You are on page 1of 26

MOTORIESE PROGRAM

INLEIDING

Die hoofdoel met ‘n bewegingsontwikkelingsprogram betreffende fisieke fiksheid van die jong kind is om die boustene daar te stel vir
lewenslange deelname. Die volgende is doelwitte wat in die verband nagestreef behoort te word:

1) Om ‘n liefde vir beweging vroeg in die lewe van die kind te ontwikkel sodat die kind as ‘n volwassene steeds fisiek aktief sal bly
eerder as om die passiewe rol van toeskouer te vertolk.
2) Skep ‘n omgewing wat genot met beweging en aktiwiteit assosieer, omdat leerders identiteite vorm as aktiewe bewegers soos wat
hulle vaardighede en fisieke vereistes bemeester om effektiewe bewegers te word. In hierdie verband word
genoegsame krag, vitaliteit (lewensenergie) en koördinasie genoem om die stres, beperkinge en noodsituasies van die daaglikse lewe te kan
oorkom.
3) Vestig ‘b bewustheid by kinders van selfbeskerming, deur aan hulle kennis te verskaf oor faktore wat tot beter gesondheid kan bydra.
4) Om houdings, waardes en vaardighede te ontwikkel wat sal bydra tot die bereiking en instandhouding van fiksheid.

Vanuit ‘n gesondheidsperspektief, is daar 3 hoof riglyne om jong mense te motiveer om deel te neem aan gereelde fisieke aktiwiteit:

• Om fisieke fiksheid te optimaliseer, asook huidige gesondheid en welstand, en groei en ontwikkeling.


• Om aktiewe leefstyle te kweek wat regdeur volwassenheid onderhou kan word.
• Om die risiko te verlaag vir kroniese siektes in volwassenheid.

Hier volg dan ‘n beskrywing van al die komponente waaraan ons moet aandag gee. Lees asseblief daardeur!

• Lokomotories: Verskillende maniere om van een plek tot ‘n volgende plek te beweeg

• Perseptueel-motories: Perseptueel-motoriese ontwikkeling het te make met die ontwikkeling van basiese vaardighede of vermoëns wat
as belangrik geag word vir die bou van ‘n voldoende of effektiewe basis vir hoër en komplekse leerprosesse. Persepsie is funksioneel
onlosmaaklik deel van beweging, kognisie en taal. Hierdie aspekte is interafhanklik aangesien onwillekeurige beweging,
bewuste aandag en aksies almal afhanklik is van betekenis wat vanuit omgewing verkry word. Wanneer agterstande in
1
perseptuele funksie voorkom kan dit tot vertraagde motoriese ontwikkeling bydra en ook andersom. Wanneer agterstande
in kognisie voorkom sal perseptueel motoriese leer defnitief tot ‘n mate beïnvloed word. Die werking van die sensoriese
invoersisteme en perseptueel-motoriese prosesse afsonderlik of gesamentlik kan effektiewe motoriese kontrole nadelig
beïnvloed. Daar kan nie van kinders met agterstande by hierdie twee belangike sisteme verwag word om motories effektief
te presteer nie, maar indien hierdie neurologiese agterstande geïlimineer kan word, kan voldoende motoriese patrone
ontwikkel. Subprosesse van persepsie:
- Bewustheid: Neurologiese terugvoer dat iets aan die gebeur is.
- Diskriminasie: Vermoë om te differensieer tussen verskillende aspekte van die stimuli.
- Organisering: Kapasiteit om stimuli te organiseer is betekenisvolle geheelbeelde.

• Ritme: Ritme word gedefinieer as die vermoë om groot en fynmotoriese balans te handhaaf en om ritmies te beweeg asook
die handhawing van liggaamsbalans en die persepsie en ekspressie van ritmiese patrone. Ritme en tyd is interafhanklik van
mekaar en word omskryf as beweging wat gesinchroniseer is om effektiewe beweging daar te stel

• Koördinasie: Die vermoë om verskillende liggaamsdele, spiere en hoofspiergroepe wat by die uitvoering van ‘n spesifieke
vaardigheid betrokke is te beheer, te koördineer en te integreer. Koördinasie is afhanklik van goeie persepsie en voldoende
spiertonus. Dit word deur spiersametrekkingsvermoë, responstyd, spierkontraksie, spierbeheer, tempo van uitvoering,
ritmebeheer ensovoorts beïnvloed en bepaal die graad van geslaagdheid van koördinasiebeheer en uitvoering. Koördinasie
het ook betrekking op die samewerking en koördinering van verskillende liggaamsdele en spiergroepe wat antagonisties
teenoor mekaar werk. Verder het dit ook betrekking op die koördinering van die oog met ‘n spesifieke liggaamsdeel en
apparaat, byvoorbeeld oog-hand, oog-voet, oog-hand-bal, oog-voet-bal ens.

• Balans: Balans is die proses van integrering van sensoriese inligting vanaf ‘n verskeidenheid bronne om sodoende stateise en
dinamiese liggaamsposisies te beplan en uit te voer. Stabiliteit is die mees fundamentele aspek by die aanleer en uitvoering
van ‘n beweging. Dit behels die handhawing van balans in verhouding tot die krag van swaartekrag en die inneem van ‘n
verskeidenheid balansposisies.

• Ruimtelike oriëntasie: Die vermoë om die ruimte in die gedagte te kan manipuleer. Dit is die persepsie vna die liggaam se
ligging en oriëntasie in die ruimte, ongeag visie. Ruimtelike oriëntasie ontstaan as gevolg van ‘n samevoeging van
kinestetiese invoer vanaf die oogspiere en die gewrigte van die liggaam. Hierdie vermoë stel die leerder instaat om
2
verskllende ruimtelike konstepte te verstaan (eerstens ten opsigte van die self, dan ten opsigte van andere of voorwerpe in
die omgewing). Die vermoë word verbind met diskriminasie van verskillende kenmerke (kleur, vorm ens – kognitiewe
vaardigheid of klassifikasie) en met organisasie (heel vs deel, figuur-agtergrond, twee en drie dimensies, ens.) Ruimtelike
oriëntasie kan nie ten volle ontwikkel indien die kind nie sy liggaamsdele ken, bewus is van sy middellyn en links en regs kan
onderskei nie.

