You are on page 1of 14

Wes -Kaap Onderwysdepartement

Direktoraat: Kurrikulum VOO

Geskiedenis
HERSIENINGSBOEK

2023
2
KWARTALE 3 EN 4
Graad 1 0
Hierdie hersieningsprogram is ontwikkel om jou te help met die hersiening van belangrike
inhoud en vaardighede wat gedurende die 3de en 4de kwartale onderrig is. Die doel is om
jou voor te berei om die kernkonsepte te verstaan. Dit wil jou ook die geleen theid bied
om die verwagte standaard en toepassing van kennis te verkry wat nodig is om sukses
in die eksamen te behaal.

Die hersieningsprogram handel oor die volgende onderwerpe:


• Die 1913 Grond Wet
• Samewerking en konflik op die Hoëveld
WERKWOORDE BETEKENIS

BRONGEBASEERDE VRAE

Lys, noem, …volgens die Die antwoorde is in die bron


bron…. • Gebruik ‘aanhalingstekens…’ wanneer jy die
Haal bewyse uit die bron… antwoord uit die bron aanhaal/ oorskryf
Definieer die konsep … • Die konsep word in die bron verduidelik/
Wat verstaan jy van die konsep gedefinieër
in die konteks van … • Die konsep soos wat jy dit verstaan en in die
konteks gebruik word

Verduidelik in jou eie woorde … • Gebruik die inligting en verduidelik hoe jy dit
verstaan/ wat dit beteken. Moenie die inligting in
die bron oorskryf nie.

Vergelyk ooreenkomste / • Identifiseer die ooreenkomste /verskille tussen


verskille twee bronne om die vraag te beantwoord.
Vergelyk hoe die bronne met • Let wel dat die punte-toekenning (2x2) beteken
mekaar ondersteun ten opsigte dat twee ooreenkomste gegee moet word:
van … • Bron A wys/ toon dat … en Bron B …√√
• Beide bronne wys/toon dat ... √√ (2x2)

Lewer kommentaar op • Gee jou opinie; versterk jou siening deur


logiesedenke te gebruik en verwys na relevante
inligting in die bron sowel as jou eie kennis
Lewer kommentaar op die (2 x 2)
bruikbaarheid/ betroubaarheid/ • Die bron is bruikbaar/ betroubaar/ vooroordelend
beperkinge/ vooroordeling van omdat … (2 x 2)
die bron rakende ….

PARAGRAAF SKRYF

Gebruik die inligting in die • Jy moet al die relevante bronne identifiseer.


relevante bronne sowel as jou • Gebruik die inligting in die bron wat die vraag sal
eie kennis om ‘n paragraaf te beantwoord.
skryf …
• Verwys na die bronne waaruit jy die inligting gekry
het. bv. Volgens Bron
1A… (6)

2
Die Brongebaseerde afdeling (Graad 10-12) word altyd uit 50 punte
geassesseer! Hierdie samestelling van hersieningsvrae bestaan nie uit ‘n
totaal van 50 punte nie omdat die fokus val op die konsolidasie van
verskillende vaardighede wat ons in Geskiedenis gebruik.

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAAG

Elke brongebaseerde afdeling word gelei deur 'n SLEUTELVRAAG



Source material to be used to answer these questions is contained in the •
Lees die sleutelvraag ADDENDUM.• Onthou dit terwyl jy die bronne lees
en ander vrae beantwoord.
• Dit sal jou help om die paragraaf te beantwoord.

VRAAG 1: HOE HET DIE 1913 GROND WET GROND ONTEIENING ONDER SWART
SUID-AFRIKANERS LAAT TOENEEM?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1 Verwys na Bron 1A.

1.1.1 Verduidelik die konsep Naturelle Grond Wet in die konsep van segregeerde Suid-
Afrika. (1 x 2) (2)

• Volgens die bron: Gebruik die inligting in die bron om die vraag te
beantwoord. Haal direk uit die bron aan.
• Wat: vra vir spesifieke inligting.

1.1.2 Wat, volgens die bron, het die afvaardiging van die Naturelle Grond Wet van 1913
beїnvloed? (1 x 2) (2)

• Waarom: die oorsaak, rede of doel

1.1.3 Waarom dink jy dat die onteiening van grond van swart Suid-Afrikaners goed beplan
was? (2 x 2) (4)

3
1.2 Lees Bron 1B.

