You are on page 1of 21

Die skryfproses

Adean van Dyk


2021
AFK1501
Departement Afrikaans en
Algemene Literatuurwetenskap

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Unisa)


Doel
• Besinning rondom die skryf van akademiese tekste, spesifiek die
proses van skryf.
• Voor jy met die skryf van jou literêre essay begin, moet jy eers beplan
wat jy gaan skryf.
• Die suksesvolle skryf van ‘n essay behels verder ook dat jy jou teks
hersien, redigeer en herskryf.

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
*Nota
• Die riglyne vir die skryf van ‘n literêre essay word nie in hierdie notas
behandel nie.
• Sien asb. Dr. Neil van Heerden (2016) se uitgebreide notas, “Riglyne
vir die skryf van literêre essays”, op die myUnisa hoofblad onder
“Additional Resources”.
• Let daarop dat hierdie notas slegs as ‘n hulpbron tot die skryf van ‘n
essay dien.

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
Skryfproses
• Die suksesvolle skryf van enige teks hang nie net van die inhoud
daarvan af nie, maar ook van hoe jy die skryfproses benader.
• Op skool het jy geleer dat die skryfproses uit ‘n aantal stappe bestaan,
veral as jy onder die KABV-kurrikulum matrikuleer het.
• Die stappe is as volg:
1. Beplanning
2. Konsep
3. Hersiening
4. Redigering
5. Proeflees en aanbieding

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
Klem op PROSES
• Leer vind in die uitvoer van die proses plaas.
• Juis omdat die skryftaak as ‘n proses
aangepak word, leer jy as’t ware hoe om doelgerig

Die fases van skryf •


te skryf.
Die doel agter die skryf van ‘n essay is dus nie net om
inhoud akkuraat te kommunikeer nie, maar ook om ‘n
logiese argument te bou en jou as skryftalent te ontwikkel.

• Hierdie 5 stappe kan in 3 fases saamgevat word:


1. Beplanning / Pre-skryffase
• Beplanning
• Bestudering van teksformaat
2. Skryffase Let daarop dat hierdie fases soms kan oorvleuel.
• Eerste konsep Skryf is in wese ‘n dinamiese, vloeibare proses
waartydens die skrywer konstante veranderinge/
• Herskryf: Tweede konsep verbeteringe moet aanbring.

• Herskryf: Derde konsep


3. Post-skryffase
• redigering

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
1. Beplanningsfase (Pre-skryffase)
• Pre-skryffase: pre- vind plaas vóór jy begin skryf.
• Hiertydens is die skrywer hoofsaaklik besig om te dink.
• Moet dus nie dadelik begin skryf nie
• Skenk genoeg tyd aan die denkproses betreffende:
• Inhoud: onderwerp – waaroor handel die essay?
• Struktuur: tekstipe – waste soort teks word verwag? (bv. literêre essay)
• Hoe lyk so ‘n teks? Wat is die kriteria van so ‘n teks?
• Het ek ‘n modelteks (voorbeeld) om vooraf te bestudeer?
Belangrik
• Die klem in hierdie fase is nie akkuraatheid nie, maar eerder
vloeibaarheid.
• Poog om so veel as moontlike idees betreffende die inhoud en struktuur
van die teks op skrif te kry.
• Hierdie fase is vir jou eie gewin en daarom word vloeibaarheid
nagestreef,
© Adean omdat idees/denke
van Dyk bygevoeg/weggeneem
2021 (Departement Afrikaans enkan word.
Algemene
Literatuurwetenskap, Unisa)
Vra jouself die
volgende vrae
1. Beplanningsfase: tekssoort om doelgerig
te beplan

• Formaat:
• Watse soort teks moet ek skryf? (bv. literêre essay)
• Hoe lyk so ‘n teks?
• Watter eienskappe het die teks?
• [Sien Dr. Neil van Heerden se riglyne vir litrêre essays op myUnisa]
• Teikengroep / leser:
• Vir wie word die teks geskryf? / Wie gaan dit lees/beoordeel? (bv. dosent,
tutor, ens.)
• Sê dit iets oor die register en toon wat gebruik moet word?

