan ondersteun of afbreek maak.

Ondersteun Afbreek
- bou verdraagsaamheid, begrip en sukses. - Indien toeskouers, spelers
- staan alle vorme van diskriminasie teen. beamptes en administrateurs hul
- bou verhoudings. verbind tot ‘n sporthouding nie, sal
- bou eenheid deur gasheer vir internasionale sport dit nie nasie bou nie.
geleenthede te wees.

WEEK 5-7

Hoofstuk 5 : Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid

1. Omgewingskwessies wat swak gesondheid veroorsaak

1.2. Onmenslike boerderymetodes


Onmenslike boerderymetodes is boerdery praktyke wat wreed teenoor diere
Is. ‘n Voorbeeld is 'n battery hoenders. Hierdie diere sien nooit sonlig, kry nie
vars lug nie, kan nie vrylik beweeg nie en leef in ongemak en frustrasie elke
dag.

1.3. Impak van agteruitgang op die samelewing en die omgewing.


Agteruitgang is die proses van iets beskadig of ruïneer.
Vernietig / benadeling van die omgewing raak mense en die planeet.
Menslike aktiwiteite kan omgewingsgevare soos gronderosie en
besoedeling veroorsaak
Voorbeelde hiervan is:
- Gronderosie
- Besoedeling (lug, water en grond)
- Bestraling
- Vloede
- Brande
- Wind skade
- Verlies van oop ruimte en gebrek aan infrastruktuur

1.4. Impak van uitputting van bronne


 Oorbenutting van visbronne
- Visspesies kan verdwyn.
- Onbruikbare vissoorte word weggegooi.
- Mense wat op visvang staatmaak vir 'n lewe, sal werkloos wees.
- Mense wie se dieët staatmaak op vis, sal nie genoeg hê om te eet nie.

8
 Brandhout
- Sommige boomsoorte sal uitsterf.
- Geen bome sal bestaan om die grond te bind nie, wat lei tot erosie.
- Mense sal nie hout as brandstof kan gebruik om kos te kook en warm te bly nie.
- Daar sal geen skaduwee wees nie.
- Voëls sal geen plek hê om te woon nie.
- Uitheemse plante sal die land oorneem.
- Aardverwarming en klimaatsverandering sal plaasvind omdat bome koolstofdioksied
absorbeer en suurstof afgee.

 Grond
- Boere plant dieselfde tipe gewasse op dieselfde stuk grond, jaar na jaar, wat die
vrugbaarheid afbreek. Misoeste sal plaasvind.
- Beeste word toegelaat om al die gras eet, wat lei tot gronderosie.
- Grond word gebruik om infrastruktuur te bou.
- Mynbedrywighede besoedel die land.
- Plaagdoders kan die land vergiftig sodat dit nie gebruik kan word vir boerdery nie.

2. Klimaatsverandering

2.1. Oorsake van klimaatsverandering


 Gasse oos koolsuurgas en metaan bou in die atmosfeer op. Dit is 'n verandering in
temperatuur- en weerpatrone.
 Mense kan ook gasse in die atmosfeer vrylaat, bv. om steenkool te verbrand.
 Metaan word ook deur vee in die lug vrygestel terwyl hulle kos verteer.
 Metaan word in die lug vrygestel as gevolg van die verbranding van rommel, bome en
plante.
 Die hitte veroorsaak verandering in weerpatrone. Somers en winters kan langer duur en
reënval kan verander.

2.2. Impak van klimaatsverandering op die ontwikkeling


- Wêreld word warmer en reënvalpatrone sal verander. Water sal verdamp en riviere sal
opdroog. Minder water is beskikbaar vir boerdery, om te drink en vir industrieë.
- Mielies, vrugte en graanproduksie sal regstreeks geraak word. Boere sal ondergaan,
menses sal hul werk verloor en daar sal minder voedsel wees.
- Die aantal bosbrande sal vermeerder en nie nie genoeg reën sal val vir nuwe bome om te
groei nie.
- Die oseane sal warmer raak, wat 'n impak op die tipe en aantal vis sal hê. Visermanne kan
hul werk verloor en daar sal minder vis wees om mense te voed.
- Seevlakke sal styg. Plekke waar mense woon kan oorstroom.
- Droogtes, vloede en uiterste temperature sal 'n bedreiging vir gesondheid inhou.

