You are on page 1of 11

AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

WERKOPDRAG 02 (S1)

Vir die doeleindes van Werkopdrag 02 (Semester 1), moet jy vrae beantwoord ter waarde van
25 punte per leereenheid, vir ’n groottotaal van 100 punte:

Vraag 1 (Leereenheid 1): 25 punte


Vraag 2 (Leereenheid 2): 25 punte
Vraag 3 (Leereenheid 3): 25 punte
Vraag 4 (Leereenheid 4): 25 punte
Totaal: 100 punte

E-reserwes is beskikbaar by http://oasis.unisa.ac.za/search/r

Sperdatum: 4 April 2023 (21:00)

(GEEN opdragte wat ná die sperdatum ingedien word, sal aanvaar word nie.)

1
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

Hoe om Werkopdrag 02 in te dien

1. Gaan na myUnisa en selekteer hierdie module (AFK1501-23-S1)


2. Rol die blad na onder, tot by die afdeling “Activities” en klik op “Assessment 2”.

OF:

Selekteer “Assessment 2” in die navigasiebalk aan die linkerkant van die bladsy:

3. Klik op “Add submission” onderaan die blad:

4. Die “File submissions”-blad sal nou vertoon.


5. Stoor jou opdrag as ʼn PDF-dokument. Let daarop dat slegs PDF-dokumente ingedien
kan word.
6. Vind jou finale opdrag waar jy dit op jou rekenaar gestoor het.
7. Trek (drag and drop) jou opdrag tot in die blokkie waarin staan “You can drag and drop
files here to add them”:

2
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

8. Sodra jy jou opdrag in die aangewese blokkie geplaas het, klik op “Save changes”.
9. Die “Submission status”-blad sal nou vertoon.
10. Maak seker dat jy die korrekte dokument ingedien het deur te kyk of die naam van die
dokument onder “File submission” gelyk is aan dié van jou opdrag. (Indien jy die
verkeerde dokument ingedien het, kies “Edit submission” of “Remove submission” en
hersien stappe 5-9. Maak seker dat jy die korrekte dokument in die blokkie in trek.)
11. Klik op “Submit assignment” as jy seker is dat jy die korrekte dokument ingedien het.
(Let op die nota onderaan hierdie knoppie: “Once this assignment is submitted you will
not be able to make any more changes.”)

12. Die “Confirm submission”-blad sal nou vertoon.


13. Klik op “Continue”. (Belangrik: Jou opdrag is nie korrek ingedien as jy nie hierdie stap
uitvoer nie.)

14. Die “Submission status”-blad sal nou vertoon.


15. Jou opdrag is korrek ingedien as by “Submission status” staan “Submitted for grading”:

3
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

Vraag 1: Literêre niefiksie


Bestudeer Leereenheid 1 in die studiegids en gee aandag aan die literêre “boustene” van die
prosa. Bestudeer dan spesifiek Leereenheid 2 wat handel oor literêre niefiksie en die
reisverhaal. Ter voorbereiding vir die analise van ʼn reisverhaal, lees Hennie Aucamp se “My
tante wat in Chelsea woon” (opgeneem in Grové 1971:17) (beskikbaar in die e-reserwes) en
die bespreking daarvan in die studiegids (bl. 25-27).

Kies nou een van die volgende literêre niefiksietekste (beskikbaar in die e-reserwes) en
beantwoord die vrae wat volg. Dui duidelik bo-aan jou vraag aan watter verhaal jy gekies het.
(-1 punt indien jou gekose niefiksieteks nie duidelik aangedui is nie.)

• Joubert, Elsa. 2017. Doodloopstraat (fragment). In: Joubert, E. Spertyd. Kaapstad:


Tafelberg, 9–10.
• De Jongh, Michael. 2014. Voorwoord. In: De Jongh, M. Karretjiemense van die Groot
Karoo. Vergete afstammelinge van die vroegste Suid-Afrikaners. Pretoria: Unisa Press,
xiv

1.1. Analiseer die literêre niefiksieteks en bespreek dit aan die hand van die volgende:

1.1.1. Karakter: Wie is die protagonis en wat is sy/haar/hulle verhouding met die ander
karakters? Gee voorbeelde uit die teks om jou argument te staaf. (4)

