You are on page 1of 15

ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE


NOVEMBEREINDEKSAMEN 2021

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL


GRAAD 9

Tyd: 2 uur 80 punte

LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

1. Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.

2. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:

Afdeling A: Begriplees (30)


Afdeling B: Taal en kommunikasie (30)
Afdeling C: Gedigte (20)

3. Beplan jou antwoorde deeglik voordat jy dit neerskryf.

4. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae op die vraestel.

5. Trek `n kantlyn aan die regterkant van die papier!

6. Alle vrae moet in Afrikaans beantwoord word.

NOVEMBER 2021 1 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFDELING A: BEGRIPLEES
VRAAG EEN: LEESSTUK
Lees die onderstaande stuk versigtig deur en beantwoord dan AL die vrae wat daarop volg.
WAT JY OOR BOELIES MOET WEET
1. Die “bullebak” of “afknouer” word hulle genoem. Of
sommer “die boelie”.

2. Volgens die woordeboek is ‘n boelie iemand wat ‘n


persoon of ‘n groep mense intimideer. Boelies probeer
ander seermaak en gebruik soms hul vuiste of woorde
om hulleself beter te laat voel.

3. Waarom word party mense boelies? Daar is gevind dat boelies meestal arrogante mense is
wat net aan hulleself dink. Boelies voel beter oor hulleself wanneer hulle ander seermaak.
Baie boelies het ook aggressiewe rolmodelle by die huis en dit maak dat hulle nie leer hoe
om hulle eie woede beter te hanteer of probleme sonder geweld (hulle vuiste) op te los nie.

4. Boelies hou daarvan om kleiner maatjies by die skool seer te maak. Hulle probeer ander
“kleiner” maak om beter oor hulleself te voel. Hulle forseer mense om goed te doen wat
hulle nie wil nie, vat hulle besittings weg, of breek iets wat belangrik vir daardie persoon
is. Hulle vertel graag leuens oor ander, of kan hulle selfs fisies seermaak.

5. Boelies kan ander ook met die hulp van ‘n selfoon boelie. Hulle gebruik Facebook,
WhatsApp, Twitter, Instagram ens. om lelike boodskappe oor ander rond te stuur. In die
verlede het boelies lelike boodskappe gestuur deur briefies in die klas rond te stuur, maar
vandag stuur hulle slegte boodskappe met hulle selfone.

6. As ‘n persoon fisies geboelie word, moet hulle nie terugskree, slaan of lelike dinge terug sê
nie. Hulle moet eerder die insidente in hulle dagboek neerskryf om rekord daarvan te hou.
Hulle kan ook vir hulle onderwyser of ouers daarvan vertel en vir hulp vra.

7. Volgens sielkundiges kan kinders wat geboelie word baie probleme ontwikkel. Party
kinders sukkel om uit die huis uit te gaan en kan tot selfmoord pleeg.

NOVEMBER 2021 2 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Verwerk uit: Huisgenoot, 13 September 2012 300 Woorde

VRAE:
1.1. Haal ‘n ander woord vir ‘boelies’ uit die teks aan. (1)

1.2. Waarom, volgens paragraaf 2, noem boelies mense lelike name? Verduidelik
kortliks deur na die inligting in die teks te verwys. (1)

1.3. Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs die
vraagnommer (1.3.) en die letter neer.
Die frase “gebruik hulle soms hul vuiste” (paragraaf 2) beteken dat boelies …….
A hardwerkend is.
B hulle hande gebruik om vir mense te waai.
C vir ander die regte pad probeer wys.
D ander slaan en seermaak. (1)

1.4. Boelies dink altyd aan ander mense se gevoelens.

1.4.1. Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?


