You are on page 1of 8

Randfontein High

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL


GRAAD 12

SKRIFTELIKE ASSESSERINGSTAKE
HIERDIE DOKUMENT SLUIT IN:
LANGER TRANSAKSIONELE SKRYFSTUK (TAAK 2)
OPSTEL (TAAK 3)
LETTERKUNDE PROJEK (TAAK 7)

Let wel: Die inhoud van hierdie dokument word nie ingesluit in die leerders se Assesseringslêer
nie, maar slegs in die onderwyser se lêer. Slegs die respons van die skryfstukke naamlik
beplanning en finale skryfstukke word in die leerder se Assesseringslêer ingesluit. Die
skryfstukke moet duidelik genommer en gedateer word in ooreenstemming met die
Assesseringsprogram.

Hierdie dokument bestaan uit 26 bladsye.


DISTRIK: GAUTENG WES

SKOOL: Randfontein High School

DATUM: Februarie 2024

VAK: Afrikaans Eerste Addisionele Taal

GRAAD: 12

TAAK 2 Skryf: Lang Transaksioneel

PUNTE: 30

TYDSDUUR: 60 minute

INSTRUKSIES EN INLIGTING
• Skryf ʼn lang transaksionele teks van 120 tot 150 woorde oor enige EEN van die
volgende onderwerpe.
• Skryf die vraagnommer korrek neer en voorsien jou finale teks van ʼn opskrif.
• Jy moet jou skryfwerk beplan en bewyse van beplanning / redigering gee.
• Dui jou finale produk duidelik aan deur seker te maak dat jou beplanning en eerste
poging doodgetrek is.
Dit is belangrik om die volgende in gedagte te hou wanneer jy die skryfstuk skryf:
1. Gebruik die foliopapier waarop jy skryf as volg:
• Doen beplanning op die linkerkantste bladsy en skryf jou finale poging altyd
regs.
• Dit maak dit net makliker vir die nasiener om na te sien.
2. Doen volledige beplanning. Die bewys van beplanning moet ingehandig word
omdat dit in aanmerking geneem word by die finale puntetoekenning.
3. Die beplanning moet aansluit by die finale skryfstuk, anders dien dit geen doel
nie.
4. Trek ‘n potloodlyn deur jou beplanning sodat dit nie as die finale skryfstuk
beskou kan word nie.
5. Skryf die TAAKNOMMER en die DATUM bo-aan jou folio papier.
6. Skryf netjies en leesbaar en gebruik ‘n blou pen.
(Daar is ‘n spesifieke rede daarvoor. Die onderwyser merk in rooi.
Die interne moderering op skoolvlak word in swart gedoen en die Distrik
modereer in groen.)
7. Onthou om die titel van die tipe LANGER skryfstuk neer te skryf (bv. toespraak,
brief)
8. Die FORMAAT van die skryfstuk is belangrik en word in ag geneem wanneer
punte toegeken word.
9. Tel die aantal woorde waaruit jou skryfstuk bestaan om te verseker dat dit aan die
vereiste lengte voldoen. Skryf dit dan onderaan jou skryfstuk neer.

OPDRAG
• Kies EEN onderwerp en skryf 120-150 woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die opskrif van die teks wat jy kies, bo-aan jou
skryfstuk neer.

1.1 FORMELE TOESPRAAK


Jou dorp het ʼn projek om die oop, onbenutte, rommelverstrooide velde in die
omgewing skoon te maak. Jy wil graag die leerders van jou vorige skool aanmoedig
om met die projek te help.
Skryf die formele toespraak wat jy tydens die skoolbyeenkoms gaan lewer,
neer. [30]

1.2 RESENSIE
Jy het ʼn baie goeie Afrikaanse boek gelees en voel ander tieners moet dit ook
lees.

Skryf ʼn RESENSIE oor dié móét-lees-boek. [30]

1.3 INFORMELE E-POS


ʼn Familielid het jou baie met jou voorbereiding vir die eindeksamen
gehelp.

Skryf 'n INFORMELE E-POS aan hierdie persoon om dankie te sê vir


sy/haar hulp. [30]

1.4 KOERANTBERIG
Die plaaslike kragsentrale in jul dorp word gedurig gesaboteer en dit lei tot groot
ongelukkigheid by die inwoners. Die skuldiges word op heterdaad deur die
gemeenskap gevang en pandemonium breek uit.
Skryf ʼn koerantberig oor wat daar gebeur het. [30]

NASIENRIGLYNE
Die transaksionele skryfstuk sal aan die hand van die onderstaande rubriek nagesien
word:
LANG TRANSAKSIONELE TEKS – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL [30]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende


