You are on page 1of 11

Literatuuroorsig-opdrag

Outisme Spektrum Versteuring en hoe opvoedkundige en mediese


ingryping kinders met outisme kan help

M. Botha
26176599
INHOUDSOPGAWE

1.1 inleiding.................................................................................................................... 2

1.2 wat is outisme spektrum versteuring......................................................................2

1.3 Simptome ..................................................................................................................3

1.4 Hoe word dit gediagnoseer......................................................................................4

1.5 Opvoedkundige ingryping....................................................................................... 4

1.6 Mediese ingryping ....................................................................................................5

1.7 Gevolgtrekking..........................................................................................................6

Bibliografie

1
OUTISME SPEKTRUM VERSTEURING EN HOE OPVOEDKUNDIGE EN
MEDIESE INGRYPING KINDERS MET OUTISME KAN HELP

1.8 Inleiding

In hierdie literatuurstudie gaan daar gekyk word na wat outisme-spektrum versteuring is. Daar
sal in diepte gefokus word op wat dit is en die verskillende simptome rakende die term: outisme-
spektrum versteuring. Na hierdie sal ons na die hooffokus van die studie kyk en dit behels
opvoedkundige en mediese ingryping by outisme. Ons kyk hoe opvoedkundige en mediese
ingryping kinders met outisme kan akkommodeer en se lewe meer gerieflik kan maak. Die
literatuurstudie sal dan afgesluit word deur die inhoud op te som in die gevolgtrekking.

1.9 Wat is outisme-spektrum versteuring

Outisme spektrum versteuring is ‘n ontwikkelings versteuring wat in die kind se brein ontwikkel
wat veroorsaak dat ‘n kind swak ontwikkel en word toegeëien aan sosiale vaardighede,
herhalende gedrag, nie- verbale en verbale kommunikasie wat die kind se ontwikkeling. Dit is ‘n
versteuring wat kommunikasie en gedrag beïnvloed. Outisme kan op enige ouderdom
gediagnoseer word alhoewel daar gesê word dat die simptome binne die eerste twee jaar van n
kind se lewe gediagnoseer word. Hierdie versteuring kan nie genees word nie maar daar is
verskeie hulpmiddels wat die leerders kan help ontwikkel en die leerders kan help om in die
toekoms hulle simptome verbeter. Alle leerders met outisme het nie een die selfde simptome
nie en word nie almal gelyk gediagnoseer word nie. Daar is gevalle wat n persoon op die
ouderdom van 30 gediagnoseer kan word met outisme. Dit wil se dat hierdie persoon se
simptome so lig was dat hulle dit nie kon optel toe hulle die persoon getoets het nie.

Outisme staan bekend as 'n "spektrum" siekte, want daar is wye variasie in die tipe en erns van
simptome wat mense ervaar. Outisme spektrum versteuring vind plaas in alle etniese, rasse- en
ekonomiese groepe. Alhoewel outisme spektrum versteuring 'n lewenslange wanorde kan
wees, kan behandelings en dienste 'n persoon se simptome en funksies verbeter.
(Nimh.nih.gov, 2019)

2
1.10 Simptome

Volgens Miles (2011:279) is daar twee kategorieë waarin die simptome van outisme-spektrum
versteuring kan gedeel word. Hierdie bevat kern outisme simptome asook neurologiese en
mediese simptome. Kern simptome: outisme word gedefinieer deur drie gedrags simptome.
Hierdie bevat gestremdhede sosiale vaardighede, kommunikasie en die geneigheid om
herhalende gedrags patrone te toon.

Gestremdhede in sosiale interaksie veroorsaak dat kinders hulle self isoleer en nie moeite doen
met ander kinders nie. Hierdie kinders het ook ń geneigdheid om nie ander kinders te troos nie,
en soek ook nie troos van ander af nie. Weens hierdie redes sukkel hulle om vriendskappe te
vorm. Hulle sal gewoonlik pouses alleen staan. As hulle gevra word om saam te speel sal
hulle, maar die kind sal nooit inisiatief wat om self-met ander te speel nie. Die kinders wat well
besluit om inisiatief te vat weet nie hoe om normale vriendskappe te behou nie. Kinders met
outisme deel ook nie hulle belangstellings met ander nie en sal nie deel neem in “make-believe“
speel nie. Hulle speel well met speel goed, maar sal nie in ń manier speel wat verbeelding
benodig nie en die speel is meer ernstig as spontaan. Ouers word gebruik as onderwerpe
waarop hulle kan klim en klouter en kinders met outisme gryp gewoonlik hulle ouers se hand en
gebruik dit om goed by te kom wat hulle nie kan nie of om dinge te doen wat hulle nie kan nie
as ń hulpmiddel.