• Aanhaling: Jy moet woorde uit die bron kopiëer om die vraag te


beantwoord.
• Onttrek direk uit die bron.
• Moenie jou aanhalingstekens vergeet nie
• Bewyse word gebruik om die antwoord te staaf/ ‘korrek te
bewys’

1.2.1 Haal bewyse uit die bron wat wys dat Feinberg nie ten gunste van die 1913 Grond Wet
was nie. (1 x 1) (1)

• Jy moet die inligting in die bron evalueer en assesseer.


• Kies een argumentslyn/ standpunt: tot ‘n groot mate OF tot ‘n
mindere mate

1.2.2 Verduidelik tot watter mate die 1913 Grond Wet ekonomiese aktiwiteite van beide
swart en blanke boere ontwrig het. (1 x 2) (2)

• Identifiseer/ Lys/ Noem: skryf kort antwoorde neer sonder


verduideliking
• Die antwoorde kan direk uit die bronne onttrek word.

1.2.3 Lys DRIE wyses waarop die 1913 Grond Wet armoede vir die Afrikane veroorsaak
het. (3 x 1) (3)

Vergelykende vrae:
• Versamel inligting uit beide bronne wat met mekaar ooreenstem.
• Byvoorbeeld, jy sal sê "Bron 1B sê ..." en "Bron 1D bevestig dit deur te sê ...".
• Onthou: vind 'n skakel in albei bronne om te vergelyk
• As die punte toekenning (2x2) (4) is, moet jy die bronne TWEE keer vergelyk

1.2.4 Vergelyk Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B die inligting
in Bron 1A ondersteun ten opsigte van hoe armoede swart Suid-Afrikaners
geaffekeer het. (2 x 2) (4)

4
1.3 Verwys na Bron 1C.

1.3.1 Watter negatiewe kommentaar word teenoor die 1913 Grond Wet gelewer? (2 x 2) (4)

1.3.2 Watter boodskappe word deur die bron oorgedra rakende die negatiewe impak wat
die Grond Wet op swart Suid-Afrikaners gehad het? (2 x 2) (4)

1.4 Verwys na Bron 1D.

• Bruikbaarheid van visuele bronne:


• Bestudeer die konteks van die bron. Kyk na visuele leidrade. Assesseer die
bruikbaarheid van die bron vir ‘n historikus.

1.4.1 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die spotprent vir ‘n historikus
wat navorsing doen op die blywende impak wat die 1913 Grond Wet in post-Apartheid
Suid- Afrika gehad het. (2 x 2) (4)

Hoe om 'n paragraaf te skryf:

• Lees die bronne (addendum) met begrip en kyk watter inligting jy kan gebruik om
die vraag te beantwoord

• Hou die sleutelvraag in gedagte terwyl jy elke bron lees en ontleed terwyl jy die
ander vrae in die brongebaseerde afdeling beantwoord
• Merk of onderstreep inligting in een kleur of skryf inligting in die kantlyn van die
bron wat gebruik kan word om die paragraafvraag te beantwoord
• As jy jou paragraaf skryf, evalueer jy die bewyse wat jy versamel het en kies die
mees geskikte inligting
• Verwys na die bronne waaruit jy jou inligting verkry het, bv. Volgens Bron 1C ...
• 'Eie kennis' moet gebruik word om jou te help om die inligting wat die bron
verskaf, uit te brei
• Kombineer die bewyse wat jy van die bronne versamel het met jou eie kennis om ‘n
goeie antwoord op die sleutelvraag te vorm.

1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ‘n paragraaf
van ongeveer SES reels (60 woorde) en verduidelik hoe die 1913 Grond Wet die
onteiening van grond onder swart Suid-Afrikaners laat toeneem het. (6)
[50]

5
Addendum van Bronne

VRAAG 1: HOE HET DIE 1913 GROND WET GRONDONTEIENING ONDER SWART
SUID-AFRIKANERS LAAT TOENEEM?

BRON 1A

Hierdie uittreksel verduidelik die ekonomiese en sosiale impak van die Naturelle Grond Wet
van 1913 op Suid-Afrika.