• Lateraliteit: Lateraliteit word beskou as die innerlike gevoel van die liggaam se simmetrie. Dit is die interne bewuswees van
links en regs, en dat die liggaam uit twee definitiewe kante bestaan. Voordat hierdie gevoel nie goed gevestig is nie, sal ‘n
kind nie ‘n gevoel hê vir die middellyn van sy liggaam nie, moeilik ruimteik kan beplan, oor swak balans beskik en nie instaat
wees om ‘n dominante kant van sy liggaam te vestig nie.

• Spierkrag: Kan gedefineer word as maksimale kraglewering tydens ‘n enkele spieruitset.


• Spieruithouvermoë: Die vermoë om ‘n hoë persentasie krag oor ‘n lang tydperk te kan handhaaf.

• Kardiovaskulêre-respiratoriese uithouvermoë: Verwys na voldoende funksionering of respons van daardie fisiologiese


sisteme wat energie en suurstof aan aktiewe spiere verskaf.

• Soepelheid: Die graad of omvang van beweging wat ‘n gewrig toelaat aan die omringende weefsel.

• Liggaamstelling: Verwys na die verhouding tussen vetmassa en vetvrye massa van die liggaam.

3
Sommige simptome wat perseptueel-motoriese agterstande by die jong kind kan aandui:

1. Swak koördinasie tydens die uitvoer van motoriese vaardighede.


2. Lompheid in daaglikse aktiwiteite.
3. Onvermoë om groot simbole in te kleur.
4. Onvermoë om simbole en vorms bymekaar te pas.
5. Onvermoë om aandag te skenk.
6. Kort aandagspan.
7. Onvermoë om simbole te herken en te interpreteer.
8. Onvermoë om prentjies korrek te interpreteer.
9. Ervaar moeite met letter- en nommerreekse.
10. Onvermoë om letters, nommers en simbole korrek na te trek.
11. Ervaar moeite met vorm- en dieptepersepsie.
12. Swak onthouvermoë.
13. Ervaar moeite met interpretasie van laterale rigtingaanwysings.
14. Geen konstante of defnitiewe dominansie.
15. Swak selfbeeld.
16. Neem nie met ywer aan speletjies deel nie.
17. Swak uitvoerings tydens bewegings- en dansaktiwiteite.
18. Onvermoë om liggaamsdele te benoem.

Wiskunde probleme:

Wiskunde word eerstens op ‘n sensoriese-motoriese vlak in die wiegie bemeester. Die kind leer deur ervaring met blokkies en balletjies
begrippe soos naby, ver, baie, min, te veel, te min, hoër en laer. Hy leer mettertyd om hierdie begrippe spelenderwys te verinnerlik, deurdat hy
die verband tussen baie en min, ver en naby, kleiner en kleinste sien. Al handelend hoor hy die verskille deur doen en leer op ‘n konkreet
handelende vlak. Hy leer dat daar ‘n samehang, orde en logika tussen dinge is. Hy leer mettertyd dat begrippe soos voor, agter, bo en onder in
verband staan met beweging of posisie in die ruimte, en hy leer dit vanuit sy liggaamlike ervarings. Hierdie begrip is aanvanklik egosentries waar
die ek die sentrum is en dit verander mettertyd na verhoudinge in die ruimte (maw dat voorwerpe in verhouding tot mekaar staan). Hy leer so
om dit mettertyd met woorde aan te dui. Logika speel ‘n belangrike rol in die wiskundige denke van kinders. Om te kan tel is nodig om tot
getalbegrip te kan kom. Getalbegrip verskil egter van tel (hy moet bv. Begrip hê van die getal 5 deur dit te orden, klassifiseer en te groepeer).

4
Voorbereidende Wiskunde-Onderrig:

1. Liggaamlike oriëntasie
2. Visuele en ouditiewe diskriminasie
3. Visuele en ouditiewe geheue
4. Vormwaarneming
5. Voorgrond-agtergrond onderskeiding
6. Posisie in die ruimte
7. Ruimtelike verhoudings
8. Opeenvolging
9. Analise en sintese
10. Ritme
11. Oog-hand-koördinasie en fynmotoriek
12. Woordeskat uitbreiding

(Meeste van hierdie komponente word outomaties in die program vervat. Ek dink egter dit sou goed wees indien graad R en graad 1 juffrouens
baie seker maak dat die kinders al hulle liggaamsdele baie goed ken en bewus is van links en regs. Verwys in alle aspekte na hierdie konsepte.
Rigting en ruimtelike oriëntasie spruit uit laasgenoemde. Opeenvolging beteken dat die kind reekse kan uitvoer. Dit kan beweging wees of net
instruksies wat uit meer as een komponent bestaan.)

Die oorsake van wiskunde probleme:

Faktore in die kind self geleë:

1. Algemene gesondheid
2. Sintuiglike gebreke
3. Spraakprobleme
4. Verandelike gebreke
5. Emosionele probleme
6. Perseptuele probleme:

Persepsie is die vermoë van die brein om deur middel van die sintuie, kontak met die buitewêreld te maak. Wanneer die verstand
hierdie impulse interpreteer, word perseptuele handeling voltrek deur betekenis aan die gebeure te gee.
5
i) Visuele en ouditiewe perseptuele probleme veroorsaak verkeerde interpretasie. Onduidelikheid of verwarring word veroorsaak
omdat die kind deel van ‘n geheel as ‘n geheel sien of ‘n deel van ‘n geheel as ‘n geheel hoor.
ii) Verwarring in die ruimtelike waarneming kan probleme veroorsaak in die samestelling van getalle, bepaling van afstand,
vormwaarneming, afskryf van die skryfbord, syfervolgorde, omkering en uitlaat van syfers uit antwoorde. Vorm en syfers sal ook
nie in hul korrekte vorm en verband onderskei kan word nie.
iii) By swak kinestetiese persepsie en swak tas persepsie kan probleme soos vinger-agnosie (die kind kan nie interpreteer wat hy
voel nie) of probleme met selektering ontstaan. Daar kan ook verwarring in die links-regs oriëntasie wees.
iv) By links-regs oriëntasie kan probleme met die natrek van figure, transkripsie en fyn koördinasie van die vingerspiere ontstaan.
Die kind sal byvoorbeeld probleme ondervind met die vang van ‘n bal.
v) Probleme by voorgrond-agtergrond persepsie veroorsaak gewoonlik gebrekkige uitkenning van byvoorbeeld ‘n driehoek, ‘n
vierkant, optelsomme of aftreksomme of maal – of deelsomme.
vi) ‘n Kind met probleme in persepsie se vormkonstantheid sal moontlik syfers wat in ‘n ander kleur, vorm en grootte voorkom nie
kan uitken nie.
vii) Die kind met ‘n probleem in die persepsie van posisie in die ruimte sal moontlik verwarring ondervind met in/uit, onder/bo,
voor/agter, links/regs en byvoorbeeld 12/21 of 26/62.