15 – 18 11 – 14 8 – 10 5–7 0–4
INHOUD, 1. Respons: 1. Respons: 1. Respons: 1. Respons: 1. Respons:
BEPLANNING Uitsonderlik. Baie goed en Voldoende. Basies. Toon geen
& FORMAAT Bo demonstreer Toon kennis Toon geringe kennis van
verwagting. goeie kennis van kenmerke kennis van kenmerke van
Respons en Grondige van van die soort kenmerke die soort teks
idees. kennis van kenmerke teks. Nie van die soort nie. Betekenis
• Organiserin kenmerke van die soort heeltemal teks. is onduidelik
g van idees van teks. teks. Behou gefokus nie. Aanduiding met groot
vir Skryfstuk fokus. Daar Enkele van fokus, afwyking.
beplanning, behou fokus. is geen afwykings. maar met 2. Idees: Geen
doel en 2. Idees: afwyking nie. 2. Idees: afwykings. samehang in
gehoor. Intelligent. 2. Idees: Baie Redelike 2. Idees: idees en
• Kenmerke / Volwasse en goed samehang in Inhoud en inhoud nie.
konvensies behoorlik uitgebrei met inhoud en idees nie Baie min
en konteks. uitgebrei met detail wat die idees. altyd detail
detail wat die onderwerp Sommige samehangen ondersteun
(18) onderwerp ondersteun. detail d nie. Min die
ondersteun. Samehang in ondersteun detail onderwerp.
Samehang in inhoud en die ondersteun 3. Formaat:
inhoud en idees. onderwerp. die Nodige reëls
idees. 3. Formaat: 3. Formaat: onderwerp. van formaat
3. Formaat: Gepas met Gepas, maar 3. Formaat: nie toegepas
Gepas en onbeduidend met enkele Nodige reëls nie.
akkuraat. e foute. foute. van formaat
vaagweg
toegepas.
Kritiese foute
begaan.
TAAL, STYL & 10 – 12 8–9 6 –7 4 –5 0–3
REDIGERING 1. Toon, 1. Toon, 1. Toon, 1. Toon, 1. Toon,
• Toon, register, register, register, register, register,
register, styl styl en styl en styl en styl en styl en
en woordeskat woordeskat woordeskat woordeskat woordeskat
woordeskat : Hoogs : Baie geskik : Geskik vir : Minder : Stem nie
is geskik vir geskik vir vir doel, doel, gehoor geskik vir ooreen met
doel / effek doel, gehoor gehoor en en konteks. doel, gehoor doel, gehoor
en konteks. en konteks. konteks. Woordeskat en konteks. en konteks
• Woordkeus 2. Grammatik Baie goeie voldoende. 2. Grammatik nie.
e, a: Akkuraat woordeskat. 2. Grammatik a: Woordeskat
taalgebruik en goed 2. Grammatik a: Enkele Onakkuraat nie geskik
en gekonstruee a: Oor die grammatika met etlike vir doel nie.
konvensies, r. algemeen foute. foute. 2. Grammatik
punktuasie, 3. Foute: korrek en 3. Foute: 3. Foute: a: Besaai
grammatika Feitlik goed Belemmer Belemmer met foute en
en spelling foutloos. gekonstruee nie betekenis. verward.
r. betekenis 3. Foute:
(12) 3. Foute: nie. Betekenis
Oorwegend word ernstig
foutloos. belemmer.

1.1 FORMELE TOESPRAAK

FOKUS
Die leerder lewer ʼn formele toespraak tydens die skoolbyeenkoms om
leerders aan te moedig om met die skoonmaak van die oop, onbenutte,
rommelverstrooide velde in die omgewing te help.
VEREISTES
• Die toespraak word gelewer om die leerders aan te moedig om met die
skoonmaak van die oop, onbenutte, rommelverstrooide velde in die omgewing te
help.
• Die formele toespraak begin met die groet van die aanwesiges op ʼn
gepaste wyse, byvoorbeeld: Goeiemôre leerders.
• Die inhoud van die formele toespraak se taalgebruik en styl is formeel.
• Die inhoud moet georden, logies en interessant wees.
• Die inhoud moet in ʼn stygende orde van belangrikheid aangebied word.
• Samehang is baie belangrik.
• Die toon en register is respekvol.

FORMAAT
• Opskrif
Dit is ʼn bondige weergawe van die inhoud van die toespraak, bv. Die
skoonmaak van die dorp se rivier.
• Aanhef
Die gehoor, nl. die leerders word gegroet, bv. Goeiemôre, leerders.
• Inleidende paragraaf
In die inleidingsparagraaf word die onderwerp ingelei en die leerders se
aandag word getrek. Die openingsin is baie belangrik.
• Paragraaf 2 en verder
Die liggaam word in verskillende hoofpunte verdeel en dit word in
verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek.
• Slotparagraaf
ʼn Treffende slot som die onderwerp op.

1.2 RESENSIE

FOKUS
Die leerder skryf ʼn resensie oor ʼn Afrikaans moet-lees boek.