1.4.2. Gee ‘n rede vir jou antwoord deur in jou EIE woorde te antwoord. (1)

1.5. Boelies probeer ander mense “kleiner” maak om beter oor hulleself te voel
(paragraaf 3).
1.5.1. Word die woord “kleiner” LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik? (1)
1.5.2. Motiveer jou antwoord deur te verduidelik wat bedoel word. (1)

1.6. Haal EEN WOORD uit die teks aan wat wys dat die boelies die kinders wat geboelie
word, nie ‘n keuse gee nie. (1)

1.7. Noem EEN ding wat boelies baie met iemand anders se besittings doen. (1)

1.8. Kies die KORREKTE antwoord/e om die sin te voltooi. Skryf net die vraagnommer
(1.8.) en die antwoord neer.

Voor selfone was kinders deur 1.8.1. (briewe/notas) wat in die klas rond gestuur was
geboelie, terwyl hulle nou deur 1.8.2. (oproepe/boodskappe) vanaf selfone geboelie
word. (2)

1.9. As jy geboelie word moet jy aggressief word en terug baklei. Sê JA of NEE. Gee ‘n
rede vir jou antwoord deur na die inligting in die teks te verwys. (2)

1.10. Wat kan op die ou einde met sekere kinders gebeur as hulle nie sê dat hulle geboelie
word nie. (1)

1.11. Wat sal jy doen as iemand jou by die skool boelie? Verduidelik kortliks. (1)
[14]

NOVEMBER 2021 3 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAAG TWEE: GRAFIEK


Bestudeer die onderstaande grafiek versigtig en beantwoord dan AL die vrae wat daarop volg.

VRAE:
1.1. Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (2.1.) en die letter neer.
Die “groter probleem” waaroor daar in grafiek gepraat word is…
A die manier waarop grootmense mekaar daagliks boelie.
B die redes waarom leerders mekaar op skool ondersteun.
C die beperkte hulpbronne wat skole het.
D die verskillende redes en hoeveelheid leerders wat op skool geboelie word. (1)

1.2. ‘n Groot hoeveelheid kinders wat geboelie word, praat daaroor met hulle ouers.
1.2.1. Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.2.2. Gee ‘n rede vir jou antwoord deur VYF AGTEREENVOLGENDE WOORDE as
antwoord uit die grafiek aan te haal. (1)

1.3. Kies die KORREKTE antwoord/e tussen hakies om die sin/ne korrek te voltooi. Skryf
net die vraagnommer/s (2.3.1. & 2.3.2.) en die antwoord/e neer.
Die inligting in die grafiek is vanaf 2.3.1. (baie/min) individue gekry, aangesien dit net
1
op ‘n spesifieke 2.3.2. (provinsie/land) gebasseer is. ( ×2=1)
2

1.4. Noem TWEE redes waarom sommige mense ander boelie. Verwys na die inligting
wat in die grafiek gegee word. (2)

1.5. Watter persentasie van die leerders wat in hierdie grafiek genoem word, is al
geboelie? Skryf slegs die persentasie as antwoord neer. (1)

1.6. Dink jy dat boelies by skole gestraf moet word vir dit wat hulle aan ander doen? Sê JA

NOVEMBER 2021 4 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
1
of NEE. Gee ‘n rede vir jou antwoord. ( ×2=1)
2
[8]

VRAAG DRIE: STROKIESPRENT


Bestudeer die onderstaande strokiesprent versigtig en beantwoord dan AL die vrae wat daarop
volg.

VRAE:

1.1. In watter kamer in die huis is Manie en sy vrou? (1)

1.2. Manie is baie opgewonde om skool toe te gaan.


1.2.1. Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
1.2.2. Gee ‘n rede vir jou antwoord deur na die spraakborrel te verwys. (1)

1.3. Manie se vrou voel baie gefrustreerd.


1.3.1. Noem EEN manier waarop haar LIGGAAMSTAAL haar frustrasie uitbeeld. (1)
1.3.2. Noem EEN manier waarop haar GESIGSUITDRUKKING haar frustrasie uitbeeld. (1)

1.4. Noem EEN manier hoe Manie se vrou se woorde in die spraakborrel beklemtoon word.
(1)

1.5. Werk Manie by ‘n skool? Sê JA of NEE. Gee ‘n rede vir jou antwoord deur EEN

NOVEMBER 2021 5 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
1
woord uit die spraakborrel as antwoord aan te haal. ( ×2=1)
2

1.6. Verduidelik waarom hierdie sprokiesprent as humoristies gesien kan word. (1)
[8]

TOTAAL VIR AFDELING A: 30

AFDELING B: TAAL EN KOMMUNIKASIE


VRAAG VIER: SINSTRUKTURE
Bestudeer die onderstaande strokiesprent versigtig en beantwoord dan AL die taalvrae wat volg.
Begin met die woorde wat gegee word of volg die instruksies.