6
Aanbieding van die lesse: Voor die les begin word die klas in groepe gedeel. Indien u so sou voel, kan u ook die klas voor die tyd in groepe deel
en hulle dan in daardie groepe vir die kwartaal laat bly. Dit sou miskien goed wees indien die kinders volgens hulle vermoëns gegroepeer kan
word. (Dit lei tot minder frustrasie!)

U sal sien dat daar slegs een les vir die 2 ure per week uitgewerk is. Die rede hiervoor is dat ek graag sal wil hê dat daar meer tyd in die eerste
les gespandeer sal word aan behoorlike demonstrasie en verduideliking. Wanneer die tweede sessie dan plaasvind kan u net weer vinnig oor die
verduideliking gaan en dan meer aandag daaraan gee om probleme reg te stel.

‘n Baie basiese voorbeeld van strekke:

Strekke – basiese strekke vir al die hoof spiergroepe (Doen dit deur vir die kind te sê ons verf ons verskillende ledemate)

i) Heup en romp: Staan regop en gaan na die kante met albei arms wat bokant die kop gehou word. Hou vir 2 sekondes en gaan dan
weer oor na die ander kant. Doen 5x na elke kant. Staan regop, buig af met die rug en strek vorentoe terwyl hy plat soos ‘n tafel
gehou word. Hou weer 2 sekondes, kom stadig op. Herhaal 5x. (By beide oefeninge, maak seker die rug bly reguit.)

ii) Hamstrings: Buig vooroor en verf jou bene van bo af met ‘n kleur verf tot onder by jou voete en dan stadig elke toon. Kom stadig
op en herhaal weer 2x.

iii) Quadriceps: Hardloop vir 15 sekondes op een plek terwyl die boude agter geskop word.

iv) Kuite: Gee ‘n tree vorentoe met die een been. Buig hom effens terwyl die agterste been reguit gemaak word. Albei voete se tone
moet na vore wys. Druk nou hard met die agterste hak in die grond in, hou vir 2 sekondes en herhaal vir 5x. Doen dit ook met die
ander been. Herhaal die hele oefening 2x met albei voete.

v) Rug en maag: Die kat beweging: Staan op jou hande en knieë. Druk die rug op waarna hy dan hol gemaak word, met die bors na
die grond beweeg word en weer opkom.

vi) Skouers: Begin met klein sirkels met arms reguit uitgestrek na die kante en maak die sirkels alhoe groter en dan weer kleiner.
Herhaal 2x van kleiner na groter en groter na kleiner.

vii) Enkels: Skryf jou naam

viii) Gewrigte: Speel mercy, skiet sterretjies, of maak sirkelbewegings met jou polse

7
ix) Nek: Beweeg jou linkeroor so na as moontlik na jou linkerskouer. Beweeg weer terug na die middel en herhaal ook na die
regterkant. Herhaal 5x na beide kante. Beweeg van ‘n kop regop posisie na waar jou ken aan jou bors raak. Beweeg weer terug na
waar hy regop is en neem nou die kop na agter tot waar dit gemaklik is. Herhaal 5x. Kyk sover jy kan na links en regs onderskeidelik
en keer elke keer terug na waar die kop vorentoe kyk.

Terwyl daar gestrek word kan daar baie na links en regs verwys word

8
WEEK 1
Vir opwarming: Leerders staan almal by hul stasies. Wanneer die fluitjie blaas begin hul stadig op een plek draf, soos wat die fluitjie weer blaas,
begin hulle net alhoe vinniger op een plek draf todat die opdrag gegee word dat hulle kan stop. Doen basiese strekke.

Stasie 1: Stasie 2: Stasie 3: Stasie 4: Stasie 5: Stasie 6:

Leopard crawl: Hasiespronge in Spring dubbelvoet oor Boontjiesakkie vang Bons en vang sokkerbal Speel bulldozers en
• Koördinasie hoepels. Pak 5 - 8 verskillende hoogte oor afstand: oor afstand. (Variasie vir builders: Een span se
• Lateraliteit hoepels in ‘n reguit lyn. hekkies: • Koördinasie verskillende bakens word
• Spierkrag Die kind hurksit in die • Ritme • Visuele ouderdomsgroepe en omgedraai en die ander
• Spieruithouvermoë eerste hoepel. Die • Plofkrag/Spierton geskiktheid vermoëns) span se bakens staan
hande word in die us • Konsentrasie • Ritme regop. Kyk nou wie kan
Vooroorrol: tweede hoepel geplaas • Ruimtelike • Gereedheids- • Reaksietyd die meeste bakens
en dan word daar met oriëntering posisie • Koördinasie optel of omstoot.
Knyp ‘n boontjiesakkie onder die twee bene • Tydsberekenin Alternatief vir hierdie
die ken vas terwyl gelyktydig vorentoe g stasie. Elkeen kry ‘n
vooroorrolle uitgevoer word gespring. Hurksit dan • Lateraliteit tou waarmee hy ‘n
weer in die tweede vorm op die grond
hoepel en gaan aan na moet maak. Loop nou
die volgende hoepel. haktoon oor jou vorm.
Belangrik dat daar nie
spasie tussen die
kinders se hakke en
tone moet wees nie.
Dit dui op oa ‘n
perseptuele probleem.