Impak van klimaatsverandering op die oseane


 Water word verhit wat lei tot destabilisering van ekosisteme / visse en ander seelewe wat
sterf.
 Smelting van yskappe verander ook die oseaan se temperatuur.
 Oseane word suurder.
 Seestrome verander, wat die ekosisteme versteur.

2.3. Maatreëls om die gevolge van klimaatsverandering teë te werk


9
- Gebruik motors minder om die vrystelling van skadelike gasse te bekamp. Loop eerder of
maak gebruik van openbare vervoer.
- Bou huise uit die pad van die vloede.
- Plant droogtebestande, inheemse bome.
- Herwin papier om bome te red.
- Draai die kraan toe, moenie toelaat dat water vrylik loop nie.
- Sakel ligte af, isoleer die huis en gebruik 'n sonverwarmingstelsel.
- Versamel reënwater om in die tuin te gebruik.

Hoofstuk 15

Ontwikkeling van die self in die samelewing

Eenhied 1: Geslagsrolle en hul uitwerking op gesondheid en welstand

 Geslagsrolle is die verskillenbde rolle optredes en aktiwiteite wat ‘n samelewing as paslik


en reg vir vroue en mans beskou. Geslags rolle is nie dieselfde in kulture nie.
 Ongelyke magsverhoudinge, magsposisieses, magsbalnas en magsstryde tussen
geslagte.
 Mans en vroue het verskillende rolle
 Dit lei tot ongelyke magsverhoudinge tussen individue sowel as in die familie en
samelewing.
 Dit beteken da teen gelsag meer mag het die ander. Mans het gewoontlik meer mag as
vroue.
 Magsongelykheid beteken dat somminge mense meer regte het, beter geleenthede of
meer mag het as ander.
 Beteken dat die magsbalans onregverdig is wat lei tot magstryde of gevegte tussen
geslate vir meer mag.
Geslagsgelykheid beteken dat mans en vroue gelyk moet wees.

Misbruik van mag


 Die persoon het meer mag en kan somtyds die mag misbruik.
 Hy of sy kan die ander persoon in so verhouding leed aan doen. Aanval of sleg behandel.
Hierdie misbruik kan verskillende vorme aanneem en gemik wees op die individu.

Ligaamlike mishandeling
 Is die gebruik van fisieke krag om leed beserings gestremdheid of die dood te veroorsaak.
 Dit sluit in: krap rondstoot, gooi, gryp, verwurging, skud klap vuislaan, brand, skop,
vasmaak, byt, verdrinking, of om nie vir iemand medikasie te gee nie of hulle te laat koud
kry.

Magstryd
 Gevegte met iemand om meer mag te verkry of om jou mag te behou.

Bloedskande
 Seksuele gemeenskap tussen mense wat so naby familie is dat die wet hulle nie sou
toelaat om te trou nie

10
 Bloedskande kan gebeur tussen ‘n pa en dogter, pa en seun, ma en seun, broer en suster,
grootouers en kleinkinders, ooms en niggies of neefs en tannies en niggies of neefs.
 Bloedskande is kindermishandeling en is ‘n ernstige misdaad.

Sosiaal: Huishoudelike geweld


 Gebeur wanneer een persoon in ‘n intieme verhouding of huwelik probeer om die persoon
te domineer en te beheer
 Jy kan ‘n huishoudelike verhouding met ‘n huweliksmaat het of met iemand met wie jy
saam leef.
 Die geweldenaar gebruik vrees, skuldgevoelens, skaamte, dreigemente en fisike geweld
om jou te beheer. Die geweldenaar kan ‘n man of vrou wees. Die wet op huishoudelike
geweld hanteer hierdie sort ongemagtigdige optrede.

Huishoudelike geweld verwys na:


 Skade aan eiendom of aan enigiets wat vir jou van waarde is
 Bekruipery wat beteken dat ‘n ander persoon jou bly volg en te naby aan jouk om.
 Ekonomiese misbruik, wat insluit om nie vir jou geld te gee nie, nie huur te betaal vir die
huis wat jy deel nie om jou goed sonder topestemming te verkoop
 Emosionle misbruik is gedrag wat verneder en afkraak wat wat jou sleg of waardeloos laat
voel soos herhaalde beledigings.
 Skreeuery beskuldigings en die weg hou van jou familie en vriende
 Dreigemnet van fisieke geweld soos om ‘n mes teen jou keel te druk

