You are on page 1of 8

LEWENSORIËNTERING 1/1

GRAAD 11

TAAK 4

NOVEMBEREKSAMEN 2021

TOESIGHOUERINSTRUKSIES

• Die goedgekeurde toesighouer laai die unieke strepieskodevoorblad van my.Impaq af,
onderteken dit en heg dit vooraan die antwoordstel vir nasiendoeleindes.

• Die eksamenantwoordblad en unieke strepieskodevoorblad moet vir nasiendoeleindes op


my.Impaq gelaai word, met die uitsondering van IGO (EGD), Dramatiese/Visuele Kunste en RTT
(CAT) Prakties*, waar ’n hardekopie per hand deur die toesighouer/koerier by Impaq se kantore
ingehandig moet word. *Praktiese vraestelle moet per CD/geheuestokkie (flash drive) inhandig word.

• Vir enige hardekopie-inhandiging moet ’n afskrif van die antwoordblad gehou word.

Bladsy 1 van 8 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Lewensoriëntering V1/1

LEWENSORIËNTERING
NOVEMBEREKSAMEN 2021
VRAESTEL 1/1
GRAAD 11

EKSAMINATOR: E. Pietersen TYD: 2 uur


MODERATOR: A. Scheepers TOTAAL: 100

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en AGT vrae:


1.1 Afdeling A: Kontekstuele vrae
1.2 Afdeling B: Langer vrae
1.3 Afdeling C: Opstelvrae (Beantwoord TWEE van die drie vrae)
2. Lees deur die vraestel voordat jy dit beantwoord.
3. Beantwoord al die vrae in elke afdeling, tensy anders vermeld.
4. Nommer jou antwoorde soos aangedui.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Trek ’n lyn ná elke vraag.
7. Begin elke afdeling op ’n nuwe bladsy.
8. Gebruik slegs ’n blou balpuntpen.
9. Trek werk duidelik dood wat nie gemerk moet word nie.

Bladsy 2 van 8 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Lewensoriëntering V1/1

AFDELING A

VRAAG 1

Pas die beskrywings in kolom B by die terme in kolom A. Skryf slegs die korrekte
letter (A–I) langs die vraagnommer (1.1–1.7) neer, bv. 1.8 J.

Kolom A Kolom B
1.1 Voedselpiramide A Gebeur in die geestesoog
1.2 Visuele ontspanning B Gee om vir die omgewing
1.3 Onderdanig C Dink diep daaroor na
1.4 Halaal D Dis beter om gehoorsaam te wees.
1.5 Meditasie E Pynloos doodgemaak
1.6 Emosionele mishandeling F ’n Driehoek in voedselgroepe verdeel
1.7 Goeie burgerskap G Voed die spirituele welstand
H Kan uithou en aanhou
I Geen letsels is sigbaar nie.
(7 x 1) = [7]

VRAAG 2

Is die volgende stellings waar of onwaar? Indien die stelling onwaar is, korrigeer die
stelling sodat dit waar is. Skryf slegs die antwoord (waar of onwaar en die korrekte
stelling) langs die vraagnommer (2.1–2.5) neer.

2.1 ’n Goedhartige persoon sal graag mense in nood wil help.

2.2 Respek en goeie maniere gaan hand aan hand.

2.3 Die burgermeester van ’n dorp beskik oor dwingende mag.

2.4 Mans word beskerm teen huishoudelike geweld.

2.5 ‘Dominant’ beteken om in ’n sterker posisie as iemand anders te wees. [7]

VRAAG 3

Lys die SES stappe wat ’n persoon kan volg om ’n ingeligte besluit te neem.
Rangskik die stappe in prioriteitsvolgorde. (6 x 1) = [6]

TOTAAL AFDELING A: 20

Bladsy 3 van 8 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Lewensoriëntering V1/1

AFDELING B

VRAAG 4

Bestudeer die volgende terme en beantwoord die vrae wat volg.

Eet soos ’n perd | Eet soos ’n voëltjie | Alles-wat-jy-kan-eet | Troos-eet | Eet tuis | Eet uit

4.1 Wat beteken dit om ‘fisiek gesond’ te wees? (4 x 1) = (4)

4.2 Verduidelik die eetgewoontes wat gewoonlik by die volgende eetversteurings


voorkom:

• Bulimia nervosa (3 x 1) = (3)


• Anorexia nervosa (2 x 1) = (2)

4.3 Noem DRIE waarskuwingstekens wat mense wat aan eetversteurings


ly, kan toon. (3 x 1) = (3)

4.4 Verwys na VYF tekens wat moontlik sigbaar kan wees op die vel van
’n persoon wat ’n anoreksielyer is. (5 x 1) = (5)

4.5 Verduidelik kortliks waarom ’n bulimielyer se tandemalje mettertyd sal


verweer. (3 x 1) = (3)
[20]

Bladsy 4 van 8 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Lewensoriëntering V1/1

VRAAG 5

Bestudeer hierdie beeld en beantwoord die vrae.