Wat kan vandag geassesseer word?


1. Koördinasie: Kyk veral hoe die leopard crawl en vooroorrol uitgevoer word. Lyk dit vloeiend?
2. Hand-oog koördinasie: Hoe vaar die leerder met gooi en vang van apparaat?
3. Lokomotoriese vaardigheid: Hoe is die leerder se algemene beweging. Hier kan daar spesifiek gekyk word na hoe hy/sy oor die hekkies
spring.

9
4. Motoriese beplanning, koördinasie en ritme: Kyk na hoe die kind hasiespronge uitvoer. Is sy arms en bene gekoördineerd en beweeg
hul saam?
5. Kan hy vooroorrolle uitvoer? Indien nie, is dit baie belangrik dat dit vir hom aangeleer moet word.

10
WEEK 2

Vir opwarming: Huppel op die plek. Gebruik handseine en wys aan leerders of hul vorentoe, agtertoe of na die kant moet huppel. Hou die
afstande kort. Doen basiese strekke. (Indien ‘n kind nie kan huppel nie, is dit belangrik dat daar aandag aan gegee moet word, aangesien
probleme hier moontlik ook op ander plekke kan manifesteer.)

Stasie 1: Stasie 2: Stasie 3: Stasie 4: Stasie 5: Stasie 6:

Leerder moet Leerder rol 5 Wurmloop: Pak ‘n hindernisbaan Hardloop “vry” rond in Leerders stap vorentoe en
boontjiesakkie 1 op ‘n tennisballe na teiken. uit met hoepels, ‘n ‘n afgebakende area agteruit oor balansbalk met
slag by die volgende Daarna gaan staan hy Leerder staan op altwee leer en waarin ‘n klomp boontjiesakkie op kop.
merker gaan sit. agter die teiken en sy hande en sy voete. boontjiesakkies en tennisballe en
Volgende leerder moet maak die volgende Hy loop nou vooruit hekkies. Die kind boontjiesakkies geplaas • Balans
weer boontjiesakkies een leerder se balle met sy hande todat hy moet tweebene op die is. Die kind draf tussen • Liggaamsbewustheid
op ‘n slag gaan haal. bymekaar. Gee dit nie meer kan nie. Loop boontjiesakkies spring, die apparaat rond en
aan die volgende daarna nader met voete ‘n hoepel optel, oor sy op bevel (links of regs) Vir variasie kan die maat
• Kardiovaskulêr leerder en gaan staan todat die hande weer kop sit en met sy moet hy enige van die volgende in die ry sê waarop
agter in die ry. vooruit kan loop. Doen voete deurklim, bo- apparaat optel met sy die een op die balk die
aflos tussen 2 bakens oor die hekkies spring linker-of regterhand boontjiesakkie moet
• Hand-oog 5m uit mekaar. met beide bene gelyk (afhangend van die balanseer, bv: binnekant van
koördinasie en met verskillende bevel). Hardloop weer elmboog, skouer, gewrig,
• Ruimtelike Na die wurmloop kan patrone deur die leer rond en as die bevel buitekant van hand ens.
oriëntasie hul kraploop. Kraploop beweeg. Daar kan ook kom moet hy die
is as jy op jou boude sit stoele tussenin gepak apparaat in sy hand
met jou hande agter word waaronder hulle neersit en weer die
jou, jouself dan lig en moet deur kruip. volgende optel met die
op jou hande en voete korrekte hand. Kinders
dan agteruit loop. kan beurte met bevele
maak, maar maak tog
seker dat die regte
uitvoering plaasvind.

11
Wat kan vandag geassesseer word?

1. Balans: Kyk hoe stabiel die leerder oor die balansbalk loop?
2. Spieruithouvermoë en algemene fiksheid: Kyk hoe voluit die leerder die boontjiesakkies by die bakens kan gaan sit.
3. Hand-oog koördinasie: Kyk hoe die leerder die tennisballe na die teiken rol.
4. Koördinasie en motoriese beplanning: Hoe word die “wurmloop” uitgevoer?
5. Ruimtelike oriëntasie en motoriese beplanning: Kyk by stasie 4 hoe die leerders die bewegings uitvoer. Is hul gemaklik en vloeiend of is
hulle ongeorganiseerd en stamp teen die apparaat. (Motoriese beplanning is ook ‘n uitval wat tot groot probleme in die klaskamer kan
lei.)
6. Lateraliteit: Stasie 5: Kan hy die apparaat met die korrekte hand optel?

12
WEEK 3

Stasie 1: Stasie 2: Stasie 3: Stasie 4: Stasie 5: Stasie 6:

Leerders staan teenoor “Knee touch” Loop op balk terwyl Touspring ‘n Leer lê op die vloer: Loop van bv die oranje
mekaar 3m weg. Die leerders hardloop sokkerbal/tennisbal • Totale liggaams • Loop op die tot die geel baken (5m)
Leerders moet die bal rond in ‘n afgebakende gebons word. (Variasies sinchronisering sporte op jou hakke en dan van
gooi en vang. area. Hulle moet vir verskillende • Loop sywaarts die geel baken na die
Variasie: Gooi met probeer om ‘n ander ouderdomsgroepe) Indien die leerders nog op die sporte. blou baken (5m) op jou
linkerhand, vang met leerder se knieë te raak, • Balans nie tou kan spring nie, • Loop agteruit tone. Loop dan hak-
regterhand en ruil om. sonder dat sy knieë self • Ruimtelike wys eers aan hul hoe oor die sporte. toon vorentoe en
geraak word. oriëntasie om deur ‘n hoepel te Draai die leer op sy sy agtertoe oor die tou.
• Koördinasie • Konsentrasie spring. (twee leerders hou die Staan nou vir 10
• Kardiovaskulêr punte vas). Kruip in en sekondes op jou
uit tussen die sporte linkerbeen en 10
deur. sekondes op jou
regterbeen.
Ondersteun die kind om
dit ook met toe oë ook
uit te voer. Spring twee
bene terug na die begin
en herhaal die hele
“baan” weer.