Baie blanke grond eienaars was ongelukkig oor swart mededinging vir grond. Hul het die
regering aan die begin van die 20ste eeu versoek om swart grondbesit in Suid-Afrika te beperk.
Die regering het die Naturelle Grond Wet van 1913 bekragtig grootliks as gevolg van druk van
die polities-magtige blanke boere. Die Wetgewing het minder as 7,5 persent van Suid-Afrika se
grond as reserwes beskikbaar gestel waar Afrikane grond kon koop. Dit is gedoen om die
Afrikane te verhoed om met blankes in die grondmark mee te ding...

Duisende swart-deelboere en kontanthuurders is van hul grond afgesit en is gedwing om swak


betaalde plaasarbeiders te word. Sommige swart mense was nie bewus dat daar ‘n verandering
in die arbeidswet was nie. Hierdie mense het met hul gesinne en vee deur die land rondgetrek
opsoek na ander woonplek. Hulle is uiteindelik gedwing om na oorvol reserwes te trek, asook
om hul vee dood te maak of aan blanke boere te verkoop. Die Grond Wet het dit onmoontlik vir
swartboere gemaak om kommersiële boere te word. Die 1913 Grond Wet het ellende en
armoede onder die swart Suid-Afrikaners gebring.

[Van: Foundations of the New South Africa by J Pampallis]

6
BRON 1B

Hierdie is 'n uittreksel wat deur die historikus HM Feinberg geskryf is. Dit dui die negatiewe
impak aan wat die 1913 Grond Wet op swart Suid-Afrikaners gehad het.

Feinberg onthul dat swart Suid-Afrikaners tot sewe persent van die Suid-Afrikaanse grond
wat in hulle besit was voordat die Naturelle Grond Wet van 1913 bekragtig is, beperk is.
Geleenthede om grond te koop was erg beperk vir swart Suid-Afrikaners. As gevolg van die
Naturelle Grond Wet is hul ekonomiese stabiliteit en welsyn erg ontwrig. Verder wys
Feinberg daarop dat Afrikane, as gevolg van die Wet, nie meer grond buite die reserwes by
wit eienaars kon huur of verhuur vir ekonomiese ontwikkeling nie. Dit het armoede onder
die swart Suid-Afrikaners verskerp.

Die Naturelle Grond Wet het ook deelboerdery verhoed. Voor die Wet kon beide blankes en
swartes hul wins van landbou-aktiwiteite deel, wat gehelp het om Afrikagemeenskappe op
te hef. Nietemin, met die beëindiging van winsverdeling, het die swartmense hul inkomste
verloor. Dit het tot die armoedekoers bygedra en manlike Afrikane gedwing om hul tuistes
te verlaat om in Suid-Afrikaanse myne te gaan werk. Dit was die begin van die
trekarbeidstelsel wat baie Afrikane se lewens en stabiliteit ontwrig het. Voor hierdie wet was
swart Suid-Afrikaners selfstandig en selfversorgend omdat hulle grond besit het. Volgens
Feinberg het ‘die Naturelle Grond Wet van 1913 die sosio-ekonomiese onreg van Apartheid
in Suid-Afrika weerspieël.’

Van: Feinberg, HM. 1993. The 1913 Natives Land Act in South Africa: politics, race and segregation in the
early 20th century. The International Journal of African Historical Studies 26(1)

7
BRON 1C
Hierdie bron verwys na die pyn en lot van Kgobadi-familielede wat in 1913 van ‘n
OranjeVrystaat plaas afgesit is.

Me Kgobadi het 'n siek baba gedra toe die uitsetting plaasgevind het. Sy moes haar liefling van
die huis na die ossewa dra waarmee hulle die plaas verlaat het. Twee dae later het die kleintjie
baie siek geword as gevolg van blootstellling en ontbering op die pad. Gedurende die nag voor
ons hulle ontmoet het, het sy siel die aarde verlaat (hy het gesterf). Die dood van die kind het
groot verwarring vir die geteisterde ouers gebring. Hulle het geen titelreg op die land waardeur
hulle getrek het gehad nie. Hulle moes op die openbare paaie hou - die enigste plekke wat vir
die verdryfdes toelaatbaar was, mits hulle in besit van ‘n reispermit was. Die oorlede kind moes
begrawe word, maar waar, wanneer en hoe?