Hulle kommunikasie (spraak vaardighede, gebare en gesig uitdrukkings) is verswak. Kinders


met outisme maak nie oog kontak nie, wys gewoonlik na dinge as hulle wil praat en hulle vroeë
taal vaardighede is beperk. Hulle begrip nie dat taal kan gebruik word om dinge te benoem, om
iets te vra en om ander kinders te betrek deur om met hulle te praat. Miles (2011:279)
handhaaf dat kinders met outisme praat in “stukke. Hierdie bestaan uit frase wat hulle hoor op
advertensies, televisie en by ander mense, en die kind het nie begrip van die konvensionele
betekenis van hierdie frase wat hulle sê nie.

Herhalende gedrag kan gewoonlik in die eerste paar maande opgemerk word in kinders met
outisme. Hierdie gedrag kan in die ronde draai asook vorentoe en agtertoe hardloop insluit
(Miles, 2011). Dit kan ook visuele gedrag insluit soos kinders wat hulle hande by hulle oë hou
om iets te sien. Hierdie kinders kan ook sekere maniere en rituele om dinge te doen en as dit
nie op die manier gedoen word nie is die kinders geneig om uitbarstings te hê. Hulle kan
sensitief wees teenoor sekere klanke, klere en kos. Die rede vir hierdie herhaalde gedrag is
nog onbekend.

3
Neurologiese en mediese simptome kan veral voorkom in kinders met outisme (Miles, 2011).
Sowat 25% van hierdie kinders sukkel met aanvalle. Om die rede kan hulle lei aan
gestremdhede. Nog ń probleem wat kinders met outisme ervaar is slaaploosheid. Sowat 60%
van kinders ervaar die probleem. Hulle het ook motoriese gestremdhede soos lompheid, swak
handskrif en op hulle tone loop, asook maag probleme soos diarree, opgeblaasheid en
hardlywigheid.

1.11 Hoe word dit gediagnoseer

As dit kom by outisme-spektrum versteuring diagnoseer is dit eers belangrik om te kyk of enige
van die bogenoemde simptome teenwoordig is in die kind. Hierdie simptome kan van vroeg
kinderjare al gesien word, soms so vroeg soos drie jaar oud volgens Blenner et al. (2011:894).
Al kan kinders al van baie vroeg gediagnoseer word, is die gemiddelde ouderdom van
diagnosering 4.5 jaar oud. Diagnosering vind gewoonlik in twee fase plaas. Die eerste fase is
wanneer die kind na ń kinderdokter toe gaan vir ń gewone ontwikkelings ondersoek en die
doktor kom agter daar is ontwikkelings probleme by die kind. Hy verwys dan die kind vir
addisionele evaluering by doktors wat in die veld gespesialiseer is. Die tweede fase behels ń
deeglike ondersoek deur die gekwalifiseerde doktors (doktors wat in die veld gespesialiseer
het).

In die verlede was diagnosering van outisme-spektrum versteuring ń lang en nie heeltemal
vertroubare prosesse, maar volgens Liu et al. (2017:2) is die diagnosering van hierdie baie
meer akkuraat op die huidige oomblik weens die ontwikkeling van tegnologie. Hierdie maak die
diagnosering proses nie net vinniger nie, maar ook baie meer bekostigbaar.