1.1.2. Ruimte: Waar speel die verhaal/gebeure af en watter invloed het dit op die karakters?
Gee voorbeelde uit die teks om jou argument te staaf. (4)

1.1.3. Tyd en konteks: Wanneer speel die gebeure af en wat kan ons daaromtrent aflei ten
opsigte van die karakters? (Met ander woorde, wat is die verhouding tussen die
karakter(s) en die tyd?) Gee voorbeelde uit die teks om jou argument te staaf. (Wenk:
met konteks word bedoel die sosio-politiese agtergrond waarteen of tydsgees waarin
die gebeure afspeel.) (4)

1.1.4. Tema: Identifiseer een tema en bespreek dit kortliks. Gee voorbeelde uit die teks om jou
argument te staaf. (3)

1.1.5. Konflik: Wat sou jy sê verteenwoordig die konflik in die verhaal? (2)

4
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

1.1.6. Spanning: Noem ’n paar maniere waarop spanning opgebou word in die verhaallyn.
Kyk byvoorbeeld na die gebruik van tyd: gebeur alles mooi in chronologiese volgorde,
of is daar ’n mate van “heen-en-weer” – terugflitse of herinneringe wat die aksie
onderbreek? Of, hoe word spanning op ander maniere opgebou? (2)

1.2. Die reisteks sentreer rondom ʼn werklike geografiese reis, maar ook ʼn metafisiese
dimensie (Van Heerden et al. 2018:28). Bespreek hierdie stelling aan die hand van jou
gekose niefiksie-teks. Lei die reismotief tot nuwe insigte by die karakter? Gee
voorbeelde uit die verhaal om jou argument te staaf. (4)

1.3. Watter subgenre van die reisverhaal verteenwoordig jou gekose verhaal? (1)

Subtotaal: Vraag 1 [25]

5
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

Vraag 2: Dorado (Tom Dreyer)


Skryf ʼn opstel van ongeveer 1000-1200 woorde waarin jy die literêre fiksie as prosa-genre
bespreek en dan ook waarom Dorado deur Tom Dreyer ʼn voorbeeld daarvan is.

Verwys in jou essay inhoudelik na die volgende:


• Wat is literêre fiksie?
• Wat is die boustene van die Letterkunde?
• In jou opinie, waarom is Tom Dreyer se roman Dorado ʼn voorbeeld van ʼn literêre
fiksieteks?
• Wat is die romanverhaal se struktuur? (Bestudeer die ses storielyne in die studiegids
op bl.14).
• Hoe dra die romanverhaal se struktuur by tot die spanning in die verhaal?
• Bespreek die verhaal se tema.

Bestudeer noukeurig die volgende nasienrubriek wat gebruik sal word om jou essay te
evalueer, sowel as die gedetailleerde riglyne wat daarop volg.

Nasienkriteria Gewig

Inhoud: 12 punte
▪ Die student se argumentering is relevant tot die gegewe onderwerp (die (48%)
student antwoord wat gevra word).
▪ Die student beantwoord die vraag volledig.
▪ Die student bied genoegsame en relevante bewyse (voorbeelde) uit die
teks aan om sy/haar argumente te ondersteun.
▪ Die student formuleer argumente op ’n logiese, oortuigende en helder
wyse.
▪ Die student wend literêr-analitiese vaardighede op ’n sinvolle wyse aan.
▪ Die student maak op ’n sinvolle wyse van relevante primêre en sekondêre
bronne gebruik.
▪ Ten minste een sekondêre bron is betrek: 1 punt uit 12.
o Indien ʼn addisionele sekondêre bron nie in die argument betrek is nie,
word 1 punt van die inhoudspunt afgetrek.

Struktuur: 7 punte
(28%)

6
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

▪ Die essay beskik oor ’n gepaste inleiding, inhoudsparagrawe


(“liggaam”/betoog) en gevolgtrekking (slot).
▪ Die essay beskik oor ʼn logiese paragraafstruktuur. Paragrawe vloei logies
op mekaar.
▪ Verbinders en diskoersmerkers (byvoorbeeld “Eerstens”, “Vervolgens”
ens.) word gebruik om paragrawe met mekaar te skakel.
▪ Opskrifte en subopskrifte word korrek gebruik (indien van toepassing).
▪ Die struktuur ondersteun logiese argumentasie.

