You are on page 1of 16

INTERMEDIÊRE FASE

GRAAD 6

NOVEMBER 2017

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

PUNTE: 30

TYD: 2 uur

NAAM EN VAN:

*6AFAL3*

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.


2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

AFDELING A: Kreatiewe skryfwerk (15 punte)


AFDELING B: Transaksionele teks (15 punte)

2. Skryf netjies en leesbaar.

3. Lees jou vrae en instruksies deeglik.

4. Gee aandag aan spelling, leestekens en sinskonstruksie.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 3

AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK – ʼn STORIE (OPSTEL)

Kies EEN van die onderstaande onderwerpe en skryf ʼn storie van ongeveer 150
woorde (4–5 paragrawe en 4–5 sinne per paragraaf ).

ONTHOU DIE VOLGENDE

1. Beplan jou storie.


Gebruik ʼn kopkaart / vloeidiagram of sleutelwoorde.
Hersien, redigeer en skryf jou finale weergawe.

2. Skryf ʼn openingsin.

3. Gebruik verbindingswoorde. (en, maar, want, omdat, ens.)

4. Gebruik byvoeglike naamwoorde. (beskrywende woorde)

5. Skryf ʼn gepaste slot.

6. Hou by die onderwerp.

7. Let op spelling, woordeskat en leestekens.

8. Onthou om ʼn titel vir jou storie neer te skryf.

9. Tel die woorde aan die einde van die skryfstuk en skryf dit tussen hakies
onderaan die skryfstuk neer.
Let wel: Die titel word nie in aanmerking geneem wanneer die woorde aan
die einde van die skryfstuk getel word nie.

1.1 Skryf oor die dag toe jy ʼn R200-00 noot opgetel het.
Jy mag van die volgende idees in jou skryfwerk gebruik:

 Vertel hoe jy gevoel het toe jy dit optel.


 Wat het jy daarmee gedoen?
 Hoe het dit wat jy gedoen het jou laat voel? [15]

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017)

1.2 Beskryf ʼn ontmoeting met ʼn bekende persoon.


Jy mag van die volgende idees in jou skryfwerk gebruik:

 Wie was die persoon wat jy ontmoet het?


 Waar het jy die persoon ontmoet?
 Wanneer het jy die persoon ontmoet?
 Hoe het die persoon gelyk / opgetree?
 Hoe het die ontmoeting jou laat voel? [15]

OF

1.3 Vertel waarom jy van honde hou.


Jy mag van die volgende idees in jou skryfwerk gebruik.

 Dink aan uitdrukkings soos: “’n Hond is ʼn mens se beste vriend.”


 Honde kan mense help.
 Honde is altyd bly om jou te sien.
 Hoe laat jou troeteldierhond jou voel? [15]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 5

OPSTEL - BEPLANNING

RAAMWERK
SKRYF ’n STORIE / OPSTEL
ONDERWERP:
___________________________________________________________

• _________________________
Paragraaf 1: _________________________
INLEIDING • _________________________
_________________________

• _________________________
Paragraaf 2: _________________________
MIDDEL • _________________________
_________________________

• _________________________
Paragraaf 3: _________________________
• _________________________
MIDDEL _________________________

• _________________________
Paragraaf 4: _________________________
• _________________________
MIDDEL _________________________

• _________________________
Paragraaf 5: _________________________
SLOT • _________________________
_________________________

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017)

OPSTEL – FINAAL

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017)

Puntetoekenning vir VRAAG 1.

OPSTEL:

KRITERIA MAKSIMUM LEERDER


PUNT PUNT
Uitleg 5
Taalgebruik en -strukture 6
Inhoud 4
TOTAAL 15

TOTAAL AFDELING A: 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 9

AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKS

ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF ÓF ʼn PLAKKAAT

Kies EEN van die onderstaande onderwerpe en skryf ʼn vriendskaplike brief


OF ontwerp ʼn plakkaat om ʼn nuwe hamburger bekend te stel.

ONTHOU DIE VOLGENDE

1. Gebruik die regte formaat vir jou informele brief.

2. Jou brief moet 80–100 woorde lank wees en ten minste VIER
PARAGRAWE met 2–4 sinne per paragraaf bevat.

3. Tel jou woorde en dui dit aan.

4. Gee aandag aan taalgebruik, spelling en leestekens.

2.1. Skryf ʼn brief aan jou vriend(in). Vertel hom/haar van ʼn vakansie waarop
julle familie gegaan het.
Jy mag van die volgende idees in jou brief gebruik:

 Waarheen het julle gegaan? (see / wildtuin / berge / plaas)


 Wanneer was die vakansie?
 Wat het julle gedoen of gesien?
 Het jy daarvan gehou of nie en waarom / waarom nie? [15]

OF

2. Skryf ʼn brief aan jou vriend(in). Vertel vir hom/haar van die wonderlike
present wat jy vir jou verjaardag gekry het.
Jy mag van die volgende idees in jou brief gebruik:

 Wat was die present?


 Wie het dit vir jou gegee?
 Hoe het jy gevoel toe jy dit gekry het?
 Wat kan jy daarmee doen?
 Waarom hou jy so baie daarvan?

[15]

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017)

Ontwerp ʼn plakkaat om ʼn nuwe hamburger bekend te stel.

ONTHOU DIE VOLGENDE

1. Gebruik kleur en lettertipes wat jou plakkaat laat uitstaan.

2. Jy mag van slagspreuke gebruik maak.

3. Gebruik visuele beelde soos prente of ontwerpe op jou plakkaat.

4. Maak dit interessant en trek die leser se aandag.

5. Gee aandag aan spelling en leestekens.

Jy mag van die volgende idees op jou plakkaat gebruik:

 Tipe hamburger (dink aan bestanddele wat daarop is, soos


byvoorbeeld: kaas, blaarslaai, tamatie, souse, pynappel, mosterd,
spekvleis, biltong, eier, avokadopeer, rissie, agurkies, ens.)
 Kies die teikenmark, byvoorbeeld: ouers, tieners, kinders,
studente.
 Dui die prys van die burger aan en waar dit gekoop kan word.
 Dink aan ʼn interessante en aantreklike uitleg en ontwerp.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 11

BRIEF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017)

OF

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


(EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 13

PLAKKAAT

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 (EC/NOVEMBER 2017)

Puntetoekenning vir VRAAG 2.

BRIEF:

KRITERIA MAKSIMUM LEERDER


PUNT PUNT
Uitleg 5
Taalgebruik en -strukture 6
Inhoud 4
TOTAAL 15

PLAKKAAT:

KRITERIA MAKSIMUM LEERDER


PUNT PUNT
Uitleg 6
Taalgebruik en -strukture 4
Inhoud 5
TOTAAL 15

TOTAAL AFDELING B: 15
GROOTTOTAAL: 30

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

You might also like