INTROVERT EKSTROVERT

(Bron: Aangepas vanaf: bit.ly/3ykLN5I)

5.1 Gee ’n kort beskrywing van die sleuteleienskappe van beide ’n ekstrovert
en ’n introvert. (3 x 2) = (6)

5.2 Noem VIER verskille in die manier waarop ’n ekstrovert en ’n introvert


kommunikeer. (4 x 2) = (8)

5.3 ’n Introvert sal liewers nie saam met ’n groep vriende uitgaan nie, want hulle
is te skaam.

Weerspreek hierdie stelling aan die hand van TWEE geldige redes. (2 x 1) = (2)

5.4 Hoekom dink jy ’n ekstrovert sal meer opgewonde as ’n introvert wees om ’n


weddenskap aan te gaan? Regverdig jou antwoord deur na beide se reaksies
te verwys. (2 x 2) = (4)
[20]

TOTAAL AFDELING B: 40

Bladsy 5 van 8 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Lewensoriëntering V1/1

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE opstelvrae in hierdie afdeling.

VRAAG 6

Analiseer die volgende standpunt.

Deur slegs “Nee” te sê, sal ’n tienerswangerskap verhoed kan word op dieselfde manier as wat
“Lekker dag vir jou” kroniese depressie genees. – Faye Wattleton
(Bron: Aangepas: bit.ly/3CiODuj)

Skryf ’n opstel oor tienerswangerskap aan die hand van die volgende riglyne:

• Verwys na TWEE eienskappe van mense met waaghalsige persoonlikhede.


(2 x 1) = (2)

• Dui DRIE gevolge van hoë risiko- seksuele gedrag aan. (3 x 1) = (3)

• Bespreek die impak van tienerswangerskap op akademiese onderrig in


detail. (3 x 2) = (6)

• Verduidelik DRIE sosiale gevolge van tienerswangerskap. (3 x 2) = (6)

• Evalueer die ekonomiese gevolge vir die gesin van ’n swanger tiener
gebaseer op DRIE geldige feite. (3 x 1) = (3)
[20]

EN/OF

Bladsy 6 van 8 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Lewensoriëntering V1/1

VRAAG 7

Kyk na die beeld en gee aandag aan die volgende woorde van wysheid.

Dis moeilik om indrukwekkende dinge te doen;


dis moeiliker om indrukwekkende dinge te beveel. – Friedrich Nietzsche
(Bronne: bit.ly/3Ci7JAY en bit.ly/3jjSM8U)

Skryf ’n opstel om lig te werp op die begrip: ’n doeltreffende spanleier.

Fokus op die volgende:

• Hoekom moet ’n spanleier ook ’n goeie onderhandelaar wees? (2 x 1) = (2)

• Bespreek die volgende eienskappe van ’n doeltreffende spanleier:

o Goeie kommunikasie (2 x 2) = (4)


o Doeltreffende organisasievaardighede (2 x 2) = (4)

• Verduidelik die belangrikheid van wedersydse respek tussen ’n spanleier


en hul span. (4 x 1) = (4)

• Verduidelik wat bedoel word met die “billike optrede” van ’n spanleier. (4 x 1) = (4)

• Verwys na TWEE soorte mag (magsbasisse) waaroor ’n geliefde en


gerespekteerde spanleier sal beskik. (2 x 1) = (2)
[20]

EN/OF

Bladsy 7 van 8 © Impaq


Novembereksamen 2021
G11 ~ Lewensoriëntering V1/1

VRAAG 8

Bestudeer die volgende standpunt.

Doodgaan met waardigheid is beter as om met vernedering saam te leef. – Husayn ibn Ali
(Bronne: bit.ly/3xrTPsa en bit.ly/3invEH9)

Skryf ’n opstel oor genadedood aan die hand van die volgende riglyne:

• Definieer die begrip “genadedood”. (2 x 1) = (2)

• Genadedood staan ook as _____ bekend. (1)

• Noem die VIER klassifikasies van genadedood en verduidelik kortliks wat


elkeen behels. (4 x 2) = (8)

• Wat bepaal die Suid-Afrikaanse wet tans oor aktiewe genadedood? (2 x 1) = (2)

• Verduidelik kortliks waarom alle gesondheidsorgwerkers teen genadedood


gekant behoort te wees. (3 x 1) = (3)

• Verwys na ’n situasie waar genadedood nie teen die wet is nie, want dit
word uit liefde toegepas. (2 x 1) = (2)

• Elke individu moet die geleentheid gegun word om met waardigheid te sterf.

Hierdie argument is ten gunste van genadedood. Debatteer kortliks hieroor


aan die hand van TWEE geldige redes. (2 x 1) = (2)
[20]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 100

Bladsy 8 van 8 © Impaq

You might also like