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
1. Beplanningsfase: tekssoort
• Doel:
• Wat het die teks as doel?
• Om slegs inligting oor te dra, soos deur ‘n koerantberig?
• Om ‘n storie vertel? (kortverhaal, narratiewe essay)
• Om die leser van ‘n argument te oortuig, soos deur ‘n beredenerende essay?
• Register:
• Formeel of informeel?
• Wie is die leser?
• Wat is die konteks waarin die essay moet kommunikeer? (bv. ‘n akademiese teks)

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
1. Beplanningsfase: beplanning van inhoud
• Selfs is jy vertroud met die tipe teks wat jy moet skryf, moet jy die inhoud
van jou essay deeglik beplan. Moet nie bloot begin skryf nie.
• Vra jouself eerstens waaroor jy moet skryf: wat is die onderwerp?
• Kyk wat verg die vraag…
• Byvoorbeeld: Skryf ‘n essay waarin jy die roman Dorado deur Tom Dreyer as ‘n
magies realistiese roman bespreek.
• Skenk in jou essay aandag aan die volgende aspekte:
• Wat is magiese realisme?
• Watter gebeure in Dorado kan as magies realistiese gebeure beskou word?
• Hoe skep die vermenging van werklikheid en illusie ʼn magies realistiese atmosfeer in die roman?
• Hoe dra die vismotief by tot die feit dat ʼn mens die roman kan beskou as magies realisties?
• Hoe dra die feit dat Gilbert optree as ʼn onbetroubare fokalisator by tot die magies realistiese aard
van die roman?

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
1. Beplanningsfase: beplanning van inhoud
• Vra jouself nou begeleidende vrae ten opsigte van die onderwerp:
• Wat weet ek van die onderwerp?
• Wat is die doel met die skryfstuk?
• Wat wil/moet ek oor die onderwerp uitvind/navors?
• Wat is my navorsingbronne?

Wenk
• Maak van visuele ordeningsstrategieë, soos bv. ‘n
breinkaart, gebruik om jou idees neer te pen.

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
Stap 1: Skryf alle idees neer Vlotheid vs. korrektheid
• Klem op vlotheid (nie op reg/verkeerd nie)
Idee • Kry so veel as moontlik idees op papier,
moet nie nou bekommer of die “reg” is nie.
Idee Idee
Idee
Idee Idee Idee
Idee
Idee Idee
Idee Idee

Idee
Onderwerp:
Idee Idee Idee
Dorado as
Idee Idee
magies
Idee Idee realistiese
roman Idee Idee
Idee

Idee Idee

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
Stap 2: Sif die idees Vlotheid vs. korrektheid
• Maak seker dat alle idees verband hou met die onderwerp. • Klem op vlotheid (nie op reg/verkeerd nie)
• As dit nie doen nie, skrap dit. • Kry so veel as moontlik idees op papier,
• Maak seker dat die idees genoegsaam is om die vraag volledig moet nie nou bekommer of die “reg” is nie.
te antwoord. Idee
• Klem is steeds op vlotheid – nog idees kan later bygevoeg word

Idee Idee
Idee
Idee Idee
Idee

Onderwerp:
Idee
Dorado as
Idee
magies
Idee
realistiese
roman Idee Idee
Idee

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
Stap 3: Ordening Vlotheid vs. korrektheid
• Orden die idees op sinvolle manier sodat die opdragvraag beantwoord word. • Klem op vlotheid (nie op reg/verkeerd nie)
• Sinvolle ordening van idees lei tot: • Kry so veel as moontlik idees op papier,
• Makliker paragrafering met die skryf van die eerste konsep. moet nie nou bekommer of die “reg” is nie.
• NB: Elke hoofidee = 1 paragraaf
• ‘n paragraaf bestaan uit 1 idee wat bou op die teks se onderwerp
• Die logiese opeenvolging van paragrawe.
• Struktuur: ‘n samehangende argument
• Een punt lei tot die ander in ‘n logiese volgorde Elke idee =
Idee
‘n hoofidee
(die hoofidee vir ‘n paragraaf)

Onderwerp:
Idee
Dorado as
magies
realistiese
roman Idee

Idee

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
Stap 3: Ordening
• Orden nou die mees gepaste idees onder elke onderafdeling (soos deur die opdrag vereis)
• Elke idee is dus ‘n subargument vir die onderafdeling, terwyl dit uitbrei oor die essay se onderwerp.

Wat is magiese realisme?


Watter gebeure in Dorado kan as
Idee Idee magiese realisme beskou word?