Sosiaal: Seksuele geweld en verkragting


 Is ook deel van huishoudelike geweld.
 Seksuele teistering is enige daad waaraan die ander party nie wild eel neem nie.
 Om iemand te dwing om seks met jou te het
 Om gedwing te word om na ander mense te kyk wat seksuele dadae uitvoer.
 Die werkplek: Seksuele teistering
 Is die ongevraagde seksuele gedrag wat herhaaldelik plaasvind

Dit kan die vorm van die volgende aanneem:

 Seksuele aanmerkings oor ‘n persoon se liggaam


 Vrae oor ‘n persoon se seks lewe.
 Seksuele teistering kan in die skool of by die werkplek plaasvind. By die werk is die
magsbalans tussen baas en werknemer ongelyk. By die skool is daar magsongelykheid
tussen onderwyser en leerders. Seksule teistering is dus ‘n vorm van magsmisbruik.

Negetiewe uitwerking van gesondhied en welstand


 Ligaamlike uitwerking van mishandeling
 Kneusings
 Gebreekte bene en tande
 Bles kolle waar jou hare uitgetrek is
 Brandplekke van sigarette

11
 Tou of beltmerke
 Ongewesnte swangerskappe
 SOI’S MIV/ VIGS
 Die dood

Emosionle uitwerking van mishandeling


 Vrees vir ander persone, depressiewe, woede vrees vir jou eie veiligheid
 Skaamte, slegste punte

Kwartaal 3
Riskante gedrag en situasies

Dwelmmisbruik
 Dwelmmisbruik verwys na oormatige gebruik van 'n dwelm op 'n manier wat nadelig is vir
jouself en die samelewing.
 Dwelmmisbruik is die gebruik van onwettige dwelms of die gebruik van voorskrif- of oor-
die-toonbank dwelms of alkohol vir ander doeleindes as dié waarvoor dit bedoel is om
gebruik te word.

Impak van dwelmmisbruik:


 Fisies:
o Dwelmmisbruik kan die chemise reaksies in jou brein beïnvloed wat dit moeilik
maak om te konsentreer of op belangrike take te fokus.
o Langtermyn dwelmmisbruik kan jou niere en lewer beskadig wat dit moeilik maak
vir die liggaam om te funksioneer en gifstowwe uit te kry.
o Inaseming van dwelms of rook kan skade aan longe veroorsaak wat kan lei tot
verdere komplikasies soos emfiseem, longkanker of asma.
o Oorbenutting van inspuitings kan aarineenstorting veroorsaak wat bloedvloei in die
liggaam negatief kan beïnvloed.
o Dwelmmisbruik kan bestaande geestesgesondheidstoestande veroorsaak of
vererger, wat dit vir die individu moeilik maak om optimaal te funksioneer.
 Besluitnemingsvermoë:
o Beïnvloed jou vermoë om verantwoordelike besluite te neem.
o Jy kan siek voel en fokus op skoolwerk verloor.
o Jy kan gearresteer word.
o Langtermyn gebruik kan tot breinskade lei. Dit kan jou weerhou om jou
lewensdoelwitte en potensiaal te bereik.

Onveilige padgebruik
Onveilige padgebruik is steeds ‘n problem in ons land. Hier is ‘n paar dinge wat daartoe bydra:

• SMS'e / WhatsApp terwyl jy bestuur


• Drink en bestuur
• Spoedgrens oorskry
• Bestuur sonder slap / as jy moeg is
• Bestuur van onpadwaardige voertuie

 Mense glo dat ander net so sleg bestuur, so hoekom moet hulle probeer om veilig te
bestuur.
12
 Hulle glo dat daar geen reperkussies is nie / hulle sal nie uitgevang word nie.
 Mense voel dat ongelukke nie met hulle sal gebeur nie.
 Dink dat hulle perfek bestuur, selfs wanneer hulle onder die invloed is..
 Voel die behoefte om hulself te bewys / passasiers te beïndruk deur roekeloos te bestuur.
 Dink dat dit aanvaarbaar is om roekeloos te wees teenoor padgebruikers wat hulle onreg
aangedoen het om hulle 'n les te leer om dit nie weer te doen nie.