Wat kan vandag geassesseer word?

1. Liggaamssinchronisering: Hoe spring die leerder tou? Werk sy arms saam? Bene? Werk arms en bene goed saam?
2. Perseptueel motories: Hoe kruip die leerder in en uit deur die leer? Kan hy/sy ‘n plan maak? Is hulle vloeiend in hul beweging?
3. Gooi aksie: Kry die leerder dit reg om die bal akkuraat te gooi. Trap hy vorentoe met die teenoorgestelde voet ens?
4. Vang aksie: Staan hy en wat vir die bal? Kan hy die bal akkuraat vang?
5. Balans: Stasie 6 – het die kind goeie balans, of val hy telkens om? Het hy net swak balans as hy sy oë toemaak of is die swak balans
deurentyd?

13
WEEK 4

Vir opwarming: Draf stadig op een plek. Wanneer die fluitjie een maal blaas, moet die leerder op sy/haar maag gaan lê, wanneer die fluitjie 2x
blaas, moet die leerder op sy/haar rug gaan lê. Tussenin elke beweging na die maag of rug, moet hul op een plek draf. Maak seker dat hierdie
opdragte reg uitgevoer word. Indien die kind hier sukkel kan dit moontlik dui op ouditiewe diskriminasie en geheue probleme.

Stasie 1 Stasie 2 Stasie 3 Stasie 4 Stasie 5 Stasie 6

Vyf hoepels 50cm van Plaas ‘n Loop op Loop oor tou deur Bons middelslagbal Daar word 3 bakens
mekaar. Spring boontjiesakkie op die balanseerbalk en bene te kruis. alternatief met linker- neergesit, 3m verder,
vorentoe met rugkant van die hand. bons medium grootte (Motoriese en regterhand en nog 3, 3m verder nog
alternatiewe been en Gooi sakkie in die lug bal aan linker-en beplanning en beide hande 3. 2 Leerders agter
land op linker- of op en vang dit met regterkant van die middellynkruising) gelyktydig. die eerste 3 bakens.
regtervoet. Hou dieselfde hand. Ruil balk. Afhangende van die By die 1ste baken
balans op een been hande sodat die nie- Daarna: Gooi ouderdom en doen leerders 10
vir 5 sekondes en dominante hand ook Dit kan een hop links, boontjiesakkie in die vermoë bons bv. spreispronge, waar
spring na volgende oefen. een hop op die lug op met Links, regs, albei die hande bo die kop
hoepel. bankie en een hop regterhand en vang hande, links, regs, geklap word. Tweede
Wanneer dit 10x met regs wees. Bepaal dit met linkerhand en albei hande. baken, spring 10x op
Wanneer hy deur al elke hand gedoen is, volgens die kind se andersom. Herhaal eenbeen op een plek.
die hoepels gespring spring dan tou vir 10x vermoë. 10x en gaan staan Vra die leerder met Ruil bene, 10x op die
het, maak hy 2 met beide voete gelyk dan weer agter in die watter hand hy dit ander been. Derde
vooroorrolle. en herhaal dan weer ry om op die tou te bons – links/regs? baken spring so hoog
boontjiesakkie loop. jy kan en klap jou
hande voor jou soveel
Indien die kind keer as moontlik –
sukkel, gooi dit op ook 10x.
met een hand en
vang met beide
hande.

Wat kan vandag geassesseer word?


14
1. Middellynkruising: Kyk hoe die leerder die bal weerskante van die balk of tou bons. Vind middellynkruising plaas? Kyk ook of die
leerder hul bene kruis wanneer daar oor die tou geloop word.
2. Balans: Wanneer hy op sy linker- of regtervoet land wanneer in die hoepel gespring word, kan hy/sy kompenseer en balans/ekwilibrium
handhaaf?
3. Reaksietyd en koördinasie: Om die boontjiesakkie op te gooi met die rugkant van die hand en dan met dieselfde hand te vang kan veral
vir jonger leerders ‘n uitdaging wees. Die aktiwiteit kan geassesseer word by 8-9 jarige leerders.

15
WEEK 5

Vir opwarming: Deel die leerders vooraf op in hul onderskeie groepe sodat hulle na hierdie aktiwiteit weet waar om te gaan sit. Leerders
hardloop op verskillende maniere in die vertrek rond en moet elke keer vries op bevel.
• Hardloop platvoet
• Hardloop op jou tone
• Hardloop stadig en vinnig
• Hardloop soos ‘n stokmannetjie (sonder om jou bene te buig)

Stasie 1 Stasie 2 Stasie 3 Stasie 4 Stasie 5 Stasie 6

Elke leerder staan by Trampoline: Elke Pak 3 bakens vir elke Die leerders moet op Liggaamskema Leerders speel
‘n baken ongeveer 3- leerder kry ‘n beurt twee maats uit. Die boontjiesakkies loop aktiwiteit middelmannetjie in
4m van mekaar af om die volgende uit bakens is ongeveer wat verskillende afgebakende area.
weg (2 maats oorkant te voer: 5m uit mekaar. By afstande van mekaar Baken ‘n area af Hulle mag
mekaar). Eers gooi i) Spring vorentoe af die eerste baken, en in verskillende waarin die leerders rondbeweeg
elke leerder sy eie van die trampoline doen die leerder 10x patrone gepak is. “Follow the leader”
boontjiesakkie in die (vanaf ‘n stilstaande jumping jacks, dan Hoepels kan tussen kan speel. Noem
lug op en kyk hoeveel posisie) loop hy soos ‘n krap boontjiesakkies gesit terme aan hulle soos
keer hy sy hande kan ii) Spring agteruit af tot by die volgende word waardeur hul laag, hoog, agtertoe,
klap voordat hy die van die trampoline baken. (Kraploop – moet klim sonder om stadig, vinnig ens.
boontjiesakkie weer (vanaf ‘n stilstaande sit op die sitvlak met van die sakkies af te Bewegings moet ook
vang. Nadat hulle dit posisie) die hande agter die val. kreatief wees.
15x gedoen het, gooi iii)Spring vorentoe op rug op die grond. Lig
een leerder vir die die trampoline nou die sitvlak op
ander ‘n iv) Spring agtertoe op deur op die hande en
boontjiesakkie wat die trampoline voete te steun) Tot
hy/sy moet vang. v) Spring in die by die laaste baken
Sodra hy die sakkie rondte op die loop hy soos ‘n tier.
gevang het, moet hy trampoline (Die “tier” beweeg
dadelik na die maat vi) Spring af en klap vorentoe deur sy
oorkant hom se jou hande voor jy hande gelyk ver voor