1.1. Neelsie se vriende is êrens in die klaskamer.


Nee, … (1)

1.2. Neelsie speel speeletjies in die klaskamer.


Eergister … (1)

1.3. Rangskik in die KORREKTE woordorde.


(Meneer) (tydens pouse) (vra) (vir Neelsie) (om sy werk te doen). (1)

1.4. Meneer het met die leerders gestaan en praat.


Môre … (1)

1.5. VERBIND die sin met die voegwoord tussen hakies.


Neelsie doen nie sy werk in die klas nie. Meneer is baie kwaad vir hom. (daarom) (1)

1.6. Meneer sê: “Die kinders in die klaskamer doen baie sleg in die toets.”
Meneer sê dat … (1)

1.7. Neelsie het baie slegte gewoontes gehad.


Vandag … (1)

1.8. Meneer sal Neelsie straf.


Neelsie sal … (1)

1.9. Begin met die VETGEDRUKTE woorde en herskryf dit in die KORREKTE woordorde.
Neelsie sal volgende week al sy werk moet inhandig. (1)

NOVEMBER 2021 6 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

1.10. Meneer raas met Neelsie. Hy doen al sy werk.


Nadat … (2)

1.11. Het die kinders al hulle werk gedoen?


Nee, … (1)
[12]

VRAAG VYF: WOORDSTRUKTURE


Bestudeer die onderstaande advertensie versigtig en beantwoord dan AL die taalvrae wat volg.
Skryf net die nommer en die antwoord neer.

Hoezit is die (5.1. goed – gee die oortreffende trap) Afrikaanse tydskrif ooit! Daar is baie (5.2.

artikel - gee die meervoud) om te lees. Die prente (5.3. na/in/van – kies die korrekte

voorsetsel) die tydskrif is fantasties en handel oor die (5.4. nuut – gee die oortreffende trap)

vermaaknuus in Suid-Afrika. Dit is persoonlik (5.5. sy/my/hy – kies die korrekte

voornaamwoord) gunsteling tydskrif. Daar is ook (5.6. places – gee die Afrikaanse woord) om

oor al die (5.7 filmster – gee die meervoud) te lees. Dit is ook ’n (5.8. goed – gee die korrekte

vorm) bron van inligting oor goed wat in die (5.9. werêld/wêreld/wëreld – kies die korrekte
spelling) om ons gebeur. Die (5.10. woorde – gee die verkleinwoord van die meervoud) mag
dalk klein wees, maar dit het baie betekenis. ‘n Nuwe weergawe van die tydskrif word elke

NOVEMBER 2021 7 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
(5.11. Ma. – skryf die afkorting voluit) uitgegee. Hierdie tydskrif help jou om jou kennis (5.12.
vinnig – gee die intensiewe vorm) te verbreed. (5.13. Glo/Belowe – kies die korrekte woord)
my, hierdie tydskrif is baie interessant. Die tydskrif is geskik vir ouers en (5.14. jong
volwassenes – gee een woord). Hierdie boek sal jou baie (5.15. ongelukkig – gee die
antoniem) laat voel. Onthou om die boek (5.16. … - vul die ontbrekende woord in) koop.
1
( ×16=8)
2
[8]

VRAAG SES: KOMMUNIKASIE


Kyk na die onderstaande situasies en gee elke keer die gepaste respons van die persoon van wie
gepraat word.

ONTHOU: Jy mag nie die woorde in vetgedruk in jou antwoorde gebruik nie.
Elke respons moet tussen 12 en 18 woorde lank wees.
Dui jou woordtelling by elke respons aan.
Gee die direkte woorde van die persoon.