Hierdie jong swerwende familie het besluit om onder die dekmantel van die donkerte van die
nag 'n graf te grawe wanneer niemand ‘gekyk’ het nie. In daardie ru wyse is die dooie kind
begrawe te midde van vrees, met die hoop dat die eienaar van die plek, of enige van sy
dienaars, hulle nie sou uitvang nie. Selfs misdadigers van die galg het 'n onbetwiste aanspraak
op ses voet grond gehad waarop hulle hulle kriminele oorblyfsels tot rus kon lê, maar onder die
wrede werking van die Naturelle Grond Wet is kindertjies, wie se enigste misdaad was dat God
hulle nie wit gemaak het nie, hierdie reg ontken.
[Uit: New Generation, Graad 10,
Handboek]

8
BRON 1D

Hierdie bron is ‘n spotprent deur Zapiro wat van die Sowetan-koerant geneem is. Dit is
in 2013 gepubliseer. Dit wys die grondkwessie in Suid-Afrika na die aanvangs van
Demokrasie.

Hierdie brongebaseerde-afdeling is gebaseer op die vrae en addendum van die 2019


November vraestel van die NW Onderwys Departement.

9
AFDELING B: OPSTELVRAE

VRAAG 2: SAMEWERKING EN KONFLIK OP DIE HOËVELD

Moshoeshoe het ‘n kombinasie van strategiese diplomatieke samewerking en konflik gebruik


om die Basoetoe-koningkryk te beskerm.

Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord met toepaslike voorbeelde. [50]

Aktiwiteit 1: Voltooi die breinkaart vir die hoof fokus-areas van die inhoud.

Mosoeshoe se
diplomasie

Moshoeshoe
se
Verhoudings Verhoudings
diplomatieke
met die Britte met trekboere
samewerking
en konflik

Boere en
moshoeshoe

10
Aktiwiteit 2: Opstel
GESKIEDENIS OPSTEL RAAMWERK

VRAAG: Analiseer die opstelvraag.


• Onderstreep die sleutel ‘instruksie’ woorde.
• Wees op die uitkyk vir inligting wat toon wie? Wat? Waarom?

Moshoeshoe het ‘n kombinasie van diplomatieke samewerking en konflik gebruik om die


Basoetoe koninkryk te beskerm.

Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou siening deur relevante
geskiedkundige bewyse te gebruik.
[50]

INLEIDING: Skryf jou inleading onder


• Jou inleiding moet direk verband hou met die vraag (nie onderwerp nie)
• Jou inleiding moet die vraag kontektualiseer (Wie? Wat? Waar? Wanneer?) en
dit moet die vraag direk aanspreek/ beantwoord
• Dit is belangrik om 'n sterk, kragtige, duidelike inleiding te skryf

11
Gebruik die (PVBS) PEEL metode:

PARAGRAAF 1:

(A) Eerste sin van die eerste paragraaf (PVBS/ PEEL)

(kyk: het jy die hoofpunt gelewer/ stelling ingeneem?)


(B) Ontwikkel/ verduideliking van punt? (PVBS/ PEEL)

(C) Bewyse om jou argument te ondersteun? (PVBS/ PEEL)

(D) Kontroleer: Het jy terug na die vraag verwys/ het jy die punt met die vraag verbind?
JA/ NEE?

12
(E) Skakel met die volgende paragraaf/ punt? (PVBS/ PEEL)

PARAGRAAF 2:

(A) Eerste sin van die tweede paragraaf

Kontroleer: het jy die hoofpunt gemaak/ stelling ingeneem?)

(B) Ontwikkel/ verduideliking van punt? (PVBS/ PEEL)

(C) Bewyse om jou argument te ondersteun? (PVBS/ PEEL)

(D) Kontroleer: Het jy terug na die vraag verwys/ het jy die punt met die vraag? JA/
NEE?
Skakel met die volgende paragraaf/ punt? (PVBS/ PEEL)

Herhaal stappe (A) – (E) vir elke paragraaf in jou opstel.

13
GEVOLGTREKKING:

• Jou gevolgtrekking moet jou argument weer herhaal om die gegewe vraag te
beantwoord.
•Dit behoort dieselfde argument te wees wat in die inleiding genoem is en in die inhoud van
jou opstel ontwikkel is.

Hierdie opstelraamwerk kan gebruik word om jou Geskiedenis opstel te struktureer.


Gebruik dit met die paragraaf struktuurraamwerk (Punt – Verduidelik – Voorbeeld –
Skakel) en riglyne vir die skryf van inleidings en gevolgtrekkings. Pas hierdie
raamwerk aan om soveel paragrawe by te voeg as wat jy nodig het.

14

You might also like