16
baken gooi en kyk of grond raak. hom neer te sit en
hy/sy dit kan vii) Kyk of jy elke keer dan met die voete
raakgooi. Elke maat as jy afspring jou gelyk nader te spring)
kry 10 beurte om na balans vir 3 tellings Hardloop terug.
sy maat se teiken te kan hou.
gooi en dan ruil hul Onthou om die knieë
weer om. te buig tydens
landings

Wat kan vandag geassesseer word?

1. Reaksietyd en boonste ledemaat koördinasie: Kyk na hoe die leerder die boontjiesakkie vang en na die teiken gooi. Is die bewegings
gekoördineerd en gooi hy onmiddelik na die teiken?
2. Bilaterale integrasie: Kyk of die leerders die dierlope (tier en krap) en jumping jacks suksesvol en gekoördineerd kan uitvoer.
3. Dinamiese balans: Kan die leerders hul balans hou terwyl hul van een boontjiesakkie na die volgende beweeg?
4. Ruimtelike oriëntasie: Stasie 4 – kan hulle die bewegings gekoördineerd en vloeiend uitvoer?
5. Perseptueel-motories: Is in al hierdie aktiwiteite ingebou. Kyk of die leerders kan beplan en aktiwiteite goed uitvoer.

17
WEEK 6

• Vir opwarming: Klap verskillende ritmes. Die leerders moet probeer om hierdie ritmes te herhaal. Spring daarna 10x op die een been
en 10x op die ander been. Dan so hoog die leerder kan vir 15x op altwee bene. Doen basiese strekke.

Stasie 1 Stasie 2 Stasie 3 Stasie 4 Stasie 5 Stasie 6

Die leerder skop ‘n Leerder staan Bons van tennisbal met Pak 3 bakens ongeveer 3m Springtou Rol van die een kant
sokkerbal oor twee 2m vanaf muur alternatiewe linker- en uitmekaar. van ‘n LO mat en
meter teen muur met en gooi bal teen regterhande: Maak seker die terug soos ‘n stomp.
alternatiewe linker- en muur en vang Baken 1: leerder spring met maak seker dat die
regtervoet. met beide Leerders in die Lê op jou sy op die vloer altwee voete. leerder se liggaam
hande. 7-12 ouderdomsgroep 5-7 met jou hand onder jou Indien hul vreeslik gestrek bly en dat sy
Let op: jaar = tennisbal, jaar kan die bal met die skouer. maak jou arm sukkel, moet ‘n bors, arms en kop
✓ Bilaterale 5-6jr 20cm bal voorkeurhand bons. reguit todat jou liggaam in hoepel eers soos oplig elke keer wat hy
integrasie Leerders vanaf 8 jaar die lug is in ‘n leun posisie. ‘n springtou op sy maag is.
tussen voete kan rondbeweeg in ‘n Hou jou hand op die merk, gebruik word
✓ Beheer van bal afgemete area, maar beweeg jou liggaam sodat die leerder Oefening is vir
met albei voete die patroon van rondom jou hand in ‘n kan agterkom wat vestibulêre stimulasie
✓ Postuur en alternatief regs dan sirkel. Hou jou liggaam die van hom/haar en refleksbeheer.
gekoördineer- links moet gehandhaaf hele tyd reguit. verwag word.
de word.
liggaamsbewe- Hardloop na baken 2
gings Let op:
✓ Koördinasie Baken 2: (Sit ‘n klein baken
tussen oë en ✓ Swak hand- ongeveer 1 en ‘n halwe
voete oogkoördina-sie meter van die 2 de baken
✓ Swak tot waar die leerder op sy
liggaamskon- heupe moet “loop”.)
trole en Sit op die vloer met jou
spierbeheer bene reguit voor jou en jou
arms gekruis voor jou bors.

18
Beweeg vorentoe deur een
heup en been vorentoe te
beweeg, dan die ander,
Hou jou bene die heeltyd
reguit.

Hardloop na baken 3

Baken 3:
Kniel op jou hande en
knieë. Lig een arm en die
teenoorgestelde been.
Beweeg vorentoe deur net
die arm en been wat op
die grond is te gebruik.

Wat kan vandag geassesseer word?

1. Liggaamsbewustheid: Kyk by stasie 4 of die leerder hierdie maniere van beweeg kan regkry. Indien hy/sy swak liggaamsbewustheid het,
sal die bewegings uiters moeilik uitgevoer word.
2. Hand-oog koördinasie: Kan die leerder ‘n bal met een of albei hande bons?
3. Bilaterale integrasie tussen voete: Kan die leerder die bal beheersd skop met albei voete? Moenie teveel penaliseer indien daar effens
gesukkel word met die nie-dominante voet nie.
4. Ruimtelike oriëntasie: Hoe oriënteer die kind homself ten opsigte van die al die aktiwiteite. Beweeg hy doelgerig of onseker.

19
WEEK 7

Vir opwarming: Al die leerders staan aan een kant van die vertrek teen die muur. Hul kry verskillende opdragte om te volg. Om seker te maak
dat hulle nie aan die uitgepakte stasies raak nie, waarsku hul dat hul “uit” sal wees indien hul aan enige van die apparaat raak. Die opdragte kan
insluit: Huppel, tweebeenspring, gallop (waar die een been lei), “slide”. Doen hierna basiese strekke.