1.12 Opvoedkundige ingryping

Leerders met outisme sukkel baie om oop spasies te aanvaar, hulle vind dit baie intimiderend
en verwarrend. Die leerder sukkel ook met kommunikasie en verbale kommunikasie so hul se
nie wanneer hulle deurmekaar is of nie verstaan wat aan gaan nie. Dit wil se die onderwyser
moet die klaskamer vir hulle leerders so toeganklik as moontlik maak en sy moet nie die leerder
uitgesonder laat voel nie. Daar moet nooit vir n outistiese leerder gesê word waar op te loop
waar omte staan of hoe o op te tree nie omrede die leerder sukkel om stil te staan en stil te
wees. Hier is n paar wenke aan n onderwyser oor hoe om n leerder te help in haar klas wat

4
outisme spektrum versteuring het. Die onderwyser kan die klaskamer so rangskik dat daar
spesifieke af gebaakende werk areas is vir die leerders en dat elke afgebakende area n ander
kleur is en merkers het wat aan dui wat in daardie area moet gebeur en wat die leerder moet
doen omrede die leerder nie gaan vrae vra oor wat hul moet doen nie gaan die leerder of nie
die werk doen nie of die leerder gaan agter raak met die werk. Wanneer dit te besig is rondom
die leerder word die leerder se aandag af getrek dit wil se die leerder sukkel om konsentrasie te
hou wanneer die leerder werk. Dit wil se dat die onderwyser agter n neutrale agtergrond moet
staan wanneer sy klas gee alle kleurvolle plakkate moet van die mure af gehaal word, enige
flikkerende liggies of ligte in die klas moet toe gemaak of vervang word omrede dit die leerder
se aandag af trek en die leerder nie dan gaan fokus op wat die onderwyser hom of haar leer
nie. Daar moet ook baie neutrale lig in die klas wees of wel natuurlike lig omrede ander lig te
skerp is en dit gaan veroorsaak dat die leerder se oë seer gaan word. Die leerders se tafels
moet geskei word sodat die leerders nie mekaar se aandag af kan trek nie, die onderwyser kan
vir haar hout bordjies bou wat sy tussen haar leerder kan sit wat saam by een tafel sit. Bedek
die tafels en stoele se pote met rubber sodat dit nie geraas maak wanneer die leerder op staan
of die tafel skuif nie. Outisme spektrum versteuring leerders moet weg van alles wat moontlik
die leerder se aandag af kan trek geskuif word sodat die leerder al sy aandag op sy werk of op
die onderwyser hou. Daar moet ook n rus hoekie wees waar die leerder kan rus wanneer hy
moeg is. Die onderwyser kan ook vir haar n assistent aanstel wat net met daardie een leerder
help in di klas sodat die leerder vertroud met haar kan raak sodat sy hom of haar kan help
wanneer die leerder sukkel.

1.13 Mediese ingryping

Soos daar reeds by simptome bespreek was is daar verskeie mediese probleme waarmee
kinders met outisme-spektrum versteuring sukkel. Hierdie behels aanvalle, slaaploosheid,
motoriese gestremdheid, maag probleme en gedrags probleme. Weens mediese vordering in
die laaste paar jaar is daar maniere hoe ons die bogenoemde probleme vir hulle makliker kan
maak. Aanvalle kan onverwags gebeur en as dit nie behandel word of so kan dit lei tot
vertraagdheid. Dit kan behandel word deur Antikonvulsant behandeling. Slaaploosheid word
veroorsaak deur ń tekort aan melatonien en slegte gewoontes by die huis of by die dagsorg.
Gedrags intervensies soos slaap maatreëls en goeie slaap roetines soos, moet nie dat die
kinders in die dag slaap nie, asook melatonien pille drink kan hierdie probleem verminder word.
Die konneksie tussen maag probleme en outisme is onduidelik, maar dit kan baie ongerief vir
die kind veroorsaak. Hierdie maag probleme behels hardlywigheid, gereelde opgooi en maag
krampe. Hierdie kan behandel word deur medikasie. Hierdie medikasie kan psigofarmakologie
of alternatief medikasie wees. Gedragsprobleme soos aggressie en self-besering. Hierdie
wangedrag kan veroorsaak deur mediese faktore en kan ook geneus word deur dit. Die

5
erkenning en behandeling van mediese kondisies wat gedragsprobleme kan keur dat die kind
iets onverantwoordelik sal doen en daarop sal die regte mediese pad gekies word om te stap.