Kwartaal 4

Genadedood
 Die daad of prakryk om iemand dood te maak wat baie siek od beseer is, om enige
verdere lyding te voorkom.
 Genadedood kom in verskillende vorme voor:
o Vrywillige genadedood: die persoon wat doodgemaak word, versoek om
doodgemaak te word.
o Nievrywillige genadedood: die persoon wat doodgemaak word, het nie versoek om
doodgemaak te word nie.
o Geassisteerde genadedood: wanneer iemand ‘n individu van die inligting, leiding en
middele voorsien word om sy/haar lewe te neem.
o Passiewe genadedood: behels weerhouding van behandeling soos antibiotikaik is
vir ‘n persoon om aan die lewe te bly.
o Aktiewe genadedood: behels die gebruik van noodlottige of dodelike middels, soos
‘n oordosis dwelms.

Reg op lewe
Volgens die Handves van Menseregte, het almal die reg op lewe. Die Wet op Keuse van
Beeïndiging van Swangerskap (Wet 92 van 1996) gee die vroue die reg om te besluit om ‘n
aborsie te ondergaan.

Aborsies
Daar is kan komplikasies wees gedurende ‘n aborsie. Dit sluit die volgende in:
 Fisiese komplikasies: liggaamlike of breinskade kan voorkom wat kan lei tot 'n verkorte
lewensduur of swak lewenskwaliteit.
 Sielkundige kwessies: soos depressive en angs. 'n Poging tot aborsie kan die slagoffer
ongeliefd of ongewens laat voel wat beteken dat hulle as onseker mense sal lewe wat nie
tot hul volle potensiaal funksioneer nie.

Gemeenskapsgebaseerde Organisasies (GBO)


 Die GBO's kan die gebrek aan toegang van basiese behoeftes onder die aandag van die
munisipale owerhede bring.
 GBO's bied 'n nodige platform vir gemeenskapslede om gehoor te word oor ernstige
griewe en om hierdie probleme aan te spreek en reg te stel deur die optrede en
vrywilligerswerk van hierdie organisasies.
 Geweld, mishandeling of geslagsgebaseerde geweld kan na die GBO's gebring word. Dis
meer toeganklik as die regeringsowerhede of polisie beskou word.

13
 Dikwels het die regering nie die hulpbronne of mannekrag om in al die behoeftes van 'n
spesifieke gemeenskap te voorsien nie. GBO's kan hierdie gaping oorbrug en help om die
ondersteuning wat deur die regering gegee word, te versterk.

Onderhoude
‘n Onderoud is ‘n formele ontmoeting tussen jou en die onderhoudvoerder van die plek waar jy
om ‘n werk aansoek gedoen het.

Hoe het onderhoude verander a.g.v. die 21ste eeu?


 Hulle vind meestal aanlyn plaas in plaas van in persoon.
 Potensiële werkgewers kan deur sosiale media toegang tot meer inligting oor kandidate
kry.
 Dit is maklik vir mense van ander lande om vir 'n werk aansoek te doen.
 Kandidate kan maklik inligting oor 'n maatskappy kry deur die internet te gebruik.
 Sosiale media-webwerwe kan die kanse verhoog om 'n onderhoud te kry.
 Baie ondervraers sal vergelykbare kwalifikasies hê, so verdere opleiding is nie meer 'n
waarborg dat jy die werk sal kry nie.

Gepaste kleredrag vir ‘n onderhoud


Hoekom is dit belangrik?
 Die manier waarop jy aantrek vertel die onderhoudvoerders dat jy aandag gee aan detail
end at jy hulle respekteer.
 As jy netjies aantrek, maak jy ‘n positiewe indruk en jy kom georganiseerd voor.
 Dus, toon jy orde en goeie beplanningsvaardighede.
 Hoe ons aantrek is 'n direkte weerspieëling van hoeveel moeite ons sal doen en 'n
slordige rok kan 'n slegte werksetiek aandui.
 'n Deel van die werk kan 'n ontmoeting met kliënte behels, sodat die potensiële werkgewer
kan oordeel oor die professionaliteit waarmee jy nuwe mense ontmoet.
 Om goed aan te trek kan jou selfvertroue verhoog wat jou kanse kan verhoog om goed te
vaar in jou onderhoud.
 Om professioneel aan te trek kan ook aandui dat jy ernstig is oor die werk wat die
potensiële werkgewer meer geneig maak om jou aan te stel.