6.1. Jou selfoon was gesteel en die polisie het jou gehelp om dit weer terug te kry. Jy
wil die polisie vir al hulle hulp bedank.
Jy: … (2)

6.2. Dit is vandag jou beste vriend se verjaarsdag. Jy het hom/haar gebel om vir hom/haar
geluk te wens. Wat sal jy vir hom/haar sê?
Jy: … (2)

6.3. Een van jou vriendinne het jou gevra om saam met haar en haar gesin op vakansie te
gaan. Jy kan ongelukkig nie gaan nie. Wat sal jy vir jou vriendin sê?
Jy: … (2)

6.4. Jou ma moet vir ‘n operasie gaan. Sy is baie bang. Jy probeer haar moet inpraat.
Wat sal jy vir haar sê?
HOSPITAAL
Jy: … (2)

NOVEMBER 2021 8 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
6.5. Jy wil baie graag ‘n hondjie van jou eie hê. Jy probeer jou ouers oorreed om vir jou ‘n
hondjie te koop. Wat sal jy vir hulle sê? (2)

Jy: …

[10]
Totaal vir Afdeling B: 30

AFDELING C: GEDIGTE
VRAAG SEWE: GESIENE GEDIG
Lees die onderstaande gedig versigtig deur en beantwoord dan AL die vrae wat volg.
Moenie die smiley vergeet nie – Jelleke Wierenga

1. wa is jy nou?
2. wat doen jy?
3. ek verlaaaang!

4. kani wag vi satdag nie!


5. so baja om te sê!
6. lief vi jo!

7. woorde woorde woorde


8. dit was ons kos
9. sms’e en e-pos
10. en elke oomblik wat ons kon
11. praat oog met oog
12. lip lees lip
13. vingers voel vel
14. al ons jare
15. te min vir ons twee saam.

16. Hoe het jy so gou genoeg van my gehad?


17. Skielik is jy so siek en sat
18. dat jy net 14 woorde nodig het
19. om jou afsê in ’n sms te sê:

20. Dit werk ni me vi my ni


21. jamr wil jou nie we sien ni.

22. Met ’n smiley daarby

VRAE:
7.1. Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies om die sin korrek te voltooi. Skryf net
die vraagnommer (7.1) en die antwoord neer.

NOVEMBER 2021 9 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Die boodskap wat in strofe 1 verskyn is ’n voorbeeld van (’n opstel/’n sms/’n brief). (1)

7.2. Strofe 3 bestaan uit 3 versreël.


7.2.1. Wat word ‘n strofe met 3 versreëls genoem? (1)

7.3. Die spreker het niks om vir haar kêrel te sê nie.


7.3.1. Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)
7.3.2. Gee ’n rede vir jou antwoord deur EEN versreël uit die gedig aan te haal. (1)

7.4. Skryf versreël 6 in die korrekte Afrikaans oor. (1)

7.5. Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (7.5.) en die letter neer.
“lip lees lip” is ’n voorbeeld van …

A assonansie
B alliterasie
C klanknabootsing
D personifikasie (1)

7.6. Het die spreker die boodskap verwag? Sê JA of NEE. Gee ’n rede vir jou antwoord
deur EEN woord uit die gedig aan te haal. (2)

7.7. Hoe het die spreker se kêrel haar afgesê? Verduidelik kortliks. (1)

7.8. Waarom kan die titel van die gedig as ironies gesien word? Verduidelik kortliks. (1)
[10]

VRAAG AGT: ONGESIENE GEDIG


Lees die onderstaande gedig versigtig deur en beantwoord dan AL vrae wat volg.

Vakansieromanse

1. Soms wil ek liewer net vergeet


2. en soms wíl ek graag onthou ...
3. maar elke keer as ek melkskommel drink
4. dan dink ek weer aan jou

5. Want ek drink lemmetjie


6. en jy drink lime
7. aarbei en strawberry
8. albei is fine

9. Ek hou daarvan double thick


10. jy drink dit dubbeldik
11. en so het ons ons boude lam
12. in die Wimpy's omgesit

13. Die malva-lekkers wat bo-op dryf


14. het ek en jy gedeel

NOVEMBER 2021 10 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
15. en so onderdeur die tafel heen
16. het ons voete met mekaar gespeel

17. Hoe drink jy nou jou milkshake?


18. sal ek bitter graag wil weet
19. want vandag is dit weer moeilik
20. om daai melkskommel dae te vergeet

VRAE:
8.1. Haal EEN woord uit die gedig aan wat wys dat die spreker geweet het dat die
verhouding nie permanent sou wees nie. (1)