Gilbert as onbetroubare fokalisator Idee Idee


en magies realistiese aard van roman? Idee
Onderwerp:
Idee
Dorado as
Vermenging van werklikheid en illusive
Idee
magies - magiese realistiese atmosfeer?
realistiese
Vismotief en magiese realisme? roman Idee
Idee
Idee Idee
Idee

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
Stap 4: Ordening (vervolg)
• Organiseer nou die idees in ‘n logiese volgorde.
• = die volgorde waarin die argument geskryf gaan word

1 Wat is magiese realisme?

Idee
Watter gebeure in Dorado kan as
2
magiese realisme beskou word?
Idee
5 Idee
Gilbert as onbetroubare fokalisator Idee
en magies realistiese aard van roman?
Onderwerp: Idee
Idee
Dorado as 3
Vermenging van werklikheid en illusive
Idee
magies - magiese realistiese atmosfeer?
realistiese
Idee
4 Vismotief en magiese realisme? roman
Idee Idee

Idee
Idee

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
1. Beplanningsfase: evaluering van beplanning
• Evalueer jou beplanning om vas te stel:
• Verstaan ek wat ek moet doen? (opdragvraag)
• Verstaan ek die tekssoort? (literêre essay)
• Weet ek watter punte (subargument) om aan te raak om die essay te skryf?
• Weet ek in watter volgorde om die hoof idees aan te spreek?
• Met ander woorde: weet ek in watter volgorde ek my paragrawe gaan orden?

• Slegs hierna kan jy begin skryf aan die eerste konsep.

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
2. Skryffase: eerste konsep
• Die skryf van ‘n eerste konsep (eerste “draft”) is nie gelyk aan die
finale weergawe wat ingedien word nie.
• Die eerste konsep is nog ‘n vloeibare fase waartydens jy die idees wat
tydens die beplanningsfase neergepen het, in ‘n rowwe essayformaat
neerskryf.
• Skryf van ‘n konsep = skryf vrylik (“free writing”)

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
2. Skryffase: 1) eerste konsep
• Vlotheid vs korrektheid:
• Moet nog nie aandag gee aan korrek skryf nie
• Vlotheid is hier die doel
• Korrekte feite, spelling, grammatika, ens. is nog nie hier belangrik nie.
• Formaat van tekstipe:
• Skryf in die aangewese formaat (bv. essayformaat)
• Moet nog nie te veel bekommer oor korrektheid nie – sal later redigeer.

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
2. Skryffase: 2) hersien eerste konsep
• Stap 2 behels die hersiening van die eerste konsep, waarna die
tweede konsep geskryf word. Vlotheid vs. korrektheid
• Hersien vir: • Klem op korrektheid
“Riglyne vir die skryf van literêre essays”

• Hier begin jy seker maak dat jy korrek en


Raadpleeg Dr. Van Heerden (2016) se

• Tetssoort: literêre essay akkuraat kommunikeer en dat jy die vraag


• Onderwerp: beantwoord ek die opstelvraag? beantwoord.
• Taalredigering vind deurentyd plaas, maar
• Struktuur: veral in die volgende stap.
• Paragrafering: slegs een idee per paragraaf
• Samehang: ordening and die onderafdelings/subargumente om ‘n kohesiewe argument
Struktuur:

te lewer wat logies op mekaar volg


• Inhoud: is die inhoud relevant tot die essay se ondwerp?
Nota
Herhaal hierdie proses tot jy tevrede is dat jy die
opdragvraag
© Adean vandeeglik
Dyk 2021beantwoord, asook
(Departement dat en
Afrikaans jouAlgemene
teks (essay)
deeglik kommunikeer.
Literatuurwetenskap, Unisa)
3. Post-skryf: 1) redigering
• Post- : verwys na die afronding en redigering wat ná die skryf van die
teks plaasvind.
• Proeflees weer die teks en verbeter waar nodig.
• Stel ‘n kontrolelys op om seker te maak dat jy die vraag korrek
beantwoord het (sien voorbeeld wat volg).
• Maak seker dat jy ‘n deegelike akademiese argument aanbied, waarin
jy uit die teks aanhaal om jou opinies te verdedig.
• Taalredigering: redigeer die teks vir alle taal- en spelfoute.

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)
*Kontrolelys
• Sien die dokument “Die skryfproses. Redigering: Generiese
kontrolelys 2021” op die myUnisa hoofblad onder “Additional
Resources”

© Adean van Dyk 2021 (Departement Afrikaans en Algemene


Literatuurwetenskap, Unisa)

You might also like