You are on page 1of 6

Filosofie (GFILO370)

OPDRAG 2 100 PUNTE


INHANDIGINGSDATUM: 9 September 2022 om 18:00
ASSESSOR: Mnr. Pierre F. Muller
MODERATOR: Dr Hercules Boshoff

INSTRUKSIES
■ Moet nie die handboek oorskryf nie. Gebruik jou eie woorde waar van toepassing.
Indien daar uit die handboek aangehaal of geparafraseer word, moet teks- en
bronverwysings gebruik word. Verwys na die Akademia-verwysingsgids verkrygbaar
op die Spens vir meer inligting in hierdie verband.
■ Beantwoord die opdrag slegs in Afrikaans.
■ Beantwoord hierdie opdrag so volledig as moontlik en gebruik die rubrieke as riglyn.
■ Voorblad moet die volgende inligting bevat: Elke student se volle naam en van,
studentenommer, en studiesentrum; sowel as program, vaknaam en vakkode en
opdragnommer.
■ Geen handgeskrewe opdragte sal aanvaar word nie.
■ Opdragte mag slegs in PDF-formaat (Arial 11, lynspasiëring 1,5) ingedien word.
Benoem die opdrag korrek.
■ Geen uitstel sal vir opdragte gegee word nie.
■ Let wel: Jou opdrag mag inhoud bevat wat nog nie in die kontaksessies behandel is nie.
Dit is die student se verantwoordelikheid om self deur die studiemateriaal te werk ten
einde die opdrag te kan beantwoord. Verwys ook na die akademiese databasis,
EBSCOhost, op die Spens as navorsingsbron.

1
2
Opstel 2 [100]
Instruksie:
Skryf ʼn opstel van 2000-3000 woorde waarin u ʼn kritiese uiteensetting van
die belangrikste aspekte van die Marxisme en die Fenomenologie met
betrekking tot Suid-Afrikaanse intellektuele geskiedenis gee.

In die opdrag doen die volgende:

a) Gee ʼn basiese uiteensetting van Suid-Afrika se intellektuele geskiedenis


soos dit met die filosofie saamhang.

b) Beskryf in besonder die ontwikkeling en gevolge van Marxisme en


fenomenologie in Suid-Afrika.

c) Verskaf u eie kritiese slotsom oor die toestand van filosofie as dissipline
in Suid-Afrika.

Die doel van hierdie werksopdrag is om te sien of u die belangrikste idees


van die Marxisme en die Fenomenologie binne die Suid-Afrikaanse
konteks kan identifiseer, dit in u eie woorde kan verduidelik en gevolglik
begrip en kritiese insig daarvan kan demonstreer
Spesifieke instruksies:
1. Vermy plagiaat. Plagiaat kan lei tot dissiplinêre stappe.
2. Hierdie assessering benodig ʼn inleiding, slot en gevolgtrekking.
3. Verwysings volgens die Politiek, Filosofie en Ekonomie program se
vereistes.
4. Gebruik die voorgeskrewe materiaal as primêre bronne.
5. U gaan punte verdien vir akademiese taalgebruik, uiteensetting en
formaat.
6. U moet ʼn bronnelys insluit.
7. U moet die opdrag benader deur die voorgeskrewe materiaal
deeglik te bestudeer om sodoende die werk te verstaan. Daarna
moet u die opsomming neerpen en ʼn paar keer hersien ten einde

3
die substantiewe inhoud, vloei en algemene kwaliteit en taalgebruik
te verbeter. Die aantal woorde moet deurgaans ingedagte gehou
word.

4
Nasien-kriteria Uitsteken Goed Bevredig Onbevr NVT Pun Uit
d end edigend t

Inleiding: 15
 Is die inhoud van die opstel, vir
die leser, via doelstellings,
toeganklik?
 Word die sentrale vraagstelling,
sowel as die argument(e) wat
voorgestel word, duidelik
gestel?
 Word ʼn logiese argument, in
wat gaan volg, voorsien?
Bespreking van die argument as 50
inhoud:
 Word die sentrale vraag
verstaan en word gepas daarop
geantwoord?
 Suksesvolle identifisering van
relevante akademiese literatuur
en leeswerk.
 Word sleutelbegrippe en
konsepte akkuraat gebruik?
 Het die student, waar nodig,
buite die noodsaaklike leeswerk
gelees?
 Het die student toepaslike
voorbeelde verskaf waar
nodig?
Gevolgtrekking: 15
 Word die gevolgtrekking(s)
opgesom?
 Word die argument(e) en die
ondersteuning daarvan, in die
gevolgtrekking verduidelik?
Tegniese verwysings, styl en 20
aanbieding:
 Maklik om te lees, vloeiend en
toepaslike skryfstyl.
 Korrekte grammatika en
spelling.
 Konsekwente en akkurate
gebruik van die
verwysingstelsel.
 Vereiste formaat en lengte.

1.1 PUNTE:

Verdere opmerkings (indien van toepassing)*


Assess
ering deur:

P Duvenage

* Let asseblief op dat die nasien-raamwerk hierbo dui op watter aspekte van die opstel (werkopdrag)
bevredigend of onbevredigend gedoen is. Waar nodig, word kommentaar in die onderafdelings van die opstel
gelewer. Verdere opmerkings kan ook gelewer word as 'n wesenlike kwessie aangespreek is. Indien studente
meer inligting verlang, is hulle welkom om ʼn afspraak met hulle dosent as assessor te maak.

You might also like