8.2. Wat herinner die spreekster altyd aan hierdie spesifieke verhouding wat sy gehad het? (1)

8.3. Dink jy dat die herhaling van die woord “melkskommel” funksioneel in die gedig is?
1
Sê JA of NEE. Gee ’n rede vir jou antwoord. ( ×2=1)
2

8.4. Noem EEN tipe melkskommel wat hulle gedrink het. (1)

8.5. Hoe weet ons dat hulle baie lank op een plek gesit het? Verduidelik kortliks deur na
die inligting in die gedig te verwys. (1)

8.6. Waar het hulle die meeste tyd gedurende die spesifieke vakansie spandeer? (1)

8.7. Hoe het die spreker en haar vakansieromanse aan mekaar geraak? Verduidelik kortliks.(1)

8.8. Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en (8.8.) die letter neer.
Versreël 17: “Hoe drink jy nou jou milkshake?” is ‘n voorbeeld van ...
A personifikasie.
B ‘n Retoriese vraag.
C ‘n Vergelyking.
D ironie. (1)

8.9. Die spreker vind dit maklik om van haar vakansieromanse te vergeet.
8.9.1. Is die stelling WAAR of ONWAAR? (1)
8.9.2. Gee ‘n rede vir jou antwoord deur EEN woord uit die gedig aan te haal. (1)

[10]

Totaal vir Afdeling C: 20


Groot totaal: 80

NOVEMBER 2021 11 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

MEMORANDUM
AFDELING A: BEGRIPLEES
VRAAG EEN: LEESSTUK

1.1. “Bullebak” OF “Afknouer”. (1)


1.2. Om hulleself beter te laat voel / Beter oor hulleself te voel (Soortgelyk – mag aanhaal).
(1)
1.3. D – ander slaan en seermaak. (1)
1.4.
1.4.1. Onwaar. (1)
1.4.2. Daar is gevind dat boelies net aan hulleself dink. (1)
1.5.
1.5.1. Figuurlik. (1)
1.5.2. Dat hulle jou minder van jouself laat dink / sleg voel oor jouself (soortgelyk). (1)
1.6. “Forseer”. (1)
1.7. Jou besittings vanaf jou wegneem OF Iets wat belangriks vir jou is breek
[Noem EEN]. (1)
1.8.
1.8.1. briewe (1)
1.8.2. boodskappe (1)
1.9. Nee, Moenie terugskree nie OF Moenie die boelie terugslaan nie OF Moenie lelike
goed terugsê nie OF Skryf wat gebeur in jou dagboek OF vra vir ‘n onderwyser vir
hulp [Noem slegs EEN]. (2)
1.10. Hulle kan SELFMOORD pleeg. (1)
1.11. My ouers vertel / met ‘n onderwyser gaan praat (Leerder se EIE opinie). (1)
[14]
VRAAG TWEE: GRAFIEK

NOVEMBER 2021 12 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

1.1. D - die verskillende redes en hoeveelheid leerders wat op skool geboelie word. (1)
1.2.
1.2.1. Onwaar. (1)
1.2.2. “rep geen woord daaroor nie” (VYF woorde). (1)
1.3.
1.3.1. min.
1
1.3.2. provinsie. ( ×2=1)
2
1.4. Gesinsprobleme, gewildheid, pret (Noem TWEE – ander is nie ‘n rede nie). (2)
1.5. 34%. (1)
1
1.6. Ja of Nee, EIE rede (moet gepas wees). ( ×2=1)
2
[8]

VRAAG DRIE: SROKIESPRENT

1.1. Slaapkamer. (1)


1.2.
1.2.1. Onwaar. (1)
1.2.2. Hy het aan sy vrou genoem dat hy skool haat of die kinders by die skool boelie hom. (1)
1.3.
1.3.1. Haar hand is op haar heup / haar een hand wys na bo (soortgelyk). (1)
1.3.2. Haar oë is groot / haar mond is oop / haar wenkbroue is gelig (soortgelyk). (1)
1.4. Al die woorde is in hoofletters / van die woorde is vetgedruk / van die woorde is in
kursief / daar is ‘n uitroepteken / akuut-tekens (soortgelyk). (1)
1
1.5. Ja, “onderwyser”. ( ×2=1)
2
1.6. Dit is snaaks om te sien dat die onderwyser ook nie van skool hou nie / dit is vreemd
om te dink dat die onderwyser deur die kinders geboelie word (soortgelyk). (1)
[8]
AFDELING B: TAAL EN KOMMUNIKASIE
VRAAG VIER: SINSTRUKTURE