Stasie 1: Stasie 2: Stasie 3: Stasie 4: Stasie 5: Stasie 6:

15x Jumping jacks: Om die STNR refleks teen Spring dubbelvoet Bucket ball: Bons en vang Versterkingsoefeninge
• Koördinasie te werk. Sien oor verskillende sokkerbal oor (asook vir kinestetiese
• Lateraliteit onderstaande notas. hoogte hekkies: Leerders staan oorkant afstand. (Variasie vir invoer wat nodig is vir
• Spierkrag • Ritme mekaar. Die een gooi ‘n verskillende liggaamsbewustheid):
• Spieruithouvermoë Beerloopsokker: • Plofkrag/Spie tennisbal onderarm en ouderdomsgroepe en
Twee merkers 3m weg rtonus die ander een probeer vermoëns) Vir die rug:
Vooroorrol: dien as doelpale. Die kind • Ruimtelike dit met ‘n groot baken • Ritme
neem ‘n beerloophouding oriëntering vang. Na 10x ruil die • Reaksietyd 1. Die leerling
Knyp ‘n boontjiesakkie (staan op hande en voete) leerders om. • Koördinasie staan
onder die ken vas terwyl in met die bal voor sy kop. Kruip daarna handeknieëstand
vooroorrolle uitgevoer word Gebruik nou die kop om onderdeur ‘n stoel en . Strek die
die bal liggies vorentoe te klim bo-oor die linkerarm
stoot tot deur die volgende stoel. vorentoe en die
doelpale. Die merkers kan Balanseer vir 10 regterbeen
ook in ‘n reguitlyn 2m van tellings op jou agtertoe. Ruil
mekaar geplaas word. Die REGTER voet en arms en bene.
kind moet die bal met ‘n daarna 10 tellings op Elke posisie word
zig-zag patroon tussen die jou LINKER voet. gehou vir 10
merkers deurstoot. tellings.
Gaan lê nou op jou 2. Die regterarm
Die kind met STNR sal maag. Hou jou hande vorentoe en die
vorentoe val omdat die onder jou skouers, regterbeen
arms gelyktydig met die stoot jou bolyf regop agtertoe. Ruil
bene buig en ‘n onstabiele terwyl jou bene en arms en bene.

20
posisie ontstaan. romp steeds op die Hou vir 10
grond lê. Trek jouself tellings.
nou vorentoe oor 5m
(kinestetiese invoer). Vir die skouers:
Herhaal die hele
baan. Staan ongeveer 50cm
van die muur met arms
vorentoe gestrek met
handpalms teen die
muur. Terwyl die lyf
reguit gehou word, word
die arms gebuig en
gestrek. Herhaal 3x15

STNR refleks: Symmetrical tonic neck reflex. Die STNR veroorsaak dat ‘n kind se bene die teenoorgestelde bewegings as die kop en arms
uitvoer. Indien die nek buig, buig die arms en die bene word reguit. Wanneer die nek reguit gemaak word, sal die arms ook regtuit word, maar
die bene sal buig. Kinders in die grondslagfase sal nog sekere gevolge hê van die STNR om een arm te gebruik sonder dat die ander arm ook
beweeg wat probleme kan veroorsaak met skryfbewegings en om die arms in opposisie met mekaar te gebruik. STNR veroorsaak ook dikwels
probleme om die teenoorgestelde bewegings met die arms te doen soos byvoorbeeld om knope vas te maak, om te masjeer, om te gooi, te skryf
en te teken.

Wat kan vandag geassesseer word?


1. Koördinasie: Kyk hoe die leerder jumping jacks uitvoer. Werk die arms en bene gesinchroniseerd saam?
2. STNR refleks – is hy geinhibeer? Kry die kind die “beerloopsokker” taamlik maklik reg?
3. Kyk na die versterkingsoefeninge. Koördinasie kan ook hier geassesseer word. Hoe lyk die kind se spierkrag?
4. Ruimtelike oriëntasie stasie 3: Kyk weer of die kind se bewegings vloeiend is.

21
WEEK 8

Opwarming: Hardloop stadig op een plek. Hardloop vinnig op een plek. Hop so hoog jy kan op een plek. Spring op een been op een plek.
Spring op jou ander been op een plek. Wisselspronge: Linkerhand vorentoe en regterbeen vorentoe. Wanneer die fluitjie blaas moet die
regterhand vorentoe en die linkerbeen vorentoe. Maak seker dit word korrek uitgevoer. Dit kan ook met ledemate aan dieselfde kant uitgevoer
word.

Stasie 1: Stasie 2: Stasie 3: Stasie 4: Stasie 5: Stasie 6:

Merk ‘n reguit lyn van Plaas ‘n hoepel tussen Loop op balk terwyl Doen die volgende in Kettingsokker: Leerders staan in ‘n
ongeveer 10m af. Plaas twee leerders. Hulle sokkerbal/tennisbal aflos format: Huppel sirkel met hul hande op
5 boontjiesakkies moet probeer om die gebons word. (Variasies oor 10m. Let op die Twee lyne 3m van mekaar se skouers. ‘n
alternatief aan die bal in die hoepel te vir verskillende korrekte uitvoering. Die mekaar. Een span staan Bal word nou in die
linker- en regterkant van bons. Die bal moet so ouderdomsgroepe) eerste keer moet hy kyk op die een lyn en die sirkel geplaas wat na
die lyn ongeveer 30cm gebons word dat dit vir • Balans hoe HOOG hy dit kan opponente op die ander enige leerder, deur
van die lyn af. Die sy maat moontlik is om • Ruimtelike uitvoer. Die volgende lyn met die arms om die enige leerder geskop
leerder moet nou hak te vang. oriëntasie keer hoe LAAG hy dit skouers. ‘n Bal word in kan word. Kyk of die bal
toon loop tot by die • Konsentrasie kan uitvoer. Dan weer die middel geplaas. Op binne die sirkel gehou
boontjiesakkie en dan Die aktiwiteit kan hoe VINNIG en die bevel beweeg die twee kan word.
op een been hurk om moeiliker gemaak word laaste keer moet hy kyk spanne vorentoe en
die sakkie op te tel en deur naby aan mekaar hoe STADIG hy dit kan probeer die bal skop. • Reaksietyd
dan weer ongeveer te staan en die bal hard uitvoer. Sodra die ketting • Koördinasie
30cm aan die ander kant in die hoepel te bons. verbreek word, moet
van die lyn neersit. Die kind sonder die bal die eers herstel word,
Tydens die optel en moet met sy rug na die voordat daar verder
neersit van die leerder staan met die gespeel kan word.
boontjiesakkie moet die bal en omdraai sodra hy
balans op eenbeen die bal hoor bons. • Samewerking
behou word. (Ouditiewe • Geduld
diskriminasie) • Kommunikasie
• Ekwilibrium • Propriosepsie
• balans