Punte vir struktuur sal soos volg toegeken word:

Oortuigende inleiding: 2 punte

Oortuigende liggaam/betoog: 2 punte

Oortuigende slot: 2 punte

Kohesie (die argument is samehangend): 1 punt

Taalgebruik: 3 punte
▪ Die spelling, styl en leestekengebruik in die essay is korrek. (12%)
▪ Die student handhaaf ’n gepaste akademiese register.

Punte vir taalgebruik sal soos volg toegeken word:

Swak taalgebruik en redigering: 0-1 punt

Gemiddelde taalgebruik en redigering: 2 punte

Goeie taalgebruik en redigering: 3 punte

Verwysings: 3 punte
▪ Verwysings in die teks word korrek volgens die Harvard-metode aangedui. (12%)
▪ Die bibliografie is korrek en goed versorg.
▪ Direkte aanhalings en parafrases word korrek gebruik en is goed
geïntegreer met die res van die teks.

Punte vir verwysings sal soos volg toegeken word:

Geen bronverwysing in teks of bronnelys: 0 punte

7
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

Bronverwysing is teenwoordig in teks en 1 punt


bronnelys, maar is baie foutief:

Bronverwysing in teks teenwoordig, maar geen 1 punt


bronnelys:

Bronnelys teenwoordig, maar geen verwysings in 1 punt


teks:

Bronverwysings in teks en bronnelys is 2 punte


teenwoording, met min foute:

Bronverwysing in teks en bronnelys is albei 3 punte


teenwoordig en korrek:

TOTAAL 25 punte
(100%)

Riglyne:

Inhoud:
• Die inhoud van jou essay tel verreweg die meeste (byna 50%).
• Maak seker jy beantwoord spesifiek wat gevra word. Dit help nie jy gee net ʼn opsomming
van die verhaalgebeure nie!
• Maak deurgaans in jou bespreking gebruik van voorbeelde uit die roman om jou
argument te staaf. Jy kan parafraseer (in jou eie woorde omsit) of direk aanhaal.
• Gee altyd (waar moontlik) die betrokke bladsynommer/s in hakies.
• Let wel: Jy sal geen punte verdien indien jy bloot uit die studiegids (of enige ander bron)
knip en plak (copy-and-paste) nie. Moet ook nie die studiegids, ʼn resensie of enige ander
bron bloot in jou eie woorde oorskryf nie – dit is immers nie jou eie, selfstandige werk
nie. Jou essay moet jou eie denke en argument weerspiëel.
• Plagiaat word in ʼn baie ernstige lig beskou. Geplagieerde opstelle sal summier ʼn 0-punt
verdien.

Struktuur:
• Jou essay moet ʼn logiese oorhoofse struktuur hê, met ʼn inleiding, middel en ʼn slot.
• Gebruik asseblief volsinne en paragrawe, nie telegramstyl of kollyste (bullet points) nie.
• Jy kan subopskrifte gebruik as jy wil.

8
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

Taalgebruik:
• Jy moet ʼn gepaste akademiese register/styl gebruik; geen sleng of vloekwoorde nie.
• Jou essay moet behoorlik geproeflees word voordat jy dit indien.
• Jy sal gepenaliseer word vir taal-, tik- en spelfoute as dit die leesbaarheid van jou essay
belemmer.
• Jou essay moet in Afrikaans geskryf word. Engelse antwoorde sal nie oorweeg word
nie.

Bronverwysings:
• Daar word van jou verwag om ten minste een sekondêre bron in jou essay te betrek,
soos byvoorbeeld ʼn resensie of akademiese artikel wat jy geraadpleeg het. (Die
studiegids vir AFK1501 tel nie).
• Jy moet die korrekte bronverwysingsmetode gebruik, naamlik die verkorte Harvard-
metode, om sekondêre bronne te erken.
• Raadpleeg die dokument “Abridged referencing for students”, beskikbaar onder
“Additional Resources” op myUnisa.
• Jou essay moet ook ʼn korrekte bibliografie (bronnelys) aan die einde van die opstel hê.
Die opstel het dus sy eie bronnelys oor die bronne wat jy daarin geraadpleeg het.