1.1. Nee, Neelsie se vriende is nêrens in die klaskamer nie. (1)


1.2. Eergister het Neelsie speletjies in die klaskamer gespeel. (1)
1.3. Meneer vra tydens pouse vir Neelsie om sy werk te doen. (1)
1.4. More sal Meneer met die leerders staan en praat. (1)
1.5. Neelsie doen nie sy werk in die klas nie daarom is Meneer baie kwaad vir hom. (1)
1.6. Meneer sê dat die kinders in die klaskamer baie sleg in die toets doen. (1)
1.7. Vandag het Neelsie baie slegte gewoontes. (1)

NOVEMBER 2021 13 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
1.8. Neelsie sal deur Meneer gestraf word. (1)
1.9. Volgende week sal Neelsie al sy werk moet inhandig. (1)
1.10. Nadat Meneer met Neelsie geraas het, het hy al sy werk gedoen. (2)
1.11. Nee, die kinders het nog nie al hulle werk gedoen nie. (1)
[12]
VRAAG VYF: WOORDSTRUKTURE

1.1. beste
1.2. artikels
1.3. in
1.4. nuutste
1.5. my
1.6. plekke
1.7. filmsterre
1.8. goeie
1.9. wêreld
1.10. woordjies
1.11. Maandag
1.12. blitsvinnig
1.13. Glo
1.14. Tieners/jongmense
1.15. gelukkig
1
1.16. te ( ×16=8 )
2
VRAAG SES: KOMMUNIKASIE

 Te min/te veel woorde -1 eenmalig


1
 [- ] per taalfout tot ’n maksimum van [1]
2
 Situasie verkeerd verstaan [0] [10]

AFDELING C: GEDIGTE
VRAAG SEWE: GESIENE GEDIG: MOENIE DIE SMILEY VERGEET NIE –
JELLEKE WIERENGA
1.1. ‘n Sms. (1)
1.2.
1.2.1. Tersine. (1)
1.3.

NOVEMBER 2021 14 BLAAI ASSEBLIEF OM


ST ANNE’S DIOCESAN COLLEGE – AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
1.3.1. Onwaar. (1)
1.3.2. “so baja om te sê!” OF “woorde woorde woorde”. (1)
1.4. Lief vir jou. (1)
1.5. B – alliterasie. (1)
1.6. Nee, ‘skielik’. (2)
1.7. Deur vir haar ‘n sms van 14 woorde te stuur. (1)
1.8. ‘n Smiley behoort nie saam met ‘n sms waarin iemand afgesê word nie (soortgelyk).
(1)
[10]

VRAAG AGT: ONGESIENE GEDIG - VAKANSIEROMANSE

VRAE:
8.1. “Vakansieromanse”. (1)
8.2. ‘n Melkskommel. (1)
8.3. Ja, dit beklemtoon hoe belangrik haar tyd saam met die persoon was / beklemtoon die
1
impak wat die persoon op haar gehad het (soortgelyk). ( ×2=1)
2
8.4. lemmetjie (lime), aarbei (strawberry) OF dubbeldik (double thick) (Mag nie Engelse
woorde gebruik nie). (1)
8.5. Hulle het hulle boude lam gesit. (1)
8.6. By die Wimpy. (1)
8.7. Hulle voete het onder die tafel met mekaar gespeel/aan mekaar geraak. (1)
8.8. B - ‘n Retoriese vraag. (1)
8.9. Die spreker vind dit maklik om van haar vakansieromanse te vergeet.
8.9.1. Onwaar. (1)
8.9.2. ‘moeilik”. (1)
[10]

Totaal vir Afdeling C: 20


Groot totaal: 80

NOVEMBER 2021 15 BLAAI ASSEBLIEF OM

You might also like