1.7 Gevolgtrekking

6
Soos hier bo-aangetoon word gaan outisme spektrum versteuring gepaard met baie probleem
vir leerders. Dit is nie altyd maklik om leerders in ’n klas te hê wat outisme spektrum versteuring
het nie. Omrede hierdie leerders baie ekstra aandag vereis. Daar is so baie tegnologies en
mediese vordering dat dit deesdae makliker is om ’n leerder wat outisties is in jou klas te hê. Dit
is maar altyd belangrik om ’n leerder wat ly aan outistiese spektrum versteuring tyd te gee
omwerk te verstaan en om die leerder met ekstra remediërende onderwys klasse te help sodat
die leerder die werk ordentlik verstaan en nie nog verder agter die anders leerder raak nie, al
het die leerder al klaar ’n groot agterstand. Daar is wel spesiale skole vir leerders met hierdie
siekte maar, ’n ouer wil nie altyd hul leerder na so skool toe stuur omrede daar voel ’n kind dat
daar iets fout is met hom en hy voel dan hy wil nie meer probeer nie. Dit is baie belangrik om
die ’n leerder uitgesonder of onwelkom te laat voel nie. Daar kan altyd ’n assistent aan ’n
leerder toe gedien word, wat spesiale aandag aan die leerder gee en daar moet ook nie nuwe
dinge aan ’n leerder voor gestel word onverwag nie. Dit veroorsaak dat die leerder af skakel en
nie weet hoe om dit te hanteer nie. So kan daar gesien word alhoewel outisme spektrum
versteuring nie geneus kan word nie, is daar baie hulpbronne wat die leerder kan help om beter
te ontwikkel. Daar is mediese en tegnologiese hulp vir hierdie leerders.

7
BRONNELYS

APA. Rog. (2019). [online] Available at: https://apa.org/helpcenter/autism.pdf [Accessed 22


Mar. 2019]

Autism-watch.org. (2019). [online] Available at: https://www.autism-watch.org/general/nimh.pdf


[Accessed 22 Mar. 2019]

Aut2know.co.za. (2019). [online] Available at:


http://aut2know.co.za/wp-content/uploads/AutismPreparationKitForTeachers1.pdf
[Accessed 24 Mar. 2019].

Blenner, S., Reddy, A. & Augustyn, M. 2011. Diagnosing and management of autism in
childhood. British Medical Journal, 343(7829): 894-899

Centers for Disease Control and Prevention. (2019). Autism | Kids' Quest | NCBDDD | CDC.
[online] Available at: https://www.cdc.gov/ncbddd/kids/autism.html [Accessed 24 Mar.
2019].

du Preez, H. (2009). In die teenwoordigheid van outisme: ‗n Moeder se verkenning van


emosionele intelligensie in haar lewensverhaal. [eBook] UNIVERSITEIT VAN PRETORIA.
Available at:
https://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/31210/DuPreez_Moeder_2010.pdf?
sequence=1&isAllowed=y [Accessed 23 Mar. 2019].

Liu, X., Wu, Q., Zhao, W. & Luo, X. 2011. Technology facilitated Diagnosis and Treatment of
Individuals with Autism Spectrum Disorder: An Engineering Perspective. Applied Sciences;
1-2

Miles. J.H. 2011. Autism Spectrum Disorders: a genetic review Genetics in Medicine,
13(4):278-294

Netwerk24. (2019). Riglyne vir hantering van ’n outistiese kind. [online] Available at:
https://www.netwerk24.com/ZA/Worcester-Standard/Nuus/riglyne-vir-hantering-van-n-
outistiese-kind-20160426-2 [Accessed 24 Mar. 2019].

Nhsinform.scot. (2019). Autism spectrum disorder. [online] Available at:


https://www.nhsinform.scot/illnesses-and-conditions/brain-nerves-and-spinal-cord/autistic-
spectrum-disorder-asd [Accessed 24 Mar. 2019].

8
Nimh.nih.gov. (2019). NIMH » Autism Spectrum Disorder. [online] Available at:
https://www.nimh.nih.gov/health/topics/autism-spectrum-disorders-asd/index.shtml
[Accessed 24 Mar. 2019].

9
10

You might also like