Subtotaal: Vraag 2 [25]

9
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

Vraag 3: Die radiodrama


Bestudeer Leereenheid 3 in die studiegids, lees Eben Cruywagen se inleiding uit Droomskip en
ander radiodramas (beskikbaar in die e-reserwes) en luister na die radiomdrama, Naand Josef
deur Albert Short (beskikbaar op die AFK1501-myUnisa-blad; of klik hier). Beantwoord dan die
volgende vrae:

3.1 Uit watter drie klankkomponente bestaan ’n radiodrama? (3)

3.2 Voltooi die volgende rolverdelingtabel met die besonderhede van Naand Josef.

Karakternaam Rol (wie is hulle, wat doen Gespeel deur (akteur)


hulle?)

(12 0.5 = 6)

3.3 Oorweeg die ruimtes waarin Naand Josef afspeel. Beantwoord dan die volgende vrae.

3.3.1 Noem die twee ruimtes waarin die tonele in hierdie radiodrama hoofsaaklik afspeel. (2)
3.3.2 Daar word gebruik gemaak van sekere byklanke om die luisteraar bewus te maak van
watter ruimte in ’n toneel figureer. Is hierdie geluide praktiese byklanke of verpakte
byklanke? Verduidelik kortliks jou antwoord. (2)
3.3.3 Gee voorbeelde van die byklanke wat in die twee bogenoemde ruimtes gebruik word.
(2)

3.4 Naand Josef is ’n spookstorie. Is hierdie stelling WAAR of VALS? Verduidelik jou antwoord
in vier of vyf sinne. (Wenk: Verwys na die karakters, tema en gebeure in die radiodrama om
jou argument te ondersteun.) (4)

3.5 Oorweeg die intrige in Naand Josef. Die gebeure in die drama loop uit op verrassende
wendings. Noem drie van hierdie wendings en verduidelik waarom hulle verrassend is. (6)

Subtotaal: Vraag 3 [25]

10
AFK1501-23-S1 Werkopdrag 02

Vraag 4: Poësie
Bestudeer Leereenheid 4 in die studiegids. Lees daarna Ronelda S. Kamfer se gedig “vergewe
my maar ek is Afrikaans” (beskikbaar in die e-reserwes) en beantwoord dan die volgende vrae.

4.1 Wat is die volledige rymskema van hierdie gedig? (1)

4.2 “vergewe my maar ek is Afrikaans” is wat bekendstaan as ’n vrye vers. Bespreek in jou eie
woorde wat ’n vrye vers is en ondersteun jou antwoord met voorbeelde uit die gedig. (6)

4.3 In die openingstrofe van die gedig sien ons dat gedig gerig is aan “liewe ooms met creepy,
lang grys baarde, lang sokkies / en julle wat dink kaki go wif eweryfing”. Binne die konteks
van die gedig, wie is hierdie “liewe ooms”. (1)

4.4 In reël 7 verwys die spreker na “Pagad” en in reël 16 na “Frankie Fredericks”. Slaan “Pagad”
en “Frankie Fredericks” na en dui kortweg aan wat/wie hulle is. Kyk veral na die tydperk
waarin hulle prominent was. Wat suggereer hierdie inligting oor die ouderdom van die
spreker? (5)

4.5 In strofe drie verduidelik die spreker hoe sy gereageer het wanneer sy “gehoor het van die
Boere” (reël 8). Die strofe maak ook gebruik van enjambement. Verduidelik wat
enjambement is en bespreek kortliks in ’n paragraaf hoe dit in strofe drie van hierdie gedig
funksioneer. (4)

4.6 Vergelyk hoe die spreker die “ooms” aanvanklik aanspreek (“liewe ooms”, reël 1 en reël 17)
en hoe sy hulle dan later aanspreek (“yes, julle etters”, reël 26). Wat kan ons uit hierdie
teenstelling aflei? Staaf jou antwoord met verwysing na die gedig. (3)

4.7 In reël 36 verwys die spreker na die bure se aangenome kind, Jabu Terre’Blanche. Waarom
kan ons hierdie naam as ironies beskou? (3)

4.8 Die sinne “kaki go wif eweryfing” en “two-toned so it go wif everyfing” verskyn in
onderskeidelik die eerste en laaste strofes van die gedig. Waarom het die digter opsetlik
hierdie Engelse sinne verkeerd gespel? (2)

Subtotaal: Vraag 4 [25]


TOTAAL: WERKOPDRAG 02 (S2): [100]

11

You might also like