Eise van die werksplek in die 21ste eeu


 het dit makliker gemaak om besluite vinniger te kommunikeer wat die spoed verhoog het
waarmee ons veranderinge binne die werkplek moet hanteer.
 het dit makliker gemaak vir kliënte / kollegas / base om ons buite die werkspasie te kontak
wat beteken dat ons dikwels op vreemde ure beskikbaar moet wees.
 baie stelsels beweeg nou na digitale platforms so daar word nou van werknemers verwag
om vaardig te raak met rekenaars / programme.
 sensitiewe inligting word nou aanlyn gestoor wat beteken dat daar van werknemers
verwag word om meer bewus te word van digitale veiligheidsprotokolle.
 massas inligting is maklik en vinnig beskikbaar, wat beteken dat werknemers bereid moet
wees om groter hoeveelhede data te verwerk / deur inligting te sif om uit te vind wat vals
is.

CV’s
Hoe kan jy jou CV laat uitstaan?
14
 Hou praatjies by skole aan, wat daarop gemik sou wees om inligting aan graad 11- en 12-
leerders te gee. Dit sou beteken dat die nuutste padgebruikers sal leer om behoorlik en
veilig te bestuur en nie slegte gewoontes vir toekomstige padgebruik ontwikkel nie.
 Gebruik hul sosialemediaplatforms om inligting oor veilige padgebruik te versprei. Dit sal
die inligting aan 'n wyer gehoor gee. wat sou beteken dat meer padgebruikers toegerus is
om veilig te bestuur.
 Skep 'n sosiale media-veldtog met akkurate inligting oor die gevare van onveilige
padgebruik deur spesifieke filters en etikette te gebruik sodat padgebruikers die
rampspoedige gevolge sal kan sien. Hulle sou dan minder geneig wees om roekeloos te
bestuur aangesien hulle bang sou wees vir die gevolge.
 Stuur plakkate na openbare geboue in gemeenskappe met hoë vlakke van slegte
bestuursgewoontes, sodat daardie gemeenskappe spesifieke, geteikende inligting sal
ontvang wat vir hulle relevant is. Dit sal hulle meer geneig maak om die inligting in te
neem en dit dus in die praktyk toe te pas.

Foute op jou CV en dekbrief


Dit is van kardinale belang om seker te maak dat jy nie foute op jou CV maak nie. Nagevolge kan
insluit:
 Dit kan voorkom asof jy nie aandag aan detail gee nie. Jou werkgewer kan voel dat jy ook
detail in jou werk sal mis.
 Dit kom voor asof jy nie die werk ernstig opneem nie aangesien jy nie genoeg omgegee
het om behoorlik tyd in te sit om jou CV te wysig nie, Die werkgewer kan dink dat jy nie
rerig in die pos belangstel nie.
 Versuim om irrelevante inligting soos werkservaring of professionele ontwikkeling te
identifiseer en uit te vee wat nie met die CV te doen het nie, kan daarop dui dat jy nie die
vereistes van die pos ten volle verstaan nie en daarom ook nie bereid is om die werk na
die beste van jou vermoë te doen nie.
 Om aansoekinstruksies te ignoreer deur nie die korrekte inligting by te voeg nie / nie te
regverdig waarom dit nie daar is nie, kan die werkgewer die idee gee dat jy lui is wat nie 'n
eienskap is wat hulle in hul maatskappy wil hê nie

Oneerlikheid wanneer jy werk soek


Dit is belangrik om eerlik te wees wanneer jy werk soek. Dit sluit inligting op jou CV in asook
inligting wat jy deel gedurende ‘n onderhoud. Oneerlikheid kan nadelige gevolge op jou loopbaan
hê.
 Word beskou as bedrog wat 'n onwettige oortreding is en kan lei tot aanklagte en 'n
kriminele rekord wat dit moeilik sal maak om 'n toekomstige werk te kry, aangesien dit jou
sal volg.
 Skep 'n negatiewe reputasie vir jou in jou bedryf as onderhoudvoerders / maatskappye
met hul verbintenisse / ander maatskappye praat, aangesien hulle mense daarteen kan
waarsku om jou aan te stel.
 Gee / verdien vir jou 'n negatiewe etiket wat aan jou naam geheg word, aangesien
werwingsmaatskappye dalk nie met jou wil assosieer nie uit vrees dat jy hul naam sal
afbring met jou optrede wat dit vir jou moeilik maak om hulp te kry om werk te kry.
 Veroorsaak skuldgevoelens / skaamte / berou wanneer jy nadink oor jou gedrag en besef
dat wat jy gedoen het verkeerd / in slegte smaak / oneties was en kan lei tot selftwyfel /

15
kwaad wees vir jouself wat kan veroorsaak dat jy vertroue in verloor. jouself en jou
vermoëns.

16

You might also like