KENMERKE
• ʼn Resensie word geskryf as iemand iets beoordeel.
• Die boek word bespreek.
• Daar word kommentaar daarop gelewer.
• Om ʼn mate van objektiwiteit te handhaaf, word die teks gewoonlik in die
derde persoon geskryf.
• Die inhoud moet voldoende feite bevat om die leser te oorreed om die
boek te lees of nie.
• Die titel gee gewoonlik klaar ʼn aanduiding van die skrywer se mening.
• In die eerste paragraaf word die boek se naam gegee, gesê of die boek
goed of sleg is. Die name van die skrywer en die karakters word gegee.
• Die tweede paragraaf kan ʼn algemene indruk oor die boek gee.
• Die derde paragraaf kan iets oor die inhoud van die boek vertel.
• Die vierde paragraaf kan meer oor die taal van die boek vertel.
• Die slotparagraaf kan die resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/
samevatting en aanbeveling van die boek gee.

FORMAAT
• Die resensie moet ʼn titel hê.
• Die resensie word in paragrawe geskryf.

1.3 DIE INFORMELE E-POS

FOKUS
Iemand in die kandidaat se familie (ook iemand in uitgebreide familie) het
hom/haar baie gehelp om goed voor te berei vir die eindeksamen OF het
hom/haar met iets gehelp sodat hy/sy die eindeksamen met goeie gevolg kon
slaag. Die kandidaat skryf 'n informele e-pos aan hierdie familielid om dankie
te sê vir sy/haar hulp

Die e-pos, die verkorting vir elektroniese pos, is die verspreiding van boodskappe
of die deel van inligting via die internet na ’n spesifieke ontvanger of ontvangers.
Die boodskappe lig in en dit handhaaf ook verhoudings. Dié manier van
kommunikasie word gereeld gebruik.

Kenmerke van die e-pos:


⚫ Die formaat en inhoud van ’n e-pos is soortgelyk aan die skryf van die
informele brief.
⚫ ’n Informele e-pos word gewoonlik aan iemand geskryf wat jy goed ken,
soos ’n vriend of familielid.
⚫ Die aanhef en afsluiting is informeel. (Beste/Liewe Susan, Dankie./Groete.)
⚫ Die informele e-pos het ’n meer informele struktuur alhoewel dit in paragraaf-
formaat geskryf moet word.
⚫ Taalgebruik is meer informeel aangesien jy die persoon waarvoor jy skryf,
goed ken. Verkortings kan gebruik word. Hier is ’n paar vooreeldsinne:
- Daar’s ’n slang in die gras. (Daar is ’n slang in die gras.)
- Ek wetie wat aangaan nie. (Ek weet nie wat aangaan nie.)
⚫ Toon en register kan in die formaat van ’n gesprek en informeel wees

VOORBEELD

Van Skryf jou e-posadres


Aan Ontvanger se e-posadres
Datum Skryf die datum
AA Dit is die ontvangers vir wie se aandag
die e-pos ook gestuur word.
Onderwerp Dit is ’n opsomming van die inhoud van
die e-pos.
Boodskap:
Sluit die inleiding, uitbreiding in paragrawe en slot in.
Versender se naam Die versender se adres wys
outomaties wanneer die e-pos ontvang
word.

1.4 KOERANTBERIG

FOKUS:
Die leerder skryf ʼn berig vir die plaaslike koerant oor die pandemonium wat
uitbreek in die dorp nadat hulle die skuldige saboteurs van die plaaslike
kragstasie op heterdaad betrap.

VEREISTES:
• Getal woorde: 120-150.
• Dis ʼn berig oor die pandemonium wat uitbreek in die dorp wat in ʼn
koerant gepubliseer word.
• Die berig sal lesers inlig oor wat daar gebeur het.
• Die onderwerp moet in die titel saamgevat word.
• ʼn Subtitel of kort beskrywing kan ook gegee word.
• Die omgekeerde piramide-metode word vir die lyf van die berig gebruik.
• Die meeste feite word kortliks in die eerste paragraaf weergegee: Wie,
wat, waar, wanneer, waarom en hoe.
• Wie? Wat? Wanneer? Waarom? Hoe? vrae word in die volgende
paragrawe uitgebrei.
• Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid
gegee.
• Deeglike kennis oor die onderwerp is belangrik.
• Taal en styl is formeel.
• Die slot kan ʼn samevatting van die berig wees.

FORMAAT:
• Die koerantberig kan in paragrawe of kolomme aangebied word.
• Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
• Die belangrikste sake moet eerste gestel word.
• Aanhalings kan gebruik word.

STYL:
• Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. (Die teikengroep
is
die inwoners van die dorp.)
• Hierdie berig is formeel en informatief van aard.
• Die berig moet oortuigend en geloofwaardig wees.
• Nugter en saaklike feite word weergegee.

You might also like