22
Wat kan vandag geassesseer word?

1. Balans en behou van ekwilibrium: Kyk hoe die leerder op die lyn loop en die boontjiesakkies optel en aan die ander kant van die tou
weer neersit. Kan hy/sy balanseer en beplan?
2. Perseptueel motories: Hoe kruip die leerder in en uit deur die leer? Kan hy/sy ‘n plan maak? Is hulle vloeiend in hul beweging?
3. Kettingsokker: Werk die kind goed saam?
4. Hoe is die kind se ratsheid/koördinasie om die bal binne die sirkel te hou (stasie 6)? Konsentreer hy/sy of dwaal die aandag af?

23
WEEK 9

Vir opwarming: Huppel op die plek. Gebruik handseine en wys aan leerders of hul vorentoe, agtertoe of na die kant moet huppel. Hou die
afstande kort. Doen basiese strekke.

Stasie 1: Stasie 2: Stasie 3: Stasie 4: Stasie 5: Stasie 6:

Vestibulêre stimulasie: Pak bakens in ‘n Wurmloop en Vestibulêre stimulasie: Rigtingbewustheid: Om Een leerder staan op ‘n
Die kind spring 15 driehoek patroon (moet volstruisloop: inligting en bewustheid boontjiesakkie (kinders wie
spronge op die rigting verander) en “Partner rocking” van die linker- en se balans goed is, kan op
trampoline en daarna reguit patroon. (In Leerder staan op Leerder sit oorkant regterkante van die een been staan. Die wie se
spin hy 15x na links en totaal ongeveer 10m) altwee sy hande en sy mekaar met hul voete liggaam oor te dra in die balans swak is, staan op
15x na regs met arms Die kind moet nou sy voete. Hy loop nou wat aan mekaar raak. ruimte. Dit behels twee bene. ) Afhangend
sywaarts uitgestrek. hande gebruik om eers vooruit met sy hande Hou mekaar se konsepte soos regs en van die ouderdom en
Gaan staan weer agter in ‘n gewone netbal bal en todat hy nie meer kan gewrigte vas. Die een links, op en af en voor en vermoë staan sy maat
die ry todat sy beurt is. daarna ‘n medisyne bal nie. Loop daarna maat leun agtertoe agter. ongeveer 5m van hom af
rondom die bakens te nader met voete todat terwyl die ander maat en probeer hom
Die vestibulêre sisteem is dribbel. Hy kan eers die hande weer vorentoe leun. Wieg Blinde sokker: Een maat ONDERARM met ‘n
die sensoriese sisteem met sy voorkeurhand vooruit kan loop. stadig heen en weer. word geblind doek. Pak boontjiesakkie raak gooi.
wat die grootste invloed (een kant toe), dan nie- Doen aflos tussen 2 Wieg ten minste 20x. bakens so uit sodat die Die kind op die
op ander sensoriese voorkeurhand (ander bakens 5m uit mekaar. Spring 10x tou en wieg “blinde” persoon die bal boontjiesakkie moet koes
sisteme het. Dit bepaal kant) en dan beide dan weer 20x. zig-zag rondom die sonder om van die
ook die vermoë van die hande saam. Herhaal Wanneer dit weer sy bakens kan dribbel. Die boontjiesakkie af te val.
kind om in die alledaagse ook met die voete. Die beurt is, hou hy sy maat wat kan sien moet Wanneer hy afval, ruil
lewe te funksioneer. Die hele baan word 1x met enkels vas en loop ook die blinde persoon hulle om.
modifiseer en integreer die gewone bal, dan 1x van een baken tot die daardeur lei. Ruil weer
inligting voordat dit na met die medisyne bal. volgende. maats om met die
die brein gaan. Duidelik Dan weer 1x met die terugkom.
dat daar groot uitvalle gewone bal en dan
kan wees as hierdie weer 1x met die
sisteem nie reg medisyne bal.
funksioneer nie.

24
Wat kan vandag geassesseer word?

1. Stasie 1: Vestibulêre stimulasie: Raak die kind vinnig baie dronk? Hou hy daarvan om in die rondte te draai terwyl hy spring of wil
hy dit vermy? Indien die kind hier onnatuurlik voorkom, kan sy vestibulêre sisteem oor- of ondergestimuleerd wees.
2. Stasie 5: Kan die kind sy maat deur die bakens lei, of het hy geen rigtingbewustheid nie. Dit sal ook gesien word wanneer die kind
opdragte moet uitvoer.
3. Stasie 3: Koördinasie: Hoe word die “wurmloop” en “volstruisloop”uitgevoer? Is die gekoördineerd en vloeiend?
4. Stasie 6: Het die kind goeie balans? Is daar goeie, vloeiende kompenserende bewegings of val hy sommer maklik om. Koes hy in die
regte rigting?

25
WEEK 10

Die laaste week voor die vakansie:

Speel enige speletjies met die leerders.

Speletjies kan wees soos potte en panne, krappe en kraaie, builders en bulldozers in die groot groep ens ens. Indien u ‘n tekort aan idees het,
kom vra gerus!

Dit sou goed wees indien u in een van die twee ure ‘n groot hindernisbaan kan uitpak waar die kinders verskeie aktiwiteite kan uitvoer wat
komponente bevat waaraan daar deur die jaar gewerk is bv:

1. Links-om
2. Regs-om
3. Onderdeur
4. Bo-oor
5. Tweebeenspring
6. Glypasse
7. Gallop
8. Huppel
9. Wisselspronge
10. Jumping Jacks
11. Star Jumps
12. Touspring/Hoepelspring

26

You might also like